Tweede Kwartaal Week, 5 en 6 Tema 5: Voedsel van verskillende gemeenskappe Voorbereiding Lees: Matt. 6: 11 Gen. 5: 3 Luk. 11: 11-13 Luk. : 17-0 Matt. 1: 17 Doelstellings 1. Voedsel is n gawe van God, sodat ons krag het om God se koninkryk op aarde te bou.. Die verskeidenheid voedselsoorte dui die rykdom van God se skepping aan. 3. Die Here sorg vir sy kinders deur aan hulle die kos wat hulle nodig het te gee. Assesseringsmerkers en wenke vir informele en formele assessering Leermateriaal en hulpbronne Internetverwysings of aanvullende materiaal Notas: 16
5. Voedsel van verskillende gemeenskappe Dag 1 Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Uitstaltafel: Stal prente van regte voorbeelde van kos van die verskillende kulture uit met naamkaarte daarby. Klasgesprek: Hoekom moet jy elke dag eet? Jou liggaam is n tempel van God daarom het jy die verantwoordelikheid om gesonde kos te eet. Dit hou jou liggaam sterk en gesond. Jy moet gebalanseerde maaltye eet om te groei en gesond te bly. n Gebalanseerde maaltyd bestaan uit verskillende voedselgroepe: Proteïene: Dit is kossoorte wat van diere afkomstig is byvoorbeeld: vleis, vis, eiers en hoender. Koolhidrate: Die kossoorte is gewoonlik wit of geel, byvoorbeeld: pasta, rys, mieliemeel, bruinbrood. Groente en vrugte: Groente en vrugte bevat baie vitamine. Kalsium: Kalsium kom voor in melk en ander suiwelprodukte. Werkkaart 3: Groepeer die kossoorte. Proteïene Koolhidrate Groente en vrugte Kalsium 17
perske eier lemoen melk pap kool spinasie vis brood vleis mielie yogurt kaas peer, druiwe, appel hoender botter wortels beet piesang 18
Aktiwiteit : Musiek 15 minute Leer die liedjie: Ou tante Koba Volksliedjie 1. Ou tante Koba, sy was so dom, Tie rie rie ra, die rie ram pa pa!. Hier kom oom Hennie die heuwel uit, Toe bak tante Koba gou nog mosbeskuit. Tie rie rie ra, die rie ram pa pa! groot-toon om. Tie - rie - rie - ra, die - rie - ram - pam - pa! Tie - rie - rie - ra, die - rie ram - pam - pa! Aktiwiteit 3: Liggaamlike opvoeding Opwarming: (5 minute) Leerlinge staan verspreid oor n area. Onderwyser slaan vinnige note op n handtrom en leerlinge hardloop op die maat van trommelslae. Beweging en koördinasie Stersprong: Een leerling hou die rugkant van n stoel vas. Leerlinge maak beurte om met sterspronge van die stoel af te spring. Die arms word hoog en sywaarts geswaai, terwyl die bene gesprei word, die knieë gestrek en die tone gepunt. Leerlinge land met twee voete bymekaar. Ontspanningsaktiwiteit: ( minute) Leerlinge lê op rug en asem stadig in en uit. 19
Dag Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Kossoorte wat leerlinge tuis eet Ontbyt: In die oggend moet n mens n gebalanseerde ontbyt eet: mieliepap, hawermout (oats) koringpap (Maltabella) spek, eiers, worsies vrugte roosterbrood joghurt beskuit Middagete: bruinbroodjie worsbroodjie hamburger vrugte slaai kouevleis pastei vetkoek met maalvleis, konfyt vrugtesap, melk, water Aktiwiteit : Musiek 15 minute Liedjie: Ou tante Koba Volkswysie 3. Skaapkop en pootjies en boontjieslaai dié vaalhaarnooi wil ek nou mos mee draai. Tie rie rie ra, die rie ram pa pa! Tie rie rie ra, die rie ram pa pa!. Ek hou my lyf soos n vaal patrys En dans met Bybie die polenys. Tie rie rie ra, die rie ram pa pa! Tie rie rie ra, die rie ram pa pa! 130
Aktiwiteit 3: Drama 15 minute Leer die gedig: Aan tafel Oupa is lief vir ertappels en Ouma hou van rys. Mamma is lief vir groente en pappa hou van vleis. Sus is lief vir beetslaai en ekke hou van sop. En as ons aan tafel kom dan eet ons alles op. Tienie Holloway Aktiwiteit : Liggaamlike opvoeding Opwarming: (5 minute) Verdeel die klas in vier groepe. Maak driehoeke, sirkels, vierkante en reghoeke op die grond met springtoue. Leerlinge loop op hulle tone op die vorms. Roteer die groepe. Spring en klim Leerlinge spring oor die balanseerbankie en land met twee voete op die mat. Leerlinge klim oor twee groot stoele en hasiespring weer terug na die beginpunt. Ontspanningsaktiwiteit: ( minute) Lê op rug en luister na rustige musiek. 131
Dag 3 Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Aandete: Aandete is gewoonlik die hoofmaaltyd. Dit moet nie te laat saans geëet word nie. Kerrie-en-rys Pap en sous Herderspastei Verskeie soorte vleis soos hoender, beesvleis, skaapvleis, varkvleis. Verskeie soorte gaar, groente soos wortels, boontjies, spinasie, pampoen, blomkool, aartappels, ensovoorts. Rys en pasta. Verskeie soorte slaai soos wortelslaai, beetslaai, mengelslaai, aartappelslaai, koolslaai, ensovoorts. Verskeie soorte nagereg. Werkkaart 33: Vir ontbyt eet ek graag: Vir middagete eet ek graag: Vir aandete eet ek graag: Aktiwiteit : Musiek 15 minute Rigoletto van Verdi Speel walsmusiek. Leerlinge werk in pare hulle eie danspassies uit. 13
^ 3 Allegretto 3 ^ ^ 3 3 3 1 ^ ^ cresc. ^ 3 1 f 1 3 133
Aktiwiteit 3: Liggaamlike opvoeding Opwarming: (5 minute) Leerlinge spring met springtoue. Spring Leerlinge staan in n ry. Hulle hardloop en spring oor agt kegels wat n paar meter van mekaar af geplaas is. Leerlinge spring oor n springtou wat ± 30 cm van die grond afgehou word deur twee leerlinge. Nadat almal gespring het, verhoog die hoogte. Ontspanningsaktiwiteit: ( minute) Lê plat, strek jou arms bokant jou kop uit, punt jou tone en ontspan. 13
Dag Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Goeie tafelmaniere: Sit regop, moenie met jou elmboë op die tafel lê nie. Eet met n vurk en mes. Moenie mors nie. Moenie oor die tafel rek nie. Kou met n toe mond. Moenie met jou mond vol kos praat nie. Moenie jou bord uitlek nie. Moenie diere aan tafel voer deur kos op die grond te gooi nie. Sê dankie en asseblief. Sê verskoon my asseblief as jy opstaan. Vee jou mond af met n servet. Bid en dank voor en na ete. Werkkaart 3: Tafelmaniere Vul die regte woorde in: bid dank diere servet asseblief dankie mond mes hande vurk praat 1.. Eet met n en. 3. Kou met n toe.. Moenie met n mond vol kos nie. 5. Vee jou mond af met n. 6. Moenie aan tafel voer nie. 7. Sê en. Aktiwiteit : Musiek 15 minute Speel marsmusiek (CD of klavier). Leerlinge marsjeer in n kring kloksgewys. As musiek stop staan hulle stil en draai om. As musiek weer speel marsjeer leerlinge in n ander rigting anti-kloksgewys. 135
Aktiwiteit 3: Liggaamlike opvoeding Opwarming: (5 minute) Hardloop, spring en hop op dieselfde plek. leerlinge op en af. Balans Balanseer n boontjiesakkie op die kop en draai jou lyf vyf keer links en regs. Sit n boontjiesakkie op jou voet en loop na n teiken en terug. Balanseer boontjiesakkie op jou arm en loop na die teiken en terug. Ontspanningsaktiwiteit: ( minute) Lê plat, sluit jou oë, haal diep asem en blaas dit stadig uit. Marsmusiek f 1 3 3 5 3 1 1 1 3 5 3 1 1 1 3 3 5 3 1 1 1 1 5 5 3 3 3 3 5 3 1 3 3 1 1 1 5 3 1 3 1 3 3 5 3 1 1 1 5 5 3 3 3 1 1 136
Dag 5 Aktiwiteit 1: Drama 15 minute Mimiek tafelmaniere: Leerlinge kry beurte om sekere aksies uit te voer. Die wat eerste reg raai kry n beurt. Sit regop aan tafel. Bid voor ete. Lê op die tafel. Eet met jou mes en vurk. Rek oor tafel. Kou met oop mond. Praat met n mond vol kos. Vee jou mond af met n servet. Voer diere aan tafel. Dank na ete. Aktiwiteit : Kuns Collage-kalender: Benodighede: Prente van groente en vrugte Sker Pritt Dun, swart karton Borduurgaring Kleefband Metode: Knip kleurprente van groente en vrugte uit. Om n drie-dimensionele effek te verkry, knip al die agtergrond van sommige prente uit. pig, ensovoorts. Rangskik die prente op n dun stuk karton en gom dit vas sodat die prente oormekaar val en geen karton uitsteek nie. Swart karton maak die beste agtergrond. Maak die kalenderblok (vanaf die internet of by skryfbehoeftewinkels te koop) onderaan die collage vas. Maak n lus met kleefband aan die agterkant van die kalender vas of gebruik borduurgaring of tou om dit op te hang. 137
Dag 1 Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Sommige Afrika-bevolkingsgroepe eet: Vleis Pap en sheba Groente Suurmelk Die Ndebele-mense eet: Mopaniwurms Marog Sprinkane Pampoen Groenmielies Patats Sorghum Die Ndebeles vier Luma die fees van die eerste vrugte. Dis gewoonlik in Februarie net voor die nuwe maan verskyn. Dit duur gewoonlik drie dae. Mielies, sorghum, pampoen en patats mag nie geëet word voordat die Fees van die eerste vrugte gehou is nie. Aktiwiteit : Musiek 15 minute Leer die liedjie Nagkapades Een nag toe skrik ek wakker van n vreeslike gedruis. Ek hardloop vinnig gang-af en loer in die kombuis. O, wat n malle dansparty, n regte skotteljons! Die pan dans met die groot kastrol, die ketel sing en gons. Die lepels, messe, vurke speel bok-bok teen die muur. Die koppies, komme, bakkies, borde rinkel van plesier. La la la la la la tra la la la - la La la la la la La la la la la la tra la la la - la La la la la la la! 138
vreesli - ke ge - druis. Ek hardloop vin - nig gang - af en p f 139
ketel sing en gons. Die lepels, vurke, messe speel bok-bok teen die muur. Die koppies, kom-me, bak-ke, bor-de rinkel van ple - sier! La la la la la la tra- la- la- la la, la la la la la! La la la la la la tra- la- la- la la, la la la la la la 10
Aktiwiteit 3: Liggaamlike opvoeding Opwarming: (5 minute) Beweeg oor die hele area op die maat van n trom. Loop soos iemand wat kwaad is. Loop soos iemand wat baie haastig is. Loop soos iemand wat opgewonde is. Beweeg soos n kat. Spring Maak n kous vol rys of sand vas aan die einde van n tou. Swaai die tou in die rondte bokant die grond. Leerlinge moet daaroor spring. As iemand die tou raak, moet hy/sy op een been na die teiken spring en weer terug voor hy/sy weer kan deelneem. Ontspanningsaktiwiteit: ( minute) Lê op rug. Rol drie keer na links en dan weer drie keer na regs. 11