Prosedures vir die implementering van die Assesserings- en Modereringsbeleid van die NWU 1 Inleiding Die assessering- en modereringsprosedures vir die Fakulteit Opvoedingswetenskappe is op die Assessering- en Modereringsbeleid van die NWU gegrond. Dit beleid is weer op die volgende premis gegrond: In ooreenstemming met die Nasionale Onderwysbeleid vir Uitkoms-gebaseerde Onderwys en die vlakbeskrywers van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk, is die assesseringsbenadering van die NWU dié van toepaslike, voortgesette formatiewe en summatiewe assesseringsaktiwiteite binne n uitkoms- en program-gebaseerde hoëronderwys-omgewing. Die riglyne en prosedures is geformuleer met inagneming van Algemene Akademiese Reëls (2009) vir die NWU, UBK en Senaatsbesluite. 2 Toepassingsomvang Die assessering- en modereringsprosedures is op alle onderrig- en leerprogramme van die Fakulteit van toepassing, en waar nodig word spesifieke prosedures volgens die verskillende modus uiteengesit. Die Prosedures moet saam met die Onderrig- en Leerbeleid, Onderrig- en Leerriglyne en prosedures sowel as die Assesserings- en Modereringsbeleid gelees word. Die prosedures berus op die belangrikste beginsels wat in die genoemde beleide vervat is. 3 Riglyne en Prosedures n Volledige assesseringsplan wat die aantal en formaat van formatiewe en summatiewe assesseringsgeleenthede per aandui moet in die studiegidse beskikbaar wees. 3.1 Geïntegreerde assessering (A-reël 1.4) Minstens een geleentheid in die vorm van praktiese onderwys vir geïntegreerde assessering, waarin die hoofdoelwit en sleuteldoel van die program geassesseer word, word by die assesseringsaktiwiteite vir alle programme ingesluit. Voltydse op-kampus modus bied geïntegreerde assessering as deel van die georganiseerde praktiese onderwys Die SBO modus bied geïntegreerde assessering as deel van die deurlopende praktiese onderwys. Nie van toepassing op afstand studente nie. Hierdie studente is praktiserende onderwysers. 3.2 Assesseringsinstrumente Assesseringsinstrumente soos byvoorbeeld memorandums, rubrieke en kontrolelyste, moet opgestel word vir elke formele formatiewe en elke summatiewe assesseringsaktiwiteit wat die studente verrig. Hersiene Assesserings- en Modereringsprosedures van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe November 2009 1
(UBK 2006-08-02: Studente moet ook weet waarvoor hulle punte gekry het hetsy by wyse van klasbespreking of by wyse van die beskikbaarstelling van ten minste ʼn basiese memo). In die geval van die summatiewe assessering moet die assesseringsinstrumente saam met die vraestel ingedien word vir moderering. Mede-assessore en/of nasieners gebruik die assesseringsinstrumente vir formele formatiewe en summatiewe assesseringsaktiwiteite sowel as vir modereringsaktiwiteite in die Beleid beskryf. (Kyk verdere prosedures onder Moderering) 3.3. Formatiewe assessering (verwys na Uitgebreide Bestuurskomitee notule, Potchefstroomkampus, 25 Oktober 2007) (A-reëls 1.29, 1.45, 1.51, 1.60, 1.64) Informele formatiewe assesseringsgeleenthede moet by soveel moontlik kontaksessies ingesluit word. Dit sluit in bv. toetse na afloop van praktika en 10-minute klastoetsies om te bepaal of studente voorberei het. Ontwikkelingsterugvoer van informele formatiewe assesseringsgeleenthede tydens kontaksessies word deur die dosent gebruik ter verbetering van die onderrig- en leer, maar dit hoef nie by te dra tot die deelnamepunt nie (UBK 2006-08-02: Wanneer dit by gewigte van punte kom moet daar ʼn besluit geneem word en dit moet aan die studente gekommunikeer word. As mens dus sou besluit om al die toetse/assesserings ewe veel te laat tel, moet die studente dit weet. As ander dinge in die spel kom, soos deelname aan besprekings, klasbywoning ens., moet dit ook uitgespel word. Dit is belangrik om in ag te neem dat ʼn kort klastoetsie om vas te stel of studente voorberei het, buite hierdie riglyne val, maar dit moet nie misbruik word nie, en daar moet duidelikheid wees of en tot watter mate hierdie punte gaan tel). Formele formatiewe assessering bestaan nie net uit toetse as ʼn assesseringsmetode nie. Dosente moet ook alternatiewe, kreatiewe assesseringsmetodes en tegnieke ontwerp vir die vasstelling van die deelnamepunt. Formele formatiewe assessering gaan gepaard met spesifieke assesseringskriteria. Assesseringsgeleenthede (NWU Beleid 6.2) Die aantal formele formatiewe assesseringsgeleenthede per is afhanklik van die krediete en afleweringswyse en moet by die volgende riglyne aansluit:(dit sluit nie eksamens in nie) Voltyds kontak: 8-krediet-s : 3 formele formatiewe assesseringsgeleenthede per 12-krediet-s : 3 formele formatiewe assesseringsgeleenthede per 16-krediet-s : 3-4 formele formatiewe assesseringsgeleenthede per 24- en32-krediet-s :4-5 formele formatiewe assesseringsgeleenthede per SBO: 8-krediet-s : 3 formele formatiewe assesseringsgeleenthede per 12-krediet-s : 3 formele formatiewe assesseringsgeleenthede per Hersiene Assesserings- en Modereringsprosedures van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe November 2009 2
16-krediet-s : 3-4 formele formatiewe assesseringsgeleenthede per 24- en32-krediet-s :4-5 formele formatiewe assesseringsgeleenthede per Formele formatiewe assessering vind ook tydens praktiese kontaksessies plaas. Afkampus: Afkampus studente het ten minste een werkopdrag met sekondêre werkopdragte per. Geen enkele assessering mag meer as 40% van die deelnamepunt tel nie. Studente wat nie ʼn assesseringsgeleentheid gebruik nie, kan nie aanspraak maak op ʼn verdere geleentheid of uitstel nie. Dit impliseer dat in sodanige geval uitstel/vrystelling by wyse van hoë uitsondering streng op meriete van die omstandighede (byvoorbeeld siekte) deur die betrokke dosent oorweeg en verleen kan word. Die volgende riglyne geld vir die inhandiging van opdragte: Voltyds voorgraads (kontak): Soos in die studiegids /studiebrief bepaal Voltyds SBO: Soos deur SBO-prosedures bepaal Voltyds/deeltyds nagraads (kontak): Soos in die studiegids/studiebrief bepaal Afkampus: Volgens SVO prosedures Terugvoer en punte vir formele formatiewe assesseringsgeleenthede word binne 15 werksdae (voltyds kontak) en 30 werksdae (SBO), afstand (45) werksdae aan die studente oorgedra, tensy die dekaan en/of skooldirekteur geskrewe toestemming verleen om die tydperk te verleng. Verdere formatiewe assesseringsgeleenthede mag slegs by hoë uitsondering toegestaan word na bekendmaking van die deelnamepunte. ʼn Goed gemotiveerde versoek moet dit vergesel. Dosente moet rekord hou van alle formele formatiewe assesseringsgeleenthede vir bewyslewering. Assesseringsinstrumente moet vir alle formele formatiewe assesseringsaktiwiteite opgestel word en waar van toepassing en aan studente beskikbaar wees (efundi en/of hardekopie). Nasienhulp moet volgens prosedures aangestel en die nasienwerk moet gemodereer word ten einde kwaliteit te verseker en om toe te sien dat die student nie benadeel word nie. Nasieners moet een vlak hoër gekwalifiseer wees as die vlak wat hy/sy moet nasien. 3.4 Summatiewe assessering Summatiewe assessering in alle s word deur die Algemene Akademiese Reëls (spesifiek Reël A.1.60) gereguleer. Summatiewe assessering, in die vorm van ʼn finale eksamen, word gebruik vir die berekening van die punt. Die Fakulteit kan besluit oor die gewigte wat summatiewe assessering in verhouding tot formatiewe assessering moet weeg. (A-reël 5.4) Vakgroepe dui die gewigte in die Jaarboek aan en implementeer dit sodanig. Hersiene Assesserings- en Modereringsprosedures van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe November 2009 3
(A-reël 5.4.4: Die punt word ooreenkomstig die fakulteitsreëls saamgestel uit die eksamenpunt wat ʼn student in ʼn verwerf het en die deelnamepunt, met dien verstande dat die gewig van die deelnamepunt in die berekening van die punt minstens 40% en hoogstens 70% beloop). In gevalle waar summatiewe assessering op ʼn praktiese opdrag/te, verslag of portefeulje berus word nie ʼn finale eksamen vereis nie en is die toegekende en gemodereerde punt die student se finale (totale) punt vir die (A-reël 1.27). 3.5 Moderering Eksaminatore en moderatore word vir alle summatiewe geskrewe formele assesserings aangestel ooreenkomstig reël A.1.26. (A-Reël 5.42: Vir elke vraestel van ʼn wat in ʼn skool aangebied word, moet die skooldirekteur een interne eksaminator en een interne of eksterne moderator benoem. Vir elke uittreevlak in die NPOD, GOS, B.Ed., NGOS & Hons B.Ed.: Een/meer interne eksaminator/e (insluitend van ander kampusse), een eksterne moderator. MEd & PhD: Soos deur die M&D-komitee/Navorsingskomitee bepaal en goedgekeur (A-reël 7.5.3). Die verslag van die moderator dek die geldigheid van die assesseringsinstrumente, prestasie van die studente, standaard van studentbevoegdhede, betroubaarheid van die nasienwerk en enige ongerymdhede ten opsigte van Universiteits-/professionele regulasies (A-reël 1.26). 3.6 Mondelinge assessering Mondelinge assessering is nie van toepassing by afkampus nie. Mondelinge assessering word gedoen waar bykomstige bewys van die bevoegdhede van ʼn kandidaat vir bevorderingsdoeleindes vereis word. Dit word deur panele wat deur die Skooldirekteur en/of die Direkteur: Navorsingsfokusarea en/of die Dekaan goedgekeur is, afgeneem. Panele vir mondelinge assessering word vooraf deeglik deur vooraf-vergaderings vir die assesseringsessie voorberei. Mondelinge assessering word aan die hand van goed gestruktureerde vrae en assesseringskriteria (soortgelyk aan ʼn memorandum/nasienskema vir geskrewe assessering) afgeneem deur die interne eksaminator en die eksterne eksaminator/moderator. Die betrokke skooldirekteur (programeienaar) moet ingelig word en bly verantwoordelik vir die kwaliteitbeheer. 3.7 Assessering van werk-gebaseerde of ervaringsleer Assessering van werk-gebaseerde of ervaringsleer vind plaas deur samewerking tussen die Universiteit, die werkgewer, die mentor en die student aangaande die metode, assessering en erkenning na bereiking van die uitkomste (veral van toepassing op SBO). Die betrokke skooldirekteur (programeienaar) bly verantwoordelik vir die kwaliteitbeheer. 3.8 Kondonering van eksamenpunte Hersiene Assesserings- en Modereringsprosedures van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe November 2009 4
In die lig van ʼn student se totale prestasieprofiel in die betrokke na die oordeel/in oorleg met die betrokke skooldirekteur (programeienaar) by wie die finale verantwoordelikheid berus, kan die finale punt van 48% kan na 50% (slaagpunt) en 73% na 75% (onderskeidingspunt) gekondoneer word. 3.9 Hernasien van vraestelle Vraestelle word nie hernagesien nie. Vraestelle en antwoordstelle gaan deur ʼn modereringsproses vir kwaliteitskontrole. Studente kan wel insae in hul vraestelle kry in die teenwoordigheid van die dosent. Hersiene Assesserings- en Modereringsprosedures van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe November 2009 5