MUNISIPALITEIT SKULDBELEID 2016/2017

Vergelijkbare documenten
MUNISIPALITEIT KONTANT BESTUURS EN BELEGGINGS BELEID

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONTANT BESTUUR BELEID

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

HOOFSTUK 9 Regspleging

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

VOORSIENINGS KANAAL BESTUURS BELEID

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE MEMORANDUM

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Ouditdokumentasie GEYSER & DU PLESSIS. Geregistreerde Rekenmeesters & Ouditeure Registered Accountants & Auditors

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

EUROPA Trust Company 2

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

WET OP BEVORDERING VAN

Eerste jaarvergadering en konstitusie

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

KONSTITUSIE VAN ARSO

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

TERME EN VOORWAARDES

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

Eise Proses Die volgende eis-omstandighede en tydsbeperkings is van toepassing wanneer jy n eis teen jou Opknapper polis moet indien:

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MUNISIPALITEIT BEAUFORT-WES. Kennisgewing nr. 145/2005

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 REKENINGKUNDE ANTWOORDEBOEK

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 REKENINGKUNDE ANTWOORDEBOEK

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

4 Analisering en interpretering van die terugvoer uit die empiriese ondersoek

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

Les 14: Entrepreneurskap

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Transcriptie:

MUNISIPALITEIT SKULDBELEID 2016/2017 (HERSIEN EN NIE GEWYSIG)

INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING... 3 2. RAAMWERK VAN DIE BELEID... 3 3. DOELWITTE VAN DIE BELEID... 4 4. STANDAARD VAN SORG... 4 5. DELEGASIE VAN BEVOEGDHEID... 4 6. BESTUUR EN INTERNE KONTROLE PROSEDURES... 5 7. KONTANT BESTUUR... 6 8. SKULD... 7 9. HERSIENING VAN DIE BELEID... 14 2

Opsomming: Hierdie dokument beskryf Munisipale Skuld wat van toepassing is op MATZIKAMA Munisipaliteit gedetailleerd. SKULDBELEID VIR DIE MATZIKAMA MUNISIPALITEIT 1. INLEIDING In terme van Hoofstuk 6 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003), (Die Wet ) mag n munisipaliteit kort-en langtermynskuld aangaan, onder sekere voorwaardes. Die Matzikama Munisipaliteit benodig soms kontant vir die oorbrugging van korttermyntekorte of die finansiering van langtermynprojekte. Hierdie Skuldbeleid maak daarvoor voorsiening dat die munisipaliteit kort-en langtermynskuld mag aangaan en stel die voorwaardes vir die aangaan van sodanige skuld. Die Munisipale Raad het die onderstaande beleid oorweeg en goedgekeur as die Skuldbeleid waaraan alle rolspelers van die Munisipaliteit wat betrokke is by skuld moet voldoen. 2. RAAMWERK VAN DIE BELEID Ten einde deeglike en volhoubare bestuur van die skuld van die munisipaliteit te verseker, spreek hierdie beleid alle beginsels en prosesse ingesluit in skuld aan, en sluit in: Die doelwitte van die beleid; Standaard van sorg; Delegasie van bevoegdheid; Bestuur en interne kontrole prosedures; Kontant Bestuur Bestuur van Skuld Tipes Skuld Sekuriteit vir Skuld Goedkeuringsprosedures Koste van Skuld Kompeterede Seleksie van Aanbieding 3

Tipes Skuld en Finansieringsbronne Kommissie en Kostes Verbode Aktriwiteite Prestasie standaarde en meting; en Verslagdoening en monitor van vereistes Hersiening van die beleid. 3. DOELWITTE VAN DIE BELEID Die doelwitte van die beleid is om optimale prestasie met die laagste moontlike risiko te verseker, deur skuld van die munisipaliteit te bestuur en om deursigtigheid, rekenpligtigheid en toepaslike lyne van verantwoordelikheid in die proses te verseker. 4. STANDAARD VAN SORG Elke amptenaar in die proses gemoeid met skuld moet dit so doen met soveel oordeel en sorg, onder heersende omstandighede, soos n persoon van verstandigheid, diskressie en intelligensie sou uitoefen in die bestuur van haar of sy eie aangeleenthede en met sy of haar primêre doel die beskerming van die munisipaliteit se kontantbehoeftes, die munisipaliteit se belange by sy finansierders en in die algemeen die munisipaliteit se goeie naam. Spekulasie mag nie onderneem word in enige van die prosesse nie. 5. DELEGASIE VAN BEVOEGDHEID Die bestuur van al die kontant hulpbronne van die munisipaliteit is die verantwoordelikheid van die Munisipale Bestuurder wie, vir die behoorlike aanwending van die beleid, n toepaslike stelsel van delegasie moet ontwikkel wat beide administratiewe en operasionele effektiwiteit sal verseker en van geskikte kontroles en balansering in die bestuur van die kontant hulpbronne sal voorsien. Die Hoof Finansiële Beampte, soos skriftelik aangewys deur die Munisipale Bestuurder, moet die Munisipale Bestuurder adviseer oor die uitoefening van magte en pligte met betrekking tot die beleid en moet die Munisipale Bestuurder in die adminstrasie van die kontant hulpbronne, die bankrekeninge en die skuld rekeninge bystaan. Die Hoof Finansiële Beampte mag nie die plig om die Munisipale Bestuurder in die administrasie van die munisipaliteit se bank- en beleggings rekeninge by te staan, delegeer nie. 4

Die delegasie om geld uit die munisipaliteit se bank- of beleggingsrekeninge te onttrek mag slegs gegee word aan die Hoof Finansiële Beampte of enige ander senior finansiële amptenaar soos bepaal, in skrif, deur die Munisipale Bestuurder en waarvan n afskrif, geteken deur die Munisipale Bestuurder, gehou moet word met die amptelike stel delegasies van die munisipaliteit. Die Munisipale Bestuurder mag nie enige magte of pligte in die administrasie van die munisipaliteit se kontant hulpbronne aan enige politieke struktuur of raadslid delegeer nie en geen raadslid word toegelaat om in te meng of poog om in te meng in die bestuur van die munisipaliteit se kontant hulpbronne nie. Enige delegasie deur die Munisipale Bestuurder in terme van hierdie beleid: Moet in skrif wees Is onderhewig aan enige beperkinge en voorwaardes soos die Munisipale Bestuurder mag voorskryf Mag òf aan n spesifieke individu of aan die houer van n spesifieke pos in die munisipaliteit wees en mag nie aan n komitee van amptenare wees nie. Mag nie die Munisipale Bestuurder ontneem van die verantwoordelikheid met betrekking tot die uitoefening van die gedelegeerde magte of die prestasie van die gedelegeerde plig nie. Die Munisipale Bestuurder mag enige besluit wat geneem is as gevolg van n delegasie of subdelegasie in terme van hierdie beleid bevestig, wysig of herroep, maar geen so n wysiging of herroeping van n besluit mag afbreek doen aan enige regte wat sou voortspruit as gevolg van die besluit nie. Vir die aanwending van hierdie beleid sal enige verwysing na Munisipale Bestuurder ook beteken enige ander persoon wat waarneem onder n gedelegeerde mag of n funksie uitoefen soos gedelegeer deur die Munisipale Bestuurder in terme van paragraaf 5. 6. BESTUUR EN INTERNE KONTROLE PROSEDURES Die Munisipale Bestuurder, bygestaan deur die Hoof Finansiële Beampte, moet alle redelike stappe neem om te verseker: Dat die munisipaliteit n bestuurs-, rekeningkundige- en inligtingstelsel het en onderhou wat van alle skuld- rekeninge, kwitering-, onttrekkings-, - en skuldstransaksies rekenskap gee. Dat, in die geval van skuld, kostes verskuldig op n maandelikse basis bereken word. 5

Dat die munisipaliteit n stelsel van interne kontrole oor die bank en skuld rekeninge, kwitering, onttrekkings, en skuld transaksies in plek het en handhaaf. Die Interne Oudit afdeling moet die Munisipale Bestuurder adviseer asook evalueer en verslag doen oor nakoming van die bogenoemde, op ten minste n jaarlikse basis. 7. KONTANT BESTUUR Administrasie van Bankrekeninge Die Munisipale Bestuurder mag aparte beleggingsrekeninge vir doeleindes van die Eksterne Finansieringsfonds open. Die Munisipale Bestuurder is verantwoordelik vir die administrasie van die munisipaliteit se bankrekeninge, ingesluit die opening van die bankrekeninge, die aanwysing van die primêre bankrekening en alle bank- en onttrekkingsprosedures. Die bank rekening mag slegs beheer word in ooreenstemming met enige oudit voorskrifte asook enige wetlike vereistes soos voorgeskryf in die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 en in die besonder Hoofstuk 3 van die Wet asook Artikel 64 van die Wet. Die Munisipale Bestuurder mag die pligte, gekoppel aan die administrasie van die bankrekeninge, soos per paragraaf 5 van hierdie beleid delegeer, maar slegs aan die HFB. Bestuur van Kwitering Die Munisipale Bestuurder is verantwoordelik vir die administrasie van alle kwitering prosedures en moet alle redelike stappe neem om te verseker dat kwitering bestuur word in ooreenstemming met enige oudit voorskrifte asook enige wetlike vereistes soos voorgeskryf in die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 en in besonder Artikel 64 van die Wet. Die Munisipale Bestuurder mag die pligte, gekoppel aan kwitering, soos per paragraaf 5 van hierdie beleid delegeer. Bestuur van Uitgawes Die Munisipale Bestuurder is verantwoordelik vir die administrasie van alle uitgawe prosedures en moet alle redelike stappe neem om te verseker dat uitgawes beheer word in ooreenstemming met enige oudit voorskrifte asook enige wetlike vereistes ingesluit soos voorgeskryf in die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 en in besonder Artikel 65 van die Wet. 6

Die Munisipale Bestuurder mag die pligte, gekoppel aan uitgawes, soos per paragraaf 5 van hierdie beleid delegeer. Onttrekkings Die Munisipale Bestuurder is verantwoordelik vir die administrasie van alle onttrekkings prosedures en moet alle redelike stappe neem om te verseker dat onttrekkings beheer word in ooreenstemming met enige oudit voorskrifte asook enige wetlike vereistes ingesluit soos voorgeskryf in die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 en in besonder Artikel 11 van die Wet. Die Munisipale Bestuurder mag die pligte, gekoppel aan onttrekkings, soos per paragraaf 5 van hierdie beleid delegeer. 8. SKULD Bestuur van Skuld Die Munisipale Bestuurder is verantwoordelik vir die administrasie van alle skuld prosedures en moet alle redelike stappe neem om te verseker dat skuld beheer word in ooreenstemming met enige oudit voorskrifte asook enige wetlike vereistes ingesluit soos voorgeskryf in die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 en in besonder Hoofstuk 6 van die Wet. Die Munisipale Bestuurder mag die pligte, gekoppel aan beleggings, soos per paragraaf 5 van hierdie beleid delegeer. Skuld Etiek Alle amptenare betrokke by die skuldbestuursproses moet optree met getrouheid, eerlikheid, integriteit en in die beste belang van die munisipaliteit en moet daarna streef, binne die sfeer van invloed van die amptenare, om enige benadeling van skuld van die munisipaliteit en ander munisipaliteite se goeie naam en kredietwaardigheid te voorkom. Geen amptenare betrokke by die skuldbestuursproses mag sy of haar posisie of voorregte gebruik as, of vertroulike inligting verkry as, amptenare in die proses vir persoonlike voordeel of om onregmatige bevoordeling aan n ander persoon nie. Geen persoon wat gekontrakteer is deur die munisipaliteit vir die doel van skuld of geen persoon wat kwotasies voorlê, bie of enige ander middel van mededingende voorlegging maak mag, of direk of deur n verteenwoordiger of tussenpersoon/skakel n belofte, aanbod of 7

skenking maak van gasvryheid nie aan enige vergoeding, geskenk bo R 350, borg, lening, beurs, guns of Enige amptenaar, eggenoot/te of nabye familielid van sodanige amptenaar of eggenoot/te; Enige raadslid, eggenoot/te of nabye familielid van sodanige raadslid of eggenoot/te. Die Munisipale Bestuurder moet so gou doenlik aan die Burgemeester sowel as die Nasionale Tesourie enige beweerde oortreding van die bogenoemde rapporteer en mag ook aanbevelings maak of die beweerde oortredende party gelys moet word op die Nasionale Tesourie se databasis van persone wat verbied word om enige besigheid met die openbare sektor te doen. Enige so n verslag deur die Munisipale Bestuurder moet volledige besonderhede van die beweerde oortreding en n skriftelike antwoord vanaf die beweerde oortredende party, asook n bewys dat die beweerde oortredende party die aantuigings in skrif ontvang het en ten minste 7 (sewe) werksdae gegun is om te reageer op die aantuigings, bevat. Enige borg wat belowe, geoffer of toegeken is aan die munisipaliteit moet onmiddelik aan die Nasional Tesourie openbaar gemaak word. Tipes Skuld 8.3.1 Korttermynskuld Ten einde te verseker dat die munisipaliteit oor genoegsame kontant beskik om die oogmerke van plaaslike regering, soos vervat in Artikel 152 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet No 108 van 1996), na te kom, is dit soms nodig om korttermynfinansiering te bekom ten einde kontanttekorte in n finansiële jaar aan te spreek vir die oorbrugging van bedryfs- en/of tydelike kapitaal finansiering. Korttermynskuld mag aangegaan word slegs indien die Raad daarvan oortuig is dat dit gedurende die finansiële jaar terugbetaal sal kan word en moet enige verslag na die Raad vir goedkeuring van n korttermynskuldooreenkoms aandui hoe en waanneer dit terugbetaal sal word, met spesifieke verwysing na die voorwaardes gestel in Artikel 45 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur (Wet No 56 van 2003). Geen skuldooreenkoms vir korttermynskuld mag aangegaan word vir n periode wat verstryk na die einde van die finansiële jaar waarin dit aangegaan word nie. Die Munisipale Bestuurder moet, as deel van die begrotingsprosesse, bepaal of die Raad n nuwe korttermynskuldooreenkoms vir die nuwe finansiële jaar sal moet aangaan en betyds sodanige stappe neem om te versker dat die Raad die skuldooreenkoms kan oorweeg voor die datum waarop die Raad korttermynkontant sal benodig. 8

By oorweging van die kontantvloeiposisie van die Munisipaliteit moet voorsiening daarvoor gemaak word dat noodsituasies addisionele kontantreserwes mag benodig en moet dit in gedagte gehou word om te bepaal of die Raad korttermynskuld sal moet aangaan. Niks vehinder die Munisipale Bestuurder om, indien dit blyk dat daar gedurende die finansiële jaar n kontanttekort ontstaan, by die Raad goedkeuring te verkry vir die aangaan van korttermynskuld nie, maar indien dit nie terugbetaal sal kan word in dieselfde finansiële jaar nie as gevolg van onder prestasie in terme van kredietbeheer of oorbestedings, sal die Raad nie n ooreenkoms vir korttermynskuld kan goedkeur nie. Die voorwaardes, gestel in Hoofstuk 6 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiele Bestuur, 2003 (Wet No 56 van 2003), moet te alle tye nagekom word deur die Munisipale Bestuurder. 8.3.2 Langtermynskuld vir Batefinansiering Die Raad het n verpligting om bates aan te skaf en te onderhou ten einde dienslewering te verseker en is dit nie altyd moontlik vir die Raad om hierdie bates uit eie kontantreserwes aan te skaf nie. Dit is vir hierdie doel dat die Raad langtermynskuld mag aangaan. Geen kapitaalprojekte mag aangegaan word alvorens die befondsingsbronne oorweeg, goedgekeur en beskikbaar is nie. Vir die doeleindes hiervan beteken beskikbaar n wettiglik afdwingbare dokument in die munisipaliteit se besit wat die befondsing waarborg. Korttermyn oorbruggingskuld vir kapitaal spandering kan aangegaan word in afwagting op die uitbetaling van die langtermynskuld, mits die langtermynskuld beskikbaar is en die voorwaardes vir die aangaan van korttermynskuld, soos per par.8.3.1. hierbo, nagekom is. Die koste van bates waarvoor langtermynskuld aangegaan mag word sluit gekapitaliseerde rente vir n redelike tyd, koste van sekuriteite, finansieringskostes, advertensie-, regs-, advies-, trustee-, kredietgraderings en ander kostes vir finansiering, professionele dienste sover dit direk van toepassing is op die projek en ander kostes wat die Minister van Finansies mag goedkeur, in. Die termyne van terugbetaling van enige skuld moet bereken word ooreenkomstig die verwagte lewensdure van die bates wat daarmee aangekoop sal word. Geen langtermynskuld mag aangegaan word indien dit nie versoenbaar is met die munisipaliteit se kapitaalbegroting nie, uitgesluit vir herfinansiering. 9

8.3.3 Langtermynskuld Herfinansiering Die munisipaliteit word, in terme van Artikel 46(5) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003, toegelaat om lantermyn skuld te herfinansier met die doel om te spaar op die koste van skuld. Die Munisipale Bestuurder moet, vir hierdie doel, ten minste jaarliks en as deel van die begrotingsproses evalueer en verslag doen aan die Raad oor die koste van bestaande skuld en of die herfinansiering van sodanige skuld tot voordeel vir die munisipaliteit sal wees. As deel van die evaluasie moet die Munisipale Bestuurder die tipes terugbetalings bepaal en of eenmalige betalings aan die einde van die skuld periode en die redelike bepaalde netto koste daarvan nie meer voordelig vir die Raad sal wees nie indien die terugbetalings belê word in delgingsfondse en die redelike voorgenome opbrengs op die beleggings in berekening gebring word. Enige herfinansiering mag slegs aangegaan word vir langtermynskuld wat in die verlede wettiglik aangegaan was en met die verdere voorwaarde dat die leningstydperk nie die verwagte lewensduur van die bates wat daarmee gefinansier word, sal oorskry nie. 8.4 Sekuriteit vir Skuld Dit is algemene praktyk dat beleggers of finansierders sekuriteit verlang vir die toestaan van lenings. Die munisipaliteit kan sekuriteit gee vir die opneem van skuld, wat enige van die vorme van sekuriteit, soos gestel in Artikel 48 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003, kan wees, maar sal die Raad elke vorm van sekuriteit afsonderlik oorweeg saam met die skuldooreenkoms. 8.5 Prosedures vir die Goedkeuring van Skuld en Sekuriteit vir Skuld Die prosedures vir die goedkeuring van skuld en sekuriteit vir skuld is soos bepaal in Hoofstuk 6 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003. Vir volledigheidshalwe vir hierdie beleid word dit hieronder weergegee: 8.5.1 Korttermynskuld 45 (2) n Munisipaliteit mag korttermynskuld aangaan slegs indien- (a) n resolusie van die munisipale raad, onderteken deur die burgemeester, die skuldooreenkoms goedgekeur het; en (b) die rekenpligtige beampte die ooreenkoms of ander dokument wat die skuld skep of erken, onderteken het 10

8.5.2 Langtermynskuld en skuldherfinansiering 46 (2) n Munisipaliteit mag langtermynskuld aangaan slegs indien- (a) n resolusie van die munisipale raad, onderteken deur die burgemeester, die skuldooreenkoms goedgekeur het; en (b) die rekenpligtige beampte die ooreenkoms of ander dokument wat die skuld skep of erken, onderteken het (3) n Munisipaliteit kan langtermynskuld aangaan slegs indien die rekenpligtige beampte van die munisipaliteit ooreenkomstig artikel 21A van die Wet op Munisipale Stelsels- (i) ten minste 21 dae voor die vergadering van die Raad waarop goedkeuring vir die skuld oorweeg staan te word, n inligtingstaat openbaar gemaak het wat besonderhede van die voorgestelde skuld uiteensit, met inbegrip van die bedrag van die voorgestelde skuld, die doeleindes waarvoor die skuld aangegaan word en besonderhede van enige sekuriteit wat verskaf moet word; en (ii) die publiek, die Nasionale Tesourie en die betrokke provinsiale tesourie uitgenooi het om skriftelike kommentaar of vertoë met betrekking tot die voorgestelde skuld aan die raad voor lê; en (b) ten minste 21 dae voor die vergadering van die raad n afskrif van die inligtingstaat aan die munisipale raad voorgelê het, saam met besonderhede van-- (i) die wesenlike terugbetalingsbepalings, met inbegrip van die verwagte skuldterugbetalingsrooster; en (ii) die verwagte totale koste verbonde aan sodanige skuld oor die terugbetalingsperiode heen 8.5.3 Sekuriteite vir Skuld 48 (3) n Raadsresolusie wat die verskaffing van sekuriteit ingevolge subartikel (2) (a) magtig- (a) moet bepaal of die bate of reg met betrekking waartoe die sekuriteit gestel word, vir die verskaffing van daardie minimum vlak van basiese munisipale dienste benodig word; en (b) indien wel, moet die wyse aandui waarop die beskikbaarheid van die bate of reg met die oog op die verskaffing van hierdie minimum vlak van basiese munisipale dienste beskerm sal word. (4) Indien die resolusie bepaal het dat die bate of reg benodig word vir die verskaffing van die minimum vlak van basiese munisipale dienste, mag 11

nóg die party aan wie die munisipale sekuriteit verskaf word, nóg enige opvolger of gevolmagtigde van sondanige party, in die geval van wanprestasie deur die munisipaliteit, met die bate of reg handel op n wyse wat die voortsetting van daardie minimum vlak van basiese munisipale dienste sal verhinder of belemmer. (5) n Bepaling ingevloge subartikel (3) dat n bate of reg nie benodig word vir die veskaffing van die minimum vlak van basiese munisipale dienste nie, is bindend op die munisipaliteit todat die gesekureerde skuld ten volle afbetaal is of die gesekureerde verpligtinge ten volle nagekom is, na gelang van wat toepaslik mag wees 8.6 Koste van Skuld Die munisipaliteit moet daarteen waak dat die koste van langtermynskuld nie tot so n vlak styg dat dit n buitengewone negatiewe uitwerking op tariewe of ander munisipale kostes soos onderhoud het nie. Die maksimum persentasie van die bedryfsbegroting vir die terugbetaling van skuld moet bereken word in die munisipaliteit se langtermynbegroting, met deeglike inageming van die behoeftes geïdentifiseer in die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan, die koste van nuwe- of die vervanging van bestaande infrastruktuur en toerusting en ander administratiewe behoeftes. 8.7 Kompeterende Seleksie van Aanbiedinge Die Munisipale Bestuurder moet die prosesse, soos vervat in die munisipaliteit se Voorsieningskanaal Bestuursbeleid, volg vir die opneem van skuld. Vir doeleindes van puntetoekenning in terme van kostes moet die verwagte renteskuld oor die volle termyn van die voorgenome skuldooreenkoms bereken word en dit as basis gebruik word vir die 80/20 of 90/10 toedelings. 8.8 Tipes Skuld en Finansieringsbronne Die tipes skuld wat aangegaan kan word en finansieringsbronne waar die skuld aangegaan kan word is as volg: 8.8.1 Korttermyn Tipes Skuld Oortrokke Bankrekening Korttermyn Lenings Bemarkbare Verbande Nie- Bemarkbare Verbande Bankiers se Aksepsertifikate Ander Sekuriteite 12

8.8.2 Langtermyn Tipes Skuld Langtermyn Lenings Paaiement Krediete Finansierings Bruikhuur Bermarkbare Verbande Nie Bemarkbare Verbande Bankiers se Aksepsertifikate Ander Sekuriteite 8.8.3 Finansieringsbronne Algeme Publiek Banke Ontwikkelings Bank van Suid-Afrika Infrastruktuur Finansierings Korporasie Openbare Beleggings Kommissarisse Versekerings Maatskappye Munisipale Pensioenfondse Ander Publieke Pensioenfondse Effekte Trusts Interne Fondse Ander Bronne 8.9 Kommissie of Koste Geen kommissie vir skuld gemaak of verwys is betaalbaar aan n amptenaar of raadslid, of eggenoot/te, besigheids vennoot of nabye familielid van n amptenaar of raadslid deur n instelling, beleggers of finansierders nie. Enige kommissie, ander vergoeding of koste betaal aan enige persoon deur n instelling moet verklaar word aan die munisipaliteit deur die instelling deur middel van n sertifikaat. Enige kwotasie/tender aan die munisipaliteit gegee deur n instelling moet netto van koste, belonings of kommissie wees, maar moet ook kommissie, belonings of koste aandui wat ten opsigte van die skuld betaal sal word. 8.10 Prestasie Die Munisipale Bestuurder moet jaarliks meet en rapporteer aan die Raad oor die prestasie van die Munisipaliteit se skuld in terme van die gestipuleerde doelwitte van hierdie beleid. 13

8.11 Verbode Aktiwiteite Geen skuld mag gemaak word anders as in die naam van die munisipaliteit nie. Geld mag nie geleen word vir die doel van beleggings nie. Geen persoon, insluitend amptenare en raadslede, mag inmeng of poog om in te meng in die bestuur van skuld toevertrou aan die Munisipale Bestuurder of persone gedelegeer deur die Munisipale Bestuurder nie. Geen skuld mag gemaak word anders as gedenomineer in Rand nie, en wat nie gekoppel is, of geaffekteer word, deur enige wisseling in die waarde van die Rand teenoor enige buitelandse betaalmiddel nie. Geen skuld mag gemaak word vir uitgawes wat nie verband hou met die funksies en bevoeghede van die munisipaliteit nie. 8.12 Verslagdoening Die Munisipale Bestuurder moet, binne 10 werksdae na die einde van elke kwartaal n verslag aan die Burgemeester indien wat in detail die skuld portefeulje van die munisipaliteit soos aan die einde van die vorige kwartaal, weergee. Die bogenoemde verslag moet in die formaat wees wat deur die Nasionale Tesourie vereis word vir rapportering en monitering van skuld, soos vervat in die Nasionale Tesourie se skrywe van 7 Februarie 2005, soos van tyd tot tyd gewysig. 9. HERSIENING VAN DIE BELEID Hierdie Skuldbeleid is die enigste beleid wat heers oor skuld in die munisipaliteit. Enige hersiening van hierdie beleid moet deur die Munisipale Raad goedgekeur word. Die Burgemeester moet enige voorgestelde veranderinge aan hierdie beleid aan die Raad voorlê as deel van die jaarlikse hersiening van beleide voorgelê met die begrotings dokumentasie. Wanneer ookal die Minister van Finansies of die Nasionale Tesourie of die Ouditeur- Generaal enige veranderinge aan die beleid vereis deur middel van wetgewing of versoeke moet dit so gou doenlik hersien word ooreenkomstig sulke vereistes, wat die volle besonderhede van die redes vir die hersiening verskaf. 14