10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

Vergelijkbare documenten
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

Jesaja sien die Toekoms

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Van Vervolger tot Prediker

n Tempel Leier besoek Jesus

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Van Vervolger tot Prediker

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

Welkom by Die Storie God se storie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

22. Reëls vir die pad die Padmaker

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Die Kerk se Geboorte

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Goeie Konings, Slegte Konings

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Pragtige Koningin Ester

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jona en die Groot Vis

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

10. Jesus help my verstaan

God eer Josef die slaaf

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Die Groot Gebod dennis de wet

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

6. Wat keer my? Markus 10:17-31

'n Man gestuur deur God

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die brief aan die Filippense

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

26. Kies wysheid 1 Konings 3

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Transcriptie:

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen te maak. Agtergrond en interpretasie Vyf opmerkings is hier van toepassing: 1. Vers 16 verwys na die berg moontlik in aansluiting by die berg as plek van bekendmaking (Matt 5:1; 17:1). 2. In vers 17 word die mense wat vir Jesus aanbid en dié wat twyfel as t ware in een asem genoem net soos vandag nog die geval is. Dit is juis met hierdie gemengde groep dat Jesus praat en hulle versterk. 3. In Woord teen die lig I/5, bladsy 80 skryf PJ Robinson: Die sentrale gedagte in hierdie perikoop en trouens die hoogtepunt van die hele Evangelie is die vorming van ʼn nuwe gemeenskap rondom die opgestane Jesus Die uniekheid van hierdie gemeenskap word na twee kante toe aangedui. Enersyds word dit gekwalifiseer deur dissipelskap, dit wil sê, lotsgemeenskap met Christus navolging gehoorsaamheid in nederigheid en lydensbereidheid as ʼn blywende lewenshouding Tweedens blyk die uniekheid uit die feit dat dit ʼn wêreldwye omvang het Dit is ʼn dissipelgemeenskap wat dissipels moet maak ingestel op kommunikasie. 4. Die manier waarop dissipels gemaak word, is deur die proses van inlywing (doop) en groei (leer). Hierdie proses word omraam deur Hom wat alle mag besit en wat by die dissipels is. Raam/Kors Binneste/Vulsel Raam/Kors Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde Gaan maak dissipels (van al die Dopend nasies ) Lerend En onthou: Ek is by julle al die dae tot by die voleinding van die wêreld 5. In die vorige ontmoeting het ons daarop gewys dat dit in Matteus oor twee magte gaan die skynheilige politieke mag van die geestelike leiers teenoor die Goddelike mag soos Jesus dit vertoon het. Aan die einde van hierdie Evangelie kry ons die bevestiging dat die Een met ware mag by sy dissipels is.

Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Vertel Matteus 28:16 Vertel Matteus 28:17 Vertel Matteus 28:18-20 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Die spesiale afspraak. 2. Aanbidders en twyfelaars bymekaar. 3. Die Almagtige is by ons. Uitkoms 1. Insig: Wanneer ons in Jesus glo, is ons vasgebind aan die Een wat die mag het. Ons is ook vas aan ander dissipels wat almal saamgebind word en saam leer. Ons is deel van die groot beweging om oor die hele wêreld heen, soos in kringe van binne na buite, dissipels te maak. Hulpmiddels by die storie Iemand wat ʼn storie dramaties kan vertel, asof hy een van Jesus se dissipels is. Die persoon kan aangetrek word soos ʼn Bybelfiguur. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Potlode en penne. 2. Verskillende skoene of prente van verskillende skoene vir gebruik by Wegspring. Genoeg sodat elke groeplid ʼn skoen kan kies. Senior kleingroep Bring saam 1. Bybels, of afdrukke van die Bybelgedeeltes omdat die groep dit saam gaan ondersoek.

Die storie Begin Ons het vandag iemand uit die Bybelse tyd genooi om vir ons te kom kuier. Matteus, waar is jy? Kom maar in. Laat die storieverteller inkom en die groep groet. Matteus, baie dankie dat jy vandag hier is. Vertel asseblief vir ons wat gebeur het net voordat Jesus teruggegaan het hemel toe. Opmerking: Die gedeeltes onder elke moment is ʼn voorstel vir hoe Matteus sy storie kan vertel. Hoor Moment 1: Matteus 28:16 Die spesiale afspraak Ons elf dissipels is Galilea toe, want die vroue wat vir Jesus gesien het nadat Hy uit die dood opgestaan het, het gesê Hy sê ons moet daarheen gaan. Dit was by die See van Galilea dat Jesus ʼn paar van ons geroep het om sy volgelinge te word die vissermanne onder ons. Ons het geweet waar die plek is waar Hy ons altyd geleer het. Ja, ons was net elf, want Judas was nie meer by ons nie. Ons het toe nog nie geweet wat van hom geword het nadat hy Jesus met ʼn soen verraai het nie. Moment 2: Matteus 28:17 Jesus verskyn aan sy dissipels Toe Jesus skielik daar aan ons verskyn, kon ons ons oë nie glo nie. Ons almal was egter baie bly. ʼn Paar van ons het getwyfel of dit regtig Hy was. Ons het toe vir seker geweet Jesus is nie ʼn gewone mens nie. Ons het geweet Hy is God. Daarom het ons Hom aanbid. Toe kom Hy nader en praat met ons. Moment 3: Matteus 28:18 Jesus se boodskap aan hulle Jesus sê toe vir ons: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Ons het geweet dit is waar. As iemand sterker as die dood is, is hy almagtig. Toe Jesus praat, het ons geweet Hy is die Koning oor alles en almal. Moment 4: Matteus 28:19 Jesus stuur sy dissipels uit Dit is te verstane dat die Koning oor alles en almal ons na al die nasies uitgestuur het. Hy het gesê ons moet na almal toe gaan en al die mense sy dissipels maak. Ons het gedink hoe Hy ons sy dissipels gemaak het. Toe vertel Hy vir ons hoe ons dit moes doen. Ons moes mense by ons inlyf. Hulle moes weet hulle word deel van Jesus. So het dit gekom dat ons mense begin doop het. Jesus het gesê ons moet hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees doop. Ons het toe al die Vader en vir Jesus, die Seun, geken, maar ons het nog nie mooi geweet van die Heilige Gees nie. Dit was toe nog ʼn groot verrassing wat moes kom. Ons het eers ʼn rukkie later die Heilige Gees leer ken.

Moment 5: Matteus 28:20 Jesus is altyd by sy volgelinge Dit is so wonderlik om gedoop te wees en te weet jy is deel van Jesus en sy groep volgelinge. Jesus het egter ook geweet ons as mense moet nog leer om in liefde te leef. Ons het gesien hoe Hy dit doen, en ons weet wat Hy alles vir ons geleer het. Toe Jesus sê ons moet dit vir ander mense gaan leer, was ons baie opgewonde. Ons het so baie dinge geweet en moes nog so baie oefen om soos Jesus te wees. Ons wou sommer graag baie dissipels maak, maar ons was ook bang. Hulle het Jesus immers doodgemaak! Toe sê Jesus vir ons: Onthou, Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. Ons het nog nie presies geweet hoe alles sou werk nie, maar hierdie woorde het ons getroos. Jesus, die Een wat alle mag het, sou altyd by ons wees. Opmerking: Onderbreek Matteus hier. Matteus, baie dankie dat jy vandag vir ons kom kuier en vir ons van hierdie ervaring in jou lewe vertel het. Dink Dit is nou baie jare later. Jesus se eerste dissipels het uitgegaan en nog baie meer dissipels gaan maak. Só het ook ons Christene geword. Baie van die eerste dissipels is doodgemaak omdat hulle vir Jesus gevolg het. Selfs vandag nog is daar mense wat Christene doodmaak. Dink julle mense wil vandag nog Christene word? Dink julle ander mense sien in ons lewe dat dit die moeite werd is om ʼn Christen te wees? Leef Iemand het gesê mense vaar baie beter daarin om mekaar te leer baklei as om mekaar te leer om soos Jesus lief te hê. As ons doen wat Jesus ons geleer het, sal ons liefhê en liefhê en nog meer liefhê al word ons gekruisig of doodgemaak. Dit is ʼn baie groot uitdaging om mekaar te leer om só te leef. Jesus, die Almagtige, wat ons as mense tot die dood toe liefgehad het, bly nou deur sy Gees in ons om ons te help om soos Hy lief te hê.

Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Herhaal die groet van die vorige week. Groet: Die Here het opgestaan. Antwoord: Die Here het waarlik opgestaan. Wegspring 1. Laat elkeen ʼn skoen uit die bondel neem en voor hulle hou. (As jy nie regte skoene kon bring nie, gebruik prente van skoene.) Sê dan: Die skoene wat ons hier het, het ek by ʼn onderwyseres, ʼn dokter, ʼn boer, ʼn predikant, ʼn sakevrou, ʼn rugbyspeler, ʼn toeris, ʼn leerder (ensovoorts) gekry. 2. Lees Efesiërs 6:10-11 en 15. Herhaal vers 15: die bereidheid om die evangelie (die Goeie Nuus) van vrede te verkondig, as skoene aan julle voete. 3. Gesels saam: Hoe kan die mense wat hierdie skoene dra die Goeie Nuus van Jesus uitdra en dissipels van mense maak? (Opmerking: Laat elkeen die vraag beantwoord oor die skoen wat hulle gekies het.) Werksaam Alles wat Jesus vir sy dissipels in Matteus 28:18-20 gesê het, kan soos ʼn groot toebroodjie voorgestel word. Jy kan nou hierdie toebroodjie in jou werkboek maak: 1. Skryf op die boonste sny brood van jou toebroodjie Jesus se woorde in Matteus 28:18 neer. 2. Skryf op die boonste sny brood van jou toebroodjie Jesus se woorde in Matteus 28:20 neer. 3. Vul die ontbrekende woorde in die vulsel van jou toebroodjie in.

Wegstuur/Huisgeloof 1. Maak weer ʼn toebroodjie by die huis en verduidelik Jesus se woorde aan sy dissipels vir mekaar. 2. Lees Romeine 10:14-15 en Efesiërs 6:10-11 en 15 saam en verduidelik vir mekaar hoe julle hierdie verse verstaan. 3. Kyk na ʼn wêreldkaart of aardbol. Waar is ons? Waar is Israel (en Galilea)? Hoe het die Goeie Nuus tot by ons gekom? 4. Droom saam: Waar en vir wie wil ek die Goeie Nuus vertel? 5. Bid saam vir enige land of stad se mense.

Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Herhaal die groet van die vorige week. Groet: Die Here het opgestaan. Antwoord: Die Here het waarlik opgestaan. Wegspring Lees weer Matteus 28:18-20 en beantwoord saam die volgende vrae: 1. Wat staan in die eerste sin wat Jesus hier sê? 2. Wat staan in die laaste sin wat Jesus hier sê? 3. In die middel van hierdie twee sinne gee Jesus ʼn opdrag. Ons kan dit in drie woorde opsom. Wat is hierdie drie woorde? G _ m _ d. 4. In die middel van vers 18 is daar ʼn dubbelpunt. Hoekom dink julle is dit daar? (Antwoord: Wat voor ʼn dubbelpunt staan, vertel vir ons meer oor wat ná ʼn dubbelpunt sal staan. Jesus het gesê ons moet dissipels van mense gaan maak, en dan volg daar ʼn dubbelpunt. Ná hierdie dubbelpunt sê Jesus hoe ons dissipels van mense kan maak.) 5. Watter twee dinge doen ons wanneer ons dissipels maak? Kyk weer mooi na die twee dinge wat ná die dubbelpunt genoem word. Wonder Maak jou oë toe en dink: Waar het jy gister en vandag al oral geloop? Wat het jy gedoen? Wat het jy vertel? Lees Romeine 10:15c stadig vir die groep: Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring. Bly ʼn oomblik stil en lees dit dan weer. (Herhaal drie keer.) Werksaam Alles wat Jesus vir sy dissipels in Matteus 28:18-20 gesê het, kan soos ʼn groot toebroodjie voorgestel word. Teken jou toebroodjie in jou werkboek: 1. Die twee snye bo en onder is die eerste en laaste sin wat Jesus vir sy dissipels gesê het. 2. Tussen die twee snye smeer jy ʼn mengsel. Dié mengsel is: Gaan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels. 3. Die mengsel word van twee bestanddele gemaak. Die twee bestanddele word ná die dubbelpunt in vers 18 genoem. Opmerking: Help die groep om die toebroodjie in hulle werkboeke te teken.

Wegstuur/Huisgeloof 1. Lees Romeine 10:14-15 en Efesiërs 6:10-11 en 15 saam en verduidelik vir mekaar hoe julle hierdie verse verstaan. 2. Kyk na ʼn wêreldkaart of aardbol. Waar is ons? Waar is Israel (en Galilea)? Hoe het die Goeie Nuus tot by ons gekom? 3. Droom saam: Waar en vir wie wil ek die Goeie Nuus vertel? 4. Bid saam vir enige land of stad se mense.