Elisabeth Eybers Twee kleuters in die Vondelpark bly staan n klein oneindigheid land hand-in-hand. Smetloos geteken dryf die dubbelswaan: gesplete hart van hals en dubbelhals, geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan, geslote snawel dynserig vervals met eenkant lug en water anderkant. Versadig van die roerlose gesig pluk hy-die seuntjie-plotseling aan haar hand vir verdergaan, sleep haar tot ewewig as sy nog strompelend omkyk na die swaan. Verby die bome druis die straatrumoer. Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer, bromfiets tot motor, sal hy konstateer -die wiel sy odeteken-dat hy lid is van die kollektiewe Lilliput. Maar sy sien webbe onderwater roer. Miskien is dit die laaste dag van staar en grondelose verwondering. Wat sou hy, weerloos wordend, wees oor dertig jaar? n Saaklike barbaar, n fyn sadis, n doktrinêre Hollandse meneer? En sy n druk slagvaardige mevrou met n allure van dit-is-soos-dit-is? Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer.
Agtergrond Die Vondelpark is geleë in Amsterdam, hoofstad van Nederland. Die park is vernoem na n beroemde Nederlandse digter en dramaturg, Joost van den Vondel, wat in die sewentiende eeu gelewe het. Stedelinge wat die kalm natuur wil geniet en van die stad se rumoer wil ontvlug, besoek die park gereeld. Daar is dikwels swane op die meer in die Vondelpark. In Jonathan Swift se satire Gulliver s Travels is Lilliput n land van klein en kleingeestige mense. Hierdie gedig kom uit Eybers se bundle Balans wat, soos die title impliseer gemoeid is met die mens se strewe na balans. Opsomming Twee klein kindertjies kyk vol verwondering en hand-in-hand na die dubbelbeeld van n swaan en sy weerkaatsing op die water. Die seuntjie raak verveeld en trek die meisietjie ongeduldig weg terwyl sy nog wil kyk. Die spreke spekuleer dan oor wat in die toekoms van die kinders gaan word. Die seun sal grootword en moontlik deel word van die materiële, kleinlike massa en miskien n onbetrokke, sadistiese, dogmatiese mens word. Die meisie, wat nou nog bewus van die geheimsinnige en die mistieke is, sal dalk n altyd besige, konvensionele mens word wat heeltemal deel is van die samelewing. Ontleding Titel Die titel sluit aan by die eerste deel van die gedig waar die twee kinders in die park na die swaan en sy weerkaatsing kyk. Die kinders se kinderlike verwondering oor die dubbelbeeld kan aansluit by die geïmpliseerde verwysing na die kreatiewe in die naam van die park, wat na n skeppende kunstenaar vernoem is. Tema Die verlies van die kinderlike vermoë om verwondering te ervaar wat met grootword gepaardgaan, en die meegaande verlies van balans. Woordkeuse, stemming, beeldspraak en stylfigure Die progressive in die woordgebruik van twee kleuters (titel en reël 1), wat kinderlike eenvoud en naïewe onskuld oproep, na seuntjie (strofe 3) en meisietjie, na meneer en mevrou (strofe 7), loop parallel met die tematiese ontwikkeling in die gedig. Soos wat die kinders grootword, verloor hulle hul vermoë om verwondering te ervaar, asook hul balans met die natuur, mekaar en in hulself. Uiteindelik is hulle as volwassenes as t ware die teenoorgestelde van wat hulle as kinders was. In strofe 1 beklemtoon die plasing van die woorde bly staan aan die einde van reël 1 die mate van die kinders se verdieptheid in die natuurbeeld, en hand-in-hand beklemtoon die eenheid tussen die twee kinders in hulle verwondering oor die swaan en sy beeld. Die beskrywing van hulle oomblik van verwondering as n klein oneindigheid skakel met grondlose verwondering (strofe 7) en beklemtoon die skoonheid en suiwerheid van die oomblik die twee kinders is in balans met hulle omgewing, met mekaar en met hulself. In strofe 3 word die seun se ongeduld uitgedruk in woorde soos pluk plotseling en sleep, terwyl die meisie se volgehoue fassinering met die swaan duidelik is wanneer sy omkyk. Die word strompelend dui op die versteuring van die balans wat daar in strofe 1 en 2 bestaan het, en verdergaan sluit aan by promoveer (strove 5), wat op die seuntjie se pad vorentoe wys.
In strofe 5 vorm die progressive in van skopfiets (seuntjie), trapfiets (seun), bromfiets (tiener) tot motor (volwassene) n parallel met die seuntjie se grootwordproses, terwyl konstateer aansluit by sy rigiditeit wat deur die spreker verwag word. Die beklemtoning van sy (strofe 6) beklemtoon hoe die meisietjie van die seuntjie verskil in teenstelling met hom, is sy nog bewus van die geheimsinnige. In strofe 7 verwys Saaklike barbaar, fyn sadis en doktrinêre meneer na hoe die seuntjie geprojekteer word, terwyl druk slagvaardige mevrou / met n allure van dit-is-soos-dit-is aansluit by die projeksie van die meisie. Hierdie beskrywing van haar vorm n sterk teenstelling met Maar sy sien webbe onderwater roer (strofe 6). Voorbeelde van beeldspraak en stylfigure: Die herhaling van klanke en woorde in strofe 2 ( dryf die dubbelswaan ; dubbelswaan dubbelhals dubbelvlerk ; gesplete, geskulpte, geslote ; eenkant, anderkant, hals, dubbelhals ; vlerk, dubbelvlerk ) beklemtoon die rustige beweging van die swaan en die rustige stemming. Die herhaling van die word bly in die slot versreël sluit aan by bly staan in reël 1, maar verwys hier na die swaan, wat, anders as die kinders, konstant bly. Die klanknabootsing in druis (strofe 4) gee die stads geraas doeltreffend weer. Die metafoor in die kollektiewe Lilliput strofe 5) beklemtoon dat daar verwag word dat die seuntjie een van die massa kleinlikes gaan word. Saaklike barbaar (strofe 7) is n oksimoron omdat saaklike discipline suggereer, wat teenstrydig met barbaar is. Vers- en strofebou Die eerste drie strofes vorm n eenheid; strofe 4 staan op sy eie; strofe 5 tot 7 vorm n eenheid, en strofe 8 sluit by die eerste twee strofes aan. Die eerste koeplet ondersteun die kinders se kinderlikheid en die feit dat hulle verenig is in n oomblik van verwondering. Die rympatroon in die eerste drie strofes (ab acacb dbda) en die rympatroon in die laaste vyf strofes (e ffgg e hihjfij f) help om die eerste drie en die laaste vyf strofes n eenheid te maak. Die gedig eindig met die verwysing na die swaan wat oor sy dubbelbeeld gekeer bly, anders as die kinders, wat na verwagting gaan verander. Hierdie teruggryp na die swaan help om die gedig n doeltreffende en afgeronde eenheid te maak. Rym, ritme, punktuasie Die rymskema in strofe 1 en 2 (ab acacb) beklemtoon die balans tussen die twee kleuters, die werklikheid en die weerspieëling, en die mens en die natuur. Die rympatroon in die eerste drie strofes (ab acacb dbda) help om hierdie drie stores n eenheid te maak, terwyl die rympatroon in die laaste vyf strofes (e ffgg e hihjfij f) daartoe bydra om hierdie vyf strofes n eenheid te maak.
Die vernuftige rympatroon en die gebruik van halfrym verleen aan die gedig n vloeiende ritme. Die vraagtekens in strofe 7 bevestig dat daar gespekuleer word oor wat eendag van die seuntjie en meisietjie gaan word. Voorbeelde van alliterasie en assonansie: Strofe 1: Strofe 2: Strofe 3: Strofe 4: Strofe 5: Strofe 6 Strofe 7: Strofe 8: klein oneindigheid dryf die dubbelswaan ; hart van hals en dubbelhals ; geslote snawel deinserig vervals pluk plotseling ; aan haar hand ; as sy nog strompelend omkyk na die swaan verby die bome skopfiets tot trapfiets ; skopfiets tot trapfiets bromfiets tot motor ; bromfiets tot motor ; lid / is van die kollektiewe Lilliput webbe onderwater ; onderwater roer laaste dag van staar ; grondelose verwondering ; weerloos wordend, wees ; oor dertig jaar? / n Saaklike barbaar slagvaardige mevrou bly oor sy dubbelbeeld gekeer.
Eksamenvoorbereiding Kortvrae 1. Bespreek die volgende in strofe 1: 1.1. die woordkeuse van kleuters 1.2. die posisie van bly staan 1.3. die verwysing na n klein oneindigheid 1.4. die woordkeuse van hand-in-hand. 2. Watter rol speel die herhaling van klanke en woorde in strofe 2? 3. Dink jy versadig is n doeltreffende woordkeuse in reël 8? Motiveer. 4. Bespreek die funksie van die alliterasie in reël 9. 5. Lewer kommentaar op die keuse van werkwoorde in reël 10 en 11. 6. Watter word in strofe 3 sluit specified by die tema aan? Verduidelik. 7. Bespreek die moontlike dubbele betekenis van verdergaan (reël 10). 8. Verduidelik die woorde die wiel sy ordeteken (reël 15). 9. Waarna verwys die kollektiewe Lilliput (reël 16)? 10. By watter word in strofe 3 sluit reël 17 aan? 11. Bespreek die gebruik van die voegwoord in reël 17. 12. Bespreek die betekenis van reël 18 en 19. 13. Verduidelik die betekenis van weerloos wordend (reël 20). 14. Waarom kan Saaklike barbaar (reël 21) as n oksimoron beskou word? 15. Wat sê die woorde meneer en mevrou in strofe 7 van die twee mense? 16. Lewer kommentaar op die woordkeuse van slagvaardige (reël 23). 17. Evalueer kortliks watter ontwikkeling in die twee kinders plaasgevind het. 18. Dink jy die slot versreël is doeltreffend? Motiveer. Opstel vrae 1. Ontleed hoe die progressie by die tema aansluit. (15) 2. Bespreek die doeltreffendheid van die woordkeuse in die gedig. (10) 3. Evalueer die kontras tussen die twee kinders en tussen die kinders en die swaan. (10) 4. Ontleed die struktuur van die gedig. (15)