GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Vergelijkbare documenten
Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN PRIMêRE SKOOL GERT MARITZ INGEVOLGE ARTIKEL 18 VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, 1996 (84 VAN 1966) AANHEF

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

GEDRAGSKODE. Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

2015 AKADEMIESE JAAR

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

HOOFSTUK 9 Regspleging

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

DISSIPLINêRE KODE REGLEMENT INSAKE DISSIPLINêRE OPTREDE TEEN PERSONEEL

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

WET OP BEVORDERING VAN

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Pre-Graad R / Graad R

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

KONSTITUSIE VAN ARSO

WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VIR OPVOEDERS 31 VAN 2000 [GOEDGEKEUR OP 26 JULIE 2000] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 AUGUSTUS 2000]

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Dissiplinêre kode: Reglement insake dissiplinêre optrede teen personeel

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

1 Woordomskrywings Onbehoorlike gedrag en strawwe Metode van ondersoek van bewerings van onbehoorlike gedrag 3-6

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

WAT BEHELS ONDERHOUD?... 1 WANNEER MOET EK ONDERHOUD EIS?... 1 HOE GAAN EK TE WERK OM ONDERHOUD TE EIS?... 1 VERLOOP VAN DIE PROSES:...

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

Laerskool Stellenbosch

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

Eerste jaarvergadering en konstitusie

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

2019 Van Riebeecklaan, Kenridge, 7550 Tel: / 7 Faks: e-pos:

DISSIPLINêRE KODE VIR LEDE VAN DIE BOSVELD JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH. Grondwet. Konsep. Datum van inwerkingtrede:

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

REGTE VAN OPVOEDERS. Die Wet en bylaes reguleer die bepalings met betrekking direkte dienslewering en gedrag van die opvoeder in die werkplek.

Slegs vir kantoorgebruik. Leerderbesonderhede

HOËRSKOOL OOS-MOOT AANHANGSEL TOT GEDRAGSKODE

VERWYSINGSGIDS VIR SOLIDARITEIT VERTEENWOORDIGERS

DISSIPLINÊRE BELEID. Prosedure vir die hantering van Kategorie A-oortredings.

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET 84 VAN 1996 [GOEDGEKEUR OP 6 NOVEMBER 1996][DATUM VAN INWERKINGTREDING: 1 JANUARIE 1997] (Engelse teks deur die President

Naskool Tel:

Transcriptie:

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM AANVAAR: Bladsy 1 van 11

GOUDVELD-HOëRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM Nademaal die beheerliggaam van Goudveld-Hoërskool as n statutêre liggaam funksioneer volgens n grondwet wat ingevolge artikel 19 van die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) gemaak is; en nademaal die grondwet van die beheerliggaam voorsiening maak vir die aanvaarding van n afdwingbare gedragskode vir sy lede en dit juridies moontlik is om so n gedragskode te aanvaar en af te dwing; en nademaal die beheerliggaam besluit het dat dit noodsaaklik is dat die gedrag van al sy lede voortaan volgens so n kode gereguleer word, is die volgende as die gedragskode van die Beheerliggaam van Goudveld-Hoërskool goedgekeur: 1. WOORDOMSKRYWING EN DEFINISIES 1.1 In hierdie dokument, tensy anders bepaal of uit die samehang anders blyk 1.1.1 het woorde en uitdrukkings dieselfde betekenis as in die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996); 1.1.2 sluit die enkelvoud die meervoud in en omgekeerd; 1.1.3 sluit n verwysing na die manlike vorm die vroulike vorm in en omgekeerd; 1.1.4 beteken (a) beheerliggaam die beheerliggaam van die skool soos voorsien in artikel 16 van die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996), uitsluitend enige komitee van die beheerliggaam; (b) (c) (d) (e) (f) (g) gedragskode die gedragskode in hierdie dokument vervat en enige wysigings daarvan deur die beheerliggaam goedgekeur; grondwet die grondwet van die beheerliggaam; lid n lid van die beheerliggaam; media ook n persoon of instansie wat die radio, televisie, n koerant, tydskrif, nuusbrief, pamflet, omsendbrief, elektroniese pos of die internet gebruik om inligting, nuus of menings te publiseer of te versprei; ondervoorsitter die ondervoorsitter van die beheerliggaam; Skolewet die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) en enige maatreël daarkragtens uitgevaardig wat die krag van wet het; Bladsy 2 van 11

(h) (i) (j) provinsiale wet die provinsiale onderwyswet wat van toepassing is op die skool en enige maatreël daarkragtens uitgevaardig wat die krag van wet het; skool soos deur die skolewet bepaal; skoolhoof die prinsipaal van die skool soos bedoel in die Suid-Afrikaanse Skolewet, asook n opvoeder by die skool wat met goedkeuring van die skoolhoof en die beheerliggaam namens die skoolhoof handel; (k) voorsitter die voorsitter van die beheerliggaam, of iemand wat as voorsitter by n vergadering van die beheerliggaam optree; (l) wangedrag n handeling of versuim soos in artikel 9 bedoel. 1.2 Die opskrif by elke artikel van die gedragskode is slegs om redaksionele redes ingevoeg en word nie gebruik by die uitleg van die betrokke bepaling nie. 1.3 By die uitleg van n bepaling in die gedragskode moet voorkeur gegee word aan enige redelike uitleg wat sal verseker dat die betrokke bepaling bestaanbaar is met die Handves van Regte in die Grondwet (Wet 108 van 1996), n toepaslike bepaling van die Skolewet en n provinsiale wet, bo enige alternatiewe uitleg wat n teenstrydigheid met een of meer van die vermelde bepalings tot gevolg sal hê. 2. BINDENDE AARD 2.1 Elke lid van die beheerliggaam moet so gou as moontlik na ampsaanvaarding sy of haar onvoorwaardelike gebondenheid aan die gedragskode skriftelik bevestig deur n afskrif van die bevestigingsdokument te onderteken wat hierby as Bylae A aangeheg is. 2.2 Deur sy of haar ondertekening van Bylae A onderneem elke lid om te alle tye streng by die voorskrifte van die gedragskode te hou en ook om mee te werk tot enige ondersoek- en dissiplinêre prosedures waarvoor die gedragskode voorsiening maak. 2.3 n Lid onderneem deur sy of haar ondertekening van Bylae A om enige straf of sanksie wat ingevolge die gedragskode vir wangedrag opgelê is, te aanvaar en regtens daaraan gebonde te wees. 3. ALGEMENE PLIGTE EN GEDRAGSNORME Elke lid van die beheerliggaam is verplig om 3.1 te alle tye die beste belange van die skool te bevorder en hom of haar te weerhou van enige handeling of versuim wat die beste belange van die skool benadeel of waarskynlik kan benadeel; 3.2 al sy of haar werksaamhede as lid op n verantwoordelike, verstandige en betroubare wyse te verrig wat die beheerliggaam en die skool tot eer en voordeel strek; Bladsy 3 van 11

3.3 te alle tye binne sy of haar vermoë mee te werk of te verseker dat die beheerliggaam al sy verpligtinge en werksaamhede volgens die geldende reg en die grondwet nakom of verrig; 3.4 geen handeling of versuim te verrig wat die goeie naam, die regte of die statutêre rol in die onderwys van die beheerliggaam, n persoon in diens by die skool, of n leerder of ouer van die skool, onredelikerwys benadeel of waarskynlik kan benadeel nie; 3.5 geen handeling of versuim te verrig wat die vertrouensplig van die beheerliggaam teenoor die skool skend of waarskynlik kan skend nie; 3.6 geen handeling te verrig wat bereken is om enige ander lid van die beheerliggaam of n komitee van die beheerliggaam op n onbehoorlike wyse te beïnvloed of te probeer beweeg tot n handeling of versuim wat teenstrydig met n bepaling van die gedragskode is nie; 3.7 geen handeling te verrig wat bereken is om op n onbehoorlike wyse in te meng met die verrigting van die wetlike werksaamhede van enige ander lid of n komitee van die beheerliggaam nie. 3.8 Geen handeling te verrig wat bereken is om enige lid, persoon of komitee in artikel 10 bedoel, onbehoorlik te beïnvloed of te verhinder of te belemmer in die uitvoering van enige werksaamheid of die neem van enige besluit ingevolge die betrokke artikel nie; 3.9 Teenwoordig te wees by en teenwoordig te bly by enige verrigtinge ingevolge artikel 10.10. 4. VERGADERINGS Elke lid van die beheerliggaam is verplig om 4.1 alle vergaderings van die beheerliggaam vir die volle duur daarvan by te woon, tensy hy of sy n geldige verskoning vir afwesigheid het en redelike kennis hiervan aan die voorsitter gegee het, of tensy die lid ingevolge artikel 11 geskors is; 4.2 tydens alle vergaderings van die beheerliggaam so op te tree dat dit die waardigheid en die wettige werksaamhede van die beheerliggaam en die lede daarvan bevorder; 4.3 tydens alle vergaderings van die beheerliggaam te handel ooreenkomstig die toepaslike bepalings van die grondwet, die beslissings of aanwysings van die voorsitter van die vergadering en die erkende reëls wat vergaderingsprosedure reguleer en wat van toepassing is; 4.4 hom of haar behoorlik vir alle vergaderings van die beheerliggaam voor te berei; 4.5 n werksaamheid, funksie of plig wat hy of sy by of tydens so n vergadering as n lid moet verrig, of uitvoer, behoorlik en met die nodige bekwaamheid te verrig of uit te voer; 4.6 hom of haar te weerhou van enige handeling of versuim wat n vergadering van die beheerliggaam ontwrig of kan ontwrig of wat die verrigtinge van die vergadering onbehoorlik vertraag of bemoeilik. 5. FINANSIëLE AANGELEENTHEDE Bladsy 4 van 11

Elke lid van die beheerliggaam is te alle tye verplig om in sy of haar hoedanigheid as so n lid 5.1 die hoogste goeie trou en eerlikheid aan die dag te lê in die hantering, bestuur of gebruik van, of besluitneming oor enige geld, verhandelbare dokumente of enige roerende of onroerende bates, eiendom, artikels of dokumentasie wat aan die skool behoort of waarin die skool n direkte of indirekte finansiële belang het; 5.2 alles in sy of haar vermoë te doen om te verseker dat die finansiële hulpbronne of middele van die skool nie verkwis word of op n onekonomiese, onoordeelkundige of oneerlike wyse deur enigiemand bestuur of gebruik word nie; 5.3 alles in sy of haar vermoë te doen om te verseker dat met die geld en ander bates of voorwerpe in artikel 5.1 (hierbo verwys) deurgaans gehandel word volgens die toepaslike regsreëls, finansiële beleid en prosedures, en erkende rekenkundige praktyk; 5.4 alles in sy of haar vermoë te doen om te verseker dat die banksake van die skool deurgaans volgens die toepaslike beleid en norme bestuur of bedryf word; 5.5 nie sy of haar posisie te gebruik ten einde n behoorlike, ontoelaatbare of onverdiende geldelike voordeel te bekom of te probeer bekom of enige ander persoon n onbehoorlike of onverdiende geldelike voordeel te laat toekom nie; 5.6 betyds voldoende inligting aan die beheerliggaam te verskaf voordat enige besluit deur die beheerliggaam geneem word waarby hy of sy, of n lid van sy of haar huishouding of familie, n finansiële belang het; 5.7 al die vereistes of prosedures wat geld ten opsigte van die terugbetaling van noodsaaklike onkoste deur hom of haar aangegaan in die uitvoering van sy of haar pligte of werksaamhede as n lid, stiptelik nakom of aan voldoen. 6. VERTROULIKE INLIGTING Vir die doeleindes van hierdie artikel beteken die uitdrukking vertroulike inligting ook enige inligting wat volgens n besluit van die beheerliggaam as vertroulike inligting behandel moet word; 6.1 Elke lid van die beheerliggaam is te alle tye verplig om 6.1.1 vertroulike inligting of dokumentasie wat hy of sy in die loop van sy of haar werksaamhede as n lid verkry het, nie aan enigeen te openbaar nie behalwe waar die reg sodanige openbaringmaking vereis of toelaat, of met die goedkeuring van die beheerliggaam of die voorsitter; 6.1.2 nie enige vertroulike inligting of dokumentasie wat hy of sy in die loop van sy of haar werksaamhede as n lid verkry het, te gebruik vir enige onbehoorlike doel, of met onbehoorlike motiewe of op onbehoorlike wyse nie. 7. VERKLARINGS EN INLIGTING AAN DIE MEDIA EN ANDER KOMMUNIKASIES Bladsy 5 van 11

7.1 n Lid van die beheerliggaam mag nie n verklaring aan die media maak of inligting aan die media gee of meewerk tot die maak van so n verklaring of die gee van inligting, ten aansien van enige aangeleentheid wat betrekking het op die skool, die beheerliggaam en sy werksaamhede, die lede van die beheerliggaam, n ouer of leerder by die skool, of n persoon in diens by die skool nie, tensy dit geskied ooreenkomstig die beheerliggaam se goedgekeurde beleid of reëls ten aansien van verklarings aan die media. 7.2 n Lid van die beheerliggaam mag nie enige valse gerug of bewering ten aansien van die beheerliggaam, n lid van die beheerliggaam, die skool, enige persoon in diens van die skool, enige leerder of ouer van die skool kommunikeer, versprei of meewerk tot die verspreiding daarvan nie. 8. OPTREDE TEN OPSIGTE VAN PERSONEEL BY DIE SKOOL Elke lid van die beheerliggaam moet te alle tye 8.1 binne sy of haar vermoë die prinsipaal en ander personeel van die skool alle redelike ondersteuning verleen soos deur die Skolewet bedoel in die verrigting van hul professionele werksaamhede; 8.2 hom of haar weerhou van enige handeling of versuim wat sou neerkom op ongeoorloofde of onbehoorlike inmenging deur hom of haar in die professionele bestuur of werksaamhede van die skool; 8.3 hom of haar weerhou van enige onbehoorlike inmenging met die werksaamhede, of die misbruik of gepoogde misbruik van enige nie-opvoeder wat by die skool in diens is. 9. WANGEDRAG n Lid van die beheerliggaam is aan wangedrag skuldig indien hy of sy - 9.1 enige bepaling of verpligting in die gedragskode vermeld, oortree of versuim om daaraan te voldoen; 9.2 enige gemeenregtelike of statutêre misdryf of oortreding pleeg wat direk met sy of haar posisie as lid van die beheerliggaam verband hou, of die verrigting van sy of haar werksaamhede as so n lid, of die skool of beheerliggaam nadelig beïnvloed of kan beïnvloed. 10. PROSEDURE BY BEWEERDE WANGEDRAG 10.1 In hierdie artikel, tensy anders bepaal of uit die samehang anders blyk, beteken: (a) (b) beheerliggaam ook n persoon of komitee deur die beheerliggaam aangewys, hetsy in die algemeen of vir n besondere doel, om namens die beheerliggaam op te tree in aangeleenthede ingevolge hierdie artikel; dissiplinêre komitee n onpartydige lid of lede van die beheerliggaam, of enige ander kundige en onpartydige persoon of persone, deur die beheerliggaam Bladsy 6 van 11

aangewys om n bewering van wangedrag deur n lid van die beheerliggaam te ondersoek. 10.2 n Bewering oor wangedrag van n lid van die beheerliggaam word behoudens artikel 10.3, by die voorsitter of iemand anders deur die beheerliggaam vir hierdie doel aangewys, ingedien. 10.3 n Bewering oor wangedrag van die voorsitter word by die prinsipaal of die onder-voorsitter ingedien. 10.4 So gou moontlik na ontvangs van n klagte oor beweerde wangedrag moet die persoon by wie die klagte ingedien is, nagaan en ondersoek doen of laat doen of die bewerings in die klagte vervat in die lig van die beskikbare of verdere inligting of getuienis aandui dat daar redelike gronde is om te vermoed dat die betrokke lid van die beheerliggaam moontlik aan wangedrag skuldig is. 10.5 Indien dit na die proses in artikel 10.4 blyk dat daar nie redelike gronde bestaan om te vermoed dat die betrokke lid moontlik aan wangedrag skuldig is nie, moet die betrokke persoon hierdie bevinding, met die redes daarvoor, op skrif stel en by die eersvolgende vergadering van die beheerliggaam ter tafel lê. 10.6 Indien dit na die proses in artikel 10.4 blyk dat daar redelike gronde bestaan om te vermoed dat die betrokke lid aan wangedrag skuldig is, moet die betrokke persoon of iemand vir hierdie doel deur die beheerliggaam aangewys 10.6.1 n klagstaat opstel of laat opstel waarin die wesenlike bewerings oor die beweerde wangedrag vervat word; en 10.6.2 n kernagtige opsomming voorberei of laat voorberei van al die beskikbare getuienis wat die bewerings in die klagstaat ondersteun. 10.7 Die beheerliggaam oorweeg so gou as moontlik die klagstaat en opsomming van getuienis in artikel 10.6 bedoel. 10.8 Na oorweging van die klagstaat en opsomming van getuienis in artikel 10.6 bedoel, kan die beheerliggaam 10.8.1 beslis dat die aangeleentheid verder ondersoek moet word en daarna opnuut vir oorweging aan hom voorgelê moet word; 10.8.2 gelas dat geen verdere stappe geneem word nie; 10.8.3 gelas dat n dissiplinêre ondersoek ten opsigte van die bewerings in die klagstaat moet plaasvind; of 10.8.4 enige ander besluit neem wat in die omstandighede nodig of gepas mag wees. 10.9 Waar die beheerliggaam n lasgeding in artikel 10.8.3 bedoel uitreik, gee hy opdrag dat n ondersoek ten opsigte van die beweerde wangedrag deur n dissiplinêre komitee moet plaasvind. 10.10 Die dissiplinêre komitee volg n billike prosedure in enige ondersoek van beweerde wangedrag wat ingevolge artikel 10.8.3 gelas is deur onder meer die volgende beginsels na te kom: Bladsy 7 van 11

10.10.1 Die ondersoek hoef nie n formele ondersoek te wees nie en die prosedure daarvan word deur die dissiplinêre komitee self bepaal. 10.10.2 Die dissiplinêre komitee kan na goeddunke n pro forma aanklaer aanwys om getuienis aan te bied of met die aanbieding daarvan behulpsaam te wees. 10.10.3 Die dissiplinêre komitee kan enige getuienis wat deur hom as relevant beskou word, ontvang, bekom, verlang of aanhoor. 10.10.4 Die lid moet redelike kennis van die ondersoek kry en betyds voorsien word van n afskrif van die klagstaat en die opsomming in artikel 10.6 bedoel, in n taal wat die lid kan verstaan. 10.10.5 Die lid moet n redelike geleentheid gegun word om n saak te stel, te antwoord op die bewerings van wangedrag en al die getuienis wat dit ondersteun. 10.10.6 Die lid is geregtig om enige relevante getuienis aan te bied en enige getuie wat nie deur hom of haar geroep is nie, te kruisondervra. 10.10.7 Die lid is net geregtig op die bystand van n professionele regspraktisyn tydens die ondersoek, of om deur so n praktisyn by die ondersoek verteenwoordig te word op voorwaarde dat die lid self die koste van sodanige bystand en/of verteenwoordiging sal dra. 10.10.8 Indien n lid die ondersoek nie wil bywoon nie, of versuim om op te daag nadat hy of sy behoorlik kennis gekry het, of versuim om aanwesig te bly tydens die ondersoek, of die dissiplinêre komitee om n goeie rede beslis dat sodanige aanwesigheid die ondersoek onredelik kan belemmer, kan die ondersoek in die afwesigheid van die lid plaasvind. 10.11 Indien n lid sy of haar skuld aan wangedrag erken, kan die dissiplinêre komitee hom of haar skuldig bevind sonder om enige verdere getuienis te oorweeg. 10.12 Waar die dissiplinêre komitee na oorweging van al die relevante getuienis oortuig is op n oorwig van waarskynlikheid dat n lid aan wangedrag skuldig is soos in die klagstaat beweer, moet die lid aldus skuldig bevind word. 10.13 Na skuldigbevinding van n lid aan wangedrag, maak die dissiplinêre komitee na oorweging van alle relevante feite, insluitend enige vertoë deur of namens die betrokke lid, n aanbeveling oor n geoorloofde en gepaste straf wat die lid weens die wangedrag opgelê kan word. 10.14 So gou as moontlik na afhandeling van n ondersoek, lê die dissiplinêre komitee die volledige oorkonde daarvan, of n skriftelike opsomming van die bevindings en die redes daarvoor met sy aanbevelings en die redes daarvoor, aan die beheerliggaam voor. 10.15 Die beheerliggaam kan na oorweging van die dokumentasie ingevolge artikel 10.14 voorgelê, en sonder enige verdere oorweging van vertoë of argument deur of namens die betrokke lid, in die geval van die skuldigbevinding van n lid aan wangedrag 10.15.1 die skuldigbevinding van die lid bekragtig of ter syde stel; en Bladsy 8 van 11

10.15.2 die aanbeveling van die dissiplinêre komitee oor n gepaste straf aanvaar of enige ander straf oplê wat ingevolge die gedragskode toelaatbaar is. 10.16 n Skuldige bevinding aan wangedrag en n straf daarvoor is van krag vanaf die dag dat dit deur die beheerliggaam bekragtig of opgelê word, na gelang die geval. Die beslissing van die beheerliggaam is finaal. 11. STRAWWE WEENS WANGEDRAG 11.1 Die volgende strawwe kan n lid na skuldigbevinding weens wangedrag opgelê word. 11.1.1 n Berisping. 11.1.2 n Waarskuwing. 11.1.3 Skorsing van die verrigtinge of werksaamhede van die beheerliggaam vir n tydperk van hoogstens 6 maande. 11.1.4 Die publikasie van redelike besonderhede van die skuldigbevinding aan belanghebbende persone of instansies op n wyse deur die beheerliggaam bepaal. 11.1.5 Die verwysing van die aangeleentheid na die betrokke onderwysowerhede, vergesel deur n ware afskrif van die oorkonde of opsomming in artikel 10.14 bedoel, met n versoek en aanbeveling dat die betrokke lid so gou as moontlik ingevolge die bepalings van die provinsiale onderwyswet uit sy of haar amp verwyder word. 11.2 Die strawwe in artikel 11.1.1, 11.1.2, 11.1.3 en 11.1.4 kan gelyktydig of in enige kombinasie opgelê word. 11.3 Die straf, of n deel daarvan, in artikel 11.1.3 en 11.1.4 kan op gepaste en redelike voorwaardes opgeskort word. 12. SKORSING 12.1 n Lid van die beheerliggaam teen wie n bewering van wangedrag ingevolge artikel 10.2 of 10.3 ingedien is, kan uit sy of haar amp geskors word indien daar voldoende rede vir so n stap is, maar moet egter geskors word indien daar n bewering van ernstige wangedrag ingedien is. 12.2 n Lid kan te enige tyd geskors word vanaf die datum van die indiening van n bewering van wangedrag deur hom of haar tot op die datum waarop die aangeleentheid finaal afgehandel word. 12.3 n Besluit tot die skorsing van n lid, of die opheffing van die skorsing, word geneem deur die beheerliggaam soos omskryf ingevolge artikel 10.1 (a). 12.4 Die uitwerking van n skorsing is dat die lid nie enige bevoegdheid en werksaamheid van n lid mag uitoefen nie, behalwe soos anders bepaal deur die beheerliggaam, maar steeds aan al die bepalings en verpligtinge van die gedragskode en enige ander regsbepaling onderworpe is. Bladsy 9 van 11

13. ALGEMEEN Iemand wat om enige rede ophou om n lid van die beheerliggaam te wees, moet so gou as moontlik alle dokumentasie van die beheerliggaam in sy of haar besit en alle afskrifte daarvan, insluitend alle elektroniese weergawes daarvan, aan die voorsitter of die prinsipaal terugbesorg. Bogenoemde beleid was voorgehou tydens ʼn Bestuursliggaamvergadering gehou op en is algemeen aanvaar. Mev. A. Nieuwoudt Voorsitter Mnr. S. W. P. Scott Sekretaris Bladsy 10 van 11

BYLAE A GOUDVELD-HOëRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM Onderneming tot Gebondenheid Ek, die ondergetekende (volle naam en van): 1. bevestig hiermee dat ek vertroud is met die volle inhoud van die gedragskode waarby hierdie Bylae aangeheg is. 2. bevestig hiermee dat ek die volle inhoud van die gedragskode onvoorwaardelik onderskryf en dat ek my, ondanks enige ander regsbeginsels, aan al die bepalings, verpligtinge en prosedures daarvan, en enige wysigings daarvan wat geldiglik deur die beheerliggaam aangebring mag word, gebonde ag net asof ek hieroor n afdwingbare kontrak met die skool en elke lid van die beheerliggaam individueel aangegaan het. 3. bevestig dat, indien ek aan wangedrag skuldig bevind sou word nadat die voorgeskrewe prosedure van die gedragskode gevolg is, ek regtens aan die betrokke straf of sanksie gebonde sal wees en my daaraan onderwerp. 4. erken dat die skool of die beheerliggaam geregtig sal wees om my verpligtinge ingevolge die gedragskode, waar gepas, deur middel van n hofinterdik op my koste af te dwing, indien ek nie vrywillig saamwerk soos ek ingevolge hiervan onderneem het nie. Geteken te op die dag van 20 Volle name en van: Handtekening van lid van Beheerliggaam: Handtekening van voorsitter van Beheerliggaam: Handtekening van Skoolhoof: Bladsy 11 van 11