Om God se droom vir jou lewe te mis... Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Vergelijkbare documenten
Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

'n Man gestuur deur God

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Baie welkom by vanoggend se erediens

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Goeie Konings, Slegte Konings

Jona en die Groot Vis

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

n Tempel Leier besoek Jesus

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

n Dubbele kruis-belydenis

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

God eer Josef die slaaf

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die Groot Gebod dennis de wet

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Van Vervolger tot Prediker

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jona en die Groot Vis

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Die Kerk se Geboorte

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Dooppreek Mika Bogaards

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Geroep vir Gemeenskap

Pragtige Koningin Ester

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

Die Groot Muur van Nehemia

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Voorsienigheid van God en Moses

Van Vervolger tot Prediker

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Petrus en die Krag van Gebed

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Transcriptie:

Om God se droom vir jou lewe te mis... Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Lees: Rig.2:1-10 (lees ook hoofstuk een vir groter konteks) 1. God het ʼn Droom vir jou en my. Hy wil ons seën. Israel is op ʼn plek waar God hul wil seën. Hy het hulle uit slawerny uit Egipte verlos en met moeite en deur groot wonderwerke gedra en gelei tot waar hulle nou is, in die beloofde land! Hier het Hy vir hulle ʼn doel en ʼn toekoms. Hier wil Hy hulle seën! (Dit is die volk uit wie die Messias gebore sal word! Dit is die volk uit wie Sy dissipels sal kom. Hiervandaan sal die evangelie oor die wêreld versprei.) God wil graag Sy kinders seën. Hy wil jou en my ook seën. Hy begeer dat ons in ʼn verhouding met Hom sal lewe. Dat ons gelukkig en oorvloedig sal lewe. In Joh.10:10 sê Jesus Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ons hoor Sy drome oor sy kinders in Jer.29:11-14. Ek weet wat Ek vir julle beplan sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ʼn toekoms gee, ʼn verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na My wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Julle sal My ontmoet sê die Here Wat is die plek waar jy vandaan kom? Waar bevind jy jou nou? Is jy op die plek waar God jou wil seën? Wat is die beloofde land wat God vir jou wil gee? Watter beloftes gee God in Sy Woord vir jou? Onthou God verbreek nie sy beloftes nie. Sy beloftes staan vas. God moedig ons selfs aan om dit in geloof te vra (Mt.21:22) God het Israel uit Egipte gelei tot hier, tog is Israel nou besig om dit alles wat God vir hulle wou gee, te mis: 2. Om God se droom vir jou lewe te mis is hartverskeurend 1

Soms kom jy op ʼn plek waar jy weet dit wat jy nou sien, en dit wat jy nou beleef, nie God se wil is nie, dit moes nóóit so gewees het nie. Is jy tans op so ʼn plek in jou lewe? Ek gesels onlangs met ʼn pa wat frustreer, woedend en magteloos voel oor dwelms wat in skooltyd deur kinders aan ander skoolkinders verskaf word. Kinders dink dit is pret totdat hul verslaaf raak en alles verloor wat hulle gehad het Hierdie pa sien hoe die mooi drome wat God vir Sy kind se lewe het, bedreig en verwoes. Dis erg om te sien hoe mense ongehoorsaam word en God se hart skeur Mense wat ongehoorsaam aan God word, gaan hulle iewers vorentoe op ʼn plek bevind waar hulle wil huil oor hul keuses Israel was nou op so plek. Hulle is by BOKIM. Hulle huil oor hul keuses en die gevolge daarvan... Hoe gebeur dit dat jy alles wat God vir jou beplan het en vir jou wil gee, kan misloop? Hoe het die Israeliete in die woestyn die beloftes misgeloop? God het Israel verbied om ʼn verdrag met die vreemde nie-israelitiese inwoners van die lande wat hulle verower het, te sluit, maar hulle het die nie-israelitiese inwoners laat bly leef. Hulle het gedink hulle is slim en gaan hulle sommer as slawe gebruik, as dwangarbeiders. (vgl. Rig.1:25-26, 28, 29, 30, 32, 33, 35,) Die gevolg: Israel was besig om alles te mis wat God vir hulle beplan het. Hulle trap in ʼn strik, hulle val hard in hul eie valstrik. Wat was hul valstrik? Hulle het vriende gemaak met verkeerde mense: die Keniete, die Amoriete, die Kanaäniete. o Wanneer jy vriende maak met verkeerde mense, leer jy hul gewoontes aan en word hulle gebruike jou gebruike. 2

Hulle het verkeerde keuses gemaak: Wanneer jy keuses maak wat jou in kontak bring met verkeerde mense en dinge, trap jy in die bose se strik en gaan jy uiteindelik daarin vasgevang word en die gevolge dra. Jy gaan verkeerde gedrag aanleer en verkeerde gewoontes navolg. Wat was die gevolge? Die gevolg is, God onttrek Hom! God wat onderneem het om die nasies voor die Israeliete te verdryf sê: EK sal nie hierdie nasies van jul wegdryf nie. o Wanneer God Hom onttrek, loop alles verkeerd. Jy staan met jou rug teen die muur. Dan werk niks reg uit nie. Wie is die mense en wat is die dinge wat jou valstrik in die lewe geword het? Wie en wat is jou Keniete, Amoriete, en Kanaäniete? Verkeerde vriende? Verkeerde keuses? Sondige gewoontes? (swakhede/ geheime sondes?) Verkeerde prioriteite? Dinge wat jy weet God vra, wat jy nalaat om te doen? Hierdie dinge bind jou vas en sleep jou waar jy nie wil wees nie. Jy sien hoe God se droom vir jou deur jou vingers gly! Wat en wie is die dinge met wie jy ʼn kompromie-godsdiens sluit? Voorbeeld: sommige kerkleiers is besig om Bybel tekste te interpreteer en aan te pas. Jy pas jou siening oor selfde geslag verhoudinge aan en soek redes in die hedendaagse konteks om jou standpunt te regverdig Voorbeeld: Net so maak jy in jou binnekamer met persoonlike sondes wat God vir jou kom uitwys. Jy wil jouself regverdig maar, jy sal die gevolge dra wanneer God Hom onttrek. God onttrek Hom wanneer ons nie in ʼn verhouding met Hom leef en Sy woord gehoorsaam nie! 3

3. Bokkim: Nood dwing ons om hulp te soek by God. Israel het by BOKIM gekom. ʼn Plek waar hulle magteloos was en net kon huil! ʼn Plek waar jy roep na God. ʼn Plek waar jy berou het oor jou keuses, en die strikke wat jy self deur ongehoorsaamheid aan God se Woord, vir jou geskep het. ʼn Plek van berou, belydenis en smeek om vergifnis. BOKIM: God bring sy volk by Bokim: Dit is ʼn plek in jou lewe waar jy ontdek wat God jou alles wou gee, maar wat jy gemis het! Bokim is ʼn plek van berou, ʼn plek van huil oor jou eie sondige kompromie lewe! Dis ʼn plek waar jy klaarmaak met die valstrikke en strikke in jou lewe. Bokim is ʼn plek waar jy opstaan van jou knieë en ʼn wilsbesluit neem om God RADIKAAL te dien! By BOKIM het jy net een van twee keuses: 1) bly in sonde en jy sal God se doel met jou lewe mis, en in die woestyn van jou sonde sterf en jou kinders sal jou voorbeeld volg, of 2) Jy het berou oor jou kompromie lewe met sonde en jy maak reg. Jy Kies om God Radikaal te dien en jy ontvang God se seën en jou kinders volg jou voorbeeld. God is genadig en wil my en jou help om weer op koers te kom: God kom waarsku jou altyd: deur Sy Woord, deur ʼn vriend, deur gebeure of omstandighede of soos in Israel se geval, deur die Engel van God (Rig.2:1-3). Wat is die pad na herstel? In Rig.2:6 leer ons die pad na herstel. Breek die vreemde altare af! Dryf die nasies van julle af weg! o Dinge moet bely word. o Die land word skoongemaak. o Strikke en valstrikke word verwyder. Restitusie en skoonmaak loop altyd hand aan hand. o Hulle het daar ʼn offer aan die Here gebring.(ʼn radikale toewyding aan God) 4

Wat moet ek en jy gaan regmaak? Hoe, waar wanneer? Vergifnis: God vergewe graag Sy kinders wat in berou hul sonde bely. Geen sonde is vir God te groot om vergewe te word nie! Jes.55:7 sê, Hy vergewe altyd weer. wanneer ons, ons in berou oor ons sonde tot God bekeer, vergewe Hy altyd weer. God vra dat jy radikaal nuut sal kies en leef! 4. Jou Keuses beïnvloed nie net jou alleen nie, dit beïnvloed ook jou kinders: Josua as Voorbeeld: Josua was ʼn man van God. Hy sluit nie kompromieë met verkeerde dinge nie: Hy wil nie sy godsdiens vermeng met die godsdienste van die Amoriete nie. Hy sê vir sy volksgenote: As julle dit nie goed vind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het ander kant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. Jos.24:15. Josua maak ʼn radikale keuse: (Jos.24:19-23) Hy weet God is Heilig. God sluit nie kompromieë met sonde nie. EEN man wat ʼn Radikale keuse maak om God te dien het uiteindelik sy hele huis en hele volk binne God se wil gelei. Let op: die invloed van ʼn pa wat voorloop in sy huis, die invloed wat ʼn leier uitoefen, (Jos.24:21-23.) Vers 31 sê Israel het die Here bly dien vir solank as Josua en sy leiers geleef het! Rig.2:10 maak die tragiese nuus bekend: Die volgende geslag na Josua, het nie die Here geken nie! Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie. (Rig.2:10) 5

Wat was die gevolg? Die volk het opgehou om Die Here die God, wat hulle uit Egipte laat trek het, te dien. Hulle het ander gode begin dien. Hulle het die gode begin dien van die nasies wat in hul omgewing gebly het, die Baäls en Astartes. (Rig.2:11-13) Pappa, waarmee is jy besig? Is jy besig om rykdom na te jaag, besittings bymekaar te maak, geleerdheid en roem te versamel? Wat is die nalatenskap wat jy vir jou huisgesin los? Ken hulle die Here God wat jou van sonde verlos het? Sien hulle die verandering in jou lewe wat God vir jou gedoen het? Vertel jy vir hulle gereeld van die wonderwerke wat God in jou lewe vir jou gedoen het? Het hulle hierdie wonderwerke saam met jou ervaar? Het jy die aflosstokkie van die geheim van God se verlossing aan hul oorgegee in hierdie lewenswedloop? Wat is die nalatenskap wat jy vir jou kinders los? Gaan dit geld en besittings wees wat spoedig verkwansel word en vergaan? Of is jou nalatenskap ʼn liefde vir God. ʼn Begeerte om God se waardes uit te leef. Het jou kinders die begeerte om dit wat hulle van God in jou lewe gesien het, self te wil beleef en ervaar? Wat is die legasie wat jy eendag vir jou huisgesin en jou vriendekring en jou dorp gaan nalaat? God soek manne en vroue wat sal opstaan en die strikke en valstrikke uit hul lewe en uit hul huisgesin se lewe sal verwyder. Dit is opvallend. Elkeen wat God se almag ervaar het, het getrou gebly aan God. (Jos.24:31). Toe die geslag uitsterf wat God se wonderwerke eerstehands ervaar het, het die daarop volgende geslag nie meer getrou aan God gebly nie(rig.2:7). Die fout het gekom by Josua se kinders. Hulle het gesien en gehoor hoe hul pa God se almag beleef en ervaar het, maar hulle het nie self God se wonderwerke en krag beleef nie. Josua het die tent van ontmoeting beleef... maar die volgende generasie het nie die wolkkolom en die vuurkolom van God se voorsiening ervaar nie. 6

Hieruit leer ons: Waarmee is jy besig? Is jy so besig dat jy nie geleentheid kry om jou kinders ʼn eerstehandse begeleiding en belewing van die lewende God te laat ervaar nie? o Sien jou kinders dat jy ʼn binnekamer verhouding met God het? o Sien jou kinders en hoor hulle hoe jy vertel van God se wonderwerkende krag in jou lewe? o deel jy die vars stories van God se wonderwerke in jou lewe? Of het jy nie sulke stories nie? Leef jy nie so naby aan God dat Hy kans kry om met jou te praat en deur jou te werk nie? 1. Jy moet vir jou kinders en vriende vertel wat God vir jou gedoen het en wat jy beleef het, maar vertel is nie genoeg nie! (2Tim2:2) 2. God se krag moet ook persoonlik ervaar en beleef word. Jy sal as ouer geleenthede moet skep waar jou kinders blootgestel word om saam met jou te bid, God se wil te soek, en te leer om op God te vertrou! Jou kinders het nodig om self God se almag te beleef! 3. Kinders word radikaal beïnvloed deur wat hul in hul ouerhuis ervaar Kinders kan sien of God vir papa en mamma belangrik is. Hul hoor hoe mamma en pappa passievol van God praat en Hom passievol dien... Of hulle sien die omgekeerde, hoe mamma en pappa self nie bid nie, self nie stiltetyd hou nie en self te moeg te traag of te lui is om God te dien... Kinders volg hul ouers se voorbeeld. 4. God kan nie oorvertel word nie. God moet self beleef word! God se almag en genade moet eerstehands beleef word. Voorbeeld: wanneer Elisa deur die vyand omsingel word, vrees hy nie want hy wandel intiem met God en hy is beskut in God se almag. Maar dan ontdek Elisa dat sy slaaf wat reg langs hom loop, nie die lewende God raaksien of die lewende God beleef soos wat hy as Elisa dit beleef en sien nie. Hy hoor hoe sy slaaf benoud raak. Dan bid hy binne daardie situasie dat God hierdie slaaf ook sal laat beleef en sien wat Hy sien sodat hierdie slaaf in ʼn dieper verhouding met God kan begin wandel. Elisa sê: Moenie bang wees nie, die wat by ons is, is meer as wat hulle is. Dan bid Elisa die 7

volgende: Here maak tog sy oë oop dat hy kan sien. En dan lees ons: Die Here het die slaaf se oë oopgemaak, en hy het gesien. (2Kon.6:16-17). Wat die slaaf daardie dag beleef het, sal hy nooit weer kon vergeet nie. Hy het iets van God se almag gesien en beleef wat sy hele lewe beïnvloed het. Pappa en mamma, hoe begelei jy jou kind om in ʼn dieper verhouding met God te wandel? Hoe dra jy jou verhouding met die Here na jou kinders oor? Wat leer jou kinders by jou... Op watter plek is jy nou in jou lewe? Moenie die droom wat God vir jou en jou kinders het, mis nie! AMEN 8