NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK VAN KERKLIKE PROGRAMME OP ARMOEDE EN MAATSKAPLIKE ONGEREGTIGHEID

Vergelijkbare documenten
FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

Les 14: Entrepreneurskap

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER) CMR PROJEKPLAN

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Terugvoer van wegbreekgroepe. Algemene jaarvergadering 2015

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING

Sentraalbeplande stelsel

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

n Besigheidsplan Vraag 1: Formaat van n Besigheidsplan Pas die term in kolom A by die korrekte beskrywing in kolom B:

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER)

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

GRAAD 7 LEWENSORIENTERING

BARRETT SE TAKSONOMIE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Wellington Moeder en -Noord NG Gemeentes. Algemene vrae. * 1. Is jy manlik of vroulik? * 2. Hoe sou jy jou verhouding met Jesus Christus beskryf?

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

INHOUDSOPGAWE BLADSY HOOFSTUK 1 INLEIDING TOT DIE STUDIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

n Uitkomsgebaseerde model vir die assessering van die ontvangsjaarkind

Hoe verskil n projek van dag-tot-dag werk?

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

VOORNEMENDE HUWELIKSMAATS NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

AGRI SA SE HOLISTIESE PLAN VIR GRONDHERVORMING IN SUID AFRIKA

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Elektriese Stroombane

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Navorsingsvoorstel TITEL VAN DIE VOORSTEL

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

INLIGTINGSTUK AAN NUWE/POTENSIËLE BEHEERRAADSLEDE

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V1

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Vlotheid en intonasie

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Algemene Bevoegdheidsraad: Handleiding vir gebruik in die Kerk vir die bestuur van predikante sake 2013

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hier volg n stap-vir-stap proses wat jou kan help met die beplanning van so n Sondag:

Elizette Nel Opvoedkundige Sielkundige Paarl-skool

Nuus SIZA VISIE SIZA MISSIE SIZA PLATFORM / SEDEX INHOUD:

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

PERSONEELONTWIKKELINGSBELEID

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN. VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE. VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

BYLAE 6.5 ATIWITEITSVORM: SESSIE 5

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Transcriptie:

Hugenote Kollege 2014 NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK VAN KERKLIKE PROGRAMME OP ARMOEDE EN MAATSKAPLIKE ONGEREGTIGHEID Presented by: Aangebied deur: Nadia Von Wielligh

Vorige navorsing: Navorsing vir die Algemene Sinode deur die Hugenote Kollege (2013) dui daarop dat die NG Kerk n beduidende rol speel in terme van die verskaffing van dienste/aktiwiteite/programme wat gemik word op armoedeverligting, asook in die aanspreek van maatskaplike ongeregtigheid. Leemte wat deur huidige studie aangespreek word: Die spesifieke maatskaplike impak van hierdie diensverskaffing, soos gesien deur beide die NG Kerk as diensverskaffer en die ontvangers van dienste, is nie bekend nie.

NAVORSINGSDOEL Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid te ondersoek en te beskryf, ten einde die kerk as rolspeler se bydrae te beskryf en aanbevelings te kan maak rakende verdere ontwikkeling van dienste/aktiwiteite/programme

NAVORSINGSMETEDOLOGIE Gemengde navorsingsmetodologiese benadering: Primêre benutting van kwalitatiewe data wat aangevul is met kwantitatiewe data. Triangulasie gemengde metode navorsingsontwerp: Die kwalitatiewe en kwantitatiewe data is gelyktydig ingesamel en die twee stelle data is met mekaar vergelyk en as n eenheid aangebied. Die twee stelle data is afsonderlik ge-analiseer op grond van die eienskappe van data analise vir die onderskeie benaderings (i.e. kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings).

POPULASIE & STEEKPROEF Populasie Alle gemeentes verbonde aan die Algemene Sinode van die NG Kerk. Alle ontvangers van dienste deur NG Kerk gemeentes. Steekproef: (nie-waarskynlikheidsteekproefnemingmetode & doelbewuste steekproeftegniek) Die ontvangers van dienste onderskei nie tussen lidmate en nie-lidmate nie, aangesien hierdie studie fokus op die maatskaplike impak van die deelnemende gemeentes binne hul gemeenskappe. Die verskaffer van die diens is verteenwoordig deur leraars & lidmate wat nou betrokke is by die lewering van die dienste.

Steekproefgrootte Binne elk van die 10 sinodale areas is een stedelike en een plattelandse gemeente genader om deel te neem. Die mikpunt was dus om 20 gemeentes by die studie betrek. Twee sinodale areas, naamlik Vrystaat en Oos-Kaap, het nie aan die studie deelgeneem nie en data is ingesamel by 13 gemeentes. Twee deelnemers by elke gemeente (i.e. verskaffer en ontvanger) het deel uitgemaak van die steekproefgrootte wat dus 26 deelnemers was. Data versadiging was waargeneem na 11 onderhoude (uit 13) met ontvangers van dienste en na 9 onderhoude (uit 13) met verskaffers.

Metodes van data insameling en analise Kwalitatiewe data: Semi-gestruktureerde onderhoude Koderingmodel om temas en sub-temas te identifiseer Kwantitatiewe data: Vraelys: Nominale en ordinale vlakke van meting Statistiese beskrywing & sentrale geneighede

DIE NAVORSINGSBEVINDINGE Die doel en die aard van gemeentes se dienste Maatskaplike impak op armoede Maatskaplike impak op maatskaplike geregtigheid Die mate waartoe dienste volhoubaar is Sterkpunte & uitdagings van dienslewering deur NGK gemeentes

Die doel en aard van die gemeente se dienste Die deelnemende gemeentes se diensprogramme het nie eksklusief op armoede, werkloosheid of maatskaplike ongeregtigheid gefokus nie. Programme se fokus was op n kombinasie van hierdie aspekte. Armoede word deur 61.5% van die deelnemers beskryf as n fokus van die diens, terwyl 34.6% aangedui het dat werkloosheid, as n komponent van armoede, ook aangespreek word. Die helfte (50%) van die deelnemers het aangedui dat maatskaplike geregtigheid die fokus van dienste is.

Gevolgtrekking 1: Die deelnemende gemeentes se diensprogramme is op n kombinasie van armoede en maatskaplike ongeregtigheid gerig. Ons probeer in behoeftige persone se behoeftes te voorsien, maar veral om vir hulle liefde en hoop te gee. Aanbeveling: Programme wat daarop gemik is om armoede te verlig en te verminder moet ter selfder tyd die komponente van maatskaplike geregtigheid insluit.

Gevolgtrekking 2: Programme word soms minder gestruktureerd aangebied, terwyl ander deelnemers aandui dat die programme deur n gemeentekomittee bestuur word. Spesifieke beleid bestaan rondom hoe fondse bekom en benut word en evalueringsprosesse is in plek. Die komitees dien dan as skakel tussen die gemeentelede en die ontvangers van dienste. Ons Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid ontvang geen geld van die kerkraad. Dit is ons verantwoordelikheid om fondse te genereer. Daar is mense wat debietorders teken. Daar is ook twee deurkollektes per jaar. Aanbeveling: Alhoewel individue en groepe wat spontaan uitreik na mense in nood ondersteun en aangemoedig moet word, is die ontwikkeling van n gekoördineerde poging ook waardevol. n Komitee wat programme koördineer en bestuur moet volgens goedgekeurde beleid funksioneer en kommunikasie met die gemeente, sowel as die ontvangers (i.e. deelname en erkenning) moet aandag geniet.

Gevolgtrekking 3: Programme is daarop gemik om binne die gemeente, asook in die gemeenskap mense in nood by te staan. Dienslewering deur die gemeente binne die gemeenskap dien ook as n geleentheid om brûe te bou en verhoudings na buite te ontwikkel. Hierdie aspek word verder uitgebou wanneer gemeentes na mekaar uitreik en gesamentlik dienste lewer. Verhoudings met kerklike maatskaplike diensorganisasies help die gemeente se uitreiking na die gemeenskappe, omdat die organisasies die hele gemeenskap en nie slegs die gemeente bedien nie. Die uitreikgroep bring hulpmiddels vir die kerk en die sondagskool. Aanbeveling: Die kerk kan as brugbouer in Suid-Afrikaanse gemeenskappe optree deur: dienste van ander instellings aan te vul en/of te ondersteun verhoudings tussen verskillende kerke (bv. NG en VG Kerk gemeentes) aan te moedig en dat gemeentelede saam aan projekte werk

Gevolgtrekking 4: Dienste sluit ook die geestelike versorging van mense in nood in wanneer daar na hul fisiese behoeftes omgesien word. Praktiese hulp fokus op kos, klere, beddegoed, finansiële steun vir mediese sorg, behuising en vervoer na hulpbronne. Ander instansies se dienste word op die langtermyn ondersteun. Sodoende bereik die gemeentes n verskeidenheid behoeftige persone wat insluit bejaardes, vroue, kinders en jeug, haweloses, gestremdes en siek persone. Verskeie deelnemers is betrokke VKO programme. Bemagtiging vind plaas deur die ontwikkeling van vaardighede (insluitend finansiële vaardighede).die bemagtingsfokus is daarop gemik om potensiaal te ontwikkel en sodoende hoop te verskaf.

Aanbeveling: Die fokus van kerklike programme moet wees op: Fisiese behoeftes Skakeling met hulpbronne (tussenganger, vervoer) Bemagtiging Opleiding van leiers Vaardighede sodat mense n inkomste kan verdien Potensiaalontwikkeling Om mense te bemagtig - noodsaaklik om hul konteks te leer ken en te verstaan Deur ondersteuning van bestaande dienste kan kwesbare persone holisties ondersteun word dit sluit fisiese, praktiese en geestelike sorg in

Gevolgtrekking 5: Die ontvangers dui aan dat hulle bewus geword het van die gemeentes se dienste en programme deur advertensies, afkondigings in die gemeente, lidmate wat inligting deurgee en uitreikaksies deur die deelnemende gemeentes. Daar was n advertensie in die koerant en ander vrouens het my ook vertel van die diens. By my kerk was daar afgekondig dat die ander gemeente ons wil help Aanbeveling: n Bemarkingsplan wat fokus op die bewusmaking van die mense in nood (i.e. uitreiking), asook op die motivering van gemeenskapslede om betrokke te raak is van waarde.

Gevolgtrekking 6: Die ontvangers se behoefte is die aanspreek van hul fisiese nood, dat dit volhoubaar sal wees (dus oor n lang termyn beskikbaar) en dat dit tot bemagtiging, verandering en onafhanklikheid sal lei. Hulle dui ook aan dat hulle graag ander in soortgelyke omstandighede in die toekoms sou wou bystaan. Ek wil gehelp word om op die ou einde nie meer al hierdie probleme te kan hê nie. En dan kan ek miskien ook betrokke raak en ander mense help. Aanbeveling: Alhoewel deelname deur die ontvangers soms moeilik realiseer, word aanbeveel dat gemeentes tyd spandeer om die ontvangers te leer ken, asook en hul redes nie deelname verstaan en poog om insig by hulle te ontwikkel vir die potensiële waarde van deelname. Tyd, geduld en toewyding is hiervoor nodig.

Die maatskaplike impak op armoede Onderskeidng tussen tipes armoede: Absolute armoede: Ontbreking van noodsaaklike middels Relatiewe armoede: Maatskaplike ongeregtigheid deur n gebrek aan toegang tot dienste en geleenthede

Gevolgtrekking 1: Die aanspreek van fisiese behoeftes fokus primêr op die verskaffing van voedsel, klerasies en komberse. Dit sluit ook apparaat en toerusting vir kinderhuise, kleuterskole en ouetehuise in. Kospakkies en n weeklikse gekookte ete. Kospakkies, klere en geldelike hulp. Ons armes kry donasies. Ons kry goed wat ons nodig het. Kos en klere. Aanbeveling: Die aanspreek van onmiddelike fisiese behoeftes dra by tot ontvangers se gevoel van menswaardigheid en dien as n platform wat benut kan word om persoonlike ontwikkeling aan te spreek wat hulle in staat stel om onafhanklike te funksioneer.

Gevolgtrekking 2: Sommige gemeentes ondersteun projekte, bv VKO programme. So verseker hulle dat kinders in n gemeenskap versorg en gestimuleer word, asook dat die toesighouer as persoon ontwikkel en n inkomste kan bekom. Die Kinderklub byeenkomste met ongeveer 30 kinders een keer per week waar die kinders n kospakkie en klere op n gereelde basis ontvang. Hulle het ook al komberse gerky. Die gemeente is ook betrokke by n psigiatriese saal in Weskoppies Hospitaal. Aanbeveling: Die waarde van gemeentes se ondersteuning aan ander instansies en projekte moet nie onderskat word nie.

Gevolgtrekking 3: Behuising en vervoer word in n mindere mate verskaf. Sommige deelnemers dui wel aan hoe ontvangers met huishuur ondersteun word en ander dui aan hoe hulle ontvangers help met vervoer om by hulpbronne uit te kom....die betaal van huishuur en voedsel aan individue of gesinne in nood. Ons help met vervoer na hospitale toe. Aanbeveling: Dit is belangrik om uit te klaar watter hulpbronne, fondse en netwerke tot die gemeente se beskikking is en dan dienste hiervolgens te beplan en te bemark.

Gevolgtrekking 4: Deelnemers beklemtoon dat, wanneer ontvangers sukselvol aangemoedig word om ook deel te neem aan die implementering van die diens of om n teenprestasie te lewer, hul gevoel van menswaardigheid positief ontwikkel. Ek wil gehelp word om op die ou einde nie meer al hierdie probleme te kan hê nie. En dan kan ek miskien ook betrokke raak en ander mense help. Aanbeveling: Sluit doelgerigte aktiwiteite by dienste en programme in om ontvangers te bemagtig tot deelname.

Gevolgtrekking 5 Werkloosheid, as n deel van armoede, word aangespreek deur middel van beroepsvaardigheidsontwikkeling (die fokus is spesifiek op leierskapsvaardighede). Die helfte (50%) van die deelnemende gemeentes fokus op handvaardigheid, terwyl n minderheid fokus op inkomstegenererende projekte, begrotingsvaardighede en beroepsbeplanning. Die vroueklub leer van kosmaak, naaldwerk, en ontvang opleiding in klein besigheidjies. Aanbeveling: n Analise van talente en vaardighede van gemeentelede kan moontlik benut word om programme wat op begrotingsvaardighede en entrepreneurskap fokus te ontwikkel. Sodoende kan ontvangers leiding ontvang om hul eie vaardighede te ontwikkel en toe te pas om onafhanklik te kan funksioneer.

Gevolgtrekking 6: Persoonlike ontwikkeling word deur die bevindinge uitgewys as n aspek wat onderbeklemtoon word. Aanbeveling: Aspekte wat aandag kan geniet: leierskapsvaardighede, jeugprogramme gemik op n toekomsvisie, stimulering van gemeenskapsaktiwiteite om houdings, persepsies en gedrag te verander streshantering en die ontwikkeling van n selfbeeld, selfdissipline en selfvertroue.

Die maatskaplike impak op maatskaplike geregtigheid Fokusareas Erkenning Veiligheid Bestaansreg Beskerming Toegang tot gelyke geleenthede om dienste te ontvang en om aan aktiwiteite deel te neem Werk (werkskeppingsprojekte) Hulpbronne (netwerke re opvoeding, medies) Bemeestering van lewensvaardighede (byvoorbeeld ouerskapsvaardighede) Reg om n opinie te gee Reg om keuse uit te oefen

Gevolgtrekking 1: Gemeentelede en ontvangers fokus meestal op geleenthede om naastediens te lewer. n Minderheid van deelnemers dui aan dat gemeentelede en ontvangers bewus gemaak word van hul siviele verantwoordelikheid binne die gemeenskap en gesin. Gesprekke en bewusmaking rakende die regte van kinders, vroue en persone met gestremdhede geniet ook n mindere mate aandag. Aanbeveling: Ten einde gemeentelede en ontvangers te bemagtig behoort n sterker klem geplaas te word op die verstaan van menseregte en hoe dit met naastediens verbind word. Daar moet sterker klem gelê word op die insluiting en ondersteuning van persone met gestremdhede

Gevolgtrekking 2: Deelname, as n praktiese toepassing van maatskaplike geregtigheid, word enersyds as problematies beskryf en andersyds word voorbeelde van goeie deelname wel beskryf. Wanneer deelname plaasvind dui dit op bemagtiging en n gevoel van menswaardigheid. Wanneer dit nie plaasvind nie lei dit tot n gevoel van minderwaardigheid. Ek wil graag met respek behandel word, al is ek arm. Aanbeveling: Die stimulering van ontvangers se deelname moet oor die langtermyn hanteer word. Dit sou behels dat verhoudings gebou moet word, wedersydse insig ontwikkel moet word en dat n gesamentlike plan vir hoe deelname kan realiseer ontwikkel word. Daar moet daarteen gewaak word dat geen deelname beskou word as geen behoefte aan deelname. Ons het al uitgereik en gevra of ons kan help om n groentetuin te begin, maar hulle stel nie belang nie.

Gevolgtrekking 3: Deelname lei ook tot n gevoel van behoort wat maatskaplike geregtigheid en inklusiewe burgerskap bevorder. Aspekte wat n gevoel van behoort aanmoedig is belangstelling, die toon van respek, gereelde gesprekke en uitreikaksies. Ek was werkloos. Maar toe kom die gemeente en leer my hoe om my eie kleuterskool te begin en te bestuur. Ek is so lief vir my werk. Aanbeveling: n Gevoel van behoort hang nou saam met deelname en gedeelde verantwoordelikheid. So n verhouding waarbinne n gevoel van behoort ontstaan moet oor n tydperk ontwikkel en verg opregte belangstelling en omgee.

Gevolgtrekking 4: Die ervaring dat ontvangers se menswaardigheid erken word, word deur die meerderheid deelnemers bevestig. Kommunikasie word as n manier om erkenning te kan verleen en om ontvangers van dienste waardig te laat voel aangedui. Ons voel waardevol en dat ons aanvaar word. Hulle respekteer ook ons talente en gevoelens. Aanbeveling: Hierdie data dui op n verdere behoefte om ontvangers in te sluit by taakgroepe en om spesifieke verantwoordelikhede aan hulle toe te vertrou. Dit sou behels dat leierskapsvaardighede en bemagtiging om verantwoodelikhede uit te voer deur byvoorbeeld n mentorprogram aandag moet geniet.

Die mate waartoe dienste volhoubaar is Gevolgtrekking 1 Ontvangers word tot n mindere mate by beplanning van dienste beperk. Twee aspekte wat wel aandag geniet wanneer programme as volhoubaar beskryf word is dat die ontvanger deel uitmaak van die identifisering van probleme en behoeftes en dat verantwoordelikhede duidelik verdeel word. Konsensus word ook tot n redelike mate bereik rakende hoe behoeftes en probleme aangespreek moet word. Ek dink nie ek count nie. Daar is grootkoppe wat die besluite maak. Aanbeveling: Dit is die uitdaging om ontvangers deel van die hulpverleningsproses te maak. Daar moet ook klem geplaas word op die bereiking van konsensus rakende die doelstellings van programme. Dit moet weer lei tot realistiese verwagtinge van die diens. Deelname aan beplanning kan lei tot insigontwikkeling deurdat die ontvangers insae het tot die mannekrag, hulpbronne en fondse wat benodig word en wat beskikbaar is.

Gevolgtrekking 2 Programme wat as volhoubaar beskou word fokus hoofsaaklik op die insig rakende werklike behoeftes van ontvangers, rolle en verantwoordelikhede wat uitgeklaar en toegepas word, die bemagtiging van persone (kennis en vaardighede) en die die ontwikkeling van duidelike doelstellings. Aanbeveling: Doelstellings moet meetbaar en haalbaar wees. Beskikbaarheid van bronne moet in ag geneem word.

Sterkpunte en uitdagings van dienslewering deur NG Kerk gemeentes Gevolgtrekking 1 Die sterkpunte van kerklike programme verbind die aanspreek van armoede met n aktiewe en praktiese uitlewing van die Woord en die aanspreek van maatskaplike ongeregtigheid. Die toepassing van beginsels van respek, omgee en toewyding dra ook by tot maatskaplike geregtigheid. Die waarde van geestelike sorg as deel van dienslewering word ook beklemtoon. Deelname, asook die ontwikkeling van vaardighede en bemagtiging van gemeentelede sowel as ontvangers word verbind met volhoubaarheid. Gereelde evaluering van dienste word as n belangrike komponent van sukses uitgelig. Sukses word ook verbind met netwerke binne en buite die gemeente.

Gevolgtrekking 2 Die uitdagings: Die besikbaarheid van fondse, mannekrag en vrywilligers asook die betrokkenheid van gemeentelede by naastediens bly n uitdaging. Kommunikasie en verhoudingbou met ontvangers, professionele diensverskaffers en ander sleutelorganisasie word dikwels deur onrealistiese verwagtinge en kulturele verskille beperk.

Aanbevelings: Die geestelike onderbou van kerklike programme ondersteun maatskaplike geregtigheid en moet deel uitmaak van diensprogramme. Gemeentes moet bemagtig word vir die praktiese uitlewing van naasteliefde. Deelname en bemagtiging van ontvangers dra by tot sukses. Alhoewel dit n uitdaging is sal hierdie aspek spesifieke aandag moet geniet. Netwerke en verhoudings binne die gemeente en met ander gemeentes en organisasies moet aandag geniet, aangesien dit met sukses verbind word. Kommunikasie geleenthede moet ontwikkel en geskep word om as brugbouer te dien.

SLOTSOM Die bevindinge van hierdie studie bevestig dat die kerklike programme van die NG Kerk wel n maatskaplike impak het Die bevindinge in hierdie studie dui daarop dat verskaffers die werklike behoeftes van ontvangers ondersoek, dat rolle en verantwoordelikhede duidelik omskryf is en dat die betrokkenes bemagtig word om hierdie rolle en verantwoordelikhede te kan uitvoer Aspekte wat verder aandag kan geniet is die duidelike omskrywing van doelstellings en die evaluering van programme. Programme fokus op beide die aanspreek van armoede en van maatskaplike ongeregtigheid Die ontwikkeling van n positiewe selfbeeld en selfwaarde kan verder uitgebrei word binne kerklike programme. Die bevindinge illustreer hoe gemeentes poog om potensiaal te ontwikkel en ook om mense van hoop en menswaardigheid te voorsien. Programme maak gebruik van vrywilligers waar die praktiese uitlewing van naastediens waargeneem word en die visie en doel van kerklike programme word beskryf as die praktiese uitlewing van geloof.

Gesins- en jeugprogramme kan steeds meer aandag geniet. Die belangrikheid van vennootskappe tussen die verskillende rolspelers word erken maar ter selfder tyd aangedien as n uitdaging. Toekomstige beplanning van programme kan dus ook insluit dat netwerkontwikkeling as n projek op sy eie beskou word (Nasionale Ontwikkelingsplan 2030, 2011:14). Maatskaplike ongeregtigheid word aangespreek binne die raamwerk van dienste wat armoede aanspreek. Dit manifesteer in menswaardige en respekvolle behandeling van ontvangers, toegang tot dienste (insluiting van nie-lidmate) en die geleenthede vir ontwikkeling wat binne programme geskep word. Genoemde ontwikkelingsgerigte dienste fokus op leierskap en individuele en kollektiewe verantwoordelikheid, terwyl deelname en samewerking steeds uitdagings bied.