Projeknommer: Saamgestel vir: Vir enige projekverwante inligting, kontak asseblief: Me. Nondumiso Gwala. Tel: (011)

Vergelijkbare documenten
Agtergrond Inligtingsdokument. vir Kommentaar

MAART 2013 DEA REF NO.: 12/12/20/913

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT

OMGEWINGSIMPAKEVALUERING (OIE) Voorgestelde Thyspunt Transmissielyn Integrasieprojek OIE NUUSBRIEF (November 2009)

September Doel van hierdie dokument

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

VERSLAG. Opsomming van Voorlopige Terreinseleksieverslag; Kantoorgebonde Identifisering van Gebiede waarin Eksplorasieterreine Geplaas kan word

Doel van hierdie dokument

This document is also available in English. AGTERGROND INLIGTINGSDOKUMENT

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

This document is also available in English. AGTERGROND INLIGTINGSDOKUMENT

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

BOLAND OMGEWINGSKONSULTANTE CC

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER) CMR PROJEKPLAN

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

PUBLIEKE OPE DAG EN BELANGHEBBENDE VERGADERING, RAKENDE DIE VOORGESTELDE KUDU INTEGRASIE PROJEK, TE GARRIES, OP 9 FEBRUARIE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

This document is also available in English. AGTERGROND INLIGTINGSDOKUMENT

Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

Navorsingsvoorstel TITEL VAN DIE VOORSTEL

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Inleiding Tot Die Jagluiperd

LAP Spiraal Arm Inligting Sessies Notas vir sessies gehou in Carnarvon Williston en Brandvlei Oktober 2017

AGTERGROND-INLIGTINGSDOKUMENT

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

OMGEWINGSINVLOEDBEPALING: BEOOGDE TRU-OSMOSE-AANLEG BY HENDRINA KRAGSENTRALE, MPUMALANGA UITVOERENDE OPSOMMING: FINALE BASIESE INVLOEDBEPALINGSVERSLAG

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Basiese Impakbepaling vir die rehabilitasie van die Kouga Dam, Baviaans Plaaslike Munisipaliteit, Oos-Kaap AGTERGROND INLIGTING DOKUMENT

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT EN UITNODIGINGSKOMMENTAAR

LEWER U KOMMENTAAR ASSEBLIEF! Keisie Rivier Grondbewaringswerke

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGSPROSES: VOORGESTELDE WINDENERGIE-AANLEGTE (SUID & NOORD) OP DIE OOSTELIKE PLATO NABY DE AAR, NOORD-KAAP APRIL 2012

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

INLIGTINGVERSKAFFINGS- HANDLEIDING

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT:

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

Strategiese Omgewingsassessering vir Fase 1 van die Vierkantekilometer-reeksteleskoop in Suid-Afrika

Stuur die aansoekvorm aan:

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

OMGEWINGSIMPAKSTUDIE (BASIESE STUDIE): VOORGESTELDE TRU-OSMOSEAANLEG, YSTERERTSHANTERINGSFASILITEIT, SALDANHAHAWE

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

2 nd Chances... Wiskunde

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Implementasie van Erfenisbestuur op Plaaslike Owerheidsvlak

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

Gids vir Byvoordele eise

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

WITTEBROOD IN SUIDELIKE AFRIKA

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

OMGEWINGSIMPAKSTUDIE (OIS): MYNREGTE EN ANDER AANVERWANTE LISENSIËRING PROSESSE: VOORGESTELDE PLATINUM GROUP METALS MYNE EN VERWANTE INFRASTRUKTUUR

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Nuus SIZA VISIE SIZA MISSIE SIZA PLATFORM / SEDEX INHOUD:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Diagnostiek, die Sleutel tot Voorkomende Kuddegesondheid KONTRAK

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

VOORNEMENDE HUWELIKSMAATS NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 1. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

REKENINGKUNDE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Transcriptie:

Erfenishulpbronbestuursproses vir die Suid-Afrikaanse Radiosterrewag se Square Kilometre Array-projek Agtergrondinligtingsdokument Projeknommer: Saamgestel vir: SARAO Vir enige projekverwante inligting, kontak asseblief: Digby Wells Environmental Belanghebbende-navraekantoor Me. Nondumiso Gwala Tel: (011) 789 9495 Faks: (011) 789 9498 / (011) 069 6801 E-pos: nondumiso.gwala@digbywells.com Webtuiste: www.digbywells.com ( Public Documents ) Maart 2018 Digby Wells en Vennote (Suid-Afrika) (Edms) Bpk Maatskappyregistrasienr. 2010/008577/07. Turnberry-kantoorpark, Grosvenorweg 48, Bryanston, 2191. Privaatsak X10046, Randburg, 2125, Suid-Afrika Tel: +27 11 789 9495, Faks: +27 11 069 6801, info@digbywells.com, www.digbywells.com Direkteure: GE Trusler (HUB), GB Beringer, LF Koeslag, J Leaver (Voorsitter)*, NA Mehlomakulu*, MJ Morifi*, DJ Otto, RA Williams* *Nie-uitvoerend

DOEL VAN HIERDIE DOKUMENT Die doel van hierdie dokument is om alle belanghebbende en geaffekteerde partye (B&GP s) van inligting te voorsien oor die Erfenishulpbronbestuursproses (EHB-proses) wat vir die Square Kilometre Array-projek (SKA) onderneem word. Hierdie dokument het ten doel om: n Samevattende beskrywing van die SKAprojek te gee; Die huidige status van die SKA-projek as op koers en relevant te bevestig; Die Suid-Afrikaanse Radiosterrewag (SARAO) staan aan die voorpunt van plaaslike bedrywighede in Suid-Afrika ter bevordering van die SKAradioteleskoop en voldoening aan nasionale wetgewing. SARAO is n Nasionale Fasiliteit wat deur die Nasionale Navorsingstigting bestuur word. Dit inkorporeer radiosterrekundige instrumente en programme soos die MeerKAT- en KAT-7-teleskope in die Karoo, die Hartebeesthoek Radiosterrewag (HartRAO) in Gauteng, die program genaamd die African Very Long Baseline Interferometery Network (AVN) in nege Afrika-lande, asook die gepaardgaande werk met die ontwikkeling van mensekapitaal en kommersialisering (Bron: https://www.ska.ac.za/about/sarao/). Die regulatoriese raamwerk waarbinne die EHB-proses onderneem word, te omskryf; en Alle B&GP s te nooi om as belanghebbendes te registreer, kommentaar te lewer, kwessies of bekommernisse te opper en voorstelle te maak oor hoe die Projek verbeter kan word om groter voordele in te hou. OM TE REGISTREER EN VIR MEER INLIGTING, GEBRUIK ASSEBLIEF DIE VOLGENDE KONTAKBESONDERHEDE Me. Nondumiso Gwala Digby Wells Environmental Posbus 10046, Randburg, 2125 Tel: (011) 789 9495 Faks: (011) 789 9498 / (011) 069 6801 E-pos: nondumiso.gwala@digbywells.com Webtuiste: www.digbywells.com AGTERGRONDINLIGTING Die SKA-projek is n internasionale poging om die wêreld se grootste radioteleskoop te bou, wat uiteindelik n data-opvanggebied van meer as n vierkante kilometer (een miljoen vierkante meter) sal hê. Die skaal van die SKA verteenwoordig n groot sprong vorentoe wat sowel ingenieurswese as navorsing en ontwikkeling vir die bou en inwerkingstelling van n unieke instrument betref. Die gedetailleerde ontwerp en voorbereiding hiervoor is tans goed op dreef. As een van die grootste wetenskaplike ondernemings in die geskiedenis, sal die SKA van die wêreld se voorste wetenskaplikes, ingenieurs en beleidmakers bymekaar bring om die projek te laat slaag. Suid-Afrika se Karoostreek en Wes-Australië se Murchison-distrik is om talle wetenskaplike en tegniese redes gekies om gesamentlik die projek te huisves. Die redes wissel van die gunstige atmosfeer bokant die woestyngebiede tot die radiostiltes omdat dit van die mees afgeleë gebiede ter wêreld is. Suid-Afrika se Karoo sal die kerngebied van die hoëen middelfrekwensieskottels wees, wat uiteindelik oor die Afrika-vasteland heen opgerig sal word. Australië se Murchison-distrik sal die reeks laefrekwensie-instrumente huisves. Digby Wells Environmental 1

Die SKA sal in fases deurgevoer word. Voorkonstruksiewerk het in 2012 begin en sal in 2019 afgesluit word met die aanvang van SKA1 Fase 1 (SKA1_MID). Die voorkonstruksie sluit die gedetailleerde ontwerp, implementering, N&O-werk, en kontrakvoorbereiding in wat nodig is vir die SKA se eerste konstruksiefase. Die eerste fase van die SKA (SKA1_MID) in Suid- Afrika sal teen die einde van 2019 of begin van 2020 met konstruksie begin en oor n tydperk van tot sewe jaar voltooi word. Die SKA1_MID-teleskoop sal vir 50 jaar in bedryf wees. In SKA Fase 1 sal Australië die laefrekwensieinstrument huisves, met meer as 500 stasies, elk met sowat 250 individuele antennas. Suid-Afrika sal op sy beurt n reeks van 197 skottels huisves, wat die MeerKAT-voorloperteleskoop met sy 64 skottels insluit. Illustrasie 1: Oorsig van MeerKAT-radioteleskoop Fase 2 sal die versameling teleskope op albei persele voltooi en in die laat 2020 s ten volle in bedryf gestel word. Dan sal die SKA sowat 2000 hoë- en middelfrekwensieskottels en ondersteunende toerusting hê, sowel as n miljoen laefrekwensie-antennas (Bron: https://www.skatelescope.org/project/). PROJEKBESKRYWING Die internasionale SKA-organisasie (SKAO) se voorstel is dat 133 bykomende antennas by die MeerKAT-radioteleskoop gevoeg word, insluitende verskeie aanvullende infrastrukture soos: Toegangsroetes (gruispaaie) tot n breedte van tussen 6 en 8 meter; Opgradering van tot 340 km se bestaande paaie; Konstruksie van sowat 110 km se nuwe paaie; Oprigting van elektriese kraginfrastruktuur, insluitende: Kragkabels onder en bokant die grond binne n serwituut van 22-30 meter breed; Substasies en elektriese verskaffingspunte; Oprigting van sowat 20 leengroewe; Oprigting van drie nuwe steengroewe; Assessering van n bestaande steengroef; en Oprigting van tydelike konstruksiekampe. Volgens huidige beplanning sal konstruksie wat verband hou met SKA Fase 1 (SKA1_MID) in die tweede helfte van 2019 begin en tot 2027 duur. In hierdie verband ondersteun SARAO die internasionale SKAO met die doen van die nodige ondersoeke om aan die Suid-Afrikaanse nasionale regsraamwerk te voldoen. PROJEKLIGGING Die SKA-projek is in die Noord-Kaapse provinsie van Suid-Afrika geleë, sowat 900 km, 650 km en 90 km vanaf onderskeidelik Johannesburg, Kaapstad en Carnarvon. Die Projek bestaan uit twee hoofontwikkelings, naamlik die SKA-kern, wat 36 stukke grond insluit wat onlangs deur SARAO bekom is, asook die bestaande 2 plase in besit van die NRF ( n totaal van 128 000 hektaar) en drie spirale arms (73 grondgedeeltes) wat sowat 1 400 hektaar (ha) beslaan. Hierdie grond maak voorsiening vir die SKA, KAT-7- radioteleskoop, MeerKAT en HERA-instrumente. Digby Wells Environmental 2

Digby Wells Environmental 3

OMGEWINGSMAGTIGINGS Ter ondersteuning van kwytskelding van die vereiste Omgewingsmagtiging (OM) vir die Projek, het die Departement van Omgewingsake (DEA) die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) opdrag gegee om n Strategiese Omgewingsassessering (SOA) (WNNR, 2016) in ooreenstemming met die beginsels van die Nasionale Omgewingsbestuurswet, 1998 (Wet Nr. 107 van 1998; bekend as NEMA) te doen. Die SOA word deur die Geïntegreerde Omgewingsbestuursplan (GOBP) beskou as die eerste stap om bestuursbeginsels in omgewingsbesluitnemingsprosesse tot uitvoering te bring. Die studiegebied is deur verskeie spesialiste ondersoek met behulp van rekenaarontledings van geografiese inligtingstelsels (GIS) en perseelbesoeke vanaf November 2015 tot Mei 2016. Die SOA het n assessering op strategiese vlak van die erfenishulpbronne binne die betrokke gebied ingesluit om die potensiële impak te bepaal (Almond, 2016; Bluff, et al., 2016). Die resultate van hierdie assessering het die identifisering van 105 erfenishulpbronne ingesluit. Dit is gekategoriseer ooreenkomstig die aanbevole gradering soos in Artikel 7 van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, 1999 (Wet Nr. 25 van 1999; bekend as NHRA) uiteengesit, asook volgens die erfenishulpbrontipe soos gedefinieer in Artikels 27, 28, 31, 34, 35, 36 en 37. Dit was egter nie omvattend en volledig nie. Die assessering op strategiese vlak van die erfenishulpbronne is op 27 Oktober 2016 aan die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAHRA) voorgelê met behulp van die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbroninligtingstelsel (SAHRIS) se digitale portaal (Geval-ID: 10314). Die assessering is aan SAHRA en die provinsiale erfenishulpbronagentskap, Ngwao Boswa jwa Kapa Bokone (NKBK), voorgelê om gedeeltelik te voldoen aan die vereistes soos vervat in Artikel 38 van die NHRA en Artikel 24 van die NEMA. ERFENISHULPBRONBESTUURSPROSES (EHB) SARAO het Digby Wells Environmental aangestel om n EHB-proses te onderneem ter voldoening aan die vereistes soos gestel deur SAHRA ingevolge Artikel 38 van die NHRA. Die EHB-proses bestaan uit twee hoofkomponente: n Erfenisimpakassessering (EIA); en Bewaringsbestuursplan (BBP) Hierdie twee komponente sal deur die volgende paleontologiese, argeologiese, historiese beboude omgewing en visuele assesserings deur spesialiste ondersteun word, sowel as deur skakeling met Belanghebbendes en GIS-ondersteuningsfunksies. Die EHB-proses sal eerstens onderneem word in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse nasionale regsraamwerk, en tweedens sal standaarde van internasionale beste praktyk gevolg word. Die veldwerkstrategie sal bestaan uit: 1. n Kritiese oorsig van verskeie databasisse om die voorkoms van erkende bestaande erfenishulpbronne te bepaal; 2. n Oorsig van hoëresolusielugfoto s om topografiese gebiede te identifiseer wat bekend is vir die voorkoms van erfenishulpbronne; 3. Eliminasie uit die beplande veldopname van gebiede waar n gedetailleerde voetsoolvlakopname nie nodig is nie; 4. Bepaling van prioriteitsgebiede waar verifikasie-opnames op die fisiese perseel nodig is; en 5. Afhandeling van n fisiese voetsoolvlakopname om n verteenwoordigende monster van erfenishulpbronne te kry wat geraak kan word en die uitwerking verminder en/of bestuur moet word. Digby Wells Environmental 4

OPENBARE DEELNAME Kommentaar deur belanghebbendes sal help om ingeligte besluitneming deur owerhede moontlik te maak. Dit sal ook inligting verskaf vir inagname deur die projekspan en spesialiste wat die studies doen. Belanghebbendes wat geraak sal word, of wat in die voorgestelde projek belangstel, word uitgenooi om as n B&GP te registreer en sodoende betrokke te raak by die Belanghebbende-skakelingsproses (BSP). Kennisgewing sal met behulp van briewe, koerantadvertensies, perseelkennisgewings en telefoonkommunikasie geskied. Daar word voorsien dat die onderskeie toekomstige SOP-bedrywighede soos volg sal plaasvind: Digby Wells Environmental 5

Erfenishulpbronbestuursproses vir die Suid-Afrikaanse Radiosterrewag se Square Kilometre Array-projek Aanhangsel A: Registrasie- en Kommentaarvorm

REGISTRASIE- EN KOMMENTAARVORM Voltooi asseblief hierdie vorm en stuur dit terug na die kontakpersoon soos aangedui, sodat u seker kan wees u is as n Belanghebbende en Geaffekteerde Party geregistreer. Die vorm gee u ook die geleentheid om kommentaar rakende die projek te lewer. Bykomende bladsye kan aangeheg word indien dit nodig mag wees. Persoonlike inligting Titel (Mnr/Me/Dr/Prof): Voornaam en van: Dui asseblief aan of u as n individu, organisasie, plaas of sakeonderneming registreer en verskaf die naam indien van toepassing: Straatadres: Posadres: Telefoon: Selfoon: E-pos: Faks: Algemene belang in of by die Projek Het u enige spesifieke kommentaar rakende die EHB-proses vir die voorgestelde projek? Indien u van enige iemand bewus is wat oor die projek ingelig behoort te word, verskaf asseblief sy/haar/hul kontakbesonderhede. Voornaam en van: Dorp/Organisasie/ Plaas: Straatadres: Posadres: Telefoon: Selfoon: E-pos: Metode van kommunikasie Wat is u voorkeurmetode van korrespondensie? Merk asseblief die toepaslike ruimte: Faks: Pos: E-pos: SMS: