Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Vergelijkbare documenten
Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Preek Sondag 11 November 2102 Teks: Esegiël 43:1-7a, 47:1-12 Tema: Lewende water.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK


Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Jona en die Groot Vis

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Goeie Konings, Slegte Konings

Geroep vir Gemeenskap

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Jesaja sien die Toekoms

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

n Tempel Leier besoek Jesus

sodat jy n gestuurde van die Here kan

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Baie welkom by vanoggend se erediens

Die Kerk se Geboorte

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Die brief aan die Filippense

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Preek Romeine 1:16-17

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

'n Man gestuur deur God

Van Vervolger tot Prediker

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Die Groot Gebod dennis de wet

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Petrus en die Krag van Gebed

Jona en die Groot Vis

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Paulus en sy vriende vertel ander van God

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Simson, God se sterk Man

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Begin Punt. Dennis de Wet 29 September 2013

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

God eer Josef die slaaf

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Van Vervolger tot Prediker

ons rykdom in Christus 2

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Transcriptie:

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld. Die volk van die Here kies vir sonde en teen God. Hulle volhard hardnekkig in hulle ongehoorsaamheid. God straf hulle. Daarom sit hulle hier in Babiloniese ballingskap. Hulle is sonder God, sonder hoop en sonder n toekoms. En asof dit nie erg genoeg is nie, is die tempel in Jerusalem ook verwoes. Die tempel in die Ou Testament is gesien as die aardse woonplek van God. Die volk het geglo dat as die tempel weg is, is God ook weg. Verder het hul ook geglo dat as n ander nasie jou oorwin, is dit bewys dat hulle gode sterker as jou God is. Vir hulle het dit gelyk of die Babiloniese god Marduk sterker as hulle God is. Maar dit is nie waar nie. God is almagtig. En Hy het nie sy volk verlaat nie. Hy laat nie die werk van sy hande vaar nie. Wat Hy begin het, maak Hy klaar. Soos Hy elke lente weer die voorkoms van sy aarde nuut te maak, so begin Hy telkens n herstelproses. Hy begin voor en oor met sy volk. Vanuit die tempel sal weer nuwe lewe vloei wat net die Here kan gee. Ons lees in Eseg 47 Esegiël se visioen van die lewe wat God gee wat soos water uit die tempel uitvloei. In die dorre Palestina het n waterstroom in die meeste gevalle net kleiner geword en in die sand verdwyn. God se stroom is anders. Sy stroom vloei na die mees dorre en onbewoonbare dele van die land. Vanaf die tempel vloei die stroom oos deur die ongenaakbare Judawoestyn. En die stroom word net dieper en dieper enkeldiep, kniediep, tot by die heupe en uiteindelik n stroom waar Esegiël nie kon deurgaan nie. Langs die stroom is daar nuwe lewe en groei. Oral op die wal staan daar hoë bome. En dan vloei die stroom in die Dooie see in. Dié see word die dooie see genoem omdat niks in sy water kan leef nie. Die water is tot 10 maal meer sout as gewone seewater. Visse, mossels, krappe, korale, niks kan daarin leef nie. Daar het ook ander riviere in die Dooie see ingevloei, maar hulle water is deur die Dooie see doodgemaak. God se stroom is anders. Die stroom van God vernietig die dood. Dit bring lewe waar daar dood was. Dit maak die Dooie see vars. Nou wemel dié see met diere en visse en mense. Op die walle van die Dooie see groei daar allerhande vrugtebome. Die bome se blare sal nie verlep nie. Die vrugte sal nie opraak nie. Die bome sal elke maand dra en die blare sal genesing bring. So bring God in die tyd van Israel herstel en lewe. Hy bring nuwe lewe op plekke waar niemand dit ooit verwag het nie. En die Here doen dit vandag steeds met ons. Ons kan nie lewe maak nie. God is lewe. Alle lewe vloei uit Hom voort. Die water by die doop is teken daarvan. Water was skoon en gee lewe. Die doopwater dui op God wat skoon was en lewe gee. Voor Jesus was ons lewens droog, ongenaakbaar en hard in sonde. Ons was sonder hoop en sonder toekoms. Maar God los ons nie so nie. Hy begin weer oor en voor met ons. Hy stuur sy Seun, Jesus Christus, om die sondedroogte in ons lewens te verbreek. Uit Jesus vloei daar nuwe lewe in ons in. Hy verseker vir ons in Joh 10:10: Ek het gekom dat julle die lewe kan hê en dit in oorvloed. Vir sy lewe in oorvloed, moet ons toelaat dat sy lewende water in ons lewens invloei. Ons moet ons lewens hoe langer hoe meer aan Hom oorgee. As ons in geloof ons lewens aan Hom oorgee, vul God ons lewens met die lewende water van sy Heilige Gees. Hy maak ons nie net vol nie, Hy maak ons oorvol. Hy maak ons n

fontein van liefde. Uit ons vloei liefde, vreugde, vrede en al die ander vrugte van die Heilige Gees. God is lewe. Uit elkeen van sy kinders vloei sy lewe. Sy lewende water wat deur ons vloei, vloei al dieper en dieper en bring nuwe lewe in n sondedor wêreld. Dit is God se droom vir my en jou in Kraggakamma gemeente. Ons is n fontein van God se liefde. Ek sluit af en vra vir jou om eerlik op die volgende vrae te antwoord: 1. Vloei die stroom van God se lewe en liefde van jou en my uit na ons man of vrou of kinders en bring dit nuwe lewe in jou huwelik en gesin? 2. Vloei die stroom van God se lewe en liefde al dieper van jou en my uit na alle medegelowiges en bring dit nuwe lewe in die kerk en hier in die gemeente? Ons sê so maklik n gemeente is droog en dood en hier is nie liefde nie. Lewe kom nie van n band of van n dominee of van n nuwe program af nie. Dit vloei van God af deur jou. 3. Vloei die stroom van God se lewe en liefde al dieper van jou en my uit na die soms sondedor wêreld daarbuite waar dit nuwe lewe bring? Onthou, daar is geen mens of plek so dood dat God nie nuwe lewe daar kan werk nie. Lewe begin by God. Deur sy Seun en Gees werk hy sy nuwe lewe in ons. Van ons af vloei sy nuwe lewe na mekaar en kring dit uit na die res van die wêreld. Kom ons laat nou God toe om so vir elkeen van ons sy fontein van liefde en lewe te maak. Amen

Afkondigings P&W Onvergelykbare God Nuwe Generasie Kobus doop Vlam My hande hef ek op na U Open the eyes of my heart Lord Our Father Sout in Dooie bly herriner aan wonderwerk wat gebeur, of dit kan ook wees dat dit broodnodige sout is vir voedselvoorbereiding of vir offergebruik. Skriflesing: Eseg 47 Die volk van die Here kies vir sonde teen God volhard hardnekkig in hulle ongehoorsaamheid God straf hulle sit hier in Babiloniese ballingskap sonder God, sonder hoop en sonder n toekoms. Asof dit nie erg genoeg is = tempel in Jerusalem ook verwoes. Tempel is in die Ou Testament = gesien as die aardse woonplek van God. as die tempel weg is, is God ook weg. ook geglo dat as n ander nasie jou oorwin, is dit bewys dat hulle gode sterker as jou God is. Vir hulle het dit gelyk of die Babiloniese god Marduk sterker as hulle God is. Nie waar - God is almagtig. En Hy het nie sy volk verlaat nie = laat nie die werk van sy hande vaar nie. Hy begin het, maak Hy klaar. Soos Hy elke lente weer die voorkoms van sy aarde nuut te maak, so begin Hy ook telkens n herstelproses begin voor en oor met sy volk. vanuit die tempel sal weer nuwe lewe vloei wat net die Here kan gee. Ons lees in Eseg 47 Esegiël se visioen van die lewe wat God gee wat soos water uit die tempel uitvloei.

In die dorre Palestina het = n waterstroom in die meeste gevalle net kleiner geword en in die sand verdwyn. God se stroom is anders. (Voorbeeld) Stroom vloei = na die mees dorre en onbewoonbare dele van die land. vanaf die tempel vloei die stroom oos deur die ongenaakbare Judawoestyn. word net dieper en dieper enkeldiep, kniediep, heupe, stroom waar Eseg nie kon deurgaan nie. Langs die stroom is daar nuwe lewe en groei. Oral op die wal staan daar hoë bome. Dan vloei die stroom in die Dooie see in. Die see word die dooie see genoem = niks in sy water kan leef nie. nie visse, mossels, krappe, korale, = Die water is tot 10 maal meer sout as gewone seewater. ook ander riviere in die Dooie see ingevloei, maar hulle water is deur die Dooie see doodgemaak. God se stroom anders = vernietig die dood. bring lewe waar daar dood was. maak die dooie see vars - wemel die Dooie see wemele met diere en vis en mense. - Op die walle = allerhande vrugtebome. - Bome se blare = nie verlep - Vrugte nie opraak - Bome sal = elke maand dra blare sal genesing bring. So bring God in die tyd van Israel herstel en lewe. bring nuwe lewe = op plekke waar niemand dit ooit verwag het nie. En die Here doen dit vandag steeds met ons. Ons kan nie lewe maak nie. God is lewe = Alle lewe vloei uit Hom uit. Die water by die doop is teken daarvan. Water was skoon en gee lewe. Dui op God wat skoon was en lewe gee Voor Jesus was ons lewens droog, ongenaakbaar en hard in sonde. was sonder hoop en sonder toekoms. God begin weer oor en voor met ons - stuur sy Seun Jesus Christus om die sondedroogte in ons lewens te verbreek.. Uit Jesus vloei daar nuwe lewe in ons in. Hy verseker vir ons in Joh 10:10 - Ons moet toelaat dat sy lewende water = in ons lewens invloei. - Ons moet ons lewens hoe langer hoe meer aan Hom oorgee. As ons in geloof ons lewens aan Hom oorgee = vul God ons lewens met die lewende water van sy Heilige Gees. Hy maak ons nie net vol nie, Hy maak ons oorvol. Hy maak ons sy fontein van lewe. Uit ons vloei liefde, vreugde, vrede as vrug van die Heilige Gees. (Voorbeeld) God is lewe. Uit elkeen van sy kinders vloei sy lewe. Sy lewende water wat deur ons vloei = vloei al dieper en dieper en bring nuwe lewe in n

sondedor wêreld. God se droom vir my en jou in Kraggakamma gemeente is: Ons is God se n fontein van liefde. Ek sluit af en vra vir jou om eerlik op die volgende vrae te antwoord: 1. Vloei die stroom van God se lewe en liefde van jou en my uit na man of vrou/kinders en bring dit nuwe lewe in jou huwelik/gesin? 2. Vloei die stroom van God se lewe en liefde al dieper van jou en my uit na alle medegelowiges en bring dit nuwe lewe hier in die gemeente/in die kerk v Here? Sê so maklik gemeente is droog en dood en hier is nie liefde nie. Lewe kom nie van n band af of van n dominee af nie, dit vloei van God af deur jou. (Voorbeeld kontakkaart) 3. Vloei die stroom van God se lewe en liefde al dieper van jou en my uit na die soms sondedor wêreld daarbuite waar dit nuwe lewe bring? Onthou, daar is geen mens of plek so dood dat God nie nuwe lewe daar kan werk nie. Lewe begin by God. Deur sy Seun en Gees werk Hy sy nuwe lewe in ons. Van ons af vloei sy nuwe lewe na mekaar en dit kring uit na die res van die wêreld. Kom ons laat nou vir God toe om so van elkeen van ons = sy fontein van lewe en liefde maak. Amen Stilgebed Dankoffer EE SA Rooftops Seën en sing Amen Die genade van die HJXtus Die liefde v God en die gemeenskap van die HG sal by en in julle almal wees en van julle deel van sy stroom van lewende water maak. Amen

Afkondigings P&W Onvergelykbare God Nuwe Generasie Vlam My hande hef ek op na U Open the eyes of my heart Lord Our Father Kobus doop en doen gebed ook vir Skriflesing Skriflesing: Eseg 47 God is lewe. God se lewe vloei deur ons God werk nuwe lewe in n sondedor wêreld. Stilgebed Dankoffer EE SA Rooftops Seën en sing Amen Vrae vir selgroepe

Skriflesing: Eseg 47 1. Vloei die stroom van God se lewe en liefde van jou en my uit na man of vrou/kinders en bring dit nuwe lewe in jou huwelik/gesin? 2. Vloei die stroom van God se lewe en liefde al dieper van jou en my uit na alle medegelowiges en bring dit nuwe lewe hier in die gemeente/in die kerk v Here? Sê so maklik gemeente is droog en dood en hier is nie liefde nie. Lewe kom nie van n band af of van n dominee af nie, dit vloei van God af deur jou. (Voorbeeld kontakkaart) 3. Vloei die stroom van God se lewe en liefde al dieper van jou en my uit na die soms sondedor wêreld daarbuite waar dit nuwe lewe bring? Onthou, daar is geen mens of plek so dood dat God nie nuwe lewe daar kan werk nie.