Sing vooraf: Skrifberyming 4-6 (nuut)

Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:7 (24:7)

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Jesaja sien die Toekoms

n Dubbele kruis-belydenis

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Welkom by Die Storie God se storie

ons rykdom in Christus 2

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Sing vooraf: Skrifberyming 17-2:3, 4 (18:3, 4)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Geroep vir Gemeenskap

Die Groot Gebod dennis de wet

n Tempel Leier besoek Jesus

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Goeie Konings, Slegte Konings

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Sing vooraf staande: Psalm 98:4 (p. 489)

Dooppreek Mika Bogaards

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Sing vooraf: Psalm 16:5 (p. 62)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Toe God alles gemaak het

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL

Sing vooraf: Psalm 4:2 (p. 15)

Sing vooraf: Psalm 95:6 (p. 478)

Sing vooraf staande: Psalm 119:62 (p. 598)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Sing vooraf: Psalm 138:2 (p. 670)

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Sondag 20. Lees: Johannes 16:1-15

Die Kerk se Geboorte

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Sing vooraf: Psalm 68:5 (p. 332)

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Sing vooraf staande: Psalm 89:12 (p. 447)

DIE BRIEF AAN FILEMON

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen

Toe God alles gemaak het

Les 1 vir 7 Oktober 2017

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Sing vooraf: Psalm 84:3 (p. 425)

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Les 2 vir 13 Oktober 2018

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Petrus en die Krag van Gebed

Transcriptie:

Sing vooraf: Skrifberyming 4-6 (nuut) Ere aan God, ere aan God / in die hoogste, in die hoogste, in die hoogste! Vrede op aarde, vrede op aarde / in die mense n welbehae. Ere aan God in die hoogste, / Ere aan God in die hoogste! Vrede op aarde, vrede op aarde, / vrede op aarde, vrede op aarde, in die mense, in die mense n welbehae / in die mense n welbehae, n welbehae. Ere aan God, ere aan God / in die hoogste, in die hoogste, in die hoogste! Vrede op aarde, vrede op aarde / in die mense n welbehae. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 18:1 (p. 71) 1 Ek het U hart lik lief, o HEER! / U is my sterkte en teëweer. Die HEER s my rots, my vesting sterk, / my redder wat my heil bewerk, my rots wanneer die stormwind huil, / my skild, die weerkrag van my heil, my vesting op die bergkrans steil, / by wie ek vas en veilig skuil. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God: Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 9:10 (p. 38) 10 Dan vind my tong weer nuwe stof, / in Sions poort meld ek u lof. Dan sing ek bly van u genade, / so groot in nuwe reddingsdade. Skriflesing: Romeine 9:6-24 Teks: Romeine 9:22; Kategismus Sondag 7 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, (Romeine 9:22 AFR1953) God het met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra! Die Here maak dus mense wat hel toe gaan, en Hy verdra hulle, sodat hulle daar kan kom! Matteus maak in die evangelie wat hy skryf, twee uitsprake wat baie belangrik is. Die een uitspraak is dat daar baie mense is wat hel toe gaan en min is wat gered word (Matteus 7:14vv). o Die pad verderf toe is wyd en baie mense kry die pad. o Maar die poort na die lewe toe is nou en daar is min wat dit kry. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. (Matteus 7:14 AFR1953) 1

Waarom kry sommiges die pad en ander nie? Die antwoord word ook in die evangelie wat deur Matteus geskryf is gegee. Daar staan dat die Here Jesus eenkeer gesê het dat baie geroep is, maar dat min uitverkies is (Matteus 22:14). o Saligheid en die ewige lewe word dus bepaal deur n Persoon baie groter as n mens. o As ons oor verlossing wil praat, moet ons weet dat Christus ons verlossing bewerk het. Want baie is geroep, maar min uitverkies. (Matteus 22:14 AFR1953) Ons kan alles opsom deur te sê dat ons uit genade daarin ingesluit is deur die verkiesing van God. Daar is nie een mens wat hom daarop kan beroem dat hyself sy verlossing bewerk het, of dat hy iets moes byvoeg tot sy verlossing by die verdienste van Jesus Christus nie. Hoe raak die genade van die Here mense? Ons kyk na die volgende: 1. God se genade is beperk tot sekere mense. 2. Ons ontvang God se genade deur die geloof. 3. Die genade van God is volgens die evangelie. 1. God se genade is beperk tot sekere mense. Johannes skryf in hoofstuk 1 dat die Here Jesus Christus aan die wat Hom aangeneem het, mag gegee het om kinders van God te word. Daar is dus mense wat Hom nie aangeneem het nie, en wat dus ook nie salig word nie. Die vraag is: Waarom het hulle die Here nie aangeneem nie? o Die Here gee die antwoord: Dit is nie aan hulle gegee om kinders van God te word nie. o Die Here Jesus Christus het dus ook nie aan hulle die ewige lewe gegee nie. As ons dit saamlees met Romeine 9:9-16 sien ons dat hierdie keuse om salig te word, in sy diepste wese nie deur n mens gemaak kan word nie. Die gedeelte beskryf die gesprek tussen die Here en Rebekka. Die Here het vir haar gesê dat haar oudste seun die jongste een sal dien omdat die Here die oudste een gehaat het en die jongste een liefgehad het. Mens sal nou dink dat dit onregverdig is, want die kinders het dan nog nie iets verkeerds gedoen nie, waarom kan die Here dan die een verwerp? Die Here openbaar dan in vers 11 aan ons waarom dit so is. Hy is heeltemal vrymagtig om te besluit soos Hy wil. Hy laat Hom nie in sy besluit deur menslike oorwegings lei nie. Die presiese woorde van die Bybel is: Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep (Romeine 9:11 AFR1953) Die gedeelte maak dus een ding baie duidelik: Jakob en Esau het nie besluit oor hulle saligheid nie. Die Here het daaroor besluit lank voordat hulle gebore was. Al was Jakob die eerste deel van sy lewe taamlik los in sy verantwoordelikheid teenoor die Here, het die Here hom tog deur n ware geloof ingelyf in die dood en verlossing van die Here Jesus Christus wat eeue later sou kom. Die optrede van die Here oor hoe Hy mense verlos of vir die toorn voorberei, is seker die een enkele saak wat die moeilikste is om te verstaan en om te aanvaar in die hele Bybel. 2

Daar is twee dinge wat die probleem veroorsaak: o Die een is die mens se eie verwaandheid wat maar altyd wil hê dat hy beslissingsreg en beheer oor alles moet hê ook oor sy eie saligheid. o Die tweede probleem is dat die Bybel baie moeilike uitsprake hieroor maak, want sommige uitsprake laat blyk dat die Here alleen beslis, en ander weer asof die mens kan beslis oor sy saligheid. As mens nie al die uitsprake met mekaar in verband bring nie, en in verband met mekaar lees nie, ontstaan hierdie verwarring. Daar is dus n definitiewe verskil tussen die manier waarop ons in die verderf beland het aan die een kant en die verlossing wat deur Jesus Christus bewerk word aan die ander kant. Letterlik alle mense het deur Adam in sonde geval. Maar nie almal word deur die Here Jesus verlos nie. Dis eintlik logies, want as alle mense deur Jesus verlos word, sou die hel nie bestaan het nie, want wie sou dan daarin wees? As ons n leer (dogma) sou aanhang waarin ons vir ons eie saligheid kan kies of dit bewerk, dan skend ons inderdaad die almag van God. Dink byvoorbeeld aan die woorde wat in Titus 2:14 staan:... terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. (Titus 2:13-14 AFR1953) Die feit dat hier geskryf staan dat Jesus vir Hom n volk voorberei, wys tog ook baie duidelik dat Hy nie alle mense voor die voet as sy volk beskou nie. 2. Ons ontvang God se genade deur die geloof Daar is n baie sterk verband tussen die genade van God wat ons ontvang en ons geloof. Die feit dat die Here Jesus sekere persone uitsonder wat in sy genade deel, beteken nie dat ons nou in spanning moet leef en wonder of ons uitverkorenes is of nie. Daar is mense wat bang is dat hulle dalk nie in die ewige lewe sal kan inkom nie omdat hulle nie deur die Here uitverkies is nie. Onthou wat die Here ons leer in Efesiërs 2:8, 9: Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. (Efesiërs 2:8-9 AFR1953) Jy kan met sekerheid weet of jy n uitverkorene is of nie. Jou geloof wys dit vir jou. Daarom is daar een gedeelte in ons belydenis wat handel oor wat n ware geloof is. o o n Ware geloof is n baie deeglike kennis van alles wat in God se Woord staan, en daarby ook nog n vaste vertroue dat jy as persoon in hierdie beloofde genade en verlossing deel. Geloof is enersyds die genade dat jy die nabyheid van God ken. Dat jy God in sy Drie-Eenheid ken. Maar genade is ook nog meer as dit. 3

o o Dit is om die Bybel in jou hart te laat leef. Dit is om die volle verantwoordelikheid te aanvaar vir die dinge wat God van jou verwag soos Hy dit in sy Woord stel. Ons kan weet dat God ons sal vergewe as ons uit swakheid n fout maak, want daar staan in Psalm 103 dat die Here Hom soos n Vader ontferm oor sy kinders. Daar staan n lang lys van dinge wat alles ons geloof raak, soos byvoorbeeld dat die Here ons ongeregtighede vergewe. Hy laat ons onverdiend in sy genade deel deur die dood van die Here Jesus Christus. Wat is die krag van hierdie geloof? Dit, dat jy jou sonder twyfel aan God kan toevertrou. Dit is waar dat jou eie verdienste voor die Here onwaardig is, soos jyself. Daarom is daar geen moontlikheid dat jy jou op jouself kan verlaat nie. Maar die feit dat jy in Christus ingelyf is in die volle genade van God, maak vir jou die deure van die hemel oop. So bring die geloof lig in jou lewe, omdat daar iets is om voor te lewe. 3. Die genade van God is volgens die evangelie Wat moet ek nou glo? Waar begin ek? Jy begin by die Bybel en jy glo alles wat in die Bybel beloof word, presies soos dit daar staan! Die inhoud van die evangelie bind ons as gelowiges saam in hierdie ware geloof. Daarmee openbaar die Here aan ons dat ons al grootliks kan weet wie almal saam met ons die ewige lewe gaan deel: dis al die mense wat saam met ons die volle inhoud van die evangelie bely. Besef u altyd dat as ons so saam is in n erediens, daar verskillende dinge is wat ons van nou af tot in ewigheid toe saambind. Een van die dinge is ons gemeenskaplike belydenis dat ons volle saligheid rus op Jesus Christus die Here. Ons is n groep mense wat almal eenders ons menslike swakheid beleef. Ons ervaar almal hoe die sonde ons dikwels verinneweer. Maar ondanks dit alles maak die Here ons almal as ware gelowiges oor die eeue uit die mensdom bymekaar, en bring Hy ons saam in die eenheid van sy kerk. Daarom begin ons al saam voorberei om saam met Hom in sy ewige koninkryk te wees. Ons voorbereiding bestaan uit n verlange daarna dat die Here ons geloof altyd versterk deur die prediking en die gebruik van die sakramente. Ons wil altyd ervaar dat die Here se liggaam verbreek en sy bloed vergiet is tot n volkome versoening van al ons sondes. Ons wil weet dat ons sondes afgewas is deur sy bloed waardeur ons toegang verkry tot die ewige lewe. Maar u moet besef dat u nie in u eie kragte salig kan word nie. U maak ook nie die keuse om verlos te wees nie. Die Here beveel u om salig te lewe omdat Hy in Christus al u sondes weggeneem het behalwe as u n sondaar is wat nie aan Hom gehoorsaam wil wees nie. Ons moet ons skuld besef. 4

Maar ons moet ook God se liefde en genade besef. God die Heilige Gees laat ons glo dat ons ingelyf is in die genade van Jesus Christus. Luister na Hom, want ons is inderdaad deel van God se liefdesraad wat mense verlos tot die ewige lewe! Leef dan n lewe wat pas by so n geloof. Laat almal sien dat die Here u sy eiendom gemaak het. Nie omdat u uit uself tot die ewige lewe in staat is nie, maar omdat God u lankal daartoe verordineer het, en dit nou in ons lewenstyl na vore kom. Kom ons lees Kategismus Sondag 7 saam. Vraag 20: Word al die mense dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam verlore gegaan het? Antwoord: Nee; (a); maar slegs die wat deur n ware geloof in Hom ingelyf word en al sy weldade aanneem (b). (a)matt 7:14; 22:14. (b) Mark 16:16; Joh 1:12; 3:16, 18, 36; Jes 53:11; Ps 2:12; Rom 11:20; 3:22; Heb 4:3; 5:9; 10:39; 11:6. Vraag 21: Wat is n ware geloof? Antwoord: n Ware geloof is nie alleen n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het. (a) Jak 2:19. (b) Heb 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12; Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:10, 38; Gal 2:16. Vraag 22: Wat moet n Christen glo? Antwoord: Alles wat in die evangelie aan ons beloof word (a) en wat die artikels van ons algemene en ongetwyfelde Christelike geloof ons in hoofsaak leer. (a)joh 20:31; Matt 28:19; Mark 1:15. Vraag 23: Hoe lui die artikels? Antwoord: (1) Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. (2) En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; (3) wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; (4) wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; (5) wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; (6) opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, (7) waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. (8) Ek glo in die Heilige Gees. (9) Ek glo aan n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; (10) die vergewing van sondes; (I1) die opstanding van die liggaam (12) en n ewige lewe. Slotgebed Slotpsalm 4:2 2 Weet dat die HEER vir Hom tevore / n gunst ling afgesonder het, en dat hy, deur God self verkore, / nooit op sy swerftog is verlore, maar dat die HEER hom hoor en red. / Beef dan, o dienaars van die sonde, oortree nie teen sy heil ge wil. / Deursoek jul hart in stille stonde, as eensaamheid omsweef jul sponde, / verwag die HEER en wees net stil. 5

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 9 Maart 2008 6