A. ALGEMENE INLIGTING

Vergelijkbare documenten
A. ALGEMENE INLIGTING

A. ALGEMENE INLIGTING

A. ALGEMENE INLIGTING

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid

Stuur die aansoekvorm aan:

Stuur die aansoekvorm aan:

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

2015 AKADEMIESE JAAR

Dit begin alles hier. Teologie

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Eerstejaarsakademie Midjaar/Eindjaar-assessering Gebruikersgids

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

OUERAAND BEROEPSLEIDING:

Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2017

Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)

AANSOEK OM STUDIELENING

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

Riglyne vir Steundiensaanstellings

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2019

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

Ten minste elke vyf jaar, of vroeër na gelang van behoefte Vorige hersienings. Senior Direkteur: Voornemende Studente

Kodes vir Afkeurredes

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Senior Direkteur: Voornemende Studente

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

Animato Koorkompetisie/Choir

Dit begin alles hier. Teologie

DIE VOORTREKKERS PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS VANAF 2016 PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS 2016: 2015/04/27 BLADSY 1 VAN 9

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

Prosedures vir die implementering van die Assesserings- en Modereringsbeleid van die NWU

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Trek jou NWU-tekkies aan en loop ʼn dag in die skoene

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

Leersentrum en Inligtingsdienspunte op die boonste en onderste vlak

Inligtingsdienspunte. Leersentrum Inligtingstoonbank. Carnegie Navorsingsruimte Inligtingstoonbank

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

BELEID VIR PLASING IN KOSHUISE EN LUISTER-, LEER- EN LEEFHUISE, ASOOK INDELING BY PSO-WYKE EN KLUSTERS

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

REKORD- EN EINDEKSAMEN

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

4 Analisering en interpretering van die terugvoer uit die empiriese ondersoek

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

Transcriptie:

LET WEL: Hierdie dokument is op 1 Junie 2018 deur die Senaat van die Universiteit Stellenbosch goedgekeur FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN MB,ChB-STUDENTE 2018 VIR 2019 A. ALGEMENE INLIGTING 1. Vir toelating tot die MB,ChB-graadprogram moet n aansoeker in besit wees van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi, of n gelykwaardige kwalifikasie met n gemiddeld van minstens 70% (vlak 6) (Lewensoriëntering uitgesluit), en met minstens 60% (vlak 5) in Wiskunde en 50% (vlak 4), in Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe. Op grond van die hoogstaande meriete van die meeste aansoekers, is voldoening aan die minimum toelatingsvereistes geensins n waarborg van suksesvolle keuring nie. 2. Aangesien ongeveer 25-30% van die gekeurde aansoekers nie die keuringsaanbod aanvaar nie, word daar aanvanklik meer aansoekers gekeur om te kompenseer ten einde uiteindelik die mikpunt van ongeveer 290 studente in totaal te bereik. 3 Gedurende die keuringsproses word daarna gestreef dat die geslagsprofiel van die groep gekeurde kandidate n weerspieëling sal wees van die geslagsprofiel van aansoekers wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen. 4. Hoogstens 2 plekke word gereserveer vir aansoekers wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen en wat op versoek van die Rektor toegelaat word o.g.v. buitengewone oorwegings (soos deur die Rektor self bepaal). 5. Die jaarlikse hersiening van die getal studente toegelaat tot die program is op grond van: Opleidingskapasiteit t.o.v. menslike hulpbronne, infrastruktuur en die kliniese opleidingsplatform. Streeks- en landsbehoeftes. Inskrywingsbeplanning van die Universiteit. 6. Slegs aansoeke van aansoekers wat MB,ChB as eerste keuse stel sal oorweeg word. 7. Slegs Suid-Afrikaanse Burgers, aansoekers met bewys van permanente verblyfstatus of aansoekers met bewys van vlugtelingstatus sal vir keuring oorweeg word. 1

8. Kandidate kan nie hul keuring uitstel van een jaar na n volgende nie. Indien n aansoeker dus suksesvol is en nie hulle keuring aanvaar nie, moet sodanige aansoeker normaalweg weer van vooraf aansoek doen om oorweeg te word vir keuring in die toekoms. B. RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN MB,ChB-STUDENTE Aansoekers word slegs oorweeg in een van die drie verskillende kategorieë, soos hieronder uiteengesit. B1. Huidige leerders (graad 12) en gematrikuleerdes (bl 2 4); B2. Ingeskrewe Universiteit Stellenbosch studente (bl 4 6); B3. Aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (bl 6). 1. HUIDIGE LEERDERS (GRAAD 12) EN GEMATRIKULEERDES 1.1 Keuring van hierdie groep vind plaas tydens die eerste keuringsgeleentheid gedurende die tweede semester van die voorafgaande jaar. 1.2 Aansoekers wat langer as drie jaar gelede gematrikuleer het, kan nie binne hierdie kategorie oorweeg word nie en word aangeraai om eers hulself voor te berei vir oorweging in kategorie B2 of B3. Let egter daarop dat keuring in hierdie kategorieë steeds nie gewaarborg kan word nie. 1.3 Aansoekers in hierdie kategorie word soos volg op grond van akademiese, sowel as nie-akademiese meriete gekeur: 1.3.1 Akademiese prestasie op skool, wat 45% van die keuringsfaktor uitmaak. 1.3.1.1 In die geval van huidige leerders (Graad 12) word die gemiddelde akademiese persentasie behaal in die Graad 11-eindeksamens (Lewensoriëntering uitgesluit) gebruik. 1.3.1.2 In die geval van gematrikuleerdes word die gemiddelde akademiese persentasie behaal in die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen of ekwivalent gebruik. 1.3.1.3 Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat minstens 75% (Lewensoriëntering uitgesluit) in genoemde eksamens behaal het. 1.3.2 Nasionale Normtoetse (NNT), wat 30% van die keuringsfaktor uitmaak. Die gemiddelde persentasie wat behaal is in die toetse word hier gebruik. 1.3.3 Nie-akademiese meriete (NAM), wat 25% van die keuringsfaktor uitmaak. 1.3.3.1 Die nie-akademiese merietepunt word o.g.v. die onderstaande skaal bereken. Inligting word verkry vanaf n gestruktureerde vraeboog. Die korrektheid van die inligting moet 2

deur die skoolhoof geverifieer word. Die onus berus op die aansoeker en die skoolhoof om te verseker dat die inligting volledig en korrek is. NIE-AKADEMIESE MERIET (NAM) BEREKENINGSGIDS: NAM OORWEGINGS MAKSIMUM PUNT Leierskap 5 Gemeenskapsdiens 4 Kultuuraktiwiteite 4 Sport 4 Ander besondere prestasies 4 Landelike herkoms 4 Taalvaardigheid (in SA tale) 3 Verbintenis met US (ouer(s)/broer(s)/suster(s) is 2 oudstudente/huidige studente/personeel) Deeltydse of na-uurse werk 1 1.3.3.2 Die puntetelling by elkeen van die items is die maksimum punt verwerfbaar. Die punte word bereken volgens spesifieke en konsekwente kriteria. Slegs prestasies wat gedurende die laaste 3 jaar van en insluitend die aansoekjaar behaal is word in aanmerking geneem. 1.3.3.3 Geen byvoegings of ander veranderinge aan die nie-akademiese merietevorm sal toegelaat word nadat dit die keuringskantoor bereik het nie. Die enigste uitsondering wat toegelaat sal word is prestasies wat behaal is na versending van die vorm en wat deur die betrokke skoolhoof geverifieer is en mits dit nie later as einde Junie van die betrokke jaar deur die keuringskantoor ontvang word nie. 1.4 Die keuringsfaktor word bereken deur die akademiese skoolprestasie, die gemiddelde prestasie in die NNT en nie-akademiese merietepunte saam te tel in n 45:30:25- verhouding. Alle aansoekers word dan op grond van hul keuringsfaktor op n merietelys geplaas, wat die basis vorm vir die keuring van hierdie studente. 1.5 Die keuringsproses geskied as volg: 1.5.1 Die top 120 aansoekers met SA burgerskap, permanente verblyfstatus of vlugtelingstatus word in prioriteitsvolgorde volgens die keuringsfaktor gekeur, ongeag geboorteland, ras of enige ander oorwegings. 1.5.2 Daarna word Indiër en Asiër aansoekers uit die Wes- en Noord-Kaap asook bruin en swart Afrikaan aansoekers uit al die provinsies gekeur mits hul voldoen aan die minimum toelatingsvereistes en totdat 290 plekke gevul is. 1.5.3 n Verdere 40 swart Afrikaan aansoekers word vervolgens gekeur, mits hulle aan die minimum toelatingsvereiste van n 70% gemiddelde persentasie voldoen. 3

1.5.4 Aansoekers met n gemiddelde persentasie tussen 70% en 74.9% kan tot die program toegelaat word, indien hulle in minstens twee van die NNT-toetse die proficient vlak behaal het. 1.5.5 Indien die program nie op bogenoemde wyse (soos beskryf in 1.5.1 tot 1.5.4) gevul word nie, sal wit aansoekers en Indiër- en Asiër aansoekers, wat nog nie gekeur is nie, volgens meriete en met inagneming van die geslagsprofiel oorweeg word totdat alle plekke gevul is. 1.5.6 Wanneer al die beskikbare plekke gevul is, word die oorblywende aansoekers op die merietelys as waglyskandidate beskou. Die volgorde word steeds bepaal deur die berekende keuringsfaktor. Sodra die finale Nasionale Seniorsertifikaatpunte (of ekwivalent) in Januarie van die daaropvolgende jaar beskikbaar raak, word hierdie punte en/of die verbeterde NNT-uitslae in die plek van onderskeidelik die graad 11-punte en die oorspronklike NNT-uitslae gebruik, en die merietelys- (waglys-) volgorde word dienooreenkomstig aangepas. Kansellasies word eerstens vanaf die merietelys volgens keuringsfaktorvolgorde aangevul, met inagneming van die geslags-, ras- en geografiese profiel van die eerstejaarsinname, mits daar plek is in die program. 1.5.7 Ongeveer 7% van plekke sal in orde van meriete deur aansoekers met ʼn sosioekonomiese status (SES)-faktor van 6 of hoër gevul word. Sosio-ekonomiese benadeling word gemeet deur n SES-faktor te bereken wat die volgende indikatore in ag neem: onderwysbenadeling (gebaseer op skoolkwintiele en skoolfonds), ekonomiese benadeling (gebaseer op maatskaplike of ongeskiktheidstoelae) en eerste generasiestatus (gebaseer op die opvoedkundige vlak van die ouers). Die SES-faktor wissel van 10 (mees benadeel) tot 0 (minste benadeel). Die afsny-telling van die SES-faktor kan wel aangepas word in ooreenstemming met die aansoekpoel. 2. INGESKREWE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH-STUDENTE 2.1 Plekke word gereserveer vir studente van die Universiteit Stellenbosch wat SA burgers, persone met permanente veblyf- of vlugtelingstatus is en wat toepaslike studierigtings (by voorkeur natuurwetenskappe-verwant) volg. As gevolg van die beperkte aantal plekke in die program, kan geen student wat by aansoek by ʼn ander instelling geregistreer is, vir keuring oorweeg word nie. 2.2 Die volgende groeperings van ingeskrewe studente word in hierdie kategorie oorweeg: Eerstejaar-Baccalaureus studente (sien uitsondering by 2.3) Finalejaar-Baccalaureus studente (in n 3-jaar Baccalaureus graad) (sien uitsondering by 2.3) Nagraadse studente o Honneurstudente en finalejaar studente (in n 4-jaar Baccalaureus graad) (sien uitsondering by 2.3) o Finalejaar Magisterstudente o Doktorale studente wat hul doktorale studie voltooi gedurende die jaar waarin hulle aansoek doen 4

Die keuringsverhouding van bogenoemde groeperings sal die verhouding van die aansoekers wat aan die vereistes vir hierdie groeperings voldoen (kyk 2.6), reflekteer. 2.3 Ingeskrewe studente wat n ander keuringsprogram in Gesondheidswetenskappe volg, sal nie vir keuring oorweeg word nie. 2.4 Die aansoeke sluit op 30 September en word vroeg in Desember, nadat die finale uitslae beskikbaar is, oorweeg. Studente wat nie van die eerste eksamengeleentheid gebruik maak nie, sal nie oorweeg kan word nie. 2.5 Hierdie groep word gekeur o.g.v. akademiese prestasie asook enkele ander oorwegings (sien 2.6): Die gemiddelde akademiese prestasie van ingeskrewe studente word as volg bereken: in die geval van eerstejaars (BSc I en ander programme) word die geweegde gemiddelde persentasie van die eerstejaar bereken. in die geval van finalejaars word die geweegde gemiddelde persentasie van al die studiejare gesamentlik bereken. In die geval van nagraadse studente (uitgesonderd doktorale studente), sal die finale punt vir die program gebruik word. 2.6 Vir hierdie kategorie van aansoekers sal die volgende bykomende riglyne ook geld: 2.6.1 In die geval van eerstejaars (meestal BSc I-studente) sal slegs studente wat al hul eerstejaarsvakke met ʼn geweegde gemiddeld van minstens 70% slaag, oorweeg word. 2.6.2 In die geval van studente wat die voorgraadse kwalifikasie in die betrokke jaar voltooi, sal voorkeur verleen word aan studente wat die graad in die voorgeskrewe tyd voltooi met n geweegde gemiddelde persentasie van minstens 70% oor die duur van die program. 2.6.3 In die geval van nagraadse ingeskrewe studente, word voorgraadse prestasie ook in oorweging geneem. Voorkeur sal gegee word aan studente wat vorige grade met ʼn geweegde gemiddeld van minstens 60% geslaag het, en wat minstens 70% verwerf vir die nagraadse kwalifikasie waarvoor hulle by aansoek geregistreer is en wie ʼn motiveringsbrief by hul aansoek insluit. 2.7 Voorgraadse studente word in prioriteitsvolgorde o.g.v. voorgaande oorwegings (2.6.1 en 2.6.2) gerangskik, en dit dien as vertrekpunt vir die keuringsproses. 2.8 Nagraadse aaansoekers in hierdie kategorie word in prioriteitsvolgorde o.g.v. voorgaande oorwegings in 2.6.3 gerangskik, waarna ʼn kortlys van verdienstelike aansoekers saamgestel word. Aansoekers op die kortlys sal na persoonlike onderhoudvoering finaal gekeur word. Uitnodiging na n onderhoud dien geensins as waarborg dat n aansoeker wel gekeur sal word nie. 5

2.9 Wanneer al die beskikbare plekke gevul is, word aansoekers wat kwalifiseer op n waglys geplaas in volgorde van akademiese meriete. Kansellasies kan in merietevolgorde van die waglys aangevul word, mits daar plek is in die program. 2.10 Studente wat gekeur word vir MB,ChB I sou volgens bepaalde kriteria vrygestel kon word van ooreenstemmende modules wat hul geslaag het, maar sal al die ontbrekende modules vir MB,ChB I moet aanvul, ten einde na MB,ChB II in die daaropvolgende jaar te kan promoveer. 3. AANSOEKERS MET NASKOOLSE KWALIFIKASIES EN/OF BEROEPS- ERVARING 3.1 Keuring van hierdie groep aansoekers vind tydens die eerste keuringsgeleentheid gedurende die tweede semester van die voorafgaande jaar plaas. 3.2 Ongeveer 20 plekke sal gereserveer word vir persone met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring, en wat by aansoek nie vir enige verdere kwalifikasie geregistreer is nie. Aansoekers wat by aansoek vir enkele losstaande modules op tersiêre vlak vir nie-graaddoeleindes geregistreer is, kan ook in hierdie kategorie oorweeg word. 3.3 Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat reeds voorheen n tersiêre kwalifikasie (NQF vlak 7 en hoër) in die normale tyd, en met n geweegde gemiddelde van 60% of hoër geslaag het, en ʼn motiveringsbrief by hul aansoek insluit. 3.4 Hierdie aansoekers word oorweeg op akademiese meriete, sowel as nie-akademiese faktore. n Kortlys van verdienstelike aansoekers word na oorweging van alle aansoeke in hierdie kategorie saamgestel. 3.5 Aansoekers op die kortlys sal na persoonlike onderhoudvoering finaal gekeur word. 3.6 Uitnodiging na n onderhoud dien geensins as waarborg dat n aansoeker wel gekeur sal word nie. C. KEURING VAN BRUIN, SWART AFRIKAAN, INDIËR EN ASIËR AANSOEKERS 1. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bepaal jaarliks in onderlinge oorleg met die Viserektor (Leer en Onderrig), inskrywingsteikens wat belyn is met, onder andere, die Nasionale Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se riglyne vir die transformasie van die hoër onderwyssektor en die institusionele inskrywingsbeplanning wat daaruit voortspruit, sowel as die Universiteit se verbintenis tot inklusiwiteit en diversiteit. 6

2. In die geval van huidige leerders (B1) word die keuringsfaktor volgens dieselfde formule bereken soos beskryf; keuring geskied dus nie uitsluitlik volgens die keuringsfaktor nie aangesien sommige aansoekers moontlik nie die geleentheid gehad get vir nie-akademiese prestasies. D. AANSOEKERS WAT NIE SUID-AFRIKAANSE BURGERS IS NIE, NIE N PERMANENTE VERBLYFPERMIT OF VLUGTELINGSTATUS VIR SUID-AFRIKA HET NIE 1. Sodanige aansoekers sal nie oorweeg word nie. 2. Aansoekers met amptelike vlugtelingstatus moet volgens wetgewing oorweeg word. Slegs SA burgers kwalifiseer egter vir institusionele beurse en lenings, asook vir NSFAS-befondsing. Aansoekers met vlugtelingstatus moet dus hul finansiële posisie in ag neem wanneer n plek in die MB,ChB program opgeneem word. E. DIE AFLê VAN DIE NASIONALE NORMTOETSE (NNT) ( NATIONAL BENCHMARK TESTS ) ( NBT ) 1. Alle huidige leerders of gematrikuleerdes (B1) wat aansoek doen om toelating tot MB,ChB ongeag watter persentasie of totaal hulle in die finale graad 11- of 12- eksamens behaal het, moet die NNT aflê. Die gemiddelde prestasie in hierdie toetse dra 30% by tot die keuringsfaktor. 2. Die toetse sal landswyd by verskeie sentra afgeneem word. 3. Voornemende Gesondheidswetenskappe-studente moét voor die sperdatum soos jaarliks bepaal (sien www.maties.com) die NNT aflê en moet betyds (minstens 3 weke voor die toetsdatum) by www.nbt.ac.za vir die toetse registreer ten einde n plek in die betrokke toetssentrum te verseker. 4. Voornemende studente moet al die toetse op dieselfde dag aflê. 5. Indien n aansoeker die toetse by meer as een geleentheid in dieselfde jaar aflê, sal die uitslae wat teen einde Julie beskikbaar is in ag geneem word by keuring in die tweede semester; die NNT-uitslae wat teen einde Desember beskikbaar is, sal in Januarie gebruik word saam met die NSS-uitslae vir keuring vanaf die merietelys. 6. Ingeskrewe Universiteit Stellenbosch studente (B2) en aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (B3) word vrygestel van hierdie vereiste. 7

F. PROSEDURES WAT GEVOLG WORD M.B.T. DIE KEURINGS- PROSES 1. AANSOEKVORMS 1.1 Aansoekers kan aanlyn aansoek doen by www.maties.com 1.2 Die sluitingsdatum vir die indiening van aansoeke, insluitend die nie-akademiese meriete vraelys vir oorweging tydens die aanvanklike keuringsproses, is 31 Mei van die jaar wat registrasie voorafgaan. 2. VERWERKING VAN AANSOEKE 2.1 ʼn Volledige databasis van elke aansoeker word saamgestel uit die inligting wat deur die aansoeker op die aanlyn-aansoekvorm ingevoer is. Die punte van huidige leerders of gematrikuleerdes (B1) word terselfdertyd rekenaarmatig verwerk. 2.2 Die vraelyste oor nie-akademiese meriete word nagesien en die punte daarvan bereken soos uiteengesit in B1.3.3. Hierdie punte word ook ingevoer op die rekenaar en, tesame met die skoolpunte en NNT-uitslae, rekenaarmatig verwerk om sodoende die keuringsfaktor te bepaal. (Hierdie keuringsfaktor word gebruik om n aansoeker se posisie op die merietelys te bepaal). 2.3 Die akademiese rekords van ingeskrewe studente (B2) sowel as dié van gegradueerdes (B3) word per hand verwerk en n gemiddelde persentasie word bereken. Hierdie studente word dan op grond van akademiese prestasie oorweeg, alhoewel nieakademiese meriete wel in die geval van gegradueerdes (B3) in berekening gebring mag word. 2.4 Daar word van aansoekers verwag om n onderneming te gee dat alle inligting wat verskaf word akkuraat is. Indien daar nadat n aansoeker gekeur is bevind word dat vals inligting verskaf is of dat inligting weerhou is, kan so n aansoeker hulle keuring verbeur. 3. KEURINGSGELEENTHEDE 3.1 Die eerste keuring vind in die tweede semester van die voorafgaande jaar plaas. By hierdie geleentheid word die huidige leerders en gematrikuleerdes (B1) en aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (B3) oorweeg. Die keuring van laasgenoemde aansoekers (wat op n kortlys geplaas is) word eers finaal na onderhoudvoering met lede van die Keurkomitee afgehandel (sien B3.5 en B3.6). 3.2 Die aansoeke van ingeskrewe Universiteit Stellenbosch studente (B2) word eers in Desember oorweeg nadat hulle finale universiteitsuitslae beskikbaar is. 3.3 Scimathus studente word in Januarie in dieselfde kategorie as gematrikuleerdes (B1) oorweeg (op grond van hul nuwe keuringsfaktor). 8

3.4 Verdere keuring vind deurlopend vanaf die merietelys plaas, afhangende van die kansellasies wat ontvang word en beskikbare plekke in die program. 3.5 Keuring word finaal afgehandel binne 2 weke na aanvang van die eerstesemester klasse vir MB,ChB I. 4. UITSTUUR VAN KEURINGSBRIEWE 4.1 Na afloop van keuringsvergaderings word aansoekers elektronies van die keuringsuitslag in kennis gestel. 4.2 Die gekeurde aansoekers moet binne 4 weke vanaf die versending van die keuringsbriewe terugantwoord of hulle die aanbod aanvaar, al dan nie. 4.3 Indien hulle die keuringsaanbod aanvaar, is die voorgeskrewe keuringsdeposito betaalbaar. Die bedrag word tot die student se krediet gereken. Studente wat hul keuringsaanbod aanvaar, die voorgeskrewe keuringsdeposito betaal en daarna uit eie wil die keuring kanselleer, se keuringsdeposito is nie terugbetaalbaar nie. 4.4 Die plekke van aansoekers wat nie op die aanbod reageer nie, en wat nie administratief opgespoor kan word nie, word gekanselleer. 5. AANSOEKERS WAT NIE MEER AAN DIE TOELATINGSVEREISTES VOLDOEN NADAT DIE FINALE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAATUITSLAE BESKIKBAAR IS NIE 5.1 Aansoekers wat gedurende die eerste keuringsronde voorwaardelik gekeur is, maar wat na hul finale matriekuitslae nie meer voldoen aan die minimum toelatingsvereistes nie, se keuringsaanbod sal verval en die keuringsdeposito sal terugbetaal word. G. KEURKOMITEE Keuring van voornemende studente word gedoen deur 'n keuringspaneel, saamgestel deur die Strategiese Komitee oor Werwing, Keuring en Toelating, wat deur die Dekaan van die fakulteit voorgesit word. Alle besluite ten opsigte van keuring word deur die Dekaan goedgekeur voordat dit met aansoekers gekommunikeer word en besluite is finaal. Alle navrae rakende die keuringsproses moet aan die keuringskantoor in die Sentrum vir Studente Administrasie (Tygerberg-kampus) gerig word. April 2018 9