Wanneer iemand sê dit het ek van ons Here gekry.

Vergelijkbare documenten
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die twee buite Bybelse bewyse wat ek graag noem.

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesaja sien die Toekoms

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

n Tempel Leier besoek Jesus

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Webtuiste. E-pos: Sel: Wie is my Naaste MAT 22:36 MAT 22:37 MAT 22:38

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by Die Storie God se storie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. E-pos: Sel:

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Van Vervolger tot Prediker

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Groot Gebod dennis de wet

Deur Christus Alleen

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Goeie Konings, Slegte Konings

Van Vervolger tot Prediker

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die brief aan die Filippense

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Toe God alles gemaak het

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

FAKTORE EN VEELVOUDE

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Inhoudsopgawe. Voorwoord

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

Jona en die Groot Vis

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

'n Man gestuur deur God

TEMA 7: N GEBED VIR DIE BIDDER Skriflesing: Joh 17: 9-23 Ef 3: (word aan die einde van de preek gelees)

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

DOOP: Deel 2 INLYDING:

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

1 TESSALONISENSE 5:25

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Toe God alles gemaak het

God eer Josef die slaaf

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

WATTER DAG IS DIE SABBAT, SATERDAG OF SONDAG?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Transcriptie:

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste: www.sakkieparsons.co.za My blog: http://www.eposbediening.blogspot.com E-pos: sparsons@absamail.co.za Sel: 083 457 6669 Wanneer iemand sê dit het ek van ons Here gekry. Voordat jy my eintlike skrywe aan jou lees net eers die volgende. Ek is werklik nie daarop uit om die mens aan te val nie maar ek wil weereens soos ek dit sien, demonstreer, hoe versigtig ons moet wees, voordat ons iets vir die waarheid, of dit van ons Here as is aanvaar. Ek poog dan ook om weer te wys hoe absoluut belangrik dit is, dat ons n goeie kennis van die Woord moet hê en dan wanneer iemand vir ons sê: Dit het ek van die Here gekry. Om nadat jy daaroor gebid het, met die leiding van die Heilige Gees, die persoon se woorde te toets met die Woord/Bybel. Vir my persoonlik mag die persoon se uitleg, openbaring, profesie, of wat die persoon dit ook al noem, nie eens amper met die Woord verskil nie. Ons Here sal nooit in Sy boodskap aan my, selfs amper, Homself weerspreek nie. Nou goed. Ek het met jou my antwoord gedeel van n droom wat iemand oor die (wegraping) sou gehad het en wat iemand wat konsuis drome uitlê, toe uitgelê het. Die persoon wat die droom uitgelê het, het toe aan my geskryf. Ek het dit nie teen die mens nie maar ek het dit beslis teen dit wat ek as baie verkeerd beskou. So, ek noem die persoon van hier af (Francis). So ja, nou weet jy nie eens of dit n man of vrou is nie. In Francis se skrywe aan my probeer Francis toe om, soos ek dit gesien het, die droom en uitleg aan my te verduidelik. Onder andere skryf Francis. nie. Somermiddag byvoorbeeld (een van jou 'besware') beteken "oestyd". As jy die meegaande Skrifte lees, sal jy besef dat die Here se plan met hierdie droom was/is om te bid vir mense wat deur allerlei leuens vd Satan mislei word dat hulle saak met Jesus "reg" is, terwyl dit nie die geval is nie. Dit is natuurlik al klaar nie die waarheid nie, of as jy dit baie lig wil stel, nie die hele waarheid nie. Ek het in my skrywe, dit onder andere oor die vroegmiddag gehad. Francis het met die woord(somer) te voorskyn gekom en dit toe terstond sommer deel van die droom gemaak. In my laaste skrywe hier onder, reageer ek op hierdie (uitleg verduideliking) van Francis. Ek skryf toe terug en vra Francis om met my die bron van al hierdie simbole, want daar was nog baie ander, te deel en as dit uit die Woord uit is, ook met my die teks verwysings uit die Woord te deel.

Francis skryf toe terug en gee my net een van die baie simbolieke se verduidelikings, wat, na my mening soos jy later sal sien, om dit so te stel, so n bietjie ge-modify is voordat dit aan my gestuur was en ek deel dit met jou. nie. Somermiddag byvoorbeeld (een van jou 'besware') beteken "oestyd". As jy die meegaande Skrifte lees, sal jy besef dat die Here se plan met hierdie droom was/is om te bid vir mense wat deur allerlei leuens vd Satan mislei word dat hulle saak met Jesus "reg" is, terwyl dit nie die geval is nie. Francis deel toe ook nie met my die bronne waarvandaan die simbolieke kom nie maar raai my darem onder andere aan: Ek stel voor dat jy 'n boek oor die uitleg van Goddelike drome aanskaf om jou vrae te help beantwoord. Sjoe! Daaroor deel ek n bietjie later met jou. Hier na alles wat jy nou gelees het, volg my laaste skrywe aan Francis, wat na my mening ook sommer n opsomming is van hoe ek hierdie saak van die wegraping droom en uitleg sien. Goeiedag weereens Francis. Omdat ek nooit iemand onder n verkeerde indruk wil bring nie, wil ek sommer hier aan die begin dit duidelik maak en onthou ek noem dit omdat jy my gekontak het. Wetende of onwetende na my mening is dit wat jy jou bediening noem, naamlik om drome uit te lê nie eg nie. Hier volg my redes. Eerstens. In die droom word dit duidelik gestel dat dit vroegmiddag plaasgevind het en in my skrywe waarin ek duidelik laat verstaan het, dat ek persoonlik nie glo dat dit n boodskap van ons Here af is nie, al het jy so gesê, is een van die redes waarom ek so redeneer spesifiek die (vroegmiddag) gedeelte van die droom. Toe jy my egter kontak, toe word die (vroegmiddag) (Somermiddag). Ek plaas hier presies uit jou skrywe aan my. nie. Somermiddag byvoorbeeld (een van jou 'besware') beteken "oestyd". Toe ek jou na jou bron vra en as dit moontlik is teks verwysings, skryf jy aan my. Om terug te keer tot die Skrif-"bewyse" wat jy aanvra dat "somer" (of laat-somer) oestyd beteken. In Israel is die oestyd/oesfees in die laatsomer. Dis steeds so - Oktobermaand. Lees Eksodus 23:16; Spr 6:8. So, Francis. Dit was nog (vroegmiddag toe jy my gekontak het. Toe het dit later in die dag geword, naamlik (somermiddag). En toe jy vir my nie n bron noem, of kon noem nie, van waar jy jou simboliek kry nie, word dit (laatsomer). Na my mening het dit van vroegmiddag na somer middag,tot laatsomer gegaan om te pas by die gedeelte wat jy uit die Woord vir my noem. Sommer, kom ons noem dit maar vir die interessantheid daarvan, die woord (somer), wat jy skielik so ruimskoots gebruik, kom nêrens in die droom voor nie. Ek kwoteer nou weer vir jou die gedeelte uit my skrywe aan my mense vir wie ek pos stuur, wat jou genoop het om aan my te skryf en dan net daarna die gedeeltes uit die

Woord wat jy sê daarmee saamgaan en dan moet wie dit ook al lees maar self besluit of dit wat jy sê meriete het. Ek noem net weer, dat nie ek of die droom iets van (somer) gesê het nie, dit kom uitsluitlik van jou af, om na my mening by die teks gedeeltes aan te pas wat jy vir my noem. Aanhaling uit droom: Dis seker so vroegmiddag, aangenaam warm alhoewel meestal bewolk met kolle blou lug wat uitsteek. Die wolke is nie spierwit nie maar ook nie swaar met water nie. Einde van aanhaling uit droom. EXO 23:16 verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel. SPR 6:8 maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd. Ek kan werklik nie iets in gemeen sien tussen die teksgedeeltes wat jy noem en die gedeelte uit die droom wat ter sprake is sien nie maar in jou uitleg van die droom wat jy ook aan my gestuur het, is daar nog meer. Jy skryf. die Here se plan met hierdie droom was/is om te bid vir mense wat deur allerlei leuens vd Satan mislei word dat hulle saak met Jesus "reg" is, terwyl dit nie die geval is nie. Ons Here sê vir ons al hierdie dinge in Sy Woord. Om my groot held Paulus se skryfstyl te gebruik. Wat sal ons dan van al hierdie dinge sê? Het die Woord dan nou kragteloos geword, sodat ons na drome en ander dinge toe moet gaan vir wysheid aangaande die wil van ons Here? Dan nog net een ding uit jou (uitleg) van die droom, wat jy aan my gestuur het. Jy skryf. Dan laastens die beskrywing van die wegraping (WOW!!!). Hierby kan geen mens iets byvoeg nie. Maar die Here wil. Hy het addisionele Woord aan my deurgegee. Jy sê, dat ons Here vir jou Hy het addisionele Woord aan my deurgegee. Weer vra ek maar net. Wat sal ons dan van al hierdie dinge sê? Het die Woord dan nou so kragteloos geword, dat ons na sogenaamde (addisionele openbaringe) moet luister, al het ons Here vir ons alles in Sy Woord gesê, wat ons oor die (wegraping) moet weet. Soveel so, dat Hy juis in hierdie verband vir ons laat skryf het. 1THS 5:1 Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; 1THS 5:2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos n dief in die nag. 1THS 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid dan oorval n skielike verderf hulle soos die barensnood n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

Onthou nou Francis, jy het my gekontak en ek kan niks anders as eerlik met jou wees nie. Dan ook, onthou, daar is nie iets soos toeval nie. As jy my gekontak het, is daar n baie, baie goeie rede daarvoor. Groete. Sakkie. NS. As jy dalk van ons oor en weer pos verloor het, ek het alles en stuur dit graag op aanvraag aan jou. Nou iets oor Francis se raad aan my naamlik: Ek stel voor dat jy 'n boek oor die uitleg van Goddelike drome aanskaf om jou vrae te help beantwoord. Nêrens in die Woord moes iemand wat n droom van ons Here af uitlê, eers n boek oor drome van watter aard ook al gaan raadpleeg nie. So met die tong in die kies. As boeke oor die uitleg van drome sou kon help, Sou ek darem baie bly gewees het as iemand soos Josef of Daniël vir ons n boek oor die uitleg van drome geskryf het. Tenminste het hulle n geloofwaardige track record. Hier is iets om n bietjie oor na te dink. Nêrens in die (Nuwe Testament) waar n volgeling van Jesus n gesig/droom gehad het, het iemand nodig gehad om dit vir hulle uit te lê nie. Hulle het geweet wat hulle moes weet, toe hulle dit moes weet. Hoe dan ook anders? Hulle het, die Heilige Gees van Jesus inwonend in hulle gehad. Net soos jy en ek ook die Heilige Gees inwonend in ons het. JHN 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 1KOR 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Ten slotte, wil ek net weer dit sterk beklemtoon, dat hierdie skrywe en alle ander soortgelyke skrywe van my, ten doel het, om dit by almal wat dit lees tuis te bring, van hoe uiters belangrik dit is, dat ons n goeie kennis van die Woord moet hê. Dat ons dan hierdie kennis moet gebruik om alle drome, profesieë, openbaringe, of wat dit ook al genoem word, wat voorgehou word, as of dit van ons Here kom, biddend onder leiding van die Heilige Gees met die Woord van ons Here te toets. Persoonlik aanvaar ek nooit maar nooit so iets outomaties, as of dit van ons Here af kom nie. Ek laat jou dan nou met hierdie twee gedeeltes uit die Woord. MAT 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. MAT 7:16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!

HAN 20:30 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Ek stuur net hierna weer vir jou wat ek oor die droom geskryf het en as jy dit nie weer wil lees nie, delete dit dan maar net. Judas 1:24-25 Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, 25. aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen. Groete Sakkie Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die subject box na sparsons@absamail.co.za Moet asseblief nie n leë e-pos stuur nie. Aangesien ek blind is en gebruik maak van n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie. In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.