WYSIGINGSWETSONTWERP OP DEELTITELS

Vergelijkbare documenten
WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998

KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOED

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Deeltitels. Werkstukke vir Hoofstuk 1 (Deel 2) Paragraaf 2 - Woordomskrywings i i i. Paragraaf n Skema op een of meer stukke grond i i

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

Hoofstuk D1 HUURPAG. Afdeling A: Huurpag met betrekking tot die Wet op Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, No.4 van 1984

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

KOOPKONTRAK. (van n deeltitel eenheid in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels)

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

WET OP BEVORDERING VAN

HUURKONTRAK. (van n deeltitel eenheid in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels)

KOOPKONTRAK. (van n deeltitel eenheid in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels)

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

GRONDWET VAN LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING. 1.1 Die naam van hierdie Vereniging is LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING.

AANBOD VIR DIE VERKRYGING VAN N REG TOT UITBREIDING - DEELTITELSKEMA

HOOFSTUK 9 Regspleging

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN

KOOPKONTRAK ERF LANGEBAAN KOPER:

PLANTVERBETERINGSWET NO. 53 VAN 1976

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

AANBOD OM TE KOOP. Wat by aanvaarding 'n Koopkontrak daarstel

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

VERKOOP VAN VASTE EIENDOM

ARBEIDSREG ABR214. T:

VILLA CORTONA AFTREE-OORD DEELTITEL KOOPKONTRAK. Aangegaan deur en tussen:

VERKOOPSVOORWAARDES MEMORANDUM VAN BEDINGE EN VOORWAARDES WAAROP. Likiditer Afslaers BK ( Registrasienommer 88/05012/23 ) handeldrywend as

ARBEIDSREG ABR214. T:

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

BTW. Werkstukke vir Hoofstuk 4 - DEEL 3

TERME EN VOORWAARDES

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

KOOPOOREENKOMS NOG 'N SPOGONTWIKKELING DEUR GLC DEVELOPMENT (EDMS) BPK

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

PROTEA AFTREE-OORD CENTURION

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen. September Deel 1. Selfstudie Aktekursus. Vraag 1 - Modelantwoord [10] 1.1.

KOOPKONTRAK MEMORANDUM VAN N OOREENKOMS AANGEGAAN EN GESLUIT TUSSEN:

VERKOOPSVOORWAARDES in terme waarvan VAN RENSBURG EN BEKKER VEILINGS (EDMS) BPK van Saffiersingel, Tamsui Industria, GEORGE

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Egskeidingskontrolelys vir Lede

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

AKTE VAN OPRIGTING VAN SENWESBEL BEPERK

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

KOOPOOREENKOMS. Aangegaan deur en tussen: DIE TRUSTEES VAN TYD TOT TYD VAN DIE DIEMERSFONTEIN DEVELOPMENT TRUST Registrasie Nommer IT4061/2004

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

ARBEIDSREG ABR214. T:

KOOPOOREENKOMS IDENTITEITSNOMMER: ONGETROUD/GETROUD BINNE/BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE (HIERNA GENOEM DIE VERKOPER")

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK

Die 3 Groot Menere. Maatskappyewet. Werkstukke vir Hoofstuk 6 - DEEL 3

ARTIKELS KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied.

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

VERKOOP VAN VASTE EIENDOM

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

SAKE-ONDERBREKING. (iv) enige ander materiële skade-versekering wat die belang van die versekerde dek;

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012)

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

KENNISGEWING VAN VOORLEGGING VAN VOORGESTELDE BESLUITE AAN AANDEELHOUERS VIR AANNEMING INGEVOLGE ARTIKEL 60 VAN DIE MAATSKAPPYWET

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

AANSOEK OM STUDIELENING

Eerste jaarvergadering en konstitusie

OOREENKOMS OM ONROERENDE EIENDOM TE KOOP EN TE VERKOOP

GRONDWET VAN DIE OUDE WESTHOF OORD BESTUURSVERENIGING

DEPARTEMENT VAN VERVOER

VERKOOPSVOORWAARDES In terme waarvan VAN RENSBURGS AUCTIONS (PTY) LTD van Saffiersingel, Tamsui Industria, GEORGE

Kommersiële Versekering Afdeling sake-onderbreking

STATUTE VAN SHAKILA HUISEIENAARSVERENIGING (VERENIGING INGELYF KRAGTENS ARTIKEL 21)

Transcriptie:

JOBNAME: No Job Name PAGE: 1 SESS: 3 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WYSIGINGSWETSONTWERP OP DEELTITELS (Soos ingedien by die Nasionale Vergadering (as n voorgestelde artikel 75); Wetsontwerp gepubliseer in Staatskoerant No. van 2010) (Die Afrikaanse teks is die amptelike vertaling van die Wetsontwerp) (MINISTER VAN LANDELIKE ONTWIKKELING EN GRONDHERVORMING) [W 2010] ISBN 978-1-77037- - Getal eksemplare gedruk... 100

JOBNAME: No Job Name PAGE: 2 SESS: 4 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 ALGEMENE VERDUIDELIKENDE NOTA: [ ] Woorde in vet druk tussen vierkantige hake dui skrappings uit bestaande verordenings aan. Woorde met n volstreep daaronder dui invoegings in bestaande verordenings aan. WETSONTWERP Tot wysiging van die Wet op Deeltitels, 1986, ten einde sekere omskrywings te wysig; die grense tussen sekere dele en gemeenskaplike eiendom te heromskryf; die vervanging van verbande wat vir verskillende dele grond wat op die deelplan geskets word, te reël; voorsiening te maak vir die uitreiking van sertifikate van saaklike regte tot uitbreiding en sertifikate van saaklike regte tot uitsluitlike gebruiksgebiede met die opening van die deeltitelregister; voorsiening te maak vir die uitreiking van meer as een sertifikaat van saaklike regte tot uitbreiding en meer as een sertifikaat van saaklike regte tot uitsluitlike gebruiksgebiede; voorts die rojering van geregistreerde deelplanne te reël; voorsiening te maak vir die uitreiking van n geregistreerde deeltitelsertifikaat ten opsigte van n breukdeel van n onverdeelde aandeel in n deel; voorsiening te maak vir n kennisgewing aan n verbandhouer om instemming tot voorgestelde uitbreidings aan n skema; voorsiening te maak vir die uitbreiding van n skema deur regte slegs tot uitsluitlike gebruiksgebiede by te voeg; voorsiening te maak vir die reg tot uitbreiding van n skema ten opsigte van n gebou of geboue wat reeds bestaan; voorsiening te maak vir die skrapping van n bepaling met betrekking tot sekere administratiewe uitgawes wat n ontwikkelaar moet betaal; voorsiening te maak vir die skrapping van n oorbodige verwysing na stedelike vaste eiendom; voorsiening te maak vir die voorlegging van n sertifikaat deur n transportbesorger in verband met die betaling van gelde vir die oordrag van saaklike regte; voorsiening te maak vir die oordrag van saaklike regte tot uitsluitlike gebruiksgebiede binne n bepaalde tydperk tot voordeel van die eienaars van dele; voorsiening te maak vir die vestiging van regte op uitsluitlike gebruiksgebiede waar n eienaar se lidmaatskap tot n regspersoon beëindig word; voorsiening te maak vir die kansellasie van regte tot uitsluitlike gebruiksgebiede met die skriftelike toestemming van die verbandhouer en van n houer van n geregistreerde saaklike reg; verdere voorsiening te maak vir die reëling van toestemming van verbandhouers vir die registrasie van serwitute; voorsiening te maak vir die betaling van sekere bydraes deur n ontwikkelaar vir die dekking van sekere tariewe en belastings en die onderhoud van gemeenskaplike eiendom; voorsiening te maak vir aanspreeklikheid vir die betaling van bydraes wanneer die eienaarskap van eenhede verander; voorsiening te maak vir die heffing van spesiale bydraes deur die trustees van n regspersoon; voorsiening te maak vir die gebruik van uitsluitlike gebruiksgebiede slegs vir doeleindes wat op die geregistreerde deelplan beskryf word; uitgediende verwysings te vervang; sekere teenstrydige bepalings wat nie meer van toepassing is nie te skrap en te wysig; en voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan. DAAR WORD BEPAAL deur die Parlement van die Republiek van Suid-Afrika, soos volg:

JOBNAME: No Job Name PAGE: 3 SESS: 3 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 Wysiging van artikel 1 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 1 van Wet 63 van 1991, artikel 1 van Wet 7 van 1992, artikel 1 van Wet 15 van 1993, artikel 1 van Wet 44 van 1997, Proklamasie R9 van 31 Januarie 1997; artikel 1 van Wet 29 van 2003, artikel 1 van Wet 7 van 2005 en artikel 1 van Wet 6 van 2006 3 1. Artikel 1 van die Wet op Deeltitels, 1986 (Wet No. 95 van 1986) (hierna die Hoofwet genoem), word hierby gewysig (a) deur in subartikel (1) paragraaf (a) van die omskrywing van eienaar, deur die volgende paragraaf te vervang: (a) onroerende goed, behoudens paragraaf (b), die persoon wat as eienaar of besitter daarvan geregistreer is, met inbegrip van die kurator van n insolvente boedel, [ n beredderaar of kurator ingevolge die Wet op Landboukrediet, 1966 (Wet No. 28 van 1966), gekies of aangestel,] die likwidateur van n maatskappy of n beslote korporasie wat n eienaar is, en die eksekuteur van n eienaar wat oorlede is, of die wetlik erkende verteenwoordiger van n eienaar wat minderjarig of kranksinnig of andersins onbevoeg is, mits daardie kurator, [beredderaar,] likwidateur, eksekuteur of verteenwoordiger binne die perke van sy of haar bevoegdheid handel; ; en (b) deur die omskrywing van Minister in subartikel (1) deur die volgende omskrywing te vervang: Minister die Minister van [Grondsake] Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming; ; (c) deur in subartikel (1) paragraaf (a) van die omskrywing van ontwikkelaar deur die volgende paragraaf te vervang: (a) by die toepassing van artikels 4(3), 10 en 15B(3)(c), ook die agent van so n persoon of sy of haar opvolger in titel, of iemand anders wat namens enigeen van hulle handel; en; (d) deur subartikel (3A) deur die volgende subartikel te vervang: (3A) Indien n regspersoon nie in staat is om n eenparige besluit te verkry nie, kan dit, [behoudens] ondanks die bepalings van subartikel (3)(c), die hof vir regshulp nader.. 5 10 15 20 25 30 Wysiging van artikel 5 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 3 van Wet 63 van 1991, artikel 11 van Wet 7 van 1992 en artikel 5 van Wet 6 van 2006 2. Artikel 5 van die Hoofwet word hierby gewysig deur in subartikel (5) paragraaf (a) deur die volgende paragraaf te vervang: (a) met verwysing na die vloere, mure en plafonne daarvan, of soos voorgeskryf is: Met dien verstande dat enige venster, deur of ander struktuur wat n deel van n ander deel of van gemeenskaplike eiendom skei, as deel van sodanige vloer, muur of plafon beskou word; en. 35 40 Wysiging van artikel 11 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 5 van Wet 63 van 1991, artikel 3 van Wet 7 van 1992 en artikel 7 van Wet 44 van 1997 3. Artikel 11 van die Hoofwet word hierby gewysig (a) deur in subartikel (3) paragraaf (d) deur die volgende paragraaf te vervang: (d) n verband wat op die grond mag rus, tesame met die toestemming 45 van die verbandhouer tot die opening van die deeltitelregister en tot die maak van n aantekening op die verband ten effekte dat dit (i) die dele en gemeenskaplike eiendom wat op die deelplan getoon word; (ii) die sertifikaat of sertifikate van saaklike reg ten opsigte van enige reg [deur hom] voorbehou ingevolge artikel 25 (1); en 50 (iii) die sertifikaat of sertifikate van saaklike reg ten opsigte van n reg van uitsluitlike gebruik soos bedoel in artikel 27 (1), verbind: Met dien verstande dat [artikel 40 (5) van die Registrasie 55 van Aktes Wet met die nodige veranderings van toepassing is op n verband wat] indien n verband teen een of meer stukke grond, op die deelplan aangetoon, geregistreer is, na skriftelike aansoek

JOBNAME: No Job Name PAGE: 4 SESS: 3 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 4 (b) deur die ontwikkelaar en met die skriftelike toestemming van die verbandhouer, kan al die grond wat oorspronklik met die verband beswaar is deur al die grond soos aangetoon op die deelplan vervang word en indien verskillende stukke grond wat op die deelplan aangetoon word deur verskillende verbande beswaar is, kan die deelplan nie geregistreer word tensy die verbande gekanselleer is nie. ; en deur in subartikel (3) die volgende paragrawe na paragraaf (fa) in te voeg: (fb) die sertifikaat of sertifikate van saaklike reg in verband met enige reg wat ingevolge artikel 25(1) deur hom of haar gereserveer is; (fc) die sertifikaat of sertifikate van saaklike reg in verband met enige reg op uitsluitlike gebruik indien n voorwaarde, soos in artikel 27(1) bedoel, opgelê is; en. 5 10 Wysiging van artikel 12 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 6 van Wet 63 van 1991 4. Artikel 12 van die Hoofwet word hierby gewysig deur in subartikel (1) paragrawe (e) en (f) deur onderskeidelik die volgende paragrawe te vervang: (e) aan die ontwikkelaar, in die voorgeskrewe vorm, n sertifikaat of sertifikate van saaklike reg ten opsigte van enige voorbehoud ingevolge artikel 25(1) [deur hom] gemaak, onderworpe aan enige verband geregistreer teen die titelbewys van die grond, uitreik; (f) aan die ontwikkelaar, in die voorgeskrewe vorm, n sertifikaat of sertifikate van saaklike reg ten opsigte van n reg van uitsluitlike gebruik soos bedoel in artikel 27(1), onderworpe aan enige verband geregistreer teen die titelbewys van die grond, uitreik; en. 15 20 25 Wysiging van artikel 14 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 8 van Wet 63 van 1991 en artikel 4 van Wet 7 van 1992 5. Artikel 14 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (8) deur die volgende subartikel te vervang: (8) n Geregistreerde deelplan word, behoudens die bepalings van subartikel (6) en [artikel] artikels 17(6), 48 en 49, slegs gerojeer deur n bevel van die Hof, en die registrateur gee gevolg aan so n rojering deur die nodige aantekeninge en inskrywings in sy of haar rekords aan te bring, en stel die Landmeter-generaal in kennis, wat die oorspronklike deelplan en registrasiekantoorkopie daarvan moet rojeer.. 30 35 Wysiging van artikel 15B van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 10 van Wet 44 van 1997 en artikel 2 van Wet 6 van 2006 6. Artikel 15 B van die Hoofwet word hierby gewysig deur na subartikel (5) die volgende subartikel in te voeg: (5A) Subartikel (5) is, met die nodige veranderings, van toepassing op enige persoon wat die alleeneienaar is van n eenheid en wat dit oorweeg om n sertifikaat van geregistreerde deeltitel te bekom vir enige breukdeel van sy of haar onverdeelde aandeel in sodanige eenheid.. Wysiging van artikel 24 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 14 van Wet 63 van 1991, artikel 17 van Wet 44 van 1997, artikel 5 van Wet 29 van 2003 en artikel 2 van Wet 7 van 2005 40 45 7. Artikel 24 van die Hoofwet word hierdeur gewysig (a) deur in subartikel (4) paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: (b) in die geval van n uitbreiding van die vloeroppervlakte van die betrokke deel, n hersiene bylae, ter vervanging van die bylae in 50 artikel [7(2)(b)] 5(3)(g) bedoel, wat die deelnemingskwotas van al die dele soos aangepas nadat die vergrote vloeroppervlakte van die betrokke deel in aanmerking geneem is, aantoon. ;

JOBNAME: No Job Name PAGE: 5 SESS: 4 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 5 (b) (c) deur in subartikel (6) paragraaf (d) deur die volgende paragraaf te vervang: (d) enige deelverband waaraan die deel onderworpe mag wees, tesame met (i) n sertifikaat deur n [transportbesorger] landmeter of argitek wat konstateer dat daar nie n afwyking van meer as 10 persent in die deelnemingskwota van [enige] die betrokke deel as gevolg van die uitbreiding is nie[,]; of (ii) as daar n afwyking van meer as 10 persent is, n sertifikaat van die transportbesorger wat konstateer dat die verbandhouer van elke deel in die skema toegestem het tot die registrasie van die deelplan van uitbreiding van [ n] daardie deel; en ; en deur die volgende subartikel na subartikel 6 in te voeg: (6A) Die aansoeker moet, indien daar n afwyking van meer as 10 persent as gevolg van die uitbreiding is, n kennisgewing per geregistreerde pos aan elke verbandhouer stuur of indien n verbandhouer n finansiële instelling is, aan die hoofkwartier van die instelling, waarin besonderhede van (a) die verband; (b) die verbandgewer en die verwysingsnommer van die verbandlening (indien enige); (c) die voorgestelde uitbreiding in verhouding tot die grootte en ligging (d) daarvan; en die uitwerking op die waarborg van sodanige verbandhouer wat betref die vermindering van die deelnemingskwota wat aan die verband beswaarde eenheid toegedeel is: Met dien verstande dat indien n reaksie op die kennisgewing nie binne 30 dae na die datum waarop die kennisgewing per geregistreerde pos gestuur is ontvang is nie, daar geag sal word dat die verbandhouer geen beswaar teen die voorgestelde uitbreiding het nie en dat die verbandhouer daartoe instem.. 5 10 15 20 25 30 Wysiging van artikel 25 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 15 van Wet 63 van 1991, artikel 6 van Wet 7 van 1997, artikel 18 van Wet 44 van 1997, artikel 6 van Wet 29 van 2003 en artikel 3 van Wet 7 van 2005 8. Artikel 25 van die Hoofwet word hierby gewysig (a) deur die opskrif deur die volgende opskrif te vervang: Uitbreiding van skemas deur byvoeging van dele en uitsluitlike gebruiksgebiede of deur slegs byvoeging van uitsluitlike gebruiksgebiede 35 (b) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: (1) n Ontwikkelaar kan, behoudens die bepalings van artikel 4(2), in sy of haar aansoek om die registrasie van n deelplan, in n voorwaarde opgelê ingevolge artikel 11(2) die reg voorbehou om van tyd tot tyd, maar binne n tydperk in die voorwaarde [genoem] vasgestel of die verlengde tydperk waarop die regspersoon en verbandhouers deur n eenparige besluit ooreengekom het, van tyd tot tyd voor die verstryking van die genoemde tydperk, by wyse van n bilaterale notariële akte, vir sy of haar persoonlike rekening 40 45 (a) n [verdere] gebou of geboue; (b) n horisontale uitbreiding van n bestaande gebou; (c) n vertikale uitbreiding van n bestaande gebou, 50 op n bepaalde gedeelte van die gemeenskaplike eiendom van n skema op te rig, [en] te voltooi of in te sluit, en om sodanige gebou of geboue in n deel of dele en gemeenskaplike eiendom te verdeel en om die reg tot uitsluitlike gebruik oor gedeeltes van daardie gemeenskaplike eiendom aan die eienaar of eienaars van een of meer dele te verleen of om 55 uitsluitlike gebruiksgebiede op of in bepaalde gedeeltes van die grond en geboue ingevolge artikel 5(3)(f) te skets en om die reg tot uitsluitlike gebruik oor daardie gebiede aan die eienaar of eienaars van een of meer dele te verleen. ;

JOBNAME: No Job Name PAGE: 6 SESS: 4 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 6 (c) (d) (e) (f) (g) (h) (i) (j) (k) (l) (d) deur in subartikel (2)(a) die woorde wat subparagraaf (i) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: n plan volgens skaal van die gebou of geboue [wat opgerig staan te word] en waarop ; deur in subartikel (2) paragrawe (b) en (d) deur onderskeidelik die volgende paragrawe te vervang: (b) n plan volgens skaal wat die wyse van die verdeling van die gebou of geboue [wat opgerig staan te word] in n deel of dele en [enige] uitsluitlike gebruiksgebiede of die wyse waarop die gemeenskaplike eiendom onderhewig aan die regte van uitsluitlike gebruiksareas gemaak moet word, aantoon; besonderhede van enige wesenlike verskil tussen die materiale wat gebruik gaan word in die konstruksie van die gebou of geboue [wat opgerig staan te word] en die wat gebruik is in die konstruksie van die bestaande gebou of geboue; ; deur in subartikel (2) paragraaf (e) te skrap; deur in subartikel (4) paragraaf (a) deur die volgende paragraaf te vervang: (a) word vir alle doeleindes geag n reg op [stedelike] vaste eiendom te wees wat met n verband beswaar kan word; en ; deur na subartikel (4) die volgende subartikel in te voeg: (4A) Die registrateur kan nie n sessie van saaklike reg van uitbreiding of n gedeelte of onverdeelde aandeel daarin registreer nie, tensy n sertifikaat van die transportbesorger aan die registrateur voorgelê word wat bevestig dat met die datum van registrasie (a) indien n regspersoon geag word ingevolge artikel 36(1) ingestel te wees, die regspersoon gesertifiseer het dat alle geld aan die regspersoon verskuldig deur die sedent met betrekking tot die genoemde saaklike reg betaal is, of dat voorsiening vir die betaling daarvan ter bevrediging van die regspersoon gemaak is; of (b) indien n regspersoon nie geag word ingestel te wees nie, dat geen gelde betaalbaar is nie. ; deur subartikel 5 deur die volgende subartikel te vervang: (5) n Reg voorbehou ingevolge subartikel (1) kan deur die ontwikkelaar of sy of haar opvolger in titel daarvan uitgeoefen word, al het die ontwikkelaar, of sy of haar opvolger in titel, na gelang van die geval, geen ander belang in die gemeenskaplike eiendom nie, deur die byvoeging van regte tot uitsluitlike gebruik: Met dien verstande dat die regte tot uitsluitlike gebruik binne 12 maande nadat dit geskep is, oorgedra moet word aan die regspersoon van die skema of aan een of meer geregistreerde eienaars van n deel of dele in die skema. ; deur subartikel 9 deur die volgende subartikel te vervang: (9) n Ontwikkelaar of sy of haar opvolger in titel tot n reg voorbehou ingevolge subartikel (1), of die regspersoon ingevolge subartikel (6), na gelang van die geval, kan na goedkeuring van n deelplan van uitbreiding deur die Landmeter-generaal ingevolge hierdie artikel, by die registrateur aansoek doen om die registrasie van sodanige plan van uitbreiding en die insluiting van die addisionele [deel of] dele en uitsluitlike gebruiksgebiede of die insluiting van slegs uitsluitlike gebruiksgebiede, in die betrokke deeltitelregister. ; deur in subartikel (10) paragraaf (d) deur die volgende paragraaf te vervang: (d) sertifikate van geregistreerde deeltitel in die voorgeskrewe vorm ten gunste van die ontwikkelaar, sy of haar opvolger in titel of die regspersoon, na gelang van die geval, ten opsigte van elke deel en n sertifikaat van saaklike reg ten opsigte van die regte van uitsluitlike gebruik wat op die plan van uitbreiding aangetoon word; ; deur subartikel (10), paragraaf (da)(ii) deur die volgende paragraaf te vervang: (da) (ii) die sertifikaat van saaklike reg ten opsigte van n reg van uitsluitlike gebruik soos beoog in subartikel (10)(c) en artikel 27(1); en ; deur in subartikel (11) paragrawe (b), (c) en (d) onderskeidelik deur die volgende paragrawe te vervang: 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60

JOBNAME: No Job Name PAGE: 7 SESS: 4 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 7 (b) die deeltitelregister uitbrei om die dele en uitsluitlike gebruiksgebiede, na gelang van die geval, aangedui op die deelplan van uitbreiding in te sluit; (c) gelyktydig met die registrasie van die deelplan van uitbreiding n sertifikaat van geregistreerde deeltitel ten opsigte van elke deel aangedui op die deelplan van uitbreiding en sy onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom, en n sertifikaat van saaklike reg ten opsigte van regte van uitsluitlike gebruik aan die ontwikkelaar, sy of haar opvolger in titel of die regspersoon, na gelang van die geval, uitreik, behoudens enige verband geregistreer teen die titelakte van die reg van uitbreiding, die betrokke plaaslike bestuur voorsien van n kopie van sodanige plan van uitbreiding en die Landmeter-generaal in kennis stel van die registrasie van sodanige plan van uitbreiding, en daarop wysig die Landmeter-generaal die oorspronklike deelplan en die registrasiekantoorkopie van die deelplan om sodanige uitbreiding aan te toon; en (d) sodanige inskrywings in sy of haar rekords maak en aantekeninge aanbring op die in paragraaf (c) bedoelde sertifikate van geregistreerde deeltitel en sertifikate van saaklike reg ten opsigte van regte van uitsluitlike gebruik, n in subartikel (10)(c) bedoelde sertifikaat van saaklike reg, en enige deelverband geregistreer teen n sertifikaat van saaklike reg, as wat nodig is om gevolg te gee aan hierdie artikel. ; en (m) deur subartikel (13) deur die volgende subartikel te vervang: (13) n Ontwikkelaar of sy of haar opvolger in titel wat n in subartikel (1) bedoelde voorbehoue reg uitoefen of n regspersoon wat die in subartikel (6) bedoelde reg uitoefen, is verplig om die gebou of geboue streng ooreenkomstig die dokumente waarna in subartikel (2) verwys word, op te rig en te verdeel en om gebiede van die gemeenskaplike eiendom behoudens regte van uitsluitlike gebruik te skets, met inagneming van veranderde omstandighede wat streng voldoening onprakties maak, en n eienaar van n deel in die skema wat benadeel word deur sy of haar versuim om daaraan te voldoen, kan n aansoek daaroor aan die Hof rig, waarop die Hof behoorlike voldoening aan die voorbehoud, of sodanige ander regshulp, insluitende skadevergoeding, wat die Hof gepas ag, kan gelas.. 5 10 15 20 25 30 35 Wysiging van artikel 27 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 17 van Wet 63 van 1991, artikel 20 van Wet 44 van 1997, artikel 8 van Wet 29 van 2003 en artikel 4 van Wet 7 van 2005 9. Artikel 27 van die Hoofwet word hierby gewysig 40 (a) deur in subartikel (1), paragraaf (a) deur die volgende paragraaf te vervang: (a) Indien n gedeelte of gedeeltes van gemeenskaplike eiendom ingevolge artikel 5(3)(f) vir n spesifieke doel op n deelplan geskets is, moet die ontwikkelaar, [vir n spesifieke doel] wanneer hy of sy aansoek doen om die opening van n deeltitelregister en om die 45 registrasie van n deelplan, ingevolge artikel 11(2) n voorwaarde oplê in die in artikel 11(3)(b) bedoelde bylae, waarby die reg tot die uitsluitlike gebruik van sodanige gedeelte of gedeeltes van die gemeenskaplike eiendom wat vir dié doel op die deelplan geskets is, aan n eienaar of eienaars van een of meer van die dele verleen 50 word. ; (b) deur in subartikel (4), paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: (b) Indien n eienaar ophou om lid te wees van die regspersoon soos beoog in artikel 36(2), vestig enige reg tot n uitsluitlike gebruiksgebied steeds geregistreer in sy of haar naam, vry van enige 55 verband of geregistreerde saaklike reg in die regspersoon. ; (c) deur subartikel (5) deur die volgende subartikel te vervang: (5) n Reg tot die uitsluitlike gebruik van n gedeelte van die gemeenskaplike eiendom wat geskets is op die deelplan en geregistreer is ten gunste van die eienaar van n deel, kan met die skriftelike 60 toestemming van die verbandhouer van die [betrokke deel] uitsluitlike

JOBNAME: No Job Name PAGE: 8 SESS: 4 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 8 (d) gebruiksgebied en houer van n geregistreerde saaklike reg gekanselleer word deur die registrasie deur die registrateur van n notariële akte van kansellasie aangegaan tussen die [eienaar van die deel wat op] houer van sodanige reg [geregtig is] en die regspersoon, behoorlik gemagtig deur n spesiale besluit van sy lede, namens al die eienaars van dele in die skema. ; en deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang: (6) n Reg tot die uitsluitlike gebruik van n gedeelte van gemeenskaplike eiendom wat geregistreer is ten gunste van n eienaar van n deel, word vir alle doeleindes geag n reg op [stedelike] vaste eiendom te wees waaroor n verband, huurkontrak of persoonlike serwituut van vruggebruik, usus of habitatio geregistreer mag word.. 5 10 Wysiging van artikel 29 van Wet 95 van 1986 10. Artikel 29 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (3) deur die volgende subartikel te vervang: (3) Indien die grond wat deur n serwituut of beperkende ooreenkoms belas staan te word, verhipotekeer is, moet die skriftelike toestemming van elke verbandhouer, wat op die datum van die verlyding van die notariële akte reeds bestaan, tot die registrasie van die serwituut of beperkende ooreenkoms [aan die registrateur voorgelê] vóór sodanige registrasie deur die notaris bekom word, en in sy of haar protokol geliasseer word.. 15 20 Wysiging van artikel 37 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 9 van Wet 29 van 2003 11. Artikel 37 van die Hoofwet word hierby gewysig (a) deur in subartikel (1) na paragraaf (b) die volgende paragraaf in te voeg: (ba) om van n ontwikkelaar wat n reg kragtens artikel 25 het om n skema uit te brei, die reg het om die skema uit te brei, te vereis om sodanige redelike bykomende bydrae tot die fonds te maak wat nodig is om die koste te dek van tariewe en belastings, versekering en onderhoud van die deel of dele van die gemeenskaplike eiendom wat deur die reservering geraak word, met inbegrip van n bydrae vir die voorsiening van elektrisiteit en water en ander uitgawes en koste ten opsigte van en toeskryfbaar aan die betrokke deel of dele; ; 25 30 (b) deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang: (2) [Bydraes] Aanspreeklikheid vir bydraes wat ingevolge n bepaling van subartikel (1) gehef word, [is verskuldig en betaalbaar] afgesien van spesiale bydraes in subartikel (2A) beoog, ontstaan wanneer n besluit te dien effekte deur die trustees van die regspersoon geneem word, en kan deur die regspersoon by geding in n bevoegde hof (met inbegrip van n landdroshof) verhaal word van die persone wat eienaars van eenhede, houers van uitsluitlike gebruiksareas en houers van saaklike regte van uitbreiding was op die tydstip toe sodanige besluit geneem is: Met dien verstande dat wanneer die eienaarskap van n eenheid, uitsluitlike gebruiksgebiede en saaklike regte van uitbreiding verander, die regsopvolger aanspreeklik word vir die pro rata betaling van sodanige bydraes vanaf die datum van die verandering in daardie eienaarskap. ; en 35 40 45 (c) deur na subartikel (2) die volgende subartikels in te voeg: (2A) Enige spesiale bydrae word betaalbaar wanneer n besluit in dié opsig deur die trustees van die regspersoon geneem word wat n bydrae hef en kan deur die regspersoon by geding in n bevoegde hof (met inbegrip van n landdroshof) wat regsbevoegdheid het, verhaal word op die persone wat eienaars van die eenhede was toe die besluit geneem is. (2B) By die toepassing van hierdie artikel, beteken spesiale bydrae enige bydrae gehef ingevolge subartikel (1) behalwe bydraes wat ontstaan uit die goedkeuring van die skatting van inkomste en uitgawes by n algemene jaarvergadering van n regspersoon, wat bepaal is n 50 55

JOBNAME: No Job Name PAGE: 9 SESS: 4 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 bydrae te wees wat gedurende die daaropvolgende boekjaar van die eienaars gehef te word.. Wysiging van artikel 44 van Wet 95 van 1986 9 12. Artikel 44 van die Hoofwet word hierby gewysig deur in subartikel (1) paragraaf (g) deur die volgende paragraaf te vervang: (g) wanneer die doel waarvoor n deel of uitsluitlike gebruiksgebied bedoel is om gebruik te word uitdruklik of by implikasie op of deur n geregistreerde deelplan aangetoon word, sodanige deel of uitsluitlike gebruiksgebied nie vir n ander doel gebruik of toelaat dat dit vir n ander doel gebruik word nie: Met dien verstande dat so n deel of uitsluitlike gebruiksgebied met die skriftelike toestemming van al die eienaars vir n ander doel gebruik kan word.. 5 10 Wysiging van artikel 54 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 22 van Wet 63 van 1991, artikel 11 van wet 7 van 1992 en artikel 6 van Wet 44 van 1997 13. Artikel 54 van die Hoofwet word hierby gewysig deur in subartikel (2)(c) subparagraaf (i) deur die volgende subparagraaf te vervang: (i) n transportbesorger genomineer deur die Uitvoerende Raad van die [Vereniging van Prokureursordes van die Republiek] Prokureursorde van Suid-Afrika] Law Society of South Africa;. Wysiging van artikel 60 van Wet 95 van 1986, soos gewysig deur artikel 25 van Wet 63 van 1991, artikel 4 van Wet 15 van 1993 en artikel 28 van Wet 44 van 1997 14. Artikel 60 van die Hoofwet word hierby gewysig (a) deur in subartikel (1) paragrawe (a) en (b) te skrap; (b) deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang: (6) Reëls waarop voor die inwerkingtredingsdatum by eenparige besluit kragtens die Wet op Deeltitels, 1971, besluit is ter vervanging van reëls in Bylae 1 by daardie Wet, en wat op bedoelde datum nog nie by die registrateur soos beoog in artikel 27(3) van daardie Wet ingedien is nie, [kan binne n tydperk van ses maande na daardie datum ingevolge genoemde artikel ingedien word asof daardie Wet nie deur artikel 59 van hierdie Wet herroep is nie, en] verval [indien nie aldus gedurende genoemde tydperk ingedien nie] en word in so n geval geag vervang te wees, behoudens aanvulling, wysiging of herroeping soos beoog in artikel 35(2)(a) van hierdie Wet, deur voorgeskrewe bestuursreëls beoog in laasgenoemde artikel. ; en (c) deur subartikel (6A) te skrap. 15 20 25 30 35 Wysiging van artikel 60A van Wet 95 van 1986, soos ingevoeg deur Proklamasie no. R.9 van 1997 15. Artikel 60A van die Hoofwet word hierby gewysig (a) deur van subartikel (1) paragrawe (a) en (b) te skrap; en (b) deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang: (6) Reëls waarop voor die inwerkingtredingsdatum by eenparige besluit kragtens n wet vermeld in Bylae 2 tot die Proklamasie besluit is ter vervanging van reëls vervat in n bylae tot sodanige wet, en wat op bedoelde datum nog nie by die registrateur ingevolge die bepaling van sodanige wet ingedien is nie, [kan binne n tydperk van twaalf maande na daardie datum ingevolge sodanige wet ingedien word asof daardie wet nie deur die Proklamasie herroep is nie, en] verval [indien nie aldus gedurende genoemde tydperk ingedien nie] en word in so n geval geag vervang te wees, behoudens aanvulling, wysiging of herroeping soos beoog in artikel 35(2)(a) van hierdie Wet deur voorgeskrewe bestuursreëls beoog in laasgenoemde artikel.. 40 45 50 Kort titel 16. Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Deeltitels, 2010.

JOBNAME: No Job Name PAGE: 10 SESS: 4 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 MEMORANDUM OOR DIE OOGMERKE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP DEELTITELS 1. OOGMERKE VAN DIE WETSONTWERP Die Wysigingswetsontwerp op Deeltitels, 2009 (hieronder die Wetsontwerp genoem), stel sekere wysigings aan die Wet op Deeltitels, 1986 (Wet no. 95 van 1986) (hieronder die Wet genoem) voor, om onder andere (a) sekere omskrywings te wysig; (b) die grense tussen sekere dele en gemeenskaplike eiendom te herdefinieer; (c) die vervanging van verbande wat geregistreer is vir verskillende dele van grond wat op die deelplan geskets word te reël; (d) voorsiening te maak vir die uitreiking van sertifikate van saaklike regte tot uitbreiding en sertifikate van saaklike regte tot uitsluitlike gebruiksgebiede met die opening van die deeltitelregister; (e) voorsiening te maak vir die uitreiking van n geregistreerde deeltitelsertifikaat ten opsigte van n breukdeel van n onverdeelde aandeel in n deel; (f) voorsiening te maak vir die vestiging van regte op uitsluitlike gebruiksgebiede waar n eienaar se lidmaatskap tot n regspersoon beëindig word; (g) voorsiening te maak vir die kansellasie van regte tot uitsluitlike gebruiksgebiede. 2. ONTLEDING PER KLOUSULE 2.1.1 Die omskrywing van eienaar verwys steeds na die Wet op Landboukrediet, 1966 (Wet no. 28 van 1966), alhoewel die genoemde Wet deur die Wet op Bestuur van Landbouskuld, 2001 (Wet no. 45 van 2001) herroep is. Klousule 1(a) van die Wetsontwerp stel die weglating van so n verwysing voor, ten einde die korrekte regsposisie te weerspieël. 2.1.2 Met die oog op die lede van die Kabinet wat onlangs aangestel is, word die Minister se titel verander ter wille van regsekerheid met betrekking tot die administrasie van die Wet. Klousule 1(b) vervang dus die omskrywing van die Minister. 2.1.3 Die woordomskrywing van ontwikkelaar maak voorsiening, vir die oogmerke van artikels 10 en 15B(3)(c), vir die insluiting van n agent of sy of haar regsopvolger, of enige ander persoon wat namens enige van die bogenoemde persone optree, om namens n ontwikkelaar op te tree. Die omskrywing sluit egter nie die ontwikkelaar se agent of sy of haar regsopvolger in met betrekking tot die goedkeuring van ontwikkelingskemas, soos beoog in artikel 4 van die Wet nie. Klousule 1(c) van die Wetsontwerp maak voorsiening vir die nodige insluiting. 2.1.4 Artikel 1(3A) van die Wet maak voorsiening vir n regsliggaam om die Hof te nader om bystand in gevalle waar dit nie eenparig n ooreenkoms kan sluit nie. Subartikel (3A) is egter onderhewig aan die bepalings van subartikel (3)(c) wat bepaal dat indien n besluit n nadelige uitwerking op die eiedomsregte of -magte van enige lid as eienaar het, so n besluit nie as deurgevoer beskou sal word nie, tensy so? lid skriftelik daartoe instem. Omdat subartikel (3A) onderhewig aan subartikel (3)(c) is, bestaan die geleentheid vir n onredelike eienaar om die administrasie van n regspersoon in die gedrang bring. Die huidige bewoording skep n onhoudbare situasie waarin n Hof se diskresie oor die vraag of die eiendomsregte of magte van enige lid as n eienaar beïnvloed is, uitgesluit word. Klousule 1(d) van die Wetsontwerp beoog om hierdie situasie reg te stel. KLOUSULE 2 10 2.2 Die woorde middellyn van die skeidsvloer, -muur of -plafon, in artikel 5(4) van die Wet, bepaal die grens van enige deel in n deeltitelskema. Hierdie frase stel voor dat, in die afwesigheid van n teenstellende aanduiding op die deelplan, die geregtelike aard van enige venster, deur of struktuur, wat n opening in die skeidsmuur, -vloer of -plafon van n deel vul, deur die verwysing na daar die muur, vloer of plafon bepaal word. Dit sou diegene wat deeltitelskemas bestuur baat indien die Wet gewysig word om te bepaal dat die middellyn van n deel altyd deur die middel van buitevensters, deure en ander strukture wat in die deel se buitemure, vloere en plafonne ingebou is, sal loop. Die wysiging van artikel 5(5)(a), soos in klousule 2 van die Wetsontwerp voorgestel, beoog om voorsiening te maak vir die insluiting van enige venster, deur of ander struktuur wat

JOBNAME: No Job Name PAGE: 11 SESS: 4 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 n deel van n ander deel of gemeenskaplike eiendom skei om deel te vorm van so n vloer, muur of plafon. KLOUSULE 3 2.3.1 Artikel 4(2) van die Wet maak voorsiening vir die oopmaak van n deeltitelregister vir meer as een gedeelte grond, sonder dat sodanige gedeeltes grond eers gekonsolideer moet word. Indien enige sodanige gedeeltes grond met n geregistreerde verband beswaar is, moet artikel 40(5) van die Registrasie van Aktes Wet, 1937 (Wet no. 47 van 1937), wat handel oor die vervanging van gedeeltes grond wat beswaar is en die uitreiking van sertifikate waar die verbande gekanselleer word, nagekom word. Die toepassing van artikel 40(5)(a) veroorsaak egter ernstige verwarring, veral met betrekking tot die formaat en inhoud van die aansoek. Die wysiging van artikel 11(3)(d) van die Wet soos deur klousule (a) van die Wetsontwerp voorgestel, wil hierdie verwarring uitskakel. 2.3.2 Artikel 11 van die Wet maak nie voorsiening vir die indiening van sertifikate van saaklike regte van uitbreiding en sertifikate van saaklike regte van uitsluitlike gebruiksareas, soos beoog in artikel 25(1) en 27(1) van die Wet nie. Artikel 12 van die Wet maak egter voorsiening vir die uitreiking van die genoemde sertifikate deur die registrateur van aktes. Die wysigings voorgestel in klousule 3(b) van die Wetsontwerp beoog om die verwarring uit te skakel. KLOUSULE 4 2.4 Artikels 12(1)(e) maak voorsiening vir die uitreiking van die sertifikaat van saaklike reg van uitbreiding van n skema en n sertifikaat van saaklike reg tot uitsluitlike gebruiksareas ten opsigte van n voorwaarde wat n ontwikkelaar ingevolge artikels 25(1) en 27(1) van die Wet, onderskeidelik, oplê. Dit skep probleme in gevalle waar n saaklike reg op uitbreiding onderverdeel en op n plan geskets word. Die wysiging van artikel 12(1)(e) soos in klousule 4 van die Wetsontwerp voorgestel, voorsien in hierdie aangeleentheid. KLOUSULE 5 2.5 Artikel 14(8) van die Wet maak voorsiening daarvoor dat? deelplan slegs deur n hofbevel rojeer kan word. n Geregistreerde deelplan kan egter ook rojeer word wanneer die geboue vernietig of beskadig word en wanneer daar beskik word oor die vernietiging van geboue, soos beoog in artikels 48 en 49, sonder die nodigheid van n hofbevel. Klousule 5 van die Wetsontwerp beoog om dit duidelik te stel dat n hofbevel nie nodig is om n deelplan te rojeer nie indien die geboue beskadig is of vernietig word nie. KLOUSULE 6 2.6 Artikel 15B bevat bepalings met betrekking tot die registrasie van die oordrag van eienaarskap en ander regte in n akteskantoor. Dit maak egter nie voorsiening vir die uitreiking van n sertifikaat van geregistreerde deeltitel aan n alleeneienaar van n eenheid met betrekking tot n breukdeel van n onverdeelde aandeel in n deel in n deeltitel nie. Klousule 6 van die Wetsontwerp poog om die aangeleentheid reg te stel. KLOUSULE 7 11 2.7.1 Artikel 24(4)(b) bepaal dat die inhandiging van n konsepdeelplan vir uitbreiding van n deel, van n hersiene skedule vergesel moet wees, ter vervanging van die skedule waarna in artikel 7(2)(b) verwys word. Artikel 7(2)(b) verwys egter nie na enige skedule nie. Klousule 7(a) van die Wetsontwerp beoog om hierdie tekort reg te stel. 2.7.2 Artikel 24(6)(d) vereis die toestemming van elke verbandhouer in n skema indien die uitbreiding van enige deel n afwyking van meer as 10 persent in die deelnemingskwota van enige deel tot gevolg kan hê. Transportbesorgers is nie in n posisie om enige afwyking te bepaal nie, dit moet of deur n landmeter of deur n argitek bepaal word. Die wysiging van artikel 24(6)(d), soos in klousule 7(b) van die Wetsontwerp voorgestel, is daarop gemik om hierdie probleem op te los.

JOBNAME: No Job Name PAGE: 12 SESS: 4 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 KLOUSULE 8 2.8.1 Artikel 25 van die Wet maak voorsiening vir die uitbreiding van n skema deur die byvoeging van dele en uitsluitlike gebruiksgebiede. Daar word slegs voorsiening gemaak vir die uitbreiding van n skema deur die byvoeging van uitsluitlike gebruiksgebiede, indien die byvoeging van regte tot uitsluitlike gebruik toevallig is of gekoppel is aan die bykomend of gekoppel is aan die uitbreiding van die skema deur die skepping van nuwe dele in die skema. Artikel 25 maak nie voorsiening vir die uitbreiding van n skema deur slegs regte vir uitsluitlike gebruik by te voeg nie. Die wysiging van artikel 25, soos in Klousules 8(a), (b), (c), (f)-(m) van die Wetsontwerp voorgestel, beoog om die situasie in verband met die byvoeging van verdere regte reg te stel. 2.8.2 Die Wet maak nie voorsiening vir n meganisme om die tydperk te verleng waarin n uitbreidingsreg ingevolge artikel 25 uitgeoefen moet word nie. Die wysiging van artikel 25(1) deur klousule 8(b) sien om na hierdie situasie deur middel van sekere ooreenkomste wat eenparig tussen die regspersoon en verbandhouers gesluit moet word. 2.8.3 Artikel 25(1) bepaal dat n uitbreidingsreg slegs gereserveer kan word ten opsigte van n reg om nog n gebou of geboue op te rig en te voltooi en vir die vertikale uitbreiding van n bestaande gebou. Die Wet maak egter nie voorsiening vir die reservering van n uitbreidingsreg ten opsigte van n gebou of geboue wat reeds bestaan nie. Klousule 8(b) en (c) maak voorsiening vir so n reservering. 2.8.4 Artikel 25(4)(a) en artikel 27(6) van die Wet verwys na n reg op stedelike vaste eiendom. Die Wet op Onderlinge Bouverenigings, 1965 (Wet no. 24 van 1965), en die Wet op Bouverenigings, 1986 (Wet no. 82 van 1986), wat sedertdien herroep is, het lenings met verbande tot stedelike vaste eiendom beperk. Lenings vir die verkryging van vaste eiendom word deur die National Credit Act, 2005 (Act No. 34 of 2005) gereguleer. Aangesien laasgenoemde Wet in die algemeen met immovable property handel, is dit nodig, ook vir regsekerheid, om die bepalings van artikel 25(4)(a) en 27(6) met die bepalings van die National Credit Act, 2005, te versoen. Die voorgestelde wysigings in klousule 8(f) en 9(d) van die Wetsontwerp poog om hierdie doelwit te bereik. 2.8.5 n Sertifikaat deur n transportbesorger, uitgereik ingevolge artikel 15B(3)(a) van die Wet, is slegs van toepassing ten opsigte van gelde wat aan die regspersoon verskuldig is ten opsigte van n deel of onverdeelde aandeel daarin, wat getransporteer staan te word. Die artikel 15B(3)-sertifikaat maak egter nie voorsiening vir gelde verskuldig aan n regspersoon ten opsigte van n uitsluitlike gebruiksgebied en n saaklike reg van uitbreiding, soos beoog in artikel 25 nie. Dit is nadelig vir die regsliggaam aangesien dit meebring dat uitsluitlike gebruiksgebiede en uitbreidingsregte oorgedra kan word sonder dat dit nodig is om te verseker dat gelde verskuldig aan die regsliggaam deur die houers van sulke regte ten volle opbetaal is. Die invoeging van artikel 25(4A), soos deur klousule 8(g) van die Wetsontwerp voorgestel, stel hierdie tekortkoming reg. KLOUSULE 9 12 2.9.1 Artikel 27(1) van die Wet maak die registrasie van uitsluitlike gebruiksgebiede wat op n deelplan geskets is, opsioneel. Dit skep n onhoudbare situasie waarin dit moontlik is om n deelplan gedeeltelik te registreer. Die wysiging van artikel 27(1)(a), soos in klousule 9(a) van die Wetsontwerp voorgestel, maak voorsiening vir die verpligte registrasie van uitsluitlike gebruiksgebiede wat op n deelplan gekets is en maak dit onmoontlik vir deelplanne om gedeeltelik geregistreer te word. 2.9.2 Artikel 27(4)(b) maak voorsiening vir die vestiging van n uitsluitlike gebruiksgebied, vry van enige verband, in die regspersoon. Die Wet swyg egter oor die posisie van die houer van n geregistreerde huur of houer van n geregistreerde reg van vruggebruik, usus of habitatio. Die wysiging van artikel 27(4)(b), soos in klousule 9(b) van die Wetsontwerp voorgestel, maak voorsiening dat n uitsluitlike gebruiksgebied, wat vry van enige verband, geregistreerde huur of n geregistreerde reg van vruggebruik, usus of habitatio is, in die regspersoon gevestig kan word indien die eienaar ophou om lid van n regspersoon te wees. 2.9.3 Geen voorsiening word in die Wet gemaak vir die houer van n geregistreerde gemeenregtelike persoonlike serwituut of die houer van n huur om toe te stem tot die kansellasie van? uitsluitlike gebruiksgebied nie. Die wysiging van artikel 27(5), soos in klousule 9(c) van die Wetsontwerp voorgestel, stel hierdie tekortkoming reg.

JOBNAME: No Job Name PAGE: 13 SESS: 4 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 KLOUSULE 10 2.10 Artikel 29(3) van die Wet maak voorsiening vir die toestemming van elke verbandhouer vir die registrasie van n serwituut of beperkende ooreenkoms oor grond in n deeltitelskema. Nuwe verbande oor dele en uitsluitlike gebruiksgebiede word daagliks geregistreer en dit is prakties onmoontlik om die toestemming van elke sodanige verbandhouer te verkry. Klousule 11 van die Wetsontwerp stel n wysiging voor aan artikel 29(3) om voorsiening te maak dat die verbandhouers se toestemming, wat reeds op die datum van uitvoering van sodanige serwituut of ooreenkoms moet bestaan, verkry word en in die protokol van die notaris geliasseer word. Dit sal die probleem uitskakel en ook die werk van transportbesorgers en die registrateur van aktes in dié verband vergemaklik en bespoedig. KLOUSULE 11 2.11.1 Artikel 37, tot nadeel van die regsliggaam, verplig nie n ontwikkelaar om toeskryfbare onkostes te betaal ten opsigte van gedeeltes van die gemeenskaplike eiendom wat onderhewig is aan toekomstige ontwikkelingsregte waarvoor artikel 25 van die Wet voorsiening maak nie. Die wysiging van artikel 37(1)(b), soos in klousule 11(a) van die Wetsontwerp voorgestel, hanteer hierdie probleem. 2.11.2 Artikel 37 van die Wetsontwerp maak voorsiening vir die heffing van bydraes. Ingevolge artikel 37(2) is bydraes wat so gehef word verskuldig en betaalbaar vanaf die aanvaarding van n besluit deur die trustees van die regspersoon en die persone wat eienaars van eenhede was ten tye van die aanname van die besluit, is aanspreeklik vir die betaling daarvan. Die Wet reël egter nie betaling van bydraes waar eienaarskap verander het nie. Die byvoeging van die stipulasie tot hierdie subartikel, soos in klousule 11(b) van die Wetsontwerp voorgestel, poog om duidelikheid te gee oor die betaling van bydraes in gevalle waar eienaarskap van eenhede verander het. Betaling van bydraes word ook uitgebrei tot houers van regte op uitsluitlike gebruiksgebiede en saaklike uitbreidingsregte. 2.11.3 Artikel 37 van die Wet maak nie voorsiening vir die heffing van spesiale bydraes nie. Oor die jare het die heffing van spesiale bydraes deur trustees van regspersone egter n algemene, gevestigde verskynsel geword. Die voorgestelde wysiging in klousule 12(c) van die Wetsontwerp bevestig en wettig slegs n situasie wat vir n aansienlike aantal jare reeds bestaan. KLOUSULE 12 2.12 Artikel 44(1)(g) van die Wet maak voorsiening vir die gebruik van n deel soos aangetoon op n geregistreerde deelplan. Die artikel hanteer egter nie die gebruik van n uitsluitlike gebruiksgebied nie. Hierdie toedrag van sake het tot gevolg dat uitsluitlike gebruiksareas vir doeleindes gebruik word waarvoor dit nie bedoel is nie, byvoorbeeld motorhuise wat as wonings gebruik word. Klousule 12 van die Wetsontwerp poog om die doeleindes van uitsluitlike gebruiksgebiede, soos aangedui op n geregistreerde deelplan, te reël. KLOUSULE 13 2.13 Klousule 13 van die Wetsontwerp stel voor dat artikel 54(2)(c)(i) van die Wet gewysig word ten einde voorsiening te maak vir die naamsverandering van die Vereniging van Prokureursordes van die Republiek van Suid-Afrika na The Law Society of South Africa. KLOUSULE 14 13 2.14 Artikel 60 bevat steeds bepalings ten opsigte van besparings- en oorgangsbepaling wat reeds verval het. Die wysiging van artikel 60, soos in klousule 14 van die Wetsontwerp voorgestel, beoog om hierdie bepalings uit te laat. 2.15 Die wysiging van artikel 60A van die Wet, soos in klousule 15 van die Wetsontwerp voorgestel, is n wysiging na aanleiding van die wysiging van artikel 60, soos na verwys in paragraaf 2.14 hierbo. 2.16 Klousule 17 van die Wetsontwerp bevat die kort titel.

JOBNAME: No Job Name PAGE: 14 SESS: 5 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 3. DEPARTEMENTE/LIGGAME/PERSONE GERAADPLEEG 14 The Law Society of South Africa Die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie Die Suid-Afrikaanse Raad vir Professionele Landmeters en Tegniese Opmeters The Banking Association South Africa Die Instituut van Eiendomsagente van Suid-Afrika Nasionale Assosiasie van Bestuursagente 4. FINANSIËLE IMPLIKASIES Geen. 5. GRONDWETLIKE IMPLIKASIES Daar is geen grondwetlike implikasies nie. 6. KOMMUNIKASIE-IMPLIKASIES Onderneem te word deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. 7. PARLEMENTêRE PROSEDURE 7.1 Die Staatsregsadviseurs en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is van mening dat hierdie Wetsontwerp ooreenkomstig die prosedure ingestel by artikel 75 van die Grondwet gehanteer moet word, aangesien dit geen bepaling bevat waarop die prosedure in artikel 74 of 76 van die Grondwet uiteengesit, betrekking het nie. 7.2 Die Staatsregsadviseurs is van mening dat dit nie nodig is om hierdie Wetsontwerp ingevolge artikel 18(1)(a) van die Traditional Leadership and Governance Framework Act, 2003 (Act No. 41 of 2003), na die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers te verwys nie, aangesien dit nie bepalings bevat met betrekking tot gewoontereg of gebruike van tradisionele gemeenskappe nie.

JOBNAME: No Job Name PAGE: 15 SESS: 3 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010

JOBNAME: No Job Name PAGE: 16 SESS: 6 OUTPUT: Wed Jul 28 15:16:37 2010 Printed by Creda Communications ISBN 978-1-77037-???-?