Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Welkom by Die Storie God se storie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesaja sien die Toekoms

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

Goeie Konings, Slegte Konings

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Preek Romeine 1:16-17

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Die Groot Gebod dennis de wet

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

sodat jy n gestuurde van die Here kan

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

GESKENKE AAN N KONING N KERSLES

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Die Kerk se Geboorte

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Toe God alles gemaak het

God eer Josef die slaaf

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

Die brief aan die Filippense

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Toe God alles gemaak het

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Transcriptie:

INLEIDING Ek dink jy sal saamstem dit is nie maklik om vandag jonk te wees nie. Die wêreld waarin ons leef, is n baie des truktiewe wêreld vir die jongmens van vandag. Jongmense het baie energie in hulle opgesluit. Hulle is begaafd en talentvol. Ek is oortuig dat hulle werklik die wêreld n beter plek kan maak. Maar as n mens so kyk na die drank, dwelms, buite-huwelikse seks en ander dom keuses in ons wêreld, wil jy uitroep: Waarmee en hoe sal die jeug van vandag op die regte koers bly? Wat is dit wat ons moet doen en na wie moet ons luister om werklik oorvloedige lewens te lei en in oorwinning te leef? Dan raak ek opgewonde! God is n Vriend van die jeug. Ek weet Hy staan langs elke jongmens om hom of haar te motiveer en te inspireer om lewenslustig te wees en vol lewens te lei. Hy wil hê jongmense moet energiek en modern leef, maar ook anders as die wêreld wees, lyk en leef. Hy gun hulle oorvloed en geluk, maar waarsku: Bly weg van sonde. Die Woord van die Here is nou eenmaal die inspirasie en rigtingwyser vir elke jongmens se lewe. Dit waarsku jou teen sekere dinge. Dit motiveer jou tot sekere ander dinge. Dit lei jou op paaie van vrede en rus in n stormagtige wêreld. Die belangrikste is dat dit jou vertel van die mooiste liefdesverhaal ooit. Dit vertel jou van die liefde van n Vader wat sy geliefde Seun gegee het sodat jy, as jy jou lewe aan Hom toewy, werklik oorvloed kan ervaar en in oorwinning kan leef. Dit vertel jou van iemand wat sy lewe vir jou afgelê het. Ja, God se Woord is sy liefdesbrief vir sy kinders. Bring tyd deur saam met die Woord. Gebruik dit enige tyd en enige plek. Hierdie handige sakpas-formaat kan jy juis saam met jou dra waar jy ook al gaan. Die oordenkings is ingedeel volgens temas. Die tematiese indeks agterin sal

jou help om n betrokke oordenking oor n tema maklik op te spoor. Mag God se Woord jou troos in tye van hartseer en motiveer in tye van terugslae. Mag dit jou aanspoor tot die goeie werke waartoe God jou in Christus geroep het. Mag jy daarin wysheid vind wanneer jy dit so nodig het. Jy is God se geliefde en Jesus is Immanuel. Dit beteken God het seker gemaak Hy is altyd by jou. Jy is duur gekoop en jy is vergewe en vrygemaak. Dit het die lewe van Jesus gekos om dit te doen. Daar is vandag soveel grys areas en versoekings. Dan is daar ook nog die media wat Christelike waardes openlik en gereeld uitdaag. Dis partykeer moeilik om staande te bly teen die baie versoekings. Laat die kosbare skat in jou hand die Woord van God jou lewe rig. Die eerste vyf boeke van die Bybel is al ouer as 3 000 jaar. Abraham, Isak en Jakob het na raming ongeveer 1 900 jaar voor Christus geleef. Jesus self het ongeveer 2 000 jaar gelede reeds opgevaar na die hemel. Die Bybel is die skat waarin al die dinge opgeteken is. Dis die skat wat jou help om jou lewe te rig. Die Gees van God is die Een wat die Woord geïnspireer het. Daarom is die Woord die waarheid. Rig jou lewe daarvolgens in. ~ Johan Smith

Januarie

Vertrou OP DIE alles WAT JY HET. HERE MET MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Daar staan in die Skrif: Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien. Matteus 4:10 1 Januarie Aanbid God en God alleen Loof die Here ons God! Dien Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig! Psalm 99:9 As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. Romeine 12:1 Kom, laat ons aanbid en neerbuig, en kniel voor die Here ons Maker, Hy is ons God en ons is sy volk, die skape onder sy sorg. Psalm 95:6-7 Daar kom egter n tyd, en dit het reeds aangebreek, wanneer die egte aanbidders die Vader vanuit n hegte verhouding met die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader verkies dat die mense Hom só aanbid. God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom vanuit n hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid. Johannes 4:23-24 Here, ek eer en prys u Naam, want U is my God. U doen wonderlike dinge! Jesaja 25:1 Elke mens aanbid iets of iemand. As jy kyk hoe n mens sy geld, ander hulpbronne en tyd bestee, behoort dit vir jou n goeie aanduiding te gee van wie of wat hulle werklik aanbid. Sommige mense verafgod geld en besittings. Ander verafgod n lewensmaat of n ou of n meisie. Vir sommige het die TV soos n god geword. God wil hê jy moet Hom alleen aanbid. Fokus op Hom en dien Hom!

2 Januarie Soek die Here se aangesig Waar twee of drie bymekaar is, is Ek immers ook saam met hulle daar. Matteus 18:20 Ek sal by jou wees en jou beskerm waar jy ook al gaan. Genesis 28:15 U wys vir my die lewenspad; in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd. Psalm 16:11 As julle met hart en siel na God soek, sal julle Hom vind. Deuteronomium 4:29 Ek wag op die Here, ek wag, en hoop op sy woord. Psalm 130:5 Soek na die Here en sy krag. Hou aan om Hom te soek. 1 Kronieke 16:11 As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Jeremia 29:13 Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Jakobus 4:8 Wanneer ek loop in n baie don ker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my. Psalm 23:4 Dié wat u Naam bely, vertrou op U, want niemand wat U soek, laat U in die steek nie, Here. Psalm 9:11 Alle mense is op soek na iets, of dit nou n soeke na geld en besittings of n soeke na geluk is. Die een ding wat elke mens elke dag en in elke situasie behoort te soek is die aangesig van die Here. Maak dit n gewoonte in jou lewe om God se aangesig te soek. Maak tyd om saam met God deur te bring en te luister as Hy met jou praat. Soms, veral in swaar en moeilike tye, maak dit die verskil wat jy in jou lewe nodig het.

Mag God, wat ons almal se geloof sterk maak en ons krag gee, julle help om regtig goed met mekaar oor die weg te kom. Dit is presies wat Christus Jesus wil hê. Julle moet mekaar asseblief aanvaar. Onthou: Christus het julle almal met oop arms aanvaar en op hierdie manier groot eer aan God gebring. Romeine 15:5, 7, Die Boodskap Ons weet dat niemand deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie. Net deur die geloof in Jesus Christus kan dit gebeur! Niemand sal mos deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie! Dit is eers as ons deur Chris tus God se vryspraak soek dat ons raaksien dat ons self ook sondaars is. Galasiërs 2:15-17 3 Januarie Aanvaar alle mense Moenie iemand wat uit n ander land kom onregverdig behandel nie. Eksodus 23:9 Aangesien alles wat God geskep het goed is, moet ons nie enigiets daarvan verwerp nie. 1 Timoteus 4:4 Moenie nalaat om gasvry te wees nie. Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef, selfs engele tuis ontvang! Hebreërs 13:2 Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. Lukas 6:37 God aanvaar jou net soos jy is. Daarom moet jy altyd met n oop hart teenoor ander leef, want God verwag van jou om alle mense lief te hê en te aanvaar. Hou op om ander te veroordeel en krities te wees. Jy het jou bagasie en n verlede wat nie altyd positief, goed en mooi is nie. Tog kies God om jou onvoorwaardelik te aanvaar. Doen dieselfde aan ander mense. Aanvaar hulle soos God jou aanvaar het.