VRUGTE- BEDRYF(Deel 4)

Vergelijkbare documenten
SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Les 14: Entrepreneurskap

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

FAKTORE EN VEELVOUDE

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Plantstruktuur en Plant Voedsel

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf in perspektief in 2015

Sentraalbeplande stelsel

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Antieke Egipte en die Nylrivier

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Prysvorming deur vraag en aanbod

Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Statistieke met een oogopslag

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

AGRI-TREAT. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Les Plan Twee. Habitats

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Wiskunde Graad 4. November 2016

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Nuus SIZA VISIE SIZA MISSIE SIZA PLATFORM / SEDEX INHOUD:

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

AGRI-TREAT 300. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

GRAAD 5 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 40 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

S ukses. << SENWES Scenario >>

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 3 Junie Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse. Naam: Graad:

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

L7: Werkkaart 1: Bereken Omtrek en Oppervlakte van die sirkel. (praktiese oefening)

Les Plan Vier. Voeding

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 13 EN 14 Toets 7: Verandering van ons omgewing en pas ons omgewing op

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

BYLAE 6.5 ATIWITEITSVORM: SESSIE 5

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Beide kan Swahili vlot praat en dit is duidelik dat hulle 'n hart het vir hierdie mense.

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

JUNIE EKSAMEN 13 JUNIE :00 12:00 GEOGRAFIE V1 BYLAAG

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Transcriptie:

Nuwe blik op VRUGTE- BEDRYF(Deel 4) FruitLook steun besproeiing op vrugteplase Produsente gaan voortaan meer met minder moet vermag, veral wat beskikbare varswaterbronne betref. Ons kyk hoe die aanlyn-datadiens FruitLook produsente help om hul buitelug-fabrieke beter te bestuur, veral wat waterverwante kwessies betref. Deur Jorisna Bonthuys WATERFEITE Ongeveer 8% van Suid-Afrika se grondgebied lewer meer as die helfte van die land se varswaterbronne. Landbou gebruik twee derdes (66%) van die water wat toegewys word. Dié sektor is die grootste watergebruiker in Suid-Afrika. In die Wes-Kaap word ongeveer 43% van beskikbare waterbronne deur landbou vir besproeiing benut. Vrugtegewasse benodig tussen 7 000 m³ en 11 000 m³ water per hektaar per jaar, afhangend van die soort gewas en waar dit verbou word. Sowat 240 600 ha is onder besproeiing in die Wes-Kaap, waaronder 186 400 ha vrugte en 8 000 ha groente. Talle bedrywe maak op reënval vir droëland-verbouing staat. In die Wes-Kaap word ongeveer 468 000 ha graan (koring, canola, gars en tef) jaarliks aangeplant wat direk van reënbuie afhanklik is. Nog 400 000 ha lusern word verbou wat aanvullend besproei moet word. Weens die onlangse droogte is n beraamde verlies van sowat 200 000 ton koringproduksie verlede jaar in die Wes-Kaap gely. Altesame 1 mm verdamping per dag is gelykstaande aan n vogverlies van 10 m³ per hektaar per dag. Een liter verdamping per sekonde per hektaar is gelykstaande aan 8.640 mm per dag. Bronne: FruitLook, WWF-SA, Wes-Kaapse Departement van Landbou, VN se kos-en-landbouprogram. Die afgelope seisoen was besonder droog in talle dele van die land, grootliks weens die voorkoms van n El Niño-weerverskynsel wat wydverspreide droogtetoestande veroorsaak het. Talle produsente steier onder die effek wat watertekorte in kritieke tydperke gedurende die groeiseisoen gehad het. Vir talle het dit produksieverliese meegebring. Produsente benodig kennelik betroubare en toepaslike inligting om hul bestuursbesluite in te lig en hulle aanpasbaar vir sulke terugslae te maak. Dit is gelukkig reeds moontlik om waterslim te boer danksy FruitLook, sê André Roux, direkteur van die afdeling Volhoubare Hulpbrongebruik in die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Talle produsente gebruik reeds hierdie aanlynhulpmiddel om hul insig te verbreed wat betref waterverbruik op plase. Dit help om hulpbrondoeltreffend te boer, meen hy. Bykans die helfte van produsente wat dit reeds benut, sê hulle het danksy FruitLook hul watergebruik met n tiende kon verminder. Een uit elke 10 sê hulle gebruik nou bykans n derde minder water as tevore. Die meerderheid beskou dit ook as nuttig om te help vasstel of hulle te veel of te min besproei het. Meer as die helfte van diegene wat dit reeds gebruik, reken FruitLook kan help om haakplekke met besproeiing te bespeur, byvoorbeeld weens pype wat lek. 61

62 Maar presies hoe werk dit? FruitLook benut die jongste satelliettegnologie om produsente te help om gewasproduksie en -groei, asook waterverbruik, meer presies te help bestuur, verduidelik dr Caren Jarmain. Sy is n onafhanklike navorser en navorsingsgenoot by die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Geografiese Ontledings en is reeds n geruime tyd met FruitLook gemoeid. Hierdie tegnologie bied unieke dataprodukte vir vrugteboere wat met behulp van afstandwaarneming saamgestel word, sê sy. FruitLook is tans verniet beskikbaar in die Wes-Kaap danksy n subsidie van die provinsiale departement van landbou hiervoor. Die dataprodukte word ontwikkel aan die hand van inligting wat met behulp van afstandswaarneming versamel word. Satellietfoto s word byvoorbeeld geneem van dit wat sigbaar en soms onsigbaar is vir die menslike oog, sê dr Jarmain. Die satelliete, wat gereeld oor die vrugtestreek vlieg, kan onder meer aandui hoe goed die gewasse wat jy verbou groei, hoeveel water dit verbruik en hoe doeltreffend dit plaasvind. FruitLook help produsente dus verstaan hoe die gewasse wat hulle verbou, reageer as deel van die groter watersiklus, onder meer wat verdamping betref. Danksy n beter begrip van hoe vog vanaf die aardoppervlak in die atmosfeer beweeg, kan produsente waterverbruik dienooreenkomstig wysig. FruitLook benut die jongste tegnologie vir afstandswaarneming, saam met weerdata en komplekse algoritmes. Hieruit word drie waterverwante aanduiders aan produsente gebied. Dit hou verband met werklike verdamping, verdampingstekorte en hoe doeltreffend biomassa-waterverbruik word. Dit verwys na hoeveel groei plaasgevind het met die hoeveelheid water wat in die proses gebruik is. FruitLook se inligting oor verdampingstekorte kan onder meer help vasstel of jou boord of wingerdblok waterskaarste ondervind of selfs oormatig besproei word (sien grafika hier bo). FruitLook help om probleme wat plaas-spesifiek is, te identifiseer, sê dr Jarmain. Dit kan selfs aandui watter gedeelte van jou boord of wingerd waterskaarste ondervind, sê sy. Dit help produsente om met groter sekerheid te boer en kan help geld spaar, veral wat besproeiingsuitgawes betref. Talle produsente sê FruitLook bied hulle n nuttige hulpmiddel om die groter prentjie raak te sien, veral wat betref waterbehoeftes op hul plaas. Boere weet besproeiingsroosters verloop nie altyd klopdisselboom nie en n mens ondervind soms ook probleme met grondvogsensors. Daarom moet jy voortdurend jou unieke plaasresep aanpas op grond van spesifieke toestande, insluitend plantontwikkelingsfases en stresfaktore. Dit is juis hier waar FruitLook nuttig is om probleme te identifiseer wat betref hoe goed besproeiingstelsels funksioneer, sê Nelius Kapp, direkteur van Soil2Root Technologies. Hy gebruik FruitLook reeds n paar jaar lank, onder meer deur te kyk na die aanduiders oor biomassa en verdampingstekorte as aanduider van strestoestande.

Op sy beurt vind Anton Müller, tegniese adviseur by Kromco, FruitLook nuttig om onder meer besproeiingsprobleme te identifiseer, grondvogsensors uit te plaas, dreineringsprobleme uit te wys en te bepaal hoe doeltreffend besproeiingsplanne gedurende n bepaalde seisoen was. FruitLook help n mens mooi uitpluis watter effek besproeiingsroosters op gewasproduksie gehad het, sê hy. Te veel en te min besproeiing kan albei n negatiewe impak hê op hoe doeltreffend waterverbruik in n boord of wingerdblok plaasvind. Dit kan produksie negatief beïnvloed. Volgens Müller help FruitLook produsente om die werklike waterverbruik van die gewasse wat hulle verbou, beter te begryp. Hierdie tipe inligting help produsente verstaan presies hoeveel water die gewasse wat hulle verbou gedurende n bepaalde seisoen verbruik, hoe doeltreffend dit plaasvind en watter invloed waterverbruik en klimaatstoestande op gewasproduksie het. Danksy FruitLook het produsente nou ook toegang tot plaasspesifieke inligting wat oor verskillende seisoene heen strek en as verwysingspunt kan dien. Ek vind so iets baie nuttig, sê hy. Van die produsente in die Grabouw-distrik kon reeds daarin slaag om waterverbruik in hul boorde vroeg in die seisoen met ongeveer n derde (30%) te verminder. Dit is gedoen deur FruitLook saam met grondvogsensors te gebruik. Soms is daar kwessies wat met besproeiing verband hou wat aanvanklik eers deur groei-aanduiders uitgewys word. Müller verwys hier byvoorbeeld na n geval waar n appelboord van vyf hektaar in Januarie vanjaar met rooispinnekopmyt besmet is. FruitLook se aanduider oor verdampingstekorte het getoon die boord het vroeg Januarie strestoestande beleef, vertel hy. Ons het geïntegreerde pesbeheer op die plaas onder die soeklig geneem en besluit om die waterskedulering aan te pas. Terselfdertyd het ons biologiese beheermaatreëls toegepas eerder as om op groot skaal insekdoders te spuit. Dit blyk ons kon strestoestande in die boord aansienlik verminder deur watertoediening te wysig. In hierdie geval was die pesprobleem grootliks n besproeiingsprobleem. Jaco Engelbrecht, n wynboukundige werksaam in die Boland, gebruik dikwels FruitLook se data oor verdamping saam met die groeidata. Dit help om vroegtydig probleme te bespeur, sê hy. FruitLook help ons om bestuurspraktyke te wysig wanneer die plante dit benodig. Indien nodig kan ons besproeiing dienooreenkomstig aanpas en verhoed dat biomassaproduksie te vinnig daal of styg. Kapp benut FruitLook se biomassadata dikwels saam met die aanduiders oor water. Hy gebruik byvoorbeeld die data oor verdampingstekorte om te besluit waar om grondvogsensors uit te plaas. Die waarde van FruitLook kom volgens hom veral na vore wanneer dit saam met grondvogsensors, data van weerstasies en fisiese besoeke in n boord of wingerd benut word. FruitLook gee n mens n goeie oorsig oor die huidige seisoen, maar stel jou ook in staat om vorige seisoene in aanmerking te neem. Dit help n mens om besluite oor waterskedulering te neem, sê hy. Sien grafikas op bl. 63 en 64 vir 'n paar praktiese voorbeelde. FruitLook is nuttig om gebiede te identifiseer wat verdampingstekorte ondervind. Maar dit sal nie die redes hiervoor verskaf nie. Dit hou moontlik met windtoestande, peste en atmosferiese stresfaktore soos n hittegolf verband. n Mens kan daarom nie net op n satellietbeeld staatmaak nie. Jy moet steeds die data van naderby ontleed. Hiervoor moet toestande wat uniek aan die plaas of streek is, in aanmerking geneem word, benadruk hy. Len van der Merwe, bestuurder van Ratelfontein Boerdery naby Villiersdorp, stem saam. Hy gebruik FruitLook reeds ongeveer twee jaar lank om hom met bestuursbesluite te help. FruitLook bied my n terugblik oor die seisoen en help om van die besproeiingsbesluite onder die soeklig te neem. Ek gebruik weekliks hierdie data, saam met lesings afkomstig van grondvogsensors. Die grondvogsensors bied data vir n spesifieke plek oor tyd heen, terwyl FruitLook danksy afstandswaarneming n oorsig oor die hele plaas bied. Hy beskou FruitLook as n nuttige hulpmiddel om presisie-landbou toe te pas. Dit help ook wanneer hy waterskedulering wil kalibreer en om grondtoestande te visualiseer. FruitLook help om seker te maak of dit waarmee jy verlede week of vroeër die seisoen besig was, gewerk het. Ons het uiteenlopende grondtoestande en moet faktore soos dreinering en hellings in aanmerking neem wanneer ons probeer vasstel waarom een gedeelte daarvan meer biomassa oplewer of gouer uitdroog as die res. FruitLook is nuttig om verskillende dele van ons plase met mekaar te vergelyk. By Spier naby Stellenbosch word FruitLook gebruik om kwalitatiewe ontledings van die wingerde te doen. Orlondo Philander van Spier sê dit help om optimale besproeiing te verseker. FruitLook se kaarte wys duidelik as daar verskille in blokke is, soos of dit swak of geil groei en of droë of nat toestande voorkom. Dit gee ook aanduidings van wat nog skort voordat jy simptome met die blote oog kan waarneem. JC Goosen van DP en JC Goosen Boerdery naby Ceres monitor ongeveer 300 ha vrugteboorde met FruitLook se hulp. Hy ontvang weekliks vogmeterdata en bekyk dit saam met FruitLook se inligting om vas te stel of daar die vorige week enige tekorte of oormatige besproeiing was. Dit bespaar hom baie tyd. Met FruitLook kan ek al my blokke in anderhalf uur deurgaan. Dit maak dit ook moontlik om doelgerig na sekere blokke te kyk tydens veldondersoeke. FruitLook is veral nuttig om met die verloop van tyd op n plek, oor seisoene heen, terug te kyk en jou besproeiingsplanne te ontleed. n Mens kry n beter prentjie oor wat nou eintlik op jou plaas aangaan wanneer jy FruitLook se data met jou bestaande bestuurspraktyke integreer, sê Müller. Hierdie artikel is n aangepaste weergawe van n artikel wat vroeër in die SA Vrugtejoernaal verskyn het. Ons publiseer dit met vergunning. Vir meer inligting, besoek www.fruitlook.co.za of stuur n e-pos na Caren Jarmain of Ruben Goudriaan by info@fruitlook.co.za. 65