HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Vergelijkbare documenten
FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V1 MEMORANDUM

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Les 14: Entrepreneurskap

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1. Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Briewe, posseëls en elektroniese pos

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 9 AFRIKAANS HUISTAAL 2012: MODELVRAE TOETS MEMORANDUM

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Die intrige rondom Hanna kan in die volgende punte saamgevat word:

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

FAKTORE EN VEELVOUDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

2; 5; 7; 4; 6; 8; 7; 5; 1; 3; 7; 8; 5; 5. (Onthou: Frekwensie beteken die aantal kere wat n spesifieke waarde getel kan word)

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER) CMR PROJEKPLAN

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

REKENINGKUNDE: BEGELEI JY OF ONDERRIG JY NET?

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

Die historiese Jesus. Vertrekpunt

Inhoudsopgawe. Voorwoord

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Pragtige Koningin Ester

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

REKORD- EN EINDEKSAMEN

n MAAND MET RUT 1-28 Augustus 2016 Week 1 Die skrywer van Rut is onbekend, al sê party bronne dat Samuel dit dalk geskryf het.

Kyk ook: Wat staan lidmate en NG Kerke te doen indien die algemene sinde wel ruimte maak vir homoseksuele mense?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesaja sien die Toekoms

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V1

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Die Kerk se Geboorte

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

REKENINGKUNDE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

Sentraalbeplande stelsel

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Transcriptie:

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Inhoud WAT IS DIE #HELPHETTA-PROJEK?... 3 DOEL VAN DIE NAVORSING... 3 BEVINDINGE... 3 Demografie van meisies... 3 Ingesteldheid van meisies teenoor hulle siklus... 6 Die #HelpHetta-projek... 8 GEVOLGTREKKINGS... 10

Lys van grafieke Grafiek 1: Meisies se ouderdom... 4 Grafiek 2: Ouderdom wanneer menstruasie begin het... 4 Grafiek 3: Die meisies se sikluspatrone... 5 Grafiek 4: Tipe sanitêre ware deur meisies gebruik... 5 Grafiek 5: Tipe sanitêre ware per ouderdomsgroep... 6 Grafiek 6: Beste sanitêre ware vir meisies... 6 Grafiek 7: Meisies se vlak van gemak met siklus... 7 Grafiek 8: Word menstruasie met voogde bespreek... 7 Grafiek 9: Meisies se gevoelens oor hulle siklus... 8 Grafiek 10: Invloed van HelpHetta op meisies se lewens... 8 Grafiek 11: Voorkoms van tekort aan sanitêre ware... 9 Grafiek 12: Mis meisies skool as gevolg van hulle siklus... 10

WAT IS DIE #HELPHETTA-PROJEK? Solidariteit Helpende Hand het die karakter Hetta geskep om elke meisie wat die probleem van n gebrek aan sanitêre ware ervaar, te verteenwoordig. Hetta is n tienermeisie, soos enige ander meisie, maar Hetta kom uit n arm gesin en haar ouers het nie altyd genoeg geld om alles te koop wat sy nodig het nie. Haar maandelikse sanitêre produkte is een van die goed waarvoor haar ouers nie altyd fondse het nie. Gelukkig het Solidariteit Helpende Hand reeds in 2015 begin om sanitêre ware aan behoeftige meisies uit te deel. Die #HelpHetta-projek is geloods om verligting aan meisies te bring en om meisies te help om gemaklik met hulle menstruasiesiklus te word, want vir Helpende Hand is dit belangrik dat meisiewees gemaklik moet wees vir ieder en elke meisie. DOEL VAN DIE NAVORSING Die doel van die navorsing was om die effektiwiteit van die projek te bepaal en om meisies se ervarings van hulle siklus van naderby te beskou. NAVORSINGSMETODE Gedrukte vraelyste is saam met die Mei 2018-versending van sanitêre ware na die 3 200 meisies wat by die projek baat, gestuur. Die vraelyste het uit 14 oop en veelvoudigekeusevrae bestaan. Die vraelyste van 459 meisies is ontvang en elektronies verwerk. BEVINDINGE Demografie van meisies Die gemiddelde ouderdom van die meisies wat deel is van die #HelpHetta-projek is 15 jaar. Die meerderheid van die meisies (43%) is tussen die ouderdom van 13 en 15 jaar, terwyl 39% tussen 16 en 18 jaar oud is. Daar is 13% wat 12 jaar en jonger is en die oorblywende 5% is ouer as 18 jaar.

5% 13% 39% 43% 12 en jonger 13 tot 15 16 tot 18 ouer as 18 Grafiek 1: Meisies se ouderdom Die meisies is verder gevra wanneer hulle begin menstrueer het. Die meerderheid van die meisies (73%) het tussen die ouderdom van 11 en 13 jaar begin menstrueer, met n verdere 16% wat tussen die ouderdom van 14 en 15 begin menstrueer het. 8% van die meisies het begin menstrueer voor hulle 10 jaar oud was. Die gemiddelde ouderdom was 12 jaar, wat met die Wêreldgesondheidsorganisasie se syfers ooreenstem. 3% 16% 8% 73% 10 en jonger 11 tot 13 14 tot 15 16 en ouer Grafiek 2: Ouderdom wanneer menstruasie begin het Daar is ook vir die meisies gevra hoe gereeld hulle siklus is. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se inligting is die gemiddelde siklus tussen 28 en 35 dae lank, wat beteken dat meisies in hierdie tydperk menstrueer. Die meerderheid van meisies (38%) beskryf hulle siklus as min of meer in lyn met hierdie tydperk, met n verdere 29% wat getuig dat hulle siklus baie presies is. Die oorblywende 33% beskryf hulle siklus as ongereeld.

12% 21% 29% Presies elke 28-35 dae Min of meer elke maand Soms ongereeld Baie ongereeld 38% Grafiek 3: Die meisies se sikluspatrone Die meisies is verder gevra om aan te dui watter sanitêre ware hulle gebruik en ook watter produk volgende hulle die beste is. Die meerderheid van die meisies (87%) het aangedui dat hulle sanitêre doekies gebruik, terwyl 13% tampons gebruik. Die syfer word vermoedelik skeefgetrek deurdat die #HelpHetta-projek meisies hoofsaaklik van sanitêre doekies voorsien word. Tampons Sanitêre doekies 0 20 40 60 80 100 Grafiek 4: Tipe sanitêre ware deur meisies gebruik Wanneer daar verder ondersoek ingestel word oor die gebruik van sanitêre ware per ouderdomsgroep, is dit duidelik dat hoewel die meerderheid van die meisies sanitêre doekies gebruik, tampons in sekere ouderdomsgroepe meer gewild is. Die 13- tot 15-jariges gebruik die minste tampons, gevolg deur die groep wat ouer is as 18 jaar. In die groep meisies tussen

16 en 18 jaar gebruik n kwart van die meisies tampons, en 20% van die meisies jonger as 12 jaar gebruik tampons. 100 90 80 70 60 50 40 30 20 10 0 12 en jonger 13 tot 15 16 tot 18 ouer as 18 Sanitêre doekies Tampons Grafiek 5: Tipe sanitêre ware per ouderdomsgroep Daar is ook probeer om vas te stel watter tipe sanitêre ware die meisies wat deel van die #HelpHetta-projek is, verkies. Hulle is dus gevra om aan te dui watter tipe sanitêre ware hulle as die beste beskou. Weereens is daar n duidelike tendens dat die meisies sanitêre doekies verkies. Tot 85% van die meisies glo sanitêre doekies is beter en 15% verkies tampons. Tampons Sanitêre doekies 0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 Grafiek 6: Beste sanitêre ware vir meisies Ingesteldheid van meisies teenoor hulle siklus Die meisies beskryf hulself met betrekking tot gemaklikheid met hul siklus as gemiddeld tot effe ongemaklik. Meer as die helfte van die meisies blyk gemaklik met hulle siklus te wees, met 47% wat hulle vlak van gemak as gemiddeld beskryf en n verdere 17% wat hulleself as baie gemaklik beskryf. Die oorblywende 35% beskryf hulleself as ongemaklik.

Uiters ongemaklik Effe ongemaklik Gemiddeld Baie gemaklik 0 10 20 30 40 50 60 Grafiek 7: Meisies se vlak van gemak met siklus Om die meisies se verwysingsraamwerk ten opsigte van menstruasie na te speur, is daar gekyk na hulle verhouding met hulle voogde en of hulle gemaklik genoeg is om hulle siklus met ander te bespreek. Minder as die helfte van meisies (48%) het aangedui dat hulle met hulle voogde oor hulle siklus kan gesels. 20% van die meisies voel dit is miskien moontlik om met hulle voogde te gesels, terwyl 21% gesê het dit is nie moontlik nie en n verdere 11% gesê het dit is glad nie moontlik nie. Glad nie Nee Miskien Ja 0 10 20 30 40 50 60 Grafiek 8: Word menstruasie met voogde bespreek Meisies se houding teenoor menstruasie is ook gemeet. Net meer as n derde van die meisies (37%) het positiewe gevoelens oor hulle siklus. Hierdie positiewe gevoelens sluit in dat hulle bly is hulle is gesond, hulle aanvaar dit is deel van n vrou se lewe en n groot aantal het aangedui dat dit normaal is. Die meerderheid van die meisies (63%) het aangedui dat dit nie n aangename ervaring vir hulle is nie. Ongemaklikheid en haat is die twee gevoelens wat uitgespreek is, gevolg deur selfbewustheid en vrees.

Bly Bang Selfbewus Deel van vrouwees Pynvol Haat dit Ongemaklik Normaal 0 5 10 15 20 25 30 35 Grafiek 9: Meisies se gevoelens oor hulle siklus Die #HelpHetta-projek Die #HelpHetta-projek verskaf sanitêre ware aan meer as 3 200 skoolmeisies in sowat 110 skole regoor die land. Helpende Hand-hoofkantoor voorsien elke meisie vier maal per jaar van n Hetta-pakkie, terwyl Helpende Hand se landswye vrywilligertakke deurlopend produkte in hul gemeenskappe insamel en dit aan die Hetta-skole versprei. Die meisies is gevra wat die invloed van die projek op hulle lewens is. Die meerderheid (67%) het aangedui dat dit hulle lewe baie makliker maak, met n verdere 26% wat voel die projek bring bietjie verligting. Vir 3% van die meisies het die projek geen daadwerklike verskil gemaak nie. Die oorblywende 3% voel die projek maak hulle lewens makliker. Hierdie vraag het die potensiaal gehad om verkeerd geïnterpreteer te word. Meisies het vermoedelik aangeneem die vraag probeer die invloed van hulle maandelikse siklus op hulle lewens vasstel en het dus negatief geantwoord. Vanuit die kommentaar wat die meisies in hierdie gevalle gelewer het, is dit duidelik dat hulle nie die vraag goed begryp het nie. Bemoeilik lewe Dit het geen invloed nie Bring bietjie verligting Maak lewe baie makliker 0 10 20 30 40 50 60 70 80 Grafiek 10: Invloed van HelpHetta op meisies se lewens

Tydens Vrouemaand 2015 het Solidariteit Helpende Hand navorsing bekend gemaak wat onder Afrikaanse skoolmeisies gedoen is: 49% van skoolmeisies is nie gemaklik is om die onderwerp van menstruasie met hulle skoolmaats te bespreek nie. Meer as 10% van skoolmeisies meen dat hulle nie genoeg sanitêre produkte vir n maand het nie. n Verdere 7% het aangedui dat hulle skool mis vanweë n tekort aan hierdie produkte. Na aanleiding van dié skokkende statistiek is die #HelpHetta-projek begin. Hierdie navorsing bou voort op die vorige studie en wou weer ondersoek instel om te bepaal of daar steeds n behoefte aan sanitêre ware is. Die meisies is dus gevra of hulle soms nie sanitêre ware het nie en 43% van die meisies het aangedui dat hulle van tyd tot tyd nie genoegsame sanitêre ware het nie. Die vraelys het nie voorsiening gemaak vir meisies om aan te dui in watter omstandighede hulle hulself tydens die tekort aan sanitêre ware bevind het nie. maar dit het na vore gekom dat slegs 21% van dié wat nie genoeg sanitêre ware het nie op n ander manier sanitêre ware in die hande kon kry. Dit sluit in dat hulle by vriendinne leen, om hulp by die skool vra, of hulle ouers kon dit koop. Die oorblywende 78% het alternatiewe vir sanitêre ware gebruik wat onder andere toiletpapier en lap ingesluit het. 57% 43% Ja Nee Grafiek 11 Voorkoms van tekort aan sanitêre ware Die meisies is ook gevra om aan te dui of hulle skool mis omdat hulle nie sanitêre ware het nie. 36% van die meisies het bevestig dat hulle as gevolg van n tekort aan sanitêre ware al skool gemis het.

64% 36% Ja Nee Grafiek 12: Mis meisies skool as gevolg van hulle siklus? Beide syfers wat in 2018 opgeteken is, is meer as dié in 2015. Die rede hiervoor is dat die vraelyste in 2015 aan die hele skool se meisies uitgedeel is, terwyl in 2018 daar vraelyste slegs aan meisies wat deur die skool as behoeftig geïdentifiseer is, uitgedeel is. Vanuit die navorsing het dit ook duidelik geword dat daar verwarring was oor die vraag aangaande skool wat gemis word. By verdere ondersoek is gevind dat 54 van die 149 meisies wat aangedui het hulle mis skool, ook aangedui het dat hulle genoegsame sanitêre ware het. Dus was daar n ander rede waarom hulle skool gemis het. Verdere studie kan gedoen word om te bepaal wat die rede hiervoor is, maar dit blyk dat die ongemaklikheid van die meisies se siklus (en of pyn wat hulle ervaar) die rede is waarom van die meisies skool mis. GEVOLGTREKKINGS Die #HelpHetta-projek het n positiewe uitwerking op die lewens van die meisies wat deel uitmaak van die projek. Tot 93% van meisies wat deel is van die projek, voel die produkte maak n positiewe verskil in hulle lewens. Meisies bly egter ongemaklik met die idee van hulle siklus; tot 63% van die meisies is ongemaklik met hulle siklus, en meer as die helfte (52%) van meisies voel nie gemaklik om hulle siklus met hulle ouers te bespreek nie. Volgens die navorsing het 43% van die meisies het al n tekort aan sanitêre ware self beleef, maar dit was egter nie duidelik waarom hulle n tekort gehad het nie. Sommige meisies het wel aangedui dat dit hulle huisgesin se finansiële las verlig.