HOOFSTUK 4 SAMEVATTING, BEVINDINGE EN AANBEVELINGS WAT HIERUIT VOORTSPRUIT

Vergelijkbare documenten
HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Les 14: Entrepreneurskap

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

BYLAE 6.5 ATIWITEITSVORM: SESSIE 5

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Les Plan Twee. Habitats

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

BYLAE 6.8 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 8. Lekker Suur Soet Bitter Brand Frank Suurwurms Jellieboontjies Pepermente Liquorice Gekleurde sjokolade

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1. Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Vlotheid en intonasie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Jesaja sien die Toekoms

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 3 Junie Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse. Naam: Graad:

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Welkom by Die Storie God se storie

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

IN AFRIKAANS DIE VERLEDE TYD

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Jou brein fokus op oorlewing. Wat het dit met gesonde eetgewoontes te make?

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

Jakkals lê eendag heerlik en

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Die intrige rondom Hanna kan in die volgende punte saamgevat word:

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

God eer Josef die slaaf

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Transcriptie:

HOOFSTUK 4 SAMEVATTING, BEVINDINGE EN AANBEVELINGS WAT HIERUIT VOORTSPRUIT 4.1 INLEIDING Die oogmerk van hierdie studie is om vas te stel wat die belewenis van moeders van ATHV-leerders is. Die literatuurstudie in hoofstuk 2 het aangedui dat daar n leemte bestaan in die navorsing ten opsigte van die belewenis van moeders van ATHV-lyers. Aan die hand van die empiriese navorsing beskryf in hoofstuk 3 het dit duidelik geword dat moeders van ATHV-lyers spanning beleef in die daaglikse hantering van hul ATHVkinders. Dit blyk dus dat daar geleentheid vir navorsers in die Opvoedkundige Sielkunde bestaan om positiewe insette te kan lewer ten opsigte van die belewenis van moeders van ATHV-leerders. Insigte oor die belewenisse van moeders, asook die hantering van en aanpassing by ATHV beskik oor die potensiaal om die lewenskwalitiet van gesinne te verbeter. n Opsomming van die literatuurstudie (hoofstuk 2) en die empiriese ondersoek wat in hoofstuk 3 onderneem is, word in hierdie hoofstuk weergegee. Die hoofstuk word afgesluit met n verwysing na probleme wat tydens die navorsing ondervind is, asook aspekte van die belewenis van ATHV wat moontlik verdere navorsing regverdig. 4.2 SAMEVATTING, BEVINDINGE UIT DIE LITERATUURSTUDIE EN AANBEVELINGS WAT HIERUIT VOORTSPRUIT 4.2.1 Samevatting van die literatuur n Literatuurstudie is onderneem om die mees onlangse navorsing oor ATHV, asook die moeder se belewenis van haar ATHV-kind te ondersoek sodat duplisering nie plaasvind nie. Relevante literatuur (soos artikels in subjekverwante publikasies, boeke en koerantartikels) is bestudeer om die navorsingsvraag te ondersoek. n Bondige omskrywing van ATHV word gevolg deur enkele bevindinge wat gegrond is op die deeglike literatuurstudie wat onderneem is.

ATHV is n gedragversteuring wat vóór die ouderdom van sewe jaar manifesteer en voortduur tot volwassenheid. ATHV word gekenmerk deur aandagtekort/aandagafleibaarheid en/of hiperaktiwiteit en impulsiwiteit wat ontoepaslik vir die ontwikkelingsvlak van die kind is en gevolglik akademiese en sosiale funksionering belemmer. Foutiewe diagnoses word dikwels gemaak omdat die gedrag van die kind met ATHV, verwar kan word met leer- en ander gedragsversteurings. Die DSM-IV-TR (2000:92) omskryf 18 diagnostiese kriteria vir ATHV. Tydens die identifisering van ATHV behoort hierdie diagnostiese kriteria geraadpleeg te word, asook die gebruik van gestandaardiseerde gedragsbeoordelingsvraelyste wat op hierdie 18 diagnostiese kriteria gebaseer is. Verskeie informante, soos die moeder en onderwyser(es) in die kind se lewe, uit verskillende omgewings, byvoorbeeld die huis en die skool, behoort die beoordelingsvraelys in te vul nadat die leerder vir ten minste tien dae noukeurig dopgehou is en aantekeninge van probleemgedrag en -situasies gemaak is. n Voorbeeld van n sodanige beoordelingsvraelys ten opsigte van ATHV is in Bylae A aangeheg. Oorheersende aandagtekort word gekenmerk deur onoplettendheid en dat die aandag maklik deur irrelevante eksterne stimuli afgelei word. Die leerder kom voor as sosiaal teruggetrokke en skaam en word dikwels eers geïdentifiseer by formele skooltoetrede of selfs later. Vyf-en-tagtig persent van alle leerders met aandagtekort ly ook aan hiperaktiwiteit. Hiperaktiwiteit word gekenmerk deur n neiging om te kriewel, rusteloosheid en buitengewone fisiese aktiwiteit asof voortgedryf deur n motor in situasies waar dit van die leerder verwag word om stil te sit. Impulsiwiteit manifesteer in die vorm van doen sonder beplanning. 4.2.2 Bevindinge uit die literatuur Die volgende bevindinge word op grond van die literatuurstudie gemaak: ATHV is n spektrumversteuring wat bestaan op n kontinuum met verskillende grade van erns en frekwensie. Waar die drie primêre simptome van ATHV, naamlik aandagtekort, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit aanwesig is, word dikwels ook sekondêre probleme soos leerversteurings, swak selfbeeld, depressie, probleme in sosiale verhoudings en anti-sosiale gedrag, opgemerk.

Een derde van ATHV-lyers het n vader of n moeder met ATHV-simptome. Meer seuns as dogters (ongeveer 6:1) word met ATHV gediagnoseer. Dit suggereer dat meer vaders as moeders waarskynlik self aan ATHV ly. ATHVouers van ATHV-kinders kan probleme ondervind met tydsbestuur, organisering, geheue, impulsbeheer, voltooiing van take en algemene konsekwentheid. Hierdie gebreke kan potensieel ernstige gevolge vir hul vermoë tot ouerlike sorg inhou. Alhoewel gesins-, voeding- en omgewingsfaktore n rol kan speel in die voorkoms en graad van ATHV, word ATHV grotendeels beskou as n ontwikkelingsversteuring wat vertraagde neurologiese rypwording behels. Die ATHV-leerder word dikwels as stout, ongehoorsaam of temperamenteel deur sy ouers, onderwysers, sibbe en portuurgroepe geëtiketteer. Dit lei daartoe dat die ATHV-leerder dikwels negatiewe terugvoer ervaar wat sy selfbeeld en eiewaarde aantas. Meer as die helfte van leerders met ATHV het gepaardgaande opponerenduitdagende versteuring wat gekenmerk word deur herhaalde patrone van negatiwiteit en uitdagende en vyandige gedrag teenoor gesagsfigure. Aandagtekort duur by ongeveer 80 persent leerders voort tydens hul lewensduur, terwyl hiperaktiwiteit met toename in ouderdom afneem. Die afname in hiperaktwiteit word met verloop van tyd deur rypwording en dissiplinering gewysig. Die hoofbron van spanning is die primêre kenmerke van ATHV, naamlik aandagtekort, hiperaktwiteit en impulsiwiteit, asook die ontwrigting wat dit vir ander inhou. Probleme in ouer-kind interaksies word geassosieer met n toename of voortduur van ATHV-simptome. Minder bevredigende gesinsfunksionering kom voor as gevolg van die negatiewe akkumulerende invloed op die gesin se hantering van en lewe saam met n ATHV-lyer. Daar is n wederkerige invloed tussen die gedrag van ATHV-kinders en die gedrag van hulle ouers, byvoorbeeld hoe meer hiperaktief of impulsief die leerder is, hoe meer raas die ouer met die kind. Negatiewe interaksie tussen die ouer en die ATHV-lyer kan die ATHV-simptome vererger.

Ongeag die graad van erns van die simptome van die ATHV-lyer, is dit die moeder se waarneming en belewing van die simptome wat haar vlak van spanning bepaal. Die moeder kan verhoogde spanning, asook n afname in selfagting beleef as sy nie sukses met haar ATHV-kind se opvoeding behaal nie. Dissiplinêre praktyke wat ernstige straf behels, word geassosieer met meer aggressie in kinders. Die ouers van ATHV-kinders sal meer waarskynlik as ouers van kinders sonder ATHV van sowel fisieke en nie-fisieke strafmaatreëls gebruik maak, omdat kinders met ATHV-simptome, soos hiperaktiwiteit en impulsiwiteit, meer dikwels sosiale reëls verbreek en in die moeilikheid kom. Verskille in ouers se hanteringstyle van hul kind(ers), kan lei tot probleme in die huweliksverhouding. Die vader spandeer meestal minder tyd met die ATHV-kind, is minder geduldig as die moeder en handhaaf dissiplinêre maatreëls makliker as die moeder wat herhaling en redenering gebruik om die kind se samewerking te verkry. Die vader se fisieke grootte kan moontlik n bydraende faktor wees om meer samewerking van die kind te verkry. Gesinne van ATHV-lyers beskou soggens se voorbereiding vir die skooldag, asook smiddae se afhandeling van skoolhuiswerk, as die moeilikste tye van die dag. Ouerlike sorg van n ATHV-kind ontwikkel volgens n sikliese patroon, naamlik struwel, moed opgee, herlaai, uitbrand, weer struwel. Die ouer begin besef ATHV is n lewenslange stryd met potensiële negatiewe gevolge vir die ATHVlyer en die gesin (Kendall 1998:844-848). Laat vaar die goeie einde vind plaas wanneer die moeder van die ATHV-kind afsien van die geantisipeerde normale kind, meer realistiese doelwitte stel, asook haarself losmaak van óór-identifisering met die ATHV-lyer (Kendall 1998:851). Die navorser het na aanleiding van die bevindinge van die literatuurstudie die fenomeen verder verken deur onderhoude met sewe moeders van ATHV-lyers te voer. Die doel hiervan was om ondersoek in te stel na die aard van die belewenis van moeders van

ATHV-leerders. Die samevatting, bevindinge en aanbevelings wat uit die empiriese ondersoek spruit, word vervolgens bespreek. 4.3 SAMEVATTING, BEVINDINGE VAN DIE EMPIRIESE ONDERSOEK EN AANBEVELINGS WAT HIERUIT VOORTSPRUIT 4.3.1 Samevatting van die empiriese ondersoek Die bewuswording van ATHV en die gepaardgaande ontwrigting vir ouers en leerkragte, het die navorser, as opvoedkundige sielkundige student, genoop om n studie te onderneem oor die aard van ATHV, asook die impak daarvan op die gesin, veral die moeder van n ATHV-kind. n Selfopgestelde lys van vrae is voor die eerste onderhoud aan elke moeder van n ATHV-kind gegee om te voltooi. Dit het as aanknopingspunt gedien vir twee ongestruktureerde onderhoude wat oor n tydperk van n maand gestrek het. Die steekproef het uit sewe moeders van ATHV-leerders bestaan. Die ATHV-leerders in hierdie navorsing was almal seuns. Hulle ouderdomme het van sewe tot 13 jaar gewissel. Al sewe gesinne was volledig, dit wil sê die ouers van die ATHV-leerders was getroud en geen egskeiding het tot op datum (van die onderhoude) plaasgevind nie. n Intensiewe literatuurstudie deur die navorser het getoon dat die biologiese ouers van ATHV-lyers drie maal meer waarskynlik as ouers van kinders sonder ATHV skei (54 persent teenoor 15 persent). Die navorser wou ondersoek watter faktore daartoe bydra dat die ouers saamstem oor die hantering van hulle ATHV-kind. Kwalitatiewe navorsing is in hierdie studie gebruik om die belewenis van moeders van ATHV-leerders te ondersoek, wat deelnemende waarneming, onderhoudvoering en die implementering van n lys van vrae ingesluit het. Data, verkry uit die getranskribeerde onderhoude, is ge-analiseer deur die proses van kodering (Kyk afdeling 3.4.3.5). Die begronde teoriemetode is gebruik. Die begronde teoriemetode impliseer dat data begrond is, gerugsteun en bevestig is deur ander data. Saturasie word bereik wanneer geen nuwe kategorieë meer te voorskyn tree nie. Die navorser het tydens ongestruktureerde onderhoudvoering met sewe moeders van ATHV-leerders ondersoek ingestel na die belewenis van moeders van ATHV-leerders.

Uit die onderhoudvoering blyk dit dat die meeste moeders van ATHV-leerders onsekerheid, frustrasie, magteloosheid, kommer en spanning beleef, ten opsigte van die volgende fasette van ATHV naamlik: Die ATHV-leerder se simptome Die rol van die vader van n ATHV-leerder Die ATHV-leerder se verhouding met sy sibbe, portuurgroep en/of ander volwassenes Die skool, die onderwyser(es) en skoolhuiswerk Die invloed van Ritalin op die ATHV-leerder Die moeder se daaglikse belewing van en aanpassing by haar ATHV-kind Die bevindinge van die empiriese ondersoek word hieronder bespreek. 4.3.2 Bevindinge uit die empiriese ondersoek Uit die onderhoudvoering en waarneming blyk die volgende: Al die moeders is ontwrig deur die diagnose van ATHV, asook deur die effek van die simptome van ATHV, naamlik aandagtekort, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit. Die meeste moeders beleef spanning as gevolg van hul ATHV-kind se aanpassing tuis, by die skool en in sosiale verhoudings en situasies. Die teenwoordigheid van bogenoemde drie primêre simptome van ATHV gee aanleiding tot sekondêre probleme by die kind soos leerversteurings, swak selfbeeld, depressie en probleme met sosiale verhoudings. Terugskouend rapporteer meer as die helfte van die moeders dat hul ATHV-kind klank-, tas- en/of ligsensitief was as n kleuter Alhoewel enkele van die ATHV-leerders die simptome van ATHV as kleuter gemanifesteer het, was daar n tendens dat ATHV eers by formele skooltoetrede en selfs later, eers in graad 3, gediagnoseer is. Die meeste moeders rapporteer dat ATHV oorgeërf is van die vader en/of die moeder self. Alhoewel ATHV nie tydens die ouers se leeftyd gediagnosser is nie, herken hulle die simptome as gevolg van meer kennis oor, insig en begrip van ATHV. Hierdie insig en begrip kan deels die gevolg wees van die bywoning van n ATHV-ondersteuningsgroep vir ouers by die betrokke plaaslike skool.

Die proefpersone wat by hierdie ondersoek betrek is, bestaan uitsluitlik uit seuns. Die ordinale posisie in die gesin van die ATHV-leerder wissel van enigste seun (biologies/aangenome) tot tweede en jongste in die sibbe-rangorde. Uit die onderhoude met die moeders is bevind dat die ouderdom van die ATHVlyer ook n rol speel in die funksionering van die gesin as geheel. Die gedrag van n ATHV-lyer as tienderjarige veroorsaak byvoorbeeld meer spanning in die gesin as toe hy jonger was. Die navorser ondersteun dus Lewis-Abney (1993:185) se bevinding dat die ATHV-lyer se ouderdom beduidend met gesinsfunksionering korreleer. Moeders van ouer ATHV-kinders het minder bevredigende gesinsfunksionering vermeld. Hierdie bevinding kan verklaar word deur die negatiewe akkumulatiewe effek op die gesin in die hantering van en lewe saam met n ATHV-lyer. Soos die ATHV-kind ouer word, beleef die moeders meer dikwels en langer tydperke van emosies van hulpeloosheid en angs as gevolg van hulle kommer oor hul ATHV-kinders se toekoms. Die navorser sal hierdie bevinding staaf uit veral moeders A en B se belewenisse, wie se kinders die oudste (onderskeidelik 13 en 12 jaar) in hierdie steekproef is. Vervolgens word enkele uittreksels gegee uit die moeders se belewenisse ten opsigte van die rol wat die ouderdom van die ATHV-lyer in die gesinsfunksionering speel. Moeder A: Ons verhouding ly skade. Navorser: As jy sê skade ly? Moeder A: Die heeltyd druk en neul. Die pa doen die lekker dinge. Ek doen die terrible dinge, maar tog is hy ontsettend lief vir my. Gister het ek n uitval met hom gehad waar ek hom geskel het dat die trane loop, toe voel ek so sleg. Moeder A: My groot storie is volgende jaar. Waarheen volgende jaar? Ek soek n klein skool met minder leerders in. Ons het hom nou ingeskryf by Landbouskool. Dit is ook maar n... is dit die regte ding? Maar soos ek in my binnenste voel, hy het struktuur by die huis gehad. Ek was sy struktuur! Ek was sy fluitjie en sy klokkie. Hy het nou n koshuis nodig met tye en klokke. Ek het

nog nie vir die hoof gesê ek het n probleem nie. Ek voel ek moet, maar ek gaan dit eers in die nuwe jaar doen wanneer die kinders ingeskryf word. Ek gaan sê: Luister, dit is n ADD-kind, net soos n epileptiese kind of suikersiekte. Die mense moet weet van hom en dit hanteer. Hy moet voor in die klas sit. Hy moet medikasie drink. Ek wil probeer dat hy alleen in n kantoortjie sit om te leer, want hulle is 4-4 of 6-6 in n kamer. So daai dinge moet ek gaan uitpluis. Ek gaan dit nie voor die tyd vir hulle sê nie. Hoekom moet ek hom label voor die tyd? Moeder B: Weet jy hoekom het ons hom op Ritalin gesit? Ons het gehuil, ons het baklei. Dit was n verskriklike stryd. Ek kon dit net nie meer aan my kind doen nie. Jy het soveel skade gedoen, terwyl jy probeer goed doen. Hy het my geassosieer as die absolute boef in die speurverhaal. Dit is my ma wat my dwing om hier te sit. Dit is my ma wat my dwing om te leer. Dit is my ma wat met my raas omdat ek lelik skryf. Selfs nou nog moet ek mooi werk om hom te kry dat ek sy werk vra. Hy wil nie, want hmm hy is nog steeds half negatief gesind teenoor my omdat dit ontaard het in n tranedal. Òf hy òf ek huil. Moeder B: Ek bekommer my oor die toekoms. Wat gaan in die hoërskool gebeur? Waarheen gaan hy? Gaan hy dit baas raak? En sy social skills, want dit is belangrik. Jou social skills is wat jou laat uitstaan tussen ander. In die gevalle waar vroeë diagnose van ATHV gemaak is en waar medikasie by (die meeste van) die ATHV-leerders gebruik word, is die akkumulatiewe effek van toenemende ouderdom en gepaardgaande ATHV-simptome nie so akuut deur die gesin ervaar nie. Die bywoning van n ATHV-ondersteuningsgroep dra grootliks by tot die ouers se aanvaarding en begrip van ATHV by hul kind, asook moontlik hulself. Sommige moeders van die ATHV-leerders rapporteer terugskouend dat aandagtekort, asook impulsiwiteit, steeds by hulle as ouers voorkom. Die meerderheid moeders rapporteer dat insig en begrip van ATHV-simptome en die gevolge daarvan hul in staat stel om positiewe hanteringstyle te volg. Hierdie begrip en insig is waarskynlik die gevolg van bywoning van die plaaslike ATHVondersteuningsgroep vir ouers. Feitelik elke moeder vermeld dat alhoewel sy die primêre versorger van haar ATHV-seun is, beleef sy dat die vader van die ATHV-seun positief betrokke is in

die hantering van die ATHV-kind. Hierdie wete ondersteun die moeder in die hantering van haar ATHV-kind. Die ouers van ATHV-leerders verkry mettertyd insig in die wyse waarop die ATHV-lyer en die simptome hanteer kan word, na n aanvanklike tydperk van onsekerheid. Met verloop van tyd word groter insig en begrip verkry, deels as gevolg van die bywoning van n ATHV-ondersteuningsgroep vir ouers. Soos die ATHV-leerder ouer word, aanvaar die moeder ATHV as n kroniese versteuring en beleef sy n behoefte om haar los te maak van ooridentifisering van haar kind. Die navorser gaan vervolgens n aantal uittreksels uit die onderhoude met die moeders uitlig, wat hulle belewenisse van die bogenoemde prosesse illustreer. Die waarnemings van veral moeders A, B en E is insiggewend. Moeder A: Ek wil nie meer so alles weet wat in sy lewe aangaan nie. Ek kyk ook nie meer so baie na sy modules om te kyk of hy 5 uit 10 óf 10 uit 10 het nie. Hy doen sy ding. Die juffrouens sê hy is n pragtige kind. Hy probeer sy bes. Sy opmerkings in sy rapport is hy werk hard. Ek het vir myself ook gesê ek gaan nooit hierdie kind laat herhaal nie. Vir wat? Om vir n 50 persent n 70 persent te kry? Ek wil hom so gou as moontlik deur die skool kry. Dit is vir my important. Moeder B: Nou is ek op n punt van aanvaarding. Ek het nou daar gekom dat ek besef dit is my kind. Dit is sý probleem en vir my gaan dit nou daaroor dat hy gelukkig is. Ek leer hom op hierdie stadium net een ding en dit is: Mamma gee nie om wat jy is nie. Julle kan presteer of krepeer. Ek is daar vir jou. Maak nie vir my saak wat jy eendag in die lewe word nie. Jy hoef nie n top pos iewers te hê nie! Jy hoef nie n akademiese wonder te wees nie. Wees n goed aangepaste mens met n hart. Sy juffrou sê nou die dag vir my hy is n gentleman. Dit beteken vir my meer as hy is n prefek of so iets. Moeder E: Daar is n kans dat hy nie kan teruggaan na die hoofstroom toe nie. Ek het glad nie n probleem daarmee nie. Ek besef dat vir hom om te... volgens sy vermoë te presteer, gaan dit dalk die beste wees om daar te bly. Hulle is tien, 11 kinders in die klas en daar is nie n manier wat sy aandag so afgelei kan word dat hy so swak kan doen nie. Hulle konsentreer so op daai kind se behoeftes dat hy net tot die beste van sy vermoë sal kan presteer. So ek het vrede daarmee gemaak dat hy as hy daar klaar is en hy moet van standerd 7 Jan Krielskool toe,

dan is dit sy pad. Ek het glad nie illusies van my kind wat hierdie tweede Einstein gaan wees nie. My kind, vir my, moet gelukkig wees en hy is! My kind, vir my, moet weet wat hy moet doen in sy skool, wat van hom verwag word as mens, as student en net as kind. Ek is 100 persent, inteendeel 200 persent seker daarvan dat hy nou weet waarheen hy op pad is. Die moeders gaan deur verskillende fases van aanvaarding van ATHV wat n verband toon met die ouderdom van die ATHV-leerder. n Aanhaling van moeder G (as moeder van die jongste ATHV-leerder in hierdie steekproef) word ook ingesluit as illustrasie van die proses van aanvaarding waardeur die ouers gaan. Navorser: Hoe het jou man gevoel oor die juffrou se bevindinge? Moeder G: Uhm, baie ontsteld, wou dit nie glo nie, uhm ja, ons wou dit altwee eintlik nie glo nie. Hy t gedink, hy t gesê, sy [die onderwyseres] praat nonsens. Daar is niks fout met sy kind nie. Toe het die skool hierdie ondersteuningaande geloods... Na hy daar was, toe verstaan hy meer, jy weet. Hy was self die een wat hom na die pediater toe ook geneem het. Ek kon ongelukkig nie daai dag saamgaan nie. Ek dink hy het dit begin aanvaar, maar aanvanklik het hy dit glad nie aanvaar nie. Ek moet sê ek het dit ook self nie aanvaar nie. Die meeste moeders rapporteer dat insig en begrip van ATHV-simptome en die gevolge daarvan hulle in staat stel om positiewe hanteringstyle te volg. 4.4 PROBLEME WAT TYDENS DIE ONDERSOEK ONDERVIND IS Die gebruik van n kwalitatiewe navorsingsmetode in hierdie ondersoek lei tot n unieke weergawe van elke proefpersoon se waarneming en definiëring van die fenomeen wat ondersoek word. Die volgende leemtes is egter ten opsigte van die navorsing ondervind: Die beperkte omvang van die ondersoek het tot gevolg gehad dat slegs n oorsig van die navorsingsprobleem onderneem kon word. Dit laat ruimte vir n diepgaande studie van die onderwerp Die belewenis van moeders van ATHVleerders.

Slegs n beperkte aantal proefpersone, naamlik sewe moeders van ATHVleerders, is by die empiriese ondersoek betrek wat die veralgemening van die bevindinge beperk. Aangesien die proefpersone nie die volle populasie van moeders van ATHVleerders verteenwoordig nie, kan die resultate uit die ondersoek nie tot die breër populasie veralgemeen word nie. Bevindige kan net tendense aandui, wat weer verdere navorsing kan aanspoor. Bevindinge kan nie sonder meer veralgemeen word nie, aangesien elke proefpersoon se definiëring van die wêreld en die fenomeen wat ondersoek word, uniek is. Die belangrikste nadeel van ongestruktureerde onderhoudsvoering is dat dit tydrowend is en baie data bied wat georden, geïnterpreteer, gekodeer en met mekaar vergelyk moet word. 4.5 ASPEKTE WAT VERDERE NAVORSING REGVERDIG Voortspruitend uit hierdie ondersoek, word aanbeveel dat die volgende onderwerpe moontlik verdere navorsing regverdig: Spesifieke en/of verwante eienskappe wat aanleiding gee tot die siklus van probleemgedrag en ontoereikende ouerlike sorg Die wyse waarop n ouer met ATHV sy/haar ATHV-kind se gedrag waarneem/beleef en hoe ouerlike sorg daardeur beïnvloed word Die rol, al dan nie, van die gebruik van medikasie (Ritalin) as n voorloper by latere dwelmmisbruik Die rol van groepwerk in uitkomsgebaseerde onderwys ten opsigte van die ATHV-leerder Effektiewe en/of aangepaste onderrigmetodes vir die ATHV-leerder Toepaslike en doeltreffende strafmaatreëls vir ATHV-leerders 4.6 TEN SLOTTE Uit die onderhoude wat die navorser met die moeders van ATHV-leerders gevoer het, wil dit voorkom asof hulle die simptome van ATHV negatief beleef. Die simptome van ATHV kan lei verskeie sekondêre gevolge inhou soos gedrags-, emosionele, sosiale en

leerprobleme by die ATHV-leerder. Die simptome van ATHV werk stremmend in op die interaksie tussen die ATHV-lyer en sy omgewing. Die moeder, as primêre versorger van haar ATHV-kind, beleef ongeduld, frustrasie, angs, woede, spanning, gevoelens van mislukking en verwerping, asook verligting tydens die grootwordproses van die ATHV-leerder. Ten slotte n aanhaling deur moeder E Ek kom agter iets klop net nie en so het ek gestoei met die kind vorentoe en agtertoe en ek het probeer raad inwin en luister maar, lees maar, maar dit maak nie hond haaraf nie, ons sukkel. Hy sukkel, hy wil nie skool toe gaan nie en ek sukkel, want ek moet hom by die skool kry. Ek moet hom aantrek soggens. Partykeer huil ek, partykeer skree ek, partykeer smeek ek, maar hy het nooit by die huis gebly nie. Ek het hom nie sommer net uitgehou nie. Hy moes net eenvoudig gaan. Partykeer het hy gehuil en gesê ja, hy is die domste kind in die skool en hy weet hy kan nie goed doen nie, maar dan sê ek net: Maar jy is slim, ek weet jy het dit. Ons moet net n manier vind vir jou om dit op papier te sit dit wat jy weet, want by die huis kan jy vir my soveel goed so vinnig antwoord en jy snap vinnig. Hierdie aanhaling is n noodkreet deur die moeder van n ATHV-kind en reflekteer die daaglikse frustrasie, hartseer en spanning wat opgesluit lê in die moeder-kind verhouding. Dit blyk duidelik uit hierdie navorsing dat die simptome van ATHV, asook die sekondêre gevolge daarvan, nie deur slegs die moeder van die ATHV-lyer hanteer kan word nie. Die vader, asook die hele skoolgemeenskap sal dit hul plig en verantwoordelikheid moet maak om ATHV-simptome by die huis en in die klaskamer te hanteer. n Multi-dissiplinêre poging, gerugsteun deur n weldeurdagte program, is n voorvereiste vir die hantering van ATHV-simptome, asook om sekondêre gevolge van ATHV tot die minimum te beperk.