Sing vooraf: Psalm 68:5 (p. 332)

Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:7 (24:7)

Sing vooraf: Skrifberyming 4-6 (nuut)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die Groot Gebod dennis de wet

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Goeie Konings, Slegte Konings

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

ons rykdom in Christus 2

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Welkom by Die Storie God se storie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Deur Christus Alleen

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Toe God alles gemaak het

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Toe God alles gemaak het

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Geroep vir Gemeenskap

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Sing vooraf staande: Psalm 89:12 (p. 447)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Sing vooraf: Psalm 84:3 (p. 425)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Jona en die Groot Vis

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

n Dubbele kruis-belydenis

Preek Romeine 1:16-17

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Van Vervolger tot Prediker

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

Sing vooraf: Psalm 95:6 (p. 478)

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Sing vooraf: Skrifberyming 17-2:3, 4 (18:3, 4)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Sing vooraf: Psalm 16:5 (p. 62)

Sing vooraf staande: Psalm 119:62 (p. 598)

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Petrus en die Krag van Gebed

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL

Die Kerk se Geboorte

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Sing vooraf: Verkiesingsvergadering Psalm 43:3 (p. 220)

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Sing vooraf staande: Psalm 98:4 (p. 489)

Gereformeerde Kerk Bellville 6 Desember 2015 Aand

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Geloofsbelydenis: Apostolicum Na die wet sing ons Psalm 67:1 (p. 326). Wet Psalm 67:1 (p. 326)

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Deur Christus Alleen

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Transcriptie:

Sing vooraf: Psalm 68:5 (p. 332) 5 U kudde, HEER, het daar gewoon; / U was die land, so vrugbaar-skoon, / n vriend like Beskermer; U het ellendiges die land / laat erwe deur u goeie hand, / o Israels Ontfermer! Ja, daar was ryke juigenstof, / om God se wonders en sy lof / met jubelsang te melde. Die lofsang van n vrouekoor / klink al die stryders in die oor / en ruis oor berg en velde. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 31:1, 3 (p. 143) 1 Net soos n rots, gesterk, gestewig / teen storm en ongety, / is U, o HEER, vir my. Maak my tog nie beskaamd vir ewig. / Bevry my, hoor my bede / na u geregtighede. 3 U is my eewge rots, o HERE! / Diep in u veil ge sy / sal ek genestel bly. U sal my lei, u Naam ter ere, / tot ek die net verby is / wat voor my voet gesprei is. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God: Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 107:20 (p. 537) 20 Maar God sal die veragte, / verarmde trou bewaak, vermeerder sy geslagte / wat Hy soos kuddes maak. Gods volk is bly daarom: / hul sien wat Hy gewerk het; maar boosaards staan verstom, / daar hul Gods mag bemerk het. Skriflesing: Johannes 10 Teks: Johannes 10:27, 28; Kategismus Sondag 7 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. (Johannes 10:27-28 AFR1953) Die beeld wat die Here Jesus hier gebruik, is een van n skaapkraal in die veld. n Paar wagters bou saam n kraal waar hulle saans bymekaarkom en saam oornag. Almal jaag dan hulle skape in hierdie kraal en in die oggend roep elkeen sy skape na hom toe voordat hulle veld toe gaan. By die hek het n hekwagter of n deurwagter geslaap wat gesorg het dat daar nie in die nag iemand kom wat die hek oopmaak en die skape steel nie. 1

Maar nou het dit tog gebeur dat daar diewe gekom het, wat oor die kraalmuur geklim het, n skaap doodgemaak het en dan daarmee gevlug het. Die Here Jesus beeld met hierdie beeld al die mense op die aarde uit. In die kraal is almal uitverkorenes en ongehoorsames. Maar net die uitverkorenes behoort aan Jesus. Hulle is die skape wat sy stem ken, en wat luister as Hy roep. Ons gelowiges behoort nou dieselfde kenmerke te dra as hierdie skaapkudde. Al leef ons tussen hoeveel ongelowiges (en al het hulle weer n duisternis van gelowe onder mekaar), moet ons die Here Jesus ken as ons Verlosser, en ons moet glo dat ons deur Hom alleen die ewige lewe kan beërwe. Dit gaan natuurlik nie maklik nie. Daarom waarsku Jesus in die beeld wat Hy gebruik teen valse herders. Mense wat self nie by die deur in die huis ingaan nie en daarom ook nie die deur vir ander mense kan wys nie! Hierdie saak is in die afgelope tyd baie sterk onder die aandag van gelowiges in ons land, gesien teen die hoë aantal nuwe geloofsrigtings wat oraloor ontstaan. As ons al die valse gelowe hierby bereken, raak die saak nog ernstiger! Teenoor die valse herders staan die ware Herder. Hy weet nie net waar die deur is nie, Hy is die deur, so sê Hy (vers 9): Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. (Johannes 10:9 AFR1953) So is die Here Jesus Christus: Hy het eerste die pad van die ewige lewe geloop en daarom kan Hy dit aan ons almal leer en gee. Maar die Here Jesus het ook nie vir almal gesterf nie. Dit staan onder andere in hierdie gelykenis geskryf. Hy het net gesterf vir die wat aan Hom behoort. Hy bewaar nie alle skape nie; net dié wat na sy stem luister en Hom volg. Daar is sekere mense wat uit die vreemdelingskap van die sonde in die ware heiligdom van God ingelei word. Hy noem dit hier: skape wat na My stem luister. Niemand kan in God se ewige koninkryk ingaan sonder die verdienste van die Here Jesus Christus nie. Die skeiding kom hier deur die uitverkiesing, want die Here Jesus Christus sê in vers 29 dat hierdie skape bepaaldelik deur God die Vader aan Hom gegee is. Hulle is ook aan God verbind tot in ewigheid sodat niemand hierdie mense van God kan vervreem nie. God die Vader het dus iewers n keuse gemaak tussen alle mense en n groep van hulle uitgekies. Ons lees daarvan in Efesiërs 1:4: 2

... soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, (Efesiërs 1:4-5 AFR1953) Dis presies waarvan die Here Jesus praat in die gelykenis. God wil net sekere mense hê. Hy laat sy Seun vir hulle sterf. Maar die dood van die Here Jesus Christus is n baie besondere aksie, want luister weer na vers 17 en 18: Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang. (Johannes 10:17-18 AFR1953) Christus kon sterf en lewendig word soos en wanneer Hy wou. Hy besluit toe om te sterf as straf vir diegene wat voor die skepping uitverkies is. Hy maak hulle dus heilig en sonder gebrek soos die Vader besluit het. Dan word Hy weer lewendig, en Hy toon daarmee aan dat Hy elkeen van hulle net so gaan lewendig maak. Daar is egter die eis! My skape luister na My stem! Ons moet buig voor die wil van die Here, en voor dit wat Hy eis! Anders gestel: Onderwerp jou aan die voorsegging van God die Heilige Gees, want Hy beveel jou tot gehoorsaamheid en tot geloof in die versoeningswerk van Jesus Christus. Wanneer die uitverkorenes die stem van God hoor, beteken dit nie dat ons dit sal hoor soos wat ons musiek hoor nie. o So hoor ons nie die Here nie! o Dit beteken dat ons ingestel sal wees op die gebooie van God. Die Here Jesus sê: EK IS die deur. Die Here is hier besig met woordspeling. Dit gaan oor EK IS. Die woorde slaan terug op die Here se woorde toe Hy Moses geroep het: EK IS WAT EK IS! Hy sê mos vir Moses: Gaan sê vir die volk EK IS het jou gestuur. As Jesus dan hier sê: EK IS die deur, dan sê Hy dat God die deur is. Hy sê dat Hy self God is! EK IS in die Bybel is altyd die Godsformule. In ons gedeelte het dit dan die betekenis dat Jesus Christus God self is wat die deur oopsluit na die ewige lewe toe vir die wat aan Hom behoort. Verder moet ons daarop let dat hierdie mense van die gelykenis almal by Jesus bekend is. Hy ken elkeen van hulle op sy naam. Maar hulle ken ook hulle Verlosser (Herder). Daar is dus wedersydse herkenning! 3

Elke verloste weet dat hy betrokke is by hierdie magtige daad van God! En daarom pas sy verantwoordelikheid ook daarby aan! Tog het hierdie Bybelgedeelte ook n element van verskrikking. Hy sê vir die Jode wat rondom Hom staan: Julle is nie my skape nie. (vers 26) Daar is dus mense vir wie die kerk n vreemde plek is en dit sal bly. Hierdie mense is sielsongelukkig in die kerk omdat hulle nie daarin pas nie, en nie daarin wil wees nie. Hulle houding word ook hier vertel: o Hulle wou Jesus met klippe doodgooi oor hierdie gelykenis. o Hulle kan nie eers deur die Here self tevrede gestel word nie! Ons kan nie hierdie saak ongemerk by ons laat verbygaan nie, want hierdie gelykenis leer daarmee dat die Here Jesus deur sy werk n baie skerp en onversoenbare skeiding kom maak. Hy sterf vir sekeres sodat hulle nooit van Hom afgeneem kan word nie. Maar Hy sterf net so seker vir die onheil van andere. Nou hoef ons ook nie bekommerd te wees nie, want by dié wat nie verlos word nie, is daar duidelike kenmerke. Jy kan maklik weet of jy een is of nie: o Die ware geloof ontbreek by hulle. o Dit gaan nie by hulle werklik om verlossing nie. o Hulle geloof is gerig op bysake en nie op die ware diepte van die versoeningswerk van Jesus Christus nie. o Hulle lewenshouding is in kontras met die werk van die Heilige Gees daarom bots hulle ook voortdurend met Hom. o Die Bybel is nie vir hulle waaragtig en onfeilbaar nie hulle aanvaar en verwerp soos hulle wil. Ons het die voorbeeld van sulkes onder die Jode wat die gelykenis aanhoor. Hulle word deur die Here bestempel as diewe wat steel en verwoes en slag. Hulle leef vir pyn en veroorsaak pyn! In vers 12 noem die Here hulle huurlinge wat onverantwoordelik is. En toe hulle dit hoor, toe sê hulle die Here Jesus is mal. Vers 20: En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom? (Johannes 10:20 AFR1953) Kom ons kyk nou na die uitwerking wat hierdie gelykenis op ons lewe behoort te hê. Eerstens verseker die Here jou hier van die lewe na die dood en dan terselfdertyd dat jy deel is van die koninkryk van God. Hy maak onwrikbaar seker daarvan; daarom sterf Hy vir jou. Jy leef dan spontaan tot eer van hierdie almagtige God wat jou so definitief vir Hom bestem en jy sorg dat alles wat jy in jou lewe doen, in die teken hiervan staan. As jy nie hierdie dinge waarlik kan glo nie, verloor jou lewe sy kleur en rykdom. Dan word jy n mens wat doelloos leef. 4

Een wat die spreekwoord gebruik: o Wat bekommer ek my, want vandag lewe ek en môre sterwe ek. o Iemand sonder uitsigte. Maar onthou nou die ander kant: Daar is veiligheid vir ons weggelê wanneer ons Christus onvoorwaardelik volg. Dis wanneer ons met n vaste geloof en onwrikbare vertroue vashou aan die feite wat hier in die Bybel staan die feite van verlossing en ewige lewe deur sy dood. Ken u dit, geliefde gemeente? Hoor u die stem van die Heilige Gees wat u telkens tot bekering vermaan, maar terselfdertyd troos en u verseker dat u tot die uitverkore kudde van Jesus Christus behoort? Kom ons lees die Heidelbergse Kategismus Sondag 7 saam: Vraag 20: Word al die mense dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam verlore gegaan het? Antwoord: Nee; (a); maar slegs die wat deur n ware geloof in Hom ingelyf word en al sy weldade aanneem (b). (a) Matt 7:14; 22:14. (b) Mark 16:16; Joh 1:12; 3:16, 18, 36; Jes 53:11; Ps 2:12; Rom 11:20; 3:22; Heb 4:3; 5:9; 10:39; 11:6. Vraag 21: Wat is n ware geloof? Antwoord: n Ware geloof is nie alleen n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het. (a) Jak 2:19. (b) Heb 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12; Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:10, 38; Gal 2:16. Vraag 22: Wat moet n Christen glo? Antwoord: Alles wat in die evangelie aan ons beloof word (a) en wat die artikels van ons algemene en ongetwyfelde Christelike geloof ons in hoofsaak leer. (a) Joh 20:31; Matt 28:19; Mark 1:15. Vraag 23: Hoe lui die artikels? Antwoord: (1) Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. (2) En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; (3) wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; (4) wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; (5) wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; (6) opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, (7) waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. (8) Ek glo in die Heilige Gees. (9) Ek glo aan n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; (10) die vergewing van sondes; (I1) die opstanding van die liggaam (12) en n ewige lewe. Slotgebed 5

Slotpsalm 149:2 (p. 715) 2 Hul moet sy Naam en roem laat hoor / in feesgesang en sangerskoor, / met harp en trommelslae! Die HEER t sy volk weer guns betoon, / sagmoediges met heil gekroon / uit vrye welbehae. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 22 Maart 2009 6