BELHAR-GESPREK VAN N GROEP LIDMATE UIT DIE VIER NOORDELIKE SINODES OP 24 JANUARIE 2013 TE NG GEMEENTE MONUMENT PARK PRETORIA Die status van hierdie gespreksdokument: Dit bevat bloot n kompilasie van die gedagtes en gevoelens van die gespreksgenote wat bymekaar gekom het om die proses ten opsigte van Belhar te bespreek. Voorstanders sowel as teenstanders van Belhar het bepaalde bekommernisse oor die proses uitgespreek. 1. VERWELKOMING EN OPENING Dr FJ Clasen [Ferdie] doen die verwelkoming. Ds NWJ van Rensburg [Nico] lees n Essay (Die rooiborslaksman - Manie Malan) gevolg deur Skriflesing (1 Kor 11: 23 26) en n gebed. Die voorsitters van die vier Transvaalse Sinodes het dit goed gedink dat daar n saamgesels oor die huidige proses ten opsigte van Belhar moet wees. Die bedoeling van die saamgesels is om: i. nie oor die inhoudelike van Belhar vir of teen te gesels nie; maar ii. oor die proses te praat (klankbord) gee lidmate nou die geleentheid sodat na afloop van die saamgesels Sinodes die inligting kan terugneem na hulle onderskeie sinodale strukture. Daar bestaan tans n groter gemaklikheid vanaf die VGKSA se nuwe leierskap ten opsigte van Kerkhereniging en Belhar. 2. DIE KERKREGTELIKE PROSES Dr J van der Merwe dosent Kerkreg UP Ons is gebonde aan die Algemene Sinode se besluite asook aan die Kerkorde. Die vertrekpunt is die besluit van die Algemene Sinode in Oktober 2011 tesame met die Funksionele Besluite 3.1 en 3.4: 3.1 Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse 1 hieroor in werking te stel. 3.4 Die Algemene Sinode dra dit aan die Moderamen op om, as deel van die proses, n deeglike studie te doen van die historiese, teologiese en kontekstuele relevansie van die Belhar Belydenis ten einde die volgende Algemene Sinode en alle kerkvergaderings te adviseer. (Handelinge 2011,p 105, pt 9, en p106, pt 13) Die volgende artkels moet ook verreken word: Artikel 43 43.1 Tot die taak van die Algemene Sinode hoort: 1 Vergelyk die Kerkorde, Artikel 44.1, en die Reglement vir die Vermeerdering, Kombinering, Eenwording en Samesmelting van Gemeentes, en vir die Vorming van n Nuwe Kerkverband, pt 6. 1
Artikel 44 43.1.1 dit wat uitdrukking gee aan ons gemeenskaplike identiteit in terme van Woord, belydenis, kerkorde, roeping en beleid; 43.1.2 dit wat ons nasionale en internasionale ekumeniese verhoudinge raak; 43.1.3 dit wat die kerk se publieke getuienis op nasionale en internasionale gebied raak 2 ; 43.1.4 die viering van ons onderlinge verbondenheid; 43.1.5 die aanwysing van die Bybelvertaling(s) wat amptelik gebruik moet word; 43.1.6 die vasstelling van die Belydenisskifte ooreenkomstig Artikel 44, die Kerkorde, die liturgiese formuliere en gebruike, die liederebundel(s) en die liturgiese grondlyne vir eredienste; 43.1.7 die vasstelling van die formele vereistes vir die opleiding van die bedienaars van die Woord; 43.1.8 die administrasie van vaste eiendom en fondse van die Algemene Sinode19 3 ; 43.1.9 die beheer oor algemene kerklike media; 43.1.10 die hantering van appélsake wat voor hom gebring word. 44.1 Die wysiging van die Belydenis kan alleen geskied nadat elke sinode afsonderlik met n tweederdemeerderheid én twee derdes van alle kerkrade20 4 elk met n tweederdemeerderheid ten gunste daarvan besluit het. 44.2 Artikel 44.1 en 44.2 van die Kerkorde word gewysig nadat elke sinode afsonderlik met n tweederdemeerderheidstem ten gunste daarvan besluit het en die Algemene Sinode daarna met n tweederdemeerderheidstem ten gunste daarvan besluit. 44.3 Die Algemene Sinode mag, met uitsondering van Artikel 44.1 en 44.2, die Kerkorde wysig of aanvul met n tweederdemeerderheidstem. 44.4 Sake in verband met leertug, leergeskille of geskille tussen sinodes en mindere vergaderinge kan by wyse van appèl voor die Algemene Sinode dien. In gevalle van leertug en leergeskille word n tweederdemeerderheidsbesluit vir die bekragtiging van die uitspraak van die Algemene Sinode vereis (vergelyk Artikel 65.2 van die Kerkorde). 44.5 Indien n tweederdemeerderheid nie verkry word nie, mag enige van die partye n verdere beroep op die afsonderlike sinodes doen. Die gesamentlike volstrekte meerderheid van stemme van die afsonderlike sinodes is dan beslissend. Ons moet ook verreken Reglement 21-6: REGLEMENT 21 REGLEMENT VIR DIE VERMEERDERING, KOMBINERING, EENWORDING EN SAMESMELTING VAN GEMEENTES, EN VIR DIE VORMING VAN N NUWE KERKVERBAND 6. DIE WYSIGING VAN DIE BELYDENIS EN VORMING VAN N NUWE KERKVERBAND. 6.1 Die kerkraad lê sy voorstel oor die wysiging/handhawing van die belydenis/kerkverband éérs aan die gemeente voor vir die instemming van die belydende lidmate. Nadat die instemming van twee derdes van die lidmate verkry is, finaliseer die kerkraad sy besluit met ʼn tweederdemeerderheid, waarna die finale 2 n Sinode/ring wat in n staat buite die Republiek van Suid-Afrika funksioneer, behartig die openbare getuienis en die verhouding en ooreenkomste met daardie staat en ander samelewingsverbande, namens die kerkverband. 3 Hierdie Artikel moet saamgelees word met die Reglement vir die Reëling van Eiendomme, Goedere en Fondse. 4 Vir die wyse waarop die besluit van kerkrade oor die verandering van die belydenisgrondslag van die NG Kerk hanteer word ten einde die instemming en approbasie van ten minste twee derdes van belydende lidmate van gemeentes met die besluit te verkry, vergelyk die Reglement vir die Vermeerdering, Kombinering, Eenwording en Samesmelting van Gemeentes, en die Vorming van n Nuwe Kerkverband, punt 6. 2
besluit wéér op twee agtereenvolgende Sondae aan die gemeente vir approbasie voorgelê word. 6.2 Die kerkraad besluit om die instemming van die gemeente soos in 6.1 hierbo genoem, op een van die volgende twee wyses te verkry: 6.2.1 Die instemming van belydende lidmate word per geslote stembrief verkry tydens n gemeentevergadering wat die kerkraad met die belydende lidmate van die gemeente belê het en waarvan daar by die erediens(te) op vier agtereenvolgende Sondae vooraf kennis gegee is van beide die vergaderdatum en die inhoud van die voorstel. By hierdie vergadering is twee waarnemers deur die ring/sy gevolmagtigde kommissie aangewys, teenwoordig. Die voorsitter en skriba van die kerkraad tree op as voorsitter en skriba van hierdie vergadering. 6.2.1.1 Lidmate wat n wettige verskoning het waarom hulle nie die betrokke gemeentevergadering kan bywoon nie, kan hul stem vooraf per geslote stembrief uitbring. Hierdie stemme word getel nadat die stemming op die gemeentevergadering uitgebring is. 6.2.2 Die instemming van belydende lidmate word per geslote stembrief verkry wat persoonlik en sonder enige stemwerwing deur die kerkraad aan elke ongesensureerde belydende lidmaat van die gemeente beskikbaar gestel word. Minstens veertien dae moet na ontvangs toegelaat word vir die inhandiging van die stembrief. 6.2.2.1 Dit is die lidmaat se verantwoordelikheid om toe te sien dat die voltooide stembrief die kerkkantoor van die gemeente voor of op die sperdatum bereik. Die stemtelling vind plaas in die teenwoordigheid van twee waarnemers deur die ring/sy gevolmagtigde kommissie aangewys. 6.3 Die tweederdemeerderheid van die gemeente se instemming word bepaal deur die getal uitgebragte stemme. 6.4 Die kerkraad kan met lidmate en die kerkverband kan met gemeentes wat in die minderheid gestem het en wat nie bereid is om deel te word van die nuwe kerkverband nie, onderhandel oor billike kompensering. 6.5 Die kerkraad stel deurgaans alle pogings in werking om kerkskeuring te voorkom. 3. FASILITERING VAN DIE SAAMPRAAT - Ds GF Claasen [Gustav] Samevatting van die tafelgesprekke: 3.1 POSITIEWE PUNTE VAN DIE PROSES i. Kry die idee dat die uitgerekte proses oor Belhar nou tot n finaliteit gaan kom; ii. Vandag se sessie word as positief gesien desnieteenstaande dat die saamgeselsgesprek kerkordelik geen status het nie; iii. Baie oop gesprekke; iv. Proses word nie gejaag nie; v. Lidmate word bemagtig: Huidige kerkordelike proses as dit reg toegepas word, bevat die moontlike uitdrukking van gemeentelede se wil; Proses skep die geleentheid dat lidmate volledig ingelig kan word oor die wesenlike aspekte van die proses; vi. Mense lees die eerste keer die Belhar-belydenis; vii. Bedoeling van proses: Bind ons saam; viii. ix. Die NG Kerk begin kyk na/dink oor bestaande belydenisskrifte; Neem die konteks van die bestaande belydenisse in ag. Lidmate besef daar is n nuwe konteks; x. Die gesprek gee n nuwe fokus wat mense kan saam neem; xi. Genesigsproses: Gee kans om politieke gebeentes te begrawe; 3
xii. xiii. xiv. xv. xvi. xvii. Gee kans om bewus te raak van die onreg van die anderkant waarvan lidmate nie noodwendig bewus was nie; Daar is meer as een manier van doen soek die beste; Konteks: opheffing van moratorium; Die proses is demokraties ons gaan met die mense praat; Die toolkit kan n standaard stel dieselfde inligting deurgee; Kerkeenheid is n moontlikheid. 3.2 LEEMTES VAN DIE PROSES (Watter dinge kan die proses laat skipbreuk ly?) i. Verskil oor die interpretasie van die Algemene Sinode besluit wat is werklik besluit? Het almal dieselfde vertrekpunt en is die proses deursigtig?: Algemene Sinode het reeds besluit die bekommernis is dat lidmate nou deur die proses oortuig moet word; Wes- en Suid-Kaapland se Sinode het reeds Belhar as belydenisskrif aanvaar; Adviseer: wat is die betekenis van die Algemene Sinode se besluit? Onbeantwoorde vrae ten opsigte van die KO kommunikasie swak; ii. Indien die Algemene Sinode reeds besluit het, is die korrekte kerkordelike proses korrek gevolg? iii. Die proses is onduidelik en te lank; iv. Daar bestaan onsekerheid wat is die sin van die proses? Algemene Sinode het reeds besluit? v. Is die uitkoms klaar (vooraf) bepaal? (Interpretasie van Algemene Sinode se besluit); vi. Deeglike kommunikasie: Die spreekbuis/informasie van die Algemene Sinode het negatief oorgekom; Die proses sukkel nou om die negatiewe uit te wis; Huidige kommunikasie is gebrekkig. Almal moet dieselfde hoor terwyl die pers namens die Kerk interpreteer; vii. Verwarring oor die besluit van die Sinode en Funksionele Besluit 3.4 die proses behoort te begin by Funksionele Besluit 3.4; viii. Uitsprake selfs teenstrydig - in die pers moet met baie groter omsigtigheid gemaak word veral deur kerkleiers; ix. Afwykings van wat in vergaderinge gesê word en wat dan in die pers verkyn; x. Terminologie en interpretasies moet baie duidelik wees en nie verwarring skep nie; Taalgebruik, terminologie vir gemeentes moet eenvoudig/helder en duidelik wees; xi. Proses is deel van enige strategie: xii. xiii. Wat is die strategie? Wat is die groot prentjie? Kerkhereniging/eenheid? Wat is die einddoel? Die proses moet nie gefragmenteer word nie; Bedenkinge oor die Toolkit : Wie stel dit saam? Sal kommentare (konsultasie) eers aangevra word voor amptelike verspreiding na gemeentes? 4
xiv. xv. xvi. xvii. xviii. xix. xx. xxi. xxii. xxiii. xxiv. xxv. xxvi. xxvii. xxviii. xxix. xxx. xxxi. xxxii. xxxiii. xxxiv. xxxv. Sal iets nog bygevoeg kan word? Wie besluit oor finale inhoud? Maak ons gesprek enigsins saak: Kan goed wat ons nou hier bespreek die inhoud beïnvloed? Die Toolkit is verpak met n ja uitkoms as gedagte en dit veroorsaak n integriteitsprobleem; Die proses is regtens nie haalbaar nie: Risiko van die proses as daar nie deeglik gekyk word na die uitspraak van die hofsaak in 1999 NGKA (Phororo) nie; Bedenkinge oor die integriteit van die proses: Daar bestaan n persepsie/moontlikheid dat leiers die proses manupileer wat die integriteit van die proses in gevaar stel; Proses moet geloofwaardig wees; Stemwerwing; Inklusiwiteit is essensieel; Verswyging van die proses en einddoel van die proses, naamlik kerkvereniging; Die proses is tans besig om kerkeenheid in sy breë te benadeel; Die verskillende standpunte van verskillende ouderdomsgroepe; Die proses het n baie omvangryke gevaar van groot verdeeldheid in gemeentes; Inhoud wat dalk ongelukkigheid veroorsaak (2-3 sinne). Nou moet dit net so aanvaar word 1 of 2 aanpassings sou dalk die belydenisse vir baie aanvaarbaar gemaak het; Bagasie van Belhar; Moet elke Sinode ja sê? Die Wes-Kaap Sinode het alreeds ja gesê; Bekommernis oor skeuring; Baie lidmate het reeds ons kerk verlaat. Hoe kry ons hulle terug? Daar word so baie tyd en geld aan Belhar bestee. Dit hou die Kerk so besig: kon die energie en fondse nie beter aangewend word nie? Gesprekke soos hierdie help nie kar is voor perde gespan; Daar moet nie wenners en verloorders wees nie waak teen etikettering (brandmerk) van lidmate wat nie saamstem nie stemme word gemanupileer; Die proses is verwarrend: Wes- en Suid-Kaapland se Sinode het reeds Belhar as belydenisskrif aanvaar, terwyl gemeentes ja en nee sê, maar die proses begin nou eers; Daar is nie alternatiewe soos bv heeltemal n nuwe belydenisskrif nie; Is persone wat nee stem steeds welkom by ons en aanvaarbaar vir die VGKSA?; Net n klompie is erg betrokke by die proses. n Groot groep lidmate het vrede met wat gebeur. Die ontrekkingssindroom onder lidmate: wil nie by onrustigheid betrokke raak nie. Lidmate is moeg vir politiek; Belhar as belydenis is OK. Die slaggate is die probleem; Hoe presies gaan stemmings plaasvind: Indien dit op n stemming uitloop gaan dit skade berokken; Botsing tussen gemeente en Kerkraad? Vervreemding en kompensasie waarvoor? Konteks: landspolitiek: spanning/sekuriteit/verhoudinge; Leierskap beïnvloed die proses negatief: manupilasie van die proses en besluite; Wat is die rol van die Ring bemagtiging vir prosesleiding in gemeentes; Waar is die ander gespreksgenote: die RCA en NGKA? 5
xxxvi. xxxvii. xxxviii. xxxix. xl. Sommige gemeentes sal op hulle eie voortgaan sonder Belhar en Algemene Sinode se besluite; Net die besluit van 2011 wat van 2002 se Algemene Sinode se besluite? Gemeentevergadering? afkomstig van die Hervormde Kerk; Hoe onafhanklik is die Taakspan? Speel vir tyd? Maak Belhar los van die tool wat dit geword het sedert sy ontstaan. 4. WAT MOET ONS VORENTOE NIE MIS NIE OF SORG DAT DIT WEL INGESLUIT IS? - Dr C de K du Randt [Neels] Wat moet aandag kry en nie gemis word nie? Die gevoel bestaan dat ons weer moet saamgesels. 4.1 Verkry die korrekte kerkordelike interpretasie van die Algemene Sinode 2011 se besluite oor Belhar (veral ook besluit 3.4) soos belyn met die toepaslike artikels van die KO, Reglement 21 asook die toepaslike Funksionele Besluite ; en 4.2 Doen daarna n volledige Risiko-analise (met n sensitiwiteits-analise) binne die groter prentjie; 4.3 Belydenisskrif moenie gereedskap word om iets anders te doen nie; 4.4 Daar moet n groep wees formeel dit is goed om te praat. Die gesprek moet voortgaan maar daar moet seker gemaak word hoe dit saamgestel word; 4.5 Besef dat daar groot wantroue is die proses moet vertroue skep; 4.6 Inligting aan die pers moet baie omsigtig hanteer word; 4.7 Mensgerigtheid moet deel vorm van die strategie/proses; 4.8 Almal moet dieselfde hoor; 4.9 Die proses moet nie konflikskeppend wees nie daar moet voldoende tyd gegee word om konsensus te bereik; 4.10 Fokuspunt moet by kerkeenheid wees. 5. AFSLUITING om 14:00 met n gebed deur dr AR (Anton) Fick. 6