Geloofsbelydenis: Nicea Na die wet bely ons voor God die vergifnis van ons sondeskuld met Psalm 36:2 (p. 179) Wet Psalm 36:2 (p.

Vergelijkbare documenten
Jesaja sien die Toekoms

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Welkom by Die Storie God se storie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

n Tempel Leier besoek Jesus

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Goeie Konings, Slegte Konings

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die Groot Gebod dennis de wet

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Les 2 vir 13 Oktober 2018


Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Toe God alles gemaak het

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Toe God alles gemaak het

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

n Dubbele kruis-belydenis

Geroep vir Gemeenskap

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Van Vervolger tot Prediker

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

'n Man gestuur deur God

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Sing vooraf: Skrifberyming 17-2:3, 4 (18:3, 4)

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Sing vooraf staande: Psalm 119:33 (p. 593)

2. Die skepping van die mens

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jona en die Groot Vis

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Sing vooraf: Psalm 16:5 (p. 62)

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

God eer Josef die slaaf

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd.

Sing vooraf staande: Psalm 119:62 (p. 598)

Petrus en die Krag van Gebed

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Geloofsbelydenis: Apostolicum Na die wet sing ons Psalm 67:1 (p. 326). Wet Psalm 67:1 (p. 326)

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Die Kerk se Geboorte

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Sing vooraf: Skrifberyming 4-6 (nuut)

Baie welkom by vanoggend se erediens

Sing vooraf staande: Psalm 20:1, 2, 5 (p. 90)

O Here, hoor my gebed. Liturgie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Preek Romeine 1:16-17

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

21. Die koning word gesalf

Van Vervolger tot Prediker

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Sing vooraf staande: Psalm 98:4 (p. 489)

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Sing vooraf: Psalm 95:6 (p. 478)

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Transcriptie:

Sing vooraf: Psalm 146:1, 8 (p. 700) 1 Prys die HEER met blye galme, o my siel, daar s ryke stof! k Sal, solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof en Hom, wat sy guns my bied, altyd groot maak in my lied. 8 Dis die God der leërmagte, troue Bondsgod van weleer, God van wordende geslagte, tot in ewigheid die HEER. Sion, sing die God ter eer, prys sy grootheid, loof die HEER! Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 145:1, 2, 12 (p. 696) 1 U Naam, o HEER, so hoog in heerlikheid, / wil ek verhef vir ewig en altyd; u Konings-eer wat alle krone oorstraal, / wil ek verhoog in onvermoeide taal. 2 Die HEER is groot, daar is geen sanggeluid / wat ooit sy lof in volle waarde uit! Dit is n see waar niemand in kan meet, / dit is n vloed waar ons geen grond van weet. 12 Maar nou, my siel, waar eindig ooit Gods eer?... / Nog sal ek uitroep: Lof! Lof aan die HEER! Laat alle vlees vir ewig en altyd / sy Naam verhef so hoog in heerlikheid! Geloofsbelydenis: Nicea Na die wet bely ons voor God die vergifnis van ons sondeskuld met Psalm 36:2 (p. 179) Wet Psalm 36:2 (p. 179) 2 U goedheid, HEER, is hemelhoog; / u waarheid tot die wolkeboog; / u reg sal nooit begewe, maar staan soos berge, vas van voet; / u oordeel is n diepe vloed; / U sorg vir al wat lewe. Hoe kost lik is u guns, o God! / Hoe vlug die mensekinders tot / u vleuels vir beskerming! Hul smaak die vette van u huis; / U laaf hul uit n stroom wat bruis / uit dieptes van ontferming. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 73:9, 10 9 Hoe voel ek nou my sondesmart! / Toe ek, verbitterd in my hart, in eie warnet ingewikkel, / diep in my niere was geprikkel, was ek voor U, o wyse God, / in al my woorde dwaas, n sot. Ek was, vir alle wysheid sku, / net soos n domme dier by U. 10 Nogtans sal k altyd by U bly; / niks sal my van u liefde skei U wat my regterhand gevat het, / vir wie k van harte liefgehad het. U sal my voortlei deur u raad, / O God, my Hulp, my Toeverlaat, en na die dag van aardse stryd, / my opneem in u heerlikheid. 1

Skriflesing: Jesaja 7 en Lukas 1 Teks: Jesaja 7:14 en Lukas 1:32 Daarom sal die HERE self aan julle n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en n seun baar en hom Immánuel noem. (Jesaja 7:14 AFR1953) Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, (Lukas 1:32 AFR1953) Toe hierdie Kind gebore is, het Hy weer aan ons lewe betekenis gegee. Hy het ons deel gemaak van sy ewige koninkryk, waar Hy as Ewige Koning oor ons sal regeer. In daardie ryk sal ons volmaakte mense wees wat in n onskendbare verhouding met God sal lewe. Wie of wat het die eerste mense wat in die Nuwe-Testamentiese tyd gewag het op die koms van die Verlosser, verwag? Op die stadium toe die engel Gabriël aan Maria verskyn het, het hulle al die volledige Ou Testament gehad met al die voorspellings wat daarin geskryf is. Dit is egter nie so maklik om elke profetiese woord in sy volle betekenis te verstaan as jy vooruit moet lees nie. Vir ons is dit maklik om agteruit te kyk in die geskiedenis en dan presies te verstaan wat die Ou Testament met sekere uitsprake bedoel het, want ons het die uitsprake in die Bybel en die geskiedenis van die Here Jesus se lewe wat ons langs mekaar kan sit. Daarom het ons meer van die openbaring van die Here as wat hulle gehad het dus ook meer genade. Kom ons kyk na enkele van die profetiese uitsprake waaruit hulle moes weet Wie die Verlosser is en wanneer Hy sou kom. Die profeet Jesaja het byvoorbeeld voorspel dat die Verlosser uit n maagd gebore sou word: Daarom sal die HERE self aan julle n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en n seun baar en hom Immánuel noem. (Jesaja 7:14 AFR1953) Die vraag is nou net: Hoe sou hulle weet as daar iewers in hulle land n maagd swanger raak? Volgens die wette van die Ou Testament moes n ongetroude meisie wat swanger raak in elk geval dadelik doodgemaak word. Die saak sou nooit bekend kon word nie. Daarom kom kondig die engel dit aan. Die Gees van die Here sal Maria oorskadu en sy sal swanger word. Ons sien in hierdie gebeurtenis hoe die profesie van Jesaja (7:14) in vervulling gaan. Die Here verander nooit. Dinge wat Hy een keer gesê het, bly altyd dieselfde en beteken ook altyd dieselfde. Ons sien dit in die boodskap wat die engel Gabriël vir Maria gee. Hy sê geen nuwe dinge nie, want hy haal net bekende woorde uit die profesieë aan: Hy haal die woorde van die Here aan Dawid aan (2 Samuel 7:14vv) en toon dan aan dat daardie woorde nou in Jesus Christus se geboorte in vervulling gaan. Gabriël het n paar dinge vir Maria gesê wat elkeen die betekenis wat Jesus sou hê uitgelig het. Hy het haar aangesê om haar kind die naam Jesus te gee. Met hierdie Naam dui die Here aan dat Hy deur hierdie Kind ruimte maak: 2

o o o Hy verlos ons van die benoudheid van ons sondes. Hy gaan ons uit die sondeskuld en vloek van die sonde en die ewige dood wat deur die sonde vir ons voorlê, uitruk. Hy gaan ons pad omkeer ons pad van ondergang gaan n pad van heerlikheid en vryheid word. Daarna kondig Gabriël aan dat hierdie kind groot gaan wees. Hy gaan groot wees in die volstrekte sin van die woord: Hy gaan niemand se kneg wees nie. Hy gaan in Homself die onbeperktheid en grootheid hê wat te groot gaan wees vir n mens se verstand om te verstaan. Hy gaan so groot wees dat Hy die Seun van die Allerhoogste genoem gaan word. Dit beteken eenvoudig dat hierdie Seun dieselfde grootheid en heerlikheid as die allerhoogste God gaan hê, omdat dit presies gaan wees Wie Hy is. Die kind wat gebore gaan word, word aangekondig as Wesens-een met God. Hy sal wees Wie sy Naam sê dat Hy is, en dit sal aan almal openlik geopenbaar word in sy optrede. Gabriël openbaar dat die Here n baie ou profesie in vervulling laat gaan. Ons lees hierdie profesie in 2 Samuel 7:12-16. Die Here het Natan na Dawid toe gestuur om vir hom te gaan sê dat hy nie vir die Here n tempel kan bou nie. Die Here het egter belowe dat daar iemand uit Dawid gebore sou word wat wel die tempel mag bou. Ons weet dat daardie profesie eintlik n dubbele betekenis gehad het omdat dit sekerlik in die eerste plek na Salomo verwys het wat na Dawid se dood die tempel in Jerusalem gebou het. As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig. Hy sal vir my Naam n huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid. Ek sal vir hom n vader wees, en hy sal vir My n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met n menslike roede en met slae van mensekinders. Maar my goedertierenheid sal van hom nie wyk nie, soos Ek dit onttrek het aan Saul wat Ek voor jou aangesig verwyder het. En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vasstaan tot in ewigheid. (2 Samuel 7:12-16 AFR1953) Gabriël werp nog meer lig op daardie profesie en toon aan dat Salomo en sy tempelbouery net n voorspel was van die Here Jesus se Koningskap en sy oprigting van die ewige tempel van God. Met die geboorte van hierdie Kind van Maria het daardie profesie dus sy volle beslag gekry. Daar is meer dinge wat betekenis kry in hierdie verwysing van Gabriël na Dawid se koningskap wat in Jesus in vervulling gaan. Jesus gaan sy koningskap deur baie lyding verwerf. Dawid was iemand wat sy koningskap deur baie lyding in die hande gekry het. Hy moes baie lank vir sy lewe vlug voor Saul. Daarna was hy aanvanklik ook nie deur sy hele volk aanvaar nie. Hy was eers vir sewe jaar koning in Hebron voordat hy Jerusalem toe oorgeskuif het om die hele volk onder hom te verenig. Daarby was Dawid by uitstek n oorlogkoning. Hy het sy hele lewe lank oorlog gemaak en al Israel se vyande verslaan. So het dit moontlik geword dat Salomo in n lang vredestydperk die tempel van die Here kon bou. Die profesie het dus ook vooruitgesê dat Jesus Koning sal wees op Dawid se troon volgens die styl wat Dawid die troon bestyg. Die Here Jesus se lewe sou gekenmerk word deur n hewige magstryd teen die bose geeste 3

onder die aanvoering van die Satan en die mense van sy tyd. Dit was ook so, want die kerklike owerhede was die eintlike mense wat Jesus vervolg en teëgestaan het juis hulle wat van beter moes geweet het. Hy sou letterlik in n oorlog teen die mag van die dood te staan kom. In hierdie stryd sou hy nie, soos Dawid, n leër hê wat Hom bystaan nie. Ons weet dat Hy aan die kruis letterlik alleen teen die dood en die angs van die hel moes veg. Die wat daar om die kruis gestaan het, het dit vir ons as n nalatenskap neergeskryf dat Jesus dit uitgeroep het dat God Hom verlaat het. Dawid se oorloë was al n voorspel nie net van hierdie geveg nie maar ook van die oorwinning. Die Here Jesus het die dood oorwin en daarmee sy mag en almag oor sy koninkryk bevestig. Gabriël het nog meer te sê gehad. Die Here Jesus se onderdane sal die huis van Jakob wees. Waarom word Jakob se naam gebruik? Omdat die genade vir ons nog skerper deurbreek in hierdie naam. Jakob was die een van die tweeling vir wie die Here lief was (Romeine 9). Maar hy was die een wat met sy streke baie swak presteer het in sy geloof. Hy was ook die een wat deur die Here opgesoek is by Pniël en letterlik met geweld teruggeruk is in die besef dat Hy aan God behoort en daarom aan Hom gehoorsaam moet wees. Daarom het Jakob sy oudag met rus en vrede ingegaan. Hy het die verlossende almag van God geken en het sy lewenstevredenheid daarin gevind. Op sy sterfbed het Jakob profeties die koms en die koningskap van hierdie Kind van Maria gesien toe hy vir Juda gesê het dat die septer nie van Juda sal wyk nie. Die Here Jesus se aardse vader, Josef, is uit die stam van Juda. Jakob het ook geprofeteer dat hierdie Koning sal regeer totdat Silo kom en dat al die volke aan Hom gehoorsaam sal wees (Genesis 49:10). Dit is duidelik dat Jakob met hierdie woorde die hiernamaals bedoel waar alle gelowiges uit alle volke, nasies en tale in aanbidding voor die Here Jesus sal buig. Jakob staan dus vir die uitverkorenes wat in hulle sonde deur God tot bekering gebring word mense wat gelei word deur God die Heilige Gees, sodat hulle kan opstaan uit hulle sonde en tydens hulle lewe groei in heiligwording. Ons dra die kenmerke wat deur die naam Jakob gesimboliseer word. Elke stukkie van die lewe rondom ons is deur die sonde verskerf. Ons ken werksdruk. Spanning tussen mense is deel van ons daaglikse bestaan. Haat en moord is seker die volopste wat dit in die geskiedenis was. Al is ons mediese wetenskap so goed en ver ontwikkel, is siekte en lyding oral om ons. In ons geestelike lewe is dit niks anders nie. Ons almal se verlede is deurtrek met verkeerdhede. Geeneen van ons is nie met die smet van sonde besmeer nie. Baie van ons gedagtes en dade is n verleentheid vir die soenbloed van die Here Jesus Christus. 4

Vir sulke mense is die Here Jesus gebore. Sy koms het ons lewe weer betekenis gegee. Hy het na ons wêreld toe gekom om mense soos ons, by wyse van spreke, uit die ewige dood uit te begelei in die ewige lewe in. Hy het nie net weer aan ons lewe betekenis gegee nie. Hy het ons deel gemaak van sy ewige koninkryk, waar Hy as Ewige Koning oor ons sal regeer. In daardie ryk sal ons ook nie meer n Jakobsgeslag wees nie. Daar sal ons volmaakte mense wees wat in n onskendbare verhouding met God sal lewe. Wanneer hierdie profesie finaal in vervulling gaan met die wederkoms, sien ons Gabriël se woorde in hulle volle werklikheid. Die Here Jesus kom dan nie weer as n kind wat uit n maagd gebore word om n mensgeslag se sondes met God te versoen nie. Hy kom as die Ewige en Almagtige die Regeerder oor dood en lewe. Hy is op daardie oomblik omstraal met Goddelike heerlikheid. Hy sal groot wees die Allerhoogste Self. Voor sy Goddelike troon buig elke knie en aanbid Hom en gee aan Hom die eer as die Ewige en Oneindige. Slotgebed Slotpsalm 72:11 (p. 363) 11 Sy Naam, bo alle naam verhewe, / sy uit eerbiedenis die volle roem en eer gegewe / so lank daar wêreld is! En laat so ver die sonlig bewe, / so ver die sonpyl skiet, sy heerlikheid die aarde oorswewe! / En Amen sê my lied! Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 23 Desember 2007 (oggend) 5