Lofprysing en aanbiddingserediens Skriflesing: Verskillende gedeeltes 22/06/2014

Vergelijkbare documenten
Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Geroep vir Gemeenskap

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Jesaja sien die Toekoms

Welkom by Die Storie God se storie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Baie welkom by vanoggend se erediens

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

n Tempel Leier besoek Jesus

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die Kerk se Geboorte

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Van Vervolger tot Prediker

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jona en die Groot Vis

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Goeie Konings, Slegte Konings

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Hy is die Here - kom bring Hom lof en ere Dis Kersfees - dis Kersfees Loof Hom almal saam Kersfees - dis Kersfees Loof sy heilige naam

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jona en die Groot Vis

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Petrus en die Krag van Gebed

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

Die brief aan die Filippense

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

'n Man gestuur deur God

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Van Vervolger tot Prediker

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Preek Romeine 1:16-17

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Die Groot Muur van Nehemia

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Toe God alles gemaak het

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4


Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

God eer Josef die slaaf

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel


Toe God alles gemaak het

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Transcriptie:

1 Lofprysing en aanbiddingserediens Skriflesing: Verskillende gedeeltes 22/06/2014 Liede vooraf: Gesang 547:1-3 Almal: Alle volke, klap jul hande - Juig tot eer van God. Verhef jul stem en roem sy Naam in elke stad op aarde! Sing en sing en sing dan saam; want Hy is ewig Koning in die hemel en op aarde! Sing en sing en sing dan saam; want die Hemelkoning skenk ons sy genade! Susters: Hy is ewig Koning in die hemel en op aarde! Die volke kniel, die nasies juig oor al sy skeppingsdade. Almal: Sing en sing en sing dan saam; want Hy is ewig Koning in die hemel en op aarde! Sing en sing en sing dan saam; want die Hemelkoning skenk ons sy genade! Susters: Ons gaan in sy woning in, Hy roep ons almal saam; die skare juig en horings blaas, ons almal roem sy Naam! Almal: Sing en sing en sing dan saam; want Hy is ewig Koning in die hemel en op aarde! Sing en sing en sing dan saam; want die Hemelkoning skenk ons sy genade! Toetrede Lied: Gesang 512:1+3 1. Nader, my God, by U, nog naderby. U is om Christus wil Vader vir my. U liefde bly my by - Nader, my God, by U,

2 Nader, my God, by U, nog naderby. 3. Waar hartseer, pyn en leed my weerloos laat, sal U my nooit vergeet; my nooit verlaat. Deur lyding bring U my Nader, my God, by U, Nader, my God, by U, nog naderby. Votum: Lofsang: Gesang 212:1-3 1. Loof die Heer, Hy is goed, loof sy heilige Naam; laat alles in die groot heelal die Here loof. Ek wil die Here loof (Ek wil die Here loof), loof met my hele hart (loof met my hele hart). Hy gee hul wat roep, weer nuwe krag. 2. Hy't my sonde vergeef en Hy maak my sy kind - laat alles in die groot heelal die Here loof. Ek wil die Here loof (Ek wil die Here loof), loof met my hele hart (loof met my hele hart). Hy gee hul wat roep, weer nuwe krag. 3. Loof, o hemel, die Heer, al die engele saam - laat alles in die groot heelal die Here loof. Ek wil die Here loof (Ek wil die Here loof), loof met my hele hart (loof met my hele hart). Hy gee hul wat roep, weer nuwe krag. Skriflesing: Psalm 150 1. Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! 2. Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! 3. Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! 4. Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! 5. Prys Hom met simbale, prys hom met galmende simbale! 6. Laat alles wat asem haal, die Here prys! Prys die Here!

3 Gebed: Gesang 454:1-3 1. Vader, ons eer U, ons loof U, ons aanbid U. U wat heel die skepping onderhou, U gee son en reën, ons ontvang u seën. Heel die skepping wentel om u trou. 2. Jesus, ons eer U, ons loof U, ons aanbid U. Ons is u gemeente hier tesaam. Hoor ons as ons sing, U ons loflied bring. Ons, u vrygekooptes, prys u Naam. 3. Trooster, ons eer U, ons loof U, ons aanbid U. Heil'ge Gees, ons is met U gedoop. U wat rig en lei, staan ons altyd by. U versterk ons gees, U gee ons hoop. Prediking: n Jaar of 2 gelede het n man een oggend op die treinstasie in Washington gaan sit en begin viool speel. Dit was soos hulle in Engels sê, rush hour. Daar het letterlik duisende mense verby hom gestap almal was haastig om n trein te haal oppad iewers heen. Niemand het gestop om na sy vioolspel te luister nie. Om die waarheid te sê, dit het gelyk of niemand eers hoor dat daar iemand is wat viool speel nie. Op n stadium het n middeljarige man vir n paar oomblikke gestop en geluister en toe weer vinnig aanbeweeg. Die een wat die meeste aandag gegee het was n 3 jarige seuntjie. Hy het gestop en geluister en na die vioolspeler gekyk totdat sy ma hom aan die hand gevat het en behoorlik agter haar aangetrek het. Gedurende die 45 minute wat hy daar gesit en speel het, het 6 mense vir n rukkie stilgestaan en luister. Omtrent 20 het vir hom geld gegee en aangeloop. Toe hy na +/- 45 minute opgehou speel het, het dit gelyk of niemand agtergekom dat daar nie meer musiek is nie. Nie een het hande geklap of vir hom erkenning gegee nie. Waarskynlik het niemand wat daardie dag verby hom beweeg het besef dat dit Joshua Bell is, een van die bekendste musikante in die wêreld en dat hy daardie oggend van die moeilikste musiekstukke van Bach wat daar is, gespeel het nie. En waarskynlik het niemand besef dat hy besig is om op n viool te speel wat 3,5 miljoen $ werd is nie. Twee dae voor hierdie geleentheid het hy in n stampvol Boston teater gespeel waar die kaartjies gemiddeld $100 per kaartjie was. Hierdie geleentheid waar hy by die stasie gespeel het, was deel van n stukkie navorsing waarmee die Washington Post (koerant in Washington)

4 besig was oor mense se persepsies, smake en voorkeure t.o.v. ander mense. (Frederick 7/2/2009) Ons kan seker baie redes aanvoer waarom die mense nie gestop en geluister het nie almal was haastig nie almal weet wie Joshua Bell is nie en nie almal kan Bach se musiek of vioolmusiek waardeer nie Tog het hierdie storie my laat dink of ons nie baie keer die mooi in die lewe miskyk, die geleenthede wat God op ons pad bring laat verbygaan omdat ons nie kan stil word, omdat ons nie soms gaan stilsit of stilstaan, net om te luister nie Ek weet nie wie van julle die fliek August Rush gesien het nie. Dit was een van die beste flieks wat ek in my lewe gesien het. Die fliek gaan oor n 11 jarige seuntjie met die naam Evan Taylor wat direk na sy geboorte van sy ma af weggeneem is. Dit gaan ook daaroor dat hierdie seuntjie musiek in alles wat om hom gebeur het, gehoor het I.p.v. treine wat geraas maak, het hy musiek gehoor i.p.v. karre wat dreun en trokke wat brul, het hy musiek gehoor Hy kon musiek hoor en musiek voel en uiteindelik ook musiek skryf Maar musiek te hoor en musiek te voel en te skryf, moet jy eers stil word en luister Gesang 519:1-4 1. Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek spreek, en wind en golwe bedaar, Ek sal ook jou getrou bewaar. 2. Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek ken jou pyn, jou donkerste nag. Ek is by jou, Ek gee jou krag. 3. Wees stil en weet: Ek is die Heer. Kom bring na My jou kommer en vrees. Ek sal vir jou 'n toevlug wees. 4. Wees stil en weet: Ek is die Heer. Bly waak en bid; volhard in geloof. Ek is by jou soos Ek beloof. Dis wat ek en jy moet doen meer moet doen ons moet tyd maak daarvoor tyd om stil te word en te luister te luister na die musiek om ons die musiek in iemand se stem wat sê, ek is lief vir jou of hier is n brood of n kombers vir jou Ons moet tyd maak om stil te word en te luister na die musiek in iemand se hand wat saggies aan my raak om te sê,

5 ek gee om vir jou musiek in die stemme van medegelowiges wat sê, ek bid vir jou Ons moet tyd maak om stil te word en te luister na God te luister, te luister selfs as God fluister Gesang 514:2 Lig is sy las en sag is sy juk. Hy gee vermoeides die ware geluk. Selfs as ek struikel, en dit berou - Hy sal vergewe, Hy bly getrou. Hy is my leidsman - Hy laat my leef. Hy is oorwinnaar - Hy is die Heer. Uit sy genade, liefde en trou, weet ons hoe God sy kinders behou. Vandag wil ons deur musiek, lof aan God bring Ons dank Hom dat ons kon stil word en toe die musiek in die stemme van ons broers en susters in Rustenburg kon hoor Dis was weliswaar treurige note, swaarmoedige musiek wat vir ons gesê het ons kry swaar dis seer bid vir ons bring vir ons iets om te eet Gesang 488:1-5 Almal: Helder skyn u lig vir die nasies, 'n vreugdeglans om die mense te verlig tot die hele wêreld kan sien U is die lig. Mag u lig, Heer, deur óns skyn. Susters: Vrolik klink ons lied vir die volke, 'n pryslied bring al die nasies om ons saam tot die hele wêreld kan jubel oor u Naam. Mag u lof, Heer, deur óns klink. Almal: Balsem bring herstel vir die wonde, 'n sagte salf vir die mense met hul seer tot die hele die wêreld kan sien dat U genees. Mag U troos, Heer, deur óns bied. Broers: Heer, u Woord gee hoop aan die nasies; 'n hartvol hoop om die volke te verbly tot die hele wêreld kan glo dat U bevry.

6 Mag U hoop, Heer, deur óns gee. Almal: 5. U is koning, Heer, oor die aarde. Die mense vra na u wil om U te eer tot die hele wêreld kan juig dat U regeer. Laat u ryk, Heer, in óns kom! Laat u ryk, Heer, deur óns kom! Laat u ryk, Heer, oral kom! Ons dank God vir elkeen in die Ermelo omgewing en verder wat die musiek in ons stemme gehoor het toe ons in die koerante en op Facebook en eposse en SMSe uitgeroep het kom help ons het julle nodig ons broers en susters in Rustenburg het ons nodig Hoe wonderlik het die musiek nie op Saterdag 7 Junie geklink van elke blikkie kos, elke sak meel, elke stootwaentjie wat daar aangekom het met kos, met klere, elke mens se voetstappe, se stem met bemoediging en hoop Hoe wonderlik het die musiek nie geklink toe ons later daardie Saterdagmiddag die seile oor n stampvol, 35 ton trok kon trek nie En hoe wonderlik het die musiek nie geklink van elke internet betaling en elke betaling wat by die bank in die noodfonds van Rustenburg inbetaal is nie As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. (2 Kor 8:12) Broers en susters, ons is nie die 1e gemeente/dorp wat mense van n ander gemeente/dorp help nie. Dit beteken ook nie dat daar geen arm mense in Ermelo is nie Daar was nog altyd nood en daar sal altyd nood wees. In 2 Kor 8 vertel Paulus hoe die lidmate van Masedonië t.s.v. hulle eie armoede, medegelowiges in Judea, gehelp het. 1. Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedonië van God ontvang het. 2. Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. 3. Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. 4. Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. (2 Kor 8:1-4) Gesang 205:2-3 2. Ons lof aan die Skepper wat altyd getrou sy kerk hier bewaar, dit vernuwe en bou; ons bly inspireer en ons stuur deur sy Gees om sout en om lig vir die wêreld te wees.

7 Loof die Heer, loof die Heer! Sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer! Prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem. 3. Ons lof, ons aanbidding, o Vader, ons lied is nietige klanke, deur kinders gebied. Tog sien U ons nood en verhoor ons gebed - oneindig die liefde wat U vir ons het. Loof die Heer, loof die Heer! Sing, gelowiges, saam! Loof die Heer, loof die Heer! Prys sy heilige Naam! Hy kom uit genade ons sondes versoen dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem. Broers en susters ek wil hê jy moet vir n oomblik stil word - maak jou oë toe en luister in jou gedagtes na die wonderlike musiek van trok en n bakkie start Dis 05:00, Sondagoggend 8 Junie. n Trok en bakkie vol kos vertrek na Rustenburg Wonderlike musiek Gesang 199:1+3 1. Loof die Here uit die hemel, loof Hom deur wie ons bestaan; loof Hom eng'le, hemelwesens, loof Hom son en prys Hom maan. Kom en loof Hom, kom en prys Hom, kom en loof die Heer se Naam! 3. Loof Hom konings, alle vorste, almal wat op aard' regeer; loof Hom kinders, mans en vroue, loof Hom almal, buig jul neer. Kom en loof Hom, kom en prys Hom, roem sy Naam, kom loof die Heer! Die musiek het nie geëindig toe n klompie manne en vroue direk nadat hulle uit die kerk gekom het daardie Sondagoggend meer as 30 ton kos moes aflaai nie... Die musiek klink steeds in elke huis waar n lepel iets roer, waar n mes en vurk iets opskep om te eet... Die musiek klink in elke skool se bankrekening waar hulle uit die noodfonds geld ontvang om vir kinders wat nie kos kry by die huis nie, iets te gee om te eet... Die musiek gaan

8 voort in elke gebed wat gebid word vir Rustenburg... vir die stakers en hulle leiers wat besig is om hulle eie gesinne en ons land en n stad soos Rustenburg te verwoes... Die musiek gaan voort in gelowiges wat daar mekaar se hande vat, mekaar moed inpraat en vir mekaar omgee... Ons dank die Here dat ons in Ermelo n baie klein musiekstukkie kon skryf om ons broers en susters in Rustenburg te ondersteun... Oorwinningslied Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer Die Allerhoogste wat in liefde oor sy Koninkryk regeer Hy't belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer Hy is Koning, Hy regeer Loof Hom, prys Hom, halleluja (x3) Hy is Koning, Hy regeer Die Here is ons Vesting wat vir altyd sal bly staan Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan Hy's ons skuiling, Hy's ons wapen Hy't die vyand reeds verslaan Hy's die Rots, wat ewig staan Loof Hom, prys Hom, halleluja (x3) Hy's die Rots, wat ewig staan Kom deel nou in ons loflied hef jou hande op na bo Blaas basuine slaan op dromme en kom dans voor God se oë Kom leef in die oorwinning van Sy Woord waarin ons glo Want Sy Woord sal ewig staan Loof Hom, prys Hom, halleluja (x3) Want Sy Woord sal ewig staan (x3) Rustenburg het elkeen van ons weer bewus gemaak van dit wat om ons gebeur, van die musiek om ons... die mooi musiek en die minder mooi musiek... Rustenburg het ons bewus gemaak dat musiek baie gou kan verander van vrolike opgewekte dans musiek, na swaar, hartseer, doodsmusiek... Rustenburg het ons egter ook opnuut bewus gemaak van die musiek in God se stem... Ons hoor Sy stem wanneer Hy vir die profeet Jesaja opdrag gee om die volgende te gaan doen vir die Israeliete wat in ballingskap sit weg van alles totaal verlore... Ons hoor Sy stem as Hy vir Jesaja sê..., Klim op 'n hoë berg en roep hard, Sion, jy wat die goeie tyding moet bring; roep hard, Jerusalem, jy wat die goeie

9 tyding moet bring, moenie bang wees nie. Sê vir die stede van Juda: Julle God is hier! (Jes 40:9) Ons hoor die musiek in God se stem as Paulus ons in Rom 8:38-39 verseker..., Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. Gesang 518 Voel jy soms of die Here te vér is? Twyfel jy soms aan God se bestaan? Jy moet glo dat die Heer met jou saamloop; dat sy Gees oral met jou sal gaan. Jesus sê Hy kom weer, Hy kom uit die hemel neer, met basuin en geskal kom Hy al sy mense haal. Deur sy Woord weet ons Jesus gaan t'rugkeer na ons wêreld met alles daarin. Wat gebreek is, sal Jesus kom heelmaak; deur sy Woord weet ons alles maak sin. Hoor hoe sag waai die wind, kyk die glimlag van 'n kind. Maak jou los van die kwaad - dis jou Skepper wat hier praat. Voel jy soms of die Here te vér is? Twyfel jy soms aan God se bestaan? Jy moet glo dat die Heer met jou saamloop dat sy Gees oral met jou sal gaan. Gesang 201:1-3 Almal: Lofsing die Heer, buig voor Hom neer; bewys aan Hom die eer. Laat elke mond Hom loof en prys en Hom erken as Heer, en Hom erken as Heer, en Hom, ja, Hom erken as Heer. Susters: Lof aan die Heer, verheerlik Hom; wees vrolik, juig en sing. Almal: Laat al wat leef Hom dank en prys, aan Hom die hulde bring, aan Hom die hulde bring,

10 aan Hom, aan Hom die hulde bring. Susters: Lofprys die Heer, besing sy Naam - sy hele skepping juig. Almal: Laat almal saam Hom eer betoon en voor hul koning buig, en voor hul koning buig, en voor, ja, voor hul koning buig. Kom ons dank God wanneer ons die gebed wat Jesus vir ons geleer het toe Hy op aarde was, saam bid: Dankgebed: Gesang 266 Ons Vader wat woon in die hemel, geheilig sy u Naam. Laat u ryk kom, u wil geskied, soos in die hemel so ook op die aarde. Gee ons vandag ons dag se brood en vergeef ons al ons skulde, net soos ons vergewe dié wat teen ons sondig. Laat kom ons nie in die versoeking, maar verlos ons van die Bose. Van U is die ryk en die sterkte en die ere, vir ewig en ewig, amen. Vir ewig en ewig, amen. Gaan vanoggend hier uit en maak tyd om stil te word om te luister na die musiek om jou. Hoor die mooi musiek en wees dankbaar hoor die hartseer en doodsmusiek en wees God se hande en voete en oë en ore en mond vir mense om jou Wat julle betref, broers: Moenie moeg word om goed te doen nie. (2 Tess 3:13) Slotsang: Gesang 367 1. Ere aan God, ere aan God in die hoogste, in die hoogste, in die hoogste! Vrede op aarde, vrede op aarde in die mense 'n welbehae. Ere aan God in die hoogste, ere aan God in die hoogste! Vrede op aarde, vrede op aarde,

11 vrede op aarde, vrede op aarde, in die mense, in die mense 'n welbehae - in die mense 'n welbehae, 'n welbehae. Ere aan God, ere aan God in die hoogste, in die hoogste, in die hoogste! Vrede op aarde, vrede op aarde in die mense 'n welbehae. Amen. Amen. Seën.