GRAAD: 6 VAK:LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Vergelijkbare documenten
GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 6 VAK:LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Vlotheid en intonasie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Rolprente uit twee verskillende genres *

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

GRAAD: 5 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL DRIE FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 3

Les 14: Entrepreneurskap

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

INSTRUKSIES EN INLIGTING

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die drie varkies. Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 6 3 Module 10 4 DIE DRIE VARKIES

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

God eer Josef die slaaf

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

FAKTORE EN VEELVOUDE

1 Waar ek vandaan kom

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Pragtige Koningin Ester

Tema 8: Mense wat ons help

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Abu Ali tel sy donkies

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Les Plan Twee. Habitats

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

onderskeid tussen verskillende kunsvorme

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Die brief aan die Filippense

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

BARRETT SE TAKSONOMIE

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Vervoer - 01 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Vervoer 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

Afrikaans Huistaal (Werkskedule) Graad 3 Kwartaal 1 Werkboek: Ons leer saam met Manie Muis. / Diftonge / Hannes en die koek / Zak die kat bak koekies

BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1. Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Transcriptie:

GRAAD: 6 VAK:LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Skool: Datum: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se punt Leerder % 1 Uitvoerende Kunste: Drama en Musiek Opvoering TOTAAL

LEWENSVAARDIGHEDE: SKEPPENDE KUNSTE FORMELE ASSESSERINGSTAAK: UITVOERENDE KUNSTE GRAAD 6 KWARTAAL 1 NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Die Formele Assesseringstaak is ontwikkel in die vorm van n stap-vir-stap riglyn aan leerders. Die aktiwiteite word in die klas gedurende die eerste kwartaal gedoen. Dit is belangrik dat onderwysers die verskillende stappe met die kinders behandel om aktiewe, kreatiewe en kritiese deelname deur die leerders te verseker. ONTWIKKEL N KORT DRAMA OM OP TE VOER Vir hierdie aktiwiteit gaan jy n drama ontwikkel wat gebaseer is op n fabel. Terwyl jy jou drama, saam met jou groep, ontwikkel sal daar geleenthede wees wanneer jou onderwyser jou gaan assesseer. Daar gaan veral gekyk word of jy die drama elemente soos storielyn/intrige, karakter en ruimte verstaan en kan toepas. Lees die fabel hieronder wat bewys dat mens jou doel kan bereik as jy nie sommer gou moed opgee nie. 'n Man met drie seuns het 'n koringland gehad. Elke nag is daar baie van die koring besteel. Hy besluit toe dat sy seuns moet waghou by die koringland. Die oudste seun was eerste aan die beurt. Hy het aan die slaap geraak en die volgende oggend is daar weer baie koringare skoonveld! Die tweede seun het nie veel beter gevaar nie en weer n keer was daar van die boer se koring gesteel. Die jongste seun het sy pa gesmeek om ook wag te staan. Toe sy pa uiteindelik toestemming gee, het hy besluit om homself baie goed voor te berei. Hy het n hangmat vol spelde en n kitaar saam met hom geneem. Terwyl hy wag gestaan het, het hy op die kitaar getokkel om wakker te bly. Toe hy aan die slaap raak in die hangmat het die spelde hom weer laat wakker skrik! Net voor dagbreek, het hy iets sien beweeg op die koringland. Hy gooi toe n tou daarom en trek dit nader na hom toe. Dit was n klein veelkleurige perd, wat hartseer na hom gekyk het en hom gesmeek het om hom nie dood te maak nie. Ek is die Perd van Sewe Kleure. As jy my sal laat gaan, sal ek jou altyd help wanneer jy my nodig het. GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 1

Die perd het n klein fluitjie aan hom gegee en het belowe om onmiddelik na hom te kom as hy die fluitjie sou blaas om hulp. Die seun het die tou toe los gemaak en die Perd van Sewe Kleure laat gaan. Toe die pa sien dat daar geen skade aan die koringland aangerig is nie, het hy sy jongste seun geprys en met die ouer seuns geraas oor hul onbevoegdheid. Die twee ouer seuns het skaam gevoel hieroor en besuit om eerder hul ouerhuis te verlaat. Terwyl hulle hul perde opgesaal het, het die jongste seun gesmeek om saam met hulle te gaan, maar hulle het weggery sonder hom. Onverskrokke, het die jongste kos vir hom ingepak en hulle te voet agterna gesit. Na n hele dag en nag het hy hulle ingehaal. Hulle was glad nie ingenome om hom te sien nie, maar hulle het die kos gesien wat hy ingepak het. Hulle het die kos van hom gavat en hom vasgebind en hom in die sloot langs die pad gelos. Nadat hy vir n baie lang tyd in die sloot gelê het, met geen hulp in sig nie, het die seun onthou van die fluitjie wat die Perd van Sewe Kleure aan hom gegee het. Hy kon dit regkry om die fluitjie uit sy sak te wikkel en daarop te blaas. Onmiddellik het die Perd van Sewe Kleure verskyn en die seun bevry van die toue. Maar die seun wou ook die perd se hulp hê om sy broers in te haal. Toe hulle saam by die volgende dorp aankom, sien hulle dat die broers aan n wedstryd deelneem om die hand van die prinses te wen en met haar te trou. Haar pa, die vors van die provinsie, het al die jong mans uitgedaag: die jong man wat n appel kan gooi van sy gallopende perd af sodat dit op die prinses se skoot val, sal onmiddelik met haar kan trou. Die prinses het boonop op n hoë balkon gesit. Al die jong manne in die koninkryk het probeer om hul geluk so te vind, ook die twee broers. Toe die jongste die prinses sien, was dit liefde met die eerste oogopslag, en was hy vasbeslote om ook n kans te kry om ook die appel te gooi. Hy het die Perd van die Sewe Kleure aan sy belofte herinner en die perd het hom belowe dat hy akkuraat sal gooi. Nadat al die ander jong mans in hul pogings misluk het, het die jongste seun die appel regoor die balkon in die skoot van die prinses laat val terwyl hy op die rug van die Perd van Sewe Kleure gery het. En so het die die jongste seun die hand van die prinses gewen en met haar getrou. By die huwelikseremonie wat n groot fees was, het die jongste seun aangekondig dat hy sy broers vergewe het dat hulle hom in die sloot laat lê het. Hy het hulle, saam met sy pa, genooi om by hom en sy prinses in die paleis te kom woon. Die Perd van die Sewe Kleure het gesê dat sy skuld terugbetaal is en afskeid van die seun geneem en verdwyn. Uit: Latin American Folktales deur John Bierhorst GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 2

STORIELYN/ INTRIGE Wat gebeur in die storie? Instruksies 1. Verdeel in groepe van vyf tot sewe groeplede. Sit in n sirkel of bymekaar as n groepie. 2. In jul groep, vertel die storie vir mekaar een sin op n keer. Elke groeplid kry n kans om n sin te sê en dan gaan die volgende groeplid aan met die storie. 3. Teken n breinkaart in jou klaswerkboek. Jy moet die volgende beantwoord oor die storie wat julle sopas in jul groepe vertel het: Wat is die kern (hoof-)oomblikke in die storie? Wat gebeur aan die begin van die storie? Hoe eindig die storie? Wie is die karakters in die storie? Waar vind die storie plaas? GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 3

Kernoomblikke in die storie... Begin van die storie. Hoe eindig die storie? Die Perd met Sewe Kleure Karakters... Waar vind die storie plaas? GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 4

4. In jou groep, maak drie tablo s (gevriesde standbeelde, gebruik liggaam en gesigsuitrdukking) een vir die begin van die storie; een vir die einde van die storie; een vir die klimaks (of punt van meeste spanning in die storie). Wys die askiepunte (begin, klimaks/hoogtepunt en die einde van die storie) duidelik deur die tablo s. Maak seker dat jy die plek waar die drama afspeel duidelik uitbeeld deur liggaamstaal (bv. as dit afspeel in n grot, sal julle gebukkend staan en naby aan mekaar om te wys dat dit n klein ruimte is). As n groep, bespreek wat moet gebeur om die storie te laat loop vanaf die eerste tablo na die tweede en dan na die finale een aan die einde. Improviser nou elkeen van hierdie aksiepunte. Maak seker dat elke toneel net die basiese elemente uitbeeld. Sny alle onnodige handeling uit. Skryf n kort opsomming in jou werkboek waarin jy beskryf wat by elke tablo gebeur. Jou onderwyser sal jou dan assesseer om te kyk na hoe julle die storielyn interpreteer. Struktuur van storielyn 4-5 Voldoen ten volle Die leerder demonstreer n goeie begrip van die storie se struktuur. Daar is n duidelike begin, middel en slot. Die klimaks is duidelik waarneembaar. Die struktuur word d.m.v die tablo s met oortuiging oorgedra. 2-3 Voldoen gedeeltelik Die toneel het nie genoegsame en duidelik waarneembare begin, middel en slot nie. Die klimaks realiseer nie ten volle nie. Die struktuur word nie met oorgawe en duidelikheid oorgedra nie. 1 Voldoen nog nie Daar is geen struktuur waarneembaar nie, geen aanduiding van begin, middle en slot nie. Die klimaks word nie uitgebeeld nie. Die struktuur word onoortuigend en met geen aandag oorgedra. KARAKTER Wie is in die drama? 4. Identifiseer die karakters in die drama. In jou groep, bespreek die volgende en maak notas in jou klaswerkboek. Hoeveel karakters is daar in die drama? Julle kan besluit om karakters by te voeg, karakters te verander om die groeplede te pas (manlike karakters kan GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 5

byvoorbeeld verander word in vroulike karakters, ens.) en selfs n storieverteller in te voeg, ens. Bespreek die verskillende karakters volgens die volgende aspekte: o rol/funksie in die drama o status en verhouding tussen die karakters 5. Nou moet daar besluit word oor die rolverdeling in die drama. Besluit in jul groep wie gaan watter rol speel. 6. Verbeel jou dat jy die karakter is. Hoe loop jou karakter? Hoe oud is jou karakter? Watter houding het jou karakter ten opsigte van die ander karakters in die drama? Meng met mekaar en groet op n wyse wat hierdie houdings weerspieël, deur slegs die woord hallo te gebruik. Fokus op stemtoon, liggaamstaal en gesigsuitdrukking. 7. Skep n collage van jou karakter in jou klaswerkboek vir huiswerk. Jy kan gebruik maak van prente uit tydskrifte of jy kan prentjies teken van moontlike kostuumitems; prente van dinge wat jou karakter elke dag gebruik, of versamel, of van hou om na te kyk. Dit gee aan jou die geleentheid om die wêreld van die karakter te verken. 8. Jou onderwysers sal jou klaswerkboek inneem en jou collage informeel assesseer. PLEK Waar en wanneer vind die drama plaas? 9. Besluit in jul groep waar die drama afspeel. Word daar meer as een plek benodig?indien wel, hoe moet die verhoogruimte opgestel word sodat die aksie glad en maklik kan vloei van een toneel tot by n ander? Gaan julle gebruik maak van n verteller om die verskillende plekke aan te kondig. Besluit of julle sekere objekte wil gebruik om die ruimte aan te dui, bv n fluitjie om aan te dui dat julle op n sportveld is, ens. 10. Maak seker dat julle slegs items gebruik wat iets met die wêreld van die drama te doen het en dat die karakters dit sal gebruik. Julle kan skere handelinge deur mimiek of beweging wys om aan te dui waar julle is. Bespreek hierdie vrae en skryf julle gevolgtrekking in jul klaswerkboeke neer onder die opskrif, PLEK. 11. Kep n KLANKBAAN vir die drama wat pas by die drama wat aangebied gaan word, en wat die atmosfeer en plek vir die gehoor skep. Skep die klankbaan deur die GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 6

gebruik van jul stemme, ritmiese patrone deur liggaamperkussie (klappe, klikke, kloppe ens.) en enige geïmproviseerde instrumente wat julle kan opspoor (bv. sleutels, liniale, potlode, papier, n koffiebeker ens.). Julle kan byvoorbeeld n donderstorm, groot kompetisie, strand, sokkerwedstryd, die veld in die nag, ens. slegs deur klanke uitbeeld. Wys n dirigent in die groep aan wat julle wys wanneer om te begin en te eindig, wanneer om harder en sagter te gaan, ens. Maak seker dat julle die aksiepunte in ag neem. Indien leerders n melodiese instrument kan bespeel, kan n melodiese frase in C Majeur geskep word deur interessante ritmiese patrone te gebruik. 12. REPETISIE Julle gaan nou repeteer aan jul drama. Jul onderwyser sal jul repetisies dophou en sal julle help om te fokus op verskillende aspekte soos wat julle oefen. FINALE OPVOERING Stel julle opvoerruimte op voor die opvoering. Maak seker dat julle jul stemme vooraf opgewarm het en dat julle gefokus is op die opvoering. Geniet die opvoering! Jul onderwyser sal julle assesseer en hierdie punt sal deel vorm van jul Lewensvaardighede punt. Voltooi die volgende vrae in jul klaswerkboek oor die opvoering: GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 7

VRAELYS 1. Wat het jy geniet van die opvoering wat jy gesien het? 2. Wat het gebeur in die drama? (Dink aan storielyn, karakters, temas, plek, rekwisiete, klankeffekete, ens.) 3. Was daar enigiets wat onduidelik was in die drama? Brei hierop uit. 4. Watter voorstelle sou jy wou gee om die opvoering duideliker en meer effektief te maak? 5. Watter oomblikke in die drama sal jy nie gou vergeet nie? GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 8

KRITERIA: DRAMA OPVOERING 4-5 2-3 1 Totaal Struktuur van die storielyn (reeds geassesseer) Vokale (stem) karakterisering Fisiese karakterisering Verhoogsin gebruik van ruimte Interaksie luister Gebruik van gepaste vertellingstegnieke Gebruik van ritmiese patrone om n klankbaan vir die opvoering te skep Gebruik n trom / perkussie of melodiese instrument om die handeling te ondersteun en om spanning of n karakter aan te dui, ens. /40 GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 9

Vokale karakterisering Fisiese karakterisering Verhoogsin gebruik van ruimte Interaksie luister Gebruik van vertellingstegnieke Gebruik van ritmiese patrone om n klankbaan vir die opvoering te skep Gebruik n trom / perkussie / melodiese instruments om die handeling te ondersteun & om spanning / karakter aan te dui. TOTAAL 4-5 Voldoen ten volle Die leerder kommunikeer die persoonlikheid, agtergrond en status van die karakter. Hy/sy is in staat om n teks te interpreteer, gepaste keuses ten opsigte van karakterisering te maak. Hierdie karaktereienskappe kan die volgende insluit: toonhoogte, intonasie, omvang, ritme, aksent, infleksie en kwaliteit, ten einde die stem van hul karakter suksesvol en op gepaste wyse oor te dra. Die leerder demonstreer die vermoë om hul liggaam aan te pas ten opsigte van postuur, energie, gewig, grootte en kwaliteit van gebare ten einde n gepaste fisikaliteit vir sy/haar karakter op suksesvolle en gepaste wyse oor te dra. Die leerder demonstreer die vermoë om die verhoogruimte op gepaste en interessante wyse aan te wend, sodat die aanbieding duidelik met die gehoor kommunikeer. Alle beweging is gemotiveerd. Die leerder demonstreer die vermoë om in karakter te bly wanneer hulle nie praat, of nie die fokus van die aandag is nie; hulle reageer op en luister ten alle tye na die ander karakters op die verhoog. Die leerder is ten alle tye oortuigend binne die konteks van die fabel hetsy in die rol van verteller of karakter. Die leerders was suksesvol in die skep van n oorspronklike klankbaan en n verskeidenheid opwindende ritmiese patrone om die opvoering te ondersteun. Die leerders was suksesvol in die skepping van oorspronklike en opwindende klankbaan wat die drama op n dinamiese manier geïnterpreteer het. DRAMA EN MUSIEKOPVOERING 2-3 Voldoen gedeeltelik Die leerder is gedeeltelik suksesvol in die skep en volhou van n vokale karakterisering, of daar mag moontlik tekens van vokale spanning/ooreising wees. Sekere aspekte van die karakterisering mag moontlik onvanpas vir die betrokke karakter of konteks wees. Die leerder is gedeeltelik suksesvol in die skep en volhou van n fisieke karakterisering, of daar mag tekens van onnodige spanning wees. Sekere aspekte van die karakterisering mag moontlik onvanpas vir die betrokke karakter of konteks wees. Die leerder is gedeeltelik suksesvol in die aanwending van die verhoogruimte op gepaste en interessante wyse. Dit mag wees as gevolg van selfbewustheid, maskering van hulself of ander, onseker bewegings, of ongemotiveerde bewegings met tye. Die leerder is inkonsekwent in terme van karakterisering wanneer hulle nie praat, of nie die fokus van die aandag is nie; reaksies op en die luister na ander karakters word nie volgehou deur die toneel nie. Die leerder is nie ten alle tye oortuigend binne die konteks van die fabel nie hetsy in die rol van verteller of karakter. Die leerders was gedeeltelik suksesvol in die skep van n klankbaan en ritmiese patrone om die opvoering te ondersteun. Die leerders was gedeeltelik suksesvol in die skepping van n oorspronklike klankbaan wat die drama geïnterpreteer het. 1 Voldoen nog nie Die leerder is onsuksesvol in die skep en volhou van n vokale karakterisering, of daar is deurlopende vokale spanning/ooreising in die aanbieding. Die vokale karakterisering is onvanpas vir die betrokke karakter of konteks. Die leerder is onsuksesvol in die skep en volhou van n fisieke karakterisering, of daar is oormatige onnodige spanning regdeur die aanbieding. Die fisieke karakterisering is onvanpas vir die betrokke karakter of konteks. Die leerder is onsuksesvol in die aanwending van die verhoogruimte op gepaste en interessante wyse. Hulle is deurgaans selfbewus, maskeer hulself en ander, is onseker en beweeg dikwels sonder motivering. Min of geen bewys word gelewer van karakterisering wanneer hulle nie praat, of nie die fokus van die aandag is nie; daar is min reaksie op die ander karakters en min of geen tekens dat hulle luister. Die leerder is nooit oortuigend binne die konteks van die fabel sy/hy voer nie die rol van verteller of karakter uit nie Die leerders was on suksesvol in die skep van n oorspronklike klankbaan met min/geen ritmiese patrone wat nie die opvoering te ondersteun nie Die leerders was onsuksesvol in die skepping van die klankbaan. Daar was weining interpretasie van die drama te bespeur../ 40 GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 10

GEÏNTEGREERDE LEER- EN ASSESSERINGSTRATEGIE: Die leerproses en assesseringsproses is geïntegreerd. Die assessering is deurlopend en formatief waar die onderwyser die vordering van die opvoering observeer, kontroleer en opbouende leiding gee. Die uitendelike opvoering word formeel geassesseer. Vorm van assessering Informeel: Formatief Informeel: Formatief Assesseringinstrumente Klaslys (slegs afmerk werk is gedoen) Metode van assessering Self-/portuur- /onderwyserassessering Self-/portuur- /onderwyserassessering Tegniek van Assessering Breinkaart in klaswerkboek Opsomming van tablo s in klaswerkboek Klaslys (slegs afmerk werk is gedoen) Informeel: Formatief Informeel: Formatief Beskrywende nota s oor karakters in klaswerkboek Collage van karakters Klaslys (slegs afmerk werk is gedoen) Klaslys (slegs afmerk werk is gedoen) Self-/portuur- /onderwyserassessering Self-/portuur- /onderwyserassessering Formeel: Summatief Onderwyser Aanbieding van tablo s Rubriek Formeel: Summatief Onderwyser Finale Opvoering Rubriek VERSPREIDING VAN KOGNITIEWE VLAKKE Onthou en Verstaan Toepas en Analiseer Evalueer en Skep Drama- en Musiekbegrippe: storielyn, karakter, plek, klankbaan, ritmiese patrone, perkussie en melodiese instrumente, ens. Toepassing van begrippe in tablo s en opevoering Deurlopende kritiese nabetragting en toepassing om opvoering deurgaans te verbeter. Skepping en aanbieding van tablo s en opvoering, evaluering van opvoering. (volgens Aangepaste Blooms Taksonomie, 1990) GR 6 FAT1: LV Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1 Page 11