IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Vergelijkbare documenten
Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

Jesaja sien die Toekoms

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)

Beskuldigde nr. 2 was Barry Vetman en beskuldigde nr. 3 was

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Saak no 258/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) In die saak tussen. BAREND OOR Eerste Appellant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

UITSPRAAKOPHERSIENING

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Pragtige Koningin Ester

UITSPRAAK OP HERSIENING

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

GEARRESTEER IN JERUSALEM. Les 11 vir 15 September 2018

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING)

Saak nr 26/86 /MC. - en -

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) MARLON KOOPMAN BESKULDIGDE 1 LEON DANZIE BESKULDIGDE 2 GERT EDMUNDBESKULDIGDE 3

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING)

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

ANNA HENDRINA MYBURGH

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

BARTMANN (JNR) SPRINGBOK PATROLS (EDMS) BPK ALERT SPRINGBOK PATROLS BK ABRAHAM ALBERTUS CILLIERS. -en- VAN HEERDEN, VIVIER et MARAIS ARR.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die Kerk se Geboorte

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Goeie Konings, Slegte Konings

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

Baie welkom by vanoggend se erediens

Hoe om vlae aan te bied

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

FAKTORE EN VEELVOUDE

Les 1 vir 7 Oktober 2017

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie.

Van Vervolger tot Prediker

n Tempel Leier besoek Jesus

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING}

EPHRAIM BASIMANE MOTSHWAEDI. E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS ARR. UITSPRAAK

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Saaknommer: 311/84 WHN. PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant

JOHANNES 19: Votum en seën. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 1 : 1

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Van Vervolger tot Prediker

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Toe God alles gemaak het

Die Groot Muur van Nehemia

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Transcriptie:

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Saakno: K/S 3/04 Datum Gelewer: 26 / 04 / 2004 In die saak van: DIE STAAT versus April Pringle Beskuldigde no. 1 Isak Persent Beskuldigde no. 2 UITSPRAAK

2 GOLIATH WnR: [1] Die twee Beskuldigdes April Pringle 19 jaar oud en Isak Persent 19 jaar oud staan tereg op twee aanklagtes van verkragting en een van ontvlugting. April Pringle staan ook tereg op `n verdere aanklag van poging tot verkragting. Dit word beweer dat beide Beskuldigdes op 26 April 2003 wederegtelik en opsetlik op twee geleenthede geslagsgemeeenskap met Kuduse Ennie Motshedi gehad het sonder haar toestemming. Die Staat beweer verder dat April Pringle op dieselfde dag en plek gepoog het om gemeenskap met Dorah Montiswa te hou sonder haar toestemming. [2] Die Beskuldigdes word deur Adv. Schreuder verteenwoordig. Beide Beskuldigdes het onskuldig gepleit op die aanklagtes 1 en 2 van verkragting. Hulle erken dat hulle geslagsgemeenskap met die klaagster gehad het, maar voer aan dat dit met haar toestemming was. Beskuldigde 1 het onskuldig gepleit op poging tot verkragting en ontken die bewering teen hom. Beide Beskuldigdes het skuldig gepleit op `n

3 aanklag van ontvlugting en `n verklaring in terme van Artikel 112 is ingehandig en ontvang as Bewysstuk A en B. Ten spyte van die pleit van skuldig het die Staat verkies om twee getuies te roep om uit te brei oor die omstandighede rondom die ontvlugting en die uiteindelike arrestasie van die Beskuldigdes. [3] Advocate Calitz, wie namens die Staat verskyn, het met die aanvang van verhoor die volgende dokumentasie by ooreenkoms ingehandig. Bewysstuk C1 Bewysstuk C2 Bewysstuk D Bewysstuk E J88 Mediese verslag Getikte mediese verslag Geboortebewys van klaagster Fotos van die toneel met sleutel tot fotos [4] Die getuienis namens die Staat aangebied kan as volg opgesom word: 4.1 Die voorval het om en by 12 uur middernag op Saterdag 26 April 2003 plaasgevind. Die klaagster Kuduse Ennie Motshedi tans 16 jaar oud getuig dat sy op Vrydag 25 April 2003 met `n vriendin Dorah Montsiwa na die Helpmekaar kafee toe is om

4 aartappels te koop. By die kafee is ook `n tavern waar onder andere drank verkoop word. Hulle twee het by die tavern gaan sit waar hulle een bier gedeel het. Ongeveer middernag het sy en Dorah die tavern verlaat om huistoe te gaan. 4.2 Oppad huistoe het sy twee manspersone agter hulle gewaar. Een van die mans het haar gegryp en geklap terwyl die ander vir Dorah gegryp het. Dorah het egter daarin geslaag om weg te kom. Sy was steeds vasgehou deur een van die mans en nadat Dorah weggekom het, het die tweede manspersoon by hulle aangesluit. Die twee manspersone het haar in die bos getrek waar haar klere uitgetrek is en sy om die beurt deur beide verkrag is. 4.3 Volgens die klaagster was haar hande deur die een vasgehou terwyl die ander haar klere uitgetrek het. Terwyl die een gemeenskap met haar gehad het, het die ander haar hande vasgehou. Die persone het beurte geneem om haar hande vas

5 te hou om mekaar die geleentheid te gee om gemeenskap met haar te hê. Nadat die eerste persoon met haar gemeenskap gehad het, het hy haar op die grond neergegooi en met die vuis geslaan. Daarna het die tweede man gemeenskap met haar gehad totdat hy onderbreek was deur stemme. Dorah het op die toneel opgedaag met drie persone naamlik Petrus, Janneman en Tapelo. Intussen het die Beskuldigdes vanaf die toneel weggehardloop. Die polisie is ontbied en sy is na die polisiestasie en dokter toe geneem. Van haar klere het op die toneel agtergebly en is later deur haar suster Merriam Motshedi van die toneel verwyder. Alhoewel sy nie die Beskuldigdes geken het nie, het sy op 10 Julie 2003 vir Beskuldigde 1 by `n uitkenningsparade uitgeken. 4.4 Dorah Montsiwa, 17 jaar oud getuig dat nadat sy deur een van die mans gegryp is, sy daarin kon slaag om los te kom. Die man het haar egter `n tweede maal vasgegryp en sy het die tweede maal daarin geslaag om weg te kom. Sy het terug na die Kafee toe gehardloop om hulp te ontbied. Sy het inderdaad

6 vir Tapelo, Petrus en Janneman gevind en hulle is almal terug na die toneel waar hulle na die klaagster geroep en gesoek het. Hulle tref toe die klaagster aan sonder klere aan haar onderlyf. Sy het gras op haar gehad en bloed op haar mond. Die klaagster het aan haar meegedeel dat sy deur albei mans verkrag is. Hulle het die polisie ontbied. Sy ken vir Beskuldigde1 goed aangesien hulle saam op skool was. Sy ken ook vir Beskuldigde 2, maar nie te lank nie. 4.5 Petrus Serebe `n 14 jarige seun bevestig dat Dorah by hom, Janneman en Tapelo opgedaag het en `n rapport oor die voorval gemaak het. Hulle is almal na die toneel waar hulle die klaagster gesoek en gevind het. Die Klaagster het op `n staduim huilend in hulle rigting aangekom. Hy het opgemerk dat sy grond op haar klere en bobeen gehad het en haar onderlyf was kaal. Die klaagster het met Dorah en Tapelo gepraat en die polisie is ontbied. 4.6 Meriam Motshedi getuig dat ongeveer 1 uur die oggend het die polisie haar kom wakker maak. Haar suster Kuduse Ennie

7 Motshedi het huilend die huis binnegekom en gesê sy is verkrag. Slegs haar bolyf was geklee. Haar onderlyf was kaal, haar mond het gebloei en haar oë was geswel. Die klaagster het ander klere aangetrek en hulle is saam met die polisie daar weg na die polisistasie toe. By die polisiestasie het die klaagster steeds gehuil. Hulle is daarna hospitaal toe waar die klaagster steeds gehuil het. Dieselfde dag, nadat hulle vanaf die Hospitaal gekom het, het sy die klaagster versoek om haar na die toneel te neem. Op die toneel het sy sleepmerke gewaar op die plek waar die klaagster beweer sy gesleep was. Hulle het ook die klaagster se damesbroekie, broek en tights op die toneel gevind en dit aan die polisie oorhandig. 4.7 Dr Joubert getuig dat hy `n privaat geneesheer is en tans deeltydse distrikgeneesheer te Hartswater is sedert 1993. Hy ondersoek jaarliks 10 tot 15 pasiente en getuig in die hof ongeveer 4 tot 5 maal per jaar in verkragting sake. Hy het die klaagster op 26 April 2003 gesien ongeveer 3h45 die oggend. Die klaagster het ontsteld voorgekom en het verskeie

8 skaafwonde opgedoen soos aangedui in die J88 mediesevorm gemerk Bewysstuk C1. Die klaagster het stof op haar bene gehad en stukkende plekke op haar knieë. Haar lippe was geswel met droë bloed om die mondhoeke. Daar was ook subkonjuviale bloeding, of bloed in die witgedeelte van die oog. Die ginekologiese ondersoek het nie veel abnormaliteite getoon nie. Van groot belang egter was die feit dat die fossa navicularis rooi was. Die fossa navicularis ook genoem die landingsstrook, is die punt van eerste kontak met gemeenskap. By gemeenskap met toestemming, sou hy nie enige rooiheid by die fossa navicularis verwag nie en sodanige besering is aanduidend van geforseerde gemeenskap. Aangesien die klaagster alreeds seksueel aktief was, was daar nie soveel beserings as wat normaalweg verwag sou word van `n persoon van die klaagster se ouderdom nie. Dr Joubert getuig verder dat in die lig van die algemene beserings gekombineer met die ginekologiese bevinding is sy opinie dat gemeenskap geforseerd was.

9 [5] Na sluiting van die Staat saak het beide die Beskuldigdes in hul eie verdediging getuig. Die Beskuldigdes beweer dat huulle vir die klaagster Kuduse Ennie Motshedi vir die eerste keer die betrokke dag by die taverne ontmoet het. Sy was saam met Dorah Montsiwa wie aan hulle bekend was aangesien hulle saam met haar op skool was. Hulle het om en by 9 uur by die Taverne opgedaag en vier biere saamgedrink. Hulle het by die klaagsters aangesluit en saam by een tafel gesit en praat. Die klaagsters het op `n staduim gesê dat hulle gaan loop. Die Beskuldigdes was deur die dames gevra om hulle halfpad huistoe te vergesel wat hulle toe gedoen het. Langs die pad het die Beskuldigdes vir die klaagsters gemeenskap gevra. Die klaagsters wou geld daarvoor hê en hulle het vir Kuduse Ennie Motsedi R30 00 gegee en vir Dorah Montsiwa R50 00. Dorah Montsiwa het egter gesê sy wil nie gemeenskap hê nie want sy is te jonk. Die klaagster Kuduse Ennie Montsedi het ingestem tot gemeenskap. Die Beskuldigdes het toe beide gemeenskap gehad met die een klaagster terwyl Dorah Motsiwa `n entjie weg van hulle af

10 gestaan en wag het. Nadat hulle klaar gemeenskap gehad het met die klaagster het die Beskuldigdes vir die dames halfpad huistoe geneem. [6] Dit is gemenesaak dat die partye by die tavern was op die betrokke dag van die voorval. Verder is dit ook gemenesaak dat daar wel gemeenskap plaasgevind het tussen die Beskuldigdes en Kuduse Ennie Motshedi. Die geskilpunte in hierdie aangeleentheid gaan rondom die gebeure by die tavern en nadat die tavern verlaat is sowel as of die klaagster wel toegestem het tot gemeenskap. `n Verdere geskilpunt is die vraag of Beskuldigde 1 inderdaad gepoog het om vir Dorah Montsiwa te verkrag. Die vrae is dus: a) Het die Staat daarin geslaag om bo redelike twyfel te bewys dat beide Beskuldigdes hulself skuldig gemaak het aan die en laste gelegde misdrywe; b) Of die weergawes van die Beskuldigdes redelik moontlik waar is. [7] Die Staat se saak berus grootliks op die getuienis van die klaagsters wie

11 beide enkelgetuies is ten opsigte van die aanklagtes. In die verlede was die Howe se algemene benadering dat sulke getuienis met die uiterste versigtigheid beoordeel moet word. Hierdie algemene benadering is deur die Appelhof vewerp in S v Jackson 1998 (1) SASV 470 SCA. Hierdie beslissing beteken nie dat ons howe nie meer versigtig hoef te wees nie. Dit hang af van die omstandighede van elke saak hoe die hof die getuienis moet benader, veral in die lig van die streng vonnise wat opgelê word. (Sien S v van der Ross 2002(2) SASV 362 (C)) Die hof moet dus kyk na faktore wat kan vehoed dat die hof verkeerdelik `n persoon skuldig bevind. Sulke faktore mag stawig insluit, indien daar sodanig stawing is. Sien R v D 1951 (4) SA 450 (A) [8] Die mediese getuienis staaf die klaagster se bewerings dat sy in die bosse gesleep is en op haar mond geslaan is. Die klaagster se weergawe word verder gestaaf deur Dorah Montsiwa, Petrus Serebe en Merriam Motshedi oor die feit dat sy gehuil het, dat haar onderlyf kaal was en haar mond gebloei het. Petrus het ook melding gemaak van die stof op haar bobene soos gemeld in die mediese verslag.

12 [9] Merriam Motshedi getuig dat die klaagster ongeveer een uur met die polisie by hul woning opgedaag het. Die feit dat die partye die tavern teen ongeveer 12 uur middernag verlaat het beteken dus dat iets met die klaagster tussen 12 uur middernag en 1 uur moes gebeur het. Die beskuldigdes plaas hulself in die teenwoordigheid van die klaagster gedurende hierdie periode. Selfs al aanvaar die hof die beskuldigdes se weergawe oor wat by die Taverne plaasgevind het asook nadat hulle saam die Taverne verlaat het, is dit duidelik dat iets later moes gebeur het wat tot die klaagster se beserings en algemene toestand en voorkoms gelei het. [10] Al is daar stawing vir klaagster se weergawe kan die hof nie summier die weergawes van die beskuldigdes uitmaak as vals nie. Ten einde `n bevinding te maak dat die weergawes van die beskuldigdes redelik moontlik waar is moet die hof die geloofwaardigheid van die beskuldigdes bepaal. Die hof moet dus die beskuldigdes se weergawes teen die waarskynlikhede toets. By evaluering van hul weergawe maak die hof die volgende bevindinge:

13 10.1 Dit is onwaarskynlik dat indien die beskuldigdes en klaagsters saam by `n tafel gesit het, die enigste woorde wat geuiter was dat beskuldigde 1 vir Kuduse gesê het hy het haar lief waarop sy geantwoord het. Die beskuldigdes ken vir Dorah, hulle was immers saam op skool en die hof sou `n meer sinvolle gesprek verwag het. Beide Beskuldigdes kan nie veel uitbrei oor hoe hulle sou verkeer het met die klaagsters by die tavern nie. Dit byk dus dat daar nie veel interaksie tussen die partye was by die tavern of nadat die tavern verlaat is nie. 10.2 Dit is hoogs onwaarskynlik dat Kuduse nie `n enkele woord met beskuldigde 2 geuiter het by die tavern nie, maar wel later oppad huistoe sou sy toestem tot gemeenskap met hom. 10.3 Dit is hoogs onwaarskynlik dat Dorah, in antwoord op `n versoek vir gemeenskap R 50 00 sou vra daarvoor en terselfdetyd ook sou weier omdat sy jonk is. Die hof vind dit vreemd dat die

14 beskuldigdes die persoon wat gemeenskap weier meer sal betaal as die persoon wie toestem. 10.4 Dit is onwaarskynlik dat Kuduse met beide beskuldigdes gemeenskap sou hê wie sy net onlangs ontmoet het, en waar sy vir beskuldigde 1 reeds by die tavern sou gesê het dat sy nie in hom belang stel nie en reeds in `n verhouding is [11] Daar is ook etlike teenstrydighede in die weergawes van die beskuldigdes rondom die geldbetalings aan die klaagsters. 11.1 Beskuldigde 1 beweer die klaagsters het spesifiek vir R50 00 en R30 00 gevra nadat hulle vir seks gevra is.later voer hy aan hulle het nie spesifieke bedrae gevra nie, slegs gesê hulle wil iets hê. 11.2 Beskuldigde 1 beweer die geld is oorhandig voor gemeenskap plaasgevind het, terwyl Beskuldigde 2 aanvoer dat

15 die geld na gemeenskap oorbetaal is. In ieder geval is dit inderdaad onverklaarbaar waarvoor Dorah betaling ontvang het. Sy het immers uit die staanspoor gesê dat sy nie gemeenskap gaan hou nie. [12] Die manier hoe die gemeenskap sou plaasvind het in omstandighede waar Beskuldigde 2 langs Beskuldigde 1 staan en Dorah ook toekyk. Toe Beskuldigde 1 klaar is het hy op gespring sodat Beskuldigde 2 sy beurt neem. Die hof sou verwag het dat die partye in meer privaatheid gemeenskap sou hê in omstandighede waar daar toestemming was. 12.1 Die Beskuldigdes se weergawe dat Dorah naby was tydens gemeenskap is nie versoenbaar met die getuienis voor die hof nie. 12.2 Die Beskuldigdes se weergawe dat die klaagster haar klere aangetrek het en vry van beserings was op die staduim nadat hulle gemeenskap gehad het, strook nie met die feite nie.

16 [13] Die klaagster se weergawe is ook nie sonder kritiek nie. Die klaagster het aanvanklik eers Beskuldigdes uitgewys maar later was sy nie meer seker wie wat sou gedoen het nie. Daar is ook enkele aspekte soos of die aartappels inderdaad gekoop is en die kwessie welke klere en deur wie die klere uiteindelik gevind is. 13.1 Verder blyk dit dat die klaagster nie aanvanklik vir die hof genoem het dat sy die Beskuldigdes in die Tavern sou gesien het nie. Die indruk wat sy geskep het was dat sy langs die pad eers opgemerk het dat twee persone agter hulle stap. Dorah Montsiwe het blykbaar die Beskuldigdes al by die Tavern opgemerk. 13.2 Hierdie weersprekings is egter nie wesenlik wanneer die hof die saak in geheel beoordeel nie. Beide Kuduse en Dorah het getuig dat twee mans hulle van agter af oorweldig het. Die identiteit van die Beskuldigdes is nie in geskil nie en die feit dat hulle almal op `n stadium in die tavern was voor die voorval versterk eintlik die weergawes van die klaagsters.

17 Die hof vewerp die weergawes van die Beskuldigdes as nie redelik moontlik waar nie. Die hof bevind dat die Beskuldigdes nie toestemming gehad het om gemeenskap met die klaagster te hou nie. Indien die hof die weergawes van die Staatsgetuies beoordeel asook die stawende mediese getuienis is die hof oortuig dat die Staat wel daarin geslaag het om die Beskuldigdes se skuld op beide verkragtings bo redelike twyfel te bewys. Die bevinding van die Hof is as volg: [14] Aanklag 1 en 2 Op Aanklag 1 word Beskuldigde 1 skuldig bevind aan verkragting as Dader en Beskuldigde 2 as medepligtige. Op Aanklag 2 word Beskuldigde 2 skuldig bevind aan verkragting as Dader en Beskuldigde 1 as medepligtige. [15] Aanklag 3

18 In antwoord op die regsvraag of Beskuldigde 1 hom inderdaad skuldig gemaak het aan die misdryf van poging tot verkragting het die Staat inderdaad `n baie sterk argument uitgemaak. Die feit dat die een klaagster wie nie weggekom het nie wel verkrag was, skep `n sterk vermoede dat dit inderdaad die uiteinde vir Dorah Montsiwa sou gewees het indien sy nie weggekom het nie. `n Blote voorneme om `n misdaad te pleeg is nie strafbaar nie. Aan die ander kant is daar by `n strafbare poging `n onvoltooide misdaad betrokke. Erens tussen die eerste handeling en die voltooide misdaad is daar `n grenslyn wat eers verbygesteek moet word voordat `n persoon aan poging skuldig kan wees. Om te bepaal of iemand hierdie grenslyn verbygesteek het is een van die moeilikste probleme in die Strafreg, sien Snyman Strafreg 4de Uigawe p282. Of die grenslyn oorstrek is en of daar reeds `n uitvoeringshandeling was is `n feite vraag. (Sien S v Du Plessis1981 (3) SA 382 A te 399 H en verder.) Beskuldigde 1 het die klaagster gegryp en bloot `n handeling verrig wat sou lei tot die uitvoering van die daad. Sien R v B 1958 (1) SA 202 E. Na oorweging van die feite in hierdie saak bevind die hof dat die handeling verrig deur Beskuldigde 1 slegs `n voorbereidings

19 handeling was en nie `n uitvoeringshandeling nie. Beskuldigde 1 word dus die voordeel van die twyfel gegee en onskuldig bevind op poging tot verkragting. [16] Aanklag 4 Die Beskuldigdes het reeds skuldig gepleit op hierdie aanklag en `n verklaring in terme van Artikel 112 (2) is ingehandig. Die Staat het twee getuies geroep naamlik Inspekteur Willem van Staden en Konstabel Patrick Morakanele. Die getuies het uitgebrei oor die omstandighede van die ontvlugting asook die verskeie pogings wat aangewend was om die Beskuldigdes weer in hegtenis te neem. Hierdie getuienis was nie betwis nie. Na aanleiding van die Beskuldigdes se pleit van skuldig op hierdie aanklag, word hulle dienooreenkomstig skuldig bevind op die aanklag van ontvlugting.

20 P L GOLIATH WAARNEMENDE REGTER ADVOKAAT NAMENS STAAT: ADV. R. CALITZ ADVOKAAT NAMENS BESKULDIGDE: ADV. SCHREUDER DATUM VAN VERHOOR: 19/04/2004 DATUM VAN UITSPRAAK: 26/04/2004