Afrikaans in sy meertalige konteks

Vergelijkbare documenten
Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

N DRAER VAN HOOP. - Taal as instrument van bemagtiging aan die Universiteit Stellenbosch -

Taal n Draer van Hoop

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Taalplan van die Universiteit Stellenbosch

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

PERSONEELONTWIKKELINGSBELEID

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Les 14: Entrepreneurskap

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Terugvoer van wegbreekgroepe. Algemene jaarvergadering 2015

Gestruktureerde MA in Kreatiewe Skryfkuns

Sentraalbeplande stelsel

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

Die ontwikkeling van taalbeheersing en skryfvaardigheidsonderwys in Suid-Afrika

INTERNASIONALE AFRIKAANS-EKSPO. vir skoolleerders en studente. jou erfenis!

Rolprente uit twee verskillende genres *

GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE

Klank en kleur in die skepping

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

KOMMENTAAR VAN UK VAN DIE KONVOKASIE OP DISKUSSIEDOKUMENT [HERSIENE] TAALBELEID VAN DIE US OKTOBER 2007

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Inligtingsdienspunte. Leersentrum Inligtingstoonbank. Carnegie Navorsingsruimte Inligtingstoonbank

Leersentrum en Inligtingsdienspunte op die boonste en onderste vlak

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Hennie Pieterse Daniël Louw Malan Nel

ALGEMENE INLIGTING. Heelwat onderwerpe kan onder die hoof ingesluit word, maar dit word beperk tot enkcles wat vir alle studente van belang.

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE

Nuus SIZA VISIE SIZA MISSIE SIZA PLATFORM / SEDEX INHOUD:

Afrikaans in die Noord-Kaap: Nuwe perspektiewe op taal, literatuur en kultuur n konferensie aangebied deur die DIE DEPARTEMENT AFRIKAANS & NEDERLANDS

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

Hoe verskil n projek van dag-tot-dag werk?

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

Elizette Nel Opvoedkundige Sielkundige Paarl-skool

HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Les Plan Twee. Habitats

BYLAE 6.8 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 8. Lekker Suur Soet Bitter Brand Frank Suurwurms Jellieboontjies Pepermente Liquorice Gekleurde sjokolade

OUERAAND BEROEPSLEIDING:

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER) CMR PROJEKPLAN

22 November Viserektor: Leer en Onderrig. Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

DESIGN RELIGIESTUDIES

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Navorsingsvoorstel TITEL VAN DIE VOORSTEL

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3

Só kan u n blywende impak maak

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSRIGLYNE 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 5

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Beeld,Die Burger en Volksblad Koerantplakboeke Nasionale Kompetisie

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Transcriptie:

Bevorderingsplan Afrikaans in sy meertalige konteks Algemene opmerking: Let daarop dat hier wegbeweeg word van die oorspronklike plan om n struktuur tot stand te bring. Die idee is dat die Raad n bevorderingsplan goedkeur waartoe die Universiteit met al sy bestaande tersaaklike strukture, in samewerking met ander rolspelers, hom dan sal verbind. 1. Die opdrag Die Raad van die Universiteit het in Desember 2007 n aantal besluite oor die Taalbeleid en -plan van die Universiteit geneem. Dit sluit onder andere die volgende in: Die Taalkomitee kry onder andere die spesifieke opdrag om n taalbevorderingsplan vir Afrikaans te ontwikkel. Die opdrag word gekoppel aan Visie 2012, waar die bevordering van Afrikaans binne die konteks van meertaligheid gesitueer word. Daarom moet die bevordering van Afrikaans gesien word binne die konteks van die bevordering van ander tale, veral die Afrikatale, en moet dit ook gesien word binne die konteks van die waarde van Engels vir Suid-Afrika en Afrika in die algemeen. 2. Algemene uitgangspunte 2.1. Die Bevorderingsplan vir Afrikaans van die Universiteit Stellenbosch (hierna kortweg die Bevorderingsplan) is in eerste instansie n waardegedrewe inisiatief en nie n ideologies-gedrewe inisiatief nie. 2.2. Die Universiteit aanvaar dat Afrikaans n kwesbare kulturele bate is. 2.3. Die Universiteit aanvaar dat hy n verantwoordelikheid teenoor Afrikaans het. 2.4. Die Universiteit wil Afrikaans bevorder binne die konteks van meertaligheid. 2.5. Afrikaans funksioneer binne n diverse sosio-kulturele ruimte. 2.6. Die Universiteit erken die rol van Afrikaans as n belangrike instrument van bemagtiging binne die groter Suider-Afrikaanse konteks. 2.7. Die Universiteit wil rekening hou met bestaande inisiatiewe en n ruimte skep waarin hierdie inisiatiewe verder geprofileer en uitgebou kan word. Dit is van die uiterste belang dat die aard en veral die sukses van bestaande inisiatiewe nie deur die Bevorderingsplan misken sal word nie. Daarnaas wil die Universiteit n ruimte skep waarin nuwe inisiatiewe geloods kan word.

2 3. Die Universiteit se visie met betrekking tot Afrikaans, Engels en die Afrikatale Die Bevorderingsplan vir Afrikaans moet verstaan word binne die konteks van Visie 2012 en die Taalbeleid en Taalplan van die Universiteit Stellenbosch. Met hierdie visie verbind die Universiteit haarself tot die bevordering van Afrikaans, binne n konteks waarin die belangrikheid van Engels as belangrike taal van die wetenskap erken word, en waarin die strewe na die bevordering van die Afrikatale doelgerig uitgeleef word. 4. Onderdele van die Bevorderingsplan 4.1 Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal 4.1.1 Die status van Visiepunt 5 binne die konteks van die Taalbeleid Die bevordering van Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal binne n meertalige konteks is een van vyf visiestellings (naas uitnemendheid, kapasiteitsbou, rolspeling in Afrika, en diversiteit). Daarmee bevestig die Universiteit haar verbintenis tot Afrikaans. Die Universiteit sal daarom volhou om n voorkeurbestemming te wees vir Afrikaanssprekende studente en sal die voortgesette gebruik van Afrikaans verseker binne die multikulturele, meertalige Suid-Afrikaanse konteks. Die posisie van Afrikaans word as onderrigtaal bestendig deur die eerste bepaling van die Taalbeleid, nl. dat die voorgraadse onderrigtaal van die Universiteit by verstek Afrikaans is. 4.1.2 Taalbeplanning in fakulteite en steundienste Omgewings moet in hulle taalplanne aantoon hoe hulle uitvoering gee aan die doelstellings wat in die Taalbeleid en Taalplan van die Universiteit beskryf word. Hierdie planne vorm deel van die sakeplanne van die onderskeie omgewings en sal jaarliks beoordeel word, soos aangedui in die tersaaklike beleidsdokumente van die Universiteit. Afrikaans word in fakulteite bevorder op die volgende maniere: Fakulteite moet aantoon op welke wyses hulle uitvoering gee aan Visiepunt 5 en aan die letter en gees van die Taalbeleid Modules wat volledig of gedeeltelik deur medium van Afrikaans doseer word (in die A-, A&E- of T-opsies) Taalkursusse wat die verwerwing van Afrikaans en Engels ten doel het of die verbetering van akademiese geletterdheid in Afrikaans en Engels Die vertaling van onderrigleermateriaal om kursusaanbieding deur medium van Afrikaans te fasiliteer of aan Afrikaanse studente toegang te gee tot hierdie materiaal in kontekste waar Engels op groter skaal as doseertaal gebruik word

Akademiese ondersteuningsdienste deur medium van Afrikaans (tutor- en mentorprogramme) Die ontwikkeling van drietalige terminologieë (Afrikaans, Engels en isixhosa) ten behoewe van veral isixhosa Besondere bevorderingsprojekte Fakulteite se verantwoordelikheid vir Visiepunt 5 word verder vergestalt in die voorneme om Strategiese Bestuursaanwysers (SBA s) vir die betrokke visiepunt te ontwikkel. 4.1.3 Teenwoordigheid van Afrikaans in navorsing Die Universiteit moedig die gebruik van Afrikaans in die navorsingskonteks aan. Dit geskied op verskillende maniere: Insentiewe vir die skryf van tesisse en proefskrifte in Afrikaans en ondersteuning aan nagraadse studente om hieruit artikels vir vakjoernale in Engels voor te berei Navorsingsdiskoerse wat in Afrikaans plaasvind Die popularisering van die wetenskap deur middel van Afrikaans Die herinstelling van die Annale van die Universiteit Stellenbosch as publikasiemedium vir Afrikaanse vakkundige publikasies Die aanmoediging van navorsers om ook in Afrikaanse joernale te publiseer 3 4.1.4 Teenwoordigheid van Afrikaans in die bestuur- en steundiensteomgewings Afrikaans is ook die verstektaal in die bestuur- en steundienste-omgewings. Die gebruik van Afrikaans word in hierdie omgewings bestendig deur die gebruik daarvan in mondelinge kommunikasiesituasies waar daar ook van tolkdienste gebruik gemaak kan word. Die gebruik van Afrikaans word verder bestendig deur die gebruik daarvan in n groot verskeidenheid dokumentasie van die Universiteit. 4.1.5 Die Departement Afrikaans en Nederlands en die bevordering van Afrikaans as vak Algemene opmerkings Die Departement Afrikaans en Nederlands se bydrae tot taalbevordering is primêr op die bevordering van Afrikaans en in n mindere mate Nederlands gerig maar daar word ook daadwerklik met Afrikaans as n taal binne n meertalige konteks gewerk. Bydraes tot die bevordering van Afrikaans lê op verskillende vlakke: deur die Departement as n geheel, deur individuele personeellede as verteenwoordigers van die Departement maar ook deur individuele personeellede in hulle persoonlike hoedanigheid.

4 Bydrae tot die bevordering van Afrikaans Die grootste bydrae van die Departement tot die bevordering van Afrikaans geskied by wyse van onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie. Onderrig: Die inhoud van die voor- en nagraadse programme bied kundige leiding oor n wye spektrum van die Afrikaanse letterkunde en taalkunde. In hierdie verband is die fokus nie slegs op die standaardvariëteit van Afrikaans nie maar die variëteitverskeidenheid van Afrikaans kom ook aan die bod. Kursusse in taalverwerwing maak voorsiening vir sowel studente met Afrikaans as tweede taal as studente vir wie Afrikaans n vreemde taal is. Op nagraadse vlak kan studente met taalverwerwing as n subdissipline van die taalkunde kennis maak. Daardeur word navorsing op hierdie terrein gestimuleer. Vakinhoude word nie beperk tot teoretiese kwessies nie maar studente word toegerus vir die praktyk, byvoorbeeld in kursusse wat fokus op vertaling, tolking, redigering, leksikografie, dokumentontwerp, kreatiewe skryfkunde en edisiewetenskap. Navorsing Departementslede is aktiewe navorsers wat nasionaal en internasionaal publiseer, aan kongresse, simposia en kollokwia deelneem en by groter navorsingsprojekte betrokke is. Nagraadse studente word opgelei om aktiewe navorsingsbydraes te lewer. Gemeenskapsinteraksie Die Departement is betrokke by n verskeidenheid aktiwiteite binne die kader van gemeenskapsinteraksie. Dit sluit onder meer die Woordfees, WOW (Woorde open wêrelde), LOK (die Letterkunde-Ondersteuningskomitee), Skrywerswerkswinkels, Letterkundekollokwium en slypskole vir die taalprofessies in asook die D.J. Opperman-gedenklesing, n tweejaarlikse prestigegeleentheid. Departementslede is betrokke by onder meer vakverenigings, spesialiskomitees en tydskrifredaksies wat op die bevordering van die Afrikaanse taal- en letterkunde as akademiese dissiplines maar ook op die kreatiewe vlak, gerig is. Die Departement lewer deurlopend diens aan talle mense met taal- en letterkundige navrae. Individuele personeellede se bydrae tot die bevordering van Afrikaans blyk onder meer uit kreatiewe uitsette in die Afrikaanse letterkunde, woordeboeksamestelling, vertaling, tolking en teksredigering. 4.1.6 Die Taalsentrum Die Taalsentrum bevorder Afrikaans op die volgende wyses: Taalverwerwings- en akademiese geletterdheidskursusse in Afrikaans Skryfvaardigheidsontwikkeling in Afrikaans

5 Leesvaardigheidsontwikkeling in Afrikaans Afrikaanse akademiese geletterdheidstoetse Vertaling, tolking en redigering ten behoewe van Afrikaans Dienslewering aan n breër gemeenskap deur medium van Afrikaans Die ontwikkeling van drietalige terminologieë, met Afrikaans, Engels en isixhosa as die fokustale Spesiale leer-en-onderrig-projekte ter bemagtiging van die Afrikaanse taalgemeenskap 4.2 Afrikaans in die gemeenskap Ten einde Afrikaans ook in die breër gemeenskap te bevorder, sal die Universiteit op sistematiese wyse, in oorleg met die betrokke rolspelers, aandag gee aan projekte en inisiatiewe ten opsigte van: geletterdheidskursusse in Afrikaans, o.a. vir volwassenes taalverwerwingskursusse vir nie-afrikaanssprekendes taalvaardigheidseksamens of -toetse vir Afrikaans opleiding vir onderwysers van Afrikaans 5. Besondere inisiatiewe of projekte Die volgende besondere inisiatiewe of projekte bestaan reeds of word reeds voor beplan. Die bedoeling is dat hierdie inisiatiewe of projekte bestendig moet word. 5.1 Leesvaardigheidsprojek Die leesvaardigheidsprojek, n projek van die Universiteit se Taalsentrum, is n bemagtigingsprojek in die Afrikaanse gemeenskap in samewerking met verskillende rolspelers. Hierdie projek sal uit n aantal deelprojekte bestaan, waaronder uitreikaksies in skole, n projek oor die bevordering van die Afrikaanse boek (in samewerking met die boekskenkersorganisasie Biblionef; die samewerkingsverband is reeds gestig en voorlopige befondsing is reeds hieraan toegewys), en leesvaardigheidsprogramme. 5.2 Woordfees Die Woordfees word bedryf as n unieke kulturele fees van die Universiteit Stellenbosch, met die fokus veral op Afrikaanse kultuurprodukte. Hierdie fees is n uitsonderlike uitvoerproduk van die Universiteit en die posisie van die Fees moet binne die konteks van die Bevorderingsplan bestendig word. 5.3 WOW-projek Die WOW-projek (WOW = Woorde Open Wêrelde) bereik jaarliks duisende skoolkinders in die primêre voedingsgebied van die Universiteit Stellenbosch. Hierdie projek, wat gekoppel word aan die Woordfees, bied n besondere geleentheid

waardeur bemagtigingswerk deur middel van Afrikaans in skole gedoen kan word. Dit sluit ook aan by die skole-uitreik-program van die Universiteit. Hierdie projek moet binne die bevorderingsplan gesitueer word en saam met die Woordfees verder bestendig word as n beduidende bevorderingsprojek van die Universiteit. 5.4 Die Universiteit as tuiste vir die WAT Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) word sedert sy totstandkoming met die Universiteit geassosieer. Hierdie assosiasie word veral duidelik gemaak deur die teenwoordigheid van die WAT op die Stellenbosch-kampus, die ondersteuning van die Universiteit met betrekking tot die bestuur van die WAT en die vakkundige interaksie tussen die WAT en kollegas wat op die gebied van die leksikografie werksaam is. Die WAT kom, as gevolg van die veranderende politieke konteks, steeds meer onder druk, word steeds meer daardeur benadeel en loop gevaar om daardeur nog verder benadeel te word. Die Universiteit moet as deel van haar bevorderingsplan vir Afrikaans n ruimte skep waarbinne die WAT kan bly voortbestaan om die uiters belangrike optekentaak ten behoewe van Afrikaans uit te voer. 5.5 n Beursfonds vir Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal As deel van die bevorderingsplan stel die Universiteit beurse of navorsingsfondse vir besondere inisiatiewe of projekte beskikbaar wat die bevordering van Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal ten doel het. Hieronder tel o.a. beurse vir Afrikaanse taalonderwysers en toekennings vir navorsingsprojekte binne die Navorsingsprogram oor taal. 6 6. Bestuur en finansiering van die Bevorderingsplan Die Bevorderingsplan vir Afrikaans word bestuur as deel van die taalbeplanningsprosesse van die Universiteit en resorteer daarom onder die VR(O), wat die bestuursfunksie uitvoer in oorleg met die tersaaklike bestuurstrukture wat vir verskillende inisiatiewe bestaan of in die lewe geroep word. Die finansiering van die Bevorderingsplan word hanteer a) binne die normale begrotingstrukture in die betrokke omgewings b) deur middel van spesiale befondsingstrategieë wat vir afsonderlike inisiatiewe of projekte bedink word November 2008