HANDLEIDING ARGITEKTUUR EN BOUWERK

Vergelijkbare documenten
ROOIBOSKLOOF LANDGOED. HUISEIENAARSVERENIGING GEDRAGSREëLS

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

CINTSA LEEFSTYL SPESIFIKASIE SKEDULE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Kodes vir Afkeurredes

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

RHEEBOKRIF ERF ONTWIKKELINGSKODE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

SWARTLAND MUNISIPALITEIT VERORDENING INSAKE MURE EN HEININGS

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

AUGUSTUS 2007 INHOUDSOPGAWE

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

TERME EN VOORWAARDES

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

Huishoudelike GoedereAfdeling

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

KONTANT BESTUUR BELEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

ARBEIDSREG ABR214. T:

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

GRONDWET VAN LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING. 1.1 Die naam van hierdie Vereniging is LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING.

Foto-redigering vir sun.ac.za

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

KOOPKONTRAK ERF LANGEBAAN KOPER:

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Visuele Kuns: Kleur. Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 4 Module 1 5 VISUELE KUNS: KLEUR

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

KOOPKONTRAK VERLOREN LANDGOED

Hoofstuk D1 HUURPAG. Afdeling A: Huurpag met betrekking tot die Wet op Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, No.4 van 1984

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK

BTW. Werkstukke vir Hoofstuk 4 - DEEL 3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014

Eise Proses Die volgende eis-omstandighede en tydsbeperkings is van toepassing wanneer jy n eis teen jou Opknapper polis moet indien:

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

HUISHOUDELIKE REëLS 11/03/2010

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

Transcriptie:

HANDLEIDING ARGITEKTUUR EN BOUWERK WEERGAWE GOEDGEKEUR OP ALGEMENE JAARVERGADERING 20 JUNIE 2018 1

HANDLEIDING VIR ARGITEKTUUR EN BOUWERK WOODLAND HILLS WILDSLANDGOED 1 INLEIDING Die doel van die riglyne is om Eienaars en hulle argitekte of hulle ontwerpers in te lig oor die vereistes aangaande die bouwerk en die terreinargitektuur/landskap en om inligting te voorsien m.b.t. die prosedures wat gevolg moet word om die nodige goedkeuring vanaf die Estetiese Komitee te verkry wat aangestel is om na alle geboue en strukture wat op elke Erf opgerig word, sowel as enige veranderings en toevoegings tot laasgenoemde. Die rivierkom, stelsel van damgebiede, interne parke en die belangrikste boulevards (kringweё) sal die fokus van die landskapsareas wees. Die doel is dat hierdie riglyne daartoe sal lei dat n redelike verskeidenheid van persoonlike voorkeure toegelaat sal word, maar dat die globale karakter van die ontwikkeling identifiseerbaar sal wees d.m.v. die gebruik van sekere eenvormige eksterne elemente soos die kleur en afwerking van die buitemure, dakbedekking en dat die voorkoms van die grensmure van persele gestandaardiseerd moet wees. Die aard van die terreinargitektuur/landskap sal ook bydra tot hierdie doelstelling. Dit is belangrik dat die Eienaars hulle vereenselwig met die visie van die Ontwikkelaar vir die Landgoed. Dit is van uiterste belang dat hulle met die Hoof-Uitvoerende Beampte en Estetiese Komitee wat aangestel is om die planne vir die implementering van die riglyne te ondersoek moet saamwerk en hulle ondersteun. Dit moet in gedagte gehou word dat daarna gestrewe word om n omgewing by die Landgoed te skep waar die geheel belangriker is as die dele en daarom ook kompromieë gemaak moet word. Tensy anders vermeld, sal die definisies soos vervat in reël 3 van die Handleiding vir Gemeenskapsdeelname ook van toepassing wees vir hierdie handleiding. 2 GOEDKEURINGSPROSEDURE 2.1 Die Estetiese Komitee word aangestel in ooreenstemming met die grondwet van die Komitee soos deur die Direksie goedgekeur en verrig die funksies soos in die grondwet uiteengesit. Die Komitee is onder andere getaak om toe te sien dat alle bouwerk op die Landgoed aan die estetiese vereistes van die Vereniging voldoen. 2.2 Elke Eienaar wie van voorneme is om n nuwe woning te bou of aanbouings te doen kan relevante dokumentasie rakende die goedkeuringsproses by die Vereniging afhaal om die ontwerpers se tekenproses te fasiliteer. 2.3 Bo en behalwe die normale goedkeuring van bouplanne wat deur Plaaslike Owerheid vereis word, moet elke eienaar wat n woning op die Landgoed wil bou of aanbouings wil doen, die bouplanne aan die Vereniging se Estetiese Komitee voorlê alvorens dit vir goedkeuring aan Plaaslike owerheid voorgelê word. Die Vereniging se goedkeuringsproses het slegs betrekking op die estetiese voorkoms van die woning sowel as aansluiting by die dienste gelewer deur die Vereniging en het hoofsaaklik ten doel om te verseker dat alle wonings voldoen aan die estetiese voorskrifte van die Vereniging. Een stel planne wat beide deur die Estetiese Komitee en die Plaaslike Owerheid goedgekeur 2

is, moet by die Vereniging ingedien word binne sewe (7) dae na ontvngs van die goedgekeurde planne vanaf die Plaaslike Owerheid. 2.4 Bouplanne moet alle detail soos vereis deur die Plaaslike owerheid bevat, maar dit is nie nodig om ingenieurstekeninge aan die Vereniging voor te lê nie. Dit is belangrik dat alle mates en erfgrense en boulyne op die planne aangedui word. Kontoerplanne wat die natuurlike grondvlak aantoon, van die Erf moet saam met die bouplanne ingedien word. 2.5 Bouplanne mag slegs deur n professionele persoon geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie, ontwerp en/of geteken word. 2.6 Alvorens die bouontwerpkonsep en tekeninge aan die Estetiese Komitee voorgelê word, is die bedrae vir die onderstaande dienste wat jaarliks deur die Direksie goedgekeur en in n aparte skedule gepubliseer sal word, by die Kassiere by die Landgoed se kantore betaalbaar. Hierdie bedrae kan jaarliks aangepas word en sodanige aanpassing sal van toepassing wees op enige betaling wat daarna gemaak word. 2.6.1 Planindieningsfooi; 2.6.2 Elektriese planfooi; 2.6.3 Watermeter / aansluiting; 2.6.4 Terreindeposito; 2.7 Geen planne sal oorweeg word alvorens alle uitstaande Heffings en boetes tot op datum betaal is nie. 2.8 Dit is die verantwoordelikheid van die Eienaar en die professionele persoon na verwys in reël 2.5, om te verseker dat hy die nuutste weergawe van die Handleiding van Gemeenskapdeelneming met riglyne besit en dat die woning aan die hand van hierdie voorskrifte ontwerp en opgerig word. 2.9 n Bewys van betaling van die fooie in 2.6 hierbo tesame met die bouplanne moet by die administratiewe kantoor van die Vereniging ingehandig word. Die nodige dokumentasie moet deur die professionele person (soos na verwys in reël 2.5) soos deur die Eienaar aangewys, voltooi word en die planne word aan die Estetiese Komitee voorgelê vir goedkeuring. Enige wysiging aan die planne moet duidelik op die planne aangedui word en moet dit vergesel word met n skriftelike uiteensetting van die wysigings. 2.10 Daar moet binne twaalf (12) maande vanaf die datum waarop die bouplanne deur die Estetiese Komitee goedgekeur is, aanvang geneem word met konstruksie (soos gedefinieer in reël 28.4), by gebrek waaraan die goedkeuring van die bouplanne sal verval en die Eienaar weer aansoek moet doen by die Estetiese Komitee vir goedkeuring voordat bouwerk n aanvang neem en sal die toepaslike fooie vir bouplanne geld. Die planne moet ook na die 12-maande periode deur die Plaaslike Owerheid goedgekeur word. 2.11 Nadat die gedetailleerde bouontwerp en tekeninge deur die Vereniging goedgekeur is moet dit aan die Plaaslike Owerheid vir goedkeuring voorgelê word. Voorgeskrewe fooie moet aan die Plaaslike Owerheid betaal word. 3

2.12 Indien die vereistes van die Plaaslike Owerheid of enige ander statutêre liggaam of die Nasionale Bouregulasies in konflik is met die riglyne, sal die Plaaslike Owerheid of enige ander statutêre liggaam of die Nasionale Bouregulasies se vereistes voorkeur geniet. 3. TERREINARGITEKTUUR VAN TUINE Planne vir die uitleg van nuwe tuin/landskap-argitektuur moet die bouplanne vergesel en sal saam met die bouplanne oorweeg word. Geen bouplanne sal in die afwesigheid van tuinplanne oorweeg of goedgekeur word nie. Alhoewel daar tydens die uitleg van die tuin van die goedgekeurde planne afgewyk kan word, moet die finale tuin steeds in beginsel aan die voorgelegde planne voldoen en kan die Estetiese Komitee daarop aandring dat die minimum hoeveelheid plante aangeplant word, soos op die oorspronklike planne aangedui en goedgekeur is. Vir die doeleindes van reël 3 sal die volgende betekenisse aan die ondergemelde geheg word: Bedding: n Area grond waarin plante, struike en/of bome, uitgesluit grasperke, groei. Harde Landskapsargitektuur sluit in motoropritte (wat die bepalings van reël 12.4 en 12.5 oorskry), binnehof plaveisel, swembad omranding, sondekke, klip-, gruis (gebreekte klip kleiner as 13mm berggruis word nie toegelaat nie)- of plaveisel looppaadjies, geplaveide fokuspunte, areas wat met klip, steen of gruis bedek is. Motoropritte wat aan die bepalings van reëls 12.4 en 12.5 voldoen, word uitgesluit in die berekening van harde landskapsargitektuur. Gemengde beddings: n Omsoomde area waarbinne dit uit n kombinasie van plante en klip, steen of natuurlike rots bestaan. Die tuinplanne moet aan die volgende voldoen: 3.1 Tuinplanne moet ten minste uit n terreinplan (1:200) van die hele Erf bestaan waarop die area wat die woning gaan beslaan en erfgrense aangedui is. Die uitleg van die tuin en harde belandskapping, in verhouding tot erfgrense en die woning, moet dan skematies aangedui word. Aangesien elke Eienaar verantwoordelik is vir die onderhoud van die sypaadjie voor die Erf, moet die uitleg van tuine op sypaadjies op die plan geïnkorporeer word. 3.2 Genoegsame detail, soos die ligging en grootte van opritte, grasperke, blombeddings in vierkante meter, moet op die terreinplan aangedui word. 3.3 Waterelemente/-strukture/-voorwerpe, swembaddens en pompe moet almal op tekeninge aangedui word om die skeidingsvlak tussen harde en sagte areas te toon. 3.4 Alle bome wat voor die aanvang van konstruksie op die terrein is, moet op die tuinplan getoon word met n aanduiding van watter bome die Eienaar beoog om te behou en watter bome die Eienaar beoog om te verwyder. Geen bome mag sonder toestemming van die Vereniging verwyder word nie. 3.5 Die tipe en hoeveelheid van elke plant, boom en struik wat die Eienaar beoog om in die tuin aan te plant, moet op die tuinplan in die beddings of op die posisie waar beoog word om dit aan te plant, aangedui word. Sien reël 3.7 hieronder vir gedetailleerde spesifikasies. Die gewone gebruiksnaam van die plant, boom of struik kan aangedui word (wetenskaplike naam kan vir verwysingsdoeleindes vermeld word, maar is nie verpligtend nie). Indien 4

spasie ontbreek kan die name en getalle in n behoorlik gemerkte aanhangsel tot die plan, aangedui word bv. Gedeelte A soos gemerk op Plan - 15 x Witbos (Buddleia saligna). 3.6 Geen plante wat op die CARA- ( Conservation of Agricultural Resources Act ) lys van verspreidende indringerplante verskyn, mag in tuine geplant word nie. 3.7 Die volgende minimum voorskrifte geld vir die uitleg van alle residensiële tuine op die Landgoed: 3.7.1 Tuine moet bestaan uit n kombinasie van gras, beddings, asook harde landskapsargitektuur en gemengde beddings in die volgende kombinasie uitgedruk as persentasie van die ruimte op die Erf buite die voetspoor van die woning. Die kombinasie voorskrifte sal afsonderlik vir die tuin aan straatfront en nie-straatfront van die woning toegepas word, en enige verwysing na tuin of persentasie dekking geld vir die totale onbeboude area van die erf met uitsluiting van die voetspoor van die woning en geld ongeag of die onbeboude area aan die straatfront geleë is of die tuin agter grensmure buite sig van die straatfront geleë is. Grasperke maksimum van 50%. Kunsmatige gras (uitgesluit astro turf ) sal geag word as grasperk, onderworpe daaraan dat: Geen kunsmatige gras vanaf n straat sigbaar mag wees nie, tensy dit n geringe deel (van nie langer as 2-meter en nie breër as 1-meter) van n aksentpunt vorm. Geen kunsmatige gras mag aangrensend tot n groen area aangebring word nie, tensy die erf en die groen area: * deur n grensmuur van ten minste 500mm in hoogte geskei word of; * die lengte van die kunsmatige gras op die grens van die erf en die groen area geskei word deur n bedding met aaneenlopende struike van ten minste 500mm hoog. Slegs die volgende kunsmatige grasprodukte gebruik mag word: * Easigrass * Belgotex Dieselfde kunsmatige grasproduk moet regdeur die tuin gebruik word. Indien die kunsmatige gras of enige gedeelte daarvan in die uitsluitlike diskresie van die Estetiese Komitee nie onderhou word nie of onnet vertoon, moet die Eienaar op skriftelike instruksie van die Estetiese Komitee die kunsmatige gras herstel of vervang. Beddings minimum van 25%. Harde Landskapsargitektuur maksimum van 15% Gemengde beddings maksimum van 30% 3.7.2 Ten minste vyf (5) bome met minimum grootte van 20-liter elk, moet op elke Erf met uitsluiting van die sypaadjie, aangeplant word waarvan ten minste vyftig persent (50%) inheemse bome moet wees. Geen populierboom (Populis lasiocarpa of Populis simonii) mag op die Landgoed aangeplant word nie. 3.7.3 Ten minste dertig (30) struike moet op n Erf aangeplant word waarvan minstens vyftig persent (50%) inheems moet wees. 5

3.7.4. Harde landskap-argitektuur mag nie die maksimum toelaatbare oppervlak oorskry soos uiteengesit in reël 3.7.1 hierbo 3.7.5 Motoropritte mag nie van beton, teer, gebreekte klippe, gruis of enige vorm van crazy paving of plaveipaadjies (patrone in sementblaaie) vervaardig word nie en mag slegs SABS-goedgekeurde, voorafvervaardigde plaveistene gebruik word. 3.7.6 Ten minste vyf en twintig persent (25%) van die tuin moet bestaan uit plante (bome, blomme en struike) wat normaalweg in beddings aangeplant word. 3.7.7 Alhoewel beddings en gemengde beddings toegelaat word, mag geen ander area van die tuin slegs uit grond of gruis waar geen tuin aangelê is, bestaan nie. Waar beddings voorsien word moet dit met blomme of struike beplant wees, of moet n veldtuin aangelê wees of moet n gemengde bedding wees. 3.7.8 Die Estetiese Komitee mag enige afwyking van die bogenoemde voorskrifte goedkeur, mits planne vir die tuinuitleg vooraf aan die komitee voorgelê is vir oorweging en sodanige afwykings in detail op die planne aangedui is. 3.8 n Besproeiingstelsel vir tuine mag op eie koste en risiko van die Eienaar aangelê word maar moet tussen die watermeter en die woning gekoppel word. Koppeling van die besproeingstelsel voor die watermeter of enige omseiling van of peutering met die watermeter is ten strengste verbode en sal tot kriminele klagtes teen die Eienaar aanleiding gee. 3.9 Alle grondwerk moet met die omliggende terreine en oop spasies geïntegreer word ten einde te verseker dat geen erosie of lelik gesnyde platvorms voorkom nie. Alle aangelegde platvorms moet met finale vorming versag word en gebruik daarvan is onderhewig aan vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee. 3.10 Die tuinaanleg moet binne drie (3) maande na uitreiking van die Estetiese Goedkeuringsertifikaat ten minste tagtig persent (80%) voltooi wees. Die tuinaanleg moet binne ses (6) maande na uitreiking van die Estetiese Goedkeuringsertifikaat volledig voltooi wees. 4. BOUPROSES 4.1 Alvorens enige leë Erf skoongemaak word ten einde met konstruksie te begin of vir enige ander rede, moet die Eienaar/kontrakteur die Vereniging versoek om n terreinvergadering by te woon waar die volgende aspekte aangespreek en genotuleer sal word: 4.1.1 Die plasing van inheemse bome op die perseel en stappe wat deur die Eienaar geneem moet word om dit te bewaar of, indien dit nie moontlik is nie, dit te verskuif. 4.1.2 Die Vereniging se voorskrifte om die misbruik van en skade aan aangrensende erwe en Gemeenskaplike Eiendom te voorkom; 6

4.1.3 Die Vereniging se vereistes met betrekking tot die hantering van bourommel en ander aktiwiteite op die terrein. 4.2 Geen bouwerk mag n aanvang neem alvorens aan die volgende vereistes voldoen is nie: 4.2.1 die Eienaar n bewys van registrasie ( enrolment ) van die bouproses op die Erf by die NHBRC by die Vereniging ingedien het; 4.2.2 die eienaar bewys by die Vereniging ingedien het van registrasie van die aangewese hoof-boukontrakteur by die NHBRC as boukontrakteur. 4.3 Geen bouwerk sal n aanvang neem alvorens die volgende dokumente nie onderteken en by die Vereniging ingedien is nie: 4.3.1 Voorsieningsooreenkoms: Water en Elektrisiteit 4.3.2 Inligtingstuk rakende elektriese huisaansluitings 4.3.3 Gedragskode vir bouers en kontrakteursaktiwiteite 4.3.4 Sekuriteitsreëls en regulasies 4.3.5 Elektrisiteit Verbruikersooreenkoms 4.3.6 Water Verbruikersooreenkoms 4.4 Die Vereniging beveel sterk aan dat geen bouwerk n aanvang neem alvorens - 4.4.1 Die erfpenne en erfgrense deur die Eienaar se landmeter bevestig is nie; 4.4.2 Die nodige geotegniese ondersoek gedoen is en die fondasies van die woning deur n bevoegde persoon soos omskryf in SANS 10400 en wat by die Ingenieursraad van Suid-Afrika geregistreer is, ontwerp is; 4.4.3 n Behoorlike boukontrak met die hoofkontrakteur en ander kontrakteurs gesluit is waarin die Eienaar onder andere gevrywaar word van eise en n remedie sal hê teen die kontrakteur onder omstandighede waar die kontrakteur weens sy eie optrede of die optrede van sy subkontrakteurs of werknemers van die Landgoed verwyder word of verdere toegang belet word gedurende die konstruksie periode. 4.4.4 Die professionele persoon deur die Eienaar in reël 2.5 aangewys, regdeur die bouproses inspeksies doen om te verseker dat die bouplanne nagekom word. 4.5 n Elektrisiteitaansluiting na die Erf sal slegs voorsien word na betaling van die voorgeskrewe fooi en indien geen gelde verskuldig aan die Vereniging uitstaande is nie. Tensy anders versoek deur die Eienaar sal daar eers n bouersaansluiting voorsien word en sal die permanente aansluiting eers voorsien word nadat die konstruksie voltooi is. 4.6 n Wateraansluiting na die Erf word voorsien sodra die plangoedkeuringsfooie betaal is. Die water-handstuk word egter eers by eerste water aankope voorsien. Die datum van eerste water aankope word beskou as die datum waarop konstruksie n aanvang neem. 4.7 Alhoewel erfpenne by oordrag van n Erf vanaf die Ontwikkelaar na die eerste Eienaar deur die Ontwikkelaar uitgewys word, rus die onus op elke Eienaar wie bouwerk verrig om die korrekte plasing van erfpenne en erfgrense te verifieer voordat met konstruksie begin word. 7

4.8 Nadat fondasies gegrawe is moet die Eienaar die bouinspekteur van die Plaaslike Owerheid versoek om die plasing daarvan te bevestig. Eienaars moet ten alle tye toesien dat die voorgeskrewe inspeksies deur die NHBRC en die Plaaslike Owerheid verrig word. 4.9 Eienaars moet toesien dat bouers doeltreffende metodes aanwend om te verhoed dat vullis en papier vanaf die Erf gewaai of andersins versprei word. Dit kan insluit n vyftig millimetre (50mm) maasdraad hok wat behoorlik toegemaak kan word om papier en vullis binne te hou, sowel as n grootmaat vullisverwyderingshouer ( skip bin ) wat met n net oorgetrek is. 4.10 Wanneer bouwerk aan n nuwe woning n aanvang neem, moet die Eienaar toesien dat die boukontrakteur n nie-deursigtige skerm heining van 1.8-meter hoog van goiingsak of skadunet tagtig persent (80%) nie-deursigtig vanaf grondvlak op alle erfgrense buiten een straatfront grens oprig en ten alle tye behoorlik in stand hou tot tyd en wyl alle bouwerk en afrondingswerk aan die nuwe woning voltooi is. Indien daar voltooide wonings in die direkte omgewing van die bouterrein is en die bouperseel in die uitsluitlike diskresie van die Bestuurder afbreek doen aan die algemene voorkoms van die area of n moontlke veiligheidsrisiko vir ander inwoners mag inhou, kan die Bestuurder by wyse van skriftelike kennisgewing van ten minste veertien (14) dae aan die Eienaar aandui dat die straatfrontgrens ook dienooreenkomstig toegemaak moet word en ten alle tye, buiten tydens aflewerings, toegehou moet word. Die Hoof-Uitvoerende Beampte kan, binne sy uitsluitlike diskresie, toestem tot die verwydering van die skermheining wanneer die bouwerk tot so n mate voltooi is of wanneer n grensmuur opgerig gaan word. Bouterreine moet ten alle tye netjies in stand gehou word. Vullis, onkruid en grasse op terreine moet gereeld skoongemaak en verwyder word. Die Bestuurder kan n boete van tot twee duisend rand (R2000.00) per maand hef teen die Eienaar van n Erf wie versuim om aan enige aspek van hierdie reël gehoor te gee. 4.11 Boumateriaal, rommel, of ander afval mag onder geen omstandighede binne n Erf of op die sypaadjies, oop standplase of publieke areas gestort word nie. Tensy bourommel vir opvuldoeleindes op dieselfde Erf waar konstruksie plaasvind, benodig word, moet dit minstens twee-weekliks van bouterreine verwyder word. Indien die Eienaar dit nie laat verwyder nie of in gevalle waar dit as opvulling benodig word, maar dit in die opinie van die Bestuurder onooglik of nadelig is vir die omliggende area of die ontwikkeling in die algemeen, kan die Bestuurder vereis dat die Erf ook op enige straatfront met goingsak of soortgelyke nie-deursigte materiaal van minstens een komma agt (1,8) meter hoog afgesper word en dat die afsperring behoorlik in stand gehou moet word vir die duur van die bouproses. 4.12 Die Hoof-Uitvoerende Beampte sal geregtig wees om die aktiwiteite van alle bouwerk en kontrakteurs te reguleer en sal toesien dat die kontrakteur(s) die nodige dokumentasie onderteken. 4.13 Enige boukontrakteur of subkontrakteur of werknemer kan summier van die Landgoed verwyder en verdere toegang geweier word, indien die sekuriteitsreëls en ander reëls en voorskrifte van die Landgoed nie nagekom word nie. Die Vereniging sal nie 8

verantwoordelik of aanspreeklik wees vir enige skade wat die Eienaar onder sulke omstandighede mag ly nie. 4.14 Sodra die bouproses afgehandel is moet die aansoek vir die ESTETIESE GOEDKEURING SERTIFIKAAT in terme van reël 28.7 voltooi word. 4.15 Die terreindeposito sal aangewend word om skade wat deur kontrakteurs, subkontrakteurs en afleweringsvoertuie veroorsaak word, soos bv. die randstene van sypaadjies, te herstel. Die restant, uitsluitend enige nie-terugbetaalbare deposito, kan op aansoek aan die Eienaar terugbetaal word. Hierdie bepaling stel die Eienaar nie vry van verdere eise indien skade meer as die deposito beloop nie. 4.16 Die terugbetaalbare gedeelte van die terreindeposito kan sonder rente op aansoek terugbetaal word aan die Lid onderhewig daaraan dat die Bestuurder tevrede is dat enige skade aan die infrastruktuur, besproeiingsstelsel, terreinargitektuur en landskap op die sypaadjie aangrensende persele herstel is en alle rommel op die perseel en naburige persele opgeruim is. Die bedrag aldus terugbetaalbaar mag in die uitsluitlike diskresie van die Hoof-Uitvoerende Beampte verlaag word om enige uitgawes deur die Vereniging aangegaan om herstelwerk te doen, te verhaal. 5. DIE VORM/FATSOEN VAN HUISE 5.1 Die minimum grootte van n woning moet twee honderd (200) vierkante meter wees, met uitsluiting van motorhuise en werknemer-akkomodasie. Die minimum grootte van komplekse en groepsbehuisingseenhede moet sestig (60) vierkante meter vir n eenslaapkamereenheid en negentig (90) vierkante meter vir eenhede met twee (2) of meer slaapkamers wees. Die areas sluit nie motorhuise, stoor-areas en werknemerakkommodasie (bediendekamers) in nie. 5.2 Die goedgekeurde dekking vir groepsbehuising is vyf en twintig (25) eenhede/hektaar en vir deeltitelbehuising is dit dertig (30) eenhede/hektaar. Groepsbehuising- en deeltiteleenhede moet deurlopend dieselfde boustyl volg, veral met betrekking tot aanbouings tot bestaande eenhede. As voorbeeld, indien n stoep aangebou word tot n groepsbehuisingseenheid, moet dieselfde boustyl gevolg word, en boumateriale gebruik word as ander stoepe wat reeds in die groepsbehuisings-kompleks bestaan. Beheerliggame moet verseker dat die nodige statutêre vereistes (soos onder andere die Wet op die Bestuur van Deeltitelskemas) nagekom word en behou die Vereniging die reg voor om bewyse in hierdie verband aan te vra. 5.3 Die maksimum hoogte van enige gebou op n Erf is nege (9) meter, soos gemeet vanaf die hoogste punt van die dak en die natuurlike grondvlak reg langs die gebou, op die hoogste punt van die natuurlike grondvlak. (Sien figuur 1). Waar die Erf teen n helling loop sal die maksimum hoogte teen dieselfde helling bepaal word, soos in Figuur 1 uiteengesit word. 5.4 Skoorstene sal uitgesluit word in die berekening van die hoogte van die gebou. 5.5 Die maksimum toelaatbare hoogte van buitemure is sewe komma vyf (7,5) meter, soos gemeet vanaf die muurplaat tot die laagste punt op die natuurlike grondvlak reg langs die gebou, op die punt waar die muurplaat gemeet word. (Sien figuur 1) 9

Figuur 1: Maksimum toelaatbare hoogte van buitemure 5.6 Dit sal aanvaar word dat die natuurlike grondvlak dieselfde sal wees soos bereken word op die kontoerplan. Indien daar n geskil sou wees, met betrekking tot die bepaling van die grondvlak, sal die Estetiese Komitee geregtig wees om hulle te beroep op die kontoerlanne in sy besit. 5.7 Die maksimum hoogte beperking van n dubbelverdieping gebou is van toepassing op alle strukture op die Landgoed. In hoogs uitsonderlike gevalle waar die val van n Erf sodanig is en dat diep opvullings of oop ruimtes van hoër as twee komma twee (2,2) meter by die laagste punt van die woning op die Erf genoodsaak word selfs nadat die woning teen die val afgestap is, kan die Estetiese Komitee die gebruik van sodanige oppervlaktes as derde verdieping goedkeur. 5.8 Enige beslissing deur die Estetiese Komitee oor n verdere verdieping soos hierbo uiteengesit is n uitsondering op die reël en is finaal. 5.9 Geen eksterne staaltrappe word toegelaat nie. 5.10 Onderworpe aan die bepalings van reëls 16.6, 16.7 en 16.11.4, moet alle eksterne pilare gebou, glad gepleister en aan alle kante geverf word. Sogenaamde Romeinse of Griekse styl pilare word nie toegelaat nie. Die voorskrifte m.b.t. verfkleure vervat in reël 6 sal geld vir die verf van pilare. Siersteen sal slegs toegelaat word waar siersteen reeds as dekoratiewe element aan die struktuur van die huis gebruik is, en slegs op vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee. Indien die Eienaar verkies om enige dekoratiewe effek in die pleister aan te bring, moet dit vooraf aan die Estetiese Komitee voorgelê word vir goedkeuring. 6. EKSTERNE MURE 6.1 Eksterne mure van wonings moet gepleister word en met n aardse kleur geverf word. Vir doeleindes van hierdie reël beteken die terme aardse kleure, skakerings van bruin, groen of 1 strooikleur, en sluit dit kleure soos wit, rooi, blou en pers eksplisiet uit. Alhoewel ligte 1 Gewysig 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 10

7. DAKKE KE grys buitemure oorweeg kan word, sal grys wat n blou, 2 swart of houtskool vertoon nie goedgekeur word nie. Geen helderkleurige verf soos, maar nie beperk nie tot, helder rooi, -geel, -oranje, -blou, -pers, -pienk of strooikleur 3 sal toegelaat word nie. Stemmige beperkte fokusmure met kleure soos wynrooi ( burgandy ) of iets dergliks, mag wel deur die Estetiese Komitee oorweeg word. 6.2 Wanneer die buitemure van n nuwe of bestaande woning geverf word, moet die kleure vooraf deur die Estetiese Komitee goedgekeur word. Vir oorweging deur die Komitee moet n paneel van elke kleur van een (1) meter x een (1) meter op n noordfront muur geverf word. n Kleurkaart ten opsigte van elke kleur, wat die volledige spektrum van die gekose kleure(e) aandui, moet ook aan die Komitee verskaf word en sal na goedkeuring op die erflêer geliasseer word. Die kleurkaart sal gebruik word om te bepaal wat die onderliggende kleur van die verf is. Weens die feit dat die kleur van veral gryskleurige verf op groter oppervlaktes anders kan vertoon as wat dit op n klein paneel voorkom, moet een hele noordfront-muur daarmee geverf word (slegs waar n grys kleur vir oorweging voorgelê word) vir oorweging deur die Komitee. Gryskleurige verf kan ook donkerder of ligter vertoon na gelang van die kleur van die dak of die kleur van aksente aan die buitekant van n woning. In lig hiervan kan die Estetiese Komitee n gryskleurige verf by n bepaalde woning afkeur indien dit die opinie van die Komitee is dat dit te donker vertoon na inagneming van die kleur van die dak of kleur van aksente aan die buitekant van die woning. 6.3 Elk van die beoogde kleure moet deur die Estetiese Komitee goedgekeur word alvorens die hele woning geverf word. Versuim om verfkleure vooraf te laat goedkeur kan daartoe lei dat die woning oorgeverf moet word. 6.4 Die gekose verf kleur(e), plaveiselkleure en die kleur van dakteëls van die woning moet by mekaar aanpas. 6.5 Bovermelde voorskrifte geld vir die verf van nuwe wonings, sowel as die herverf van wonings wat reeds deur die komitee goedgekeur is. 6.6 Geen vorm van sierstene, ongepleisterde bakstene, natuurlike klip, sandsteen of kwasgesmeerde mure sal op die buitemure as die dominante eienskap toegelaat word nie. Hierdie tipe, mag slegs vir dekoratiewe doeleindes aangewend word. 7.1 Dakke moet oorheersend teen dieselfde helling gebou word. Wanneer dakke opgesit word, veral die vorms van hoofgeboue, moet dit geskied met simmetriese dubbelhelling dakke met n helling van tussen sewentien punt vyf (17.5) en vyf en dertig (35) grade. Dakke oor stoepe mag wel n verminderde helling hê, op voorwaarde dat hulle dieselfde tipe bedekking moet hê as die dakke van die hoofgebou. Tot en met dertig present (30%) van die totale dakarea, wat die woonhuis en motorhuise insluit, mag n helling van minder as vyf (5) grade hê op voorwaarde dat die dele agter borsweringsmure wat deel van die verlengings van die hoofmure is, versteek is. Gedeeltes wat hellings van minder as vyf (5) grade het, en wat sigbaar is vanaf straatvlak op enige aansig of sigbaar is vanaf n 2 Ingevoeg 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 3 Gewysig 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 11

hoërliggende Erf, sal afgerond word met spoelklippies of klipskerwe tot en met n dikte van nie meer as vyftig millimetre (50mm) nie, of sal met vooraf skriftelike goedkeuring van die Estetiese Komitee, in dieselfde kleur as die res van die dakteels of in swart geverf word. Geen dakplate, behalwe dié toegelaat in reël 7.4, sal toegelaat word nie. 7.2 Geen afdakke van sink, plastiek, skadunet of glasvesel sal toegelaat word nie. Fabrieksvervaardigde aluminium / staalhortjie-afdakke mag, onderhewig aan die goedkeuring van die Estetiese Komitee, toegelaat word. Bouplanne moet ook ingedien word by die Plaaslike Owerheid vir goedkeuring. So n dak: 7.2.1 Moet deur geboude pilare gesteun word en agter n betonbalk / geboude muur versteek word om aan te pas by die styl, kleur en fasade van die hoofgebou. 7.2.2 Mag slegs oor n stoep teenaan n woning gebou word en mag glad nie gebruik word om motors te parkeer of goedere te stoor nie. 7.3 Dakligte, solder- en dakvensters sal toegelaat word op voorwaarde dat: 7.3.1 dit plat teen die vlak van die skuins dak ingebou word en nie n hoogte van honderd en vyftig millimeter (150mm) oorskry nie; 7.3.2 van nie-reflekterende materiaal gemaak word; 7.3.3 dit nie meer as tien present (10%) van die dakoppervlakte van n bepaalde skuins dakvlak beslaan nie; 7.3.4 dit gelykmatig op die dakvlak gespasieër word; 7.3.5 waar n daklig of dakvenster as n element op n plat betondak ingevoeg word, dit nie vanaf aanliggende eiendomme, of van die straat af, sigbaar mag wees nie, en met n borsweringmuur toegebou moet word; 7.3.6 dit nie n koepelvorm het nie. Koepelvormige dakligte- of vensters sal slegs oorweeg word vir plat betondakke in terme van reël 7.3.5 en die oppervlakte van die koepel mag nie meer as dertig present (30%) van die oppervlakte van die plat betondakvlak oorskry nie; 7.4 Dakbedekking word as volg beperk : 7.4.1 Vir Meersig, Boktorbult, Bosbokrand, Watervoëlvlei, Boskloof, Olienhoutrand en Luiperdlaagte: Grasdakke, leiklip- of fabrieksgekleurde betondakteëls wat ooreenstem met die spesifikasies, soos verskaf deur die Estetiese Komitee. 7.4.2 Vir Tsesebe Plato en Moriti: leiklip- of fabrieksgekleurde betondakteëls sowel as Chromadek Z200 gegolfde sinkdakke, Zincalume Colorbond gegolfde sinkdakke en Colorplus gegolfde sinkdakke, wat ooreenstem met die spesifikasies, soos verskaf deur die Estetiese Komitee. 7.4.3 Vir Olienrant: leiklip- of fabrieksgekleurde betondakteëls wat ooreenstem met die spesifikasies, soos verskaf deur die Estetiese komitee. 7.4.4 Elemente, soos byvoorbeeld n glaskoepel of glaspanele, kan in spesiale gevalle deur die Estetiese Komitee goedgekeur word, mits dit spesifiek vooraf aan die Estetiese Komitee voorgelê is vir goedkeuring. Weens die feit dat n gedeelte van die ou Fisher-woning op Erf 30106 as historiese erfenis beskou word, en weens 12

die feit dat die Erf anders as al die ander residensiële erwe vir gebruik as Herberg gesoneer is, kan n ander dakbedekking as hierbo voorgeskryf deur die Estetiese Komitee, oorweeg en goedgekeur word, mits dit by enige moontlike bewaringsprojek sal inpas. Die Bestuurder mag namens die Vereniging versoek dat enige dakbedekking verwyder moet word indien dit in stryd met die goedgekeurde spesifikasies is. 7.5 Die goedgekeurde fabriekskleure van betondakteëls is soos volg: Rooi, terracotta, kalahari, liggrys en bruin. n Voorbeeld van die skakering van liggrys wat aanvaarbaar is, sal by die administratiewe kantore van die Vereniging beskikbaar gestel word. Donker grys, of grys wat nie ooreenstem met die beskikbare voorbeeld nie, en swart betondakteëls, sal nie toegelaat word nie. Eienaars wie enige skakering van grys of swart dakteëls wil gebruik, moet dit vergelyk met die voorbeeld en moet dit vooraf vir goedkeuring aan die Estetiese Komitee voorlê ten einde enige moontlike misverstande of vrugtelose kostes te vermy. Die Farmhouse teël mag ook gebruik word (donker strepe oor die teëls). Enige profiel dakteël mag gebruik word. 7.6 Slegs die volgende fabriekskleure mag gebruik word by gegolfde sinkdakke: 7.6.1 Chromadek Z200: Sandstone Beige, Buffalo Brown en Dove Grey. 7.6.2 Zincalume Colorbond AZ150: Sahara Sands en Shade. 7.6.3 Colorplus AZ150: Rustic Bark en Rain Cloud. 7.7 Sonpanele moet op n estetiese aanvaarbare wyse bo-op die dak van die woning geplaas word. Slegs voorafvervaardigde SABS goedgekeurde sonpanele 4 en swembadverhittingsmatte sal toegelaat word, en opgerolde plastiekpyp bo-op dakke vir swembadverhitting word nie toegelaat nie. Sonpanele kan nie elders op n Erf geplaas word nie. Sonpanele moet swart of brons van kleur wees. Buite-geisers van sonverwarmingseenhede sal slegs toegelaat word indien dit op so n wyse geplaas kan word dat dit nie vanaf enige ander woning op die Landgoed, of vanaf Gemeenskaplike Eiendom, sigbaar is nie. Indien dit nie moontlik is om dit so te installeer nie, moet die geisers binne die dakruimte van die woning geïnstalleer word en sal slegs die sonpanele op die dak sigbaar mag wees. Daar word aanbeveel dat die sonpanele sover moontlik nie van die straatfront sigbaar behoort te wees nie. Alle nuwe bouplanne, aanbouings of wysigings op bouplanne van vertrekke wat watertoevoer benodig sal slegs goedgekeur word indien geisers wat die gebruik van elektrisiteit sal verminder, soos (maar nie beperk nie tot) solar-geisers of hittepomp ( heat pumps ) of soortgelyke toestelle in die woning, geïnstalleer en gebruik word. Die posisie van en die tipe panele moet op op die aansigte en dakplan van die bouplanne aangetoon word. Die Vereniging verkies die installasie van solar-geisers bo hittepompe, aangesien gevind is dat dit meer effektief is, en meer elektrisiteit bespaar. Indien hittepompe wel geïnstalleer word, moet die buite-eenheid op die grond geplaas word en moet dit op dieselfde wyse versteek word, soos voorgeskryf vir lugreëlings in reël 20.3. 4 Gewysig 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 13

8. ONGEMAGTIGDE, ONWETTIG OF ONGEWENSTE STRUKTURE Die Hoof-Uitvoerende Beampte mag boetes van tot drie duisend rand (R3000.00) per maand oplê indien ongewenste strukture nie verwyder word nie. Die boetes vorm deel van die Heffing en is betaalbaar op die eerste dag van die volgende maand, wanneer die boete opgelê is. 9. VENSTERS, FRANSE DEURE EN SKUIFDEURE 9.1 Vensters, Franse deure en skuif-en stapeldeure moet van natuurlike hardehout, upvc of aluminium met brons, houtskool (grys) of houtafwerking vervaardig wees. 9.2 Met die uitsondering van reël 9.3 word eksterne diefwering en traliewerk wat (uit)rek nie aan die buitekant van wonings toegelaat nie. 9.3 Slegs veiligheidshekke met n spanbare deursigtige staalmaas (soortgelyk aan die Trelllidor Clearview-produk in Figuur 2), of deursigtige stawe (soortgelyk aan die Viewprotectproduk in Figuur 3), of n staal sekuriteitshek met vyf en twintig millimeter (25mm) stawe (met dieselfde ontwerp soos getoon in Figuur 4), word, onderworpe aan die volgende, toegelaat om aan die buitekant van n deur van n woning aangebring te word: 9.3.1 Die veiligheidshek moet binne-in die deur reses aangebring en aan die dagwange vasgeheg word. 9.3.2 Die veiligheidshek moet esteties by die goedgekeurde kleur van die bestaande deurraam inskakel. 9.3.3 n Skematiese voorstelling of foto van die veiligheidshek, tesame met die voorgestelde kleur en vervaardigingsmateriaal van die veiligheidshek, sowel as n kleurfoto van die bestaande deurraam van die woning, moet vooraf aan die Estetiese Komitee vir goedkeuring voorgelê word. Figuur 2: Trellidor Clearview-veiligheidshek Figuur 3: Viewprotect-veiligheidshek 14

Figuur 4: n Staal sekuriteitshek met 25mm stawe 9.3.4 Alle bestaande veiligheidshekke wat voor 1 Oktober 2015 aangebring is, en wat nie aan die bepalings van klousule 9.3 voldoen nie, moet by die verkoop van die Eiendom deur die verkoper verwyder word. Verpligte verwydering van die hek en vervanging daarvan met n nuwe hek, soos in klousule 9.3 gespesifiseer, moet in die koopkontrak vermeld word. Indien dit nie gedoen word nie, sal die nuwe Eienaar van die Eiendom aanspreeklik gehou word. 9.3.5 6 Geen eksterne gemonteerde son- of reënskerms word toegelaat wat nie n muur of n dak is nie. Skadu-elemente moet n integrale deel van die argitektoniese aansig en uitleg van die woning vorm. Die volgende son- of reënskerms word toegelaat: 9.3.5.1 Beton kantelbalk beperk tot n oorhang van nie meer as een duisend millimeter (1000mm); 9.3.5.2 Dak wat voldoen aan die bepalings van reël 7; 9.3.5.3 Fabrieksvervaardigde aluminium of staalhortjiedakke wat voldoen aan die bepalings van reël 7.2; 9.3.5.4 Hortjies word as diefwering geag en sal die bepalings van reël 9.2 en 9.3 geld. 9.3.6 Natuurlike hardehout mag nie geverf word nie, maar kan wel met n sonbeskermende vernis bedek word. Swart of amper swart vernis word slegs met vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee toegelaat. 5 Dakbalke mag nie geverf word nie, maar slegs behandel word ten einde die lewensduur daarvan te verleng. 10. EKSTERNE DEURE 5 Ingevoeg 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 6 Reël 9.3.5 9.3.5.4 ingevoeg 2 Augustus 2018. Goedgekeur deur die Direksie 25 Julie 2018 15

Eksterne deure moet van natuurlike hardehout of hardehout en glas of aluminium en glas (in brons of houtafwerking) vervaardig wees. 11. STOEPE, BUITEPORTALE EN PRIËLE 11.1 Onderworpe aan die bepalings van reël 11.2 en 11.3, mag pilare van stoepe, buiteportale of priële slegs van staal of steen vervaardig word. Sogenaamde Romeinse of Griekse style pilare word nie toegelaat nie. Waar pilare van steen gebruik word, moet dit gepleister word. Die voorskrifte m.b.t. verfkleure vervat in reël 6 sal geld vir die verf van pilare. Siersteen of ander dekoratiewe elemente sal slegs toegelaat word in pilare waar siersteen of die betrokke dekoratiewe element reeds aan die struktuur van die huis gebruik is, en slegs op vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee. 11.2 Waar pilare van staal gebruik word, moet elke pilaar n voetstuk bevat soos bepaal in reël 11.3. 11.3 Waar voetstuke wat in pilare van stoepe, buiteportale of priële gebruik word, moet die staalpilaar op n voetstuk van vyf honderd millimeter (500mm) hoog geplaas word. Die voetstuk moet gebou, glad gepleister en aan alle kante geverf word. Geen voetstukke van staal word toegelaat nie. Die voorskrifte m.b.t. verfkleure vervat in reël 6, sal geld vir die verf van voetstukke. Siersteen of ander dekoratiewe elemente sal slegs toegelaat word waar siersteen of die betrokke dekoratiewe element reeds aan die struktuur van die huis gebruik is, en slegs op vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee. 12. MOTORHUISE EN OPRITTE 12.1 n Maksimum van vier (4) motorhuise sal direk langs mekaar op n voltitel Erf toegelaat word. Waar drie (3) of meer motorhuise langs mekaar gebou word moet daar ten minste een (1) dubbel motorhuisdeur gebruik word en moet die aansig van die motorhuise versag word deur die motorhuise te verstap of te skei van mekaar. 12.2. Motorhuise se deure moet van hardehout of die volgende metaal vervaardig wees: Aluzinc in die Paneel- of horizontal slatted styl. Slegs die volgende kleure word toegelaat: o Buffalo Brown Chromadek staal deure in die Paneel of horizontal slatted styl. Slegs die volgende kleure word toegelaat: o Buffalo Brown 16

Fig 5: Voorbeeld van staal motorhuisdeur in paneel styl Fig 6 Voorbeeld van motorhuisdeur in horizontal slatted -styl. Hardehout motorhuisdeure mag vernis, maar nie geverf word nie. Motorhuisdeure kan slegs met vooraf goedkeuring van die Estetiese Komitee swart of amper swart vernis word. 17

12.3 Die oprit en motorhuis van enkelwonings moet so beplan word dat daar ten minste twee (2) motors op die Erf geparkeer kan word. Dit sluit die motors in die motorhuis uit. Elke voltitel woning moet oor ten minste twee (2) motorhuise beskik en waar n motorhuis tydelik vir ander doeleindes gebruik word, mag geen motor op gereelde basis buite geparkeer word nie. Waar daar wel ten minste twee (2) motorhuise beskikbaar is en as motorhuise gebruik word, maar die inwoners oor meer as twee (2) motors beskik, mag addisionele motors buite motorhuise geparkeer word onderhewig daaraan dat 12.3.1 geen herstelwerk buite motorhuise aan motors gedoen mag word nie en motors dus nie vir doeleindes van herstelwerk buite motorhuise geparkeer mag word nie; 12.3.2 die motors wat wel buite motorhuise geparkeer word gereeld gebruik word, en nie op n permanente of semi-permanente basis daar geparkeer word nie; 12.3.3 die motors wat wel buite geparkeer word nie onooglik of onnet vertoon en afbreek doen aan die woning of die omliggende area nie. 12.3.4 motorhuise slegs gebruik word om motors in te stoor. Ander items kan in n motorhuis gestoor word slegs indien n motor of motors (by dubbelmotorhuise) steeds in die motorhuis gestoor kan word. Motorhuise mag onder geen omstandighede as n addisionele leefvertrek of wooneenheid gebruik word nie. 12.4 Opritte mag, vir die gedeelte vanaf die sypaadjie tot die straat grenslyn, nie breër as ses (6) meter wees nie. Vergunning mag vooraf deur die Estetiese Komitee verleen word waar daar vier (4) of meer motorhuise op n Erf met n enkel straatfront is, dat twee (2) afsonderlike toegange tot die Erf mag wees, onderworpe daaraan dat: 12.4.1. Die Eienaar aansoek doen vir bogemelde vergunning deur die indiening van n terreinplan op skaal 1:200. 12.4.2. Die totale breedte van beide toegange gesamentlik nie nege (9) meter of vyftig present (50%) van die lengte van die straatfront (welke een die kleinste is), oorskry vir die gedeelte vanaf die sypaadjie tot die straatgrenslyn nie. 12.5 Onderworpe aan die bepalings van reël 12.4, mag opritte nie die breedte van die motorhuis(e) op die Erf oorskry nie. Waar opritte die breedte van die motorhuis oorskry, sal daardie oppervlakte wat oorskry, geag word om deel te vorm van die harde landskapsargitektuur en moet daar aan die bepalings van reël 3.7 voldoen word. 12.6 Opritte mag nie van, beton teer, gebreekte klippe, gruis of enige vorm van crazy paving of plaveipaadjies (patrone in sementblaaie) vervaardig word nie. n Monster of spesifikasie moet aan die Estetiese Komitee voorgelê word vir vooraf goedkeuring voor die legging van die oprit. 12.7 Om voorsiening te maak vir enige kabels en pype moet n honderd en tien millimeter (110 mm) PVC-pyp onder alle opritte en paadjies wat oor die sypaadjie gebou word, geïnstalleer word. 12.8. Motorhuise en buitekamers mag nie los van die hoofgebou gebou wees nie, maar moet deel daarvan vorm. 18

12.9 Geen randstene mag deur die Eienaar verwyder word sonder die vooraf toestemming van die Estetiese Komitee nie. 13. PARKERING 13.1. Parkeerareas vir komplekse en groepsbehuisingskemas moet as volg verskaf word: GROOTTE VAN EENHEDE MINIMUM VEREISTES VIR PARKERING Eenhede van 1 of 2 bewoonbare vertrekke Eenhede van 3 bewoonbare vertrekke Eenhede van 4 of meer bewoonbare vertrekke Gaste 0.5 addisionele ruimtes/eenheid 1.0 ruimte per eenheid 1.25 ruimtes per eenheid 1.5 ruimte per eenheid 14. SYPAADJIES 14.1 Vir doeleindes van hierdie reël beteken sypaadjie die area tussen die erfgrens en die randsteen van die pad. 14.2 Die versorging van sypaadjies is van kardinale belang, aangesien dit n direkte invloed op die estetiese voorkoms van die Landgoed het. 14.3 Alhoewel die sypaadjie nie die Eiendom is van die Eienaar van die aangrensende Erf nie, is die Eienaar verantwoordelik vir die versorging en instandhouding daarvan. 14.4 Waar geen gras op die sypaadjie aangeplant is nie, moet die Eienaar tuine op die sypaadjie aanlê met dien verstande dat geen tuine, struike of bome die vrye gebruik, van die sypaadjie, vir ten minste een meter vanaf die straat randsteen, deur voetgangers sal belemmer nie. Die aanplant van bome, struike en plante op die sypaadjies mag nie voetgangers verhinder om op die sypaadjie te loop of die sig van motoriste beperk nie. Slegs inheemse bome mag op die sypaadjies en op die Gemeenskaplike areas van die Landgoed aangeplant word. 14.5 Waar gras, bome of struike op n sypaadjie aangeplant is, ongeag of dit deur die Vereniging of die betrokke Eienaar of n vorige Eienaar aangeplant is, is die huidige Eienaar (inwoner) van die aangrensende Erf verantwoordelik om dit behoorlik te onderhou. Onderhoud beteken die gereelde natmaak (onderworpe aan waterbeperkings), sny en ander instandhouding wat benodig word om die sypaadjie netjies te laat vertoon. 14.6 Waar bome deur die Vereniging op n sypaadjie aangeplant is en die bome vrek, is die Eienaar van die aangrensende Erf verantwoordelik om dit te vervang. Aangesien randsnyers wat gebruik word om gras wat tot teenaan die stam van bome aangeplant is te sny, die bas van bome beskadig en tot gevolg het dat dit vrek, moet bome wat deur die Vereniging op sypaadjies aangeplant is ten alle tye van n bedding voorsien word. 14.7 Die Vereniging is verantwoordelik vir die instandhouding van sypaadjies voor Gemeenskaplike Eiendom. Sypaadjies voor Gemeenskaplike Eiendom kan in n natuurlike staat (natuurlike veldgras) gehou word om aan te pas by die Gemeenskaplike Eiendom waarteen dit geleë is. 19

14.8 Indien tuine op sypaadjies aangrensend tot n leë Erf na skriftelike vermanings nie behoorlik deur die Eienaar in stand gehou word nie, en die sypaadjie dan noodgedwonge deur die Vereniging in stand gehou moet word, sal die heffingsrekening van die betrokke Erf met n bedrag van sestig rand (R60.00) per maand of sodanige bedrag wat van tyd tot tyd bepaal word, gedebiteer word om kostes te verhaal. 14.9 Geen bome, plante of grasperk mag sonder die toestemming van die Vereniging van die sypaadjie verwyder word nie. Indien enige bome, plante of n grasperk op die sypaadjie a.g.v. bouwerk beskadig word, is dit die Eienaar se plig om dit tot bevrediging van die Vereniging te vervang/herstel. Die Vereniging kan enige skade op die onkoste van die Eienaar herstel. Die onkoste sal van die maandelikse Heffing verhaal word in die maand waarin die skade herstel is. 14.10 Indien enige van die bovermelde reëls nie deur die Eienaar of inwoner nagekom word nie, veral nadat die Vereniging die Eienaar skriftelik daarvan verwittig het, behou die Vereniging hom die reg voor om boetes te hef, of om die werk op die Eienaar se onkostes te laat doen en die uitgawes saam met die bestaande Heffing te laat aftrek. 15. GRENSMURE EN BINNEMURE Om n mate van visuele integriteit te bewerkstellig, sal die ontwerp van grensmure streng beheer word en moet die ligging en ontwerp op bouplanne aangedui word. Geen afwykings van hierdie voorskrifte sal sonder die goedkeuring van die Estetiese Komitee toegelaat word nie. 16. GRENSMURE EN MURE BINNE N ERF 16.1 Die veiligheidsheining om die Landgoed val buite die bestek van hierdie reëls en hierdie voorskrifte is derhalwe net van toepassing op residensiële erwe binne die Landgoed. 16.2 Vir doeleindes van hierdie reël 16 sal die volgende terme die betekenisse hê wat ingevolge hiervan daaraan toegeken is en ooreenstemmende uitdrukkings sal ooreenstemmende betekenisse hê: 6 16.2.1 Grensmuur beteken: 16.2.1.1 n muur opgerig op of langs die grens van n Erf, of; 16.2.1.2 die eerste muur, behalwe die muur van die woning, wat sigbaar is vanaf die straatfront en wat meerendeels parallel opgerig is tussen die straatfront en die aansig van n woning. 16.2.2 Muur beteken n reopstaande struktuur wat ten doel het om n Erf te verdeel, in te sluit of te beskerm. Heining en skerm het dieselfde betekenis. 16.2.3 Skermmuur beteken n muur, anders as n grensmuur en wat nie deel van die struktuur van die woning uitmaak nie, wat opgerig is om n sekere uitsig te versteek of te verbreek en ondersteun geen vertikale gewig behalwe die 6 Reël 16.2 16.2.3 gewysig 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 20

skermmuur se eie gewig nie. 16.3 Die Vereniging verkies dat erwe nie met mure toegebou moet wees nie, maar verbied nie die oprigting van grensmure nie. Voorkeur moet gegee word aan die gebruik van struike, bome en plante om privaatheid te verseker en natuurlike heinings te vorm en sodoende by die karakter van die Landgoed aan te pas. Grensmure en skermmure is dus nie verpligtend nie, maar indien dit opgerig word moet planne vir goedkeuring aan die Estetiese Komitee voorgelê word en moet dit van stene/klip of van stene/klip en staal vervaardig word, en opgerig word in ooreenstemming met die voorskrifte, detail afwerking en kleure soos hieronder en elders in hierdie reëls voorgeskryf word. 16.4 Geen muur of heining of skerm wat vervaardig is van ondeursigtige staal, devils fork (met of sonder skerp punte), draad, hout en/of vooraf gegote beton, sal op die grens of binne die grense van n Erf toegelaat word nie, behalwe in soverre dit spesifiek vergun word in hierdie reëls. 16.5 Waar hout of staal wel in grensmure en skermmure gebruik word, mag dit slegs dekoratief aangewend word. In gevalle waar hout gebruik word, mag dit nie meer as tien present (10%) van die totale oppervlakte van enige paneel van die muur beslaan nie. 16.6 Waar deursigtige staal dekoratief in n muur gebruik word, moet dit bo op n steen/klip fondasiemuur van ten minste vyfhonderd millimeter (500mm) hoog en tussen steen/klip pilare geplaas word. Die pilare moet ten minste drie honderd en dertig millimeter (330mm) breed wees, en nie verder as drie komma drie (3,3) meter uitmekaar geplaas, soos in Figuur 5 geïllustreer word, nie. Fig 5: Dekoratiewe staal as deel van n grensmuur bo-op n steen/klip fondasiemuur 16.7 Waar grensmure of binnemure geheel of gedeeltelik van steen opgerig sou word, moet albei kante glad gepleister en aan beide kante geverf word. Die voorskrifte m.b.t. verfkleure vervat in reël 6, sal geld vir die verf van grensmure of skermmure. Siersteen sal slegs toegelaat word waar siersteen reeds as dekoratiewe element aan die struktuur van die huis gebruik is, en slegs op vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee. Indien die Eienaar verkies om enige dekoratiewe effek in die pleister aan te bring, moet dit vooraf aan die Estetiese Komitee voorgelê word vir goedkeuring. Kwasgesmeerde of sakgesmeerde mure sal nie toegelaat word nie. Indien n Eienaar egter n klein dekoratiewe element aan die binnekant van n grensmuur wil aanbring wat kwasgemeer of sakgesmeer is, moet dit as sodanig op bouplanne aangedui word en spesifiek vooraf deur die Estetiese Komitee goedgekeur word. 21

16.8 Grensmure en skermmure mag nie n hoogte van een komma agt (1,8) meter soos gemeet vanaf die natuurlike grondvlak reg langs die muur, oorskry nie 7 en mag nie laer wees as een komme twee (1,2) meter nie. Waar die skuinshelling van n Erf dit vereis, moet die muur teen die helling afgestap word en moet goedkeuring deur die Estetiese Komitee verleen word indien die muur, ondanks die afstapping, die hoogtebeperking oorskry. Die Estetiese Komitee kan in hul diskresie, en na aansoek van n Eienaar, goedkeuring verleen dat n grensmuur n hoogte van een komma agt (1,8) meter kan oorskry indien: 16.8.1 Die grensmuur tussen twee residensiële Eiendomme geleë is en die Eienaars van beide eiendomme toestem tot die verhoging van die grensmuur. Geen toestemming mag verleen word vir die verhoging van n grensmuur wat aan die straatfront, n groen of Gemeenskaplike Eiendom grens nie. 16.8.2 n Grensmuur van een komma agt (1,8) meter in die opinie van die Estetiese Komitee nie voldoende privaatheid aan een of beide van die residensiële erwe sal bied nie. 16.8.3 Die nuwe hoogte van die grensmuur nie twee komma een (2,1) meter oorskry nie. 16.8.4 Die totale lengte van die gedeelte van die grensmuur waarop die hoogte van een komma agt (1,8) meter oorskry word tussen twee (2) erwe, mag nie langer as nege (9) meter wees nie en moet aaneenlopend wees. 16.8.5 Enige oorskryding van die hoogte van een komma agt (1,8) meter, indien dit van n straatfront of Gemeenskaplike Eiendom gesien word, mag nie, in die opinie van die Estetiese Komitee, afbreuk doen aan die karakter van die Landgoed nie. 16.8.6 Enige oorskryding van die hoogte van een komma agt (1,8) meter nie inbreuk sal maak op enige ander inwoner se uitsig van n groen area nie. 16.8.7 Planne vir die verhoging van die muur bo een komma agt (1,8) meter moet vooraf aan die Estetiese Komitee voorgelê word vir goedkeuring waarna dit aan die Plaaslike Owerheid vir goedkeuring voorgelê moet word. Die verhoogde muur moet aan die vereistes van SANS 10400 voldoen. 16.9 Ten minste sewentig present (70%) van enige grensmuur aan enige straatfront moet deursigtig wees. Dit beteken dat dertig present (30%) van die straatfront in lengte n soliede muur kan beslaan indien die restant geen muur het nie, of die muur van steen/klip en deursigtige staal vervaardig word en feitlik heeltemal deursigtig is of, alternatiewelik, dat die hele straatfront in lengte deur n muur begrens kan word waarvan ten minste sewentig present (70%) deursigtige staal beslaan. 8 Fondasiemure van n grensmuur wat nie vyf honderd millimeter(500mm) oorskry nie en pilare wat nie breër is as drie honderd en dertig millimeter (330mm) nie, soos uiteengesit in reël 16.6, sal geag word as deel van die deursigtige struktuur van n grensmuur te vorm. In gevalle van n hoekerf wat deur twee (2) strate begrens word, geld bovermelde voorskrif vir elke straatfrontgrens afsonderlik. 7 Ingevoeg 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 8 Ingevoeg 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 22

16.10 Geen elektriese veiligheidsheinings word binne die grense van die Landgoed toegelaat nie. Ten einde die beweging en gepaardgaande skade aan tuine deur wild te beperk, kan n lae wildsheining egter, onderhewig aan die onderstaande voorwaardes, op die grens van n Erf met n groen-area, of binne n Erf aangebring word. Indien n Eienaar wel n wildsheining oprig en versuim om aan enige van die onderstaande voorwaardes te voldoen, sal n maandelikse boete van drie duisend rand (R3000.00) per maand (BTW uitgesluit) gehef word tot tyd en wyl die heining verwyder is, en sal geen toestemming na sodanige versuim vir die oprigting van die heining oorweeg word nie. Die voorwaardes is: 16.10.1 n Aansoek vir oprigting van die wildsheining moet voor oprigting ingedien en deur die Estetiese Komitee goedgekeur word; 16.10.2 Die heining moet deur n geregistreerde installeerder geïnstalleer word, moet voldoen aan alle statutêre voorskrifte, en die nodige sertifikate moet binne sewe (7) dae na oprigting by die Vereniging ingedien word waarna die installasie deur n beampte van die Vereniging nagegaan sal word; 16.10.3 Die wildsheining mag nie op n straatfront-grens, of op die grens tussen twee (2) erwe, aangebring word nie met dien verstande dat so n heining wel tussen twee erwe aangebring mag word indien beide eienaars dit versoek. Waar daar wel n behoefte is om met n wildsheining te verhoed dat wild vanaf die straatfront die Erf binnekom, mag so n wildsheining nie nader as vyf (5) meter vanaf die straatfrontgrens aangebring word nie. Die heining mag nie bo-op n grensmuur of muur binne n Erf aangebring word nie; 23

16.10.4 Die heining moet voorsien word van die nodige voorgeskrewe waarskuwingsborde; 16.10.5 Ten einde te verhoed dat kinders aan die heining vat, mag dit nie bedags aangeskakel wees nie, en mag dit slegs tussen 19:00 en 07:00 by wyse van n tydskakelaar van krag voorsien word. Die oprigter moet sertifiseer dat n tydskakelaar wel voorsien is. Selfs waar aan al hierdie vereistes voldoen word, sal die Eienaar van die Erf verantwoordelik bly indien enige ander inwoner deur die heining beseer word, en aanvaar die Vereniging geen verantwoordelikheid in hierdie verband nie; 16.10.6 Die wildsheining mag nie n hoogte van vier honderd millimeter (400mm), soos gemeet vanaf die natuurlike grondvlak reg langs die heining, oorskry nie; 16.11 Waar n Erf aangrensend tot n groen-area is, mag daar op die grens met die groen area n deursigtige houtpaalheining opgerig word om wild uit die tuine te hou (soos in figuur 6 voorgestel), onderhewig aan die volgende voorwaardes: 16.11.1 Die ontwerp en ligging van die heining moet vooraf vir oorweging aan die Estetiese Komitee voorgelê word; 16.11.2 Die heining mag nie op enige plek hoër as ses honderd millimeter (600 mm) vanaf die natuurlike grondvlak wees nie; 16.11.3 Die heining moet van natuurlike hout gemaak wees, en mag nie geverf word met enige ander produk of kleur as normale hout-olies of kleurlose vernis nie; 16.11.4 Die heining moet bestaan uit vertikale houtpilare wat tussen honderd millimeter (100mm) en twee honderd millimeter (200mm) dik is, en wat nie hoër as seshonderd millimeter (600mm) bo die natuurlike grondvlak uitsteek nie. Die vertikale houtpilare kan verbind word met twee of drie horisontale houtpale van ongeveer honderd millimeter (100mm) tot honderd en vyftig millimeter (150mm) dik. Figuur 6: n Houtheining wat aan die spesifikasies, soos uiteengesit in paragrawe 16.11.1-16.11.4, voldoen 16.12 Geen materiaal soos CDs, gevaarlint, plastieksakke of dergelike metodes mag aangewend word om wild uit tuine te hou nie. 17. HOUTSKERMS EN BOMAS 24

17.1 Die gebruik van n houtskerm om n buite-braai area (boma) of houtskerm om n gedeelte van n patio af te skerm, is toelaatbaar, mits dit by die ontwerp van die woning inpas en vooraf deur die Estetiese Komitee goedgekeur is. 17.2 Houtfokuspunte of houtskerms mag wel as estetiese element in n tuin gebruik word, met dien verstande dat so n skerm nie hoër as een komma agt (1,8) meter of breër as twee (2) meter is nie, en die ontwerp, plasing en oprigting daarvan vooraf deur die Estetiese Komitee goedgekeur is. Waar meer as twee (2) sulke skerms langs mekaar of binne twee (2) meter van mekaar gebruik word, sal dit geag word n muur te wees, en derhalwe in terme van reël 16 ontoelaatbaar wees. Houtfokuspunte of houtskerms mag nie binne vyf honderd millimeter (500mm) parallel met n grensmuur of bo-op n grensmuur geplaas word nie. 17.3 Die bepalings van reël 29.1 van die Handleiding vir Gemeenskapsdeelname sal geld indien enige houtmuur of houtheining of houtskerm, soos verbied in reël 17, op n Erf geïnstalleer word, of indien enige houtfokuspunt of houtskerm, soos in reël 17.2 teenstrydig met die betrokke bepalings opgerig is, of die ontwerp esteties onaanvaarbaar vertoon, of indien dit nie behoorlik onderhou word nie, of dit onnet vertoon. 18. BOULYNE Die volgende boulyne sal op die Landgoed geld: 18.1 Straatgrens - Minimum van vyf (5) meter 18.2 Agtergrens - Minimum van drie (3) meter vir n enkel verdieping woning - vier punt vyf (4.5) meter vir n dubbelverdieping 18.3 Sygrens - Minimum van twee punt twee vyf (2.25) meter vir n enkelverdieping woning en drie (3) meter vir n dubbelverdieping. 18.4 Aansoeke vir verslapping van die boulyne van n Erf waarop gebou gaan word sal slegs deur die Estetiese Komitee aanbeveel word vir goedkeuring deur die Plaaslike Owerheid indien dit vergesel is van n motivering deur die Eienaar asook skriftelike goedkeuring van eienaars van aanliggende en nabygeleë erwe wat daardeur geraak mag word. Sodra die Eienaar die uitslag ontvang vanaf die die Plaaslike Owerheid moet n afskrif daarvan ingehandig word by die Vereniging alvorens toestemming verleen sal word om met die bouproses voort te gaan. 18.5 Waar n erf oor twee (2) straatfronte beskik, kan die Estetiese Komitee, op aansoek van die Eienaar, oorweging skenk dat die boulyn op die een (1) straatfront waar daar nie n oprit of motorhuis is nie, verminder kan word tot nie minder as drie (3) meter nie. 19. DEKKING VAN WONINGS OP ERWE Die volgende dekking sal geld op die Landgoed: Maksimum dekking vir n enkel woning vyftig present (50%) van die grootte van die Erf. 25

Maksimum dekking vir n kompleks Maksimum dekking vir groepsbehuising vyf en veertig present (45%) van die grootte van die Erf aanpasbaar tot vyf en vyftig present (55%). veertig present (40 %) aanpasbaar tot vyftig persent (50%). (Aanpasbaarheid/Verslapping is onderhewig aan die Estetiese Komitee). 20. EKSTERNE PYPE, LOS EN VASTE TOEBEHORE EN APPARATE 20.1 Die kleur van reënwaterafvoerpype moet ooreenstem met die kleur van die eksterne mure. 9 Die kleur van n geut moet so na as moontlik aan die kleur van die dakveselsementbord ( fasiebord ) wees. Indien daar geen veselsementbord ( fasiebord ) teen die dak aangebring is nie, moet die geut se kleur dieselfde of so na as moontlik aan die kleur van die eksterne muur wees. UPvC 10 of wit pype word nie toegelaat om as geute of reënwaterafvoerpype gebruik te word nie. Daar word aanbeveel dat van Chromadek geute en reënwaterafvoerpype gebruik gemaak moet word. 11 Waar Chromadek reënwaterafvoerpype geïnstalleer is of word, moet die kleur van sodanige Chromadek reënwaterafvoerpype wesenlik ooreenstem met die kleur van die eksterne muur. Waar Chromadek geute geïnstalleer is of word, moet die kleur van die sodanige Chromadek geute wesenlik ooreenstem met die kleur van die dakveselsementbord, of waar daar geen veselsementbord ( fasiebord ) teen die dak aangebring is nie, moet die geut se kleur dieselfde of so na as moontlik aan die kleur van die eksterne muur wees. Waar Chromadek geute en reënwaterafvoerpype reeds geïnstalleer is, en n Lid wil die kleur van eksterne muur verander, moet vooraf goedkeuring vanaf die Estetiese Komitee verkry word. Waar n Lid Chromadek geute en reënwaterafvoerpype wil installeer, moet die Estetiese Komitee vooraf die kleur komibinasie van die Chromadek geute en reënwaterafvoerpype en die eksterne muur 12 en/of die dakveselsementbord ( fasiebord ) goedkeur. Alle ander afvoerpype moet in die struktuur van die huis versteek word. 20.2 Alle loodgieterspype van wonings waarvan die konstruksie na die datum van hierdie wysiging n aanvang neem, moet binne n diensteskag versteek word. Die skag moet in die konstruksie van die woning versteek wees op so n wyse dat daar nie n vlakverskil is tussen die voorkant van die skag en die res van die buitemuur nie. Die voorkant van die skag moet op so n wyse bedek word dat die pype nie vanaf enige ander Erf sigbaar is nie. Loodgieterspype mag voortaan nie meer teen die buitewande van n buitemuur aangebring en ge- boks word nie. 20.3 Venster-gemonteerde lugreëling-toebehore word nie toegelaat nie. Buite-eenhede van lugreëlings en hittepompe moet op die grond geplaas word en moet versteek word sodat dit buite sig van enige straat of Gemeenskaplike Eiendom is. In spesiale gevalle kan die Estetiese Komitee toestemming gee vir afwyking van hierdie bepaling. Die eenhede moet versteek word deur n metaalstruktuur /-raam daarom aan te bring wat bedek word met 9 Ingevoeg 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 10 Ingevoeg 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 11 Ingevoeg 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 12 Ingevoeg 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 26

veselsementborde of expanded metal, en wat dieselfde kleur as die buitemuur waarteen dit geplaas is, geverf word. Die versteking van eenhede deur skerms van houtlatte daarvoor aan te bring, is nie toelaatbaar nie. 20.4 Satellietskottels word toegelaat op voorwaarde dat dit in ooreenstemming is met die tipes wat normaalweg vir televisieopvangs benodig word. 20.5 Die Estetiese Komitee sal by magte wees om die posisie en intensiteit van eksterne beligting te bepaal. Geen spreligte waarvan die lamp horisontaal gestel is en by n aangrensende of die Gemeenskaplike Eiendom inskyn, is toelaatbaar nie. 20.6 Eenvormige straatnommers sal deur die Vereniging op randstene aangebring word. 20.7 Balkon- en trapreëlings moet van goedgekeurde staal, natuurlike behandelde harde hout of kombinasie van staal/aluminium en glas vervaardig word. Die gebruik van kabels in kombinasie met staal word ook toegelaat. Voorafgegote beton elemente word nie in balustrades toegelaat nie. Vlekvrye staal mag slegs gebruik word mits dit nie gepoleer is nie en n dowwe (brushed) voorkoms het in welke geval dit dan ook in kombinasie met hout of glas gebruik kan word. 20.8 Die gebruik van eksterne wateropgaartenks om reënwater en gebruikte water op te vang en vir tuine of andersins te gebruik, word aangemoedig onderhewig aan die volgende: 20.8.1 Die tenks moet duidelik op die bouplanne van nuwe wonings aangedui word en vooraf deur die Estetiese Komitee goedgekeur word. Die tenks se plasing moet tydens die ontwerp van nuwe woonhuise in ag geneem word, sodat dit esteties goed sal inpas; 20.8.2 Waar n opgaartenk by bestaande wonings geïnstalleer word moet die installasie, ligging, plasing en wyse waarop dit versteek sal word vooraf deur die Estetiese Komitee goedgekeur word; 20.8.3 Die Estetiese Komitee sal die volgende faktore in ag neem tydens die oorweging vir die installasie van n watertenk: 20.8.3.1 Die tenks moet teen die huis en indien moontlik buite sig van die naasliggende bure geplaas word. 20.8.3.2 Die tenks mag glad nie sigbaar wees vanaf straatfront of, Gemeenskaplike Eiendom nie, of die grondvloervlak van die aangrensende eiendom wees nie. 20.8.3.3 Waar n tenk sigbaar is vanaf die straatfront, Gemeenskaplike Eiendom of van die 13 natuurlike grondvloervlak van die aangrensende eiendom, moet die tenk versteek word deur n muur. 14 Onderworpe aan die bepalings van klousule 16.8, mag die hoogte van sodanige muur nie twee komma een (2,1) meter oorskry nie. 13 Ingevoeg 2 Augustus 2018. Goedgekeur deur die Direksie 25 Julie 2018 14 Gewysig 2 Augustus 2018. Goedgekeur deur die Direksie 25 Julie 2018 27

Indien die muur beskou word as n buitemuur in terme van reël 5.5, sal die bepalings van reël 5.5 geld. Die muur moet gepleister en dieselfde kleur as die woning geverf word. 20.8.3.4 Ligbruin, grys of groen watertenks sal toegelaat word. 20.8.3.5 Enige afvoerpype wat water vanaf die dak na die tenk voer moet voldoen aan die vereistes van reël 20.1. 21. ERFGEBRUIK 21.1 Wasgoedlyne, wasgoedstaanders en bergings-areas vir afval moet afgeskort wees om hulle buite sig van die straatfront te plaas. 21.2 Bote en karavane moet in motorhuise geberg word. Huishoudelike sleep-waentjies mag op die perseel parkeer word op voorwaarde dat dit nie vanaf die straatfront sigbaar is nie. 21.3 Afdakke vir voertuie word verbied. Porte cachere s word wel toegelaat. Die funksie daarvan moet egter duidelik wees en mag nie as permanente parkering vir voertuie gebruik word nie. 21.4 Tydelike of permanente strukture wat Wendy huise, hutte en tente insluit, maar nie tot laasgenoemde beperk is nie, word nie toegelaat nie. 21.5 Hondehokke is toelaatbaar, maar moet buite sig van die straatfront wees. Horisontale stoorruimtes, soos in figuur 7 aangetoon, is toelaatbaar, mits dit aan die volgende vereistes voldoen: 21.5.1 Dit nie die volgende mates oorskry nie: Lengte: honderd en tagtig sentimeter (180cm). Hoogte: honderd en twintig sentimeter (120cm). Breedte: honderd en twintig sentimer (120cm). 21.5.2 Dit buite sig van n Gemeenskaplike area is. 21.5.3 Dit van duursame plastiek gemaak is. 21.5.4 Die fabriekkleur van die stoorruimte moet so na as moontlik aan die primêre kleur van die woning wees. 21.5.5 Dit voortdurend in stand gehou word. 28

Figuur 7: Aanvaarbare horisontale stoorruimte 21.6 Met die uitsondering van sonpanele soos in reël 7.7 uiteengesit, sal geen flitsende ligte of material wat lig weerkaats (insluitend flitsende toestelle wat ten doel het om diere of voëls te verjaag), toegelaat word om op n Erf, of op die dak van of teen n woning aangebring te word nie. 22. SWEMBADDENS 22.1 Planne van swembaddens moet soos met bouplanne deur middel van die aangewese argitek van die Direksie aan die Estetiese Komitee voorgelê word vir goedkeuring en sal die relevante aansoekfooi geld. 22.2 Die posisionering van swembaddens sal onderhewig wees aan die beperking van boulyne, riool- en waterpype wat moontlik op die Erf mag voorkom. Filtreerders moet buite sig van die straatfront wees en moet die posisie daarvan op die terreinplan aangetoon word. 22.3 Heinings wat voldoen aan die minimum standaarde vir die beveiliging van swembaddens soos voorgeskryf in SANS 1390 en die Wet op Nasionale Bouregulasies en Boustandaarde (103 van 1977), sal om swembaddens vereis word. 23. DUBBELVERDIEPINGWONINGS 23.1 Die hoogte van n woning word beperk tot twee (2) verdiepings met voorbehoud van die uitsonderings soos bepaal in 5.7 hierbo. Ondergrondse, nie-bewoonbare vlakke (bv. kelders, stoorruimtes en wynkelders) sal nie geag word as n verdieping nie mits: 23.1.1 Die ondergrondse vlak slegs van binne die woning toeganklik sal wees en; 23.1.2 Die natuurlike grondvlak (soos uiteengesit in reël 5.6) nie verander of gemanipuleer is ten einde vir die ondergrondse vlak voorsiening te maak nie. 24. GASTEWOONSTELLE, ONDERVERDELINGS EN KONSOLIDASIE VAN ERWE 24.1 Vir doeleindes van hierdie reël beteken woonstel n afsonderlike gedeelte van n woning wat selfstandig kan funksioneer of wat wat deur iemand afsonderlik van die woonhuis 29

bewoon kan word. As aanduiding sal dit bv. oor ten minste n slaapkamer en n eie badkamer en het gastewoonstel n soortgelyke betekenis. 24.2 Residensiële erwe op die Landgoed is gesoneer vir n enkel woning. Geen duette / tweede wonings mag dus op een Erf gebou word nie. Dit beteken dat woonstelle wat afsonderlik bewoon kan word en dus as tweede woning beskou word, ook nie sonder Plaaslike Owerheid goedkeuring oorweeg kan word nie. Die bou of aanbou van gastewoonstelle mag dus slegs onder spesiale omstandighede deur die Estetiese Komitee oorweeg word, mits 24.2.1 dit spesifiek so deur die Plaaslike Owerheid goedgekeur is binne die sonering van die betrokke Erf (sien egter reël 24.5 in hierdie verband); 24.2.2 slegs indien so n woonstel fisies en visueel aansluit by die hoof-wooneenheid en dit sal voorkom of dit deel van die hoof-wooneenheid is. Fisiese aansluiting beteken dat die woonstel met n binnedeur verbind is aan die hoofgebou of hoof-woning. Die woonstel mag dus onder geen omstandighede n aparte/ losstaande entiteit of eenheid op dieselfde Erf wees nie. 24.2.3 die oppervlak area van die woonstel nie meer as sestig (60) vierkante meter of twintig persent (20%) van die oppervlakte van die hoofwoning (welke een die kleinste is) beslaan nie. 24.2.4 Die Eienaar skriftelik onderneem dat die woonstel nie onderverhuur of andersins vir inkomste doeleindes gebruik word nie en om met die verkoop van die Eiendom hierdie besluit aan die nuwe Eienaar oor te dra wat ook moet onderneem om hierdie vereiste te eerbiedig. 24.2.5 Slegs een woonstel per Erf sal oorweeg word. 24.3 n Dubbelheffing sal sonder uitsondering gehef word indien goedkeuring vir die bou of aanbou van so n woonstel gegee word. Selfs waar n woonstel dus nie vir inkomstedoeleindes verhuur of aangewend word nie, sal die goedkeuring daarvan beteken dat die Eienaar n dubbelheffing sal betaal. 24.4 Waar n woonstel sonder toestemming aangebou/aangebring is sal die Vereniging die Eienaar kan verplig om dit te verander ten einde aan die bepalings van hierdie reëls te voldoen en kan die Vereniging maandeliks boetes hef teen die Eienaar tot tyd en wyl die afwyking reggestel is. 24.5 n Erf mag nie onderverdeel of hersoneer word nie. Daar mag ook nie vir n deeltitelplan aansoek gedoen word nie of die titelaktevoorwaardes gewysig word nie. 24.6 Indien twee (2) residensiële standplase gekonsolideer word, om n groter Erf te vorm, kan n dubbelheffing van toepassing wees. (Opmerking - Sien reël 13.9 van die Handleiding vir Gemeenskapsdeelname). 25. GAZEBO S / LAPAS 25.1 n Gazebo sal geag n vrystaande geboude struktuur in n tuin te wees waar persone van tyd tot tyd onthaal kan word. n Gazebo sal: 25.1.1 Aan alle kante oop wees of aan alle kante met glas toegemaak word; of 25.1.2 Aan nie meer as een kant (by n vierkantige struktuur) toegemaak wees met n muur wat gepleister en dieselfde kleur as die woning geverf is. Die restant van die gazebo kan met glas toegemaak wees. 30

25.1.3 Aan nie meer as negentig grade (90 ) (by n sirkelvormige struktuur) toegemaak wees met n muur wat gepleister en dieselfde kleur as die woning geverf is. Die restant die gazebo kan met glas toegemaak wees. 25.2. n Gazebo sal die enigste geboude struktuur wees wat toegelaat word om vrystaande van die woning op n Erf te wees. 25.3 n Gazebo se oppervlakte mag nie twintig vierkante meter (20m 2 oorskry nie. 25.4 Gazebo s se dakbedekking moet dieselfde wees as die van die woning. 25.5 n Gazebo mag onder geen omstandighede vir woondoeleindes gebruik word nie. 25.6 Die goedkeuringsfooi vir die oprigting van gazebo s beloop twee honderd en vyftig rand (R250.00) (BTW uitgesluit). 26. VERANDERINGS EN AANBOUINGS 26.1 Aanbouings moet ooreenstem met die oorspronklike boustyl, boumateriale en afwerkings van die wooneenheid. Die goedkeuringsplan met betrekking tot aanbouings en die relevante planfooi is ook hier van toepassing. Let wel: Alvorens enige veranderings of aanbouings aan n woning n aanvang mag neem, moet die Eienaar van sodanige woning reeds in besit van n Estetiese Goedkeuringsertifikaat en munisipale okkupasiesertifikaat wees. Sien ook reël 28.5. 26.2 Die Eienaar mag slegs van bouers wat geregistreer is by die NHBRC, gebruik maak tydens aanbouings. 27. BOORGATE 27.1 Onder geen omstandighede mag boorgate deur individuele Eienaars op hulle erwe gesink word nie. 28. VOLTOOIING VAN WONINGS 28.1 Die Eienaar van n leë erf of sy opvolger in titel moet binne 24-maande vanaf die datum van registrasie van transport van die Erf vanaf die Ontwikkelaar na die eerste Eienaar, n woning op die Erf voltooi. Indien die Eienaar, ongeag of hy die eerste Eienaar of n opvolgende Eienaar van die Erf is, versuim om n woning binne hierdie 24-maande periode te voltooi sal die Eienaar aanspreeklik wees vir die betaling van n maandelikse boete van twee duisend rand (R2000.00) plus BTW aan die Vereniging vanaf die dag wat onmiddelik volg op die datum van verstryking van die voormelde 24-maande tydperk tot en met die datum van voltooiing van die woning. Hierdie boete sal deel vorm van die Heffing. 28.1.1 Konstruksie van enige nuwe woning op Tsetsebe Plato, Moriti en Olienrant moet binne die relevante periode soos hieronder gestipuleer, vanaf die datum van aanvang van konstruksie volledig voltooi word. Vir die res van die Landgoed geld 31

n bouperiode van 9-maande. Vir die doeleindes van hierdie reël, sal geboude area geag te wees die oppervlakte van die area wat deur n dak bedek word: 28.1.1.1 Geboude area tot 450m 2 binne 9 maande 28.1.1.2 Geboude area 451m 2 tot 750m 2 binne 12 maande 28.1.1.3 Geboude area 750m 2 tot 1 200m 2 binne 15 maande 28.1.1.4 Geboude area meer as 1200m 2 binne 18 maande. 28.1.2 Indien die konstruksie nie binne die bouperiode soos uiteen gesit in reël 28.1.1, volledig voltooi word nie, sal die Eienaar verplig wees om bo en behalwe n boete wat in terme van reël 28.1.1 hierbo vermeld betaalbaar mag wees indien daardie tydperk oorskry word, n verdere boete, soos hieronder uiteen gesit, plus BTW per maand aan die Vereniging te betaal bereken vanaf die dag wat onmiddellik volg op die datum van verstryking van periode tot en met die datum van voltooiing van die woning. 28.1.3 Vir Meersig, Boktorbult, Bosbokrand, Watervoëlvlei, Boskloof, Olienhoutrand en Luiperdlaagte: 28.1.3.1 Indien die konstruksie nie binne hierdie 9-maande periode volledig voltooi word nie, sal die Eienaar verplig wees om bo en behalwe n boete wat in terme van reël 28.1 hierbo vermeld betaalbaar mag wees indien daardie tydperk oorskry word, n verdere boete van twee duisend rand (R2000.00) plus BTW per maand aan die Vereniging te betaal bereken vanaf die dag wat onmiddelik volg op die datum van verstryking van die 9-maande periode tot en met die datum van voltooiing van die woning. 28.1.3.2 Indien die konstruksie van n woning na 1 Desember 2013 n aanvang neem, en ondanks die boeteheffing in 28.1.3.1 na n periode van 15-maande vanaf die aanvangsdatum daarvan steeds nie voltooi is nie, sal die boete wat gehef word in terme van 8.1.3.1 verhoog word na tien duisend rand (R10 000.00) plus BTW per maand. 28.1.3.3 Indien die konstruksie van n woning na n periode van 48-maande vanaf die aanvangsdatum daarvan, ongeag die datum waarop daar met konstruksie n aanvang geneem is, nie voltooi is nie, sal die boete wat gehef word in terme van 28.1.3.2 verhoog word na twintig duisend rand (R20 000.00) plus BTW per maand. 28.1.3.4 Indien die konstruksie van n woning na n periode van 102- maande vanaf die aanvangsdatum daarvan, ongeag die datum waarop daar met konstruksie n aanvang geneem is, nie voltooi is nie, sal die boete wat gehef word in terme van 28.1.3.3 verhoog word na veertig duisend rand (R40 000.00) plus BTW per maand. 28.1.4 Vir Tsetsebe Plato, Moriti en Olienrant: 28.1.4.1 1 tot 6 maande na verstryking van bouperiode: R2 000 32

28.1.4.2 7 tot 9 maande na verstryking van bouperiode R10 000 28.1.4.3 10 tot 18 maande na verstryking van bouperiode R20 000 28.1.4.4 19 maande en meer na verstryking van bouperiode R40 000 28.1.5 Geen bouplanne sal goedgekeur word tensy aanvaarbare bewys vir die beskikbaarheid van voldoende fondse om die woning behoorlik te voltooi, saam met die bouplanne ingedien word nie. As riglyn en minimum vereiste moet ten minste sewe duisend vyf honderd rand (R7 500), of sodanige bedrag soos van tyd tot tyd deur die Direksie bepaal, per vierkante meter beboude oppervlak onmiddellik beskikbaar wees aan die Eienaar alvorens die planne goedgekeur sal word. Bewys van beskikbaarheid van fondse wat deur die Vereniging aanvaar sal word, is bewyse van verbandlenings of skrywe vanaf die bankier van die Eienaar waarin die beskikbaarheid van die berekende fondse bevestig word. 28.1.6 Boetes gehef in terme van 28.1.3 en 28.1.4 sal ook deel vorm van die Heffing. 28.2 Indien die Eienaar van n Erf met konstruksie van die nuwe woning begin nadat die 24- maande boete in terme van reël 28.1 reeds betaalbaar geword het, kan die Vereniging die boete tydelik opskort vanaf die dag wat onmiddelik volg op die datum waarop konstruksie n aanvang neem vir die duur van die toegelate konstruksie periode soos voorgeskryf in reël 28.1.1. 28.3 Waar die 24-maande boete wat in terme van reël 28.1 gehef word opgeskort is soos in reël 28.2 voorsien, maar die woning dan nie binne die toegelate 9-maande konstruksietydperk soos voorgeskryf in reël 28.1.2 voltooi word nie, sal die boete in terme van reël 28.1 heringestel word en maandeliks TESAME met die boete in terme van reël 28.1.2 gehef word. Beide boetes in terme van reëls 28.1 en 28.1.2 sal dan betaalbaar wees vanaf die eerste dag wat volg op die dag waarop die bouperiode verstryk het tot en met datum van voltooiing van die woning. 28.4 Vir doeleindes van reël 28 sal konstruksie van n nuwe woning geag word n aanvang te neem op die datum waarop die eerste wateraankope plaasgevind het en sal n woning of aanbouiing geag word voltooi te wees op die datum waarop die Vereniging n Estetiese Goedkeuringsertifikaat ten opsigte van die woning uitreik waarin bevestig word dat die woning volledig voltooi is en aan al die estetiese vereistes van die Vereniging voldoen. 28.5 Die konstruksie van enige aanbouings of verbeterings aan bestaande woning op die Landgoed moet binne vier (4) maande vanaf die aanvang van konstruksie volledig voltooi word. [Nota: Sien reël 26 hierbo.] Indien die konstruksie nie binne die 4-maande periode volledig voltooi word nie, sal die Eienaar verplig wees om n maandelikse boete van twee duisend rand (R2000.00) maand plus BTW aan die Vereniging te betaal vanaf die dag wat onmiddelik volg op die datum van verstryking van die 4-maande periode tot en met die datum van voltooiing van die woning. Hierdie boete sal deel vorm van die Heffing. Tensy die Eienaar op die dag waarop konstruksie n aanvang neem die Vereniging skriftelik versoek om die terrein te besoek en dit as die datum van aanvang van konstruksie te bevestig en tensy dit aldus bevestig word, sal konstruksie van n aanbouing of verbetering vir doeleindes van hierdie reël geag word n aanvang te neem op die datum van goedkeuring van die bouplanne. 33

28.6 Aangesien konstruksiewerk steurend is vir ander inwoners en ten einde te verhoed dat konstruksiewerk op die Landgoed onbepaald voortgaan, vereis die Vereniging dat konstruksie aan wonings so spoedig as moontlik afgehandel word. Alhoewel die Vereniging dus n boete kan hef in terme van 28.1.4 hierbo indien die periode van konstruksie langer as die voorgeskrewe periodes duur, sal die Vereniging addisioneel tot hierdie boete ook verdere regstappe neem wat dit nodig mag ag indien konstruksie aan n nuwe woning nie binne twaalf (12) maande en n aanbouing nie binne ses (6) maande finaal voltooi is nie. Eienaars word dus ten sterkste afgeraai om met konstruksie van n woning te begin indien die nodige fondse om dit te voltooi nie beskikbaar is nie. 28.7 Sodra n woning of aanbouing volledig voltooi is moet die Eienaar die nodige aansoekvorm vir inspeksie van die werk en die uitreiking van die Estetiese Goedkeuringsertifikaat volledig voltooi en by die Vereniging se kantore indien word. 28.8 Indien daar enige uitstaande aspekte is wat die uitreiking van die Sertifikaat verhinder, sal die Vereniging die Eienaar skriftelik daarvan in kennis stel en sal die Eienaar dan verplig wees om, sodra die vereistes nagekom is, weer aansoek te doen om uitreiking van die Estetiese Goedkeuringsertifikaat. 28.9 Die Vereniging sal alleenlik n Estetiese Goedkeuringsertifikaat uitreik indien alle gelde verskuldig aan die Vereniging ten volle opbetaal is en daar aan alle estetiese vereistes van die Vereniging voldoen is. Die Vereniging is geregtig om uitreiking van die Estetiese Goedkeuringsertifikaat terug te hou indien die woning en/of enige ander verbeterings op die Erf insluitende grensmure, swembaddens en/of ander strukture nie dienooreenkomstig die bepalings van hierdie handleiding voltooi is nie. n Estetiese Goedkeuringsertifikaat mag voorts alleenlik uitgereik word nadat alle sertifikate soos n ingenieursertifikaat, daksertifikaat, elektriese sertifikaat, rioolsertifikaat, glassertifikaat en gassertifikaat t.o.v die woning uitgereik is en die Estetiese Komitee die woning geinspekteer en bevind het dat dit voldoen aan al die estetiese voorskrifte van die Landgoed sowel as die goedgekeurde planne. 28.10 Geen persoon mag n nuwe woning betrek of okkupeer en geen meubels of ander eiendom kan in n woning geplaas of gestoor word indien n Estetiese Goedkeuringsertifikaat nie deur die Vereniging uitgereik is en n okkupasiesertifikaat van die Plaaslike Owerheid bekom en by die Vereniging ingedien is nie. Enige okkupasie van n woning sonder n okkupasiesertifikaat uitgereik deur die Plaaslike Owerheid in terme van die Wet op Nasionale Bouregulasies en Boustandaarde, nr 103 van 1977, soos gewysig, is n misdryf in terme van die Wet en enige okkupasie van n woning sonder die goedkeuringsertifikaat van die Vereniging sal as onregmatig beskou word en sal geen elektrisiteit of water of enige ander dienste deur die Vereniging aan so n erf en woning verskaf word nie. Die Vereniging sal enige sodanige onregmatige okkupasie onverwyld onder die aandag bring van die Plaaslike Owerheid sodat die betrokke owerheid verder kan optree in terme van die bepalings van voormelde Wet en sal die Vereniging geregtig wees om n boete van tien duisen rand (R 10 000.00) per maand te hef teen die Eienaar van n Erf waarvan die woning geokkupeer word voordat n Estetiese Goedkeuringsertifikaat en/of Munisipale okkupasiesertifikaat uitgereik is. Die boete sal gehef word vanaf die datum van sodanige okkupasie tot die datum van uitreiking van die Goedkeuringsertifikaat en Munisipale okkupasiesertifikaat. 34

28.11 By versuim om die finale Okkupasiesertifikaat by die Vereniging in te dien kan die boete in reël 28.1.2 terugwerkend tot op datum van die Estetiese Goedkeuringsertifikaat heringestel word. 29. OPTREDE VAN BOUKONTRAKTEURS EN SUBKONTRAKTEURS 29.1 Lede sal ten alle tye aanspreeklik wees vir die optrede van boukontrakteurs en subkontrakteurs. 29.2 Waar boukontrakteurs, subkontrakteurs of hul werknemers sonder goedkeuring afwyk of versuim om gehoor te gee aan enige reël van die Vereniging, of waar bouwerk teenstrydig met hierdie reëls voortgaan ondanks vermanings dat dit teenstrydig is, of waar rommel op boupersele vergaar word, sal verdere toegang tot die Landgoed geweier word. Voorbeelde van sodanige optrede waar verdere toegang geweier kan word is die volgende: 29.2.1 Voertuie word vinnig of roekeloos op die Landgoed bestuur op n wyse dat dit n gevaar vir ander persone op die Landgoed inhou; 29.2.2 Bouwerk word voortgesit ondanks vermanings dat dit strydig met goedgekeurde planne is; 29.2.3 Werknemers van kontrakteurs urineer in die openbaar; 29.2.4 Oop areas, sypaadjies of onbeboude erwe word sonder skriftelike toestemming beskadig of bourommel word daarop gestrooi; 29.2.5 Papier of ander rommel word nie op een punt op die terrein versamel en beheer in terme van die reëls nie; 29.2.6 Die bouterrein word nie omhein soos voorgeskryf nie. 29.2.7 Voertuie wat hul vrag verloor en skade veroorsaak aan die eiendom of infrastruktuur van die Vereniging of Eienaars. 29.3 Waar n kontrakteur of subkontrakteur of hul werknemer toegang tot die terrein onder omstandighede soos hierbo uiteengesit geweier word, en sodanige weiering tot gevolg het dat die Lid nie die bouwerk binne die voorgestelde periode kan voltooi nie, sal dit nie as n grondige rede vir die nie-voltooiing van die bouwerk aanvaar word nie. 29.4 Behalwe in buitegewone omstandighede waar dit vooraf deur die Hoof-Uitvoerende Beampte goedgekeur is, is kontrakteursaktiwiteite beperk tot tussen 06:00 tot 18:00 op weeksdae en 06:00 tot 13:00 op Saterdae. Kontrakteursaktiwiteite verwys spesifiek na aktiwiteite met betrekking tot die bou van nuwe wonings of aanbouings of verf of ander konstruksiewerk by bestaande wonings. Geen meganiese toerusting soos hoeksnyers of ander raserige masjinerie mag voor 08:00 op enige dag gebruik word nie. Geen kontrakteursaktiwiteite sal op Sondae of publieke vakansiedae of gedurende die industrie se bouersvakansie in Desember toegelaat word nie. 30. LANDSKAPSONTWERP 35

RIGLYNE VIR LANDSKAPSONTWERP Hierdie klousule is aanvullend tot die bepalings soos vervat in Reël 3. 30.1 REËLS M.B.T. ERWE EN DIE GEMEENSKAPLIKE EIENDOM Hierdie Reëls sal deur die Estetiese Komitee toegepas word in die beoordeling en regulering van enige ontwikkeling binne die Landgoed. 30.1.1 DOEL Die doel van die reëls is om n geïntegreerde landskap te ontwikkel met die klem op die natuur, oop areas en styl wat die Landgoed n unieke karakter sal gee. Dit sal ook n sensitiwiteit en harmonie tussen die ontwikkeling en die omliggende natuur skep. Die reëls stel dit ook ten doel om die bestaande omgewingskenmerke te behou en te verbeter, asook om enige moontlike negatiewe impak op die omgewing te minimaliseer en terselfdertyd n nuwe, dinamiese en elegante karakter aan die Landgoed te verleen. In die lig van die bogemelde, geld die ondergemelde reëls ten einde te verseker dat daar voldoende kontrole sal wees oor landskap- en private Eiendom ontwikkeling waar laasgenoemde in sigself die voortsetting is van landskapsriglyne vir publieke areas, m.a.w. dat erwe se landskapering dieselfde moet wees of moet aansluit by die voorkoms van die publieke areas. 30.1.2 REËLS 30.1.2.1Bewaring van bestaande inheemse bome op private eiendom (erwe): (a) (b) Alle ontwikkeling op private Eiendom (erwe) sal ten alle koste soveel as moontlik van die bestaande inheemse bome op die Erf bewaar. Eksotiese bome moet ook sovêr moontlik bewaar word. n Maksimum area bestaande uit die gedeelte wat deur die ontwikkeling op n Erf geraak gaan word, sowel as n addisionele buffer van vier komma vyf meter (4,5m) wyd na buite en rondom die fondasies van die aanbouing, kan vir konstruksiewerk skoongemaak word. Enige inheemse boom buite hierdie area moet bewaar word tensy dit bewys kan word dat die boom onstabiel is en n gevaar kan inhou vir inwoners aangesien dit moontlik kan omval. Hierdie vier komma vyf meter (4,5m) breë buffer mag nie die bougrens van die Erf oorskry nie. 30.1.2.2Bewaring van die veld (Gemeenskaplike Eiendom) buite die grense van erwe: (a) Ooreenkomstig Klousule 53 van die Memorandum van Inkorporasie van die Huiseienaarsvereniging, het die Vereniging en dus die Direksie, die alleenreg om skriftelik toestemming aan eienaars te verleen om oop spasies en paaie op die Landgoed te kan gebruik op die wyse en onder die voorwaardes soos neergelê deur die Vereniging. 36

(b) (c) (d) (e) (f) (g) Weens ernstige misbruik van Gemeenskaplike Eiendom deur sommige eienaars wie aangrensend daartoe woon sal die Direksie met effek van 1 April 2013 aan geen Eienaar toestemming verleen om sy tuin buite sy eie erfgrense uit te brei nie. Vorige formele en skriftelik toestemming van die Vereniging aan enige Eienaar om n tuin buite die erfgrens na die Gemeenskaplike area uit te brei word NIE teruggetrek nie onderhewig aan (d) hieronder en slegs in soverre die uitbreiding steeds aan die toestemming voldoen en dit nie oorskry nie. Waar n Eienaar wie aangespreek word weens beskadiging van Gemeenskaplike Eiendom of uitbreiding van tuine na Gemeenskaplike Eiendom beweer dat daar voorheen toestemming vir sodanige tuinuitbreiding verleen is, rus die onus op die Eienaar om te bewys dat sodanige skriftelike toestemming wel deur die Vereniging verleen is. Waar n Eienaar aan wie toestemming wel verleen is om n tuin uit te brei soos in (c) hierbo verwys, buite die perke van die toestemming opgetree het en verder uitgebrei het as wat oorspronklik goedgekeur was of enige strukture opgerig het of andersins met betrekking tot die uitbreiding van die voorskrifte afgewyk het, word sodanige toestemming met onmiddellike effek teruggetrek. Enige Eienaar wie se tuin sonder vooraf skriftelike toestemming van die Vereniging buite sy Erf grense uitgebrei is, of enige Eienaar wie se toestemming vir die uitbreiding weens nie-nakoming van die voorwaardes teruggetrek is soos in (d) hierbo verwys, moet die Gemeenskaplike Eiendom in sy natuurlike toestand herstel deur onmiddellik met die herstelproses te begin en dit binne twee maande te voltooi. Enige Eienaar wie versuim om aan n versoek in terme van (e) hierbo gehoor te gee sal aanspreeklik wees vir die betaling van n boeteheffing van R2000.00 (twee duisend rand) (plus BTW) per maand tot tyd en wyl volledig aan die betrokke versoek gehoor gegee is. Ongeag die bepalings vanaf (b) tot (f) hierbo sal toestemming steeds gegee word aan Eienaars om indemiese bome (bome wat inheems is in hierdie spesifieke area) op Gemeenskaplike Eiendom langs hul betrokke Erf te plant op voorwaarde dat die eienaar wie die bome aanplant asook sy opvolger in titel aanspreeklik is en sal bly om dit te onderhou en te versorg; op voorwaarde verder dat geen ander skade aan die Gemeenskaplike Eiendom aangerig mag word nie, gras nie gesny mag word nie en geen ander plante of gras aangeplant sal word nie. 1. INLEIDING RIGLYNE EN REËLS VIR TUINAANLEG, OOP AREAS EN TUINE Woodland Hills Wildlife Estate is uitgelê volgens n deeglik beplande en tuinboukundig ontwerpte tema. Alle tuine in algemene areas en oop spasies, rondom die hekhuis, by die gemeenskapsaal en administratiewe kantore, eilande in rypaaie, sypaadjies voor onbeboude erwe en waterfokuspunte word deur die Landgoed se tuinboukontrakteur in stand gehou, teen n koste wat by die Landgoed se Heffing ingesluit is. 37

Tuine by privaat wonings skep n onlosmaakbare eenheid met die woning. Die streng riglyne wat deur die Landgoed nagevolg word met die oprigting van wonings sal dus nie sinvol wees sonder soortgelyke riglyne vir tuine wat ook streng toegepas word nie. Ten einde die waarde van eiendom op die Landgoed en daardeur die belange van alle lede van die Huiseienaarsvereniging te beskerm, is dit noodsaaklik dat alle eienaars en inwoners sal verseker dat hierdie riglyne streng toegepas word. Hierdie dokument stel dus die reëls en die minimum vereiste standaarde vir tuinbou en tuinaanleg daar wat te alle tye deur alle eienaars en inwoners van die Landgoed nagevolg moet word. 2. RIGLYNE VIR NUWE TUINE 2.1 Riglyne vir nuwe tuine word in Reël 3 uiteengesit. 3. RIGLYNE VIR UITLEG VAN TUINE OP SYPAADJIES 3.1 Elke eienaar is verantwoordelik vir die uitleg van tuine en onderhoud (natmaak, sny en ander instandhouding) van die gras en bome op die sypaadjie voor sy Erf, tussen sy erfgrens en die randsteen, soos in Handleiding vir Gemeenskapsdeelneming, reël 18.1 uiteengesit. 3.1 Waar geen gras op die sypaadjie aangeplant is nie moet die Eienaar gras aanplant en kan kan die Eienaar tuine op die sypaadjie aanlê met dien verstande dat geen tuine, struike of bome die vrye gebruik van die sypaadjie deur voetgangers sal belemmer nie. 4. INSTANDHOUDING VAN TUINE 4.1 Elke Eienaar of beheerliggaam van n deeltitel kompleks is verantwoordelik om tuine en sypaadjies voor die Erf ten alle tye netjies in stand te hou en toe te sien dat die volgende minimum vereistes ten alle tye nagekom word. 4.2 Gras moet kort gesny gehou word en gereeld natgelei word; 4.3 Kante van gras moet kort gehou en netjies gesny wees; 4.4 Onkruid moet van grasperke, blombedings en plaveisel verwyder word; 4.5 Bome, struike en ander plante moet netjies in stand gehou en versorg en natgelei word; 4.6 Motoropritte en paadjies moet skoon en netjies gehou word; 4.7 Tuinvullis mag nie op die Erf opgegaar word nie en moet ten minste weekliks verwyder word. 5. PLAAGDODERS 5.1 Slegs goedgekeurde plaagdoders wat veilig vir die omgewing is, word toegelaat. Alternatiewe veilige maniere om van plae ontslae te raak word sterk aangemoedig (Veilig vir kinders, troeteldiere en die natuurlewe). 38

6. TUINORNAMENTE / SEKONDÊRE ELEMENTE Tuinmeubels moet gekies word om die karakter van die Landgoed te weerspieël. 6.1 Potte: Alle potte wat in die tuinuitleg gebruik word, moet die kleur en ontwerp van die huis komplementeer. 6.2 Traliewerk: Die dimensie en kleur van traliewerk moet by die huis en pleisterstroke pas en sterk vertikale lyne reflekteer. 6.3 Sambrele / Sonskerms: Moet deur die Vereniging goedgekeur word. 6.4 Braaivereistes: Oop vure sal onder geen omstandighede buite n Erf op enige plek op die Landgoed toegelaat word nie. Oop vure sal ook nie op boupersele toegelaat word nie. Daar word aanbeveel dat n brandblusser by braai areas geplaas word. 6.5 Pergolas: n Pergola is n struktuur wat bestaan uit parallelle kolonnades wat n oop dak ondersteun van dwarsbalke, waar slegs rankplante as dakbedekking gebruik kan word. Alle balke moet n minimum van drie honderd millimeter (300mm) van mekaar geplaas word. Die pergola kan n losstaande struktuur in n tuin wees of aan n woning vas wees. Materiaal moet by boustowwe wat reeds in die ontwerp van die huis gebruik is, pas. Alle pergolas en skadustrukture is onderhewig aan goedkeuring deur die Vereniging. 6.6 Swembaddens: Die ontwerp en oprigting van swembaddens en omliggende heinings moet met die Nasionale Bouregulasies (National Building Regulations) ooreenstem. 6.7 Waterelemente/-strukture/-voorwerpe: Eenvoudige water- elemente/-strukture/-voorwerpe of fonteine mag gebruik word om interne en eksterne elemente/strukture, soos in binnehowe en stoepe, te verbind. Alle waterelemente moet aktief gehou, of andersins verwyder word. 6.8 Tuinhuisies & Lapas: Tuinhuisies en lapas word slegs toegelaat wanneer dit deur die Vereniging goedgekeur is en moet deur n argitek ontwerp word. 7. PLAVEISEL Alle plaveisel en plaveimateriaal is onderhewig aan goedkeuring deur die Vereniging. 8. EKSTERNE BELIGTING a. Eksterne beligting moet tot n minimum beperk word om subtiele nagbeligting te bevorder. 39

b. Daar sal onder geen omstandighede toegelaat word dat sekuriteits- of spreiligte in publieke areas inskyn nie. c. Beligting van tuinontwerp sal slegs toegelaat word, indien dit smaakvol toegepas is en met die goedkeuring van die Vereniging. d. Ligte wat bure pla, sal versperrende afskerming vereis. e. Geen ligbesoedeling sal toegelaat word nie. 9. AFDWINGING VAN TUINREËLS 9.1 Tuinreëls word deur die Direksie uitgevaardig in terme van die Memorandum van Inkorporasie Indien die reëls nie nagekom word nie sal die volgende prosedure gevolg word: 9.1.1 Die Eienaar of beheerliggaam sal skriftelik versoek word om die reëls binne n redelike tyd na te kom; 9.1.2 Indien die Eienaar (of Beheerliggaam) na die skriftelike versoek steeds versuim om hierdie reëls na te kom sal n boete soos van tyd tot tyd bepaal (op 29 September 2010 is dit R1000.00) gehef word. 9.1.3 Indien die Eienaar (of Beheerliggaam) versuim om in die maand wat die eerste boete gehef is die Reël na te kom sal n verdere maandelikse boete soos van tyd tot tyd bepaal (op 29 September 2010 is dit R2000.00) gehef word tot tyd en wyl die reël nagekom is. 9.1.4 Die Estetiese Komitee mag enige afwyking van die bogenoemde voorskrifte goedkeur mits planne vir die tuinuitleg vooraf aan die komitee voorgelê is vir oorweging en sodanige afwykings in detail op die planne aangedui is. DIE AFRIKAANSE WEERGAWE VAN DIE HANDLEIDING VIR GEMEENSKAPS-DEELNEMING IS DEUR DIE DIREKSIE GOEDGEKEUR. INDIEN DAAR ENIGE VERSKILLE TUSSEN DIE AFRIKAANSE EN ENGELSE WEERGAWES IS SAL DIE AFRIKAANSE WEERGAWE VOORRANG GENIET. 40