Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Vergelijkbare documenten
Welkom by Die Storie God se storie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

God eer Josef die slaaf

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Goeie Konings, Slegte Konings

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Pragtige Koningin Ester

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

'n Man gestuur deur God

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Jona en die Groot Vis

1 Waar ek vandaan kom

Die Kerk se Geboorte

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Toe God alles gemaak het

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Jona en die Groot Vis

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Van Vervolger tot Prediker

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Baie welkom by vanoggend se erediens

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Paulus en sy vriende vertel ander van God

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Petrus en die Krag van Gebed

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

Inhoudsopgawe. Voorwoord

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Om n hindernisbaan te bou: Die hindernisbaan gaan die hoogte en laagtepunte in Josef se verhaal voorstel. Potifar se vrou

Van Vervolger tot Prediker

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

Transcriptie:

1 Gen. 37a Josef a Die vere maak nie die voël nie Liewe kinders, en broers en susters. Vandag begin ons met `n splinternuwe reeks oor die lewe van Josef. Ek wil veral hê dat die kinders mooi moet luister, en soos altyd deelneem. Ons gaan sien hoe hierdie deel van die Ou Testament by die res in pas, en ons gaan ook sien hoe hierdie gebeure van duisende jare gelede, vir ons iets meer oor God leer. Kom ons begin dan met die eerste gedeelte. Dit kom uit Gen. 37:1-11 Agtergrond Kinders, ek wil gou vir julle iets belangrik wys. Kyk bietjie in watter tyd van die Bybelse geskiedenis hierdie dinge gebeur. (tydlyn - Adam en Eva, Noag, Abraham, Isak en Jakob, Israel in Egipte vir omtrent 400jr, Moses, baie jare later Koning Dawid, en baie, baie jare later Jesus) (waar kom Josef se geskiedenis? Net voor die Israeliete na Egipte toe trek) Noudat ons weet wanneer hierdie dinge gebeur, kom ons kyk bietjie waar kom Josef vandaan, hoe het sy familie gelyk. Josef se pa was Jakob seun van Isak. Sy naam beteken Die een wat jok en hy het ook baie in sy lewe gejok. Hy het vir sy eie pa Isak en sy broer Esau gejok, en gevlug. Jakob se twee vroue was sussies: Lea en Ragel maar hy was liewer vir Ragel. Ragel het gesukkel om kinders te kry, maar uiteindelik is Josef gebore toe Jakob al ouer Na hom is Benjamin gebore, maar sy mamma Ragel gaan dood net na die geboorte. Josef het 11 ander broers gehad. Hy was tweede jongste. Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte. (Vra 16, 17, 18 jariges om te staan) Ons hoor die eerste keer van Josef as Hy sewentien is, so oud soos julle! Sy werk, hy moes skape en bokke oppas. Maar, al was hy die 2de jongste seun, vertel die Hebreeuse taal vir ons dat hy die leier En hy het ook stories aangedra. Miskien het hy gedink hy doen reg, maar niemand hou van iemand wat stories aandra nie.

2 Dan hoor ons van nog `n verkeerde ding in vers 3 naamlik dat Jakob die liefste vir Josef Hoekom Jakob was al oud toe Josef gebore is, maar dit wil ook lyk asof Josef besonder slim en volwasse vir sy ouderdom Dit, en die feit dat Josef die oudste seun van sy liefling vrou Ragel is, maak dat Jakob hom uitsonder. En almal kan dit sien! Hy maak vir Josef baie deftige klere, die nuutste jas van Quiksilwer. `n Pa het so jas aan sy seun gegee om te wys dat hy die volgende hoof van die familie sal wees. Eintlik moes die oudste seun Ruben dit gekry het soos dit die gebruik Maar hy het `n slag sy pa baie kwaad aangedoen. Hy het by een van sy pa se byvroue geslaap daarmee wou hy eintlik wys dat hy die volgende leier van die familie sal wees en nie veel respek vir sy pa het nie. Dit is duidelik dat hierdie familie nie sulke goeie verhoudinge gehad het nie, en Jakob maak dinge net erger as hy Josef voortrek. Die ander boeties het daarom niks van Josef gehou nie. Sy mooi en deftige brand klere, het nie gemaak dat almal hom as leier aanvaar het nie. Die vere, maak nie die voël nie. Hoe sal jy voel as jou ma of pa meer van `n ander kind hou as van jou? Dit sou jou seer maak né, dit is `n verkeerde ding om te doen. Eintlik moes Jakob beter geweet het, want sy pa het sy boetie Esau voorgetrek. Pa`s en ma`s is nie veronderstel om so iets te doen nie. Luister bietjie hoe Hemelse Vader totaal anders as hierdie aardse pa`s is: Kolossense 3:25 die Here trek niemand voor nie. Hy is ewe lief vir al sy kinders! En dan droom Josef. Drome was baie belangrik in daardie tyd. Dit was `n manier hoe God met mense gepraat het. Die Here het ook voorheen met Jakob in `n droom gepraat. Maar Josef se droom was anders. Vir die eerste keer praat God nie, daar is net beelde. En hierdie drome moes Josef baie ontstel het. Want selfs al hou sy boeties nie van hom nie, vertel hy vir hulle van hierdie drome. Miskien wou hy hê dat hulle saam met hom moes dink wat dit kan beteken, maar miskien was hy hoogmoedig, en wou hy hê hulle moes dink: Selfs God sê hy gaan ons leier wees. Tog wonder niemand oor wat dit kan beteken nie.

3 Sy broers het nou nog minder van hom gehou, en dit wil lyk of hy gedurig groot praterig hieroor Selfs sy pa raas ernstig met hom. Dink jy ons gaan almal voor jou buig? Josef het dit te ver gevat. Maar sy boeties bly jaloers Josef was anders, hy het meer liefde gekry, en dan is daar nog hierdie verpeste drome wat nie wil ophou nie. Tog hoor ons `n baie interessante ding aan die einde van vers 11. Jakob het aan die droom bly dink iets van die droom het hom bly pla. Omdat ons die hele storie van Josef ken, weet ons dat hierdie drome later wel waar word. Wat dink julle kinders? Gaan sy boeties voor hom buig? Ja, hulle het! So, die drome HET van God af gekom. Die probleem was dat Josef nog nie die droom kon uitlê nie. Hy het nog nie verstaan waaroor dit gaan nie. `n Jongman, volwasse vir sy ouderdom, `n wysneus kan ons sê, dink dat hierdie drome oor homself gaan! Hy het hoogmoedig geraak. Hy het nie verstaan dat dit eintlik oor God gaan nie. Dat die Here hom gaan gebruik om sy mense se lewens te red nie. Maar waar sou hy hierdie manier van dink geleer het? By sy pa Jakob, want hy het nie hierin sy plig as pa nagekom nie. Hy het nie sy seuns geleer wat dit is om die Here te dien nie. Hoe om na God te luister, en nie net elkeen vir homself te sorg nie. Uit sy eie voorbeeld het hy nie vir hulle gewys dat God elkeen van hulle liefhet en niemand voortrek nie. En so doen Josef dieselfde sonde as Adam en Eva hy wil steel God se eer! In sy hoogmoed dink hy dat mense voor hom gaan buig, omdat hy Josef is sy naam beteken dan die Here gee nog! Hoor die slim woorde van die Spreuke skrywer oor hoogmoed: Spreuke 11:2 Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid. Spreuke 13:10 Selfverheffing lei altyd tot twis; dié wat goeie raad aanneem, het wysheid. Spreuke 29:23 Hoogmoed bring n mens tot n val; nederigheid bring eer. En so sou Josef dit op die harde manier leer. Hoogmoed kom tot `n val.

4 Nie sy mooi klere nie, en ook nie sy wonderlike godsdienstige drome, maak van hom iemand belangrik nie. Die vere maak nie die voël nie. Hy sou moes leer om aan die Here alleen vas te hou. Hy sou moes leer dat dit net die Here is wat red. Hy sou moes leer dat die Here se pad met jou soms rof is, maar dat as jy gehoorsaam is, jy die goeie daarvan sal sien en verstaan. Kinders, broers en susters hoe anders is God nie as ons nie. Nie een van ons sou `n reddingspoging op hierdie manier begin het nie. Uit `n onenige, strydlustige gesin, kies die Here `n hoogmoedige jong mannetjie van 17. Hy gaan met hom `n pad stap, om sy volk te red. Kinders, moet nooit dink dat die Here eers eendag met jou en deur jou gaan werk nie. Hy trek niemand voor nie, jy is ook vir hom belangrik. Pa`s en ma`s, volwasse lidmate ons moet nooit vergeet dat ons `n geweldige groot taak het om nou reeds vir ons kinders te leer wat dit is om `n verhouding met God te hê nie. En nee, hulle moet nie maar net kerk toe kom, katkisasie toe gaan en eendag verstaan waaroor dit alles gaan nie. God wil ook nou reeds met hulle praat nou reeds met hulle `n verhouding hê. Daarom is `n geleentheid soos vandag, vir ons `n geleentheid van gee. Gee met ons teenwoordigheid; gee deur ons gehoorsame EERLIKE voorbeeld; gee deur vir elke kind te wys: jy hoort hier, ons Here trek niemand voor nie! Ons is lief vir julle net soos julle is. Dieselfde kinders, geld vir julle. As jy graag wil deel wees van `n groep mense wat vir die Here lief is maak oop jou oë en ore wys dat jy nederig hier is om voor God alleen te buig. Maar nou, die belangrikste: wat leer ek en jy van ons Here uit hierdie gedeelte? God werk steeds deur `n verhouding met ons. Steeds kies Hy iemand om sy reddingsplan uit te voer, iemand wat in mense se oë nie geskik is nie. Hy stuur sy Seun in die vorm van `n mense babatjie. Op die jonge ouderdom van 12 is Jesus besonder volwasse en wys vir sy ouderdom Hy leer selfs die slim manne in die tempel! Tog is Hy nooit hoogmoedig nie. Hy was nie geskik vir die werk omdat hy deftige klere aangetrek het nie. Hy was arm en het nie eens `n plek gehad om te slaap nie.

5 Hy was ook nie geskik vir die Vader se werk omdat mense van Hom gehou het nie, want soos met Josef het selfs sy eie broers nie van Hom gehou nie. Hy was geskik omdat Hy geweet het hoe perfek sy Vader se liefde vir Hom is, maar veral omdat Hyself hierdie perfekte liefde vir die mense om Hom Niemand wou voor Hom buig nie hulle het Hom selfs gespot dink jy jy gaan oor ons heers, dink jy jy gaan oor ons koning wees!? Koning van die Jode! Terwyl hulle Hom op sy doring kroon slaan en `n mantel om Hom hang. Tog hoor ons dat elke knie eendag sal buig en elke tong sal erken: Jesus Christus is Here! Omdat ons mense hoogmoedig was, en self soos God wou wees, moes Hy verneder word. Slot Die hoogmoedige Josef is onbruikbaar. Maar God gaan in liefde met hom `n harde pad stap. Ons waarde lê nie in uiterlike voorspoed, en selfs godsdienstige kennis nie. Die vere maak nie die voël nie. `n Verhouding met God dit maak ons bruikbaar. Sal ons verstaan as Hy met ons praat? Doen moeite lees jou Bybel, Bid elke dag! Kyk waar die Here werk, en gee aan Hom die eer.