HANDLEIDING RELIGIESTUDIES GRAAD 11

Vergelijkbare documenten
HANDLEIDING RELIGIESTUDIES GRAAD 10

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 8

HANDLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 4

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 7

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 8

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 5

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 9

FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

HANDLEIDING WISKUNDE GRAAD 9

FAKTORE EN VEELVOUDE

HANDLEIDING DRAMATIESE KUNSTE GRAAD 10

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL: TAALKUNDE GRAAD 10

HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

FASILITEERDERSGIDS LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 1

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 2

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 7

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4

IS DAAR DRIE GODE...of EEN GOD IN DRIE PERSONE?

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HANDLEIDING LANDBOUBESTUURS- GRAAD 10

Die Brief aan die Galasiërs

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

Die historiese Jesus. Vertrekpunt

HANDLEIDING GRAAD 11

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

HANDLEIDING GRAAD 10

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

DESIGN RELIGIESTUDIES

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 4

HANDLEIDING LEWENSORIËNTERING GRAAD 12

HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 11

Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees?

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 1

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Les 1 vir 7 Oktober 2017

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

GOD DIE VADER Deur Dr. Arnold G. Fruchtenbaum

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 10

Les Plan Twee. Habitats

Groot godsdienste van die wereld *

HANDLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 7

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

NOVEMBER 2008 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE)

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

GRAAD 7 LEWENSORIENTERING

HANDLEIDING REKENAAR- TOEPASSINGS- TEGNOLOGIE GRAAD 10

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Vergelyking van 'n reguitlyn vanuit 'n grafiek *

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Wat is die doop? Wat is n ordonnansie? Wat is n sakrament?

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

FASILITEERDERSGIDS REKENAAR- TOEPASSINGS- TEGNOLOGIE GRAAD 10

Briewe, posseëls en elektroniese pos

FASILITEERDERSGIDS NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE GRAAD 5

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 4

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAF

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Matteus se Judas en die koninkryk

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Transcriptie:

HANDLEIDING RELIGIESTUDIES GRAAD 11 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Kopieregwet, mag geen gedeelte van hierdie boek gereproduseer of versend word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring en opname, sonder skriftelike toestemming van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk nie. KABV-aangepas Samesteller Dr G Snyman Ë1611-A-RES-SG01 ¹ µ¹î

G11 ~ Religiestudies INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE... 5 VOORWOORD... 6 JAARPLAN... 7 EENHEID 1 Belangrikste ontwikkelings in verskillende religieë... 9 Les 1: Religieuse ontwikkeling in die wêreld... 10 Les 2: Religieuse ontwikkeling in Suid-Afrika... 21 Les 3: Belangrike invloede in die ontwikkeling van religieë... 25 EENHEID 2 Interafhanklikheid van religie en sosiale faktore... 27 Les 4: Jagter-versamelaar-samelewings... 28 Les 5: Vroeë kosprodusente... 29 Les 6: Vroeë staatsamelewings... 30 Les 7: Samelewings met meer gevorderde tegnologie... 31 Les 8: Postmoderne samelewing... 33 EENHEID 3 Verhoudings wat in die verlede tussen verskillende religieë bestaan het... 35 Les 9: Sikhisme en Inheemse Afrika-kerke... 36 Les 10: Die sendingreligieë: Christendom, Islam, Baha i en Boeddhisme... 38 Les 11: Nie-sendingreligieë: Afrika-religieë, Judaïsme en Hindoeïsme... 40 EENHEID 4 Die onderskeid tussen belangrike terme in die konteks van religie...42 Les 12: Belangrike terme in die konteks van religieuse verhoudings... 42 EENHEID 5 Religieuse simbole...46 Les 13: Die betekenis van die term simbool... 46 Les 14: Die belangrikheid van simbole in religie... 48 Les 15: Die rol wat simbole in die voorstelling en aanbidding van iets Les 16: speel... 49 Sentrale simbole in religieë: Oorsprong en betekenis en hoe en wanneer dit gebruik word... 50 Les 17: Hoe die betekenis van simbole met verloop van tyd verander... 57 EENHEID 6 Verskillende teorieë oor religie... 59 Les 18: Verstaan die term teorie... 59 Les 19: Teorieë in n religieuse konteks... 61 Les 20: Funksionalistiese en konflikteorieë in religie... 61 Les 21: Moraliteit en etiek in religie... 64 EENHEID 7 Die wese en rol van vertellings en mites in religie...68 Les 22: Verstaan die term vertelling... 68 Les 23: Verstaan die konsep mite : Verskillende soorte mites... 70 Les 24: Die verskeidenheid rolle van mites of mitologiese elemente in religie... 71 Les 25: Vertellings en mites in religieë... 72 EENHEID 8 Soorte rituele in religie en hulle rolle... 81 Les 26: Verstaan die konsep ritueel : Oorsprong en betekenis van rituele en verband met historiese gebeure in religie... 82 Les 27: Algemene kenmerke van rituele... 84 Les 28: Onderskei tussen verskillende soorte rituele... 86 Les 29: Onderskei tussen die verskeie rolle van die ritueel in religie... 87 3 Impak

G11 ~ Religiestudies Les 30: Die verband tussen rituele en verskillende religieë... 88 Les 31: Rituele kan verander... 91 EENHEID 9 Verskillende religieuse konsepte... 93 Les 32: Religieuse konsepte in verskillende religieë... 93 Les 33: Artistieke uitdrukking in religie... 102 EENHEID 10 Religie en die staat...106 Les 34: n Kritiese analise van die verhouding tussen religie en staat... 106 Les 35: Maniere waarop religieuse oortuigings die ontwikkeling van staatsbeleid en -praktyke beïnvloed... 110 EENHEID 11 Religie en politiek... 113 Les 36: Die verhouding tussen religie en politiek in terme van religieuse beskouings oor politiek... 113 Les 37: Hoe religie en politiek mekaar beïnvloed... 119 EENHEID 12 Religie en die natuurlike omgewing... 121 Les 38: Die invloed van die natuurlike omgewing op religie en andersom... 121 Les 39: Religie se impak op die natuurlike omgewing... 125 EENHEID 13 Gemeenskaplike verantwoordelikheid en samewerking van religieë... 127 Les 40: Les 41: Les 42: Waarom religieë verantwoordelikheid vir die lewensgehalte in die samelewing deel... 128 Religieuse hulpbronne wat beskikbaar is om medeverantwoordelikheid te aanvaar vir die verbetering van lewensgehalte... 129 Voorbeelde van samewerking tussen religieë om die lewensgehalte van samelewings te verbeter... 131 Les 43: Die impak van religie op die samelewing... 133 EENHEID 14 Religie en ontspanning uit n etiese oogpunt... 135 Les 44: Die verhouding tussen werk en ontspanning... 136 Les 45: Vorme van ontspanning in die individuele en gemeenskapslewe... 137 Les 46: Ontspanning in verskeie religieë... 138 Les 47: Advertensies en borgskappe verwant aan ontspanningsaktiwiteite... 140 Les 48: Etiek in die ontspanningsbedryf... 141 WOORDELYS... 144 BRONNELYS... 148 Impak 4

G11 ~ Religiestudies Eenheid 1 EENHEID 1 Belangrikste ontwikkelings in verskillende religieë LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om: te weet hoe die ontwikkeling van die belangrikste religieë in die wêreld plaasgevind het. te weet hoe die ontwikkeling van religieë in Suid-Afrika plaasgevind het. te weet wat die belangrike invloede in die ontwikkeling van religieë is. te kan beskryf hoe religieë in die wêreld ontwikkel het. te kan beskryf hoe religieë in Suid-Afrika ontwikkel het. die belangrikste invloede op die ontwikkeling van religieë te kan noem en bespreek. INLEIDING In hierdie eenheid gaan jy meer leer oor die ontwikkeling van die belangrikste wêreldreligieë, die ontwikkeling van religieë in Suid-Afrika en van die invloede op die ontwikkeling van religieë. Daar bestaan talle religieë in die wêreld, maar dit is nie moontlik om na die ontwikkeling van almal te kyk nie. Daar is ook die kwessie van kategorisering of indeling van die religieë wat in die wêreld bestaan. Hierdie eenheid word soos volg ingedeel: Prehistoriese en primitiewe religieë, inheemse religieë, uitgestorwe antieke religieë, religieë van Indië, religieë van Oos-Asië en religieë van die Midde-Ooste. BELANGRIKE TERMINOLOGIE Boeddhisme Christendom Confucianisme (Konfusianisme) Inheems Cro-Magnon Hindoeïsme Islam Judaïsme Monoteïsme Neanderdalmense Prehistories Primitief Politeïsme Stonehenge Uitgestorwe 9 Impak

Eenheid 1 Handleiding G11 ~ Religiestudies LES 1 Les 1: Religieuse ontwikkeling in die wêreld DEFINIEER Boeddha: Boeddhiste: Brahman: HJ: Die aanbiddingsfiguur van Boeddhisme. Volgelinge van die religie wat tussen 563 en 483 VHJ deur n Hindoe met die naam Siddhārtha Gautama Boeddha begin is. Die aanbiddingsfiguur wat die Hindoes aanbid. Hindoes verwys na Brahman as die wêreldsiel. Huidige jaartelling. Die tydsaanwysing wat in die handleiding gebruik word, naamlik HJ (huidige jaartelling; Engels CE), stem ooreen met die tydsaanwysings v.c. (voor Christus) en n.c. (na Christus), onderskeidelik. Die tydsaanwysings VHJ en HJ word gebruik eerder as v.c. en n.c. in n poging om alle religieë dieselfde te behandel. Monoteïsme: Gevorm van die Griekse woorde monos ( een / enkel ) en theos ( god ). Dit beskryf ʼn religie wat net in een aanbiddingsfiguur/godsfiguur glo. Die drie hoof/groot monoteïsmes in die wêreld is Yahwisme (die Joodse religie), die Christendom en Islam. Politeïsme: Ryk: Uitgestorwe: VHJ: Die woord is gevorm uit die Griekse woorde polus ( baie ) en theos ( god ). Politeïsme dui op ʼn religiestelsel waarin daar meer as een god aanbid word dit is m.a.w. die teenoorgestelde van monoteïsme. n Voorbeeld van politeïsme is die Griekse of Romeinse mitologie waarin daar baie gode voorkom (en die gode word gesamentlik die mitologiese panteon genoem, d.w.s. al die gode in daardie mitologie). n Aantal gebiede onder een heerser. Iets wat nie meer bestaan nie. Voor huidige jaartelling. Die tydsaanwysings wat in die handleiding gebruik word, naamlik VHJ (voor huidige jaartelling; Engels BCE), stem ooreen met die tydsaanwysings v.c. (voor Christus) en n.c. (na Christus) onderskeidelik. Die tydsaanwysings VHJ en HJ word gebruik eerder as v.c. en n.c. in n poging om alle religieë dieselfde te behandel. In graad 10 het jy geleer dat dit baie moeilik is om te bepaal wie die eerste mense was wat religie beoefen het of waar religie ontstaan het. Daar word basies twee teorieë voorgehou, naamlik: a) Geloofgebaseerde teorie: Die oorsprong van religie word in kultuur gesien as n openbaring, m.a.w. dat die idee van god, ens. nie ʼn menslike ontwikkeling is nie, maar eerder n goddelike of bonatuurlike openbaring. b) Sekulêrgebaseerde teorieë: Antropoloë, evolusionêre bioloë en ander navorsers in die menslike wetenskappe meen dat die spesie homo sapiens (die mens) iewers in Afrika uit ʼn spesie van protomense ontstaan het. Religie as deel van menswees se ontstaan word dan verduidelik as deel van die evolusionêre proses van die mens se ontwikkeling. Impak 10

G11 ~ Religiestudies Eenheid 1 Hierdie twee teorieë kan soos volg opgesom word: Geloofgebaseerde teorie beteken dit dat die idee van god nie deur mense uitgedink is nie, maar dat daar n god is wat homself aan mense bekendmaak deur die skepping en heilige geskrifte (mettertyd) sodat mense hom kan ken. Sekulêrgebaseerde teorieë beteken dat die idee van n god en religie n menslike ontwikkeling is m.a.w. die mense het n god geskep, nie andersom nie. Religie is dus n produk van mense se soeke na sin en sekuriteit in die wêreld. Daar gaan nou gekyk na die ontwikkeling van religie in die wêreld. 1.1 Prehistoriese en primitiewe religieë Die term prehistories verwys na die tyd in die geskiedenis van die mens voordat enige iets beskryf is, d.w.s. voordat die skryfkuns ontwikkel is en die mens sy geskiedenis en die ervaring van lewe en die waarneming van die aarde rondom hom kon boekstaaf. In die prehistoriese vorme van lewe wat deur argeoloë (geologie-wetenskaplikes wat die begin en vroegste fasette van dinge bestudeer [Grieks archē = begin ]) en paleontoloë (oudheidkundiges [Grieks palaios = oud ]) as homo sapiens (die denkende mens ) beskryf word, was die religieuse aspek dit wat daardie mense van hul ewe primitiewe primate onderskei het. Noss se stelling dat die mens basies n religieuse wese is, blyk hier duidelik korrek en sinvol te wees selfs die vroegste mense was religieus en dit word bewys deur die feit dat die Neanderdalmense hulle oorledenes behandel het soos net die mens dit doen. Neanderdalmense Die Neandervallei is naby Düsseldorf in Duitsland. In 1850 HJ is argeologiese ontdekkings van n prehistoriese mensgemeenskap daar gedoen en daarna is soortgelyke vondse oor n wye gebied oor Europa heen gemaak. Hierdie mense is Neanderdalmense genoem (na die plek waar die eerste ontdekkings gedoen is). Daar word aangeneem dat hulle tydens die Ystydperk geleef het (tussen 100 000 en 30 000 VHJ). Die bewyse van religieuse praktyke is in hulle grotwonings gevind in die manier hoe hulle hul dooies begrawe het. Die klipimplemente wat saam met dooies begrawe is, dui waarskynlik op n geloof in die hiernamaals, maar moontlik ook in iemand in daardie hiernamaals. Cro-Magnon-mense Die naam vir hierdie groep vroeë mense is van Frans afkomstig Abri de Cro-Magnon (die rotsskuiling van Cro-Magnon). Hulle was soos die Neanderdalmense ook deel van die ras homo sapiens en kon waarskynlik die voorsate van die moderne Europese mense gewees het. Die (waarskynlik) vroegste tekens van hierdie mense word op ongeveer 43 000 jaar gelede gedateer. Hulle begrafnisgebruike toon (soos die Neanderdalmense) n geloof in die hiernamaals. Vir die Cro-Magnon-mense was skilder baie belangrik en baie oor hulle alledaagse lewe kan vanuit hulle verfwerke geleer word. Daar is tekens dat hulle offers aan natuurmagte gebring het en hulle dooies op spesifieke maniere behandel het. 11 Impak