Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Welkom by Die Storie God se storie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

n Tempel Leier besoek Jesus

Goeie Konings, Slegte Konings

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maar sê nou hy is n Meesterskilder? begin mevrou Vlekloos wonder. Hy skep dalk n meesterstuk op ons kinders se skoon, oop leegheid.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

God eer Josef die slaaf

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Toe God alles gemaak het

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

'n Man gestuur deur God

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Baie welkom by vanoggend se erediens

Die Groot Muur van Nehemia

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die Kerk se Geboorte

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Toe God alles gemaak het

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

Pragtige Koningin Ester

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Jona en die Groot Vis

Die Groot Gebod dennis de wet

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Inhoudsopgawe. Voorwoord

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Voorsienigheid van God en Moses

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Jona en die Groot Vis

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Die brief aan die Filippense

Van Vervolger tot Prediker

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Van Vervolger tot Prediker

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Petrus en die Krag van Gebed

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Les 2 vir 13 Oktober 2018

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Vries al hulle bates, betaal geld terug met rente, hy word `n handearbeider vir die wat hy/sy besteel het.

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Simson, God se sterk Man

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Transcriptie:

1 Jeremia 1 Waarvoor is jy bang? Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan? So hoe sou jy hierdie stelling geestelik benader? Is jy wat jou geloof en gehoorsaamheid betref eerder bang Jan, of dooie Jan? Dit hang seker af waarvoor jy bang is, of dalk juis, waarvoor jy nie bang is nie! Jeremia word geroep in `n interessante tyd van Juda se geskiedenis. Die jong koning Josia het sopas begin met sy hervormings om die volk weer tot gehoorsaamheid aan God op te roep. Die wet boek word in die tempel ontdek waar dit vir baie lank weggesteek was. `n Goeie tyd om geroep te word: die koning is jou goedgesind, die Woord van die Here is weer gevind. Maar dinge sou ernstig verander: Groot politieke veranderinge gebeur in die 50 jaar van Jeremia se bediening: die magtige Assirië val; Egipte word eers sterk maar val ook later; Babel word `n magtige ryk. En tussen hierdie magte val die konings van Juda rond om die beste bondgenoot te kry wat hulle kan beskerm. Maar Juda kom sleg tweede en word op die ou einde in ballingskap weggevoer na Babel. In hierdie tyd, en vir hierdie tyd roep die Here vir Jeremia. Die eerste saak wat Jeremia en jou en my vrees moet oorwin, is die feit dat hy en ons in `n groter tyd, in Koninkrykstyd geroep is. Die Woord van die Here kom tot Jeremia, nie net op daardie dag nie, maar ook ver uit die verlede. Om die waarheid te sê, dit kom van die begin af. Voordat ek jou met Pottebakkers hande gevorm het, het ek jou al geken! Dink mooi wat hierdie woorde beteken...jy was nog nie eers nie, toe ken ek jou al. Ek het jou bedink, jy is my skepsel, jy is deur My, vir My gemaak. Voor jy was, was Ek Jeremia!

2 Voor jou geboorte het ek jou al aan my gewy, geroep om te praat! Jeremia se roeping lê in koninkrykstyd, nog voor die son en die hemelliggame tyd op aarde kom aandui het. Is dit dan anders vir Jeremia as vir jou en my? (KLIK) Effesiërs 1:4 So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5 In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, TOE OOK AL daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. (KLIK) Hierdie is maar een van verskeie teksgedeeltes wat bevestig dat geloof nie maar `n toevallige wilsbesluit is nie. Ook jou en my roeping lê in koninkrykstyd, en die uitwerking en gevolge sal in koninkrykstyd gesien en beleef word. Ja dit gaan hier en nou `n impak op jou en die mense om jou hê, maar het jy al gedink watter impak dit in die tyd van die koninkryk mag hê? Ons vrees, soos Jeremia sin, om te sê wat die Here sê, is soms vir `n minuut of tien. Gemeet aan die diepte van tyd waar ons roeping sy grondslag het, is dit minimaal. Die volgende saak wat Jeremia se vrees moes oorwin is die feit dat God die een is wat stuur en red. Maar eers die vrees: ek praat nie goed nie, ek is te jonk / ek is niemand nie. Klink hierdie vrese bekend? Moses: (klik) ek praat nie goed nie, die Israeliete luister nie eens na my nie, wie is ek om voor die Farao te verskyn? Gideon: (klik) Waarmee sal ek die Israeliete red? My familie is arm, van my pa se kinders het ek die minste aansien. Paulus (klik) lê stom en bewe nadat Jesus hom persoonlik roep. (KLIK) Ek en jy: nee kyk, wie is ek nou om met iemand te praat. Wat sal ek sê, ek het nie daarvoor geleer nie, ek het nie `n titel nie, ek kort nog toerusting. Ek is te jonk, ek is te oud, ek`s nie eintlik `n goeie prater nie. Ek hou nie van die konflik wat dit bring nie, die Here sal sekerlik verstaan, ek is...bang.

3 As die Here vir Jeremia antwoord, is dit amper asof Hy sy hand ophou: stop, moenie daai kant toe gaan nie. Wie jy in jouself is, hoe bekwaam jy as mens is, wat jou aansien onder mense is, het NIKS met jou roeping te doen nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al STUUR! Dit gaan oor jou gesindheid omdat jy weet WIE JOU STUUR! En dan: wat ek beveel, moet jy sê. Dit gaan nie oor wie jy in jouself is nie, dit gaan oor wie jy in God is! Dit gaan nie oor jou woorde nie, maar die woorde waarmee Hy jou stuur. V8. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou (Josef). Gaan, want Ek stuur jou. Moses, Gideon, Jesaja, Esegiël, Jona... En ek en jy? Nee, Henning, jy kan nou maar sê wat jy wil, maar ek praat nie. Ek het nie die gawe nie! Goed en wel as dit bloot `n mens is wat dit sê, hoef jy nie te reageer nie. Maar dit is wat God sê! Hy stuur jou! (KLIK) Johannes 15:16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. En later (KLIK) 17:17: Vader soos U my na die wêreld gestuur het, stuur ek hulle ook na die wêreld. (KLIK) Moenie verskonings soek, moenie vrese opbou oor wie jy is, en wat jy kan en nie kan nie. God stuur! Hy kies jou! Word wakker gestuurde jy kan nie `n toeskouer wees nie die Here stuur jou. Hoekom? Want Hy red jou twee keer beloof God hier vir Jeremia Ek sal jou red. Moenie bang wees nie, want jou redding lê in My, sê die Here, dis baie groter as die taak wat vir jou voorlê. Ek red jou lewe van die ewige dood! Ons vrese om hierdie wonderlike nuus te deel hang dikwels af van hoe intens ons hierdie waarheid glo.

4 Vrees word oorwin want God maak bekwaam (KLIK) V9 Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: ek het nou my woorde in jou mond gelê. (KLIK) Maar wat sal ek sê? Wat die Here sê. Jesaja se lippe word deur die Engel van die Here (Jesus) aangeraak om hom te verseker dat hy God se woorde sal praat; die profeet Esegiël, moes op sy beurt die boekrol eet God se woorde. Met hierdie woorde wat in Jeremia is, moet hy afbreek en uitroei, vernietig en plat slaan, maar ook bou en vestig (v. 10). En dan is dit asof Jeremia `n toetslopie kry hy sien twee visioene. Jy het reg gesien sê die Here. Hierna word die opdrag in vers 17 herhaal: Maak klaar, staan op (hou op talm, dink, tob), sê vir hulle alles wat Ek jou beveel. Hoor hoe word dit ook in die Nuwe Testament bevestig: (KLIK) 2 Kor 3: 5 Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God. (KLIK) Geliefdes let op hoe dat dit net die Here is wat die Bybel kon gee soos ons dit het: kyk teen wie Jeremia moes praat in vers 18: Koningshuise, amptenare, priesters, die bevolking. Luister nou na (KLIK) Matteus 10:18: Ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word ter wille van My. Dit sal julle geleentheid wees om voor hulle en voor die heidennasies van My te getuig. 19Wanneer hulle julle uitlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê. 20Dan is dit nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat. (KLIK) Weereens gaan dit glad nie hier oor gawes nie, maar my gesindheid en gewilligheid. Tog bewe ons wanneer ons voor vriende en kolegas staan? Wanneer ons saam met ons kinders moet bid. Sê nou net ek verloor die vriendskap as ek praat? Maar hier is `n erger gedagte: sê nou daardie vriend hoor nooit van God nie, en gaan verlore?

5 Hoe lyk daardie prentjie in Koninkrykstyd? Voel jy die dringendheid as God vir jou en my roep? Hy roep, Hy stuur, Hy red, Hy maak bekwaam! Want hoor hierdie waarskuwing vir Jeremia in vers 17 (KLIK): Moenie vir hulle skrik nie, want dan verpletter ek jou voor hulle. (KLIK) Letterlik, dan maak ek jou `n verskikking! Die boodskap sal deurgaan, daarvoor sal God sorg, dit is sy boodskap. Gaan daar konflik wees, gaan mense omdraai en jou verwyt? Ja, hulle sal teen jou veg. Jy sal vervolging beleef. Maar wat is so dan goed aan hierdie goeie nuus as ek moet swaarkry? Dit word oorspan deur koninkrykstyd. Wanneer jy spartel, seerkry, worstel, lig op jou kop, sien dit in die lig van koninkrykstyd. En weer kry Jeremia en ons die troos: hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, Ek sal jou red! Slot Waarvoor is ons so bang? Ons is bang vir nou, ons is bang vir ons name, ons is bang vir ons goed, ons is bang vir ons rustigheid, bang vir my gebrek. Ons bid dat die Here vervolging en konflik van ons sal weghou, eerder as om te smeek dat ons gehoorsaam sal wees wanneer dit kom, want dit sal. Moenie agter verskonings wegkruip nie, moenie dink dat jou en my vrese geldig is nie dit is nie! Onthou weer wie hierdie God is wat ons die voorreg het om te dien. Hy wat ons gekies het voor die skepping, en gestuur het om sy Woorde te praat, Hy wat bekwaam maak deur die werking van die Heilige Gees, Hy wat red! En hoor hierdie belofte in (KLIK) Jesaja 55:11 So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het. (KLIK) Eerder bang Jan as dooie Jan? Nee, eerder dooie Jan in koninkrykstyd.