Week 2 My tande Ek gaan gereeld tandarts toe. Selfs as jy geen tandpyn het nie, moet jy twee keer per jaar die tandarts besoek. Ek het nog baie van my eerste tande of melktande. Party tande het ek self gewissel en party tande moes getrek word. As my melktande almal uitval kry ek permanente tande. My permanente tande moet ek lewenslank hou. Ek moet hul le baie mooi oppas. Party kinders het las van slegte asem. n Goeie mondspoelmiddel kan daarvoor gebruik word. Ek borsel elke dag na ontbyt my tande en in die aand voordat ek gaan slaap. Dokter De Wet, ons tandarts, het my geleer om reg te flos. Ek flos na elke maaltyd. Mamma sê as ek te veel lekkers eet sal my tande gaatjies kry. Die tandarts kyk met elke besoek of daar tandbederf is en werk dan betyds daaraan. Ek het al getel en weet ek het 20 melktande gehad. Pappa sê ek sal 32 permanente tande kry! Die tande het ook name. Daar is snytande, hoektande, voorkiestande en kiestande wat almal permanente tande genoem word. My tande se werk is om kos af te byt en fyner te kou. As ek gesonde kos eet, sal my tande vir altyd hou. 12
Oë Krul jy soms in jou warm bed op en trek die komberse oor jou kop? Hoe donker is dit dan... totdat jy jou oopgooidan is die lig en die sonskyn wonderlik mooi! Saans wanneer jy neerkniel en bid, onthou dan: Jy is gelukkig om oë te besit. Oë is groen, bruin, swart of grou of soos n somersdag, so helderblou. Oë lyk soos juwele: oniks, saffier en smarag of partykeer soos topaas, goudbruin en sag. Ek hoor hul le sê mammie het oë agter haar kop: daarmee hou sy haar kinders se kattekwaad dop! Ek is só bly my oë is bokant my neus: ek wil graag net soos ander mense wees! Ken jy die kleure waarvan jy hier lees? grou - geel en groen, oniks - swart, saffier - ligblou smarag - helder groen, topaas - lig bruin, goudbruin - bruin en geel. Lees die gedig. Teken verskil lende kleure oë in die blokke My oë is. 13
Die oor Pa sê die oor is gemaak om mee te hoor, en is nie net gebou om jou hoed uit jou oë te hou! Kom ek vertel jou van die oor. Jou buite-oor staan aan die kante van jou kop uit en is die deel van die oor wat gesien kan word. Die grootste deel van jou oor is binne-in jou kop. Die binne-oor vang klanke op. Van jou buite-oor gaan die klanke deur n buisie tot by jou oortrommel. Die oortrommel is die vlies wat die punt van die buisie bedek. Die klanke laat die oortrommel vibreer. Net agter die oortrommel is daar drie klein beentjies - die hamer, die aambeeld en die stiebeuel. Hul le neem die klanke verder deur die middeloor. Die klanke gaan dan in n holte in die binne-oor. Hierdie holte het die vorm van n slak se dop. Die been word word die slakkehuis genoem en daar is vloeistof binne-in die been. Die vibrasies wat die klanke maak, laat die vloeistof beweeg en dit raak aan n oorsenuwee. Die oorsenuwee neem die klanke na jou brein toe wat jou vertel wat jy hoor! Die Here het ons wonderlik geskape! Ons kan elke geluid hoor - hoe sag of hoe hard! Lees die leesstuk en doen die opdrag op die volgende bladsy. 14
Vertel vir n maat hoe hy sy ore moet versorg. Verbind die kol letjies en kleur die skulp in. Hoor jy regtig die see as jy n skulp teen jou oor druk? Nee, n mens hoor nie regtig die see nie. Jy hoor die weerklanke van die geluide om jou. Die skulp laat dit harder klink. Die geluide is so naby aan jou dat hul le meng en dan klink dit soos die see! 15
Raaisels Lees die raaisels vir jou maat. 1. Hy het nie voete nie, Tog loop hy; Hy het nie hande nie, Tog slaan hy Hy het geen mond nie en tog raas hy. (horlosie) 3. Wat uit my gaan bring vreugde of smart. Wat in my gaan versterk my maag en hart. (mond) 5. Wat het n tong maar kan nie praat nie? (skoen) 7. Dis n bult met n grot. Dis n vleuel. Dis n brug. En dit suig lug. (neus) 9. Spierwit appel met n ronde kol, Sy binnekant is van binne hol. (oog) 1 1. Wat is ligter as n veer maar jy kan dit nie lank inhou nie. (asem) 2. Daar staan twee pale. Op die pale is n vaatjie; op die vaatjie is n verkyker Wat is dit? (bene, maag en oë) 4. Op watter brug kan jy nooit loop nie? (neusbrug) Wat het n mens wat horlosie ook het? (gesig) 6. Wat kyk huis toe as ek veld toe stap? (hakskene) 8. Wat het n volstruis van agter wat jy van voor het? (knieë) 10. Ek ploeg die land en hou die oes in my hand. (hare) 12. Langs die pad lê twee rye wit klippe en tussen hul le n rooi mat. (tande en tong) 16
My liggaam 1 2 3 4 5 6 7 8 Voltooi die blokkiesraaisel: Af: 1. As ek hartseer is, wil ek net h _. 2. Ek kou my kos fyn met my t. 3. My neus het n b _. 5. Met my oë s _ ek. 6. Ek praat met my m _. 8. Al die kos wat ek eet gaan na my m _ toe. Dwars: 3. Oupa dra sy b _ om beter te kan sien. 4. Ek blaas die asem deur my n _ uit. 7. Ek kan my arm by my e buig. 17
Kies vyf woorde en maak n sin met elke woord: Teken jou eie prentjie: 18
n Maat kry seer Eina, eina! My been, my been! Wag, ek help jou op. Kyk jou knie is stukkend! Dit brand soos vuur. Sit net hier, ek gaan gou die noodhulpkissie in die huis haal Jy moet gou maak, my knie begin nou erg bloei. Hier is die noodhulpkissie. Ek trek net eers die plastiese handskoene aan voordat ek jou help. Hoekom wil jy handskoene aantrek? Ons is dan maats. Dit maak nie saak nie. n Mens mag nie aan iemand se bloed raak nie. Nou hoekom nie? Mamma het my vertel dat as jy nie handskoene dra nie en n oop seertjie het, kan jy besmet word met n dodelike siekte wat die mens dalk het. Wat beteken besmet? Besmet beteken jy kan dit ook kry. Jy is slim! Ek weet nou ook om nie aan iemand se bloed te raak nie. Ek sal ook handskoene dra as ek iemand help. Dit is reg. Kyk jou knie is skoon en bloei nie meer nie! Nou kan ons weer gaan speel! Baie dankie Elsa. Dit is my plesier! Maats help mekaar altyd. Lees die dialoog saam met n maat. Die seuns mag die name verander. 19
20 Hou n wag voor jou mond Gesonde kos
Slagspreuke Eet gesond en bly gesond! n Appel n dag laat die dokter wag! Lees die slagspreuke en skryf dan jou eie slagspreuke oor gesonde kos. 21
Speltoets 22 Diktee