KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Vergelijkbare documenten
KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

n Tempel Leier besoek Jesus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Welkom by Die Storie God se storie

Pragtige Koningin Ester

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

'n Man gestuur deur God

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Jona en die Groot Vis

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Van Vervolger tot Prediker

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Toe God alles gemaak het

Antonieme en sinonieme

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

FAKTORE EN VEELVOUDE

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Toe God alles gemaak het

Die brief aan die Filippense

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Die Kerk se Geboorte

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

God eer Josef die slaaf

1 Johannes 5: /03/2014

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

Goeie Konings, Slegte Konings

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

toe hy gesê het: Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Jona en die Groot Vis

Petrus en die Krag van Gebed

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

JEUG FUNAAND: Vrugte van die Gees

Abu Ali tel sy donkies

God sorg vir ons. Israel spandeer 40 jaar in die woestyn. Ontmoeting 18

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Direkte en indirekte rede. Naam:

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

reageer.) Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink:

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Jakkals lê eendag heerlik en

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

1 Waar ek vandaan kom

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

Transcriptie:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing Doel van les: Ons leer vanaand verder oor die Vrug van die Gees en ons gaan gesels oor Geduld en Self Beheersing - wat dit is en hoe om dit toe te pas. Ysbreker 1: Inkleur prentjie van n Verkeers Robot Benodighede: Inkleur prente met slegs n sekere hoeveelheid kleure wat benodig word, een inkleur prent wat reeds kleure bevat en die presiese getal inkleur kryte/penne/koki s/gems wat in die prentjie is wat benodig gaan word. Aktiwiteit: Plaas die voltooide prentjie in die middel van die groep sodat almal dit kan sien. Kinders het slegs vyf minute om hul prentjie so mooi as moontlik in te kleur. Die wenner kry n stokkielekker. Gee vir elke kind n prentjie om in te kleur en een inkleur kryt/pen/koki/gem. As daar te veel is moet dit deur die leier gehou en kontroleer word. Die leier moet sorg dat elke kleur een rondte in die groep doen sodat elke kind n beurt kry om daarmee in te kleur. Die kinders moet die kryt/pen/koki/gem na hul linkerkant aangee na die volgende maatjie sodra hulle klaar is daarmee. Dieselfde geld vir die oortollige kryte/penne/koki s/gems wat deur die leier gehou word. Sodra n kleur n rondte gedoen het word dit verwyder. Die les aanbieder sal die tydhouer wees. Leiers: Neem almal se prentjies weer op sodra hulle klaar is, want dit is deel van die volgende afdeling van die les wat ons aan die einde gaan gebruik. Sê: Dankie vir almal se mooi en flukse werk. Soos julle kan sien het ons weer die prentjies opgeneem. Dis omdat ons dit later weer gaan gebruik vir die volgende deel van die les. Goed, wie kan vir my sê wat is Geduld? Wanneer iemand sê, wees geduldig, wat beteken dit? (Wag vir terugvoering). Verduidelik: Geduld is om te wag sonder om te kla. Julle het die prentjie ingekleur, maar julle moes wag vir julle maatjies om klaar te maak met hul kleur voordat julle kon verder gaan met julle prentjie, is dit nie so nie? Dit is wat geduld is. Jy gaan n beurt kry, maar jy moet net wag. Ek wil julle vanaand van iemand in die Bybel vertel wat beslis daardie vrug moes hê. Dit is die verhaal van Abraham en die belofte van God Nou julle sien, daar was hierdie ou, ou, ou, ou, ou, ou, ou, OU oom in die Bybel met die naam van Abraham. Hy was n regte egte kind van God en het als gedoen wat God van hom gevra het. Haai, maar weet julle wat. Al was Abraham al so ou oom, het hy geen kinders gehad nie. Nie een seun nie. In daai jare was dit belangrik gewees om n seun te hê wat jou van kon vat,

sodat hy dit weer aan sy seuns kon gee, en hulle weer aan hulle seuns en so aan, lank nadat hulle nie meer daar was nie. - Vra n paar kinders wat hul vanne is en wag vir terugvoering. Die van wat jy vandag het, het jou ou ou ou ou oupagrootjie vir sy seun gegee en daarom het jy dit vandag nog. God het geweet wat Abraham vreeslik graag wou gehad het, want God weet alles. - Laat kinders in groepies vertel wat hulle die meeste wil hê bv. n nuwe fiets, nuwe x- box, pop, klere ens. Eendag terwyl Abraham met God gesels het, met ander woorde besig was om te bid, het God aan hom verskyn in n visioen. Nou n visioen is soos n droom, maar terwyl jy wakker is. God belowe toe aan Abraham dat Hy n seun sou hê, en dat Abraham se kinders en kleinkinders en agter kleinkinders en agter, agter kleinkinders (nageslag) so baie soos die sterre in die hemel sal wees. Abraham het toe ook uiteindelik sy seun gekry. Abraham was 100 jaar oud to Isak gebore was. Wag, wat?!! Lees ek reg, n 100 jaar oud. Dit beteken hy het (tel op vingers en mompel en kyk skeef op asof om te dink) 25 jaar gewag vir sy belofte om te gebeur!! Sjoe, dis darem maar lank hoor!! Groepwerk: 1. Gesels oor hoe dit sal voel vir julle om so lank te moet wag vir dit wat julle so baie graag wil hê. (Kry terugvoering) 2. Hoe sal julle sê dat Abraham Geduld gehad het? Kan julle dalk vir my sê? (Kry terugvoering) Sê: Hy het 25 jaar gewag om n seun te kry. Hy het nie gekla by God oor die tyd nie. Hy was was dalk bietjie gestres dat hy ouer en ouer raak, maar hy het geweet dat God nie n mens is dat Hy sou jok nie. Julle kan dit self gaan lees. Dit staan net so in die Bybel in Numeri 29:19. Hy het geweet dat God Sy Woord, Sy belofte, sou hou. Daarom kan ons sê Abraham was Geduldig. Dis dieselfde vandag, ne? As mamma kos maak en ons honger is, wil ons NOU eet. Ons wil nie wag nie. So, wat kan ons doen? Ons kan NOU n stukkie brood eet wat miskien lekker gaan wees, of ons kan wag tot mamma die kos klaar gemaak het en dan lekker eet aan lekkerder, warmer kos as net brood. Sien, daar wag iets beters as ons Geduld het. Ander sien ook maar die mense kla en brom nie oor hulle moet wag nie en leer dan Jesus ken deur ons.

Ysbreker 2: Bubbles Groep aktiwiteit Benodighede: Bottel bubbles, bubble wand, n elektriese fan en een assistent(kind) Aktiwiteit: Maksimum vyf minute. Laat die kinders in n groep sit of in twee rye. Skakel die fan aan. Laat die assistent die bubble wand in die bottel bubbles in sit, uithaal en voor die fan hou fan laat baie bubbles verskyn. Kinders mag nie beweeg nie. Hulle mag nie die bubbels bars nie en ook nie koes vir dit nie. Die een wat beweeg is uit. Speel tot net een kind oorbly of tot die tyd om is. Sê: Wie kan vir my sê wat Selfbeheersing is? (Wag vir terugvoering). Verduidelik: Julle moes stilsit terwyl die bubbles oral om julle was sonder om dit te bars of uit die pad uit te kom, al wou julle hoe graag. Dit is selfbeheersing. Selfbeheersing is om self te kan besluit wat jy gaan doen, dink en sê. Dis om NEE te sê vir die verkeerde dinge wat satan oor jou pad bring om jou te laat sonde doen. Om selfbeheersing te hê is nie altyd maklik nie, want die satan gaan probeer om jou te kry om verkeerde dinge te kies. Dis om te kies om nie na die satan se stem in jou oor te luister nie, maar eerder na Jesus se stem en die regte ding te doen. Sê: Wie hier was al regtig egtig honger gewees? So baie dat jy dit nie meer kon uithou nie? (Kry terugvoering) Kom ek vertel julle n ander verhaal in die Bybel. Jesus was 30 jaar oud gewees toe Hy deur Johannes die doper in die Jordaan rivier gedoop was. Net na dit is Jesus in die woestyn in gelei deur die Heilige Gees. Vir 40 dae het Jesus niks geëet of gedrink nie. Wie van julle sal DIT kan regkry? Joh, dis darem n lang tyd om nie te eet nie, ne? Na die 40 dae verby was, was Jesus swak en moeg. Toe kom die duiwel na Jesus toe om Hom te probeer kry om sonde te doen. Drie maal doen die duiwel dit!! Hy sê vir Jesus: As Jy die Seun van God is, sê vir hierdie klip om brood te word. Maar Jesus antwoord hom en sê: Die Bybel sê: Mens leef nie net van brood alleen nie, maar van elke Woord wat uit die mond van die Here uitgaan. Ai, die duiwel is n groot skelm. Na dit vat die duiwel Jesus na n hoë plek en wys Hom al die lande wat in die wêreld is en sê: Ek sal dit alles vir Jou gee, want dis vir my gegee en ek mag dit vir enigiemand gee wat ek wil en al wat Jy hoef te doen is om my te aanbid. Ga, imagine die cheek van die duiwel! Maar Jesus antwoord hom en sê: Die Bybel sê daar slegs een God en dat jy net Hom moet aanbid. Die duiwel het hom na Jerusalem gevat en hom op die hoogste punt van die tempel laat staan en gesê: "As jy die Seun van God is, gooi jouself hier af, want die Bybel sê mos: "Hy sal Sy engele beveel om jou te beskerm sodat jy nie jou voet teen n klip stamp nie. Maar Jesus het

geantwoord: "Die Bybel sê: Moenie die Here jou God toets nie. En toe gaan die duiwel weg van Hom af. - In julle groepe, praat bietjie oor wie Jesus is en noem n paar van Sy wonderwerke wat Hy gedoen het.(kry terugvoering) Jesus was die Seun van God. Hy het baaaaie wonderwerke gedoen terwyl Hy hier op aarde was. Hy het siekes gesond gemaak, hy het blinde mense laat sien, Hy het mense uit die dood laat opstaan, Hy het op water geloop, en nog baie ander. Toe die duiwel Hom so geterg en probeer laat sonde doen het in die woestyn, dink julle Hy sou al daai goed kon doen? Wag vir terugvoeing. Ja, natuurlik, maar hy het nie. Nee, Jesus wou my en jou leer om ons Bybel te ken sodat wanneer die duiwel ons wil kry om sonde te doen ons hom ook weg jaag met dit wat in die Bybel staan. Jesus het ons gewys wat selfbeheersing is. Hy het geweet die duiwel wou Hom probeer kry om sonde te doen, maar het nie vir die duiwel se tricks geval nie. Selfbeheersing: Leiers: Gee aan elke kind hul ingekleurde robot prentjies terug. Net so moet ek en jy wees. Ons is kinders van God. As dinge nie gaan soos ons dit wil hê nie, en ons wil vir almal wys hoe kwaad ons is deur te wil skel of dalk iets te gooi of breek, moet ons onsself keer, DIT is selfbeheersing. Onthou, mense kyk na ons as kinders van God en wat ons doen. Nou kom ons terug by ons ingekleurde prentjies van die verkeers robot. - In julle groepe, gesels bietjie oor n verkeers robot en wat elke kleur beteken. (Kry terugvoering) Die rooi lig beteken STOP, die oranje lig beteken WEES VERSIGTIG en die groen lig beteken RY of GAAN VOORT, ne. Net so is dit met Selfbeheersing. Volgende keer wat dinge nie gaan soos ons dit wil hê nie moet ons STOP, soos by die rooi lig, DINK, AAN WAT ONS VOLGENDE MOET DOEN, net soos by die oranje lig, en eers NA dit moet ons DOEN/VOORTGAAN, soos by die groen lig. Kom ons speel n laaste speletjie om weer ons geduld en selfbeheersing te oefen. Benodighede: Leë toilet rolletjies in die lengte af in die helfte deur gesny (genoeg vir elke kind), twee albasters (Daar gaan twee rye wees). Aktiwitiet: Gee vir elke kind n halwe toilet rolletjie. Deel die groot groep in twee kleiner gelyke groepe in en laat hulle twee rye vorm. Rangskik hulle van oud na jonk sodat die ouer kinders voor in die ry staan (waar die speletjie gaan begin) en die jongstes op die einde (waar die speletjie eindig). Gee aan die voorste kind van elke ry n albaster. Kinders moet die albaster in die ry af aan mekaar oorhandig deur slegs die halwe toilet rolletjie te gebruik.

Hande mag nie gebruik word nie. Die toiletrol moet met albei hande vasgehou word. As die albaster val moet die ry aan wie dit behoort weer van voor af begin. Die ry wie se albaster eerste by die laaste kind eindig wen. Leiers moet asseblief die jongstes aan die einde van die rye help om die albaster te balanseer. Sê nadat almal gaan sit het: Met die speletjie moes ons geduldig die albaster onder beheer hou, geduld hê met ander in ons groep wat dalk nie so vinnig soos ons kon werk nie en onsself keer om nie te vinnig te wil beweeg om eerste klaar te wees nie. Kom ons bid en sluit af in ons groepe en vra God om ons te help met Geduld en Selfbeheersing.

Stop Dink Doen

Stop Dink Doen