Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 14 Januarie Skriflesing: Psalm 89:1-18 Rus in Sy teenwoordigheid! Skriflesing Psalm 98:1-18

Vergelijkbare documenten
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Welkom by Die Storie God se storie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Goeie Konings, Slegte Konings

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Van Vervolger tot Prediker

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

n Tempel Leier besoek Jesus

Petrus en die Krag van Gebed

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

God eer Josef die slaaf

Toe God alles gemaak het

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Pragtige Koningin Ester

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Preek Romeine 1:16-17

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Toe God alles gemaak het

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Van Vervolger tot Prediker

Die Groot Muur van Nehemia

sodat jy n gestuurde van die Here kan

'n Man gestuur deur God

Simson, God se sterk Man

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Die Kerk se Geboorte

Baie welkom by vanoggend se erediens

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Jona en die Groot Vis

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

Jona en die Groot Vis

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die brief aan die Filippense

Mandaat. Kernvers. Benodighede. Kleingroep VIR ELKE KIND o n God is... -boekie vir elke kind. (bylaag 7) o Uitdeelstuk met kernvers.

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Die Groot Gebod dennis de wet

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Fontein van die lewe. Liturgie

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Transcriptie:

Sondag, 14 Januarie 2018 Skriflesing: Psalm 89:1-18 Tema: Rus in Sy teenwoordigheid! Skriflesing Psalm 98:1-18 1 'n Gedig van Etan die Esragiet. 2 Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. 3 Ek sê: "U liefde en u trou wankel nooit, dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde." 4 U het gesê: "Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, Ek het 'n eed gesweer vir my dienaar Dawid: 5 Ek sal vir jou 'n nageslag verseker vir altyd en jou troon in elke geslag laat standhou." 6 Die hemel loof u wondermag, Here, die hemelinge loof u trou. 7 Wie in die hemel kan met die Here vergelyk word? Wie onder die hemelwesens is soos die Here? 8 Hy is God, vir Hom het die hemelse vergadering 'n heilige ontsag. Hy is magtig, gevrees onder almal rondom Hom. 9 Here, almagtige God, wie is soos U? U krag is groot, Here, u trou is oral! 10 U heers oor die onstuimige see: as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar. 11 U het die monster Rahab verbrysel, hy is verslaan. Deur u groot mag het U u vyande uitmekaargejaag. 12 Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde, die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak. 13 Die noorde en die suide, U het dit geskep; Tabor en Hermonberg roem u Naam. 14 U het 'n magtige arm, sterk is u hand, kragtig u regterhand. 15 U troon is gebou op geregtigheid en reg, liefde en trou staan in u diens. 16 Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer, wat in u lig lewe, Here. 17 Hulle besing u Naam die hele dag, hulle prys u reddingsdade; 18 U is die krag waarin hulle roem. Dit is ons sterkte: dat ons u guns geniet. PREEK Broers en susters in onse Here Jesus Christus: In n Bybel leesplan lees ek van Casey en Rebecca wat deur 1000de kilometers van mekaar geskei was vir meer as 2 jaar en nou weer met mekaar verenig is. Iemand het n videokamera gegryp om die oomblik van hereniging vas te vang. En die vreugde wat mens daarop sien was hartroerend. Daar was baie drukkies en trane van blydskap. Dit was n perfekte prentjie... totdat Casey flou geval het. Hierdie uittreksel op Youtube beeld dit uit. Wys video - 1

Vir n oomblik het die hond n mens laat skrik, nie waar nie. Casey is n miniatuur Schnauzer. Hy het vir twee jaar nie sy eienaar, Rebecca gesien nie, want sy het gaan werk in Slowenië. Om weer sy eienaar te sien was net te veel vreugde vir die arme hond. Vanweë sy vreugde het hy uitgepaas. As n miniatuur Schnauzer soveel vreugde het in sy eienaar se teenwoordigheid, hoeveel te meer moet ons vreugde nie wees in die teenwoordigheid van Jesus nie! Daar waar mens in iemand se teenwoordigheid werklik vreugde beleef, beleef ons ook rus en vrede. Die Psalmdigter, Koning Dawid, het juis dit so beleef in sy verhouding met God Ps. 16:11(Die Boodskap) 11 U sal my leer om reg te lewe. Daar is niks wat iemand groter blydskap kan gee as om saam met U te wees nie. U gee altyd vir u kinders die heel beste. Hulle kry die heel mooiste wat die lewe aanbied by U. Ons kan ook vreugde/blydskap by God vind groot blydskap en rus en vrede in God se teenwoordigheid. Uitbou Dit word beweer dat hierdie Psalm, psalm 89 waaruit ons gelees het, word geskryf in n tydperk waar daar groot nasionale spanning was. Dit word geskryf heelwaarskynlik in die tyd van Absolom se rebellie teen sy pa koning Dawid. Daarmee saam het dit vir die volk van God gelyk of God sy belofte teenoor hulle vergeet het omdat daar n belofte was dat daar voorspoed en welvaart sou wees tydens die regeer tyd van Koning Dawid. In hierdie gedig word daar, aanvanklik, aan God hulde gebring. Die digter maak ook melding van God wat vir Dawid gekies het en vir Dawid seën en saam met Dawid is, tydens sy regerings tyd. Maar in vers 39 klink dit of die digter dan vertel dat God, na al Sy beloftes, wel vir Dawid vergeet het en hom nie bystaan nie. n Klomp moeilikheid word opgehaal. Alles wat op daardie stadium verkeerd gaan word dan toe geskryf aan God wat van Dawid en Sy volg vergeet het. Ons hoor in vers 39 2

39 Maar nou het U in u toorn tog u gesalfde verstoot en verwerp. 40 U het die verbond met u dienaar nie in ag geneem nie, sy kroon tot in die grond vertrap. En dit hou so aan tot en met die tweede laaste vers, vers 52. Hoor u die tipiese mensheid wat na vore kom. Ons is ook net so, baie keer. Ons weet ook hoe goed is God en hoe groot is Hy en dat hy Sy beloftes nakom en dat Hy vir Sy kinders sorg en bystaan, maar wanneer dit moeilik gaan dan val die mens se entoesiasme tot op die grond. Dan kyk ons na God en ons sien net die dinge raak wat vir ons lyk, as of God nie Sy beloftes nakom nie. En dan begin ons kla of nog erger, ons draai ons rug op God. Gelukkig het God berusting gebring vir die volk en die koninkryk van koning Dawid toe Salomo by sy pa oor gevat het as koning en ons ken daardie tyd waarin Salomo koning was. Dit was n tyd van vrede, maar hierdie psalm digter kon dit nie hier al geweet het nie. Maar dan eindig hierdie psalm darem met vers 53 Aan die Here kom die lof toe vir altyd. Amen, ja, amen. As u by die huis rustig deur hierdie psalm gaan lees al 53 verse - dan sal u sien dat dit klink of die digter nie noodwendig die psalm met vrede in sy hart afsluit nie. En tog, die diepte van hierdie gedig, hierdie psalm, lê in die eerste helfte, waar vertroue in God se grootheid die beslissende aksie tot vrede en rus lei. 16 Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer, wat in u lig lewe, Here. Terwyl die psalm digter klink of hy nie seker is, nadat hy al die uitdagings rondom hom gesien het, oor God se teenwoordigheid nie, sluit hy tog af met die woorde Aan die Here kom die lof toe vir altyd. Amen, ja, amen. Te midde van al die fisiese onstuimigheid gee hy te kenne dat alles nog altyd onder die toesig, beskerming en beheer van God was en altyd sal wees. Verder 3

Die groot saak hier vanmore is dat ons, te midde van moeilike uitdagings of in ons wonderlike tye, altyd naby God moet lewe. Om werklike rus en vreugde te vind in onstuimige tye en in goeie tye vra dat jy in God se teenwoordigheid moet lewe. Jy en ek kan vreugde en rus beleef groot vreugde en rus in die teenwoordigheid van God. Die uitdaging is, as jy soos ek is, is dat daar so baie dinge in ons lewens is wat kompeteer met God vir ons aandag. Ons het so baie verantwoordelikhede. Ons het verantwoordelikhede by die werk en in ons families. Van ons gee ons tyd vir die kerk en ons gemeenskappe. Soms is daar so baie om te sien en te doen dat dit selfs moeilik is om genoeg slaap in te kry. Om so besig te wees laat n mens met n honger vir regte en werklike rus en vrede. En weet u wat, net ons hemelse Vader, ons geloofwaardige God kan jou met vreugde, rus en vrede vul sodat jy tevrede is. Ek wil hê u moet vanoggend hoor dat ons in God se teenwoordigheid sal rus vind vir ons siele! Maar dit vra van ons werklike soeke na God en Sy wil. As ons God se wil soek dan sal God jou leer om goed en vry te lewe en as ons ons dae en ons aande stil kan raak in Sy teenwoordigheid sal Hy jou met vreugde vul Handelinge 2:28 28 U het my die paaie van die lewe geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul. Christologie Dis in die Nuwe Testament en tog weergalm die Ou Testament en ons gedeelte ook daarvan 16 Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer, wat in u lig lewe, Here. Vers 16 sê dat dit is belangrik om in God se lig te lewe. Naby Hom te lewe, dag in en dag uit. Soveel so dat dit jou dwing tot n gejubel. Nes n hond wat feitlik flou val van vreugde. Dit beteken nie ons moet so fanaties, buite ons gemaksone leef nie. Nee, dit wil net sê dat as jy saam met God elke dag lewe, in n intiemheid soos wat God dit graag by jou wil hê, dan sal jy ook jubel en vrede en rus en vreugde by God vind wat jou verbaas en jou herlaai vir elke uitdaging in jou lewe. 4

Jesus Christus het naby die Vader gelewe. Deur elke tipe emosie vreugde, dankbaarheid, vrede, woede, kwaad, angs, hartseer om maar net n paar te noem. Maar in dit alles het Hy altyd in God vrede gevind. As Hy eenkant gaan bid het en selfs toe Hy aan die kruis gehang het, het Hy werklike vrede en rus geken, omdat Hy geweet het dat God naby is en nooit ver nie. Laaste Vir werklike rus en vrede en vreugde, broers en susters, maak hierdie jaar baie ruimte in jou lewe om te rus in God se teenwoordigheid. Dit beteken dat jy dalk n hele klomp opofferings gaan moet maak. Jy sal maar daardie skermpie moet afsit, jou telefoon moet stil maak of jou tyd moet afboek en tyd op sy sit op jou kalender. Daar sal een of ander tipe koste wees vir so n keuse. Maar ek kan u beloof dat enige tyd wat jy aan God spandeer sal soveel meer werd wees as met enige iets anders. In die stilte sal jy vind dat God vir jou gewag het en daar in Sy teenwoordigheid sal jy ware rus en vreugde vind. Skakel al die geraas uit en rus in Sy liefde en vreugde elke dag in 2018. Amen 5