DISSIPLINêRE KODE VAN DARLING KOLLEGE

Vergelijkbare documenten
Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

HOËRSKOOL OOS-MOOT AANHANGSEL TOT GEDRAGSKODE

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

NASKOOLSENTRUMBELEID

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Les 14: Entrepreneurskap

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

LUCAS MEYER PRIMÊRE SKOOL

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

SAOU 15de HOOFDESIMPOSIUM

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Pre-Graad R / Graad R

LAERSKOOL TUINE SKOOLREëLS & DISSIPLINE STELSEL

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

DISSIPLINêRE BELEID 1. INLEIDING:

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

Laer Gedenkskool Danie Theron

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

DISSIPLINÊRE PROSEDURE

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE

Laerskool Stellenbosch

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

HOËRSKOOL RUSTENBURG

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOOFSTUK 9 Regspleging

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

LAERSKOOL EVERSDAL GEDRAGSKODE

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

LEIERSKAPBELEID. Die volgende doelstellings van leierskapontwikkeling word voorgehou:

REKORD- EN EINDEKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

DISSIPLINÊRE BELEID. Prosedure vir die hantering van Kategorie A-oortredings.

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

Transcriptie:

DISSIPLINêRE KODE VAN DARLING KOLLEGE 1. Regte en verantwoordelikhede van leerders In die algemeen word daar van leerders verwag om die dissiplinêre kode en skoolreëls te ken, verstaan, aanvaar en te gehoorsaam. Leerders kan, in raadpleging met die skoolbestuur, ouers en beheerraad, hul mening lug t.o.v die skoolbeleid aangaande dissipline. Die leerders moet egter met verantwoordelikheid die pogings van die onderwysers en ouers respekteer, wat die orde wil handhaaf en bevorder sodat die skool doeltreffend kan funksioneer. Leerders moet ingelig word van alle gedragskodes, skoolreëls en toepaslike prosedures. Hulle moet beide die vereistes en gevolge verstaan indien hulle nie hieraan voldoen nie. Terwyl op die skoolterrein val die leerders onder die jurisdiksie van die skool. Terwyl op die skoolterrein, of elders by n amptelike skoolfunksie, of waar hul die skool se toerusting of fasiliteite gebruik, moet leerders die opdragte van die skoolhoof of die aangewese persoon, wat namens hom/haar optree, gehoorsaam. Indien n leerder die skoolterrein sondertoestemming verlaat, verval die skool se wetlike aanspreeklikheid. Indien die leerder/s buite die skoolterrein is, is die ouers of voog/de van die leerder verantwoordelik vir die leerder/s se gedrag. 1

Elke individuele leerder moet verantwoordelik optree deur die skool se eiendom en toerusting te beskerm. Leerders moet die persoon, regte en eiendom van hul mede-leerders en onderwysers respekteer. Die skoolhoof behou die reg om aksie te neem teen n leerder wat tydens skoolure op die skoolterrein, n oortreding begaan. In alle gevalle moet die skoolhoof die reëls t.o.v dissipline, soos aangedui in die School Manual p. 22 par.50, nakom. Sien ook bl. 3 van hierdie dokument.) 2. Beheer oor leerders Die personeel van die skool moet behoorlike beheer toepas oor die leerders waarvoor hulle verantwoordelik is. n Personeellid moet tydens pouses sigbaar wees en toesig hou oor leerders. Indien n leerder of n groep leerders (bv. n sportspan) o.l.v die skool is, is die skool geregtig om korrektiewe stappe te neem indien nodig. Leerders wat aanmeld vir buitemuurse aktiwiteite, is onder toesig van die onderwyser verantwoordelik vir die aktiwiteit, net soos gedurende skool-ure. Leerderraad Die gr. 7-klas vorm normaalweg die leerderraad. Hulle woon n leierskamp aan die begin van die jaar by, om hulle voor te berei vir hul take. Die leerderraad word gekoördineer deur n aangewese onderwyser, wat verantwoordelik is vir die verdeling van hul pligte, maar wat hulle ook leiding gee en gereeld met hul vergader. Leerders nomineer moontlike kandidate vir hoofseun en hoofdogter. Onderwysers en leerders stem vir genomineerde kandidate. Die skoolhoof en onderwyser behou die reg om n verkose kandidaat te veto indien: a) die verkose leerder bekend is vir sy swak reputasie b) oor n swak dissiplinêre rekord beskik. c) daar te min seuns of dogters is om n regverdige keuse te maak. 2

Hierdie besluit moet egter objektief en regverdig wees teenoor alle betrokke leerders. Pligte Die leerderraad speel n belangrike rol in die handhawing van goeie toesig en orde. Hulle mag geensins lyfstraf of enige ander strafmaatreëls toedien nie. Leerders wat hulself wangedra moet aan die personeellid op speelgronddiens gerapporteer word. Ernstiger oortredings moet na die skoolhoof verwys word. 3. Reëls vir leerders. 1. Leerders moet betyds opdaag vir skool en korrek geklee wees in hul skooluniform. As dit die ouers se skuld is dat leerders laat opdaag, sal dit nie as versagting dien nie. Leerders sal die gevolge moet dra. 2. Geen kind mag die skool verlaat sonder die toestemming van die Skoolhoof nie. 3. Die klasonderwyseres mag slegs verjaardaguitnodigings uitdeel, mits al die klasmaats genooi is. Geen verjaardagpartytjies sal tydens klastyd toegelaat word nie. Verjaardageetgoed sal tydens n pouse uitgedeel word. 4. Geen leerder mag alkoholiese drank, sigarette of dwelmmiddels op die skoolterrein hê of gebruik nie. 5. Pornografiese materiaal is streng verbode. Enige leerder wat betrap word met onwelvoeglike materiaal, se ouers sal dadelik gekontak word om verdere stappe te neem. 6. Geen vorm van inlywing word by die skool toegelaat nie. 7. Geen vorm van boelie sal geduld word nie. Oortreders sal ernstige strafmaatreëls in die gesig staar. 8. Geen leerder mag enige vorm van lyfstraf toepas op n ander leerder nie. 9. Kru taal is verbode. 10. Geen leerder moet hom-/haarself aan onbehoorlike gedrag skuldig maak nie. 11. Indien n leerder skooleiendom beskadig, sal hy/sy vir die herstelwerk verantwoordelik gehou word. 12. Leerders mag gevra word om geringe handearbeid te verrig. 13. Die skool behou die reg om teen leerders op te tree wat die skool in n swak lig plaas deur wangedrag buite die skool. 14. Leerders wat gedurig die klasatmosfeer ontwrig met hul wangedrag, sal gestraf word volgens die dissiplinêre kode van die skool. 3

4. Dissipline, lyfstraf en ander wyses van straf Geen lyfstraf mag toegedien word nie. Alle vorms van fisieke aanranding is verbode. Die skoolhoof moet eers n deeglike ondersoek gelas as n oortreding begaan is alvorens hy/sy n gepaste straf kan oorweeg. n Gepaste straf moet van so n aard wees dat die leerder sal begryp waaroor hy/ sy gestraf word en ook daardeur kan leer. Alle strawwe moet gematig wees. Dit moet so toegepas word dat die leerder nie verneder voel of sy karakter geskend word nie. Beide seuns en dogters word ten strengste verbied om mekaar te slaan, te pootjie, te knyp, n oorveeg te gee, hare of ore te trek of in enige ander manier mekaar te viktimiseer nie. Kontakspeletjies is verbode op die skoolgronde. Korrektiewe aksies en strafmaatreëls mag slegs deur goedkeuring en kennisname van die skoolhoof toegepas word. Die skoolhoof moet n register vir oortredings en strafmaatreëls hê waarin alle oortredings en strawwe toegeken deur die skoolhoof of n onderwyser, aangeteken word. Die naam van die persoon wat die oortreding aangemeld het, sowel as die datum moet aangeteken word. Die oortreding moet deeglik beskryf word en so ook die strafmaatreël wat toegepas is, indien daar dalk verdere navrae mag wees. Alle persooneellede en leerders moet elke jaar ingelig word oor bogenoemde maatreëls. Elke personneellid moet n kopie ontvang en teken. Hierdie dokument moet in hul persoonlike lêers in die skoolhoof se kantoor gehou word. Dissiplinêre rekord n Breedvoerige dissiplinêre rekord som alle moontlike oortredings en korrektiewe optredes op. Probleemleerders ontvang twee geskrewe waarskuwings wat albei aan die ouer deurgegee sal word. n Derde oortreding gee dadelik aanleiding tot detensie op n Vrydag. 4

Gr. 1-3 Die onderwyser van elke klas is verantwoordelik om n plakkaat te skep wat die merietes sal aantoon wat verwerf is. Dit moet sigbaar uitgestal word in die klas. Gr. 4-7 Elke klas moet n lêer hê wat die volgende bevat: a) dissiplinêre rekord van elke leerder. b) n klaslys wat die merietes aantoon vir die leerder se positiewe gedrag, ens. Gr. 1-7 Hierdie rekords moet weekliks deur die klasonderwyser geassesseer word. Leerders ontvang dan n skoolhoofsertifikaat vir n sekere doel bereik by die volgende saalbyeenkoms. OF Leerders (gr. 4-7) met n negatiewe dissiplinêre rekord sal ingelig word oor hul straf. Probleemleerders sal twee geskrewe waarskuwings ontvang vir hul ouers se insae, waarna verpligte detensie op Vrydag na skool, sal volg. 5. Wangedrag en latere skorsing Alle gevalle van ernstige wangedrag deur leerders, moet deur die Hoof aangeteken word en indien nodig aan die Beheerliggaam vermeld [BL] word. Indien die Hoof voel dat die onbetaamlike gedrag skorsing regverdig, moet die BL dadelik in kennis gestel word sowel as die ouers van die leerder wat die oortreding begaan het. Wanneer die Hoof en BL na deeglike ondersoek voel dat die gedrag van die leerder van so n aard is dat hy/sy onmiddelik uit die skool verwyder moet word, mag die leerder geskors word. Skorsing beteken dat die leerder tydelik die skool moet verlaat en dien nie as mate van straf nie. Die leerder moet te alle tye sy/haar kant van die saak kan stel. Kruisverhoor van die leerder deur die BL mag net plaasvind met die goedkeuring van die ouer/s of voog. Die Hoof mag nie die ouers dreig totdat hul die leerder verwyder, ten einde skorsing te vermy nie. 5

Indien daar op skorsing besluit word, moet die ouers per geregistreerde pos in kennis gestel word. In noodsituasies word `n telefoonoproep met skriftelike kennisgewing opgevolg. Die Hoof voorsien die BL van `n volledige skriftelike ondersoek wat die volgende insluit: a) Naam, graad en ouderdom van leerder b) Naam en adres van ouers/ voog c) Volle besonderhede van oortreding/wangedrag d) Verslag van ondersoek met nodige ondersteunende getuienis e) Volle motivering waarom verdere skoolbywoning verbied word Na ontvangs van bg. verslag, sal BL besluit oor skorsing. Die hoof stel dan die ouers/voog skriftelik in kennis van die BL se besluit en stuur `n kopie daarvan aan voorsitter van die BL. 6. Strafmaatreëls Die straf moet by die oortreding pas. Die strafpatroon is soos volg: a) eerste waarskuwing b) tweede waarskuwing c) arbeidsdetensie voorregte word verwyder, bv. * pouses word gebruik om huiswerk of take te doen wat nie tuis gedoen is nie. * uitskryf van ekstra werk * by die onderwyser se deur sit * die skoonmaak van die skooltuine of geboue tydens pouses. d) detensie (gr. 4-7) indien bogenoemde onsuksesvol was. Detensie word op Vrydag na skool vir een uur toegepas. Ouers sal skriftelik in kennis gestel word as hul kind nie saamwerk nie. Indien die gedrag voortduur, sal n formele brief uitgaan. ( sien vb. Bl. 7). In baie ernstige gevalle sal die onderwyser /es die ouer/s of voog nooi om met die skoolhoof te vergader 7. Positiewe versterking n Profiel van n Darling Kollege-leerder met wenslike gedrag. 6

Tien ingesteldhede wat op `n praktiese manier aan leerders voorgestel moet word. Leerders moet aangemoedig word om bedag te wees op maats wat sulke goeie gedrag openbaar, en dit dan aan hul onderwyser/es meedeel. Onderwysers/esse moet die 10 ingesteldhede gereeld aan leerders kommunikeer en in hul klasse vertoon: - Omgee - Empatie - Respek - Kreatiwiteit - Onafhanklikheid - Weetgierigheid - Entoesiasme - Samewerking - Waardering - Selfvertroue Leerders moet aangemoedig word om hoflik teenoor bestuur, leerkragte, mede-leerders en besoekers op te tree. Ook moet hul aangemoedig word om hul boeke, klaskamers en skoolgronde skoon en netjies te hou. Leerders moet ontmoedig word om: Kougom te kou Te baklei en om mondelings en fisiek mekaar seer te maak Te jok, te steel of te kul. Die blaam op ander te plaas as hul self skuldig is. Mekaar se besittings/skryfbehoeftes te leen. Wederregtelik skade aan eiendom/toerusting van DK te berokken. Leerders word aangemoedig om Christelike waardes uit te leef en vrugte van die Gees te openbaar: doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê. 8. Die Merietestelsel Merietes word deur elke individuele leerder bymekaargemaak. Gr. 1-3 leerders verdien of verloor merietes afhangende van hul gedrag, werk gedoen, ens. 7

Gr. 4-7 leerders ontvang merietes vir positiewe gedrag, handelinge, prestasies, ens. (Negatiewe gedrag word op die dissiplinêre record aangeteken.) 9. Ouer-verantwoordelikhede: Dit is die ouer se verantwoordelikheid om toe te sien dat sy kind die skool en ook ander skoolverwante aktiwiteite sal bywoon. Toestemming vir afwesigheid van n leerder of vir niedeelname aan sport of enige ander buite-muurse aktiwiteite, moet altyd eers by die Skoolhoof verkry word. In alle gevalle van afwesigheid moet die ouer/ voog die Skoolhoof inlig. Ongemagtigde afwesigheid moet dadelik opgevolg word met die ouer/ voog. Sou n ouer herhaaldelik weier om hieraan te voldoen, en die leerder is gereeld afwesig, sal die Skoolhoof n geskrewe verslag aan die BL rig en sy/haar kommer daarin uitspreek. Leerders wat n graad moet herhaal en wat terselfdertyd onbevredigende bywoningsrekord het, mag hertoelating geweier word. Onbevredigende bywoning word gedefinieer as n afwesigheid van meer as 20 skooldae sonder n wettige rede. Ouers lê hoflikheid aan die dag deur die Skoolhoof en onderwyser/s in te lig oor: skoolafwesigheid van n leerder a.g.v n bepaalde rede die rede verskaf vir afwesigheid van n leerder rede verskaf vir geen sportdeelname of as n leerder nie opgedaag het vir n wedstryd nie. verkeerde skooldrag waarom n leerder nie n aangevraagde item skool toe kon bring nie. Voltooi en stuur terug aan skool asseblief. Ek bevestig dat ek die Dissiplinêre Kode van Darling Kollege asook die Grieweprosedure vir Ouers gelees en verstaan het en onderneem om aan die voorwaardes daarin gespesifiseer, te voldoen. Datum: Geteken:.(Ouer / Voog) Geteken:. (Skoolhoof) 8