Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

Vergelijkbare documenten
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Stuur die aansoekvorm aan:

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Stuur die aansoekvorm aan:

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

2015 AKADEMIESE JAAR

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

BIBLIOTEEK- EN INLIGTINGSDIENSTE BELEID. Direkteur: Biblioteek- en Inligtingsdienste Mev. K.B. Eister ( )

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

AANSOEK OM STUDIELENING

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

Eise Proses Die volgende eis-omstandighede en tydsbeperkings is van toepassing wanneer jy n eis teen jou Opknapper polis moet indien:

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

Nuus SIZA VISIE SIZA MISSIE SIZA PLATFORM / SEDEX INHOUD:

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

INLIGTINGSTUK VRAE EN ANTWOORDE

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

Verlof 251 A. OORSIG. Die aantal dae wat n werknemer gewoonlik in ses weke sou gewerk het binne n siklus van 36 maande.

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)

Dit begin alles hier. Teologie

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

REGLEMENT INSAKE NUWE VERLOFREGULASIES VIR PERMANENTE PERSONEEL

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

Riglyne vir Steundiensaanstellings

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Pre-Graad R / Graad R

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

Statistieke met een oogopslag

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Algemene Bevoegdheidsraad: Handleiding vir gebruik in die Kerk vir die bestuur van predikante sake 2013

ARBEIDSREG ABR214. T:

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

INSTRUMENTALE MUSIEK 24 Augustus 27 Augustus 2015

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

Diagnostiek, die Sleutel tot Voorkomende Kuddegesondheid KONTRAK

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Kodes vir Afkeurredes

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

A Hoe Ram en sy vrou vir Luiperd en Jakkals uitoorlê het A Die luiperd, die ram en die jakkals

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

Transcriptie:

DIE SUID-AFRIKAANSE INSTITUUT VAN LANDBOU-INGENIEURS THE SOUTH AFRICAN INSTITUTE OF AGRICULTURAL ENGINEERS POSBUS/P O BOX 912 719, SILVERTON,0127 TEL: (012) 842 4000, FAX: (012) 804 0753 Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3 Geagte SAILI lede Voortgesette Professionele Opleiding (VPO) is op almal se lippe. Hierdie is die derde deel van die reeks van vier oor die toekomstige VPO vereistes. Hierdie derde deel handel oor die basiese administratiewe riglyne, die rol van werkgewers en toepassing van die beleid vir verskeie kategorieë van registrasie. Skrap asseblief Hierdie derde deel handel oor moontlike vrystellings van VPO vereistes, asook as finale detail van die vereistes, datums en die proses van hernuwing van registrasie. Deel 4 sal die rol van erkende vrywillige verenigings en geakkrediteerde opleidings-instellings in die VPO uitlig en die goedkeuring van die voorsieners van VPO vereistes, oudit prosedures en nie-nakoming van vereistes. MOONTLIKE VRYSTELLINGS VAN VPO VEREISTES Geregistreerde persone wat Nagraads studeer Geregistreerde persone wat voltyds of deeltyds nagraads studeer is nie vrygestel van die VPO vereistes nie. VPO krediete mag egter ge-eis word met die verwerwing van `n nagraadse kwalifikasie, soos aangedui in Seksie 9, Kategorie 3. Geregistreerde Persone in die Buiteland Geregistreerde persone wat oorsee praktiseer moet aan dieselfde vereistes voldoen as dié in SA en sal nie vrystelling gegee word nie. Dokumentêre bewys van nakoming van VPO vereistes in enige land waar sulke vereistes van toepassing is, sal vir VPO vereistes in SA aanvaar word. In die afwesigheid van bewys van voldoening aan VPO vereistes, sal dokumentasie oor aktiwiteite wat buite SA bygewoon is aan ECSA voorgelê moet word vir evaluering en indien dit goedgekeur word sal die geregistreerde persoon kwalifiseer vir gespesifiseerde VPO krediete.

2 Afgetrede Geregistreerde Persone Afgetrede geregistreerde persone wie nie meer enige deeltydse raadgewende of ingenieurswerk verrig nie, is vrygestel van VPO vereistes. Afgetrede geregistreerde persone wie gelys is as afgetree op ECSA se databasis en steeds raadgewende of ingenieurswerk verrig binne die raamwerk van ECSA beleid, is nie vrygestel van VPO vereistes nie, maar hulle sal 3 krediete per jaar moet akkumuleer en die vereiste van 1 krediet in Kategorie 1 sal nie van toepassing wees nie. Indien so `n afgetrede persoon weer werk sou hervat as aktiewe ingenieur, moet ten minste 3 krediete vir VPO vereistes aan ECSA voorgelê word om die registrasie weer as aktief in die betrokke kategorie te plaas. Indien die afgetrede geregistreerde persoon steeds aktief in ingenieurswerk is en deeltydse raadgewende of ingenieurswerk verrig en nie aan die vereistes voldoen om as afgetree op ECSA se databasis gelys te word nie, word volle voldoening aan die vereistes benodig. Uitstel Geregistreerde persone mag aansoek doen om uitstel van VPO en ECSA sal sulke aansoeke individueel hersien. Indien die redes aanvaarbaar is vir ECSA, kan uitstel toegestaan word. Geregistreerde persone wat fisiese ongeskiktheid ervaar, siektes of ander versagtende omstandighede soos hersien en goedgekeur deur ECSA, kan uitstel verleen word. Stawende dokumentasie moet aan ECSA voorsien word. VPO VEREISTES Na die eerste infasering vir die eerste hernuwing van registrasie, sal VPO in 5-jaar siklusse loop. Gedurende hierdie tydperk sal elke geregistreerde persoon 25 krediete moet akkumuleer om registrasie te behou. In enige jaar, word daar van die geregistreerde persoon verwag om `n minimum van 3 krediete te akkumuleer. Addisionele krediete wat in `n jaar verwerf word, kan oorgedra word aan die opvolgende jare in die 5-jaar siklus. Besonderhede van die verskeie kategorieë VPO aktiwiteite word in Seksie 9 aangegee. Behalwe vir vrystelling van persone reeds genoem as moontlike vrystellings (Seksie 7) en die registrasie kategorieë waarop hierdie beleid van toepassing is (Seksie 6), sal alle geregistreerde persone hul VPO aktiwiteite jaarliks moet noteer: óf per hand op vorm ECPD1, gepos na ECSA, P?sak X691, Bruma, 2026, óf elektronies na die webbladsy aangewys aan VPO by www.ecsa.co.za nie later nie as 30 (dertig) dae na afhandeling van die jaarlikse siklus.

3 Die aantal geakkumuleerde krediete in elke kategorie VPO aktiwiteit gedurende die spesifieke jaarlikse siklus sal elektronies op rekord geplaas word. Geregistreerde persone kan toegang kry tot hul persoonlike rekord op die ECSA webbladsy of `n afskrif van ECSA aanvra. Met die oog op `n moontlike oudit, moet geregistreerde persone verifieerbare bewys van al hul VPO aktiwiteite vir ten minste 5 jaar bewaar. Elke geregistreerde persoon sal sy eie siklus hê, die begindatum wat sy oorspronklike datum van registrasie is, dit is nie as `n kandidaat nie. Hierdie datum kan van die ECSA webwerf verkry word onder Who is registered. Waar `n geregistreerde persoon meervoudige registrasies het, sal die datum van die eerste registrasie die begindatum wees. Hierdie persone moet op die toepaslike plek op die vorm ECPD1 aandui of hulle deur die webbladsy invoeg, hul hoof registrasie kategorie toepaslik tot die area van praktyk vir die doel van hernuwing van registrasie en oudit, as dit voorkom. Hierdie hoof kategorie registrasie is nie noodwendig hul eerste datum van volle registrasie nie. Ten einde te voldoen aan die vereiste dat alle hernuwings vanaf 2007 en verder VPO krediete sal benodig, sal `n infaseringstelsel oor vyf jaar ingestel word vir die aanvanklike hernuwing van registrasie. Die tabel en nota hieronder gee besonderhede van wanneer die aanvanklike hernuwing en daaropvolgende hernuwings benodig sal word volgens elke geregistreerde persoon se oorspronklike datum van registrasie. 1969 1970 1971 1972 1973 1974 1975 1976 Jaar van eerste Registrasie 1977 1978 1979 1980 1981 1982 1983 1984 1985 1986 1987 1988 1989 1990 1991 1992 1993 1994 1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 Eerste Hernuwing van Registrasie 2007 2008 2009 2010 2011 Aantal krediete benodig vir Eerste 5 10 15 20 25 Hernuwing van Registrasie Tweede hernuwing van Registrasie 2012 2013 2014 2015 2016 Byvoorbeeld, `n geregistreerde persoon wat vir die eerste keer op 15 Maart 1983 geregistreer het, sal sy/haar registrasie op 15 Maart 2008 moet hernu. Daardie persoon sal 10 krediete moet hê vir die eerste hernuwing van registrasie. Dié persoon se tweede hernuwing sal in 2013 wees, waar die normale 25 krediete benodig word. Met die begin van die stelsel 1 Januarie 2006, sal dié persoon besonderhede van sy/haar besonderhede van VPO aktiwiteite binne dertig dae na 14 Maart 2007 vir die eerste jaar moet indien vir die jaar tot 14 Maart 2007. Die aansoek vir hernuwing moet by ECSA ingedien word 3 maande voor die vervaldatum van daardie persoon se registrasie op 15 Maart 2008, wat beteken dat die indiening teen 15 Desember 2007 moet geskied.

4 KATEGORIEë VIR AKTIWITEITE VIR VPO KREDIETE VPO krediete moet verwerf word in ten minste twee van die drie kategorieë hieronder gelys, met ten minste 1 krediet per jaar uit Kategorie 1. Die maksimum krediete wat jaarliks in elke kategorie geakkumuleer mag word, word ook aangedui: Kategorie 1: Ontwikkelings aktiwiteite: 4 krediete = 40 ure (10 ure/krediet) Kategorie 2: Kategorie 3: Werkgebaseerde Aktiwiteite: Ingenieurswerk: 2 krediete = 800 ure (400 ure/krediet) Mentorskap van kandidaat praktisyns : 1 krediet = 50 ure (50 ure/krediet) Individuele Aktiwiteite: lidmaatskap van `n erkende vrywillige vereniging: 1 krediet = nie aan ure gekoppel Ander aktiwiteite: 3 krediete = 30 ure (10ure/krediet) Vir hierdie beleid om aan alle geregistreerde persone se behoeftes te voldoen, moet die VPO vereistes so buigbaar as moontlik wees. ECSA verwag dat wanneer geregistreerde persone besluit op die inhoud en waarde van hul VPO aktiwiteit, sal hulle `n balans in hul VPO aktiwiteite tussen die volgende drie kategorieë verseker. Kategorie 1: Ontwikkelings Aktiwiteite: Bywoning van gestruktureerde onderwyskundige/ontwikkelingsvergaderings sal met een krediet per 10 ure van bywoning gekrediteer word. `n Volle dag se aktiwiteit sal beskou word as 10 ure en `n halwe dag as 5 ure, dus `n halwe krediet. `n Maksimum van 4 krediete (40 ure) mag jaarliks geakkumuleer word onder hierdie kategorie: Konferensies Kongresse Groot werkgroepe Lesings Seminare Verfrisser kursusse Strategiese beplanningsessies/bosberade Kategorie 2: Werkgebaseerde Aktiwiteite:

5 `n Ander formule word in hierdie kategorie gebruik vir berekening van krediete. Aangesien geregistreerde persone ook op datum bly deur die verrigting van hul dag-tot-dag ingenieurstake, word `n gewig van 1 krediet vir elke 400 ure per jaar vir ingenieurs-gebaseerde werk (insluitende bestuur) toegeken in hierdie kategorie. `n Maksimum van 2 krediete vir 800 ure per jaar kan na aanleiding hiervan verdien word. Mentorskap van kandidaat persone in die werkplek sal as VPO erken word met `n maksimum van 1 krediet vir 50 ure se mentorskap per jaar. In-huis vaardigheid opleiding sessies wat deur `n werkgewer/ingenieursmaatskappy gereël is en loopbaan leiding vir kandidate kan ook onder hierdie kategorie voorgelê word. Kategorie 3: Individuele aktiwiteite Lidmaatskap van `n vrywillige ECSA- erkende vereniging (ingenieurs-genootskap/instelling of instituut) sal `n maksimum van 1 krediet per jaar verdien. Ander aktiwiteite wat gekrediteer word sluit die volgende in: Deeltydse lesings aan voorgraadse en nagraadse studente: 2 krediete per jaar Toesig oor studente wat nagraadse studies onderneem: 2 krediete per jaar Mondelinge eksamens vir finale jaar en nagraadse studente: 1 krediet vir elke 10 ure van aktiewe betrokkenheid Evaluering van M-verhandeling en PhD tesisse deur eksterne eksaminators: 2 krediete per jaar Publikasie van navorsing in eweknie hersiene joernale: `n enkele skrywer: 2 krediete per publikasie. Waar die publikasie meer as een skrywer het,: 1 krediet per publikasie per skrywer Publikasie van tegniese artikels: 1 krediet per publikasie uitgegee Referate aangebied by konferensies of kongresse / plakkaat aanbiedings: 1 krediet elk Deelname in statutêre, professionele, institusionele, tegniese of nie-tegniese komitees of taakgroepe: 1 krediet vir elke 10 ure van aktiewe deelname Evaluering van opvoedkundige programme by Universiteite en Universiteite van Tegnologie (Technikons) vir akkreditasie doeleindes: 1 krediet vir elke 10 ure van aktiewe deelname Evaluering van opvoedkundige kwalifikasies vir ECSA se Kwalifikasie Eksamen Komitee: 1 krediet vir elke 10 ure van aktiewe deelname Evaluering van bekwaamheid en aansoeke vir registrasie vir ECSA se Registrasie Komitees en Professionele Advieskomitees: 1 krediet vir elke 10 ure van aktiewe deelname Verwante addisionele kwalifikasies (hierdie is uitsonderlike toewysings): `n Voltooide nagraadse kwalifikasie: 5 krediete Selfstudie wat insluit, maar nie beperk is tot studie van joernale of elektroniese of gerekenariseerde materiaal nie: 1 krediet vir elke 10 ure studie. Alle aktiwiteite onder hierdie item moet geverifieer word.

`n Maksimum van 3 krediete (30 ure) kan akkumuleer onder hierdie deel van hierdie kategorie, met die uitsondering van nagraadse studies soos hierbo genoem. 6 PROSES VAN HERNUWING VAN REGISTRASIE Alle geregistreerde persone moet aansoek doen vir hernuwing van registrasie op die voorgeskrewe vorm, ten minste 3 maande voor die verval van hul registrasie. Die hernuwing van registrasie elke vyf jaar sal `n administratiewe proses wees vir die wat voldoen aan die VPO vereistes. Geregistreerde persone wat administratief geïdentifiseer word dat hulle nie voldoen aan die vereistes nie, sal in kennis gestel word oor hul ontoereikende VPO rekord sal verwys word na `n verwante Registrasie Komitee of Professionele Advieskomitee vir `n besluit. Moontlike stappe wat deur ECSA geneem kan word, word in `n ander seksie aangegee (Seksie14 van die Wet) Ek hoop dat hierdie omvattende reeks inligting al ons lede in staat sal stel om te beraam watter impak die nuwe vereistes op hulle het en hulle ook voorberei om hulself betyds in lyn te bring met die vereistes. Vriendelike SAILI groete Louis Lagrange