Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Vergelijkbare documenten
Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

n Tempel Leier besoek Jesus

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Van Vervolger tot Prediker

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Jesaja sien die Toekoms

Jakkals lê eendag heerlik en

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Welkom by Die Storie God se storie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

God eer Josef die slaaf

Jona en die Groot Vis

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Van Vervolger tot Prediker

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

'n Man gestuur deur God

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die plek van rus en vrede oor die fees tyd en oujaar. Of te wel die plek van water en vis! So vernoem ek hom in 2014.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Jona en die Groot Vis

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Pragtige Koningin Ester

Die Kerk se Geboorte

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Petrus en die Krag van Gebed

Die brief aan die Filippense

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Antonieme en sinonieme

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Toe God alles gemaak het

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.)

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2)

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Toe God alles gemaak het

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Goeie Konings, Slegte Konings

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Transcriptie:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie 3. Nie eers verander en dan volg. Volg en dan verander Hy jou. 4. Hy nooi jou om in n verhouding met Hom te lewe. Vanaand is die vraag wat ons wil vra Hoe begin ek? Hoe volg ek Jesus? Kom ons gaan kyk weer hoe dit met die eerste dissipels gebeur het. Kom ons lees Matteus se storie. Mat 4:21-22 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, (22) en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg. Is dit soos dit werk as ek Jesus volg? Het hulle die interssante man met sandale aan gesien, hul pa net so gelos en gesê: Baai Pa. Sterkte met die visvangery. Sê groete vir Ma en dankie vir alles. Ons gaan nou agter Jesus aan. Ons kom dalk einde van die jaar draaitjie maak. Is dit soos dit gebeur het? Is dit soos dit werk as ek besluit om Jesus te volg? Jy draai net daar om, los jou hele lewe en verander op daardie oomblik na n 1

dissipel van Jesus? Ek weet dat daar oomblikke is van verandering in ons lewens, maar werk dit so om Jesus te volg? Gewoonlik nie. Matteus se weergawe is nie die hele storie nie. Hy skryf vir die Jode en hulle het al die stories gehoor en hy gee net kortliks weer wat gebeur het. Maar Lukas, wat vir die heidene veral skryf, vertel die verhaal in groter detail. Luk 5:1-2 Op 'n dag toe Jesus langs die Gennesaretmeer staan en die skare vorentoe beur om die woord van God te hoor, (2) sien Hy twee skuite aan die kant van die meer lê. Die vissers het uitgeklim en was besig om die nette uit te spoel. So lyk die meer van Gennesaret. Jesus was besig om die mense van God te vertel. En almal was nuuskierig om te hoor wat Hy te sê het. Ook Petrus en Jakobus en Johannes was by hulle skuite besig om na die nag se visvangs, hulle nette skoon te maak en op te hang. So met die een oor hoor hulle wat Jesus praat en met hulle hande maak hulle die nette skoon. Luister en werk. Luister en werk. En dis hoe alles begin het. Hulle het nog niks van Hom geweet nie en nie geglo nie. Maar hulle het begin luister. En dis hoe dit ook begin om Jesus te volg. Eers deur net te luister en hoor van Jesus. Om Jesus te begin volg beteken nie om alles net so in jou lewe te los en beteken ook nie om nie vrae te vra en blinde geloof nie. 2

Kom ons lees verder: Luk 5:3-4 Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit 'n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer. (4) Toe Hy klaar gepraat het, sê Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang. Nou kon Jesus seker vir Petrus gesê het: Los alles net so en volg My. Maar Hy doen dit nie. Hy vra hom om weer te gaan visvang. Nou moet ons verstaan dat dit maar half n snaakse versoek is. Omdat die water in die nag kouer is, kom die vis nader aan die oppervlak en is dit die tyd om te gaan visvang as daar enige vis is. Nou vra Jesus vir Petrus om helder oor dag weer te gaan visvang. Hulle was net klaar om die nette skoon te maak en nou moet hulle weer gaan? Petrus kon gesê het: Jesus, U weet dalk van houtwerk maar duidelik nie die visvang-ding nie. Dit werk nie so nie. Maar dan lees ons dat Petrus baie ordentlik is, Jesus was immers n rabbi. Luk 5:5 Meneer, antwoord Simon, ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi. Jesus vra nie van Petrus om iets te doen wat hy nog nooit gedoen het nie, maar net om dit die keer effens anders te doen. In die dag te gaan visvang, al lyk dit nie of dit sin maak nie. Petrus neem die klein stappie 3

om Jesus te vertrou (al mag hy geen verwagting gehad het nie). Hy doen dit, nie omdat hy voel hier kom nou n groot ding of omdat almal dit doen nie. Net omdat hy Jesus n kans wou gee. Kan julle dink wat sou gebeur het as Petrus gesê het: Nee wat Jesus, los maar die storie. Dit sal nie werk nie.? As Petrus nie begin het om Jesus te vertrou met een klein opdraggie nie? Dalk sou ons nie vandag van Jesus geweet het nie. Wie weet? Kan jy sien hoe begin dit om Jesus te volg?( Net deur een klein stappie om op Sy Woord Hom te vertrou. Kom ons lees nou verder: Luk 5:6 En toe hulle dit doen, het hulle so 'n groot klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur. En dan gebeur daar eintlik n wonderwerk en nie omdat hulle in hulle harte oortuig was of omdat hulle gegelo het of n gevoel gehad het hier kom n ding nie, maar omdat hulle GEDOEN het wat Jesus van hulle vra net een ding. Luk 5:7 Hulle wink toe vir hulle maats in die ander skuit om te kom help. Hulle het gekom en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het. Dan gaan dit mal! Hulle word oorlaai met vis, soveel dat die bote byna gesink het. Nog nooit in hulle lewens het hulle soveel gevang nie. En wat is Petrus se reaksie dan? Sê hy: Wow! Manne, nou hoef ons nie vir n mand 4

vis te vang nie! of Sê solank vir die vrouens hulle moet die kerrie regkry dat ons vis kan inmaak nie. Dit was wel die reaksie van die ander mense: Luk 5:9 Hy en almal wat saam met hom was, was stom verbaas oor die groot klomp vis wat hulle gevang het. Maar Petrus ervaar iets ander gebeur met hom. Luk 5:8 Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens. Toe val hy voor Jesus neer. Dit gaan vir Petrus toe nie meer oor die visse nie. Toe sê hy ook nie meer vir Jesus meneer nie, maar Here. Toe besef hy wie hy is en begin hy homself en Jesus ken vir Wie Hy is. Maar dit het alles begin met een klein stappie van vertroue in Jesus. Kom ons lees weer: Luk 5:10 Toe sê Jesus vir Simon: Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang. Jesus sê as t ware vir Petrus: Nou dat jy my begin vertrou het, noudat ons in n verhouding met mekaar begin leef, nou sal ek vir jou wil sê hoe ek jou wil gebruik in jou lewe as my dissipel. Kan julle sien hoe werk Jesus met ons as Hy ons roep om Hom te volg? Hy vra nie groot dinge of radikale besluite noodwendig in ons lewens nie, maar een klein 5

stappie en dit is om Hom dan te vertrou. Kom ons vat saam: Daar is min of meer 4 dinge wat gebeur as jy Jesus volg: 1. Luister Dis ook hoekom jy vanaand hier is en hoekom dit goed sal wees as jy more-aand weer sal kom. Luister deur Jesus se verhaal te lees met verwagting. Vra vrae oor Hom. Dink. 2. Vertrou Hom Jesus vra nie groot goed aan die begin nie. Hy vra nie om op te hou rook of jou werk te los of n heel nuwe lewe te begin nie. Hy vra: Vertrou my net vir een klein stappie. 3. Doen dieselfde net anders As Jesus ons roep, dan roep Hy ons gewoonlik om dit wat ons al vir jare doen in ons gewone lewens net nou effens anders te gaan doen. Petrus moes steeds gaan visvang, maar net die keer in die dag. Die klein stappie waarvoor Jesus ons roep het gewoonlik te doen met verhoudings met mense, familie of geld of jou werk. As jy aandag gee aan Jesus, dan sal die Gees op een van daardie tereine jou druk om iets net een maal anders te gaan doen en dit sal jou pla tot jy dit doen. Hy vra net een klein veranderinkie. En as jy dit doen.bang! Dikwels het dit groot gevolge vir jouself. En dan gaan dit uiteindelik nie meer oor jou werk of geld of huwelik nie, maar oor n verhouding met Jesus. Stukkie vir 6

stukkie verander Jesus dan jou lewe. Wat dit is, kan ek nie vir jou sê nie maar ek weet die Gees van Jesus wat vir Petrus dit gesê het, sal jou wys. 4. Los jou nette As jy die vrede van die Here eers geproe het, is een klein stappie nie meer genoeg nie maar sal jy ook meer en meer aan Jesus wil oorgee. Jy hoef nie Japan toe te gaan om sendingwerk te doe nie of skielik jou huis verkoop nie, maar al hoe meer sal jy die behoefte hê om Jesus Here te maak van al hoe meer areas van jou lewe: Jou huwelik, jou gesin, jou geld, jou werk, jou ontspanning, jou drome en gewoontes jou lewe. Is jy bereid om net daardie volgende stappie te neem? Dalk het jy al n paar geneem. Dan wag die volgende vir jou en Jesus sal jou verras. Moenie dat jy later in jou lewe wonder wat kon gebeur het met jou lewe as jy die volgende stappie net geneem het nie. Jesus roep ons om Hom te vertrou al is ons bang. Vertrou die klein stemmetjie in jou, al is jy nie altyd seker dis die Here nie. Wil jy nie nou die Here kans gee om vir jou te wys wat die volgende stappie is? Geleentheid vir stilgebed. Amen 7