1 Matteus 24:15-31 handel oor die koms van die Seun van die Mens oor Jesus se wederkoms.

Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Welkom by Die Storie God se storie

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Die Kerk se Geboorte

Jesaja sien die Toekoms

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die duiwel versoek Jesus

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Les 2 vir 13 Oktober 2018

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Petrus en die Krag van Gebed

Baie welkom by vanoggend se erediens

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Van Vervolger tot Prediker

Die Groot Gebod dennis de wet

Van Vervolger tot Prediker

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

DIE BRIEF AAN FILEMON

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

2. Die skepping van die mens

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Les 1 vir 7 Oktober 2017

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Geroep vir Gemeenskap

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Dooppreek Mika Bogaards

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Goeie Konings, Slegte Konings

Deur Christus Alleen

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

GEARRESTEER IN JERUSALEM. Les 11 vir 15 September 2018

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Die Brief aan die Galasiërs

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 11 [FILADELFIA].

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Jona en die Groot Vis

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Toe God alles gemaak het

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Kom ons begin by die waarskuwings en negatiewe: Verskeie gedeeltes en onder andere Ps. 31 waarsku teen die stilte van die doderyk.

DIE OU TESTAMENT. Die skepping en sonde Genesis 1-3. Die eerste moord Genesis 4:1-16. Noag en die sondvloed Genesis 6-9:1-17

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

Gaan Christus terugkeer? (Die wederkoms)

IS DAAR DRIE GODE...of EEN GOD IN DRIE PERSONE?

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Transcriptie:

Matteus 24 Matteus 24 Francois Malan Japie vra: Ek lees vanoggend Matt.24. Ek sal baie bly wees as ek n verklaring kan kry oor die hoofstuk. In verse 15-29,36, 40+41 praat Jesus oor dinge wat ek nie verstaan nie. Ek het vanoggend vergelykende tekste wat Jesus uit Daniel en Jeremia aanhaal, gaan lees. Ek kom maar net meer en meer agter dat die Bybel nie mensewerk is nie. Ek sal baie bly wees as iemand dit vir my kan verduidelik Antwoord Prof Francois Malan antwoord: Matteus 24 is die begin van Jesus se woorde oor die eindtyd (Matteus volg Markus 13 waar die woorde die eerste keer opgeteken is, sit n paar by en laat enkeles uit). Hiermee lewer ek nie kommentaar op die hele hoofstuk 24 nie, maar op die verse wat deur Japie aangedui is. 1 Matteus 24:15-31 handel oor die koms van die Seun van die Mens oor Jesus se wederkoms. 1.1 Matteus 24:15-22 (Markus 13:14-20) handel oor die ding wat vir God n gruwel is, na aanleiding van Daniël 9:27; 11:31; 12:11, en oor die groot verdrukking 1.2 Matteus 24:23-28 (Markus 13:21-23) is n waarskuwing teen valse profete. 1.3 Matteus 24:29-31 (Markus 13:24-27) oor die koms van die

Seun van die Mens 1.3 Die eerste perikoop, Matteus 24:15-22 sê: die ding wat vir God n gruwel is, staan in die heilige plek (in die heiligdom Markus sê: waar dit nie behoort nie). Daniël beskryf dit as n parodie op die koning van Seleukiede, Antiogus IV Epifanes (die god wat verskyn het), wat homself die Here van die Hemel genoem het (Ba-al sjamayim); In Hebreeus het die getroue Israeliete sy naam spottend verander: Here (Baal) is spottend verander tot gruwel (siqqusj) en van die Hemel tot wat verwoes (mesjomem). Antiogus het Israel in 167 v.ch. ingeneem en wou hulle kultuur en godsdiens verander om soos die Grieke te lewe. Die Joodse kultuur wou hy verwoes en ook op die altaar in die tempelterrein sy priesters daagliks varke laat offer aan die Griekse god Zeus. Dit word vir Matteus n beeld van wat Jesus voorspel het, en vervul is toe die Romeinse leërs in 70 n.chr Jerusalem ingeneem het, al die goud van die tempel afgeskeur het en die tempel ontheilig het. Toe die Romeinse leërs aangekom het na Jerusalem toe, het die Christene daaruit gevlug na die noorde, na Pella oorkant die Jordaan, vanweë hierdie woord van Jesus. In 2 Tes.2:4 pas Paulus die simbool van Daniël se tyd toe op die antichris wat nog kom, as n verdere vervulling van wat in Daniël geskryf is, en in 70 n.c. gebeur het. Die groot verdrukking waarvan 24:16-22 praat, knoop aan by Dan12:-3 se baie swaar tyd, soos daar nog nooit was nie, maar wat die inleiding is tot die oorwinning van die regverdiges en die opstanding uit die dood in die eindtyd met Jesus se wederkoms (vgl. Joël 2:2). Groot rampe sal alle mense tref. Uit sy genade sal God die verdrukking van die eindtyd verkort ter wille van sy kinders. 1 Timoteus 4:1 sê ons lewe in die eindtyd vanaf die opstanding van Jesus tot sy wederkoms.

1.2 Die tweede perikoop, Matteus 24:23-28 (Markus 13:21-23) is n waarskuwing teen valse profete waarteen Matteus 7:15; 24:5,11 gewaarsku het. Hulle sal hulle voordoen as die Christus en baie mense verlei met hulle prediking van verlossing uit lyding en beloftes van aardse seëninge. Van hulle was daar n hele paar reeds in die eerste eeu, en gaan vandag nog aan (vgl. 1 Tim.4:1-5). Dit wys daarop dat die afbreek van Jerusalem nie die einde is nie. Die wondertekens en grootpratery van die valse profete moet nie verwar word met die wederkoms van Jesus nie. S koms sal skielik onverwags gebeur, op so n wyse dat niemnd dit kan miskyk nie, soos n weerligstraal sigbaar in die lug is. Dit word afgesluit met v28 se spreuk: almal weet daar is n karkas as die aasvoëls saamdrom so sal almal weet as Christus kom. Paulus bou hierdie gedeelte verder uit in 2 Tes.2:8-12. 1.3 Die derde perikoop, Matteus 24:29-31 (Markus 13:24-27) sê Jesus se wederkoms is verseker, en sluit aan by Dan.7:13-14. In Mt 24:3-14 is gewys op die algemene tekens, in 15-28 na die besondere tekens, in 29-31 na die tekens in die hemelruim, en in 32-35 word die tekens verduidelik. Met sy koms skud die Seun van die mens selfs sy skepping. Die son en maan verbleek in die heerlikheid van die Here wat kom (Jes.13:9,10; 34:4). Daar is geen vergelyking tussen die skouspel van sy mag en die tekentjies wat die valse christusse in die woestyn of in geheime byeenkomste doen nie. Sy koms verskyn in die hemelruim! Sterre val en God skud die natuurkragte. Die einde van die huidige wêreld breek aan. Die dissipels het gevra na die teken van Jesus se koms en die einde van die wêreld (24:3). Sy koms is self die teken. Die wolke is tekens van sy goddelike mag. Die volke van die aarde sal verskrik oor sy mag en heerlikheid weeklaag, want Hy kom om hulle te oordeel. Sy kinders sal egter nie weghardloop nie, maar Hy sal hulle bymekaar maak met sy magtige woord, die

groot trompet. Uit alle volke van die aarde sal sy engele hulle in die koninkryk in begelei (vgl. 1 Tes.4:16-17). Matteus het 5 groot preke van Jesus by Markus se Evangelie ingevoeg: Mt 5-7 die bergrede oor hoe n gelowige behoort te lewe, wat afgesluit word met 4 waarskuwings 7:13-29, Mt 10 die uitsendingsrede van die volgelinge om die evangelie te verkondig, Mt 13 die middel van sy Evangelie, sewe gelykenisse oor die koninkryk van die hemel, Mt 18 oor die kerk van die Here Mt 24-25 oor die wederkoms. Die preek word in Mt.24:36-51 afgesluit met vyf wederkomsgelykenisse wat soos volg gestruktureer is: a Gereed 24:36-44 b Getrou 24:45-51 c Voorbereid 25:1-13 b1 Getrou in diens aan God 25:14-30 a1 Gereed deur diens aan mense 25:31-46 2 In 24:36-44 waarsku Jesus sy dissipels om altyd gereed te wees vir sy koms, omdat Hy op n onverwagse tyd kom: 2.1 Mt 24:36 Niemand weet wanneer nie, selfs nie die engele en die Seun nie, net die Vader Filippense 2:6-7 sê Hy wat in

die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar het Homself verneder (letterlik: het Homself leeg gemaak) deur die gestalte van n slaaf aan te neem en aan mense gelyk geword. Daarom praat Hy nie van Homself as die Seun van God nie, maar van die Seun van die mens. Daarby sê 2 Petrus 3:8-9 een dag is vir die Here soos 1000 jaar en 1000 jaar soos een dag. Hy stel nie die vervulling van sy beloftes uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle bekeer Daarom sal Hy bepaal wanneer die wederkoms is. 2.2 Mt 24:37-39 Onverskillig het die mense in Noag se tyd voortgeleef. Onverhoeds het die sondvloed hulle oorval. Die eindoordeel gaan onverskillige mense onverhoeds vang. 2.3 Mt 24:40-41 Die koms van die Here is n dag van skeiding. Hy neem die man en vrou wat gereed is, saam met Hom (vgl. vers 31). Die onverskilliges word agtergelaat vir hulle wag die oordeel. Daarom kom die waarskuwing van die volgende vers. Mt 24:42-44 Soos n huiseienaar sy huis bewaak teen inbrekers, so moet ons altyd waaksaam bly, altyd gereed vir die toekoms wat die Here vir ons oopgemaak het. Teenoor hulle wat versink in die genot en sorge van die teenswoordige tyd, wag ons in spannende verwagting op die koms van die Seun van die mens. Om waaksaam te wees beteken dat ons in gemeenskap met die Here sal leef Hy het met sy Heilige Gees in ons kom woon (Rom.8:9-11) om ons te lei en die krag te gee om getrou soos kinders van God in liefde vir God en vir mense te leef (vgl. Mt.22:37-39; 25:31-46). Skrywer: Prof Francois Malan