n Maand met Filippense

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

n MAAND MET RUT 1-28 Augustus 2016 Week 1 Die skrywer van Rut is onbekend, al sê party bronne dat Samuel dit dalk geskryf het.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

DIE BRIEF AAN FILEMON

Inhoudsopgawe. Voorwoord

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Jesaja sien die Toekoms

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Les 2 vir 13 Oktober 2018

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Welkom by Die Storie God se storie

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Petrus en die Krag van Gebed

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die brief aan die Filippense

100 vrae. antwoorde oor GEBED. Bennie MOSTERT GEBED. Verander jou wêreld! BID? GEBED geen verskil in die wêreld maak nie? vrae en antwoorde oor

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

n Tempel Leier besoek Jesus

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Geroep vir Gemeenskap

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Van Vervolger tot Prediker

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

n Dubbele kruis-belydenis

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Die Kerk se Geboorte

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Transcriptie:

n Maand met Filippense NOVEMBER 2017 Filippense is geskryf deur Paulus en Timoteus vir die gelowiges in Filippi en op ander plekke in die wêreld. Paulus het die gemeente in Filippi begin tydens sy tweede sendingsreis (Handelinge 16:11-40). Filippi was die eerste gemeente in Europa. www.stellenboschwes.co.za

Stiltetyd en gesin Maandag 30 Oktober: Lees Filippense 1:1-2 Paulus en Timoteus groet die mense in Filippi. Wat beteken die groet aan die begin van die erediens vir jou? Paulus en Timoteus noem hulleself dienaars van Christus Jesus. Dit kan ook vertaal word met slawe van Christus. Sou jy jouself ook so noem? Bid dat die Here jou sal help om n dienaar van Christus te wees. Dinsdag 31 Oktober: Lees Filippense 1:3-6 Paulus dank altyd eers vir God. Is dit n goeie begin van n brief of gebed? Wat beteken vers 6 vir jou persoonlik? Dank God, net soos Paulus, vir dit wat jou bly maak. Woensdag 1 November: Lees Filippense 1:7-11 Ons deel almal in dieselfde genade en daarom lê die Filippense Paulus na aan die hart. Wat beteken dit vir ons lewe en hoe ons mense hanteer? Wat is die dinge waarop dit werklik aankom in ons tyd? Bid dat God ons sal help om te kan onderskei waarop dit werklik aankom. Donderdag 2 November: Lees Filippense 1:12-15 n Kerkvader het gesê: die bloed van die martelare is die saad van die kerk. Is dit ook wat Paulus sê? Wat is jou grootste vrees as dit oor jou geloof gaan? Bid dat Christene orals in die wêreld die vrymoedigheid sal hê om te vertel van Christus. Vrydag 3 November: Lees Filippense 1:15-26 Hoe lyk mense wat Christus bekend maak uit selfsugtige en onsuiwere bedoelings? Vir Paulus is om te sterwe wins. Is jy bang om te sterwe? Hoekom wel/nie? Bid vir mense wat sterwend is. 2

Saterdag 4 November: Lees Filippense 1:27-30 In vers 29 staan dat Paulus dit as n voorreg sien om vir Christus te ly. Stem jy saam? Bid vir mense wat moet ly omdat hulle Christene is. Sondag 5 November: Preek - Filippense 1 Bespreek die preek by die huis: 1. Wat het jy geleer? 2. Waaroor wonder jy nog? 3. Wat kan jy in gebed met die Here bespreek? 4. Hoe gaan jy hierdie week die preek prakties uitleef? Groepbesprekings Kleingroep Bybelstudiegroep Wyksbyeenkomste Kategese Lees: Filippense 1 Gee 5 minute dat elkeen rustig na die teks kan kyk. Vertel hoe jou ervaring van die stiltetyd/familietyd was en watter vrae jy nog het. Paulus is dankbaar dat die gemeente saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Hoe kan ons as gemeente saamwerk aan die verkondiging van die evangelie (vers 5)? In vers 6 praat Paulus van die goeie werk. Wat bedoel hy daarmee? Christene het almal lief. Stem jy saam? Lees ook vers 9. In Sjina groei die aantal Christene, maar jy mag volgens die staat nie n Christen wees nie. Hoe is dit dan moontlik dat die getalle so groei? Hoe lyk mense wat Christus met verkeerde bedoelings verkondig? Begryp jy Paulus se tweestryd (vers 23). Gebed: Bid o.a. saam vir Christene wat moet ly. 3

Filippense 2 vorm deel van die hart van die boodskap van Paulus aan die gemeente van Filippi. Dit is n teks waaroor n mens nooit uitgepraat kan raak nie en oor en oor moet lees en oordink, sodat dit deel raak van die praktyk van jou lewe. Stiltetyd en gesin Maandag 6 November: Lees Filippense 2:1-2 Wat beteken "die troos in Christus" (vers 1) vir jou? Hoe kan ons belewing van Christus en Sy Gees (vers 1) ons help om die eensgesindheid te bereik wat Paulus in vers 2 beskryf? Gebed: Dankie Here vir die troos wat ons in Christus ondervind. Dinsdag 7 November: Lees Filippense 2:3-4 Hoe help vers 3 4 ons om die aard van nederigheid te verstaan? Gebed: Hemelse Vader, leer my om nie net aan my eie belange te dink nie, maar ook aan dié van ander. Woensdag 8 November: Lees Filippense 2:5-8 Wat bedoel Paulus wanneer Hy sê dat Jesus sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou (het) as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie (vers 6)? Hoe het Christus se handelinge nederigheid en n besorgdheid oor die belange van ander gedemonstreer (vers 6 8)? Gebed: Here Jesus, ek dank U dat U aan die kruis gesterf het vir my sondes. Donderdag 9 November: Lees Filippense 2:6-11 In watter areas van jou lewe is die versoeking die grootste om verwaand of selfsugtig te wees? Hoe kan Christus se voorbeeld jou uitdaag om hierdie versoekings te weerstaan? Beskryf ons Hemelse Vader se reaksie op Jesus se nederigheid in jou eie woorde (vers 9 11). Gebed: Ek loof U en bely vandag saam met al die medegelowiges: Jesus Christus is die Here! 4

Vrydag 10 November: Lees Filippense 2:12-18 Paulus sê in vers 12 13 dat ons ons daarop moet toelê om as verlosde mense te lewe omdat dit God is wat ons gewillig en bekwaam maak om Sy wil uit te voer. Hoe hou hierdie idees verband? Hoe moet ons anders wees as die ontaarde en korrupte mense tussen wie ons lewe (vers 14 16)? Gebed: Heilige Gees, leer my om alles sonder kla of teëpraat te doen en leer my om bo verdenking en opreg te bly. Saterdag 11 November: Lees Filippense 2:19-30 In hierdie deel van die brief gee Paulus n oorsig oor sy toekomsplanne en verduidelik hy waarom hy Epafroditos terugstuur. Die gedeelte gee n paar pragtige voorbeelde van Christelike diens soos dit in die lewens van Timoteus, Epafroditos, Paulus en die Filippense sigbaar is. Wat geniet jy die meeste en die minste van diens aan ander? Hoe is Timoteus se lewe n voorbeeld van die gesindheid van Christus? (vers 19 23) Hoe is Christus se gesindheid duidelik in die verhoudings tussen Paulus, Epafroditos en die Filippense? (vers 25 30) Gebed: Hemelse Vader, ek loof U dat U mense stuur en toerus vir diens aan ander. Sondag 12 November: Preek - Filippense 2 Bespreek die preek by die huis: 1. Wat het jy geleer? 2. Waaroor wonder jy nog? 3. Waarvoor kan jy voorbidding doen? 4. Hoe gaan jy hierdie week die boodskap uitleef? Groepbesprekings Kleingroep Bybelstudiegroep Wyksbyeenkomste Kategese Lees: Filippense 2 Gee 5 minute dat elkeen rustig na die teks kan kyk. 5

Vertel wat jou ervaring van die afgelope paar dae se stiltetyd/- familietyd was. Watter vrae het jy nog? Ondersoek jou planne en doelwitte vir die komende week. Hoe kan jy jou eie belange in groter ooreenstemming met dié van Jesus Christus bring? Wat is n paar wyses waarop jy die mense om jou in die komende week prakties kan dien? Gebed: Bid dat Christus sal voortgaan om jou die hart van 'n dienaar te gee. Hoor of daar spesiale gebedsversoeke is en laat almal vir mekaar bid. Bid vir Stellenbosch-Wes gemeente. Paulus se raad aan die gemeente is om nie afgeskrik of geïntimideer te word deur teenstanders of dwaalleraars nie, maar vas te bly staan in die geloof. Die verwarring wat die Joodse tradisionaliste veroorsaak het en die versoeking waarvoor die vrysinniges hulle geplaas het, moes hulle juis motiveer tot groter gehoorsaamheid en getrouheid aan Christus. Stiltetyd en gesin Maandag 13 November: Lees Filippense 3:1-3 Die dwaalleraars wat Paulus beskryf, het geglo dat alle Christene streng volgens die Joodse wette en gebruike moet leef. Let op hoe Paulus hierdie mense satiries honde (vers 2, Ou Afrikaanse Vertaling) noem. Honde was n verkleinerende titel wat deur ortodokse Jode gebruik is om heidene, wat hulle as vyande van God beskou het, te beskryf. Deur die term so om te ruil, wys Paulus daarop dat dit dié dwaalleeraars is wat God se vyande is. Hoe verskil bly wees in die Here (vers 1) van ander redes vir bly wees? Waarom was die mense teen wie Paulus in vers 2 3 waarsku, so gevaarlik? Gebed: Heilige Gees, leer my om altyd bly te wees in die Here. Dinsdag 14 November: Lees Filippense 3:4-6 Stel Paulus die Fariseër (vers 4 6) teenoor Paulus die navolger van Christus (vers 7 11). Hoe het sy redes vir selfvertroue verander? 6

Het jy al ooit jou vertroue op iets gestel met die gedagte dat dit jou nader aan God sou bring, en nou beskou jy dit as verwerplik? Verduidelik. Gebed: Dankie Here dat U my leer om nie op uiterlike dinge te vertrou nie, maar net op U. Woensdag 15 November: Lees Filippense 3:7-11 Hoe kan elkeen van die ondervindings wat in vers 10 11 beskryf word, ons help om Christus beter te ken? Die krag van Sy opstanding verwys nie net na die krag wat Christus uit die dood opgewek het nie. Dit verwys ook na die krag van die opgestane Christus wat in elke gelowige se lewe werksaam is. Watter troos bied hierdie wete jou? Gebed: Here Jesus, ek wens vandag soos Paulus in Filippense 3, om U werklik te ken en die krag van U opstanding te ondervind. Donderdag 16 November: Lees Filippense 3:12-14 In vers 12 14 vergelyk Paulus homself met n atleet wat aan n wedloop deelneem. Waarom is dit so n gepaste beskrywing van die Christelike lewe? Na watter doel en prys strek Paulus hom toe uit? Gebed: Hemelse Vader, lei my deur U Gees om my daagliks in te span om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe U my geroep het in Christus Jesus. Vrydag 17 November: Lees Filippense 3:12-16 Paulus gee n baie spesifieke beskrywing van wat met geestelike volwassenheid (vers 15) bedoel word: dit beteken nie om volmaak te wees nie, maar om al hoe meer gekenmerk te word deur die kennis van Christus, en te leef uit die werklikheid dat Hy my reeds Syne gemaak het (vers 12). Wat beteken dit vir jou om te weet dat Jesus Christus jou reeds Syne gemaak het? Tot watter mate dink jy het jy reeds, of nog nie, Paulus se siening van die Christelike lewe aangeneem? (vers 12 16) Gebed: Dankie Here Jesus dat ek verseker kan weet dat ek aan U behoort. Saterdag 18 November: Lees Filippense 3:17-21 Paulus stel in vers 17 21 Christene teenoor vyande van die kruis. Wat is die bekommernisse en eindbestemming van elke groep? 7

Op watter spesifieke maniere kan jy begin om Paulus se voorbeeld in n groter mate na te volg? Gebed: Hemelse Vader, dankie vir die sekerheid dat ek 'n burger van die hemel is. Leer my om aan dié wete vas te hou wanneer die aardse bekommernisse my soms wil oorweldig. Sondag 19 November: Preek - Filippense 3 Bespreek die preek by die huis: 1. Wat het jy geleer? 2. Waaroor wonder jy nog? 3. Waarvoor kan jy voorbidding doen? 4. Hoe gaan jy hierdie week die boodskap uitleef? Groepbesprekings Kleingroep Bybelstudiegroep Wyksbyeenkomste Kategese Lees: Filippense 3 Gee 5 minute dat elkeen rustig na die teks kan kyk. Vertel wat jou ervaring van die afgelope paar dae se stiltetyd/ familietyd was. Watter vrae het jy nog? Paulus leer ons: Om Christus Jesus te ken, oortref alles in waarde. Is daar dinge in jou daaglikse lewe waaraan jy te veel waarde heg? Die voorbeeld wat Paulus vir hulle gestel het en waaraan hy sy hele lewe gewy het, was om Christus Jesus te ken (vers 10), en om deur Hom geken te word (vers 12). Dit oortref alles in waarde. Hoe laat hierdie wete jou voel? In vers 17 vra Paulus ons om sy voorbeeld te volg. Vat die maniere saam waarop hy in hierdie hoofstuk n voorbeeld vir ons is. Gebed: Bid dat die Heilige Gees aan jou 'n hart vol blydskap sal gee. Hoor of daar spesiale gebedsversoeke is en laat almal vir mekaar bid. Bid vir Stellenbosch-Wes gemeente. 8

9

Die stad Filippi is gestig 3 eeue voor Christus deur Fillips II en op hierdie stadium is daar net ruïnes oor. Een van die bekendste verse uit die boek Filippense vind n mens in hoofstuk 4:4: Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!. Maandag 20 November: Lees Filippense 4:1-3 Wat bedoel Paulus as hy sê: julle is my kroon? Wat beteken dit vir jou om vas te staan in jou geloof? Gebed: Bid dat die Here jou sal wys hoe om vas te bly staan in geloof. Dinsdag 21 November: Lees Filippense 4:4-7 Hoe bly n mens altyd bly? Het jy al vrede wat die verstand te bowe gaan, beleef? Gebed: Maak julle begeertes deur gebed en met danksegging bekend aan die Here. Woensdag 22 November: Lees Filippense 4:8-9 Op watter prysenswaardige saak rig jy jou gedagtes? Gebed: Dank die Here vir die vrede wat Hy wil gee. Donderdag 23 November: Lees Filippense 4:10-14 Kan jy net soos Paulus sê: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee? Is jy tevrede in enige situasie? Gebed: Bid vir mense wat honger ly en vra die Here waar jy kan help verligting bring. Vrydag 24 November: Lees Filippense 4:15-20 Gee maak ryk (vers 17). Het jy dit al ervaar? Hoe is Paulus so seker dat God in al hulle behoeftes ryklik sal voorsien? Gebed: Vra die Here wat jy vandag mag offer. 10

Saterdag 25 November: Lees Filippense 4:21-23 Wat beteken dit vir jou dat die genade van die Here Jesus by jou sal wees? Gebed: Dank die Here vir sy genade. Sondag 26 November: Preek - Filippense 4 Bespreek die preek by die huis: 1. Wat het jy geleer? 2. Waaroor wonder jy nog? 3. Wat kan jy in gebed met die Here bespreek? 4. Hoe gaan jy hierdie week die boodskap uitleef? Groepbesprekings Kleingroep Bybelstudiegroep Wyksbyeenkomste Kategese Laat iemand open met gebed en lees saam Filippense 4. Lees Openbaring 20:11-15 Paulus praat oor die boek van die lewe. Wat bedoel hy en Johannes met hierdie metafoor? In vers 6 moedig Paulus die gelowiges aan om hulle begeertes aan God bekend te maak. Hoe sal die gebed beantwoord word? Lees vers 7. Wat dink jy van daardie antwoord? Stelling: Christene is oor die algemeen gelukkiger mense as nie-christene. Stem jy saam? Bespreek hierdie stelling. Wat is vir jou die mooiste sin uit hoofstuk 4? Bespreek hoekom. Wat beteken vers 13 vir iemand wat swaar kry om watter rede ook al? Paulus praat in vers 19 van die wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. Wat bedoel hy daarmee? Gebed: Sluit af met gebed waarin elkeen die Here dank vir iets in hulle lewe. Dank die Here ook vir ons gemeente. 11

Wees altyd bly IN DIE HERE! Ek herhaal: Wees bly! FILIPPENSE 4:4 12