Jona en die Groot Vis

Vergelijkbare documenten
Jona en die Groot Vis

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Goeie Konings, Slegte Konings

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Toe God alles gemaak het

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

God eer Josef die slaaf

Simson, God se sterk Man

'n Man gestuur deur God

Die Kerk se Geboorte

Van Vervolger tot Prediker

Die Groot Muur van Nehemia

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Welkom by Die Storie God se storie

Petrus en die Krag van Gebed

Elisa, Man van Wonderwerke

Pragtige Koningin Ester

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Paulus se Verbasende Reise

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Paulus en sy vriende vertel ander van God

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

21. Die koning word gesalf

Die Groot Gebod dennis de wet

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Die brief aan die Filippense

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.)

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Bijbel voor Kinderen presenteert JONA EN DE GROTE VIS

1 Johannes 5: /03/2014

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

JONA 2:2. Votum en seën. Psalm 148 : 1. Gebed. Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Baie welkom by vanoggend se erediens

Preek Romeine 1:16-17

PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS

reageer.) Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink:

Transcriptie:

Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis

Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org 2013 Bible for Children, Inc. Lisensie: U het die reg om hierdie stories te kopieër en te druk maar u mag dit nie verkoop nie.

Baie jare gelede het 'n man met die naam Jona geleef in die land van Israel.

Een dag het God vir hom gesê om na Ninevé te gaan, die grootste, mees kragtigste stad in die wêreld.

Jona moes al die mense daar buite gaan waarsku dat God weet hoe boos hulle was.

Jona was ongehoorsaam aan God! In plaas van om na Ninevé te gaan het Jona op 'n skip geklim en weg gevaar in die teenoorgestelde rigting, na 'n plek met die naam Tarsis.

Die Here God het 'n sterk wind op die see laat opkom. Daar was 'n groot storm! Die matrose was bang die skip kan breek en sink.

Die storm het erger en erger geword. Vreesbevange het die matrose gebid vir hulle gode en al die vrag oorboord gegooi om die skip ligter te maak. Maar dit het niks gehelp nie.

Jona was die enigste persoon aan boord wat nie gebid het nie. In plaas daarvan het hy gelê en slaap binne-in die skip. Die skip se kaptein het hom gekry. Wat doen jy deur te slaap? Staan op! Bid tot jou God! Miskien sal jou God aan ons dink, sodat ons nie vernietig word nie.

Die matrose het gou besluit dat hulle probleem iets te doen het met Jona. Hy het gesê hy hardloop weg van die HERE. Hulle het gevra: Wat moet ons met jou doen sodat die see kan bedaar? Gooi my in die see, het Jona geantwoord. Want ek weet dis om my ontwil dat hierdie groot storm oor julle gekom het.

Die matrose wou Jona nie oorboord gooi nie. Hulle het geroei om die skip aan land te bring, maar hulle kon nie. Daar was net een ding om te doen!

Na hy gebid het vir vergifnis het die matrose Jona opgetel en oor die kant van die boot gegooi. Jona het verdwyn onder die golwe, die see het stil geword en die wind het gaan lê.

Die skielike verandering in die weer het die matrose bang gemaak, banger as wat die storm het. Hulle moes geweet het net God kan dit doen. In vrees en wonder, hulle het die HERE aanbid.

Intussen het die ongehoorsame boodskapper, Jona 'n groot verrassing. Hy het hulpeloos gesink in die dieptes van die see, Jona het geweet niks kon hom red van verdrinking. Hy sou verdrink het, maar God het ander planne gehad.

Die HERE het 'n groot vis gestuur om Jona in te sluk. Die vis was reg op tyd! Een sluk en Jona was uit die see en in die vis se maag. Jona het binne-in die vis gebly vir drie dae. Hy het baie tyd gehad om te dink en te bid.

Drie dae later, het Jona uiteindelik belowe om God gehoorsaam te wees. Dadelik het God met die vis gepraat en hy het Jona op die strand uitgespoeg.

Weereens het God vir Jona gesê het om na Nineve te gaan en God se Woord te verkondig. Hierdie keer het Jona gegaan! Jona het in die stad geskree, In veertig dae, sal Ninevé verwoes word.

Die mense van Ninevé het God se woord geglo. Hulle het sonder kos gebly en in sak en as gesit om God te wys dat hulle jammer was vir hulle sondes. Selfs die koning het hom verootmoedig voor God. Hy het van sy troon afgeklim en in sak en as gaan sit. Hy het elkeen beveel om te draai van hul verkeerde weë en geweld en om te bid dat die Here hulle sal vergewe.

God het hulle vergewe! Dit moes n wonderlike dag van blydskap in Nineve wees toe die mense besef dat God hulle vergewe het.... Maar een persoon was baie kwaad. Jona!

Hoekom was Jona kwaad? Hy het aan God gesê, Ek het geweet dat U 'n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid. Met ander woorde, Jona het geweet dat God altyd die vergewe wat jammer is oor hulle sondes en gehoorsaam is aan God se Woord. Dit blyk dat Jona nie van die mense van Nineve gehou het nie. Hy wou nie hê God moes hulle vergewe nie.

Jona was so kwaad vir God dat hy sê, Neem my lewe van my, want die dood is vir my beter as die lewe.

Jona het buite die stad gesit en wag om te sien wat God volgende gaan doen. Die Here God het 'n plant met groot blare laat groei. Dit het vinnig gegroei en die skadu het Jona uit die warm son gehou die hele dag.

Die volgende oggend het God 'n wurm gestuur wat die plant dood gemaak het. Die Here het toe n warm sterk wind gestuur wat Jona gewaai het totdat hy gedink het hy sou sterf. Al hierdie dinge het Jona nog kwater gemaak.

Toe sê die Here vir Jona: Het jy enige reg om kwaad te wees? Jy voel jammer vir die wingerdstok waarvoor jy nie gewerk het en laat groei het nie. Dit het oornag opgekom en oornag gesterf.

Hoekom moet Ek my nie ontferm oor Ninevé, die groot stad, met sy duisende mense nie?

Jona en die Groot Vis n Storie uit God se woord, die Bybel, soos gevind in Jona Die lees van die Woord gee lig. Psalms 119:130

Die Einde

Die Bybel storie vertel ons van ons wonderlike God wat ons gemaak het en wat wil he dat ons Hom sal leer ken. God weet ons het verkeerde dinge gedoen, Hy noem dit sonde. Die straf vir sonde is die dood, maar God het ons so lief dat hy sy Seun, Jesus vir ons gestuur het wat vir ons sondes aan die kruis kom sterf het. Jesus het opgestaan uit die dode en opgevaar na die Hemel! Wanneer jy in Jesus glo en Hom vra om jou te reinig van al jou sonde, sal hy dit doen! Hy sal saam met jou stap deur die lewe, en jy sal vir ewig lewe saam met Hom. As jy glo dat dit die waarheid is, se die volgende vir God: Liewe Jesus, ek glo dat U God is, en mens geword het om vir my sondes te kom sterf en nou vir ewig lewe. Kom stap asseblief saam met my deur my lewe en vergewe my my sondes, sodat ek n nuwe lewe kan he, sodat ek eendag saam met U vir ewig kan lewe. Help my om vir U te luister en gehoorsaam te wees, sodat ek vir U sal lewe en U kind genoem kan word. Amen Lees die Bybel en praat met God elke dag! Johannes 3:16