Pretoria- 22 Maart 2015

Vergelijkbare documenten
Die Groot Gebod dennis de wet

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

n Tempel Leier besoek Jesus

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Welkom by Die Storie God se storie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

n Dubbele kruis-belydenis

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Deur Christus Alleen

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Jesaja sien die Toekoms

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Baie welkom by vanoggend se erediens

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Van Vervolger tot Prediker

Jona en die Groot Vis

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Pretoria-.. Romeine 3:9-31 Sondag 23 30/10/2009 Ds. Petrus Venter

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die duiwel versoek Jesus

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Goeie Konings, Slegte Konings

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die Kerk se Geboorte

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

SAMESANG: TYDENS EREDIENS:

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Deur Christus Alleen

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Fontein van die lewe. Liturgie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Van Vervolger tot Prediker

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Jona en die Groot Vis

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Toe God alles gemaak het

Die Here vlek ons sondes oop om ons te behou.

Transcriptie:

1 Skriflesing: Romeine 5:1-21; Deuteronomium 6:5; Levitikus 19:18 Kategismus: Sondag 2 V/A 3-5 Teks: Romeine 5:8-9; 19-20; Deuteronomium 6:5; Levitikus 19:18; Mattheus 22:37-40 Sing- Ps. 103:2; Ps. 19:4,6; Ps. 119:1,43 Romeine 5:1-21 Rom 5:1 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; Rom 5:2 deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God. Rom 5:3 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, Rom 5:4 en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; Rom 5:5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. Rom 5:6 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. Rom 5:7 Want nouliks sal iemand vir n regverdige sterwe vir n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe Rom 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Rom 5:9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn. Rom 5:10 Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is. Rom 5:11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het. Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het Rom 5:13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie. Rom 5:14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat n voorbeeld is van Hom wat sou kom. Rom 5:15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword. Rom 5:16 En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak. Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. Rom 5:18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Rom 5:19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. Rom 5:20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; Rom 5:21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

2 Deuteronomium 6:5 Deu 6:5 Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. Levitikus 19:18 Lev 19:18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE. Mattheus 22:37-40 Mat 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Mat 22:38 Dit is die eerste en groot gebod. Mat 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Mat 22:40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. Sondag 2 (V/A 3-5) 3 Vraag: Waaruit ken jy jou ellende? Antwoord: Uit die wet van God (a). (a) Rom 3:20. 4 Vraag: Wat eis die wet van God van ons? Antwoord: Dit leer Christus ons samevattend in Matteus 22:37-40: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete (a). (a) Deut 6:5; Lev 19:18; Mark 12:30; Luk 10:27 5 Vraag: Kan jy dit alles ten volle nakom? Antwoord: Nee (a), want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat (b). (a) Rom 3:10, 20, 23;1 Joh 1:8, 10. (b) Rom 8:7; 2:3; Tit 3:3; Gen 6:5; 8:21; Jer 17:9; Rom 7:23. Skriflesing: Romeine 5:1-21; Deuteronomium 6:5; Levitikus 19:18 Kategismus: Sondag 2 V/A 3-5 Teks: Romeine 5:8-9; 19-20; Deuteronomium 6:5; Levitikus 19:18; Mattheus 22:37-40 Sing- Ps. 103:2; Ps. 19:4,6; Ps. 119:1,43 Geliefdes- Ons het vanoggend met die verkondiging van die Here se Woord in 1 Johannes 2 die onuitspreeklike liefde van God in alles wou vooropstel. Hoe daar met die liefde reg omgegaan moet word. Die Woord van God neem die liefde verdieping na verdieping, dit word werklik n al dieper saak. Ek moet nie maak asof die liefde nie daar is nie, ek moet nie hopeloos wees nie, ook nie hulpeloos nie. Laat ek toe dat ander my help, daarmee saam is ek bereid om ander te help. In die opsig is ons nie hulpeloos nie. Ons moet mekaar staande hou. Wie werklik sy broer liefhet, sal nie die oorsaak wees dat sy broer struikel nie. Ja, ons het in die eerste Johannes-brief sterk moes terugkom op die woord haat. Ek kan nie sê dat ek het God lief, maar ek haat my broeder nie. Dit is so onmoontlik soos om te praat van n vierkantige sirkel. Of ek redeneer in sirkels of ek word in die hoekie van n vierkant vasgekeer. So een is in alle geval besig om hom/of haar vas te loop, want so n mens bring die duisternis oor homself en om aanmekaar in die duisternis te probeer wandel maak jou al meer en meer blind vir hoe wonderlik dit is om werklik die ou gebod van God heeltemal nuut

3 te sien, nuut te hoor. So een raak eintlik maar al dieper in die hoekies van sy eie donkerte haat vasgekeer. Wanneer mens oor liefde en dan veral God se liefde oor ons begin praat dan is dit presies soos Johannes dit ook reeds vanoggend uitgespel het. *** Eenkant sê hy in 1 Joh. 2:7, hierdie is nie n nuwe gebod nie, dit is eintlik ou dinge waaroor hy skrywe, maar nou sê hy dadelik in vers 8 - ek skryf ou dinge maar die wonderlike is waar die liefde werk, word alles nuutgemaak. Om deur God se Woord gerestoureer te word, het die Woord van God die vermoë om met ons te maak soos n skaaf en skuurpapier en die regte tipes olie met hout te maak. Die ou lelikste, oudste, versplinterde stuk harde hout, as daar reg met daardie ou hout gewerk word dan kom die glans en die werklike mooi grein en alles wat hout mooi kan maak, kom dan na vore. Dan lyk ou hout werklik nie meer oud nie. Dit kan regtig mooi wees as daar mooi daarmee gemaak word. So wil die liefdesgebod, ja God se liefde wil met ons so maak. *** Ons is in die Kategismus nog waar die hout nie mooi is nie. Hoeveel splinters, hoe gebars, hoe grof hout ook al mag wees, hoe hard dit kan wees, hoe seer dit ander kan maak, dit is Sondag 2 as jy jouself met n stuk hout moet vergelyk. Daar waar ek myself bevind is hoe ek God en my naaste kan haat in wie ekself en uit myself is. Die mens wat die wedergeboorte en die inwoning van God nie het nie, is die mens wat in Sondag 2 na vore kom. Hy wat in alles moet hoor wat God se groot gebod is, die liefde wat die botoon kan voer, maar so n mens wat self die botoon wil voer, is inderdaad die haatlike mens. Van nature geneig om God en my naaste te haat. In alle opsigte is die mens wat hier na verwys word verwaand, boos, eiegeregtig en opstandig. Wat meer is, dan gaan nie oor die mens daar vêr, die Moslem, die wat by die IS aansluit, hulle wat sommer nog as kinders tot die wreedste dade in staat is nie, hulle is natuurlik hierby ingesluit, maar ons praat hier ook van onsself. Ons wat besef uit onsself sal ons nie die dinge erken wat ons so boos maak nie, maar die vraag waaruit ken ek my ellende, waaruit sal ek kan agterkom dat ek tot hierdie bose dinge in staat is. Daar is net één manier, God se manier, die Wet van God, die Woord van God sal in jou hierdie erkenning en kennis teweegbring wat op geen ander manier kan gebeur nie. Dit wat die moeilikste kennis is, die moeilikste ook om te versamel, daarmee moet God se Wet geopen word.

4 Jou en my reaksie teen die Wet kom dan aan die orde. Of ek wil my nekkie dik maak, hardnekkig die Wet weerstaan. My lewe lyk dan soos n damwal, wat weerstand bied, wat die water van sonde wil opdam en opdam. Dit kan vir lank so aanhou. Tog besef ons dat geen damwal is bestand teen die stormwaters van God se toorn nie. Die dag gaan kom wat daardie wal net nie meer sterk genoeg kan wees nie. Dan is die breekslag soveel erger in plaas dat dit eerder baie vroeër gebreek het. Daarom bepleit ons belydenis die ander uitweg. Laat God jou sy liefde openbaar. Dit waarna ons reeds vandag so kon smag. Laat die Wet soos n spieël voor jou inbeweeg en ek kyk daarin en wat sien ek raak?! Die sonde wat jou lewe in alles aantas, soos niks jou kan aantas nie. Die sonde is nie maar n gedagtevlug, n denkbeeld, n skynwêreld, n illusie, daardie blink wat mens op n warm dag daar vêr voor jou in die teerpad sien en jy dink dit is water en kom jy daar dan is daar niks. Nee, Romeine 5 wys op Adam se sonde maar hy staan nie alleen nie. Geen mens sondig ooit alleen nie. Daar is geen manier om hierdie sonde te ontken of te maak soos Adam en Eva agter vyeblare te skuil nie. Die Wet is geen vyeblaar nie, die Wet is eintlik God se manier om daardie vyeblaar wat ek wil voorhou voor my weg te ruk. Op die einde lyk ons uit onsself eintlik maar soos hierdie vyebome hier aan die oostekant van ons kerk, wanneer dit winter is. Kaalgestroop, nie n enkele van daardie groot blare wat nou daaraan is nie. En wanneer ek myself so sien, dan laat die belydenis ons nie in die koue nie, die koue van ons eie sondenag nie, nee ons kom in die lig van God se liefde. Die groot gebod, die enigste waarbinne al die gebooie van God saamgevat kan word, dit wat ons besef Israel het hierdie gebod op baie maniere net so duidelik moes hoor soos die Kategismus dit uit Jesus se mond kon haal. Deuteronomium 6, Levitikus 19. Deuteronomium. 6 praat van die Here wat jou moet liefhê, met jou hele hart, met jou hele siel, met al jou kragte en Lev.19 lê klem op die naaste. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Dan eindig die vers in Levitikus- EK IS DIE HERE... God wat Homself openbaar, God verduidelik Homself en dit ook in wat sy liefde is. Ek is die Here het God ook geopenbaar dat EK IS LIEFDE. Moet nie die heiligheid van God se liefde ooit onderskat nie! Om God boweal lief te hê, selfs meer as wat jy jou eie lewe lief het, is waar dit op aankom. Ons moet niks tussen ons en God wil laat staan nie. Dit is die alles bepalende en mees deurslaggewende eis wat daar kan wees. Ek kan werklik die meeste eredienste bywoon, die grootste kerklike bydrae wil gee, pligsgetrou my roeping hier en

5 elders wil uitvoer, baie Bybel lees, bid en sing soveel soos niemand dit kan nadoen nie, maar as ek dit alles nie uit ware liefde vir God doen nie, dan is dit alles tevergeefs. Dit is presies waarby 1 Korintiërs 13 by uitkom. Niks moet daar wees wat met jou liefde wat daar vir God moet wees kan vergelyk nie. Die eerste tafel van die Wet is hierin baie duidelik. Die tweede tafel kom waar ons vandag al baie by was. My liefde vir my naaste. Hier is n duidelik saak. Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Positief gestel, doen aan ander, wat ek volgens God se wet wil hê hulle ook aan my moet doen. Ek kan die twee tafels van die Wet nie skei nie en dit is nie vir my om te bepaal wie my naaste is as die naaste dan hier ter sprake kom nie. Wie die ander een ook al mag wees, op watter stadium die een my al so kwaad kon maak, so verbitterd kon laat, so seergemaak, maar as dit kom dat wie my naaste is dan is dit baie keer presies hierdie persoon wat ek eintlik graag die minste as my naaste wou hê, dan is dit net hy/sy. Dan is hy jou naaste, ongeag hoe jy binne jou mag voel. Vraag 5 bewys in alle geval dat jou gevoel aaklig is, moet nie jou gevoelens vertrou nie, want daarmee is jy van nature geneig om te haat. Selfs om vir God te haat. Van nature sal ons altyd die liefde vir haat wil inruil. Dit is alleen die Here wat die omgekeerde kan bewerk. Om haat vir liefde in te ruil. Daarin het Christus kom wys nie net hoe dit gedoen word nie, maar het Hy dwarsdeur sy lewe dit gedoen. Hy het nie maar net gepraat nie, Hy het gedoen. God praat reguit en God loop reguit paaie met ons. Hierdie deel van die Kategismus het ons werklik in die midde geplaas van hoe ellendig ons werklik is. Volgende keer word ons nog dieper die binnekring van ons ellende ingetrek. Sonde wat ek besef op geen manier God se wil en God se werk kan wees nie. Waar God werk het ons geen kwaad en geen sonde nie. Ons besef die Kategismus is met die werklike diepte van ons ellende nog nie uitgepraat nie. Sondag 3 en 4 kom weer en weer hierna terug. God dra geen skuld vir ons ellende nie, maar God het die volste reg om ons baie duidelik ons ellende te laat verstaan. Hiermee moet ons nog weer n verdere pad loop. AMEN vol haat wat baie dinge vir die wêreld en vir ander mense kan wegsteek, maar vir God kan ek niks wegsteek nie. waar die liefde die werk begin doen, word alles nuut. Liefde maak God se gebooie ook nuut.

6 m laat ons dit in Sondag 2 ook doen,