VORM 3(4) STANDAARD VRAELYS: PERSOONLIKE OPVATTINGS EN STANDPUNTE VAN VOLKSRAAD-KANDIDATE PERSOONLIKE OPVATTINGS EN STANDPUNTE van Petrus Francois ( Frans ) Pieterse (volle voorname en familienaam van kandidaat) 1
1. Wat is u definisie van ons volk wie is dit, wie is deel daarvan, en wie is nie? Ons volk is almal wat hulself met die stryd van die Boere- Afrikaner vereenselwig. Dit is Blankes. Wie homself nie in die stryd sien nie is nie deel van die Volk nie. 2. Boer, Afrikaner, Boere-Afrikaner - welke benaming gebruik u persoonlik om na ons volk te verwys, en hoekom? Die benaming Boer verwys in die geskiedenis na die tydperk van die ZAR en die Republiek van die OVS. Boere-Afrikaner verwys weer na die vryheidsgesinde Afrikaner van vandag. 3. Hoekom, dink u, het ons as volk tot stand gekom in Afrika - wat is volgens u die sin van ons bestaan op hierdie kontinent? Ons glo dat ons ontstaan hier n skeppingsdaad van God is om as lig in Donker Afrika te skyn. 4. Hoe belangrik ag u as persoon die Verbond (oftewel Gelofte, soos sommiges daarna verwys) van 16 Desember 1838? Die Gelofte is steeds vandag bindend op die hele Volk as nageslag van diegene wat die Gelofte afgelê het. 5. Wat behels dit, volgens u, om daardie Verbond na te kom; en wie almal is die mense wat dit moet nakom? Dit behels dat die Gelofte jaarliks herdenk moet word as n Sabbat. Ons moet as Volk volgens Sy voorskrifte leef en ons kinders so leer en opvoed. Die eer van die Grootse daad moet altyd aan Hom gegee word. 6. Behalwe die Verbond van 1838, is twee ander datums ter sprake in hierdie verband: 6 April 1654 en die gebeure by Paardekraal in Desember 1880. Wat (indien enigiets) is ons plig vandag volgens u, in die lig van 6 April 1654 en Desember 1880 se gebeure? 6 April (Stigtingsdag) moet ten minste ook herdenk, en in herrinnering geroep word. Ons op Clocolan doen dit elke jaar. Die gebeure by Paardekraal behoort met Geloftedag ondervang te word. 2
7. Nadat Transvaal en die Vrystaat as verloorders uit die Tweede Vryheidsoorlog getree het, het politieke partye ook in hierdie voormalige Republieke ontstaan. Wat is u standpunt rondom die sukses en wenslikheid al dan nie van n politieke stelsel gebaseer op politieke partye - vandag sowel as in die toekoms? (Motiveer). n Politieke party is net n praktiese middel om mense van dieselfde gedagtes en met dieselfde ideaal te organiseer; so het in die ZAR Paul Kruger die konserwatiewe groep en Piet Joubert die progressiewes verteenwoordig. Indien almal dus dieselfde ideaal het sal daar net een Party wees. 8. In 1948 het die Nasionale Party aan bewind gekom en die beleid van Apartheid gevolg. Dink u ons het vandag enige rede om spyt of skuldig te voel na aanleiding van daardie beleid? (Motiveer). Nee, daardie beleid het aan elke Volk die geleentheid gebied om volgens sy eie aard en vermoëns te ontwikkel in sy eie Vaderland. Wat vir een Volk gegeld het, het ook vir die ander Volk gegeld. 9. In 1994 het ons alle politieke mag om oor onsself te regeer, verloor. Waarom het ons, volgens u, in hierdie posisie beland? Dit was n fyn uitgewerkte program met misleiding deur mense wat daarin geskool was. Met die mag van die media is ons uit ons Erfreg mislei en verneuk. 10. Verskaf n uiteensetting van u standpunte oor ekonomiese sake (byvoorbeeld die ekonomiese stelsel waaraan u voorkeur heg; u idees of, en indien wel hoe, verarmdes gehelp kan word; u standpunt oor affirmative action ; oor volkseie sakekamers en u moontlike betrokkenheid daarby; oor volkseie bankwese; hoe u dink ons volksgenote op hierdie stadium hulle geldsake behoort te hanteer; en enige ander standpunte wat u mag huldig in ekonomiese verband). Ek heg voorkeur aan die Vryemark-stelsel met staatsinmenging waar dit tot voordeel van die Volk is. Met n eie Regering is dit die Staat se plig om werk te gee aan die verarmdes. Affirmative action verwerp ek heeltemal. Volkseie sakekamers en bankwese is in hierdie stadium noodsaaklik. 11. Wat is u standpunt oor die gebruik van volksvreemde arbeid in die verlede, in die hede asook in n vrye toekomstige Republiek? 3
Volksvreemde arbeid dra die kiem van oorheersing deur vreemde magte in jou eie grondgebied met hom saam. In n vrye toekomstige Republiek sal geen arbeid van n ander ras geduld kan word nie. 12. Verskaf n uiteensetting van u standpunte oor sosio-maatskaplike sake (byvoorbeeld, wat u siening van huidige omstandighede- en u strewes vir die toekoms is in verband met die volkshuishouding in gesins- en ander verbande; en enige ander standpunte wat u mag huldig in sosiaal-maatskaplike opsig). Die sterkeres in n Volk het n verpligting teenoor die res om hulle n sekere lewensstandaard te gee. Hoe dit gedoen moet word, sal bepaal word deur omstandighede op daardie stadium. 13. Wat is u godsdienstige oortuigings? Ek is n Christen wat die Protestantse Leer aanhang en na die beste van my vermoë uitleef. 14. Die proses en besluit insake die ligging van die onafhanklike Republiek waarheen ons op pad is, word reeds uitgespel in die dokument tot Aanvaarding van u nominasie: Vorm 3(2) en dit behels dat die VOLK SELF IN DIE FINALE INSTANSIE DAAROOR SAL BESLIS, BY WYSE VAN N MEERDERHEIDSBESLUIT. Waar, in terme van u persoonlike voorkeur, sou die grense getrek word van die onafhanklike staat wat ons nastreef? (Motiveer). Hoe, dink u, sal ons volksvreemde besetting (indien wel) in so n staat moet hanteer? Die ideal sou wees om die ou Blank Suid-Afrika as Republiek te herstel. Onder die huidige omstandighede sal daar noodgedwonge eers gekyk moet word na n gebied waar ons demografies n beduidende deel van die bevolking uitmaak, daarna kan die gebied vergroot word. Volksvreemdes sal oortuig moet word (met watter middele ook al) dat dit vir hulle ook beter in hulle eie gebied sal wees. 15. Wat is u visie vir ons volk in n vrye en onafhanklike staat; wat is u ideale (op nasionale en internasionale gebied) vir so n staat; en wat behoort Regeringsbeleid in so n staat te wees? U kan alle of slegs sekere terreine hanteer, na goeddunke. (Sien ook Vrae 16, 17 en 18 hieronder). Dat ons volk homself kan wees en kan uitleef op Politieke, Godsdienstige en Kulturele gebied. 16. Dui aan of Afrikaans, wat u betref, die enigste amptelike taal in so n staat sal wees. 4
Afrikaans sal die enigste amptelike taal wees. Omdat Engels n wêreld-taal is, sal dit ook gebruik word. 17. Dui ook aan of daar godsdiensvryheid, wat u betref, in so n staat sal wees. Hoe sal moontlike ateïsme, of mense met gelowe wat op iets anders as die Bybel gegrond is, op individuele basis hanteer word? Sal diesulkes - wat u betref op groepsbasis toegelaat word om hulle eie moskees, tempels of dergelike op te rig? Wat sal, wat u betref, staatsbeleid moet wees oor sake soos dobbelary; aborsie; pornografie; homoseksualisme; en professionele sport- en besigheid op die Sabbat? In die Staat sal daar godsdiensvryheid wees in soverre dit nie strydig is met die Christelik Gereformeerde opvatting nie. 18. Verskaf u standpunte oor wat die hantering van misdadigers in so n staat behoort te wees, onder andere u siening rondom die doodstraf. Misdadigers moet hande-arbeid verrig en so hulle verblyf verdien. Dit is dan ook n leerskool om weer in die samelewing opgeneem te word. Die doodstraf is n noodsaaklikheid. 19. Sal volksgenote wat van hierdie Volksraad-verkiesing geweet het, maar nie daaraan- óf die verdere proses wat dit behels, deelgeneem het nie, welkom wees (wat u betref) in die vrye Republiek waarvoor ons werk? (Motiveer). Ja; indien hulle hulleself dan met die ideale van die Staat vereenselwig en n bydrae kan lewer. 20. Wat is u houding oor die belangrikheid van sport tans in ons volk; wat die belang van sport in n eie staat behoort te wees, en enige ander opmerkings in sport-verband? Tans is sport baie belangrik in ons volk. Sport onder ons eie volksgenote kan deug om vir ons mense te wys dat dit beoefen kan word sonder die teenwoordigheid van ander rasse; soos in die CVO- skole. In n eie staat mag sport nie verafgod word nie; dit was die dun punt van die wig in 1969. 21. Wat is u persoonlike opvattings en ideale rondom onderwys, asook tegnologiese- en nywerheidsontwikkeling? Die doopbelofte vereis dat ons ons kinders in die Gereformeerde Geloof sal onderrig en laat onderrig. Daarom moet ons kinders in n Christelike Volkseie stelsel onderrig word. Dit geld ook vir naskoolse opleiding. 5
Suid-Afrika was onder Blanke bewind op die voorpunt van tegnologiese- en nywerheidsontwikkeling. Onder hierdie Swart regíme het ons ons vermoë verloor. Dit sal weer onder n Volksregering voorrang geniet. 22. Wat is u persoonlike opvattings en ideale rondom landbou, omgewingsake, die natuur en besoedeling? Die Afrikaner-Boerevolk het sy ontstaan te danke aan die landbou. Landbou moet n prioriteit van die staat wees. Ons wat op hierdie stadium die grond bestuur sal dit moet bewaar om ook n tuiste vir die nageslag te wees. 23. Wat is u persoonlike keuses en ideale rondom volksimbole soos vlae? Wat is u voorstel vir n volkslied in n eie staat? Ons kan die geskiedenis nie wegwens nie; daarom verkies ek die Republiekvlag van Dr. H.F. Verwoerd. Onder daardie vlag was al die Boere-Afrikaners verenig. Daar is net een Volkslied, en dit is die Stem van Suid-Afrika. 24. Wat kan en -moet ons mense wat strewe na n onafhanklike staat, nou reeds doen om te werk na ons ideaal? Ons moet ons geestelik voorberei vir die stryd wat voorlê en mekaar bemoedig. Verder moet ons deelneem aan- en werk vir die VVK-verkiesing. 25. Enige ander op- of aanmerking rondom u persoonlike opvattings en standpunte, wat u meen belangrik of relevant is in verband met u kandidatuur in die Volksraad-verkiesing? 6