BISHOP LAVIS SEKONDÊRE SKOOL

Vergelijkbare documenten
HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

LUCAS MEYER PRIMÊRE SKOOL

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

Staatskoerant Vol Desember 2002 GOEWERMENTSKENNISGEWING DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Nr 1589, 13 Desember 2002

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE

SAOU 15de HOOFDESIMPOSIUM

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

HOËRSKOOL OOS-MOOT AANHANGSEL TOT GEDRAGSKODE

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

REGULASIES EN GEDRAGSKODE VIR LEERLINGE EN ANDERE (Hersien en aangepas 2010)

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Les 14: Entrepreneurskap

BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE

GRAAD 7 LEWENSORIENTERING

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

DISSIPLINêRE KODE VAN DARLING KOLLEGE

DISSIPLINÊRE BELEID. Prosedure vir die hantering van Kategorie A-oortredings.

HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

LAERSKOOL TUINE SKOOLREëLS & DISSIPLINE STELSEL

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

Gedragskode leerders. Laer Meisieskool La Rochelle. Girls' Primary School. A. Inleiding. 1. Wetsbepaling: Algemeen

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

NASKOOLSENTRUMBELEID

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Elizette Nel Opvoedkundige Sielkundige Paarl-skool

GEDRAGSKODES VIR LEERDERS

DISSIPLINêRE BELEID 1. INLEIDING:

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

Laer Gedenkskool Danie Theron

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

HOËRSKOOL TYGERBERG DWELMBELEID

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

REGTE VAN OPVOEDERS. Die Wet en bylaes reguleer die bepalings met betrekking direkte dienslewering en gedrag van die opvoeder in die werkplek.

GOUDVELD-HOËRSKOOL LEERDERBYWONINGSBELEID

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

SKOOLUNIFORM VIR GRAAD 1-7

Briewe, posseëls en elektroniese pos

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Terugvoer van wegbreekgroepe. Algemene jaarvergadering 2015

HOOFSTUK 9 Regspleging

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

Transcriptie:

BISHOP LAVIS SEKONDÊRE SKOOL GEDRAGSKODE & SKOOLREËLS HELDERBERWEG BISHOP LAVIS 7490 Tel: 021 934 1005 Faks: 021 934 8261 Epos: admin@blhs.co.za

B l a d s y 2 VISIE BISHOP LAVIS HOËRSKOOL MOET N SENTRUM VAN OPLEIDING EN GELEERDHEID WEES WAAR LEERDERS SOWEL AS DIE GEMEENSKAP KWALITEIT ONDERWYS ONTVANG SODAT HULLE HUL REGMATIGE PLEK IN DIE SAMELEWING KAN VOLSTAAN. MISSIE 1. Opleiding sentrum te begin met die doel om die gemeenskap te bemagtig in die ontwikkeling van vaardighede. 2. Om die infrastruktuur van die skool aan te pas by die eise van die tyd en die behoeftes van die skoolgemeenskap. 3. Nou te skakel met besighede, NGO s om entrepeneurskap te bevorder in die gemeenskap. 4. Interaksie tussen plaaslike skole met die uiteindelike mikpunt om deur gesprekvoering vir elke skool n spesifieke akademiese pakket toe te ken. 5. Deurlopende kommunikasie met Primêre skole om die al groter wordende akademiese gaping veral op graad 8 en graad 9 vlak te vernou. 6. Ontwikkeling van vaardighede van ouers, SBL, opvoeders en nie-doserende personeel. 7. Opleiding te begin met die doel om die gemeenskap te bemagtig in die ontwikkeling van sekere vaardighede in n poging om die soio-ekonomiese problem in n mate aan te spreek. 8. Om n beursfonds te stig met die oog op finansiële hulp aan behoeftige en verdienstelike leerders op akademiese en die gebied van sport.

B l a d s y 3 GEDRAGSKODE VAN LEERDERS: Om hierdie VISSIE en MISSIE te bereik is die volgende gedragskode opgestel wat deur alle rolspelers (leerdes, opvoeders, die beheerliggaam, die nie-doserende personeel en ouers) gevolg moet word. 1. AANHEF 1.1 Hierdie dokument is vir die leerders van bogenoemde skool opgestel en bevat die beginsels, norme en waardes soos vervat in die: 1. GRONDWET van Suid-Afrika 1996 2. DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET 1996 3. DIE PROVINSIALE WET 1.2 Dit is opgestel na wye samesprekinge tussen ouers, leerders en opvoeders. Daarom sal ons streef na die beskerming en bevordering van die fundamentele regte van elke persoon soos gewaarborg in die Handves van Menseregte in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996. 1.3 Kragtens die Suid-Afrikaanse Skole Wet (1996) word die beheerliggaam van die skool gemagtig om dissipline in die skool te handhaaf. 1.4 Leerders moet daarom besef; a) dat teen hulle opgetree kan word indien hulle hierdie gedragskode oortree. b) niks sal n leerder vrystel om nie aan hierdie gedrags-kode gehoor te gee nie. c) die opvoeder by die skool sal oor dieselfde regte as n ouer beskik om n leerder te dissiplineer tydens skoolure, skoolfunksies, skooluitstappies asook skoolverwante aktiwiteite; d) dat n leerder, waar n redelike vermoede bestaan, deursoek kan word vir n gevaarlike wapen, vuurwapen, dwelms of pornografie wat op die skoolterrein gebring word. e) dat n leerder, waar n redelike vermoede bestaan, vir dwelms getoets kan word.

B l a d s y 4 2. BEGINSELS, WAARDES EN REGTE VAN LEERDERS 2.1 DEMOKRASIE die Handves van menseregte soos vervat in die Grondwet, verskans die regte van alle mense. Leerders se menswaardigheid, gelykheid en Vryheid word hierin beskerm. 2.2 NIE-DISKRIMINASIE geen persoon mag onregverdig teenoor n leerder diskrimineer nie. 2.3 PRIVAATHEID, RESPEK en WAARDIGHEID elke leerder het ingebore waardigheid en het die reg dat sy of haar waardigheid gerespekteer word. Dit sluit in respek vir mekaar se oortuigings en tradisies. 2.4 VRYHEID EN VEILIGHEID a) Elke leerder het die reg om nie op n onmenslik of vernederende wyse behandel of gestraf te word nie. b) Leerders het die reg om nie in eensame opsluiting of aanhouding gehou te word nie. c) Vryheid van uitdrukking om te betoog en petisies voor te lê, is n voorreg. Wanneer die uitdrukking tot n wesentlike en aansienlike ontwrigting van skoolwerksaamhede-en-aktiwiteite lei, kan hierdie reg beperk word. 2.6 Leerlinge het die reg om (met ooreengekome prosedures) hul griewe na die beheerliggaam te neem. 2.7 In gevalle waar n leerder nie by die skool kan aanpas nie en sy/haar gedrag onbeheerbaar is, sal hy/sy na die skoolhoof verwys word. So n leerling mag in oorlegpleging met sy/haar ouers na n skoolsielkundige vir rehabilitasie verwys word. 2.8 Straf is n korrektiewe maatreël om die orde in die skool te handhaaf. Soorte strawwe Korrektiewe maatreël bv. Mondelingse waarskuwings, geskrewe berisping, skoolwerk onder toesighouding, skadevergoeding, vervanging van beskadigde eiendom, skorsing uit sekere skoolaktiwiteite bv. Sport. OORTREDING WAT TOT SKORSING MAG LEI: Gedrag wat die veiligheid van andere in gevaar stel en hul regte skend. Besit, dreigemente of besit van n vuurwapen / gevaarlike wapen. Besit, gebruik, oorhandiging of sigbare bewyse van dwelmmiddels of ongemagtigde middels, alkohol of bedwelmende middels van enige aard. Gevegte, aanranding of mishandeling. Immorele gedrag of Godlastering.

B l a d s y 5 Valse identifisering van sigself. Skadelike graffiti, haattaal, rassisme. Diefstal of besit van gesteelde eiendom. Onwettige optrede, afkeurenswaardige gedrag, of beledigende gedrag teen opvoeders of ander werknemers van die skool. Oneerbiedigheid, afkeurenswaardige gedrag, of beledigende gedrag teen opvoeders of ander werknemers van die skool. Herhaaldelike skending vanskoolreëls of gedragskode. Kriminele en onderdrukkende gedrag, bv Verkragting en teistering. Verontregting, afknouery en intimidering van ander leerders. Oortreding van eksamenreëls. Bewuste en opsetlike verskaffing van valse inligting of die vervalsing van dokumentasie op n onregverdige voordeel in die skool te kry. SKORSING EN UITEENSETTING die Bestuursliggaam mag, na verhoor deur die Dissiplinêre Komittee, n leerling vir n periode van 5 skooldae skors. n Leerder mag vir n periode geskors word in afwagting van die besluit van die Departementshoof of aanbeveling van die bestuursliggaam of n leerling uit die skool gesit mag word. n Leerder wat uit die skool gesit word hy of sy ouers mag binne 7 dae vanaf die besluit van die Departementshoof appèl aanteken teen die besluit van die Departementshoof. Enige leerder wat daarvan aangekla word dat hy/sy n reel oorgetree het wat tot skorsing en uitsetting mag lei, moet na die skoolhoof verwys word wat die saak na die Dissiplinêre Komitee sal verwys. Spesiale reëlings vir die verhoor moet getref word. Ouers kan ook teenwoordig wees. Die Dissiplinêre Komitee wat so aangestel is, moet die verhoor volgens provinsiale regulasies laat geskied. Verwys kennisgewing 776 van 1998)

B l a d s y 6 DIE GEDRAGSKODE n Gesagstruktuur en skooldissipline is onvermydelik voorwaards by die opvoeding van die kind en die deurslaggewende faktor by skool-uitslae. n Skool of n gesinsituasie sonder dissipline (orde en gesag) is altyd besig om te verval in chaos en disintegrasie. 1.1 Leerlinge is dus onder beheer van die skool en skoolreëls; i. as hulle na en van die skool reis en ii. wanneer hulle die skool verteenwoordig in sport of by skoolfunksies. 1.2 Die woorkoms en gedrag van leerlinge is n spieëlbeeld van wat by hierdie skool verwag kan word. 1.3 Alle opvoeders en die wyer publiek moet met respek bejeën word. Die skool is baie gestel hierop en enige vorm van wangedrag, antisosiale gedrag op ontwettige gedrag, sal sterk aangespreek word. 1. STIPTELIKHEID. Die skool begin om 8:00 en dit word van alle leerders verwag om voor 8:00 binne die skoolterrein te wees. Niemand mag voor of na skool buite by die skoolhekke of in die straat uithang nie. Motors wat leerders aflaai, moet buite die skoolhek staan, en word nie op die skoolgronde toegelaat nie. 2. BYWONING VAN KLASSE Alle leerders moet vir die duur van die periodes in die klas wees vir onderrig. Niemand word buite die klas toegelaat sonder skriftelike toestemming van die onderwyser nie. 3. BESOEKERS Besoekers sal gedurende die skooldag ontvang word net nadat n afspraak gemaak is. Besoekers sonder afsprake kan die skoolhoof en onderwysers enige tyd na 15:00 besoek.

B l a d s y 7 4. TOESTEMMING: Leerders word nie toegelaat om gedurende skoolure die skoolterrein te verlaat nie. Indien leerders wel die skoolterrein vroeg moet verlaat moet dit deur die ouer telefonies of persoonlik met die skool gereël word. Ouers moet self die leerder/s by die skool kom haal. Geen briewe/skrywes word aanvaar nie. Dieselfde reël geld indien u kind laat is. Indien u kind baie siek is, moet u u kind by die huis hou. 5. SKOOLDRAG Daar word van elke leerder verwag om die skool se voorgeskrewe skooldrag te dra. Dit is om ekonomies / finansiële redes en om n eenheidsgevoel onder leerders aan te kweek asook om veiligheidsredes. 5.1 VOORGESKREWE SKOOLDRAG Seuns: Vaalbroek Withemp Swartskoene Skooldas Skooltop Swart trui Dogters: 1ste en 4de Kwartaal Skoolromp (Groen knielengte) Withemp Swartskoene Witkouse Skooldas Skooltop Swart trui Dogters sal wel toegelaat word om in die 2de en 3de kwartale die skoolsweetpakbroek (vlootblou) te dra in plek van die skoolromp. 5.2 Hare Mag nie gekleur wees nie. (slegs braidings in swart word toegelaat) Seuns hare kort gesny en aanvaarbare lengte en geen patrone. 5.3 Moslem leerders Kleredrag mag aangepas word. Beheerliggaam gee toestemming 5.4 Geen kopdoekkies word toegelaat nie, (dogters) Geen pette; kappies word toegelaat nie (seuns) 5.5 Juweliersware Dogters word toegelaat met slegs een paar oorringe (klein). Seuns word nie toegelaat om enige ringe te dra nie. Dogters mag nie grimering dra nie. Geen lyfringe deur ore; tong; naeltjie of neus word toegelaat nie.

B l a d s y 8 5.6 Enige afwykings van bogenoemde kan slegs deur die Beheerliggaam bekragtig word. 5.7 Dit word van leerders verwag om bogenoemde klere netjies te dra. M.a.w. geen kort rompe, broeke wat hang, oop hempde en hemde met embleme op word toegelaat nie. Helderkleurige baadjies en broekspype wat opgerol is, is ontoelaatbaar. 5.8 Wanneer dit reën word leerders aangemoedig om hul skooldrag in n plastieksak na die skool te bring en dit by die skool aan te trek. Geen leerders sal huistoe gestuur word indien hulle nat gereën is nie. 6. SELFONE EN ANDER MUSIEKARTIKELS Alhoewel die skool erken dat n selfoon in die hedendaagse lewe belangrik is, word dit nie op die skoolterrein toegelaat nie. Dit neem die leerders se aandag af van dit waarvoor hulle hier is, is ontwrigtend en kan self gevaarlik wees deurdat onwelkome karrakters na die skool gelok word. Ander muskiekartikels bv. Ipod, MP3-players word ook nie toegelaat nie. 7. DRANK; DWELMS; ROOK Die skool beskou die gebruik van drank en dwelms as n sosiale euwel. Geen leerder mag in besit wees of onder die invloed van dwelms en alkohol wees nie. Die rook of verkope van sigarette en dwelms is strenf verbode en kan lei tot algehele uitsetting. 8. GEBRUIK VAN TOILET 8.1 Leerders moet die toilette gebruik wanneer die behoefte daar is. 8.2 Leerders moet n toestemmingkaart van die onderwyser het. 8.3 Slegs een leerder per klas sal die geleentheid kry om die toilet te besoek. 8.4 Sindelikheid en netheid moet ten alle tye handhaaf word. 8.5 Leerders word aangemoedig om pouses die toilette te gebruik 9. POUSES 9.1 Daar word normaalweg vir twee pouses voorsiening gemaak 9.2 Geen leerders mag die skoolterrein verlaat tydens pouses nie. 9.3 Daar is twee tuckshops op die skoolterrein vir die aankoop van snoeperye. 9.4 Leerders mag nie goedere deur die draad van ander smouse koop nie. 9.5 Terreindiens word vir pouses gereël.

B l a d s y 9 10. MOTORS Leerders word nie toegelaat om motors op die skoolterrein te bring nie. 11. SKOON EN VEILIGE OMGEWING Onderrig kan slegs in n VEILIGE en SKOON omgewing plaasvind, daarom mag daar nie op die mure, deure, banke van die skool geskryf word nie. 12. BAKLEI, DREIGEMENTE, BENDE-AKTIWITEITE EN ONAANVAARBARE TAAL 12.1 Baklei, die gebruik van onaanvaarbare taal of dreigemente teen ander leerders en leerkragte word nie toegelaat nie. 12.2 Verskille tussen leerders moet na die kantoor verwys word. 12.3 Bende-aktiwiteite kan lei tot algehele uitsetting 13. BESERINGS OF SIEKTES OP SKOOL Die skool het n verantwoordelikheid teenoor leerders wat beseer word of skielik siek word tydens skoolure. Die prosedures is as volg: 13.1 Die ouers / voog sal in kennis gestel word om die kind by die skool te kom haal. 13.2 In meer erenstige gevalle sal leerders na die plaaslike Daghospitaal geneem word. 13.3 Noodhulp In geval van minder erensyige gevalle sal die leerder verwys word na die sekretaresse of mnr Ephraim of mev. Cloete of mnr. Van Heerden. 13.4 Ouers moet die skoolhoof / klasonderwyser in kennis stel indien u kind aan chroniese siektes ly. 14. NOODPLAN Die skool beskik oor n NOODPLAN indien die skool om een of ander rede ontruim moet word of leerders se lewens in gevaar verkeer.

B l a d s y 10 15. TAKE / TOETSE Dit word van alle leerders verwag om take en toetse en ander werksopdragte te voltooi en op die vaargeskrewe datums in te handig aangesien dit deel vorm van hul deurlopende assessering. Leerders sal nie tydens skoolure gestuur om tuiswerksopdragte uit te voer nie. Dit moet na skool of gedurende naweke en vakansies geskied. 16. STRUKTURE VIR HANDHAWING VAN DISSIPLINE 16.1 Die klasonderwyser en vakonderwyser Hanteer alle elementêre (graad 1 oortredings) oortredings o.a. laatkom, vandalisme, tuiswerk, skooldrag, klasbywoning, dros ens. 16.2 Die graadhoof Hanteer alle verwysings van meer ernstige oortredings. Skakel met ouers en reel vir vergaderings vir intervensie. Doen verwysings na die Dissiplinere-komitee. Graadhoofde : Gr 8 Gr 9 Gr 10 Gr 11 Gr 12 L. De Beer R. Martin N. Adams A. Van Der Heyden N. Cedras 16.3 Dissiplinêre Kommitee Verhoor meer ernstige oortredings. Doen aanbevelings by die beheerliggam vir skorsings, uitsetting, vir berading en rehabilitasie-programme en ander tugmaatreëls aan. Subkomitee van die Beheerliggaam doen verslag. Die kommitee bestaan uit die Mnr. P. Sonn (skoolhoof), Mnr I. Taylor (voorsitter) en die onderskeie gaadhoofde. 16.4 Die Beheerliggaam Tree op of handel volgens die aanbevelings van die dissiplinere kommitee. 17. Take en verantwoordelikhede van die Opvoeder Skep n leerdergesentreerde klaskamer waar besprekings toegelaat word tussen leerders, maar laat dit geskied op n gefokusde en ordelike manier. Berei goed voor sodat lesse vlot kan verloop en dissipline makliker toegepas kan word.

B l a d s y 11 Verwag samewerking van leerders. Wanneer boeke uitgehaal moet word, moet die instruksie uitgevoer word. Moenie dreigemente maak wat nie uitgevoer kan word nie. Moenie net kritiek lewer nie. Wanneer kommentaar op die leerder se werk gelewer word, onthou om die leerder ook te prys. Straf slegs in ooreenstemming met die leerdergedragskode van die skool en die klaskamergedragskode. Maak seker dat die oortreder aangespreek word. Die klas as n geheel word nie gestraf nie. Dit is onregverdig en mag nie gebeur nie. Moenie toelaat dat n ry by u lessenaar vorm wanneer u boeke nasien nie. Tyd word verkwis en die moontlikheid is sterk dat dissipline probleme sal ontstaan. Moenie sit wanneer u onderrig nie. Beweeg rond en neem leerders waar terwyl hul groepaktiwiteite doen. Nader die OOS vir advies en ondersteuning oor intervensies en om spesifieke leerderbehoeftes te hanteer. Die Skoolbestuurspan is daar om u by te staan. Kry eerder hulp as om toe te laat dat dissiplinêre probleme ontwikkel. 18. Die regte van die Opvoeder Soos elke burger van die land, het opvoeders sekere regte wat beskerm word binne die Grondwet. Die fundamentele regte van opvoeders word verder beskerm deur die beginsels van die gemeneregte en nasionale wetgewing. Opvoeders in geregtig op die volgende: Gelykheid. Menswaardigheid Privaatheid: om jou lewe te lei met die minimum inmenging. Dit omvat privaat, gesinsen huislike lewe; fisiese en morele integriteit; eer en reputasie. n Opvoeder se reg op privaatheid behels ook dat hy/sy die reg het om nie in n swak lig of in die verleentheid gestel te word nie, en die reg het op aanspraak op vertroulikheid. Vanweë die opvoeder se openbare status is daar egter n beperking op die opvoeder se reg op privaatheid m b t gesinslewe, seksuele oriëntasie en inligting betreffende sy/haar gesondheidstoestand. Vryheid van geloof en opinie. Vryheid van uitdrukking: opvoeders se reg op uitdrukking kan egter beperk word in soverre dit ander persone se regte of vryhede bedreig, op in belang vanonderwys is. Vryheid van assosiasie Politieke regte. Arbeidsregte Taal en kultuur. Beskerming van en respek vir die waardigheid van die opvoeder. Hou in gedagte dat hierdie verhouding nie afgedwing kan word nie, maar deur optrede verdien word.

B l a d s y 12 Die regte van Opvoeders moet egter altyd opgeweeg word teenoor dit wat in die beste belang van die behoud van n effektiewe, samehorige onderwys en leeromgewing is. Leerderoptrede wat in stryd is met die regte van die opvoeder moet altyd beoordeel word teen die agtergrond van die eienskappe eie aan dié van n kind, nl.: Gebrek aan oordeel. Gebrek aan rasionele denke. Emosionele onvolwasseneid. Impulsiewe gedrag. 19. Take en verantwoordelikhede van die Skoolbeheerliggaam. Verantwoordelik vir die ontwikkeling en gereelde hersiening van die leerdergedragskode in samewerking met ouers, opvoeders en leerders. Verantwoordelik vir die daarstelling van n gedissiplineerde en doelgerigte omgewing om onderrig en leer te verseker. Verseker dat die dissiplinêre praktyke by die skool binne die raamwerk van die Suid- Afrikaanse Grondwet en die S.A. Skolewet geskied. Wys n dissiplinêre komitee aan. Hou billike verhore waar gefokus word op poitiewe intervensie as helende opsie. Hou gereelde vergaderings met ouers om dissiplinêre aangeleenthede te bespreek. 20. Take en verantwoordelikhede van die Verteenwoordigende Raad van Leerders Ontwikkel en bevorder n positiewe leerdergees en kultuur binne die skool. Spoor medeleerders aan om deel te neem en is verantwoordelik vir die gesonde funksionering van die skool. Bevorder goeie dissipline deur gereelde leerdervergaderings en besprekings te hou. Benut kommunikasiekanale om leerderfrustrasies en leerdervrese te bespreek. Bevorder positiewe kommunikasie met opvoeders en die skoolbestuur. Skep klubs en spesiale projekte om leerderbetrokkenheid te bevorder. Neem deel aan skoolbeheerliggaam-aktiwiteite. Tree op as ambassadeurs in die skool en die gemeenskap. 21. Take en verantwoordelikhede van die Prefekteprogram/Klasmonitorstelsel Bevorder goeie dissipline in klas en op skoolterrein. Sorg vir n netjiese en skoon klaskamer. Bevorder klaskamertrots. Monitor klasbywoning. Skakel met klasopvoeders oor leerdersake en leerdergriewe.

B l a d s y 13 22. Take en verantwoordelikheid van ouers Ken die skool se gedragskode en moedig u kind aan om dit te onderhou. Versterk die gedragskode deur primêre verantwoordelikheid vir u kind se dissipline te aanvaar. Skep n geborge atmosfeer vir u kind sodat hy/sy positief kangroei en ontwikkel. Weers betrokke in u kind se lewe. Wees bewus van wat in sy/haar lewe aangaan. Wees ingelig oor die adolessent se ontwikkeling ten einde te verseker dat u die gedrag beter sal verstaan. Ruim kwaliteit tyd in vir u kind. Adolessensie is n tyd waar die tiener hom/haar losmaak van familie en meer tyd met vriende en die skool bestee. Tyd met familie en ouers is egter uiters belangrik vir die emosionele en sosiale ontwikkeling van u kind. Luister eerder as praat. Adolessente wil hulle laat geld en uitdrukking gee aan hul gevoelens. Gee erkenning heiraan, luister met begrip en dien as rigtinggewer. Positiewe versterking vir positiewe gedrag! Versterk positiewe gedrag dis meer effektief as kritiek. Verkleinerende taal kwets die adolescent se gevoelens en selfbeeld. Die beste instumente tot u beskikking om sinvolle verhoudings te bou is liefde, omgee, sensitiwiteit, bemoedinging, begrip en kommunikasie, aandag, waardering en aanvaarding. Leer u adolesent dat regte en verantwoordelikhede saamgaan. Bied hulle toenemende regte en maak hulle deel van besluitnemingsgesprekke. Ontwikkel hulle vaardighede in die maak van keuses, probleemoplossing en besluitneming. Moedig hulle aan om by gemeenskapinisiatiewe betrokke te raak. Die adolescent se gevoel van eiewaarde word ontwikkel deur betrokkenheid buy gemeenskapsinisiatiewe. Dit veskuif die fokus van die eie ek en ontwikkel medemenslikheid. Bou herinneringe met u kind. Wees bewus daarvan dat u gevoelens n effek het op u kind. Die wyse waarop u dit hanteer, sal begrip vir ander se emosies by u kind ontwikkel. Bly op hoogte van die leefwêreld van u adolesent deur gereelde gesprekvoering met ander ouers en/of professionele persone. Ken die gevaartekens van die kind in krisis en tree betyds op. Hersien 24 November 2015 N. Cedras

B l a d s y 14 Onderneming deur die ouer: Hiermee verklaar ek,. n ouer/voog van in Graad.. om die GEDRAGSKODE, TUGMAATREËLS sowel as VEILIGHEIDSMAATREËLS van die skool te aanvaar en dat ek my volle samewerking in hierdie verband te gee. Geteken:. Datum:..