Sing vooraf staande: Psalm 119:33 (p. 593)

Vergelijkbare documenten
Welkom by Die Storie God se storie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Jesaja sien die Toekoms

Goeie Konings, Slegte Konings

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

n Tempel Leier besoek Jesus

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

God eer Josef die slaaf

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Die Groot Gebod dennis de wet

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Toe God alles gemaak het

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Toe God alles gemaak het

Van Vervolger tot Prediker

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Jona en die Groot Vis

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Sing vooraf staande: Psalm 19:4 (p. 83)

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Jona en die Groot Vis

Preek Romeine 1:16-17

Sing vooraf: Skrifberyming 17-2:3, 4 (18:3, 4)

Deur Christus Alleen

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

n Dubbele kruis-belydenis

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

21. Die koning word gesalf

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Sing vooraf staande: Psalm 89:12 (p. 447)

'n Man gestuur deur God

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Die Here het ons gebedswoordjies nie nodig om God te wees nie maar ons het sy genade nodig om sy kinders te kan wees en om te kan lewe!

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Dooppreek Mika Bogaards

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:7 (24:7)

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Geloofsbelydenis: Nicea Na die wet bely ons voor God die vergifnis van ons sondeskuld met Psalm 36:2 (p. 179) Wet Psalm 36:2 (p.

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Sing vooraf: Psalm 33:11 (p. 161)

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Van Vervolger tot Prediker

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Transcriptie:

Sing vooraf staande: Psalm 119:33 (p. 593) 33 HEER, u woord is onbeweeglik, / en u waarheid het geen end, soos die sterre wat bly vonkel / aan die hoë firmament. Met die duur van mensgeslagte / sal u bondstrou nooit beswyk; soos die aarde is dit bevestig / wat nie van sy grondslag wyk. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 34:6 (p. 167) 6 Kom kinders, hoor na my! / Die HEER se vrees wil ek jul leer. Wie is t wat lewensduur begeer / en dae wat hom verbly? Laat tong en lippe vra / na waarheid, en ontwyk die kwaad; soek wat God wil: die regte daad, / en jaag die vrede na. Geloofsbelydenis Apostolicum Na die wet antwoord ons met Psalm 25:4 (p. 116) Psalm 25:4 (p. 116) 4 God is goed in al sy handel, / en sy pad is enkel reg; daarom laat Hy sondaars wandel / in die waarheid van sy weg. Hy sal met sy hand hul lei / wat verdwaal was en verlore; wie sagmoedig is, laat Hy / wandel op sy regte spore. Wet Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God: Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 86:6 (p. 433) 6 Leer my na u wil te handel, / k sal dan in u waarheid wandel; neig my hart en voeg dit saam / tot die vrese van u Naam. HEER, ek hef my hart na bowe, / nuwe sangstem sal U lowe, nuwe dank sal voor U rys / k sal u Naam vir ewig prys. Skriflesing: Miga 3 Teks: Miga 3:5-7 So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle n heilige oorlog! Daarom sal dit nag word vir julle, sonder n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word. En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, en hulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie. (Miga 3:5-7 AFR1953) 1

In die jongste tyd word daar in byna elke opsig aandag gegee aan voorspellings wat deesdae gemaak word deur sieners, en voorspellers en waarsêers. Daarom pas dit ons gemeente om by wyse van Skrifondersoek aandag te gee aan hierdie saak. Ons moet bepaal of sieners die waarheid kan praat, en hoe moet ons onderskei tussen die betroubares en dié wat vals is. Hier in Miga 3 het ons met dieselfde dinge te doen,waarmee ons in die tyd waarin ons lewe, te doen kry. Hierdie profeet doen n baie merkwaardige aanspraak op die mense van sy tyd wat deur die dwaalgees gelei word. Hy spreek hulle aan as hoofde en owerstes, en dan praat hy met die profete en priesters. Dit is baie belangrik, want hiermee koppel die profeet dadelik alle dinge wat op die vlak van waarsêery lê, aan die amp van die persoon. Vergelyk dit met vers 12, waar hy waarsêery weer koppel aan die amp van die profeet. Die eerste beginsel is dus baie duidelik: Alleen n persoon wat in n amp staan in die koninkryk van God, kan n siener/profeet/waarsêer wees na wie jy mag luister. Kom ons kontroleer hierdie stelling aan die res van die Bybel deur te kyk na voorbeelde wat die Here gee. Kom ons kyk na n voorbeeld in 1 Samuel 9:18, 19. Dit is waar Saul gesalf moet word as koning oor Israel. Die Here gee dan aan Samuel te kenne dat dit die man is wat Hy oor sy volk wil hê. Presies dan vra Saul vir Samuel: Wys my tog waar die huis van die siener is? Dan antwoord Samuel: Ek is die siener! Samuel is n ampsdraer. Hier word die amp direk gekoppel aan sienerwees! Kom ons kyk na nog n voorbeeld 2 Samuel 15:27: Verder het die koning aan die priester Sadok gesê: U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, en julle twee seuns, Ahímaäs, jou seun, en Jónatan, die seun van Abjatar, met julle saam. (2 Samuel 15:27 AFR1953) Net soos in die vorige gedeelte is sienerwees ook hier een van die direkte ampsgawes wat God aan sy ampsdraers gee. Ons kry dit ook so in 2 Konings 17:13 dat die Here dan deur alle profete en sieners die volk waarsku dat die volk Israel hulle van hulle sondes moet bekeer, en moet terugkeer na sy insettinge soos Hy dit aan hulle vaders gegee het. En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het. (2 Konings 17:13 AFR1953) Wat hierdie teks en ook al die voriges baie belangrik maak, is die feit dat alle sieners ook net binne die kerkverband optree. Israel is die Ou-Testamentiese kerkvolk. Hulle opdragte word deur die Here baie fyn omlyn deur die sieners. Hulle moet die wet op n bepaalde manier onderhou. 2

Daar is nog n voorbeeld in die Ou Testament waar die amp gekoppel word aan sienerwees Amos 7:12. Daar jaag koning Amasia Amos weg, en dan noem hy hom n siener! Toe sê Amásia vir Amos: Gaan weg, siener, vlug na die land Juda en eet daar brood en profeteer daar! (Amos 7:12 AFR1953) Terug by ons teks, gee die profeet Miga nou die volgende eienskap van die ware siener. Hulle gedrag moet in lyn wees met diens aan God en aan sy koninkryk. Daar staan in vers 5 dat hulle die geestelike gawes aangewend het tot persoonlike gewin. Hulle het goeie dinge gesien en geprofeteer vir mense wat hulle volgestop het, maar vir dié wat hulle in alle waarheid teëgegaan het, het hulle oordeel voorspel. Daar is sieners in die volk Israel wat die Here se volk mislei met valse godsprake godsprake wat vals is. Dit gaan oor mense wat profeteer vir aansien. Profete wat dinge sien, en dit dan aan mense bekend maak, sodat hulle aansien daarmee kan styg. Die godsprake het nie in die eerste plek oor die eer van God gegaan en verder oor die uitverkorenes in die geheel nie. Dit is die ding waaraan n ware siener in die Bybel gekenmerk word. Sy openbaring gaan altyd oor die eer van God in die eerste plek, maar dan ook oor die heil van die gemeente (in die Ou Testament dan elke keer die heil van die volk). Ons moet ook natuurlik besef dat daar wel so iets is soos openbaringe en waarsêery. Maar soos ons dit ook telkens hoor in die Nagmaalsformulier, mag n lidmaat wat hom met waarsêery ophou, nie die sakramente van die Heilige Nagmaal en doop gebruik nie omdat dié dinge nie tot eer van God beoefen word nie. Ons lees byvoorbeeld dat Jakob in n droom gesien het dat God aan hom openbaar maak dat sy diere gestreep en gestippeld sal wees (Genesis 31:10). Net so het die Here ook in Gibeon in n nagtelike droom aan Salomo verskyn en gesê dat hy moet begeer wat die Here hom moet gee. In dié gesigte sien die mense dan die Here en hoor Hom. Die Nuwe Testament begin met so n geval waar n engel in n droom aan Josef verskyn en dan n opdrag van God aan hom gee. Uitsondering: Josef is nie ampsdraer nie, maar wel pa van Christus. Dus is hy baie belangrik. Ons mag dus nie ontken dat die Here wel Homself aan sekere mense geopenbaar het in gesigte en drome nie. Maar dan moet ons net nugter genoeg wees om te kan sien dat God hierin n konsekwente manier van optrede het, van die begin af tot nou toe. Soos ons ook reeds uit die Bybel gesien het. Maar omdat die probleem in ons tyd die aandag vra, moet ons ook lees wat God nog van die saak sê, en wat dan nie gunstig is nie. In 2 Tessalonisense 2 skryf Paulus onder die leiding van die Heilige Gees dat die Here die antichris sal toelaat om met allerhande vorms van verleidinge die mense van die geloof afvallig te maak. 3

Dan gee die Here aan die satan die vermoë dat sekere mense wonders en tekens en leuens verkondig en daar word ook n leuengees onder die mense gestuur. Maar hoor wat staan in vers 11: En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, (2 Tessalonisens 2:11 AFR1953) Ons moet dus geestelik baie wakker wees om die geeste te kan beproef en te kan onderskei waarop dit aankom! Veral omdat Miga skryf dat hierdie mense op die einde verleë staan, want daar kom geen antwoord van God af nie! Die voorspellings was dus nie die raad van God nie. Vers 11 maak ons wakker as daar staan dat hierdie mense wat die sogenaamde sieners is, en wat omgaan met waarsêery, hulle dan nogal waarlik op die Here sal beroep! Die saak word dus baie moeilik gemaak. Kom ons lees nou weer vers 8: Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van die HERE, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde. (Miga 3:8 AFR1953) Ek daarenteen is vol krag, met die Gees van die HERE. Dis ook nie vreemd nie. Daniël en Esegiël het gesigte gesien wanneer die Gees van die Here op hulle was en hulle ook soms weggevoer het. Jakob was bevrees met die Here se verskyning. Om te kan voorspel, moet jy dus werk onder die leiding van die Heilige Gees. Daar is geen ander moontlikheid nie. Onder ons wat Nuwe-Testamentiese Christene is, speel die Heilige Gees nog n sterker rol, want Hy woon in ons deur die Here Jesus Christus. Die Here Jesus wil ons juis laat sien wat reg en verkeerd is. Hy wil ons ook juis laat sien hoe ons moet lewe volgens sy Woord en beloftes en in gehoorsaamheid. Daarom sterf die Here Jesus. Juis sodat Hy daarmee vir ons hierdie reg kan verkry. Presies hiervoor stuur Hy die Heilige Gees terug om ons in geestelike versiendheid na God toe te kan lei. Maar kyk nou na die verskriklike gevolge van waarsêery en voorspellings waag. As jy n Christen is, kan jy dit slegs doen in die krag van die Heilige Gees. Dieselfde geld ook as jy die klomp voorspellings loop en glo. En as jy verkeerd is, dan het jy gesondig teen die Heilige Gees en dis die een sonde wat God nie vergewe nie! Baie van ons lees rommelleesstof soos die tydskrifartikels wat die sterre voorspel. Dis presies dieselfde as om te luister na n siener se voorspellings en om jou daaraan te steur. Dis waarom sulkes nie die Nagmaal mag gebruik nie omdat God al daarmee verkondig dat Hy sulkes nie in sy ryk toelaat nie. Geliefdes, daar word deesdae baie waarsêers se voorspellings gepubliseer dinge soos Siener van Rensburg en Nostradamus en die profesieë van die Inkas/Majas. 4

Baie van ons praat oor hierdie dinge, en baie van ons glo dit, of is bang dat daardie dinge waar is. Breek daarvan weg met alle mag, want daarin is die dood. Die Bybel sê so in ons teksgedeelte: Daarom sal dit nag word vir julle, sonder n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word. (Miga 3:6 AFR1953) Slotgebed Slotpsalm 138:1 (p. 670) 1 k Sal met my ganse hart, o HEER, / U loof en eer, u hoogheid huldig, en voor die gode in psalmgeklank, / U bring die dank, aan U verskuldig. Ek sal my neerbuig op u eis, / na u paleis, die oog na bowe. En om u guns en waarheid saam, / u heil ge Naam eerbiedig lowe. Die HERE sal jou seën en jou behoed; Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 2 Mei 2010 5