Sing vooraf staande: Psalm 135:2 (p. 655)

Vergelijkbare documenten
ons rykdom in Christus 2

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jesaja sien die Toekoms

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

n Tempel Leier besoek Jesus

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Van Vervolger tot Prediker

Welkom by Die Storie God se storie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Baie welkom by vanoggend se erediens

Goeie Konings, Slegte Konings

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die Kerk se Geboorte

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1 TESSALONISENSE 5:25

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

n Dubbele kruis-belydenis

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Dooppreek Mika Bogaards

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Les 2 vir 13 Oktober 2018

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Preek 2 Korintiërs 5:7

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Preek Romeine 1:16-17

Deur Christus Alleen

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Van Vervolger tot Prediker

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:7 (24:7)

Sing vooraf: Skrifberyming 4-6 (nuut)

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

God eer Josef die slaaf

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

'n Man gestuur deur God

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Sing vooraf staande: Psalm 19:4 (p. 83)

Petrus en die Krag van Gebed

Preek 1 Petrus 2:9-12

Transcriptie:

Sing vooraf staande: Psalm 135:2 (p. 655) 2 Loof die HEER se goedheid luid, / al wie in sy voorhof kom! Want Hy kies vir Jakob uit, / Is rel tot sy eiendom. Bo al wat die mens vereer / groot, dit weet ek, is die HEER. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofsang: Skrifberyming 1-1:7 (24:7) 7 Ons sal, in lewe en in sterwe, / Gods eiendom vir altyd wees; ons sal wat Hy beloof het, erwe, / verseël deur die Heil ge Gees. Hy is die waarborg ons gegewe, / die eerst ling van die volle som; ons sal die reddingsdag belewe / die gloriedag van God, wat kom. Geloofsbelydenis Apostolicum Na die wet bely bid om vergewing van ons sondes met Psalm 9:14 (p. 39) Wet Psalm 9:14 (p. 39) 14 Nooddruftiges wat kwyn in leed, / sal God nie eindeloos vergeet; Hy sal die hoop van hul bestendig / wat hier verdruk is en ellendig. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God: Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 119:63 (p. 599) 63 HEER, ek is n skaap verlore, /in die wildernis verdwaal. U, my HEER en Herder, bid ek / dat U my tog wil kom haal Soek my, bring my weer, u dienaar / wat in al sy harteleed, en in al sy teënhede, / u gebooie nie vergeet. Skriflesing: Eksodus 19 Teks: Eksodus 19:4-6 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het. As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. En júlle sal vir My n koninkryk van priesters en n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel. (Eksodus 19:4-6 AFR1953) Die genade van die Here is dat daar by ons geloofsgroei plaasvind. Maar die manier waarop die geloofsgroei in ons kom, is nie altyd maklik nie, omdat dit soms gebeur met worsteling en baie pyn. Ons gee vanoggend aan twee sake aandag: 1

1. Die woestynkerk en die Nuwe-Testamentiese kerk is sondig, maar tog eiendom van God. 2. Die kerk moet die Here se straf en genade so hanteer dat geloofsgroei daaruit plaasvind. 1. Die woestynkerk en die Nuwe-Testamentiese kerk is sondig, maar tog eiendom van God. Drie maande na die uittog het Moses met die volk by Sinaï aangekom. Dit was by dieselfde plek waar die Here die eerste keer aan Moses verskyn het (vgl. Eksodus 3 en 6). Toe hulle klaar kamp opgeslaan het, het Moses teen die berg opgeklim na God toe. Bo-op die berg het God Moses vertel wat hy aan die volk van Jakob, die kinders van Israel, moet sê. Hierdie twee name, naamlik Jakob en Israel, wat die Here gebruik vir die volk is baie belangrik. Daarmee verwys die Here na die karakter van die kerkvolk. Jakob was die sondaar die oneerlike man wat die Here geken het, maar alles gesteel het wat die Here hom belowe het, voordat die Here dit vir hom gegee het. Tog het die Here Jakob nie weggestoot of verwerp nie. Met hierdie naam teken die Here die kerk in sy sonde. Die kerkvolk loop baie keer nie n reguit en eerlike pad met die Here nie. Maar die Here verander sy kerk Hy bewerk bekering in hulle. Dit gebeur nie maklik nie. Dit gebeur deur stryd en deur baie pyn. Daarom noem die Here die tweede naam ook Israel. By Pniël het God Jakob die nag voorgekeer en met hom geworstel. Die gebeurtenis by Pniël was nie sommer maar net twee mans wat in die donker rondgerol en gestoei en alles om hulle platgeval het nie. Dit was geweldig, want nadat dit verby is, sê Jakob dat hy baie dankbaar is dat die Here hom nie doodgemaak het nie. Die Here het net sy heup uit lit geslaan. Wat belangriker is, is dat Jakob die sondaar, die Here gesmeek het om hom te seën voordat die Here weggaan. By daardie geleentheid het die Here sy naam verander van Jakob af na Israel toe. Na hierdie gebeurtenis was Jakob (Israel) in staat om sy pad met die Here reguit te loop. Presies so kom Moses nou met die volk by die HERE aan. Dit was die doel van die uittog. Daarom het Moses die volk teruggebring na die plek toe waar die HERE aan hom verskyn het. Daarom is die aankondiging van die Here dat dit Jakob en Israel is wat sy woord moet hoor, so belangrik. Dit is n verklaring van wie hierdie woestynkerk wat daar gelaer lê, presies is. Hulle is sondaars wat deur worsteling met God vorentoe sal gaan. Wat gaan van die huis van Jakob en die kinders van Israel se worsteling met God word? Die Here sê: Julle sal my eiendom uit al die volke wees. 2

Hierdie woorde van die Here is baie belangrik, want dit is die kern van die verhouding tussen die Here en Israel (sy kerk!). Die uiters belangrike inhoud van die woorde waarna ons moet luister, is dat die Here sê dat Hy hulle as sy volk aanneem en dat Hy vir hulle n God sal wees. Dit is n verwysing na die verbond. o Die Here het self die volk na Hom toe gebring. o Hulle is Jakob: swakgelowig, opstandig en oor elke ding wederstrewig teen die Here. o Hulle was/is nie in staat om self na die Here toe te gaan nie. Die Here self verander die toestand! Dis belangrik dat ons dit moet weet en onthou! Hy het hulle uitverkies en gaan haal en versorg. Hy het hulle op arendsvlerke gedra. Die werklikheid van ons verlossing en uitverkiesing is dus die werk van God self en van God alleen. Die mense wat deur die Here sy eiendom gemaak word, is ook nie sommer net n saak van word eiendom en dit is dit nie. Hy maak hulle n besondere volk uit al die volke. Hy maak hulle n koninkryk van priesters en n heilige nasie. Hierdie woorde is direk op ons van toepassing, want hierdie eiendomsverklaring van die Here is voortdurend in die geskiedenis herhaal. Dit het as t ware n ontwikkeling gehad van daardie tyd af tot by ons, want elke keer wanneer die kerk van die Here n nuwe tydperk in die geskiedenis ingegaan het, het die Here weer aan hulle bevestig dat hulle sy eiendom is. Eers was die kerk byna net n huisgesin. Die gesin van Abraham wat saam met hom weggeroep word deur die Here. o Met hom sluit die Here die verbond, waarin die Here baie duidelik sê dat hy die Here se eiendom is: Die Here is hulle God en hulle is sy volk. Later, wanneer die volk al in Kanaän bly, herhaal die Here n paar keer dat hulle moet onthou dat hulle sy eiendom is (Psalm 74:2; 78:71; Jeremia 3:14; Maleagi 3:17). In die Nuwe Testament verander die voorkoms van die kerk heeltemal. In hierdie tyd verander die Here die kerk dat dit lyk soos ons dit vandag ken. Dis nie meer n volk nie dis nou gemeentes met predikante, ouderlinge en diakens wat die liefde en die reg van die Here aan sy gelowiges bedien. Daarom kom die Here weer n hele paar keer terug op hierdie eiendomsverklaring van Hom. Kyk (luister) na voorbeelde daarvan:... in Hom in wie ons ook n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, (Efesiërs 1:11-13 AFR1953) Maar julle is n uitverkore geslag, n koninklike priesterdom, n heilige volk, n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het 3

tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. (1 Petrus 2:9, 10 AFR1953) In hierdie laaste aanhaling laat die Heilige Gees Petrus presies terugverwys na die Here se woorde aan die volk by Horeb. Daarmee is dit finaal duidelik dat die eiendomsreg van God wat vir die volk gegeld het wat uit Egipte weggetrek het, ook vir die Nuwe-Testamentiese kerk geld. Gaan eers weer terug na Horeb toe en gaan kyk wat het toe verder gebeur. Moses het die boodskap van die Here aan die volk oorgedra en hulle het eenparig geantwoord dat hulle alles sal doen wat die Here sê. Moses is toe weer met die antwoord van die volk terug na die Here toe. Let op: Moses is dus middelaar tussen die volk en die Here. Hy bemiddel tussen die volk en die Here. Hierin is sy optrede profeties van hoe ons die eiendom van God geword het deur die ware Middelaar Jesus Christus. 2. Die kerk moet die Here se straf en genade so hanteer dat daaruit geloofsgroei plaasvind. Hoe reageer die kerkvolk van die Here op hierdie bemiddeling? Dit is die belangrike saak, want daarin word ons gespieël! Die Here se opdrag was baie duidelik: Die volk moet na sy stem luister! Wat was hulle reaksie? Hulle het eenparig geantwoord dat hulle alles sal doen wat die Here sê. Dit was n goeie onderneming, want hulle het die wolk gesien en die Here gehoor praat. Maar dit het nie lank gehou nie! Hulle het gou aan die teenwoordigheid van die Here gewoond geraak, en toe het hulle in hulle sondige dapperheid teen die Here in opstand gekom. Elke keer moes Moses dit ontgeld. Eenkeer het hy vir die Here gesê dat dit min skeel of die volk maak hom dood. Een ding wat veral duidelik word, is dat n lidmaat van die kerk nie moet dink dat hy alleen kan sonde doen en dat sy sondes nie enige invloed op die ander lede van die kerk gaan hê nie. Moses en Aäron het byvoorbeeld eenkeer vir die volk kwaad geword oor hulle wederstrewigheid en toe het hulle die rots gaan slaan in plaas van om daarmee te praat, soos wat die Here hulle beveel het. Die Here het Moses en Aäron hieroor gestraf, maar Hy het die volk ook verwyt. o Hy het vir hulle gesê dat dit hulle skuld is dat Moses en Aäron nie in Kanaän kan ingaan nie, want hulle wederstrewigheid was die oorsaak. Hulle wederstrewigheid het natuurlik gemaak dat die Here vir hulle baie kwaad geword het. Eenkeer wou die Here hulle almal doodmaak en met Moses n nuwe volk begin. Die Here wou ook nie meer saam met hulle trek nie. Toe het Moses vir die volk by die Here gepleit:... en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, laat dan tog die Here in ons midde trek; want dit is n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as n erfdeel. (Eksodus 34:9 AFR1953) As ek U goedgesindheid geniet, Here, moet U saam met ons wegtrek. Al is die volk moedswillig, moet U ons ongeregtigheid en sonde vergewe. Laat ons tog U volk bly, U eiendom (Eksodus 34:9 AFR1983). 4

Moses het altyd, wanneer hy vir die volk voorbidding gedoen het, by die Here gepleit op grond daarvan dat hulle sy eiendom is, soos byvoorbeeld in Deuteronomium 9:26, 29: En ek het die HERE gebid en gesê: Here, HERE, stort u volk en u erfdeel wat U deur u grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur n sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie. Hulle is tog u volk en u erfdeel wat U deur u grote krag en u uitgestrekte arm uitgelei het. (Deuteronomium 9:26, 29 AFR1953) Hierdie volk wat die eiendom van die Here is, moes groei in hulle geloof. Daarom het die Here hulle elke keer gestraf, maar ook elke keer genade bewys, sodat hulle hulleself as eiendom van die Here kon ervaar. So gaan dit met ons ook. Ons kerk as geheel loop ook nie altyd ons pad met die Here reguit nie, want ons lidmate doen sonde en word teen die Here opstandig. Ons sondes beïnvloed ook mekaar se optredes en sondes net soos dit die geval met die woestynkerk was. Dit is ook waar van ons land en van die mense wat in hierdie land bly. Daarom moet ons verwag dat daar oor ons baie ellendes en strawwe sal kom. Dit was nog alle eeue deur die Here se werkpatroon dat Hy mense met lyding soos droogte en dors en opstandigheid en verdeeldheid gestraf het wanneer hulle teen Hom wederstrewig geraak het. Die Here het soms selfs duisende van hulle doodgemaak sodat die wat oorbly tot bekering kan kom. Die genade van die hele saak is egter dat ons ook soos die kerk in die voorjare n Middelaar het wat ons saak by die Here behartig. Moses het altyd vir die volk se sondes gaan pleit. Jesus Christus pleit nou elke oomblik vir ons. Daar is egter n baie groot verskil tussen ons en die woestynkerk waar Moses die middelaar was. Ons Middelaar het ons verander. Moses kon die volk nie verander nie hy het vir hulle opstandigheid gevlug en hy moes self voor God op sy knieë gaan. Ons is n bloedkerk, want ons Middelaar het sy bloed gegee sodat ons vir ewig God se eiendom kan wees. Sy bloed bly ook in die kerk by ons, want die Doop en die Nagmaal herinner ons kort-kort aan die bloed van Christus wat bevestig het dat ons die eiendom van God is. Maar hierdie bloed bring ons ook in die moeilikheid. As ons nie tot bekering kom nie, en as ons ook nie deur ons lyding en ons vreugdes geloofsgroei kan toon nie, gaan die Here ons vernietig. Die woestynkerk is daarvan n bewys. Dink net aan die strawwe van die Here wat oor die woestynkerk gekom het om hulle tot bekering te bring: Die Here het eenkeer die aarde oopgemaak en n klomp opstandiges laat insluk. Op n ander keer het die Here n paar duisend met vuur doodgebrand. n Hele geslag mense wat veertig jaar en ouer was, het deur die Here se hand in die woestyn rondgeswerf totdat hulle almal dood was voordat Hy sy kerkvolk in hulle beloofde grondgebied ingelei het. Die Here sê oor en oor in sy Woord dat ons sy eiendom is. Kom ons doen die ding reg: 5

Ons luister en ons is sy eiendom. Ons moet dit nie met die mond wees nie. Ons moet dit met die daad wees, want die Here sê ons is n koninklike priesterdom. As ons lewe n gebrek aan geloofstyl wys, is daar fout! Die styl is dat ons soos n koning oor die verkeerde dinge moet heers. Ons lewe moet die koningstyl en priesterstyl waarmee die Here Jesus korrek en met heerlikheid gelewe het, vertoon. Ons moet onthou dat n ware gelowige nie sommer enige mens is wat plat in sy geloofsveragtering kan of mag lewe nie. Ons is deur die bloed van Jesus Christus God se heilige eiendom gemaak. Die Heilige Gees volg die versoeningswerk aan die kruis op en Hy praat ons aan: Ons is konings gemaak en ons is priesters gemaak. Die waas van heiligheid moet altyd in ons teenwoordigheid aangevoel kan word. As dit by ons ontbreek, is daar n fout en moet ons haastig tot bekering kom. Ons geloof moet groei totdat die Here se woorde oor ons waar is: Julle is vir My n koninkryk van priesters en n heilige nasie. Slotgebed Slotpsalm 48:1 (p. 243) 1 Die HEER is groot waar Sions top / hom wentel uit die dieptes op. Hy is lofwaardig, waar verhewe / die berg en stad in songlans bewe, en Sion teen die noorde / blink, bó die lof van woorde. Daar waar in vlekkelose wit / die Koning van die wêreld sit, het Hy, wat een die vyand waak, / as rotsburg Hom bekend gemaak. Die HERE sal jou seën en jou behoed; Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 17 April 2011 6