Uittreksel van Voordelebeleid: Voordele vir Tydelike Werknemers met Aanstelling van Langer as Drie Maande

Vergelijkbare documenten
REGLEMENT INSAKE NUWE VERLOFREGULASIES VIR PERMANENTE PERSONEEL

Voordelebeleid (Woordomskrywings vir uitdrukkings wat in die teks gekursiveer is, word aan die einde van die dokument verskaf.)

Voordelebeleid (Woordomskrywings vir uitdrukkings wat in die teks gekursiveer is, word aan die einde van die dokument verskaf.)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

VOORDELE. (Woordbepalings aan die einde van die dokument)

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Verlof 251 A. OORSIG. Die aantal dae wat n werknemer gewoonlik in ses weke sou gewerk het binne n siklus van 36 maande.

Riglyne vir Steundiensaanstellings

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

ARBEIDSREG ABR214. T:

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Diensbillikheidsbeleid

Universiteit Stellenbosch Aftredefonds (USAF): Gids vir Nuwe Lede

AANSOEK OM STUDIELENING

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

PERSONEELBELEIDSDOKUMENT (Hersien 1 April 2015)

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

2015 AKADEMIESE JAAR

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

Posbeskrywing: Fakulteitsdekaan

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Tjokkerjol Speelgroepie

Wher e l ittle is gre at

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

ARBEIDSREG ABR214. T:

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

Diensooreenkomste word gewoonlik met 'n skriftelike aanstellingsbrief bevestig of in 'n meer formele kontrak (komplekse ooreenkomste), omskryf.

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

Stuur die aansoekvorm aan:

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

KOOPOOREENKOMS AANGEGAAN DEUR. STICHTING NEDERLANDS BEJAARDENCENTRUM (hierin later genoem die STIGTING) aan die een kant MET

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

Pre-Graad R / Graad R

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

UITSPRAAKOPHERSIENING

WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES 75 VAN 1997 [GOEDGEKEUR OP 26 NOVEMBER 1997] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 1 DESEMBER 1998] (Tensy anders vermeld)

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Transcriptie:

Uittreksel van Voordelebeleid: Voordele vir Tydelike Werknemers met Aanstelling van Langer as Drie Maande (Woordomskrywings vir uitdrukkings wat in die teks gekursiveer is, word aan die einde van die dokument verskaf.) Verwysingsnommer van hierdie dokument HEMIS-klassifikasie Doel Tipe dokument Toeganklikheid TP0426 Implementeringsdatum 2015 Hersieningsdatum/-frekwensie Vorige hersienings Eienaar van hierdie beleid Institusionele funksionaris (kurator) verantwoordelik vir hierdie beleid Om die jongste voordele vir tydelike werknemers met aanstellings van langer as drie maande aan te dui Beleidsuitvoering Algemeen (ekstern en intern) Na gelang van noodsaaklike aanpassings Geen Goedkeuringsdatum 15 Maart 2015 Goedgekeur deur Sleutelwoorde Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel Hoofdirekteur: Strategiese Inisiatiewe en Menslike Hulpbronne Rektor se Bestuurspan (RBS) voordele, beroepsgesondheid, verlof 1

Die kern van die uittreksel Die konteks van hierdie dokument is die Universiteit Stellenbosch (US) se Voordelebeleid soos deur die US Raad goedgekeur. Dit sit die besonderhede uiteen van die voordele wat beskikbaar is vir tydelike US-werknemers wat vir langer as drie maande aangestel is. 1. Voordele by beëindiging van diens n Skeidingspakket wat soos volg bereken word, is betaalbaar: een week se vergoeding vir elke volledige jaar aaneenlopend werksaam by die US. Slegs jare wat vanaf 1 Januarie 2014 voltooi is, word in ag geneem. 2. Beroepsgesondheid 2.1 Lidmaatskap is vir alle werknemers met ʼn kontrak van een jaar of langer beskikbaar. 2.2 Die bydraes tot die fonds vorm deel van deelnemende werknemers se totale KVI. 2.3 Let wel: Die voordeel verval op die datum van uitdienstreding. 3. Verlof 3.1. Jaarlikse verlof Werknemers is geregtig op n aantal werkdae verlof per jaar wat volgens die betrokke posvlak bereken word. Posvlak 1 tot 8 is geregtig op 30 werkdae per jaar, posvlak 9 tot 11 op 25 werkdae per jaar en posvlak 12 tot 19 op 20 werkdae per jaar, onderhewig aan die volgende bepalings: 3.1.1 Die verlofkrediet in n bepaalde verlofsiklus groei proporsioneel met verloop van tyd tot aan die einde van die siklus, onderhewig aan die vasgestelde maksimum. 3.1.2 Jaarlikse verlof moet binne 12 maande na die einde van die betrokke verlofjaar geneem word; daarna verval die onopgeëiste verlof. 3.1.3 Voltydse werknemers kan jaarlikse verlof in eenhede van volle of halwe werkdae neem. 3.1.4 Onopgeëiste jaarlikse verlof word by diensbeëindiging uitbetaal. 3.2 Kraamverlof 3.2.1 Vrouewerknemers is geregtig op vier maande kraamverlof teen volle KVI ook as n kind van jonger as ses maande aangeneem word onderhewig aan die volgende bepalings: 3.2.1.a Elke werknemer is in die omstandighede soos in 3.2.1 omskryf op hoogstens nege maande verlof teen volle KVI geregtig vir al haar kraamgevalle tesaam. Verdere kraamverlof sal streng volgens wetlike vereistes toegestaan word. 2

3.2.1.b Hierdie kraamverlofvoordeel is onderhewig daaraan dat die werknemer vir ʼn aaneenlopende tydperk van 12 maande nadat haar kraamverloftyd verstryk het, in die Universiteit se diens moet aanbly. Indien die werknemer se diens eindig (om welke rede ook al) voordat die 12 maande verstryk het, moet sy die volle kraamverlofvoordeel wat sy ontvang het (of sodanige proporsionele gedeelte wat van die 12-maande-tydperk oorbly), op die datum van diensbeëindiging aan die Universiteit terugbetaal. In geval van versuim sal die Universiteit daarop geregtig wees om die verskuldigde terugbetaling van die werknemer te verhaal. 3.2.1.c Wat die bepalings van 3.2.1.b betref, het werknemers ook die keuse om kraamverlof as onbetaalde verlof te neem en eerder die kraamverlofvoordeel van die Werkloosheidsversekeringsfonds te benut. 3.2.1.d Die US kan, ter wille van die goeie gang van sake en na oorlegpleging met die betrokke werknemer, vereis dat kraamverlof eers een maand voor die verwagte datum van die bevalling n aanvang mag neem. 3.2.2 Geen werknemer mag binne ses weke nadat haar kind gebore is weer begin werk nie, tensy n geneesheer sertifiseer dat sy in staat is om haar werksverpligtings gouer te hervat. Indien haar eggenoot of permanente saamleefmaat ook in die US se diens is, mag dié persoon die oorblywende gedeelte van die beskikbare kraamverlof neem, onderhewig aan dieselfde voorwaardes soos in 3.2.1 gestel. 3.2.3 Wat betref die tydperk waarvoor n werknemer verkies om nie haar werksverpligtings te hervat nie nadat haar kraamverlof verstryk het, kan sy op aanbeveling van haar departements- of afdelingshoof die volgende keuse gebied word: 3.2.3.a om haar beskikbare jaarlikse verlof te neem; of 3.2.3.b om onbetaalde verlof te neem. 3.2.4 Kennisgewing van kraamverlof moet vergesel word van n bewys van swangerskap wat deur n geneesheer uitgereik is en die verwagte bevallingsdatum aandui. Werknemers moet minstens vier weke voor die aanvang van kraamverlof, of so gou dit redelikerwys moontlik is, kennis daarvan gee. 3.2.5 Werknemers wat gedurende die laaste drie maande van swangerskap n miskraam het of n stilgebore kind baar, is geregtig op kraamverlof vir tot ses weke na die miskraam of stilgeboorte, ongeag of die betrokke persoon reeds tydens die gebeurtenis met kraamverlof was. 3.3 Studiegeleenthede 3.3.1 Studiegeleenthede kan toegestaan word vir hoogstens 24 werkdae per jaar, wat aaneenlopend of onderbroke geneem mag word onderhewig aan die volgende bepalings: 3

3.4 Menslikheidsverlof 3.3.1.a Werknemers mag inskryf slegs vir kursusse waaruit die US reken die instelling sou kon voordeel trek. 3.3.1.b Twee dae kan per eksamengeleentheid vergun word. 3.3.1.c Wanneer n studiegeleentheid toegestaan word, moet daar oor die volgende ooreengekom word: Wat sal as bevredigende vordering beskou word? Indien die werknemer nie bevredigend vorder nie, sal die studiegeleentheid by die betrokke werknemer se jaarlikse verlof afgetrek word. 3.3.1.d Bepalings wat betref studiegeleenthede wat onderbroke geneem word: Die tydsduur vir bywoning van lesings, tutoriale en praktika van die US sal bereken word volgens die aaneenlopende voorgeskrewe tyd in die klas of laboratorium (pouses tussen periodes ingesluit) plus 20 minute. Indien werknemers klasse bywoon by n ander plek as op die kampus waar hulle werk, sal die volle reistyd ook ingesluit word by die werksure wat by hulle jaarlikse verlof afgetrek word. Werknemers mag altesaam hoogstens drie lesings per week gedurende werktyd bygewoon. 3.4.1 Menslikheidsverlof met volle betaling kan toegestaan word vir: 3.4.1.a drie werkdae per jaar; en 3.4.1.b n verdere 14 werkdae in elke driejaarsiklus. Altesaam 23 werkdae menslikheidsverlof is dus in n siklus van drie jaar beskikbaar. 3.4.2 Werknemers kan nie menslikheidsverlof ophoop nie. 3.4.3 Menslikheidsverlof vir n gedeelte van n dag of vir een of meer volle dae kan in die volgende gevalle toegestaan word: 3.4.3.a wanneer n werknemer se kind gebore word; 3.4.3.b wanneer n werknemer se kind siek is; 3.4.3.c wanneer ʼn werknemer se gade ernstig siek is; en 3.4.3.d wanneer ʼn werknemer se gade, ouer, skoonouer, aannemende ouer, grootouer, kind, kleinkind, broer of suster, of lid van sy of haar uitgebreide familie sterf. 3.4.4 Die US kan redelike bewys van n gebeurtenis vereis voordat menslikheidsverlof toegestaan word. 3.5 Verlof tot afwesigheid 3.5.1 Werknemers kan verlof tot afwesigheid van hoogstens 15 werkdae per 4

geleentheid ontvang om vergaderings, kongresse of ander byeenkomste by te woon, mits dit in belang van die US geag word. 3.5.2 Verlof kan ook verleen word vir langer tydperke of vir sekere bedrywighede wat nie vir verlof tot afwesigheid in aanmerking kom nie, mits die aantal dae waarmee die verloftydperk oorskry word, by die werknemer se jaarlikse verlof afgetrek word. 3.5.3 Om te verhuis word een werkdag per geleentheid toegestaan. 3.5.4 Om hofverrigtinge by te woon waarin die betrokke US-werknemer gedagvaar is om as getuie op te tree, word die werklike aantal dae dat die persoon in die hof benodig word (ʼn afskrif van die dagvaarding moet as bewys voorgelê word) toegestaan. 3.6 Onbetaalde verlof 3.6.1 Die US kan in spesiale gevalle, op voorwaardes soos deur die Universiteit bepaal, onbetaalde verlof aan werknemers toestaan, waarvoor hulle dan 25% van hulle KVI sal ontvang. 3.6.2 Werknemers verdien geen jaarlikse verlof gedurende n tydperk van onbetaalde verlof nie. 3.6.3 Werknemers moet eers al hulle jaarlikse verlof opgebruik voordat hulle vir onbetaalde verlof in aanmerking kan kom. Personeellede wat hierdie voordeel benut, moet agterna n kwart van die betrokke verloftydperk in die US se diens aanbly. 3.7 Teenwoordigheid by die werkplek 3.7.1 Werknemers wat nie met verlof of vir ʼn studiegeleentheid afwesig is nie, moet op werkdae op n Universiteitsperseel en by die werkplek wat aan hulle toegewys is, aanwesig wees. 3.7.2 Indien werknemers hulle take elders as by hulle normale werkplek moet verrig, moet hulle vooraf voldoende reëlings met hulle omgewingshoof of dekaan of dié se gedelegeerde tref oor waar hulle hulle sal bevind. 3.7.3 Omgewingshoofde of dekane kan aan werknemers goedkeuring verleen om amptelik erkende vergaderings of byeenkomste in die nabye omgewing van hulle kampus by te woon, mits: 3.8 Siekverlof 3.7.3.a die betrokke bedrywigheid werkverwant is; en 3.7.3.b die betrokke hoof weet waar die werknemers hulle sal bevind. 3.8.1 Werknemers wat n mediese sertifikaat of sertifikate kan voorlê wat vir die US aanneemlik is, is geregtig op hoogstens agt maande (aaneenlopend óf afsonderlike tydperke van altesaam agt maande) siekverlof gedurende elke agtereenvolgende dienstydperk van drie jaar. Vir die eerste vier maande ontvang sodanige werknemers hulle volle betaling; daarna kry hulle die helfte van hulle persoonlike KVI. 3.8.2 Siekverlof kan nie opgehoop word nie. 5

3.8.3 Siekverlof word op kalenderdae bereken, nie werkdae nie. Indien siekverlof vanaf n Vrydag tot n Maandag geneem word, beloop dit dus vier verlofdae. 3.8.4 Aansoeke om siekverlof vir langer as twee kalenderdae moet vergesel word van n aanvaarbare mediese sertifikaat wat die aard van die ongesteldheid duidelik uiteensit. 4. Woordomskrywings Tensy uit die sinsverband anders blyk, dra die volgende uitdrukkings die betekenis soos hier onder aangedui. 4.1 Gade 4.1.1 n persoon wat as regtens getroud erken word, of 4.1.2 n persoon wat al meer as ses maande met n ander persoon saamwoon en beoog om permanent so te bly saamwoon en wat redelikerwys, volgens die feite van die betrokke geval, as n deelgenoot in n permanente saamwoonverhouding aanvaar kan word 4.2 Koste van indiensname (KVI) Die totale KVI vir die werkgewer, met inbegrip van alle kontantvergoeding, voordele en bydraes tot bystandfondse; verpligte statutêre werkgewerbydraes en verlof word nie by die KVI ingesluit nie 4.3 Onbetaalde verlof 4.3.1 in die geval van kraamverlof: geen inkomste vanaf die US nie 4.3.2 in alle ander situasies: 25% van die werknemer se KVI 5. Ondersteunende dokumente Itemnommer Naam van dokument Geen Status (bv. uitgewys, in die proses of goedgekeur) 6. Verbandhoudende dokumente Itemnommer Naam van dokument Status (bv. uitgewys, in die proses of goedgekeur) DV0406 Voordelebeleid Goedgekeur Handtekening:. Datum: TP0426 Voordele tydelike aanstellings langer as drie maande (Junie 2017) 6