SOSIALE- en OWERHEIDSTUDIE

Vergelijkbare documenten
Dit begin alles hier. Lettere en Wysbegeerte

Dit begin alles hier. Letter en Wysbegeerte

Dit begin alles hier. Teologie

SOSIOLOGIE. Skool vir Sosiale en Owerheidstudie. Innovasie deur diversiteit

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

Dit begin alles hier. Teologie

Trek jou NWU-tekkies aan en loop ʼn dag in die skoene

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Les 14: Entrepreneurskap

DESIGN RELIGIESTUDIES

GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Sentraalbeplande stelsel

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE

GESKIEDENIS en ANTIEKE KULTUUR

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Klank en kleur in die skepping

ALGEMENE INLIGTING. Heelwat onderwerpe kan onder die hoof ingesluit word, maar dit word beperk tot enkcles wat vir alle studente van belang.

2 nd Chances... Wiskunde

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

NOVEMBER 2008 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE)

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

HOËRSKOOL ALBERTON BESIGHEIDSTUDIES : GRAAD 12

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

OUERAAND BEROEPSLEIDING:

Vervoer - 01 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Vervoer 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

EUROPA Trust Company 2

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V1

* Eerste stap tot: * Menslikehulpronpraktisyn * Mediator - Prokureur * Personeelkonsultant * Arbeidsverhoudingespesialis. BCom

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE

Prysvorming deur vraag en aanbod

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

EKSAMENAFBAKENING 2016 LOR CAPS GR. 11

GRAAD 7 LEWENSORIENTERING

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Stelletjie Brosjure: Somer / Herfs 2017

Pretoria-Noord Hoёrskool Geografie GRAAD 9 Junie eksamen

onderskeid tussen verskillende kunsvorme

EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN. VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE. VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Riglyne vir Steundiensaanstellings

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

G-Voucher - Tuinprojek. Kerkraadsvergadering 6 Mei 2014

CURRICULUM VITAE van MATHYS BORNMAN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 2 Junie 2015 Graad 11 Junie Eksamen Tyd: 2 uur Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

2016 SENIOR REGISTRASIE SKEDULE

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

Stuur die aansoekvorm aan:

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Rolprente uit twee verskillende genres *

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Dit begin alles hier. Gesondheidswetenskappe

Die historiese Jesus. Vertrekpunt

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

UNIVERSITEIT VAN DIUE VRYSTAAT

RUGBYKLINIEK BY U SKOOL IN 2011!!

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

AKADEMIESE ORIËNTERING EERSTEJAARS 2012 AKADEMIESE ORIËNTERING & KURRIKULUMKONTROLE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Transcriptie:

Skool vir SOSIALE- en OWERHEIDSTUDIE Innovasie deur diversiteit NORTH-WEST UNIVERSITY YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA NOORDWES-UNIVERSITEIT POTCHEFSTROOMKAMPUS 8545BKA Sosiale & Owerheids.indd 1 10/21/09 11:13:05 AM

Inleiding Die Skool vir Sosiale en Owerheidstudie vorm studente vir beroepe wat pas by die uitdagings van die 21ste eeu. Daarom word studente in die Skool toegerus met vaardighede soos om ontledend te dink, tendense in die sosiale werklikheid waar te neem en om geleenthede daarin te ontgin. Daarby bied die Skool ook opleiding in Openbare Bestuur en Regering vir studente wat in die openbare sektor n leidinggewende rol wil speel. Die Skool se programme bied voornemende studente vaardighede wat nuttig, toepaslik en betekenisvol is vir n wye verskeidenheid beroepe soos dié van: projekbestuurder, -ontleder of evalueerder toeristebestuurder en toerleier beplanner en ontwikkelaar joernalis onderwyser sosiale navorser en ontleder bestuurder (van gastehuise tot multinasionale korporasies) impakstudienavorser diplomaat entrepreneur senior staatsdiensamptenaar menslike hulpbronbestuurder politieke beleidmaker Studierigtings Die Skool vir Sosiale en Owerheidstudie bied die volgende programme aan: BA in Ontwikkeling en Bestuur B Sosiale Wetenskappe (BSocSc) BA in Erfenis- en Kultuurtoerismebestuur BA in Gedragswetenskappe (Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudingebestuur) BA in Geesteswetenskappe (waar die Skool se vakke as hoofvakke in voorkom) Hons BA (in Geskiedenis, Openbare Bestuur en Regering, Politieke Studie en Sosiologie) In samewerking met die Fokusarea: Sosiale Transformasie bied die Skool vir Sosiale en Owerheidstudie die volgende nagraadse programme aan: MA (verhandeling) in Bedryfsosiologie, Geskiedenis, Openbare Bestuur en Regering, Politieke Studie en Sosiologie MA in Ontwikkeling en Bestuur (gestruktureerde meestersgraad) met spesialisasie in Openbare Bestuur en Regering, Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid, Rampstudie, Regeerkunde en Politieke Transformasie en Waterstudie PhD (proefskrif) in Bedryfsosiologie, Geskiedenis, Openbare Bestuur en Regering, Politieke Studie en Sosiologie PhD in Ontwikkeling en Bestuur (proefskrif) met spesialisasie in Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid, Openbare Bestuur en Regering, Rampstudie, Regeerkunde en Politieke Transformasie en Waterstudie Die opwindende vakke wat hierdie Skool aanbied, is ook beskikbaar in n wye verskeidenheid ander programme: B Art et Scien (Stads- en Streeksbeplanning) BA in Kommunikasie B Maatskaplike Werk BA in Psigologie en Sosiologie BA in Regte 2 8545BKA Sosiale & Owerheids.indd 2 10/21/09 11:13:11 AM

Vervolgens word die Skool se voorgraadse programme behandel. BA in Ontwikkeling en Bestuur Hierdie voltydse program het Openbare Bestuur en Regering as hoofvak. Dit berei studente voor om n positiewe bydrae te lewer in die dienste wat die staatsdiens aan die samelewing verskaf. Hierdie program word slegs voltyds aangebied en strek oor drie jaar. Die program het vyf kurrikulums: Openbare Bestuur en Regeerkunde (100 133 L304P) Hierdie kurrikulum het as hoofvakkombinasie Openbare Bestuur en Regering en Politieke Studie. Dit is n uitgesoekte samevoeging van vakke wat studente deeglik voorberei om n leidende rol in die openbare sektor te speel. In hierdie kurrikulum word tolking vir Engelse studente voorsien. Openbare Bestuur en Mensehulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge (100 133 L305P) In hierdie kurrikulum word, benewens Openbare Bestuur en Regering, ook Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudinge tot op derdejaarsvlak geneem. Die doel is om studente voor te berei vir die bestuur van menslike hulpbronne en goeie menseverhoudinge in die openbare sektor. Studente wat hierdie kurrikulum voltooi, kan toelating tot honneurs ontvang in een van die volgende vakke: Openbare Bestuur en Regering, Menslike Hulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge. Openbare Regeerkunde en Politiek met Regsvakke (100 133 L306P) Hierdie kurrikulum wil studente veral voorberei om met regsvakke die onderliggende wetlike aspekte (wetgewing) te verstaan wat die regeerfunksie onderskryf en wat raamwerke aan openbare bestuurders binne die Suid-Afrikaanse regeringstrukture bied. Studente met hierdie agtergrond sal n belangrike bydrae kan lewer in loopbane binne die openbare sektor waar die skryf van wetgewing en beleid geskied en in die praktyk toegepas word. 3 8545BKA Sosiale & Owerheids.indd 3 10/21/09 11:13:13 AM

Openbare Bestuur en Regering en Ekonomie (100 133 L307P) Hierdie kurrikulum fokus op Openbare Bestuur en die Ekonomie. Dit is duidelik dat regerings n verantwoordelike rol het om die ekonomie van n land doeltreffend te bestuur. Hierdie kurrikulum bied studente opleiding om op hierdie terrein n wesenlike bydrae te kan lewer. Openbare Bestuur en Regering en Sosiologie (100 133 L308P) Regerings gee struktuur aan samelewings en beheer samelewingsinstellings. Om dit tot die bevolking se voordeel te kan bedryf, is dit nuttig en noodsaaklik dat openbare bestuurders oor vakkundige kennis in Openbare Bestuur en Sosiologie beskik. In hierdie kurrikulum word tolking vir Engelse studente voorsien. Die staatsdiens, met vertakkings soos die nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede asook die verskillende departemente en afdelings daarin, bied voornemende studente n veelheid beroepsmoontlikhede. B Sosiale Wetenskappe (BSocSc) Die voordeel van hierdie opwindende voltydse program op die Potchefstroomkampus is tweeledig. Aan die een kant bied dit studente baie goeie kombinasies van hoofvakke wat uitstekende beroepsmoontlikhede inhou. Aan die ander kant verleen dit n wye verskeidenheid opsies van byvakke, onder meer tale, ander sosiale wetenskappe en selfs enkele vakke uit ander fakulteite. Studente kan Kommunikasie as byvak op eerstejaarsvlak neem. Hierdie voltydse program wat oor drie jaar strek behels ses aantreklike kurrikulums: Individu en Samelewing (909 100 L301P) Hierdie kurrikulum het Sielkunde as hoofvak met die keuse van n tweede hoofvak uit Geskiedenis, Sosiale Antropologie of Sosiologie. Met hierdie kurrikulum as basis kan studente voortgaan met Sielkundige studie of hulle kan loopbane betree soos dié van 4 8545BKA Sosiale & Owerheids.indd 4 10/21/09 11:13:17 AM

mark- of sosiale navorser of onderwyser (veral wanneer hulle dit kombineer met tale tot op tweedejaarsvlak). Sosiale Dinamika (909 100 L302P) Hierdie kurrikulum bestaan uit Sosiologie as hoofvak met die keuse van n tweede hoofvak uit Geskiedenis of Sosiale Antropologie. Met so n vakkeuse is dié kurrikulum veral geskik vir n loopbaan as sosiale navorser, joernalis, nuuskommentator, ontleder of ontwikkelaar en beplanner. Politiek en Samelewing (909 100 L303P) Hierdie kurrikulum is n samevoeging van Politieke Studie met n keuse van Geskiedenis, Sosiale Antropologie of Sosiologie as tweede hoofvak. Loopbane wat hierop volg, sou dié kon behels van politieke ontleder of nuuskommentator. Kultuur en Samelewing (909 100 L304P) Hierdie kurrikulum het Sosiale Antropologie en Geskiedenis as hoofvakke. Loopbaanmoontlikhede bestaan in museums of as toerleier, kultuurhistorikus of sosiale navorser. Omgewing en Samelewing (909 100 L305P) Hierdie kurrikulum het Geografie as hoofvak met n keuse van Geskiedenis, Sosiale Antropologie of Sosiologie as tweede hoofvak. Hierdie kurrikulum is geskik vir navorsers wat impakstudies oor die omgewing en samelewing onderneem. Ekonomie en Samelewing (909 100 L306P) Hierdie kurrikulum het Ekonomie as hoofvak met n keuse van Politieke Studie, Sosiale Antropologie of Sosiologie as tweede hoofvak. Loopbane wat hieruit vloei, is bestuurders en ekonome. 5 8545BKA Sosiale & Owerheids.indd 5 10/21/09 11:13:22 AM

BA in Erfenis- en Kultuurtoerisme (100 176 L301P) In hierdie voltydse program is die hoofvakke Toerismebestuur en Geskiedenis met Erfenis- en Kultuurtoerismebestuurmodules. Hiervoor bestaan n wye verskeidenheid loopbaanmoontlikhede in die toerismesektor asook erfenisterreine en museums. BA in Gedragswetenskappe (Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudingebestuur) (100 143 L300P) Hierdie voltydse program van drie jaar het as hoofvakke Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudingebestuur. Opleiding hierin kan lei tot beroepe as bedryfsielkundige of praktisyn in arbeidsverhoudinge. BA in Geesteswetenskappe Die Skool se vakke kom in heelwat van die voltydse driejaar-kurrikulums in BA Geesteswetenskappe as moontlike hoofvakke voor. In hierdie kurrikulums kan dit met n verskeidenheid ander hoofvakke gekombineer word. Hieronder is kurrikulums waarin dit só voorkom: Geskiedenis en die Humaniora (100 135 L316P) Hierdie kurrikulum bestaan uit Geskiedenis as hoofvak met n keuse van Afrikaans, Engels of Kunsgeskiedenis as tweede hoofvak. n Tipiese loopbaan wat hieruit vloei, is onderwyser. Politieke Studie en die Humaniora (100 135 L318P) Hierdie kurrikulum behels n kombinasie van Politieke Studie met n keuse van n tweede hoofvak uit Filosofie, Engels of Frans. Hierdie opleiding is uiters geskik vir loopbane by die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking soos by ambassades en ook as politieke ontleder. 6 8545BKA Sosiale & Owerheids.indd 6 10/21/09 11:13:27 AM

Sosiale Antropologie en die Humaniora (100 135 L319P) Hierdie kurrikulum bied n kombinasie van Sosiale Antropologie met n keuse van n tweede hoofvak uit Afrikaans, Engels of Kunsgeskiedenis. Loopbane kan hieruit ontwikkel as navorser, sosiale kritikus, joernalis of museumwerker. Sosiologie en Tale (100 135 L319P) Hierdie kurrikulum is n kombinasie van Sosiologie met n keuse van n tweede hoofvak uit Afrikaans, Engels of Tswana. Loopbane wat op hierdie kurrikulum gebaseer is, sou joernalis of sosiale navorser kon wees. Honneurs Die programme en kurrikulums wat hierbo uiteengesit is, bied toelating tot honneursgrade. Studente wat Geskiedenis, Openbare Bestuur en Regering, Politieke Studie of Sosiologie as hoofvak geslaag het en aan die betrokke honneursgraad se toelatingsvereistes voldoen, kan by die Skool aansoek doen vir toelating tot n honneursgraad in die betrokke dissipline. Vakke in die Skool vir Sosiale - en Owerheidstudie Die Skool bied die volgende vakke aan: Geskiedenis en Antieke Kultuur. Hierdie vak fokus veral op die historiese handelinge van mense in samelewingsverband. Kontak: Prof Kobus du Pisani, 018 299 1594. Gebou F13, Kantoor G27. Openbare Bestuur en Regering. Hierdie is n bestuursvak wat openbare beleidsvorming en die implementering daarvan bestudeer. Kontak: Me Luni Vermeulen, 018 299 1625. Gebou F13, Kantoor 109. Politieke Studie. Hierdie vak ondersoek veral die georganiseerde konflikte/dispute in samelewings en die oplossing daarvan deur die openbare besluite wat regerings neem. Kontak: Mnr Pieter Heydenrych, 018 299 1623. Gebou F13, Kantoor G33. Sosiale Antropologie. Hierdie vak ontleed die samelewingsverbande waarbinne mense optree van plaaslike tot globale kontekste. Kontak: Mnr André Goodrich, 018 299 4334. Gebou F13, Kantoor 118. Sosiologie. Hierdie vak bestudeer die aard van die samelewing en die wisselwerking tussen mense. Kontak: Mnr Jacques Rothmann, 018 299 1595. Gebou F13, Kantoor 120. Hierdie vakke word bestudeer deur studente wat n verskil in die samelewing wil maak en dit gaan doen! Kantoor vir Kortkursusse Die Skool beskik ook oor n kantoor vir kortkursusse. Hierdie kantoor bestuur gehalte en toepaslike kortkursusse wat verband hou met die kundigheid waaroor die personeel van die Skool beskik. Kontak: Mnr Willem Mostert, 018 299 1769. Gebou F13, Kantoor 108A. Skoolkontakbesonderhede Direkteur: Prof Johan Zaaiman, 018 299 1627 Gebou F13, Kantoor 117. Sekretaresse: Me Suzanne Reyneke, 018 299 1626 Gebou F13, Kantoor 116. 7 8545BKA Sosiale & Owerheids.indd 7 10/21/09 11:13:35 AM

NWU-PUKKE, waar ons GRAADKRY met LEKKERKRY klaarkry Beroepsgerigte opleiding Internasionaal erkende grade Afrikaans (Potchefstroomkampus) Studentestad Veilige Kampus Tel: 018 299 2772 navrae@nwu.ac.za www.nwu.ac.za www.nwupuk.mobi Innovasie deur diversiteit NORTH-WEST UNIVERSITY YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA NOORDWES-UNIVERSITEIT POTCHEFSTROOMKAMPUS Volla 8545BKA A5 Landscape.indd Sosiale & Owerheids.indd 1 8 10/21/09 9/22/09 11:13:37 2:10:15 PM AM