IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Vergelijkbare documenten
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

ANNA HENDRINA MYBURGH

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent.

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie.

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

ELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA)

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA UITSPRAAK PIETER BERNARDUS VAN ROOYEN NO RORICH WOLMARANS & LÜDERITZ ING

DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING. Land & Landbou Ontwikkelingsbank van S.A. In die saak tussen: h/a Die landbank

VAN COPPENHAGEN R. 1. Respondent het as prokureur gepraktiseer tot 5 Augustus 1999 op welke

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

TERME EN VOORWAARDES

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

SPESIALE INTERIM HS 21 & 22 HSAG NUUSBRIEF: NOVEMBER 2018

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

FPSA FISA RAADSEKSAMEN

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Pragtige Koningin Ester

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

1.Die applikant is gedurende 1989 deur Bokomo Koöp as verteenwoordiger aangestel.

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

FAKTORE EN VEELVOUDE

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Die historiese Jesus. Vertrekpunt

BARTMANN (JNR) SPRINGBOK PATROLS (EDMS) BPK ALERT SPRINGBOK PATROLS BK ABRAHAM ALBERTUS CILLIERS. -en- VAN HEERDEN, VIVIER et MARAIS ARR.

AANSOEK OM STUDIELENING

WAT BEHELS ONDERHOUD?... 1 WANNEER MOET EK ONDERHOUD EIS?... 1 HOE GAAN EK TE WERK OM ONDERHOUD TE EIS?... 1 VERLOOP VAN DIE PROSES:...

Saak nr 26/86 /MC. - en -

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

ARBEIDSREG ABR214. T:

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (TRANSV AALSE PROVINSIALE AFDELlNG) NIE RAPPORTEERBAAR Saaknommer: A2563/02

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

REKENINGKUNDE: BEGELEI JY OF ONDERRIG JY NET?

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Transcriptie:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) ONRAPORTEERBAAR Saaknommer: 17108/03 Datum aangehoor: 28 30 Maart 2007 Datum van uitspraak: 08/08/2007 In die saak tussen: A. J. Van Eeden APPLIKANT en Die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies Die Getrouheidsfonds vir Prokureurs EERSTE RESPONDENT TWEEDE RESPONDENT UITSPRAAK DU PLESSIS R: [1] Die applikant is in 1986 as 'n prokureur van hierdie hof toegelaat. Sedert 1989 het hy saam met wyle sy vader in vennootskap gepraktiseer onder die naam Van Eedens, Die eerste respondent, toe nog bekend as die Prokureursorde van Transvaal ("die Orde"), het klagtes van kliënte van die firma ontvang tot die effek dat daar probleme met die firma se trustrekening is. Nadat

2 sekere ondersoeke, waarna ek later meer volledig sal verwys, gedoen is, het die Orde op 22 September 1995 dringend by hierdie hot aansoek gedoen vir n bevel dat die applikant en sy vader uit hulle praktyk geskors word. n Voorlopige bevel met tussentydse werking is uitgereik en die twee is geskors. [2] Nadat die keerdag van die voorlopige skorsingsbevel n paar keer verleng is, het die Orde op 4 Maart 1996 aansoek gedoen dat die voorlopige bevel opgehef word en dat die applikant en sy vader van die rol van prokureurs geskrap word. Die hot, per McCreath R met wie Heher R saamgestem het, het op die gemelde datum so n bevel toegestaan en die twee is van die rol geskrap. [3] Die applikant doen nou aansoek om sy hertoelating as prokureur. Artikel 15(3) van die Wet op Prokureurs, 53 van 1979 ("die Wet") bepaal: " n Hot kan, op aansoek ooreenkomstig hierdie Wet gedoen, iemand wat voorheen as prokureur toegelaat en ingeskryf was en van die rol verwyder of geskrap is, as prokureur hertoelaat en herinskryf, indien (a) hy, na goedvinde van die hot, 'n geskikte en gepaste persoon is om aldus hertoegelaat en heringeskryf te word; en (b) die hot oortuig is dat hy voldoen aan die bepalings van subartikel (1) (b) (ii)."

3 Dit is nie in geskil dat die applikant aan die vereiste van artikel 15(3)(b) voldoen nie. Die Orde bestry egter die applikant se aansoek op die grond dat hy nie 'n geskikte en gepaste persoon is om hertoegelaat te word nie. [4] Toe hierdie hof die applikant as prokureur geskrap het, was die applikant na goedvinde van die hof, nie 'n geskikte en gepaste persoon... om voort te gaan om as prokureur te praktiseer nie" (Vgl. artikel 22(1)(d) van die Wet). Gewoonlik word dit van 'n applikant om hertoelating verwag om op 'n oorwig van waarskynlikhede aan te toon dat daardie karakterdefekte wat tot sy skrapping gelei het, nie meer bestaan nie. Anders gestel, so 'n applikant moet gewoonlik aantoon dat hy sodanig hervorm het dat hy weer geskik en gepas is om as prokureur toegelaat te word (Ex Parte Aarons (Law Society, Transvaal intervening) 1985 (3) SA 286 (T)). Dit volg dat die uitspraak van die hof wat 'n applikant om hertoelating geskrap het, van wesenlike belang is by oorweging van die vraag of hy hertoegelaat moet word. Ek behandel dus nou kortliks McCreath R se uitspraak in die aansoek om skrapping. Die redes vir die skrapping [5] Een van die gronde waarop die Orde aangevoer het dat die applikant van die rol geskrap moet word, was dat ondersoeke na Van Eedens se rekenkundige aantekeninge sou aangetoon het dat daar 'n wesenlike tekort op die firma se trustrekening bestaan het. Toe die aansoek om skrapping op 4 Maart 1996 voor

4 McCreath en Heher RR gedien het, het die destydse respondente (die huidige applikant en sy vader) se advokaat om uitstel aansoek gedoen. Die advokaat het aangevoer dat, as hulle tyd gegun word, die applikant en sy vader die Orde sou kon oortuig dat daar geen tekort op die trustrekening is nie. Die advokaat het verder aangevoer dat die applikant en sy vader sou kon aantoon dat geld wat die Getrouheidstonds vir Prokureurs intussen aan van hulle kliënte betaal het, nie deur hulle gesteel is nie. Die hot het, vir die redes wat kortliks volg, die aansoek om uitstel geweier. Eerstens het die hot bevind dat die Orde 'n prima facie saak uitgemaak het dat daar 'n tekort op die firma se trustrekening is. Voorts het die hot daarop gewys dat die applikant en sy vader sedert die voorlopige bevel in September 1995 toegestaan is, nog geen verslag van 'n ouditeur voorgelê het om die prima facie saak te weerlê nie. Die hot het verder bevind dat die applikant en sy vader nie aangetoon het dat 'n uitstel enige doel sal dien nie aangesien hulle in elk geval aangevoer het dat hulle nie in besit is van sekere rekenkundige brondokumente nie. [6] Die hot het toe voortgegaan en die applikant en sy vader van die rol geskrap, eerstens omdat die Orde prima facie bewys het, en hulle nie weerlê het nie, dat daar 'n tekort op hulle trustrekening is en tweedens omdat hulle in elk geval intussen gesekwestreer is. Die applikant se saak in die lig van die redes vir die skrapping

5 [7] Wat die sekwestrasie betref, wys die applikant daarop dat hy intussen ingevolge die bepalings van die Insolvensiewet, 24 van 1936 gerehabiliteer is. Gevolglik, voer hy aan, is sy sekwestrasie nie meer ter sake nie. Tot 'n mate is die applikant reg, maar die redes vir sy sekwestrasie bly ter sake. Ek sal later in meer besonderhede daarna verwys, maar die applikant in die sekwestrasie aansoek was 'n trustkrediteur en in die konteks van 'n ondersoek na die beweerde trusttekort bly die sekwestrasie aansoek en die hof se uitspraak daarin ter sake. [8] Wat McCreath R se bevinding aangaande die trusttekort betref, het die applikant dit op hom geneem om in hierdie aansoek te bewys dat daar inderdaad nooit 'n tekort in Van Eedens se trustrekening was nie. Hierdie aansoek verskil dus van die gewone in dié sin dat die applikant, wat die trusttekort betref, nie probeer aantoon dat hy hervorm is nie, maar inderdaad dat hy nooit fouteer het nie. Die applikant se werkswyse opper interessante vrae met betrekking tot res judicata en estoppel, maar ek laat dit daar en oorweeg die aansoek op die getuienis. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die applikant die bewyslas dra om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat hy geskik en gepas is om hertoegelaat te word. In hierdie saak beteken dit dat die applikant dit op hom geneem het om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat daar nooit 'n trusttekort in Van Eedens se trustrekening was nie.

6 [9] Dit is nou nodig om kortliks die gebeure rondom die applikant se destydse skrapping uiteen te sit. Feitelike getuienis ten aansien van gebeure kort voor die skrapping [10] Een van Van Eedens se grootste kliënte was Deelgroei Eiendomme (Edms) Bpk ("Deelgroei"), 'n eiendomsontwikkelaar vir wie die firma die akteswerk verbonde aan eiendomsontwikkelings behartig het. Permprop, later 'n afdeling van Nedcor Propeerty Development (Edms) Bpk ("Nedcor"), was as finansierder nou betrokke by die eiendomsontwikkelings. Teen die middel van Augustus 1995 het Deelgroei en Perm prop die firma se mandaat beëindig en beweer dat die firma al hoe langer neem om geld oor te betaal nadat transaksies in die akteskantoor geregistreer is. Van Eedens het daarteenoor beweer dat daar sowat 5 jaar se professionele fooie aan hulle verskuldig is. [11] Op 28 Augustus 1995 het Deelgroei en Nedcor 'n hofbevel verkry wat Van Eedens verplig het om aan hulle te verreken. Die verrekening het nie na hulle bevrediging plaasgevind nie, en op Saterdag 2 September 1995 het die kliënte dringend 'n voorlopige sekwestrasiebevel teen Van Eedens bekom. 'n Prokureur, mnr C Wilsenach, is op dieselfde dag as voorlopige kurator aangestel. Nog steeds op dieselfde dag, 2 September 1995, het Wilsenach Van Eedens se kantore besoek en seker gemaak dat niemand toegang daartoe kon

7 verkry nie deur, ondermeer, die veiligheidsdeur met kettings en slotte te sluit 1. Wilsenach het die kantore die volgende dag besoek, en die deure was nog toe. [12] Op Maandagoggend 4 September het Wilsenach 'n boodskap gekry dat die kettings aan die kantoor se deure geknip is en hy is soontoe. Daar aangekom, het hy gevind dat die applikant, sy vader, sy broer en personeellede in die kantoor is en dat lêers uit die kantoor uit gedra en in motorvoertuie gepak is. Op Wilsenach se versoek is die lêers teruggebring. [13] Intussen het die Orde klagtes ontvang dat Van Eedens se trustrekening nie in orde is nie. Die Orde het 'n ondersoeker, mnr AT van Rooyen, aangestel om ondersoek in te stel. Van Rooyen is toe ook op Maandagoggend 4 September na die kantoor toe waar hy ondermeer die applikant aangetref het. Wilsenach was ook nog teenwoordig. Volgens Van Rooyen het hy vir die applikant gevra waar die firma se rekenkundige aantekeninge is. Die applikant het hom meegedeel dat dit a!les in besit van die firma se ouditeur, mnr Bemont, is 2. [14] Na die gebeure in die oggend van 4 September het Wilsenach die kantoor weer met die kettings en slotte gesluit en ook gereël dat 'n wag 24 uur per dag die perseel oppas. Op 6 September is Wilsenach weer na die kantoor toe waar 1 Hierdie feite blyk uit 'n verklaring wat Wilsenach in 'n latere sekwestrasie aansoekgemaak het. Dit vorm ook deel van die aanvanklike skrappingsaansoek. Albei die gemelde aansoeke is voor ons geplaas. 2 Hierdie bewerings blyk uit Van Rooyen se verslag en eedsverklaring wat deel van die aanvanklike skrappiingsaansoek vorm.

8 hy kliënte Iêers aan twee prokureurs oorhandig het wat in opdrag van die betrokke kliënte die lêers moes oorneem. Behalwe vir daardie besoek, verklaar Wilsenach, het geen persoon toegang tot die kantoor gehad totdat die sleutels weer op 13 September 1995 aan die applikant en sy vader oorhandig is nie. [15] Die ouditeur Bemont het aan die einde van Augustus die vereiste ouditeursertifikaat ingevolge reël 70 van die Orde se reëls uitgereik en dit aan die Orde versend. Bemont het egter ook sekere oudit navrae aan Van Eedens gerig. Op 5 September 1995 het Bemont sy ouditsertifikaat teruggetrek. In 'n latere brief verduidelik hy dat hy die sertifikaat uitgereik het ten spyte daarvan dat hy sekere navrae gehad het omdat hy gemeen het die navrae sou beantwoord word. Toe hy egter van die verwikkelinge sedert die einde Augustus te hore kom, het hy geoordeel dat die vertrouensverhouding tussen hom en Van Eedens geskaad is, en het hy die sertifikaat teruggetrek. [16] Op 6 September 1995 het Van Reeyen vir Bement ontmoet wat hom meegedeel het dat hy net 'n deel van die firma se rekenkundige aantekeninge het. Bemont het die aantekeninge in sy besit aan Van Rooyen oorhandig. Dit is gemeensaak dat daardie aantekeninge baie beperkte inligting bevat en dat die volledige stand van die firma se finansiële posisie nie daaruit vasgestel kan word nie.

9 [17] Nadat Van Eedens R1 398231,88 uit hulle trustrekening aan die applikante in die sekwestrasie aansoek betaal het, is die voorlopige bevel op 13 September opgehef. Dit is gemeensaak dat die eis regmatig uit die trustrekening betaal is, maar die applikant voer aan dat die firma inderdaad te veel betaal het en verder dat die applikante nog aan die firma geld verskuldig was ten aansien van fooie. [18] Toe die voorlopige sekwestrasiebevel opgehef is, het Wilsenach op 13 September 1995 die kantoor se sleutels aan die applikant en sy vader oorhandig. Die applikant beweer dat, toe hulle in die kantoor kom, was dit in chaos en was daar lêers, die firma se rekenkundige aantekeninge en ander items weg. Die applikant en sy vader het 'n klag van diefstal by die polisie gelê, maar die ondersoek het niks opgelewer nie. [19] Op 15 September het Van Rooyen weer met die applikant 'n onderhoud in die firma se kantore gehad. Hiertydens het die applikant, volgens Van Rooyen, vir hom gesê dat die rekenkundige aantekeninge in 'n kas in sy (applikant se) kantoor was. [20] Gegrond op sy ondersoek van die beperkte rekenkundige aantekeninge tot sy beskikking, het van Rooyen tot die gevolgtrekking gekom dat Van Eedens se rekenkundige aantekeninge in elk geval gebrekkig was en dat daar waarskynlik 'n tekort op die trustrekening bestaan. Die Orde het toe op 22

10 September 1995 die voorlopige bevel dat die applikant en sy vader in hulle praktyk geskors word, bekom. [21] Op 26 September 1995 het 'n tweede trustkrediteur, mnr DJ Joubert aansoek gedoen vir die voorlopige sekwestrasie van Van Eedens, die applikant en sy vader. 'n Voorlopige bevel is op 7 Oktober toegestaan en, nadat die applikant en sy vader die aansoek bestry het, het die hof, per Daniels R, die boedels van die firma en die vennote op 13 Desember 1995 finaal gesekwestreer. [22] Die Orde het 'n tweede deskundige, mnr VJ Faris, opdrag gegee om die firma se rekenkundige aantekeninge te ondersoek. Hy het in sy verslag van 18 Desember 1995 ook tot die gevolgtrekking gekom dat daar 'n algemene tekort op die firma se trustrekening bestaan alhoewel hy van Van Rooyen verskil het oor die omvang daarvan. Die applikant se saak ten aansien van die algemene trusttekort [23] Onder die rekenkundige aantekeninge wat Bemont aan Van Rooyen verskaf het was daar 'n lys van Van Eedens se trustkrediteure wat nie by name nie, maar volgens verwysingsnommers geïdentifiseer is. Op die lys word die saldo van elke rekening soos dit in die firma se boeke bestaan, gegee. Van daardie rekeninge is 59 in debiet wat opsigself op onreëlmatige rekeninghouding

11 dui. Om Van Eedens se trustverpligtinge te bepaal het Van Rooyen, verkeerdelik, die debietsaldo's by die kredietsaldo's getel. Deur die bedrag trustgeld op hande te bepaal, het hy toe n trusttekort van meer as R2 miljoen bereken. Toe Faris later die aantekeninge nagegaan het, het hy Van Rooyen se fout reggestel en tot die gevolgtrekking gekom dat daar sedert 31 Mei 1994 tot 30 Junie 1995 'n wisselende tekort in die firma se trustbankrekening was. Alhoewel die tekort op stadiums gedaal het, het dit 'n algemeen stygende tendens getoon en was die tekort op 30 Junie 1995 volgens Faris R1 632 010,75. [24] Nadat die applikant en sy vader geskors is, het kliënte van die firma eise teen die Getrouheidsfonds vir Prokureurs ingestel. Na oorweging van die eise, en op grond daarvan dat die Fonds geoordeel het dat diefstal van die betrokke trustgeld bewys is, het die Fonds R624 935,11 aan voormalige kliënte van Van Eedens uitbetaal. [25] Wat die algemene trusttekort betref, beweer die applikant in hierdie aansoek dat die trustrekeninge wat in debiet was afgesit moet word teen van die rekeninge wat in krediet was. Die gevolg daarvan is dan, so beweer die applikant, dat die trustbankrekening nie 'n tekort nie, maar 'n oorskot gehad het. Die applikant gaan dan voort om, ten aansien van elke rekening wat in debiet is, aan te toon waarom ander bedrae op die rekening gekrediteer moet word sodat die debiet uitgewis word. Uit die verklaring blyk dit ook dat die applikant sy

12 verduidelikings met Faris bespreek het. Die applikant heg 'n verklaring van Faris aan waarin hy sê dat, as die applikant se verduidelikings korrek is, dan moet die trustposisie, soos dit in sy aanvanklike verslag weergegee is, verstel word en dat "it may well be that no trust deficit existed". [26] Die applikant se gemelde verduideliking is nie in die vorm van 'n rekenkundige staat nie, maar in verhalende trant met verwysing na lêernommers. Hy verwys ook na die kliënte op wie die lêers betrekking het en ter stawing heg hy afskrifte van die binneblad van kliënte Iêers aan. Hy heg ook afskrifte van sekere brondokumente soos trustkwitansies aan. Waar hy die dokumente gekry het verduidelik die applikant nie. [27] In 'n verdere verklaring wat by die Orde se aanvullende beantwoordende verklaring aangeheg is, Iê Faris daarop klem dat hy nie weet of die applikant se verduidelikings korrek is nie en dat dit ook nie uit die verduideliking self, of die aangehegte dokumente, vasgestel kan word nie. Die werklike posisie, sê Faris, kan slegs vasgestel word indien die rekenkundige rekords van die firma nagegaan en 'n behoorlike oudit gedoen word. [28] Na my oordeel som Faris in sy tweede verklaring die posisie korrek op: Sonder behoorlike rekenkundige state en rekords is niemand in staat om te oordeel of die applikant se verduidelikings korrek is nie. Dit is nie eens moontlik om die egtheid en korrektheid van stawende dokumente wat die applikant

13 aanheg te bepaal nie. Kortom, die applikant se verduideliking is slegs bewerings. In betoog het die applikant hierdie probleem aangespreek deur aan die hand te doen dat hy, vanweë die verlies van die firma se rekenkundige aantekeninge, nie in staat is om beter bewyse voor te Iê dat daar geen trusttekort was nie. Die applikant is uitgenooi om te oorweeg of die saak nie vir verhoor verwys moet word om só die geskil te probeer oplos nie, maar hy het in aanvullende betoogshoofde die keuse uitgeeoefen dat die saak op die stukke beslis moet word. [29] Die applikant se betoog dat die verlies van die rekords hom kortwiek, is nie 'n volledige antwoord op sy versuim om rekenkundige state voor te Iê nie. In die eerste plek sou 'n mens verwag dat Bemont, as die firma se ouditeur, in staat sou wees om lig op die verduidelikings te werp en om desnoods state op te stel wat die verduideliking ten minste rekenkundig staaf. Die applikant se betoog hieroor was dat Bemont hom om die een of ander rede vermy en nie met hom wil praat nie. Dit is, soos die verduideliking van die trustposisie self, niks meer as 'n bewering wat op sigwaarde aanvaar of verwerp moet word nie. Daar is uit die getuienis geen grond af te lei waarom Bemont so sou optree nie. Daar is geen feite wat aantoon watter stappe die applikant geneem het om Bemont se hulp te kry en wat Bemont se reaksie was nie. Inteendeel, dit blyk uit die stukke dat Bemont nog nadat die aansoek om skrapping gebring is, bereid was om die firma by te staan. Verder moet in gedagte gehou word dat die applikant by herhaling, in die skrappingsaansoek en in die sekwestrasieaansoek, daarop gewys is deur

14 deponente en deur die hof dat state noodsaaklik is. Ek gaan nietemin voort op die basis dat die applikant se betoog dat die rekords weg is, 'n behoorlike verduideliking gee vir gebrek aan deskundige rekenkundige getuienis. [30] Die probleem met die applikant se betoog is dat die verlies van die firma se rekenkundige rekords op die beste vir die applikant, in onsekerheid gehul is. Uit die getuienis wat ek hierbo behandel het, blyk dit dat die applikant, sy vader en ander mense vroeg die oggend van 4 September 1995 toegang tot Van Eedens se toegesluite kantoor verkry het. Toe Van Rooyen kort daarna vir die applikant vra waar die firma se rekenkundige rekords is, het die applikant gesê dit is in Bemont se besit. In sy beantwoordende verklaring in die skrappingsaansoek ontken die applikant nie Van Rooyen se bewering nie. Hy sê bloot dat Van Rooyen net van sommige rekenkundige aantekeninge gepraat het. Later, toe dit geblyk het dat Bemont inderdaad nie in besit van die aantekeninge was nie, het die applikant (op 15 September 1995) beweer dat dit in 'n kas in sy my oordeel inherent onwaarskynlik. Daar is op die getuienis geen aanduiding kantoor was en daaruit gesteel is. Die bewering dat die rekords gesteel is, is na dat enige persoon, anders as die applikant en sy vader, uit die verdwyning van die rekenkundige rekords voordeel sou kon trek nie. In elk geval onstaan die vraag waarom die applikant nie op 4 September eenvoudig die kas oopgemaak het en die rekenkundige rekords vir Van Rooyen gegee het nie. Dit is verder onduidelik waar die applikant, in die lig van sy bewering dat die rekords gesteel is, nou aan die stawende dokumente wat hy by die aansoek aanheg, kom.

15 Kortom, die applikant het nie op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys dat hy in die voer van hierdie aansoek deur die diefstal of verlies van die rekenkundige aantekeninge en rekords gekortwiek is nie. [31] Ter ondersteuning van sy betoog dat daar geen trusttekort was nie, het die applikant aangevoer dat daar nie eise vir die beweerde tekort teen die Getrouheidsfonds vir Prokureurs ingestel is nie. Ek het egter reeds daarop gewys dat die Fonds meer as R600 000 aan eise uitbetaal het. Die bedrag is wel minder as wat Faris gemeen het die tekort is, maar dit is eenvoudig nie so dat geen kliënt na vore gekom het om te sê sy trustgeld is weg nie. Bowendien moet in gedagte gehou word dat Faris in die berekening van die tekort moes staatmaak op onvolledige rekords. [32] Wat die bedrae deur die Fonds uitbetaal betref, handel die applikant met elke uitbetaling en voer hy ten aansien van elkeen aan dat die bedrag nie verskuldig was nie. Ook in hierdie verband het die applikant geen behoorlike rekenkundige state en berekenings voorgelê nie. Hy volstaan met bewerings en argumente. Ek vind dit onnodig om met elkeen te handel, en ek volstaan deur in meer besonderhede te handel met die eis van mnr DJ Joubert. Die sekwestrasie

16 [33] Die gemelde DJ Joubert, aan wie die Getrouheidsfonds later R31 500 uitbetaal het, was die applikant in die suksesvolle aansoek om Van Eedens, die huidige applikant en sy vader te sekwestreer. [34] In die sekwestrasie aansoek het Joubert beweer dat die firma aan hom R31 500 verskuldig is wat deur hulle op trust gehou moes gewees het. Die destydse respondente (die firma, die applikant en sy vader) het nie in geskil geplaas dat die bedrag trustgeld was nie. Hulle verweer was een van skuldvergelyking deurdat, so is beweer, Joubert meer as R31 500 aan fooie verskuldig was. Die geleerde regter het die verweer verwerp en daarop gewys dat die destydse respondente geen rekenkundige rekords of state voorgelê het as bewys van Joubert se beweerde verskuldigheid nie. [35] Joubert was een van 'n aantal persone wat geld op verband uitgeleen het aan ene Booysen Oosthuizen. Van Eedens het die verband, saam met ander, opgeroep en Oosthuizen se eiendom is in eksekusie verkoop. Die opbrengs is in trust by Van Eedens inbetaal. Die applikant voer nou aan dat daar reeds R28 116 aan Joubert uitbetaal is maar hy Iê geen stawende dokumente vir die bewering voor nie. Hy se trouens nie eens wanneer die bedrag betaal is nie. Die applikant voer in hierdie aansoek weer, soos in die sekwestrasie, aan dat Joubert fooie aan die firma verskuldig was en dat, weens skuldvergelyking, die bedrag op trust nie aan hom verskuldig was nie. Ten slotte voer hy aan dat Joubert se eis in elk geval verjaar het. Wat laasgenoemde bewering betref, is dit

17 nie tans ter sake nie. Die vraag of 'n prokureur trustgeld onregmatig aangewend het en dus nie geskik is om te praktiseer nie, word nie beantwoord deur die feit dat die kliënt dalk nie tydig die geld opgeëis het nie. [36] Die applikant Iê nie rekenkundige aantekeninge voor wat toon dat fooie teen Joubert se rekening gedebiteer is nie. Wat hy wel by die aansoek aanheg is 'n dokument wat hy opgestel het waaruit dit sou blyk dat, alhoewel die opbrengs van die verkoping van Oosthuizen se eiendom R353 872,49 beloop het, Van Eedens R546 684,19 aan koste en rente uitgegee het. Alhoewel die dokument self aantoon dat daar nog R35 150,00 aan Joubert verskuldig is, beweer die applikant in die eedsverklaring dat Joubert se eis deur die rente en koste uitgewis is. Wat nóg die staat nóg die verklaring aantoon is waarom Joubert vir die koste aanspreeklik is en watter bedrae hy presies aan rente ontvang het, wanneer hy dit ontvang het en van wie hy dit ontvang het. Ook in verband met Joubert se eis gaan die applikant se stukke dus mank aan behoorlike bewys van die bewerings wa! hy maak. Soos wat Daniels R reeds in die sekwestrasie bevind het, is dit heeltemal onwaarskynlik dat die kapitaal aan Joubert verskuldig uitgewis kon gewees het deur rentebetalings en deur regskoste om die kapitaal te vorder. As die applikant se aansoek in geheel gelees word, blyk dit dat hy koste vir litigasie waarin Van Eedens betrokke was van Joubert (en ander verbandhouers) probeer verhaal, en dit sonder om behoorlike kosterekenings voor te Iê of selfs pro rate toedelings aan die verskillende verbandhouers te maak.

18 19 [37] Ek kom dus tot die gevolgtrekking dat die applikant nie daarin geslaag het Die aansoek word van die hand gewys met koste op 'n skaal soos tussen om te bewys dat die firma geen geld aan Joubert verskuldig was nie. Die prokureur en kliënt, insluitende die koste van die uitstel op 24 Mei 2005. versuim om Joubert te betaal is opsigself prima facie bewys van n trusttekort en van wanaanwending van trustgeld. B. R. DU PLESSIS [38] Opsommend het die applikant dus nie daarin geslaag om te bewys dat Regter van die Hooggeregshof daar geen trusttekort in Van Eedens se trustbankrekening was nie. Hy het ook nie daarin geslaag om te bewys dat sy vermoë om die gebrek aan n trusttekort Ek stem saam. te bewys nadelig geraak is deur die verlies van die firma se rekenkundige rekords nie. Die aansoek kan dus nie slaag nie.. Z. EBERSOHN [39] Wat koste betref, is dit gebruiklik om, waar die Orde in sy hoedanigheid as Waarnemende Regter van die Hooggeregshof sodanig n aansoek soos hierdie met sukses bestry, te gelas dat die koste op n skaal soos tussen prokureur en kliënt betaal word. Die aansoek het op 24 Mei 2005 voor die hof gedien en is uitgestel omdat daar sekere gebreke in die aansoek was wat die applikant moes aanspreek en ook omdat die Orde nie voor die aansoek Prokureurs aangehoor vir die is, die Applikant: applikant se geskiktheid JW Wessels behoorlik & Vennote ondersoek 012 343 en1410 oorweeg Prokureurs het nie. Die vir koste die van Respondente: uitstel is Rooth voorbehou. & Wessels In die Ing lig 0124524000 daarvan dat die uitstel aan albei partye se optrede, of gebrek daaraan, te wyte was meen ek dat die koste wat voorbehou is die uitslag van die aansoek moet volg. Gevolglik word die volgende bevel gemaak: