FEBRUARIE 2016 WAAROM LENT? VANDAG SE STORM WAS NIE VOORSPEL NIE N JAAR MET EWIGHEIDSWAARDE PLS KYK TERUG OP SY EERSTE JAAR

Vergelijkbare documenten
KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

n Tempel Leier besoek Jesus

Les 1 vir 7 Oktober 2017

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Van Vervolger tot Prediker

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Van Vervolger tot Prediker

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Jona en die Groot Vis

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die Kerk se Geboorte

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Welkom by Die Storie God se storie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Petrus en die Krag van Gebed

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Jesaja sien die Toekoms

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

1 Johannes 5: /03/2014

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Die Groot Gebod dennis de wet

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Karl Barth was verleë en die nederige mens wat hy was, het geantwoord: Ja, ek ken hom. Ek skeer elke oggend sy baard.

Jona en die Groot Vis

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

opstanding en die lewe. Hierdie uitspraak vorm deel van die gedeelte oor

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Goeie Konings, Slegte Konings

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Die Groot Muur van Nehemia

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

n Dubbele kruis-belydenis

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

Transcriptie:

FEBRUARIE 2016 WAAROM LENT? VANDAG SE STORM WAS NIE VOORSPEL NIE N JAAR MET EWIGHEIDSWAARDE PLS KYK TERUG OP SY EERSTE JAAR HOE LYK JOU VERWAGTING VIR 2016? JESUS SE LIEFDE N BETER VISIE VANAF TAFELBERG ALBERTON VAALDRIEHOEK OOSRAND WESRAND PRETORIA KAAP NOORDKUS

ALBERTON WAAROM LENT? Lent is die 40 dae voor Paasfees waar Christene regoor die wêreld hulleself voorberei deur n seisoen van selfontkenning en opoffering. Dit is n tyd van eenword met die lyding van Christus en om so ook een te word met die lewe en krag van Christus. Ons sien die eerste melding van lent al in 325 n.c. Nuwe gelowiges het n veertig-dae-kursus geloop en dan is hulle op Paasnaweek gedoop en as lidmate van die kerk aanvaar. Die getal veertig is ook nie toevallig nie. Ons almal weet van Moses se veertig dae op die berg en Jesus se veertig dae in die woestyn, ens. Die fokus van lent is selfonthouding, opoffering en iets van lyding. Daar is nie vaste reëls van wat en hoe baie jy moet opgee nie, maar eerder n uitnodiging vir n eie persoonlike reis. Die opgee van kos, slaap, finansies, gemak, ens. is baie gewild. Die uitdeel van kos en klere, hulp verleen aan bejaardes of minderbevoorregtes, is ook gewild. Langer tye in gebed word ook wêreldwyd beoefen in hierdie tyd. Ons as gemeente gaan hierdie jaar saam met n paar ander Afrikaanse en Engelse gemeentes die reis onderneem. Ons begin 10 Februarie met As-Woensdag en al die oordenkings en oefeninge gaan op ons App wees. Daar gaan ook n boek beskikbaar wees met die skrifte, gedagtes en oefeninge. Paasfees is vir my persoonlik die hoogtepunt in my geestelike reis. Die eenword met Christus se vervolging, Sy konflik met mense, die stryd met die wil van die Vader, verloëning van vriende, ens. is so werklik vir ons en kan ons so baie help met ons eie lewens. Die troos van lewe en opstanding, die hoop van oorwinning en die belofte van die Heilige Gees, maak hierdie seisoen n ryke seën op my gees. Indien jy nog nooit lent beoefen het nie, wat van hierdie jaar? Maak hierdie jou eerste 40-dae-oefentyd. Indien jy dit alreeds gedoen het, wil ek jou nooi om dit saam met ons te doen op die App. of die boek. Duisende gelowiges regoor Suid-Afrika gaan op hierdie reis saam met ons. Dink net al die gesprekke en gebede wat saam gaan uitgaan in hierdie wonderlike seisoen van liefde en genade. Groete, Andries ALS BELANGRIKE DATUMS 2 Februarie Ritme 2 9 Februarie Ritme 3 16 Februarie Ritme 4 23 Februarie Ritme 5 Inleiding tot kleingroepe begin 1 Maart Ritme 6 8 Maart Ritme 7 20 Maart Lidmaatvoorstelling 7 EN 14 MAART HUWELIKSVERRYKINGSKURSUS Oorgee: Verwelkom vir Greyling Viljoen GONS: Verwelkom vir Hester Hougaard TREFPUNT: Verwelkom vir Zaretha Duvenage Aanbiddingsleier Aanbiddingsleier: Charmaine Delport REGISTREER BY DIE INLIGTINGSTOONBANK, OF STUUR E-POS NA RINA@ALS.ORG.ZA WOORDSKOOL Die Woordskool begin in 2016 met sy reeds agtste bestaansjaar by die Alberton-kampus! Dit bly steeds n heerlike ervaring van eerste-, tweede- en derdejaar klasse wat bymekaar kom om die Bybel en verskillende temas vanuit n Christelike perspektief te bespreek. Dit alles gebeur in n ontspanne atmosfeer waar vriendskappe gebou word, vrae gevra word en insette gelewer word van beide die dosente en studente. Ek vermoed die ontspannendheid het te doen met die feit dat geen toetse of eksamens geskryf word nie, en dat al die lesings volledig aan die studente voorsien word. Wat in die klas moontlik verbygegaan het, kan weer tuis gelees word. Wat veral verblydend is, is dat daar n aantal studente is wat die Woordskool weer vir n tweede en n derde maal bywoon. Die geestelike groei en verdieping in die dinge van die Here onder die studente is n wonderlike bate. Die dosente waarmee die studente te doen het, is Chris de Wet (Professor in die Bybelwetenskap) en Francois Möller (Professor in Dogmatiek en Etiek). Daar sal ook met tye gasdosente genooi word om bepaalde insprake te lewer. Kostes, temas en tye wat aangebied word is by Rina Botha 011 867 7244, of per e-pos rina@als.org.za verkrygbaar. Hoop ek en Chris sien jou daar. Francois Möller KERKADRES EN -KANTOOR: TELEFOONNOMMER: 011 867 7244 / FAKSNOMMER: 011 867 7254 CLAIRETTESTRAAT 1, MEYERSDAL POSBUS 5563, MEYERSDAL, 1447 BL 1 FEBRUARIE 2016 MAANDBLAD

REDAKTEUR Stéfan van Niekerk VANDAG SE STORM WAS NIE VOORSPEL NIE En so breek n nuwe jaar aan. Die dag voor jou eerste werksdag is jou klere netjies reggesit, die kosblik gepak en die wekker gestel, gereed vir aksie. En dan gaan die huis se alarm twee-uur in die oggend af en teen vieruur het al die aksie bedaar en sal hulle môre die boom wat deur die wind op die elektriese heining omgewaai is, kom verwyder. Die eerste werksdag van die jaar begin nie altyd soos beplan nie, en die res van die dag, en jaar, verloop gewoonlik ook nie soos beplan nie. Die evangelis, Joyce Meyer het gesê: vandag se storm was nie deel van die weervoorspelling nie. En as jy oorweldig voel deur omstandighede en nie weet wat om te doen nie, is haar raad: doen wat jy weet om te doen. Soos Paulus dit so goed in Efesiërs 6:13-17 beskryf: Trek daarom die wapenrusting aan wat God julle gee sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die gees. Dit is die woord van God. Mag elkeen se jaar voorspoedig en geseënd wees. Ons sien uit na nog n jaar waar ons almal saam met LewenSentrum, kan leer hoe om God en mens liewer te hê. Selfs op die dae wat storms ons tref. Gelukkig weet ons waar ons hulp vandaan kom. Ek kan nie die rigting waarin die wind waai verander nie, maar ek kan my seile so span dat ek altyd by my bestemming uitkom - Jimmy Dean. MIRACLES 2015 Desember was geken aan die hittegolf wat ons beleef het en baie bewus van was. Ons het as LewenSentrum-groep daarby ingeskakel deur warm liefde uit te dra aan hulle wat Kersfees dalk nie so baie bevoorreg was nie. Vyf van ons LewenSentrum kampusse het Miracles in hulle onderskeie gemeenskappe aangepak. 24 Desember is 9575 gesinne bedien met 1400 stelle klere, 10330 kospakkies en groente en 2333 kersgeskenke. Ons het 2657 vrywilligers gehad wat ons op hierdie dag bygestaan het. Dit bly n voorreg om vir mense lief te wees en hulle ook met Jesus-liefde te kan bedien. Die dag is voorafgegaan met baie harde werk in die voorbereiding vir die Miracles-uitreik. Ons is dankbaar vir elke hand wat gehelp het, vir elkeen wat bygedra het tot hierdie groot projek. Dit maak ons glo dat daar nog soveel mooi mense is wat werklik omgee vir ander en hulle nood probeer aanspreek. Op die dag het die verrigtinge sommer baie vroeg al begin. Elkeen het die dag trotseer met n hoed, sonskerm en baie water. In elkeen se broeksak was daar ook n snesie om die trane weg te pik - ons is nie onaangeraak gelaat deur die wonderwerke wat op hierdie dag plaasgevind het nie. Miracles is n dag wat elkeen van ons op verskillende maniere aanraak. Elkeen van ons het ons eie getuienis oor die dag. Dankbare trane is in die omgee vir ander mense gestort. Oor hierdie dag troetel elkeen sy eie verhaal. Aan die einde van die dag gaan ons weg as veranderde mense. Ons loof en prys God vir Sy goedheid in elkeen van ons se lewens. Alle eer kom Hom toe, dit is n voorreg om in Sy spore te mag volg. Ons dien met blymoedige harte wanneer ons reageer op die roepstemme wat rondom ons uit nood gebore word. Ons sien uit na die volgende geleentheid waar ons Sy liefde met die wêreld kan deel. Wees elke dag die verskil wat jy in die wêreld wil sien. Baie dankie aan elkeen wat hierdie dag ekstra spesiaal gemaak het.

VAALDRIEHOEK Marius Malan N JAAR MET EWIGHEIDSWAARDE Dis nou al klaar weer Februariemaand en die jaar is goed op dreef. Almal is weer terug in hul roetines. Maar almal van ons hoop en vra ook die Here vir n goeie jaar. Het jy al ooit gewonder hoe meet jy n goeie jaar? Is dit dat jy gesond bly, n goeie verhoging kry? Is dit dalk dat jy iets kry wat jou hart begeer? Is dit dalk dat jy in jou droomhuis kan bly, of miskien dat jy net nie alles verloor wat jy het nie? Ek dink as jy na die Bybel, en ook na die vroeë kerk kyk, gaan n goeie jaar oor baie meer as net dit wat ons dink. C.S. Lewis het gesê: As iets nie vir ewig waardevol is nie, is dit vir ewig waardeloos. As ons n goeie jaar wil hê, moet dit begin by wat God wil hê ek hierdie jaar moet doen - wat is Sy wil vir my lewe. Dít gaan bepaal of my jaar enige ewigheidswaarde gaan hê of nie. Jy sien, ek of jy kan die mees suksesvolle onsuksesvolle jaar hê, as ons nie in God se wil leef nie. Jesus gee n goeie voorbeeld hiervan in Matteus 21:19 - Toe Hy n alleenstaande vyeboom langs die pad sien, gaan Hy daarheen, maar Hy het niks anders as blare daaraan gekry nie. Hy sê toe vir die boom: Jy sal in der ewigheid nooit weer vrugte dra nie. En die vyeboom het dadelik verdroog... Kom ons maak die keuse om hierdie jaar lewens te leef wat ewigheidswaarde het. Kom ons leef met vrug in ons lewe, n goeie jaar, met vrug van ewigheidswaarde. Groete Marius. HUWELIKSKURSUS 12 EN 13 FEBRUARIE 2016 KONTAK KOOS JOOSTE 084 277 7770 KINDERTOEWYDING 21 FEBRUARIE 2016 KONTAK DINA DU TOIT 083 296 5157 RITME 2,3,4,5 2, 9, 16, 23 FEBRUARIE 2016 19:00 BY DIE KERK. KONTAK DINA DU TOIT 083 296 5157 KERKKANTOOR & KERKADRES: 016 004 0016 / HOEK VAN RAVEL - EN ABRAHAMSTRAAT MANTEVREDE, VANDERBIJLPARK BL 3 FEBRUARIE 2016 MAANDBLAD

PRETORIA Paul Grobler PLS KYK TERUG OP SY EERSTE JAAR Ons is geseënd dis die woorde wat oor en oor in my gedagtes opkom wanneer ek dink aan hierdie eerste jaar van Pretoria LewenSentrum. Van die oomblik wat ons gelei gevoel het om n LewenSentrum-gemeente in Pretoria te begin, was daar opwinding en belangstelling by mense om deel te vorm van hierdie droom: om God en mens liewer te hê. Die vestiging van die DNA en kultuur van LewenSentrum was een van my eerste prioriteite. En wanneer ek terugkyk op ons eerste jaar, elke erediens wat plaasgevind het, kleingroepe wat ontstaan het, uitreike wat gedoen is, dan kan ek met groot oortuiging sê dat die identiteit van LewenSentrum DNA suksesvol in Pretoria oorgeplant is. Deur die Here se genade beleef PLS tans n baie mooi seisoen! En dis belangrik dat wanneer dit met n gemeente goed gaan, jy een belangrike vraag moet vra: Hoekom? Hoekom gaan dit goed? Een van die maniere om hierdie vraag te beantwoord is om te kyk wat die afgelope tyd gedoen is en hoe dit aanleiding gegee het tot die groei, of opwaartse kurwe in die gemeente. Daar is spesifiek vier belangrike eienskappe wat ek kon identifiseer: Geïnspireerde eredienste: Ons het te alle tye probeer om prakties die hoe-vraag te beantwoord in ons dienste. Geen fieterjasies nie. Gasvryheid en vriendelikheid is n waarde. Die Afrikaanse-aanslag is baie aantreklik. Herderskap en versorging. Meeste mense verwelkom en waardeer huis- en hospitaalbesoeke. Mense is aangenaam verras deur die omgee en liefde. Uitreike na ons gemeenskap. Mense wil op hierdie manier n verskil maak. Vrywilligers God werk deur bereidwillige mense om Sy koninkryk te laat kom. Ons sou nie die helfte van die projekte kon aanpak, as dit nie was vir getroue vrywilligers nie. Die feit is, na dit alles gesê is weet ek presies waar lê die geheim van PLS se seën! Dit is HY en Hy alleen wat ons gebring het waar ons vandag is. En alle eer moet aan HOM toegewys word! Dankie Jesus vir PLS, maar nog meer! Dankie dat U in beheer staan van sake by PLS! En mag dit altyd die geval bly! Groete en lekker verjaar, PLS! Paul Feb 2015 diens April eerste doop 9 Mei 2015 Eerste NLK 29 Mei Mini Miracles 29 Sept 2015 Spitbraai PLS BELANGRIKE DATUMS 24 Des Miracles 31 Des 2015 Oujaarsdiens Kleingroepe skop af - 1ste week in Februarie Nagmaal - 7 Februarie Kindertoewyding - 14 Februarie OJP - 1, 8 en 15 Februarie Ritme 2 begin Di. 2 Februarie Trefpunt byeenkoms in Alberton - 12 Februarie KERKADRES: LAERSKOOL CONSTANTIAPARK H/V JANUARY MASILELARYLAAN EN ROVERSTRAAT, CONSTANTIAPARK, PRETORIA KERKKANTOOR: BOARDWALK OFFICE PARK, BLOK 12, EERSTE VLOER PRETORIA. TEL: 0861666168. EROSSTRAAT 78, FAERIE GLEN. VIR MEER INLIGTING KONTAK PAUL GROBLER OP 082 496 5843 OF PAUL@PLS.ORG.ZA FEBRUARIE 2016 MAANDBLAD BL 4

OOSRAND Gys Vermeulen HOE LYK JOU VERWAGTING VIR 2016? Wat is jou verwagting vir die jaar? Miskien is dit vir: Minder hartseer hierdie jaar. Minder teëspoed op jou pad. Minder besig wees. Minder gejaagd wees. Minder kwaad word. Minder geïrriteerd wees. Minder negatief wees oor koerantopskrifte. En wanneer jy op die skaal klim, net vir een jaar n bietjie minder te weeg! Of dalk is dit: Ek wil meer hê in my verhouding met die Here. Ek wil meer hê in my verhoudingslewe (oor die algemeen.) Ek wil meer tyd maak vir my gesin. Ek wil meer gesond wees. Ek wil meer georganiseerd wees. Ongeag van wat jou verwagting is, daar is n direkte verband tussen die dinge wat ons in die lewe verwag en die dinge wat ons kry. Gaan stap maar in enige boekwinkel rond en gaan kyk veral daar by die sielkunde en self-help boeke. Haal hulle van die rak af en kyk wat hulle raad is om in die lewe suksesvol te wees. Blaai jy deur hierdie boeke, sal jy sien hulle sê dat die goed wat jy in die lewe wil hê, die goed is wat jy verwag - daar is n geneigdheid dat jy dit aantrek. Skrywers van hierdie boeke praat van the law of attraction. Ek wil nie dit goed- of slegpraat nie, maar ek weet dat die Bybel al vir duisende jare vir ons leer dat die dinge wat ons glo, dié kan ons kry. Die dinge wat ons verwag, dit is die dinge wat die Here in ons lewe wil doen. Jesus praat in Markus 11 oor geloof, en dan sê Hy, in vers 23 die volgende: Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: Lig jou op en val in die see, en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. Markus 11:23-24 (NV) Elkeen van julle wat vir hierdie berg sê, hef jou op en werp jou in die see en nie twyfel nie, sal dit kry, hy sal verkry net wat hy sê. Met ander woorde, die goed wat jy in jou lewe kry het direk verband met die dinge wat jy sê, glo en verwag in jou lewe. Hoe lyk jou verwagtinge vir 2016?-want dit is waarin die Here jou gaan ontmoet! Gys Vermeulen OLS BELANGRIKE DATUMS 03 Februarie Emmanuel-byeenkoms om 10:00 by kantoor 04 Februarie Ouerskapvoorbereidingsgesprek om 19:00 by kantoor 07 Februarie Kindertoewyding 07 Februarie Trefpunt Katkisasie begin vir 2016 11 Februarie - Katkisante-ouergesprek 17 Februarie Emmanuelbyeenkoms om 10:00 by kantoor GONS: Verwelkom vir Anzelle Marais KERKKANTOOR: O REILLY MERRYSTRAAT 53, RYNFIELD, BENONI, 1767 TEL: 011 568 0790 / FAKS: 011 849 2903 KERKADRES: ASHTON INTERNATIONAL COLLEGE, BERYLSTRAAT 47, FARRARMERE, BENONI BL 5 FEBRUARIE 2016 MAANDBLAD

WESRAND Darius Prinsloo JESUS SE LIEFDE Watter maand het 28 dae? vra juffrou. Februarie!! skreeu die klas in eenheid. Ja, maar die antwoord is eintlik - ELKE MAAND! antwoord juffrou. So antwoord volgelinge van Jesus soms ook net n gedeelte, van die vraag: Hoe lyk Jesus-liefde? Februarie is die maand met daardie dag waarvoor sommiges nie kan wag nie en ander nie wil sien aanbreek nie. Valentynsdag. In my soeke na n antwoord waar die dag vandaan kom, val ek toe oor n paar interessanthede. Daar is onsekerheid oor die presiese oorsprong van Valentynsdag. Daar was verskeie vroeë Christelike martelaars met die naam Valentyn. Die Valentyn waarna Valentynsdag vernoem is, is waarskynlik Valentyn van Rome en Valentyn van Terni. Valentyn van Rome was n priester in Rome wat in 269 n.c. gemartel, en begrawe is langs die Via Flamina ( n belangrike Romeinse pad van Rome na die Ooskus van Italië). Daar is dus onsekerheid na wie Valentynsdag vernoem is, en al wat werklik bekend is, is dat die Heilige Valentyn op 14 Februarie langs die Via Flamina begrawe is. In 496 n.c. is die dag tot die dag van die Heilige Valentyn verklaar. Die Romeine het die dag altyd as n fees gevier, maar dit is deur die Rooms Katolieke Kerk verbied. Deur die jare is daar menigte legendes oor die Heilige Valentyn geskep. Dit is aangehelp deur die feit dat byna niks oor sy lewe bekend was nie, of dat die bronne deesdae nie meer bestaan nie. Volgens sommige skrywers, was Valentyn vir sy Christenskap vervolg en deur die Romeinse Keiser, Claudius II, ondervra. Claudius was beïndruk deur Valentyn, en het hom probeer oortuig om sy Christenskap af te sweer en so sy lewe te red. Valentyn het egter geweier en eerder probeer om Claudius te bekeer. As gevolg hiervan is hy tereggestel. Maar voor sy teregstelling, het hy (deur Jesus Christus) n wonderwerk gedoen deur sy tronkwag se blinde dogter te genees. Hierdeur het die wag se hele familie tot bekering gekom en is hulle gedoop. Verder het Valentyn ook geheime Christelike troues uitgevoer vir soldate. Die Keiser het glo huwelike deur sy soldate verbied, aangesien hy geglo het dat getroude mans nie goeie soldate sou maak nie. Volgens ander legendes het Valentyn hartjies uit perkament uitgesny en aan die soldate en vervolgde Christene gegee om hulle te herinner aan God se liefde en hulle aan te moedig om te volhard in geloof. Dit sou dan n moontlike oorsprong vir die latere gebruik van hartjies op Valentynsdag wees. (Bron: Wikipedia) Of die storie waar is of nie, wat wel waar is, is dat Jesus gekom het en vir jou en my gesterf het, sodat ons vry kan wees. En die wêreld kon Hom nie anders oortuig of stop nie. (Johannes 3:16-17) Maar dit het my laat dink. Waar deel ek in vandag se tyd harte uit om ander te herinner aan God se liefde en hulle aan te moedig om te volhard in geloof? Kom ons gebruik Februariemaand, al het hy nie so baie dae nie, en kyk of ons aan ander liefde kan bewys deur hulle te bemoedig, al is dit nie met fisiese papierharte, of geskenke nie. Net miskien antwoord ons die wêreld se vraag HOE MOET EK LIEFHÊ? Miskien,... Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele verstand en al jou krag. Die tweede is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. - Markus 12:30-31 (NV) Groete Darius Wesrand Miracles 2016 KERKKANTOOR-ADRES: FEATHERBROOKE VILLAGE 52 A & B VAN DALENSTRAAT RUIMSIG TEL: 011 246 7013 EREDIENSTE-ADRES: MARAGON PRIVATE SKOOL, H/V PETER-EN VAN DALENSTRAAT, RUIMSIG. FEBRUARIE 2016 MAANDBLAD BL 6

KAAP Hugo Weich N BETER VISIE VANAF TAFELBERG Die Kaap is n wonderlike plek, en ons het reeds by die LewenSentrum in die Boland, Sy guns en vrede beleef. Vertel asseblief aan al jou vriende van Kaap LewenSentrum, en besoek ons sommer self met jou volgende vakansie in die Kaap. Vir die toeris wat per motor deur Kaapstad, of te voet stap, is Kaapstad miskien maar net nog n stad met n hawegebied en nou straatjies, ou geboue en blommeverkopers, en ja, natuurlik met sy loeiende Suidooster en het ons dit nie die afgelope tyd in volle swang ervaar nie. Maar wie (soos elke rasegte toeris ook doen) die berg opgaan en van daar af neerkyk, sien n nuwe Kaapstad. Nie omdat die stad meteens verander het nie, maar omdat alles in perspektief gesien word. Dan eers sien jy alles in die regte verhouding. Jy sien waar die see en die hawe is, waar Robbeneiland lê en waar Bloubergstrand pronk voor die mooi berg. Jy staan bo alles uit en jy kyk op alles af. Die groot dinge word raakgesien, die kleintjies het heeltemal verdwyn. Natuurlik is dit goed om daar te wees en dit te bewonder soos dit is. Maar hoe dikwels kom ons nie verder nie. Ons bly hieronder vassteek en kyk vas teen die groot dinge, mooi en lelike dinge. Maar ons sien geen patroon nie, want ons kyk nie van bo af oor die dinge uit nie. Het ons nie n ernstige behoefte aan perspektief nie? Moet ons nie ernstig probeer om dinge in hul ware verhouding tot mekaar raak te sien nie? Was dit nie juis op n berg waar Jesus aan Sy dissipels n nuwe lewensorde geleer het nie? En dit het nie beteken dat Sy volgelinge uit hul lewenswerklikheid van elke dag, moes vlug nie, maar dat hulle moes soek na die juiste orde van waardes. Julle is besorg het Hy gesê oor klere en voedsel, maar dit is n besorgdheid oor dinge wat opsigself wel belangrik is, maar nie die belangrikste nie. Belangriker as alle dinge, het Hy toe gesê, is die soeke na die koninkryk van God. Wie swoeg en sweet vir die gawe van brood en botter doen goed, maar dis beter om eers die Gewer te ontdek. En wie Hom ontdek het, sal ook die gawe ontvang en nog veel meer. Die koninkryk van God is die bergtop vanwaar ek n uitsig oor alle dinge het, waar groot dinge groot is en klein dinge klein. Daarom is die geheim van die lewe om te midde van al die dinge rondom my, boontoe te kyk na Hom in Wie die koninkryk van God in hierdie wêreld sigbaar geword het en van daar af terug te kyk na my lewe, dan sien ek beter en verstaan ek beter. Groete Hugo EREDIENSTE HOËRSKOOL BELLVILLE ADRES: OMNIA AVENUE, CHRISMAR, BELLVILLE, KAAPSTAD, 7530 KANTORE KAAP LEWENSENTRUM: CHAVONNE STRAAT 18, WELGEMOED TEL: 082 711 5626 BL 7 FEBRUARIE 2016 MAANDBLAD