HANDLEIDING ARGITEKTUUR EN BOUWERK

Vergelijkbare documenten
ROOIBOSKLOOF LANDGOED. HUISEIENAARSVERENIGING GEDRAGSREëLS

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

CINTSA LEEFSTYL SPESIFIKASIE SKEDULE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Kodes vir Afkeurredes

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

RHEEBOKRIF ERF ONTWIKKELINGSKODE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

SWARTLAND MUNISIPALITEIT VERORDENING INSAKE MURE EN HEININGS

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

AUGUSTUS 2007 INHOUDSOPGAWE

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

TERME EN VOORWAARDES

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

Huishoudelike GoedereAfdeling

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

KONTANT BESTUUR BELEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

ARBEIDSREG ABR214. T:

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

GRONDWET VAN LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING. 1.1 Die naam van hierdie Vereniging is LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING.

Foto-redigering vir sun.ac.za

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

KOOPKONTRAK ERF LANGEBAAN KOPER:

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Visuele Kuns: Kleur. Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 4 Module 1 5 VISUELE KUNS: KLEUR

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

KOOPKONTRAK VERLOREN LANDGOED

Hoofstuk D1 HUURPAG. Afdeling A: Huurpag met betrekking tot die Wet op Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, No.4 van 1984

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK

BTW. Werkstukke vir Hoofstuk 4 - DEEL 3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

MUNISIPALITEIT BEAUFORT-WES. Kennisgewing nr. 145/2005

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014

Eise Proses Die volgende eis-omstandighede en tydsbeperkings is van toepassing wanneer jy n eis teen jou Opknapper polis moet indien:

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

HUISHOUDELIKE REëLS 11/03/2010

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

Transcriptie:

HANDLEIDING ARGITEKTUUR EN BOUWERK WEERGAWE GOEDGEKEUR OP ALGEMENE JAARVERGADERING 20 JUNIE 2018 1

HANDLEIDING VIR ARGITEKTUUR EN BOUWERK WOODLAND HILLS WILDSLANDGOED 1 INLEIDING Die doel van die riglyne is om Eienaars en hulle argitekte of hulle ontwerpers in te lig oor die vereistes aangaande die bouwerk en die terreinargitektuur/landskap en om inligting te voorsien m.b.t. die prosedures wat gevolg moet word om die nodige goedkeuring vanaf die Estetiese Komitee te verkry wat aangestel is om na alle geboue en strukture wat op elke Erf opgerig word, sowel as enige veranderings en toevoegings tot laasgenoemde. Die rivierkom, stelsel van damgebiede, interne parke en die belangrikste boulevards (kringweё) sal die fokus van die landskapsareas wees. Die doel is dat hierdie riglyne daartoe sal lei dat n redelike verskeidenheid van persoonlike voorkeure toegelaat sal word, maar dat die globale karakter van die ontwikkeling identifiseerbaar sal wees d.m.v. die gebruik van sekere eenvormige eksterne elemente soos die kleur en afwerking van die buitemure, dakbedekking en dat die voorkoms van die grensmure van persele gestandaardiseerd moet wees. Die aard van die terreinargitektuur/landskap sal ook bydra tot hierdie doelstelling. Dit is belangrik dat die Eienaars hulle vereenselwig met die visie van die Ontwikkelaar vir die Landgoed. Dit is van uiterste belang dat hulle met die Hoof-Uitvoerende Beampte en Estetiese Komitee wat aangestel is om die planne vir die implementering van die riglyne te ondersoek moet saamwerk en hulle ondersteun. Dit moet in gedagte gehou word dat daarna gestrewe word om n omgewing by die Landgoed te skep waar die geheel belangriker is as die dele en daarom ook kompromieë gemaak moet word. Tensy anders vermeld, sal die definisies soos vervat in reël 3 van die Handleiding vir Gemeenskapsdeelname ook van toepassing wees vir hierdie handleiding. 2 GOEDKEURINGSPROSEDURE 2.1 Die Estetiese Komitee word aangestel in ooreenstemming met die grondwet van die Komitee soos deur die Direksie goedgekeur en verrig die funksies soos in die grondwet uiteengesit. Die Komitee is onder andere getaak om toe te sien dat alle bouwerk op die Landgoed aan die estetiese vereistes van die Vereniging voldoen. 2.2 Elke Eienaar wie van voorneme is om n nuwe woning te bou of aanbouings te doen kan relevante dokumentasie rakende die goedkeuringsproses by die Vereniging afhaal om die ontwerpers se tekenproses te fasiliteer. 2.3 Bo en behalwe die normale goedkeuring van bouplanne wat deur Plaaslike Owerheid vereis word, moet elke eienaar wat n woning op die Landgoed wil bou of aanbouings wil doen, die bouplanne aan die Vereniging se Estetiese Komitee voorlê alvorens dit vir goedkeuring aan Plaaslike owerheid voorgelê word. Die Vereniging se goedkeuringsproses het slegs betrekking op die estetiese voorkoms van die woning sowel as aansluiting by die dienste gelewer deur die Vereniging en het hoofsaaklik ten doel om te verseker dat alle wonings voldoen aan die estetiese voorskrifte van die Vereniging. Een stel planne wat beide deur die Estetiese Komitee en die Plaaslike Owerheid goedgekeur 2

is, moet by die Vereniging ingedien word binne sewe (7) dae na ontvngs van die goedgekeurde planne vanaf die Plaaslike Owerheid. 2.4 Bouplanne moet alle detail soos vereis deur die Plaaslike owerheid bevat, maar dit is nie nodig om ingenieurstekeninge aan die Vereniging voor te lê nie. Dit is belangrik dat alle mates en erfgrense en boulyne op die planne aangedui word. Kontoerplanne wat die natuurlike grondvlak aantoon, van die Erf moet saam met die bouplanne ingedien word. 2.5 Bouplanne mag slegs deur n professionele persoon geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie, ontwerp en/of geteken word. 2.6 Alvorens die bouontwerpkonsep en tekeninge aan die Estetiese Komitee voorgelê word, is die bedrae vir die onderstaande dienste wat jaarliks deur die Direksie goedgekeur en in n aparte skedule gepubliseer sal word, by die Kassiere by die Landgoed se kantore betaalbaar. Hierdie bedrae kan jaarliks aangepas word en sodanige aanpassing sal van toepassing wees op enige betaling wat daarna gemaak word. 2.6.1 Planindieningsfooi; 2.6.2 Elektriese planfooi; 2.6.3 Watermeter / aansluiting; 2.6.4 Terreindeposito; 2.7 Geen planne sal oorweeg word alvorens alle uitstaande Heffings en boetes tot op datum betaal is nie. 2.8 Dit is die verantwoordelikheid van die Eienaar en die professionele persoon na verwys in reël 2.5, om te verseker dat hy die nuutste weergawe van die Handleiding van Gemeenskapdeelneming met riglyne besit en dat die woning aan die hand van hierdie voorskrifte ontwerp en opgerig word. 2.9 n Bewys van betaling van die fooie in 2.6 hierbo tesame met die bouplanne moet by die administratiewe kantoor van die Vereniging ingehandig word. Die nodige dokumentasie moet deur die professionele person (soos na verwys in reël 2.5) soos deur die Eienaar aangewys, voltooi word en die planne word aan die Estetiese Komitee voorgelê vir goedkeuring. Enige wysiging aan die planne moet duidelik op die planne aangedui word en moet dit vergesel word met n skriftelike uiteensetting van die wysigings. 2.10 Daar moet binne twaalf (12) maande vanaf die datum waarop die bouplanne deur die Estetiese Komitee goedgekeur is, aanvang geneem word met konstruksie (soos gedefinieer in reël 28.4), by gebrek waaraan die goedkeuring van die bouplanne sal verval en die Eienaar weer aansoek moet doen by die Estetiese Komitee vir goedkeuring voordat bouwerk n aanvang neem en sal die toepaslike fooie vir bouplanne geld. Die planne moet ook na die 12-maande periode deur die Plaaslike Owerheid goedgekeur word. 2.11 Nadat die gedetailleerde bouontwerp en tekeninge deur die Vereniging goedgekeur is moet dit aan die Plaaslike Owerheid vir goedkeuring voorgelê word. Voorgeskrewe fooie moet aan die Plaaslike Owerheid betaal word. 3

2.12 Indien die vereistes van die Plaaslike Owerheid of enige ander statutêre liggaam of die Nasionale Bouregulasies in konflik is met die riglyne, sal die Plaaslike Owerheid of enige ander statutêre liggaam of die Nasionale Bouregulasies se vereistes voorkeur geniet. 3. TERREINARGITEKTUUR VAN TUINE Planne vir die uitleg van nuwe tuin/landskap-argitektuur moet die bouplanne vergesel en sal saam met die bouplanne oorweeg word. Geen bouplanne sal in die afwesigheid van tuinplanne oorweeg of goedgekeur word nie. Alhoewel daar tydens die uitleg van die tuin van die goedgekeurde planne afgewyk kan word, moet die finale tuin steeds in beginsel aan die voorgelegde planne voldoen en kan die Estetiese Komitee daarop aandring dat die minimum hoeveelheid plante aangeplant word, soos op die oorspronklike planne aangedui en goedgekeur is. Vir die doeleindes van reël 3 sal die volgende betekenisse aan die ondergemelde geheg word: Bedding: n Area grond waarin plante, struike en/of bome, uitgesluit grasperke, groei. Harde Landskapsargitektuur sluit in motoropritte (wat die bepalings van reël 12.4 en 12.5 oorskry), binnehof plaveisel, swembad omranding, sondekke, klip-, gruis (gebreekte klip kleiner as 13mm berggruis word nie toegelaat nie)- of plaveisel looppaadjies, geplaveide fokuspunte, areas wat met klip, steen of gruis bedek is. Motoropritte wat aan die bepalings van reëls 12.4 en 12.5 voldoen, word uitgesluit in die berekening van harde landskapsargitektuur. Gemengde beddings: n Omsoomde area waarbinne dit uit n kombinasie van plante en klip, steen of natuurlike rots bestaan. Die tuinplanne moet aan die volgende voldoen: 3.1 Tuinplanne moet ten minste uit n terreinplan (1:200) van die hele Erf bestaan waarop die area wat die woning gaan beslaan en erfgrense aangedui is. Die uitleg van die tuin en harde belandskapping, in verhouding tot erfgrense en die woning, moet dan skematies aangedui word. Aangesien elke Eienaar verantwoordelik is vir die onderhoud van die sypaadjie voor die Erf, moet die uitleg van tuine op sypaadjies op die plan geïnkorporeer word. 3.2 Genoegsame detail, soos die ligging en grootte van opritte, grasperke, blombeddings in vierkante meter, moet op die terreinplan aangedui word. 3.3 Waterelemente/-strukture/-voorwerpe, swembaddens en pompe moet almal op tekeninge aangedui word om die skeidingsvlak tussen harde en sagte areas te toon. 3.4 Alle bome wat voor die aanvang van konstruksie op die terrein is, moet op die tuinplan getoon word met n aanduiding van watter bome die Eienaar beoog om te behou en watter bome die Eienaar beoog om te verwyder. Geen bome mag sonder toestemming van die Vereniging verwyder word nie. 3.5 Die tipe en hoeveelheid van elke plant, boom en struik wat die Eienaar beoog om in die tuin aan te plant, moet op die tuinplan in die beddings of op die posisie waar beoog word om dit aan te plant, aangedui word. Sien reël 3.7 hieronder vir gedetailleerde spesifikasies. Die gewone gebruiksnaam van die plant, boom of struik kan aangedui word (wetenskaplike naam kan vir verwysingsdoeleindes vermeld word, maar is nie verpligtend nie). Indien 4

spasie ontbreek kan die name en getalle in n behoorlik gemerkte aanhangsel tot die plan, aangedui word bv. Gedeelte A soos gemerk op Plan - 15 x Witbos (Buddleia saligna). 3.6 Geen plante wat op die CARA- ( Conservation of Agricultural Resources Act ) lys van verspreidende indringerplante verskyn, mag in tuine geplant word nie. 3.7 Die volgende minimum voorskrifte geld vir die uitleg van alle residensiële tuine op die Landgoed: 3.7.1 Tuine moet bestaan uit n kombinasie van gras, beddings, asook harde landskapsargitektuur en gemengde beddings in die volgende kombinasie uitgedruk as persentasie van die ruimte op die Erf buite die voetspoor van die woning. Die kombinasie voorskrifte sal afsonderlik vir die tuin aan straatfront en nie-straatfront van die woning toegepas word, en enige verwysing na tuin of persentasie dekking geld vir die totale onbeboude area van die erf met uitsluiting van die voetspoor van die woning en geld ongeag of die onbeboude area aan die straatfront geleë is of die tuin agter grensmure buite sig van die straatfront geleë is. Grasperke maksimum van 50%. Kunsmatige gras (uitgesluit astro turf ) sal geag word as grasperk, onderworpe daaraan dat: Geen kunsmatige gras vanaf n straat sigbaar mag wees nie, tensy dit n geringe deel (van nie langer as 2-meter en nie breër as 1-meter) van n aksentpunt vorm. Geen kunsmatige gras mag aangrensend tot n groen area aangebring word nie, tensy die erf en die groen area: * deur n grensmuur van ten minste 500mm in hoogte geskei word of; * die lengte van die kunsmatige gras op die grens van die erf en die groen area geskei word deur n bedding met aaneenlopende struike van ten minste 500mm hoog. Slegs die volgende kunsmatige grasprodukte gebruik mag word: * Easigrass * Belgotex Dieselfde kunsmatige grasproduk moet regdeur die tuin gebruik word. Indien die kunsmatige gras of enige gedeelte daarvan in die uitsluitlike diskresie van die Estetiese Komitee nie onderhou word nie of onnet vertoon, moet die Eienaar op skriftelike instruksie van die Estetiese Komitee die kunsmatige gras herstel of vervang. Beddings minimum van 25%. Harde Landskapsargitektuur maksimum van 15% Gemengde beddings maksimum van 30% 3.7.2 Ten minste vyf (5) bome met minimum grootte van 20-liter elk, moet op elke Erf met uitsluiting van die sypaadjie, aangeplant word waarvan ten minste vyftig persent (50%) inheemse bome moet wees. Geen populierboom (Populis lasiocarpa of Populis simonii) mag op die Landgoed aangeplant word nie. 3.7.3 Ten minste dertig (30) struike moet op n Erf aangeplant word waarvan minstens vyftig persent (50%) inheems moet wees. 5

3.7.4. Harde landskap-argitektuur mag nie die maksimum toelaatbare oppervlak oorskry soos uiteengesit in reël 3.7.1 hierbo 3.7.5 Motoropritte mag nie van beton, teer, gebreekte klippe, gruis of enige vorm van crazy paving of plaveipaadjies (patrone in sementblaaie) vervaardig word nie en mag slegs SABS-goedgekeurde, voorafvervaardigde plaveistene gebruik word. 3.7.6 Ten minste vyf en twintig persent (25%) van die tuin moet bestaan uit plante (bome, blomme en struike) wat normaalweg in beddings aangeplant word. 3.7.7 Alhoewel beddings en gemengde beddings toegelaat word, mag geen ander area van die tuin slegs uit grond of gruis waar geen tuin aangelê is, bestaan nie. Waar beddings voorsien word moet dit met blomme of struike beplant wees, of moet n veldtuin aangelê wees of moet n gemengde bedding wees. 3.7.8 Die Estetiese Komitee mag enige afwyking van die bogenoemde voorskrifte goedkeur, mits planne vir die tuinuitleg vooraf aan die komitee voorgelê is vir oorweging en sodanige afwykings in detail op die planne aangedui is. 3.8 n Besproeiingstelsel vir tuine mag op eie koste en risiko van die Eienaar aangelê word maar moet tussen die watermeter en die woning gekoppel word. Koppeling van die besproeingstelsel voor die watermeter of enige omseiling van of peutering met die watermeter is ten strengste verbode en sal tot kriminele klagtes teen die Eienaar aanleiding gee. 3.9 Alle grondwerk moet met die omliggende terreine en oop spasies geïntegreer word ten einde te verseker dat geen erosie of lelik gesnyde platvorms voorkom nie. Alle aangelegde platvorms moet met finale vorming versag word en gebruik daarvan is onderhewig aan vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee. 3.10 Die tuinaanleg moet binne drie (3) maande na uitreiking van die Estetiese Goedkeuringsertifikaat ten minste tagtig persent (80%) voltooi wees. Die tuinaanleg moet binne ses (6) maande na uitreiking van die Estetiese Goedkeuringsertifikaat volledig voltooi wees. 4. BOUPROSES 4.1 Alvorens enige leë Erf skoongemaak word ten einde met konstruksie te begin of vir enige ander rede, moet die Eienaar/kontrakteur die Vereniging versoek om n terreinvergadering by te woon waar die volgende aspekte aangespreek en genotuleer sal word: 4.1.1 Die plasing van inheemse bome op die perseel en stappe wat deur die Eienaar geneem moet word om dit te bewaar of, indien dit nie moontlik is nie, dit te verskuif. 4.1.2 Die Vereniging se voorskrifte om die misbruik van en skade aan aangrensende erwe en Gemeenskaplike Eiendom te voorkom; 6

4.1.3 Die Vereniging se vereistes met betrekking tot die hantering van bourommel en ander aktiwiteite op die terrein. 4.2 Geen bouwerk mag n aanvang neem alvorens aan die volgende vereistes voldoen is nie: 4.2.1 die Eienaar n bewys van registrasie ( enrolment ) van die bouproses op die Erf by die NHBRC by die Vereniging ingedien het; 4.2.2 die eienaar bewys by die Vereniging ingedien het van registrasie van die aangewese hoof-boukontrakteur by die NHBRC as boukontrakteur. 4.3 Geen bouwerk sal n aanvang neem alvorens die volgende dokumente nie onderteken en by die Vereniging ingedien is nie: 4.3.1 Voorsieningsooreenkoms: Water en Elektrisiteit 4.3.2 Inligtingstuk rakende elektriese huisaansluitings 4.3.3 Gedragskode vir bouers en kontrakteursaktiwiteite 4.3.4 Sekuriteitsreëls en regulasies 4.3.5 Elektrisiteit Verbruikersooreenkoms 4.3.6 Water Verbruikersooreenkoms 4.4 Die Vereniging beveel sterk aan dat geen bouwerk n aanvang neem alvorens - 4.4.1 Die erfpenne en erfgrense deur die Eienaar se landmeter bevestig is nie; 4.4.2 Die nodige geotegniese ondersoek gedoen is en die fondasies van die woning deur n bevoegde persoon soos omskryf in SANS 10400 en wat by die Ingenieursraad van Suid-Afrika geregistreer is, ontwerp is; 4.4.3 n Behoorlike boukontrak met die hoofkontrakteur en ander kontrakteurs gesluit is waarin die Eienaar onder andere gevrywaar word van eise en n remedie sal hê teen die kontrakteur onder omstandighede waar die kontrakteur weens sy eie optrede of die optrede van sy subkontrakteurs of werknemers van die Landgoed verwyder word of verdere toegang belet word gedurende die konstruksie periode. 4.4.4 Die professionele persoon deur die Eienaar in reël 2.5 aangewys, regdeur die bouproses inspeksies doen om te verseker dat die bouplanne nagekom word. 4.5 n Elektrisiteitaansluiting na die Erf sal slegs voorsien word na betaling van die voorgeskrewe fooi en indien geen gelde verskuldig aan die Vereniging uitstaande is nie. Tensy anders versoek deur die Eienaar sal daar eers n bouersaansluiting voorsien word en sal die permanente aansluiting eers voorsien word nadat die konstruksie voltooi is. 4.6 n Wateraansluiting na die Erf word voorsien sodra die plangoedkeuringsfooie betaal is. Die water-handstuk word egter eers by eerste water aankope voorsien. Die datum van eerste water aankope word beskou as die datum waarop konstruksie n aanvang neem. 4.7 Alhoewel erfpenne by oordrag van n Erf vanaf die Ontwikkelaar na die eerste Eienaar deur die Ontwikkelaar uitgewys word, rus die onus op elke Eienaar wie bouwerk verrig om die korrekte plasing van erfpenne en erfgrense te verifieer voordat met konstruksie begin word. 7

4.8 Nadat fondasies gegrawe is moet die Eienaar die bouinspekteur van die Plaaslike Owerheid versoek om die plasing daarvan te bevestig. Eienaars moet ten alle tye toesien dat die voorgeskrewe inspeksies deur die NHBRC en die Plaaslike Owerheid verrig word. 4.9 Eienaars moet toesien dat bouers doeltreffende metodes aanwend om te verhoed dat vullis en papier vanaf die Erf gewaai of andersins versprei word. Dit kan insluit n vyftig millimetre (50mm) maasdraad hok wat behoorlik toegemaak kan word om papier en vullis binne te hou, sowel as n grootmaat vullisverwyderingshouer ( skip bin ) wat met n net oorgetrek is. 4.10 Wanneer bouwerk aan n nuwe woning n aanvang neem, moet die Eienaar toesien dat die boukontrakteur n nie-deursigtige skerm heining van 1.8-meter hoog van goiingsak of skadunet tagtig persent (80%) nie-deursigtig vanaf grondvlak op alle erfgrense buiten een straatfront grens oprig en ten alle tye behoorlik in stand hou tot tyd en wyl alle bouwerk en afrondingswerk aan die nuwe woning voltooi is. Indien daar voltooide wonings in die direkte omgewing van die bouterrein is en die bouperseel in die uitsluitlike diskresie van die Bestuurder afbreek doen aan die algemene voorkoms van die area of n moontlke veiligheidsrisiko vir ander inwoners mag inhou, kan die Bestuurder by wyse van skriftelike kennisgewing van ten minste veertien (14) dae aan die Eienaar aandui dat die straatfrontgrens ook dienooreenkomstig toegemaak moet word en ten alle tye, buiten tydens aflewerings, toegehou moet word. Die Hoof-Uitvoerende Beampte kan, binne sy uitsluitlike diskresie, toestem tot die verwydering van die skermheining wanneer die bouwerk tot so n mate voltooi is of wanneer n grensmuur opgerig gaan word. Bouterreine moet ten alle tye netjies in stand gehou word. Vullis, onkruid en grasse op terreine moet gereeld skoongemaak en verwyder word. Die Bestuurder kan n boete van tot twee duisend rand (R2000.00) per maand hef teen die Eienaar van n Erf wie versuim om aan enige aspek van hierdie reël gehoor te gee. 4.11 Boumateriaal, rommel, of ander afval mag onder geen omstandighede binne n Erf of op die sypaadjies, oop standplase of publieke areas gestort word nie. Tensy bourommel vir opvuldoeleindes op dieselfde Erf waar konstruksie plaasvind, benodig word, moet dit minstens twee-weekliks van bouterreine verwyder word. Indien die Eienaar dit nie laat verwyder nie of in gevalle waar dit as opvulling benodig word, maar dit in die opinie van die Bestuurder onooglik of nadelig is vir die omliggende area of die ontwikkeling in die algemeen, kan die Bestuurder vereis dat die Erf ook op enige straatfront met goingsak of soortgelyke nie-deursigte materiaal van minstens een komma agt (1,8) meter hoog afgesper word en dat die afsperring behoorlik in stand gehou moet word vir die duur van die bouproses. 4.12 Die Hoof-Uitvoerende Beampte sal geregtig wees om die aktiwiteite van alle bouwerk en kontrakteurs te reguleer en sal toesien dat die kontrakteur(s) die nodige dokumentasie onderteken. 4.13 Enige boukontrakteur of subkontrakteur of werknemer kan summier van die Landgoed verwyder en verdere toegang geweier word, indien die sekuriteitsreëls en ander reëls en voorskrifte van die Landgoed nie nagekom word nie. Die Vereniging sal nie 8

verantwoordelik of aanspreeklik wees vir enige skade wat die Eienaar onder sulke omstandighede mag ly nie. 4.14 Sodra die bouproses afgehandel is moet die aansoek vir die ESTETIESE GOEDKEURING SERTIFIKAAT in terme van reël 28.7 voltooi word. 4.15 Die terreindeposito sal aangewend word om skade wat deur kontrakteurs, subkontrakteurs en afleweringsvoertuie veroorsaak word, soos bv. die randstene van sypaadjies, te herstel. Die restant, uitsluitend enige nie-terugbetaalbare deposito, kan op aansoek aan die Eienaar terugbetaal word. Hierdie bepaling stel die Eienaar nie vry van verdere eise indien skade meer as die deposito beloop nie. 4.16 Die terugbetaalbare gedeelte van die terreindeposito kan sonder rente op aansoek terugbetaal word aan die Lid onderhewig daaraan dat die Bestuurder tevrede is dat enige skade aan die infrastruktuur, besproeiingsstelsel, terreinargitektuur en landskap op die sypaadjie aangrensende persele herstel is en alle rommel op die perseel en naburige persele opgeruim is. Die bedrag aldus terugbetaalbaar mag in die uitsluitlike diskresie van die Hoof-Uitvoerende Beampte verlaag word om enige uitgawes deur die Vereniging aangegaan om herstelwerk te doen, te verhaal. 5. DIE VORM/FATSOEN VAN HUISE 5.1 Die minimum grootte van n woning moet twee honderd (200) vierkante meter wees, met uitsluiting van motorhuise en werknemer-akkomodasie. Die minimum grootte van komplekse en groepsbehuisingseenhede moet sestig (60) vierkante meter vir n eenslaapkamereenheid en negentig (90) vierkante meter vir eenhede met twee (2) of meer slaapkamers wees. Die areas sluit nie motorhuise, stoor-areas en werknemerakkommodasie (bediendekamers) in nie. 5.2 Die goedgekeurde dekking vir groepsbehuising is vyf en twintig (25) eenhede/hektaar en vir deeltitelbehuising is dit dertig (30) eenhede/hektaar. Groepsbehuising- en deeltiteleenhede moet deurlopend dieselfde boustyl volg, veral met betrekking tot aanbouings tot bestaande eenhede. As voorbeeld, indien n stoep aangebou word tot n groepsbehuisingseenheid, moet dieselfde boustyl gevolg word, en boumateriale gebruik word as ander stoepe wat reeds in die groepsbehuisings-kompleks bestaan. Beheerliggame moet verseker dat die nodige statutêre vereistes (soos onder andere die Wet op die Bestuur van Deeltitelskemas) nagekom word en behou die Vereniging die reg voor om bewyse in hierdie verband aan te vra. 5.3 Die maksimum hoogte van enige gebou op n Erf is nege (9) meter, soos gemeet vanaf die hoogste punt van die dak en die natuurlike grondvlak reg langs die gebou, op die hoogste punt van die natuurlike grondvlak. (Sien figuur 1). Waar die Erf teen n helling loop sal die maksimum hoogte teen dieselfde helling bepaal word, soos in Figuur 1 uiteengesit word. 5.4 Skoorstene sal uitgesluit word in die berekening van die hoogte van die gebou. 5.5 Die maksimum toelaatbare hoogte van buitemure is sewe komma vyf (7,5) meter, soos gemeet vanaf die muurplaat tot die laagste punt op die natuurlike grondvlak reg langs die gebou, op die punt waar die muurplaat gemeet word. (Sien figuur 1) 9

Figuur 1: Maksimum toelaatbare hoogte van buitemure 5.6 Dit sal aanvaar word dat die natuurlike grondvlak dieselfde sal wees soos bereken word op die kontoerplan. Indien daar n geskil sou wees, met betrekking tot die bepaling van die grondvlak, sal die Estetiese Komitee geregtig wees om hulle te beroep op die kontoerlanne in sy besit. 5.7 Die maksimum hoogte beperking van n dubbelverdieping gebou is van toepassing op alle strukture op die Landgoed. In hoogs uitsonderlike gevalle waar die val van n Erf sodanig is en dat diep opvullings of oop ruimtes van hoër as twee komma twee (2,2) meter by die laagste punt van die woning op die Erf genoodsaak word selfs nadat die woning teen die val afgestap is, kan die Estetiese Komitee die gebruik van sodanige oppervlaktes as derde verdieping goedkeur. 5.8 Enige beslissing deur die Estetiese Komitee oor n verdere verdieping soos hierbo uiteengesit is n uitsondering op die reël en is finaal. 5.9 Geen eksterne staaltrappe word toegelaat nie. 5.10 Onderworpe aan die bepalings van reëls 16.6, 16.7 en 16.11.4, moet alle eksterne pilare gebou, glad gepleister en aan alle kante geverf word. Sogenaamde Romeinse of Griekse styl pilare word nie toegelaat nie. Die voorskrifte m.b.t. verfkleure vervat in reël 6 sal geld vir die verf van pilare. Siersteen sal slegs toegelaat word waar siersteen reeds as dekoratiewe element aan die struktuur van die huis gebruik is, en slegs op vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee. Indien die Eienaar verkies om enige dekoratiewe effek in die pleister aan te bring, moet dit vooraf aan die Estetiese Komitee voorgelê word vir goedkeuring. 6. EKSTERNE MURE 6.1 Eksterne mure van wonings moet gepleister word en met n aardse kleur geverf word. Vir doeleindes van hierdie reël beteken die terme aardse kleure, skakerings van bruin, groen of 1 strooikleur, en sluit dit kleure soos wit, rooi, blou en pers eksplisiet uit. Alhoewel ligte 1 Gewysig 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 10

7. DAKKE KE grys buitemure oorweeg kan word, sal grys wat n blou, 2 swart of houtskool vertoon nie goedgekeur word nie. Geen helderkleurige verf soos, maar nie beperk nie tot, helder rooi, -geel, -oranje, -blou, -pers, -pienk of strooikleur 3 sal toegelaat word nie. Stemmige beperkte fokusmure met kleure soos wynrooi ( burgandy ) of iets dergliks, mag wel deur die Estetiese Komitee oorweeg word. 6.2 Wanneer die buitemure van n nuwe of bestaande woning geverf word, moet die kleure vooraf deur die Estetiese Komitee goedgekeur word. Vir oorweging deur die Komitee moet n paneel van elke kleur van een (1) meter x een (1) meter op n noordfront muur geverf word. n Kleurkaart ten opsigte van elke kleur, wat die volledige spektrum van die gekose kleure(e) aandui, moet ook aan die Komitee verskaf word en sal na goedkeuring op die erflêer geliasseer word. Die kleurkaart sal gebruik word om te bepaal wat die onderliggende kleur van die verf is. Weens die feit dat die kleur van veral gryskleurige verf op groter oppervlaktes anders kan vertoon as wat dit op n klein paneel voorkom, moet een hele noordfront-muur daarmee geverf word (slegs waar n grys kleur vir oorweging voorgelê word) vir oorweging deur die Komitee. Gryskleurige verf kan ook donkerder of ligter vertoon na gelang van die kleur van die dak of die kleur van aksente aan die buitekant van n woning. In lig hiervan kan die Estetiese Komitee n gryskleurige verf by n bepaalde woning afkeur indien dit die opinie van die Komitee is dat dit te donker vertoon na inagneming van die kleur van die dak of kleur van aksente aan die buitekant van die woning. 6.3 Elk van die beoogde kleure moet deur die Estetiese Komitee goedgekeur word alvorens die hele woning geverf word. Versuim om verfkleure vooraf te laat goedkeur kan daartoe lei dat die woning oorgeverf moet word. 6.4 Die gekose verf kleur(e), plaveiselkleure en die kleur van dakteëls van die woning moet by mekaar aanpas. 6.5 Bovermelde voorskrifte geld vir die verf van nuwe wonings, sowel as die herverf van wonings wat reeds deur die komitee goedgekeur is. 6.6 Geen vorm van sierstene, ongepleisterde bakstene, natuurlike klip, sandsteen of kwasgesmeerde mure sal op die buitemure as die dominante eienskap toegelaat word nie. Hierdie tipe, mag slegs vir dekoratiewe doeleindes aangewend word. 7.1 Dakke moet oorheersend teen dieselfde helling gebou word. Wanneer dakke opgesit word, veral die vorms van hoofgeboue, moet dit geskied met simmetriese dubbelhelling dakke met n helling van tussen sewentien punt vyf (17.5) en vyf en dertig (35) grade. Dakke oor stoepe mag wel n verminderde helling hê, op voorwaarde dat hulle dieselfde tipe bedekking moet hê as die dakke van die hoofgebou. Tot en met dertig present (30%) van die totale dakarea, wat die woonhuis en motorhuise insluit, mag n helling van minder as vyf (5) grade hê op voorwaarde dat die dele agter borsweringsmure wat deel van die verlengings van die hoofmure is, versteek is. Gedeeltes wat hellings van minder as vyf (5) grade het, en wat sigbaar is vanaf straatvlak op enige aansig of sigbaar is vanaf n 2 Ingevoeg 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 3 Gewysig 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 11

hoërliggende Erf, sal afgerond word met spoelklippies of klipskerwe tot en met n dikte van nie meer as vyftig millimetre (50mm) nie, of sal met vooraf skriftelike goedkeuring van die Estetiese Komitee, in dieselfde kleur as die res van die dakteels of in swart geverf word. Geen dakplate, behalwe dié toegelaat in reël 7.4, sal toegelaat word nie. 7.2 Geen afdakke van sink, plastiek, skadunet of glasvesel sal toegelaat word nie. Fabrieksvervaardigde aluminium / staalhortjie-afdakke mag, onderhewig aan die goedkeuring van die Estetiese Komitee, toegelaat word. Bouplanne moet ook ingedien word by die Plaaslike Owerheid vir goedkeuring. So n dak: 7.2.1 Moet deur geboude pilare gesteun word en agter n betonbalk / geboude muur versteek word om aan te pas by die styl, kleur en fasade van die hoofgebou. 7.2.2 Mag slegs oor n stoep teenaan n woning gebou word en mag glad nie gebruik word om motors te parkeer of goedere te stoor nie. 7.3 Dakligte, solder- en dakvensters sal toegelaat word op voorwaarde dat: 7.3.1 dit plat teen die vlak van die skuins dak ingebou word en nie n hoogte van honderd en vyftig millimeter (150mm) oorskry nie; 7.3.2 van nie-reflekterende materiaal gemaak word; 7.3.3 dit nie meer as tien present (10%) van die dakoppervlakte van n bepaalde skuins dakvlak beslaan nie; 7.3.4 dit gelykmatig op die dakvlak gespasieër word; 7.3.5 waar n daklig of dakvenster as n element op n plat betondak ingevoeg word, dit nie vanaf aanliggende eiendomme, of van die straat af, sigbaar mag wees nie, en met n borsweringmuur toegebou moet word; 7.3.6 dit nie n koepelvorm het nie. Koepelvormige dakligte- of vensters sal slegs oorweeg word vir plat betondakke in terme van reël 7.3.5 en die oppervlakte van die koepel mag nie meer as dertig present (30%) van die oppervlakte van die plat betondakvlak oorskry nie; 7.4 Dakbedekking word as volg beperk : 7.4.1 Vir Meersig, Boktorbult, Bosbokrand, Watervoëlvlei, Boskloof, Olienhoutrand en Luiperdlaagte: Grasdakke, leiklip- of fabrieksgekleurde betondakteëls wat ooreenstem met die spesifikasies, soos verskaf deur die Estetiese Komitee. 7.4.2 Vir Tsesebe Plato en Moriti: leiklip- of fabrieksgekleurde betondakteëls sowel as Chromadek Z200 gegolfde sinkdakke, Zincalume Colorbond gegolfde sinkdakke en Colorplus gegolfde sinkdakke, wat ooreenstem met die spesifikasies, soos verskaf deur die Estetiese Komitee. 7.4.3 Vir Olienrant: leiklip- of fabrieksgekleurde betondakteëls wat ooreenstem met die spesifikasies, soos verskaf deur die Estetiese komitee. 7.4.4 Elemente, soos byvoorbeeld n glaskoepel of glaspanele, kan in spesiale gevalle deur die Estetiese Komitee goedgekeur word, mits dit spesifiek vooraf aan die Estetiese Komitee voorgelê is vir goedkeuring. Weens die feit dat n gedeelte van die ou Fisher-woning op Erf 30106 as historiese erfenis beskou word, en weens 12

die feit dat die Erf anders as al die ander residensiële erwe vir gebruik as Herberg gesoneer is, kan n ander dakbedekking as hierbo voorgeskryf deur die Estetiese Komitee, oorweeg en goedgekeur word, mits dit by enige moontlike bewaringsprojek sal inpas. Die Bestuurder mag namens die Vereniging versoek dat enige dakbedekking verwyder moet word indien dit in stryd met die goedgekeurde spesifikasies is. 7.5 Die goedgekeurde fabriekskleure van betondakteëls is soos volg: Rooi, terracotta, kalahari, liggrys en bruin. n Voorbeeld van die skakering van liggrys wat aanvaarbaar is, sal by die administratiewe kantore van die Vereniging beskikbaar gestel word. Donker grys, of grys wat nie ooreenstem met die beskikbare voorbeeld nie, en swart betondakteëls, sal nie toegelaat word nie. Eienaars wie enige skakering van grys of swart dakteëls wil gebruik, moet dit vergelyk met die voorbeeld en moet dit vooraf vir goedkeuring aan die Estetiese Komitee voorlê ten einde enige moontlike misverstande of vrugtelose kostes te vermy. Die Farmhouse teël mag ook gebruik word (donker strepe oor die teëls). Enige profiel dakteël mag gebruik word. 7.6 Slegs die volgende fabriekskleure mag gebruik word by gegolfde sinkdakke: 7.6.1 Chromadek Z200: Sandstone Beige, Buffalo Brown en Dove Grey. 7.6.2 Zincalume Colorbond AZ150: Sahara Sands en Shade. 7.6.3 Colorplus AZ150: Rustic Bark en Rain Cloud. 7.7 Sonpanele moet op n estetiese aanvaarbare wyse bo-op die dak van die woning geplaas word. Slegs voorafvervaardigde SABS goedgekeurde sonpanele 4 en swembadverhittingsmatte sal toegelaat word, en opgerolde plastiekpyp bo-op dakke vir swembadverhitting word nie toegelaat nie. Sonpanele kan nie elders op n Erf geplaas word nie. Sonpanele moet swart of brons van kleur wees. Buite-geisers van sonverwarmingseenhede sal slegs toegelaat word indien dit op so n wyse geplaas kan word dat dit nie vanaf enige ander woning op die Landgoed, of vanaf Gemeenskaplike Eiendom, sigbaar is nie. Indien dit nie moontlik is om dit so te installeer nie, moet die geisers binne die dakruimte van die woning geïnstalleer word en sal slegs die sonpanele op die dak sigbaar mag wees. Daar word aanbeveel dat die sonpanele sover moontlik nie van die straatfront sigbaar behoort te wees nie. Alle nuwe bouplanne, aanbouings of wysigings op bouplanne van vertrekke wat watertoevoer benodig sal slegs goedgekeur word indien geisers wat die gebruik van elektrisiteit sal verminder, soos (maar nie beperk nie tot) solar-geisers of hittepomp ( heat pumps ) of soortgelyke toestelle in die woning, geïnstalleer en gebruik word. Die posisie van en die tipe panele moet op op die aansigte en dakplan van die bouplanne aangetoon word. Die Vereniging verkies die installasie van solar-geisers bo hittepompe, aangesien gevind is dat dit meer effektief is, en meer elektrisiteit bespaar. Indien hittepompe wel geïnstalleer word, moet die buite-eenheid op die grond geplaas word en moet dit op dieselfde wyse versteek word, soos voorgeskryf vir lugreëlings in reël 20.3. 4 Gewysig 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 13

8. ONGEMAGTIGDE, ONWETTIG OF ONGEWENSTE STRUKTURE Die Hoof-Uitvoerende Beampte mag boetes van tot drie duisend rand (R3000.00) per maand oplê indien ongewenste strukture nie verwyder word nie. Die boetes vorm deel van die Heffing en is betaalbaar op die eerste dag van die volgende maand, wanneer die boete opgelê is. 9. VENSTERS, FRANSE DEURE EN SKUIFDEURE 9.1 Vensters, Franse deure en skuif-en stapeldeure moet van natuurlike hardehout, upvc of aluminium met brons, houtskool (grys) of houtafwerking vervaardig wees. 9.2 Met die uitsondering van reël 9.3 word eksterne diefwering en traliewerk wat (uit)rek nie aan die buitekant van wonings toegelaat nie. 9.3 Slegs veiligheidshekke met n spanbare deursigtige staalmaas (soortgelyk aan die Trelllidor Clearview-produk in Figuur 2), of deursigtige stawe (soortgelyk aan die Viewprotectproduk in Figuur 3), of n staal sekuriteitshek met vyf en twintig millimeter (25mm) stawe (met dieselfde ontwerp soos getoon in Figuur 4), word, onderworpe aan die volgende, toegelaat om aan die buitekant van n deur van n woning aangebring te word: 9.3.1 Die veiligheidshek moet binne-in die deur reses aangebring en aan die dagwange vasgeheg word. 9.3.2 Die veiligheidshek moet esteties by die goedgekeurde kleur van die bestaande deurraam inskakel. 9.3.3 n Skematiese voorstelling of foto van die veiligheidshek, tesame met die voorgestelde kleur en vervaardigingsmateriaal van die veiligheidshek, sowel as n kleurfoto van die bestaande deurraam van die woning, moet vooraf aan die Estetiese Komitee vir goedkeuring voorgelê word. Figuur 2: Trellidor Clearview-veiligheidshek Figuur 3: Viewprotect-veiligheidshek 14

Figuur 4: n Staal sekuriteitshek met 25mm stawe 9.3.4 Alle bestaande veiligheidshekke wat voor 1 Oktober 2015 aangebring is, en wat nie aan die bepalings van klousule 9.3 voldoen nie, moet by die verkoop van die Eiendom deur die verkoper verwyder word. Verpligte verwydering van die hek en vervanging daarvan met n nuwe hek, soos in klousule 9.3 gespesifiseer, moet in die koopkontrak vermeld word. Indien dit nie gedoen word nie, sal die nuwe Eienaar van die Eiendom aanspreeklik gehou word. 9.3.5 6 Geen eksterne gemonteerde son- of reënskerms word toegelaat wat nie n muur of n dak is nie. Skadu-elemente moet n integrale deel van die argitektoniese aansig en uitleg van die woning vorm. Die volgende son- of reënskerms word toegelaat: 9.3.5.1 Beton kantelbalk beperk tot n oorhang van nie meer as een duisend millimeter (1000mm); 9.3.5.2 Dak wat voldoen aan die bepalings van reël 7; 9.3.5.3 Fabrieksvervaardigde aluminium of staalhortjiedakke wat voldoen aan die bepalings van reël 7.2; 9.3.5.4 Hortjies word as diefwering geag en sal die bepalings van reël 9.2 en 9.3 geld. 9.3.6 Natuurlike hardehout mag nie geverf word nie, maar kan wel met n sonbeskermende vernis bedek word. Swart of amper swart vernis word slegs met vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee toegelaat. 5 Dakbalke mag nie geverf word nie, maar slegs behandel word ten einde die lewensduur daarvan te verleng. 10. EKSTERNE DEURE 5 Ingevoeg 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 6 Reël 9.3.5 9.3.5.4 ingevoeg 2 Augustus 2018. Goedgekeur deur die Direksie 25 Julie 2018 15

Eksterne deure moet van natuurlike hardehout of hardehout en glas of aluminium en glas (in brons of houtafwerking) vervaardig wees. 11. STOEPE, BUITEPORTALE EN PRIËLE 11.1 Onderworpe aan die bepalings van reël 11.2 en 11.3, mag pilare van stoepe, buiteportale of priële slegs van staal of steen vervaardig word. Sogenaamde Romeinse of Griekse style pilare word nie toegelaat nie. Waar pilare van steen gebruik word, moet dit gepleister word. Die voorskrifte m.b.t. verfkleure vervat in reël 6 sal geld vir die verf van pilare. Siersteen of ander dekoratiewe elemente sal slegs toegelaat word in pilare waar siersteen of die betrokke dekoratiewe element reeds aan die struktuur van die huis gebruik is, en slegs op vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee. 11.2 Waar pilare van staal gebruik word, moet elke pilaar n voetstuk bevat soos bepaal in reël 11.3. 11.3 Waar voetstuke wat in pilare van stoepe, buiteportale of priële gebruik word, moet die staalpilaar op n voetstuk van vyf honderd millimeter (500mm) hoog geplaas word. Die voetstuk moet gebou, glad gepleister en aan alle kante geverf word. Geen voetstukke van staal word toegelaat nie. Die voorskrifte m.b.t. verfkleure vervat in reël 6, sal geld vir die verf van voetstukke. Siersteen of ander dekoratiewe elemente sal slegs toegelaat word waar siersteen of die betrokke dekoratiewe element reeds aan die struktuur van die huis gebruik is, en slegs op vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee. 12. MOTORHUISE EN OPRITTE 12.1 n Maksimum van vier (4) motorhuise sal direk langs mekaar op n voltitel Erf toegelaat word. Waar drie (3) of meer motorhuise langs mekaar gebou word moet daar ten minste een (1) dubbel motorhuisdeur gebruik word en moet die aansig van die motorhuise versag word deur die motorhuise te verstap of te skei van mekaar. 12.2. Motorhuise se deure moet van hardehout of die volgende metaal vervaardig wees: Aluzinc in die Paneel- of horizontal slatted styl. Slegs die volgende kleure word toegelaat: o Buffalo Brown Chromadek staal deure in die Paneel of horizontal slatted styl. Slegs die volgende kleure word toegelaat: o Buffalo Brown 16

Fig 5: Voorbeeld van staal motorhuisdeur in paneel styl Fig 6 Voorbeeld van motorhuisdeur in horizontal slatted -styl. Hardehout motorhuisdeure mag vernis, maar nie geverf word nie. Motorhuisdeure kan slegs met vooraf goedkeuring van die Estetiese Komitee swart of amper swart vernis word. 17

12.3 Die oprit en motorhuis van enkelwonings moet so beplan word dat daar ten minste twee (2) motors op die Erf geparkeer kan word. Dit sluit die motors in die motorhuis uit. Elke voltitel woning moet oor ten minste twee (2) motorhuise beskik en waar n motorhuis tydelik vir ander doeleindes gebruik word, mag geen motor op gereelde basis buite geparkeer word nie. Waar daar wel ten minste twee (2) motorhuise beskikbaar is en as motorhuise gebruik word, maar die inwoners oor meer as twee (2) motors beskik, mag addisionele motors buite motorhuise geparkeer word onderhewig daaraan dat 12.3.1 geen herstelwerk buite motorhuise aan motors gedoen mag word nie en motors dus nie vir doeleindes van herstelwerk buite motorhuise geparkeer mag word nie; 12.3.2 die motors wat wel buite motorhuise geparkeer word gereeld gebruik word, en nie op n permanente of semi-permanente basis daar geparkeer word nie; 12.3.3 die motors wat wel buite geparkeer word nie onooglik of onnet vertoon en afbreek doen aan die woning of die omliggende area nie. 12.3.4 motorhuise slegs gebruik word om motors in te stoor. Ander items kan in n motorhuis gestoor word slegs indien n motor of motors (by dubbelmotorhuise) steeds in die motorhuis gestoor kan word. Motorhuise mag onder geen omstandighede as n addisionele leefvertrek of wooneenheid gebruik word nie. 12.4 Opritte mag, vir die gedeelte vanaf die sypaadjie tot die straat grenslyn, nie breër as ses (6) meter wees nie. Vergunning mag vooraf deur die Estetiese Komitee verleen word waar daar vier (4) of meer motorhuise op n Erf met n enkel straatfront is, dat twee (2) afsonderlike toegange tot die Erf mag wees, onderworpe daaraan dat: 12.4.1. Die Eienaar aansoek doen vir bogemelde vergunning deur die indiening van n terreinplan op skaal 1:200. 12.4.2. Die totale breedte van beide toegange gesamentlik nie nege (9) meter of vyftig present (50%) van die lengte van die straatfront (welke een die kleinste is), oorskry vir die gedeelte vanaf die sypaadjie tot die straatgrenslyn nie. 12.5 Onderworpe aan die bepalings van reël 12.4, mag opritte nie die breedte van die motorhuis(e) op die Erf oorskry nie. Waar opritte die breedte van die motorhuis oorskry, sal daardie oppervlakte wat oorskry, geag word om deel te vorm van die harde landskapsargitektuur en moet daar aan die bepalings van reël 3.7 voldoen word. 12.6 Opritte mag nie van, beton teer, gebreekte klippe, gruis of enige vorm van crazy paving of plaveipaadjies (patrone in sementblaaie) vervaardig word nie. n Monster of spesifikasie moet aan die Estetiese Komitee voorgelê word vir vooraf goedkeuring voor die legging van die oprit. 12.7 Om voorsiening te maak vir enige kabels en pype moet n honderd en tien millimeter (110 mm) PVC-pyp onder alle opritte en paadjies wat oor die sypaadjie gebou word, geïnstalleer word. 12.8. Motorhuise en buitekamers mag nie los van die hoofgebou gebou wees nie, maar moet deel daarvan vorm. 18

12.9 Geen randstene mag deur die Eienaar verwyder word sonder die vooraf toestemming van die Estetiese Komitee nie. 13. PARKERING 13.1. Parkeerareas vir komplekse en groepsbehuisingskemas moet as volg verskaf word: GROOTTE VAN EENHEDE MINIMUM VEREISTES VIR PARKERING Eenhede van 1 of 2 bewoonbare vertrekke Eenhede van 3 bewoonbare vertrekke Eenhede van 4 of meer bewoonbare vertrekke Gaste 0.5 addisionele ruimtes/eenheid 1.0 ruimte per eenheid 1.25 ruimtes per eenheid 1.5 ruimte per eenheid 14. SYPAADJIES 14.1 Vir doeleindes van hierdie reël beteken sypaadjie die area tussen die erfgrens en die randsteen van die pad. 14.2 Die versorging van sypaadjies is van kardinale belang, aangesien dit n direkte invloed op die estetiese voorkoms van die Landgoed het. 14.3 Alhoewel die sypaadjie nie die Eiendom is van die Eienaar van die aangrensende Erf nie, is die Eienaar verantwoordelik vir die versorging en instandhouding daarvan. 14.4 Waar geen gras op die sypaadjie aangeplant is nie, moet die Eienaar tuine op die sypaadjie aanlê met dien verstande dat geen tuine, struike of bome die vrye gebruik, van die sypaadjie, vir ten minste een meter vanaf die straat randsteen, deur voetgangers sal belemmer nie. Die aanplant van bome, struike en plante op die sypaadjies mag nie voetgangers verhinder om op die sypaadjie te loop of die sig van motoriste beperk nie. Slegs inheemse bome mag op die sypaadjies en op die Gemeenskaplike areas van die Landgoed aangeplant word. 14.5 Waar gras, bome of struike op n sypaadjie aangeplant is, ongeag of dit deur die Vereniging of die betrokke Eienaar of n vorige Eienaar aangeplant is, is die huidige Eienaar (inwoner) van die aangrensende Erf verantwoordelik om dit behoorlik te onderhou. Onderhoud beteken die gereelde natmaak (onderworpe aan waterbeperkings), sny en ander instandhouding wat benodig word om die sypaadjie netjies te laat vertoon. 14.6 Waar bome deur die Vereniging op n sypaadjie aangeplant is en die bome vrek, is die Eienaar van die aangrensende Erf verantwoordelik om dit te vervang. Aangesien randsnyers wat gebruik word om gras wat tot teenaan die stam van bome aangeplant is te sny, die bas van bome beskadig en tot gevolg het dat dit vrek, moet bome wat deur die Vereniging op sypaadjies aangeplant is ten alle tye van n bedding voorsien word. 14.7 Die Vereniging is verantwoordelik vir die instandhouding van sypaadjies voor Gemeenskaplike Eiendom. Sypaadjies voor Gemeenskaplike Eiendom kan in n natuurlike staat (natuurlike veldgras) gehou word om aan te pas by die Gemeenskaplike Eiendom waarteen dit geleë is. 19

14.8 Indien tuine op sypaadjies aangrensend tot n leë Erf na skriftelike vermanings nie behoorlik deur die Eienaar in stand gehou word nie, en die sypaadjie dan noodgedwonge deur die Vereniging in stand gehou moet word, sal die heffingsrekening van die betrokke Erf met n bedrag van sestig rand (R60.00) per maand of sodanige bedrag wat van tyd tot tyd bepaal word, gedebiteer word om kostes te verhaal. 14.9 Geen bome, plante of grasperk mag sonder die toestemming van die Vereniging van die sypaadjie verwyder word nie. Indien enige bome, plante of n grasperk op die sypaadjie a.g.v. bouwerk beskadig word, is dit die Eienaar se plig om dit tot bevrediging van die Vereniging te vervang/herstel. Die Vereniging kan enige skade op die onkoste van die Eienaar herstel. Die onkoste sal van die maandelikse Heffing verhaal word in die maand waarin die skade herstel is. 14.10 Indien enige van die bovermelde reëls nie deur die Eienaar of inwoner nagekom word nie, veral nadat die Vereniging die Eienaar skriftelik daarvan verwittig het, behou die Vereniging hom die reg voor om boetes te hef, of om die werk op die Eienaar se onkostes te laat doen en die uitgawes saam met die bestaande Heffing te laat aftrek. 15. GRENSMURE EN BINNEMURE Om n mate van visuele integriteit te bewerkstellig, sal die ontwerp van grensmure streng beheer word en moet die ligging en ontwerp op bouplanne aangedui word. Geen afwykings van hierdie voorskrifte sal sonder die goedkeuring van die Estetiese Komitee toegelaat word nie. 16. GRENSMURE EN MURE BINNE N ERF 16.1 Die veiligheidsheining om die Landgoed val buite die bestek van hierdie reëls en hierdie voorskrifte is derhalwe net van toepassing op residensiële erwe binne die Landgoed. 16.2 Vir doeleindes van hierdie reël 16 sal die volgende terme die betekenisse hê wat ingevolge hiervan daaraan toegeken is en ooreenstemmende uitdrukkings sal ooreenstemmende betekenisse hê: 6 16.2.1 Grensmuur beteken: 16.2.1.1 n muur opgerig op of langs die grens van n Erf, of; 16.2.1.2 die eerste muur, behalwe die muur van die woning, wat sigbaar is vanaf die straatfront en wat meerendeels parallel opgerig is tussen die straatfront en die aansig van n woning. 16.2.2 Muur beteken n reopstaande struktuur wat ten doel het om n Erf te verdeel, in te sluit of te beskerm. Heining en skerm het dieselfde betekenis. 16.2.3 Skermmuur beteken n muur, anders as n grensmuur en wat nie deel van die struktuur van die woning uitmaak nie, wat opgerig is om n sekere uitsig te versteek of te verbreek en ondersteun geen vertikale gewig behalwe die 6 Reël 16.2 16.2.3 gewysig 25 Junie 2018. Elektroniese goedkeuring deur die Direksie 31 Mei 2018 20

skermmuur se eie gewig nie. 16.3 Die Vereniging verkies dat erwe nie met mure toegebou moet wees nie, maar verbied nie die oprigting van grensmure nie. Voorkeur moet gegee word aan die gebruik van struike, bome en plante om privaatheid te verseker en natuurlike heinings te vorm en sodoende by die karakter van die Landgoed aan te pas. Grensmure en skermmure is dus nie verpligtend nie, maar indien dit opgerig word moet planne vir goedkeuring aan die Estetiese Komitee voorgelê word en moet dit van stene/klip of van stene/klip en staal vervaardig word, en opgerig word in ooreenstemming met die voorskrifte, detail afwerking en kleure soos hieronder en elders in hierdie reëls voorgeskryf word. 16.4 Geen muur of heining of skerm wat vervaardig is van ondeursigtige staal, devils fork (met of sonder skerp punte), draad, hout en/of vooraf gegote beton, sal op die grens of binne die grense van n Erf toegelaat word nie, behalwe in soverre dit spesifiek vergun word in hierdie reëls. 16.5 Waar hout of staal wel in grensmure en skermmure gebruik word, mag dit slegs dekoratief aangewend word. In gevalle waar hout gebruik word, mag dit nie meer as tien present (10%) van die totale oppervlakte van enige paneel van die muur beslaan nie. 16.6 Waar deursigtige staal dekoratief in n muur gebruik word, moet dit bo op n steen/klip fondasiemuur van ten minste vyfhonderd millimeter (500mm) hoog en tussen steen/klip pilare geplaas word. Die pilare moet ten minste drie honderd en dertig millimeter (330mm) breed wees, en nie verder as drie komma drie (3,3) meter uitmekaar geplaas, soos in Figuur 5 geïllustreer word, nie. Fig 5: Dekoratiewe staal as deel van n grensmuur bo-op n steen/klip fondasiemuur 16.7 Waar grensmure of binnemure geheel of gedeeltelik van steen opgerig sou word, moet albei kante glad gepleister en aan beide kante geverf word. Die voorskrifte m.b.t. verfkleure vervat in reël 6, sal geld vir die verf van grensmure of skermmure. Siersteen sal slegs toegelaat word waar siersteen reeds as dekoratiewe element aan die struktuur van die huis gebruik is, en slegs op vooraf goedkeuring deur die Estetiese Komitee. Indien die Eienaar verkies om enige dekoratiewe effek in die pleister aan te bring, moet dit vooraf aan die Estetiese Komitee voorgelê word vir goedkeuring. Kwasgesmeerde of sakgesmeerde mure sal nie toegelaat word nie. Indien n Eienaar egter n klein dekoratiewe element aan die binnekant van n grensmuur wil aanbring wat kwasgemeer of sakgesmeer is, moet dit as sodanig op bouplanne aangedui word en spesifiek vooraf deur die Estetiese Komitee goedgekeur word. 21