A. ALGEMENE INLIGTING

Vergelijkbare documenten
A. ALGEMENE INLIGTING

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid

Stuur die aansoekvorm aan:

Stuur die aansoekvorm aan:

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Dit begin alles hier. Teologie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Eerstejaarsakademie Midjaar/Eindjaar-assessering Gebruikersgids

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2017

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

OUERAAND BEROEPSLEIDING:

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2019

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

Kodes vir Afkeurredes

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

AANSOEK OM STUDIELENING

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

Animato Koorkompetisie/Choir

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

DIE VOORTREKKERS PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS VANAF 2016 PRESIDENTSVERKENNER PROSPEKTUS 2016: 2015/04/27 BLADSY 1 VAN 9

Trek jou NWU-tekkies aan en loop ʼn dag in die skoene

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Dit begin alles hier. Teologie

BELEID VIR PLASING IN KOSHUISE EN LUISTER-, LEER- EN LEEFHUISE, ASOOK INDELING BY PSO-WYKE EN KLUSTERS

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

REKORD- EN EINDEKSAMEN

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS HOËRSKOOL DRIEHOEK

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

REGLEMENT INSAKE DIE AANSTELLING VAN VOLTYDSE DEKANE

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

Transcriptie:

FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN MB,ChB-STUDENTE 2017 VIR 2018 A. ALGEMENE INLIGTING 1. Vir toelating tot die MB,ChB-graadprogram (hoofstroom en verlengde graadprogram) moet n aansoeker in besit wees van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi, of n gelykwaardige kwalifikasie met n gemiddeld van minstens 70% (vlak 6) (Lewensoriëntering uitgesluit), en met minstens 50% (vlak 4) in Wiskunde, sowel as Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe. Op grond van die hoogstaande meriete van die meeste aansoekers, is voldoening aan die minimum toelatingsvereistes geensins n waarborg van suksesvolle keuring nie. 2. Aangesien ongeveer 25-30% van die gekeurde aansoekers nie die keuringsaanbod aanvaar nie, word daar aanvanklik meer aansoekers gekeur om te kompenseer ten einde uiteindelik die mikpunt van ongeveer 270 (hoofstroomprogram) in totaal te bereik. 3 Gedurende die keuringsproses word daarna gestreef dat die geslagsprofiel van die groep gekeurde kandidate n weerspieëling sal wees van die geslagsprofiel van aansoekers wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen. 4. Hoogstens 2 plekke word gereserveer vir aansoekers wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen en wat op versoek van die Rektor toegelaat word o.g.v. buitengewone oorwegings (soos deur die Rektor self bepaal). 5. Jaarlikse hersiening van die getal studente toegelaat tot die program is op grond van: Opleidingskapasiteit t.o.v. menslike hulpbronne, infrastruktuur en die kliniese opleidingsplatform. Streeks- en landsbehoeftes Inskrywingsbeplanning van die Universiteit 6. Slegs aansoeke van aansoekers wat MB,ChB as eerste keuse stel sal oorweeg word. 7. Kandidate kan nie hul keuring uitstel van een jaar na n volgende nie. Indien n aansoeker dus suksesvol is en nie sy/haar keuring aanvaar nie, moet sodanige aansoeker normaalweg weer van vooraf aansoek doen om oorweeg te word vir keuring in die toekoms. 8. Sodra die finale Nasionale Seniorsertifikaatpunte (of ekwivalent) in Januarie van die daaropvolgende jaar beskikbaar raak, word hierdie punte en/of die verbeterde NNTuitslae in die plek van onderskeidelik die graad 11-punte en die oorspronklike NNTuitslae gebruik, en die merietelysvolgorde word dienooreenkomstig aangepas. 1

B. RIGLYNE VIR DIE KEURING VAN MB,ChB-STUDENTE Aansoekers word oorweeg in die drie verskillende kategorieë, soos hieronder uiteengesit. B1. Huidige leerders (graad 12) en gematrikuleerdes (bl 2 4); B2. Ingeskrewe Universiteit Stellenbosch studente (bl 5 6); B3. Aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (bl 6 7). 1. HUIDIGE LEERDERS (GRAAD 12) EN GEMATRIKULEERDES 1.1 Keuring van hierdie groep vind plaas tydens die eerste keuringsgeleentheid gedurende die tweede semester van die voorafgaande jaar. 1.2 Aansoekers wat langer as drie jaar gelede gematrikuleer het, kan nie binne hierdie kategorie oorweeg word nie en word aangeraai om eers hulself voor te berei vir oorweging in kategorie B2 of B3. Let egter daarop dat keuring in hierdie kategorieë steeds nie gewaarborg kan word nie. 1.3 Aansoekers in hierdie kategorie word soos volg op grond van. akademiese, sowel as nie-akademiese meriete gekeur: 1.3.1 Akademiese prestasie op skool, wat 45% van die keuringsfaktor uitmaak. 1.3.1.1 In die geval van huidige leerders (Graad 12) word die gemiddelde akademiese persentasie behaal in die Graad 11-eindeksamens gebruik. 1.3.1.2 In die geval van gematrikuleerdes word die gemiddelde akademiese persentasie behaal in die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen of ekwivalent gebruik. 1.3.1.3 Vir keuring tot die hoofstroomprogram sal voorkeur gegee word aan aansoekers wat minstens 75% in genoemde eksamens behaal het. 1.3.2 Nasionale Normtoetse (NNT), wat 30% van die keuringsfaktor uitmaak. Die gemiddelde persentasie wat behaal is in die toetse word hier gebruik. 1.3.3 Nie-akademiese meriete, wat 25% van die keuringsfaktor uitmaak. 1.3.3.1 Die nie-akademiese merietepunt word o.g.v. die onderstaande skaal bereken. Inligting word verkry vanaf n gestruktureerde vraeboog. Die korrektheid van die inligting moet deur die skoolhoof verifieer word. Die onus berus op die aansoeker en die skoolhoof om te verseker dat die inligting volledig en korrek is. INLIGTING T.O.V. MAKSIMUM PUNT Leierskap 5 Gemeenskapsdiens 4 Kultuuraktiwiteite 4 2

Sport 4 Ander besondere prestasies 4 Taalvaardigheid (in SA tale) 3 Verbintenis met US (ouer(s)/broer(s)/suster(s) is 2 oudstudente/huidige studente/personeel) Landelike herkoms 4 Deeltydse of na-uurse beroep 1 1.3.3.2 Die puntetelling by elkeen van die items is die maksimum punt verwerfbaar. Die punte word bereken volgens spesifieke en konsekwente kriteria. Slegs prestasies wat gedurende die laaste 3 jaar op hoërskoolvlak behaal is word in aanmerking geneem. 1.3.3.3 Geen byvoegings of ander veranderinge aan die nie-akademiese merietevorm sal toegelaat word nadat dit die keuringskantoor bereik het nie. Die enigste uitsondering wat toegelaat sal word is prestasies wat behaal is na versending van die vorm en wat deur die betrokke skoolhoof verifieer is en mits dit nie later as einde Junie van die betrokke jaar deur die keuringskantoor ontvang word nie. 1.4 Die keuringsfaktor word bereken deur die akademiese skoolprestasie, die gemiddelde prestasie in die NNT en nie-akademiese merietepunte saam te tel in n 45:30:25-verhouding. Alle aansoekers word dan op grond van hul keuringsfaktor op n merietelys geplaas, wat die basis vorm vir die keuring van hierdie studente. 1.5 Die keuringsproses geskied as volg: 1.5.1 Die top 110 aansoekers wat SA burgers is, word in prioriteitsvolgorde volgens die keuringsfaktor gekeur ongeag enige ander oorwegings. 1.5.2 Daarna word Indiër of Asiër aansoekers uit die Wes- en Noord-Kaap asook bruin en swart Afrikaan aansoekers uit al die provinsies gekeur mits hul voldoen aan die minimum toelatingsvereistes en totdat 270 plekke gevul is 1.5.3 n Verdere 40 swart Afrikaan aansoekers word vervolgens gekeur, mits hulle aan die minimum toelatingsvereiste van n 70% gemiddelde persentasie voldoen. 1.5.4 Aansoekers met n gemiddelde persentasie tussen 70% en 74.9% kan tot die hoofstroom toegelaat word, indien hulle in minstens twee van die NNT-toetse die proficient vlak behaal het. 1.5.5 Indien die hoofstroomprogram nie op bogenoemde wyse (soos beskryf in 1.5.1 tot 1.5.4) gevul word nie, sal wit en Indiër- of Asiërstudente volgens meriete en met inagneming van die geslagsprofiel oorweeg word totdat alle plekke gevul is. 1.5.6 Wanneer al die beskikbare plekke gevul is, word die oorblywende aansoekers op die merietelys as waglyskandidate beskou. Die volgorde word steeds bepaal deur die berekende keuringsfaktor. 3

Sodra die finale Nasionale Seniorsertifikaatpunte (of ekwivalent) in Januarie van die daaropvolgende jaar beskikbaar raak, word hierdie punte en/of die verbeterde NNT-uitslae in die plek van onderskeidelik die graad 11-punte en die oorspronklike NNT-uitslae gebruik, en die merietelys- (waglys-) volgorde word dienooreenkomstig aangepas. Kansellasies word eerstens vanaf die merietelys volgens keuringsfaktorvolgorde aangevul, met inagneming van die geslags-, ras- en geografiese profiel van die eerstejaarsinname, mits daar plek is in die program. 1.5.7 Die doel van die MB,ChB verlengde graadprogram (VGP) is om sosio-ekonomies benadeelde studente te help met toegang tot die mediese opleidingsprogram. Sosio-ekonomiese benadeling word gemeet deur n sosio-ekonomiese status (SES) - faktor te bereken wat die volgende indikatore in ag neem: onderwysbenadeling (gebaseer op skoolkwintiele en skoolfonds), ekonomiese benadeling (gebaseer op maatskaplike of ongeskiktheidstoelae) en eerste generasie-status (gebaseer op die opvoedkundige vlak van die ouers). Die SES faktor wissel van 10 (mees benadeel) tot 0 (minste benadeel). Swart Afrikaan en bruin aansoekers, en wit en Indiër of Asiër aansoekers van die Wesen Noord-Kaap, wat nie reeds vir die hoofstroomprogram gekeur is nie, word oorweeg vir toelating tot die VGP. Hierdie groep maak dus nie deel uit van die hoofstroomprogram nie. Slegs 20 plekke is jaarliks beskikbaar vir toelating tot die VGP. Plekke sal in orde van meriete deur aansoekers met ʼn SES-faktor van 6 of hoër gevul word. Die afsny-telling van die SES faktor kan wel aangepas word in ooreenstemming met die aansoekpoel. Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat die intermediêre vlak (of hoër) in minstens 2 van die NNT toetse behaal het. Wanneer al die beskikbare plekke in die VGP gevul is, word die oorblywende aansoekers op die merietelys wat kwalifiseer vir die VGP as waglyskandidate vir die VGP beskou. Sodra die finale Nasionale Seniorsertifikaatpunte (of ekwivalent) in Januarie van die daaropvolgende jaar beskikbaar raak, word hierdie uitslae en/of die verbeterde NNT-uitslae in die plek van onderskeidelik die graad 11-punte en die oorspronklike NNT-uitslae gebruik, en die merietelysvolgorde word dienooreenkomstig aangepas. Kansellasies word volgens keuringsfaktorvolgorde vanaf die merietelys aangevul, mits daar plek is in die program. 2. INGESKREWE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH-STUDENTE 2.1 Plekke word gereserveer vir studente van die Universiteit Stellenbosch wat SA burgers is en wat toepaslike studierigtings (by voorkeur natuurwetenskappe-verwant) volg. As gevolg van die beperkte aantal plekke in die program, kan geen student wat by aansoek by ʼn ander instelling geregistreer is, vir keuring oorweeg word nie. 4

2.2 Die volgende groeperings van ingeskrewe studente word in hierdie kategorie oorweeg: Eerstejaar-Baccalaureus studente (sien uitsondering by 2.3) Finalejaar-Baccalaureus studente (in n 3-jaar Baccalaureus graad) (sien uitsondering by 2.3) Nagraadse studente o Honneurstudente en finalejaar studente (in n 4-jaar Baccalaureus graad) (sien uitsondering by 2.3) o o Finalejaar Magisterstudente Doktorale studente wat hul doktorale studie voltooi gedurende die jaar waarin hulle aansoek doen Die keuringsverhouding van bogenoemde groeperings sal die verhouding van die aansoekers wat aan die vereistes vir hierdie groeperings voldoen (kyk 2.6), reflekteer. 2.3 Ingeskrewe studente wat n ander keuringsprogram in Gesondheidswetenskappe volg, sal nie vir keuring oorweeg word nie. 2.4 Die aansoeke sluit op 30 September en word vroeg in Desember, nadat die finale uitslae beskikbaar is, oorweeg. Studente wat nie van die eerste eksamengeleentheid gebruik maak nie, sal nie oorweeg kan word nie. 2.5 Hierdie groep word gekeur o.g.v. akademiese prestasie asook enkele ander oorwegings (sien 2.6): Die gemiddelde akademiese prestasie van ingeskrewe studente word as volg bereken: in die geval van eerstejaars (BSc I en ander programme) word die geweegde gemiddelde persentasie van die eerstejaar bereken. in die geval van finalejaars word die geweegde gemiddelde persentasie van al die studiejare gesamentlik bereken. In die geval van nagraadse studente (uitgesonderd doktorale studente), sal die finale punt vir die program gebruik word. 2.6 Vir hierdie kategorie van aansoekers sal die volgende bykomende riglyne ook geld: 2.6.1 In die geval van eerstejaars (meestal BSc I-studente) sal slegs studente wat al hul eerstejaarsvakke met ʼn geweegde gemiddeld van minstens 70% slaag, oorweeg word. 2.6.2 In die geval van studente wat die voorgraadse kwalifikasie in die betrokke jaar voltooi, sal voorkeur verleen word aan studente wat die graad in die voorgeskrewe tyd voltooi met n geweegde gemiddelde persentasie van minstens 70% oor die duur van die program. 2.6.3 In die geval van nagraadse ingeskrewe studente, word voorgraadse prestasie ook in oorweging geneem. Voorkeur sal gegee word aan studente wat vorige grade met ʼn geweegde gemiddeld van minstens 60% geslaag het, en wat minstens 70% verwerf vir 5

die nagraadse kwalifikasie waarvoor hulle by aansoek geregistreer is en wie ʼn motiveringsbrief by hul aansoek insluit. 2.7 Voorgraadse studente word in prioriteitsvolgorde o.g.v. voorgaande oorwegings (2.6.1 en 2.6.2) gerangskik, en dit dien as vertrekpunt vir die keuringsproses. 2.8 Nagraadse aaansoekers in hierdie kategorie word in prioriteitsvolgorde o.g.v. voorgaande oorwegings in 2.6.3 gerangskik, waarna ʼn kortlys van verdienstelike aansoekers saamgestel word. Aansoekers op die kortlys sal na persoonlike onderhoudvoering finaal gekeur word. Uitnodiging na n onderhoud dien geensins as waarborg dat n aansoeker wel gekeur sal word nie. 2.9 Wanneer al die beskikbare plekke gevul is, word aansoekers wat kwalifiseer op n waglys geplaas in volgorde van akademiese meriete. Kansellasies kan in merietevolgorde van die waglys aangevul word, mits daar plek is in die program. 2.10 Studente wat gekeur word vir MB,ChB I sou volgens bepaalde kriteria vrygestel kon word van ooreenstemmende modules wat hul geslaag het, maar sal al die ontbrekende modules vir MB,ChB I moet aanvul, ten einde na MB,ChB II in die daaropvolgende jaar te kan promoveer. 3. AANSOEKERS MET NASKOOLSE KWALIFIKASIES EN/OF BEROEPSERVARING 3.1 Keuring van hierdie groep aansoekers vind tydens die eerste keuringsgeleentheid gedurende die tweede semester van die voorafgaande jaar plaas. 3.2 Ongeveer 20 plekke sal gereserveer word vir persone met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring, en wat by aansoek nie vir enige verdere kwalifikasie geregistreer is nie. Aansoekers wat by aansoek vir enkele losstaande modules op tersiêre vlak vir nie-graaddoeleindes geregistreer is, kan ook in hierdie kategorie oorweeg kan word. 3.3 Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat reeds voorheen n tersiêre kwalifikasie (NQF vlak 7 en hoër) in die normale tyd, en met n geweegde gemiddelde van 60% of hoër geslaag het, en ʼn motiveringsbrief by hul aansoek insluit. 3.4 Hierdie aansoekers word oorweeg op akademiese meriete, sowel as nie-akademiese faktore. n Kortlys van verdienstelike aansoekers word na oorweging van alle aansoeke in hierdie kategorie saamgestel. 3.5 Aansoekers op die kortlys sal na persoonlike onderhoudvoering finaal gekeur word. 3.6 Uitnodiging na n onderhoud dien geensins as waarborg dat n aansoeker wel gekeur sal word nie. 6

C. KEURING VAN BRUIN, SWART AFRIKAAN EN INDIËR OF ASIËR AANSOEKERS 1. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bepaal jaarliks in onderlinge oorleg met die Viserektor (Leer en Onderrig), inskrywingsteikens wat belyn is met, onder andere, die Nasionale Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se riglyne vir die transformasie van die hoër onderwyssektor en die institusionele inskrywingsbeplanning wat daaruit voortspruit, sowel as die Universiteit se verbintenis tot inklusiwiteit en diversiteit. 2. In die geval van huidige leerders (B1) word die keuringsfaktor volgens dieselfde formule bereken soos beskryf. Dit word egter by keuring tot die verlengde graadprogram (VGP) in ag geneem dat sommige van hierdie aansoekers moontlik nie al die nodige geleenthede gehad het om akademies, sowel as nie-akademies te kan presteer nie, en keuring geskied dus nie uitsluitlik volgens die keuringsfaktor nie. D. AANSOEKERS WAT NIE SUID-AFRIKAANSE BURGERS IS NIE OF NIE N PERMANENTE VERBLYFPERMIT VIR SUID- AFRIKA HET NIE 1. Sodanige aansoekers sal nie oorweeg word nie. 2. Aansoekers met amptelike vlugtelingstatus moet volgens wetgewing oorweeg word. Slegs SA burgers kwalifiseer egter vir institusionele beurse en lenings, asook vir NSFAS-befondsing. Aansoekers met vlugtelingstatus moet dus hul finansiële posisie in ag neem wanneer n plek in die MB,ChB program opgeneem word. E. DIE AFLê VAN DIE NASIONALE NORMTOETSE (NNT) ( NATIONAL BENCHMARK TESTS ) ( NBT ) 1. Alle huidige leerders of gematrikuleerdes (B1) wat aansoek doen om toelating tot MB,ChB ongeag watter persentasie of totaal hulle in die finale graad 11- of 12- eksamens behaal het, moet die NNT aflê. Die gemiddelde prestasie in hierdie toetse dra 30% by tot die keuringsfaktor. 2. Die toetse sal landswyd by verskeie sentra afgeneem word. 3. Voornemende Gesondheidswetenskappe-studente moét voor die sperdatum soos jaarliks bepaal (sien www.maties.com) die NNT aflê en moet betyds (minstens 3 weke voor die toetsdatum) by www.nbt.ac.za vir die toetse registreer ten einde n plek in die betrokke toetssentrum te verseker. 4. Voornemende studente moet al die toetse op dieselfde dag aflê. 7

5. Indien n aansoeker die toetse by meer as een geleentheid in dieselfde jaar aflê, sal die uitslae wat teen einde Julie beskikbaar is in ag geneem word by keuring in die tweede semester; die NNT-uitslae wat teen einde Desember beskikbaar is, sal in Januarie gebruik word saam met die NSS-uitslae vir keuring vanaf die merietelys. 6. Ingeskrewe universiteitstudente (B2) en aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (B3) word vrygestel van hierdie vereiste. F. PROSEDURES WAT GEVOLG WORD M.B.T. DIE KEURINGS- PROSES 1. AANSOEKVORMS 1.1 Aansoekers kan aanlyn aansoek doen by www.maties.com 1.2 Die sluitingsdatum vir die indiening van aansoeke, insluitend die nie-akademiese meriete vraelys vir oorweging tydens die aanvanklike keuringsproses, is 31 Mei van die jaar wat registrasie voorafgaan. 2. VERWERKING VAN AANSOEKE 2.1 ʼn Volledige databasis van elke aansoeker word saamgestel uit die inligting wat deur die aansoeker op die aanlyn-aansoekvorm ingevoer is. Die punte van huidige leerders of gematrikuleerdes (B1) word terselfdertyd rekenaarmatig verwerk. 2.2 Die vraelyste oor nie-akademiese meriete word nagesien en die punte daarvan bereken soos uiteengesit in B1.2.3. Hierdie punte word ook ingevoer op die rekenaar en, tesame met die skoolpunte en NNT-uitslae, rekenaarmatig verwerk om sodoende die keuringsfaktor te bepaal. (Hierdie keuringsfaktor word gebruik om n aansoeker se posisie op die merietelys te bepaal). 2.3 Die akademiese rekords van ingeskrewe studente (B2) sowel as dié van gegradueerdes (B3) word per hand verwerk en n gemiddelde persentasie word bereken. Hierdie studente word dan op grond van akademiese prestasie oorweeg, alhoewel nieakademiese meriete wel in die geval van gegradueerdes (B3) in berekening gebring mag word. 2.4 Daar word van aansoekers verwag om n onderneming te gee dat alle inligting wat verskaf word akkuraat is. Indien daar nadat n aansoeker gekeur is bevind word dat vals inligting verskaf is of dat inligting weerhou is, kan so n aansoeker hulle keuring verbeur. 3. KEURINGSGELEENTHEDE 3.1 Die eerste keuring vind in die tweede semester van die voorafgaande jaar plaas. By hierdie geleentheid word die huidige leerders en gematrikuleerdes (B1) en aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring (B3) oorweeg. Die keuring van 8

laasgenoemde aansoekers (wat op n kortlys geplaas is) word eers finaal na onderhoudvoering met lede van die Keurkomitee afgehandel (sien B3.5 en B3.6). 3.2 Die aansoeke van ingeskrewe studente (B2) word eers in Desember oorweeg nadat hulle finale Universiteitsuitslae beskikbaar is. 3.3 Scimathus studente word in Januarie in dieselfde kategorie as gematrikuleerdes (B1) oorweeg (op grond van hul nuwe keuringsfaktor). 3.4 Verdere keuring vind deurlopend vanaf die merietelys plaas, afhangende van die kansellasies wat ontvang word en beskikbare plekke in die program. 3.5 Keuring word finaal afgehandel binne 2 weke na aanvang van die eerstesemester klasse vir MB,ChB I. 4. UITSTUUR VAN KEURINGSBRIEWE 4.1 Na afloop van keuringsvergaderings word aansoekers elektronies van die keuringsuitslag in kennis gestel. 4.2 Die gekeurde aansoekers moet binne 4 weke vanaf die versending van die keuringsbriewe terugantwoord of hulle die aanbod aanvaar, al dan nie. 4.3 Indien hulle die keuringsaanbod aanvaar, is die voorgeskrewe keuringsdeposito betaalbaar. Die bedrag word tot die student se krediet gereken. Studente wat hul keuringsaanbod aanvaar, die voorgeskrewe keuringsdeposito betaal en daarna uit eie wil die keuring kanselleer, se keuringsdeposito is nie terugbetaalbaar nie. 4.4 Die plekke van aansoekers wat nie op die aanbod reageer nie, en wat nie administratief opgespoor kan word nie, word gekanselleer. 5. AANSOEKERS WAT NIE MEER AAN DIE TOELATINGSVEREISTES VOLDOEN NADAT DIE FINALE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAATUITSLAE BESKIKBAAR IS NIE 5.1 Aansoekers wat gedurende die eerste keuringsronde voorwaardelik gekeur is, maar wat na hul finale matriekuitslae nie meer voldoen aan die minimum toelatingsvereistes nie, se keuringsaanbod sal verval en die keuringsdeposito sal terugbetaal word. G. SAMESTELLING VAN DIE KEURKOMITEE Die Keurkomitee bestaan uit die onderstaande lede: Dekaan, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 9

Visedekaan: Leer en Onderrig, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Visedekaan: Sosiale Impak en Kliniese Dienste, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe MB,ChB Programkoördineerder (Voorsitter) Ses* lede aangewys deur die Fakulteitsraad, waarvan een uit die prekliniese en een uit die primêre gesondheidswetenskappe moet wees Een lid uit die geledere van die Aanvullende Gesondheidswetenskappekeurkomitee, aangewys deur hierdie keurkomitee Direkteur: Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid * Die aantal lede aangewys tot hierdie komitee is afhangend van die goedkeuring van die Fakulteitsraad (FGGW) April 2017 10