FINANSIËLE REKENINGKUNDE 300

Vergelijkbare documenten
TrueHealth se ekwiteit het op 15 Oktober 2010 uit die volgende kredietsaldo s bestaan:

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE REKENINGKUNDE 2B

FINANSIËLE REKENINGKUNDE

Departement Rekeningkunde

Departement Rekeningkunde

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE UP

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe. Departement Rekeningkunde. Eksamen periode: 2de semester. Module kode: FRK300. Duur: 4 ure (240 minute)

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE UP

Hoeveelheid R - Denim material 1,5 meter 40 - Knope Garing 200 meter 1 - Direkte arbeid 87 - Vervaardigingsbokoste toegedeel 113

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Departement Rekeningkunde. Eksamen periode: 2 de semester. Module kode: FRK 300. Duur: 3 ure (180 minute)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Departement Rekeningkunde

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 REKENINGKUNDE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2012 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

DEBITEURE REKONSILIASIES

FINANSIËLE REKENINGKUNDE

Produsente TUSSENTYDSE RESULTATE. Belegging. Belegging. Beleggers. Toedeling SENWESBEL. Prestasie. Beleggers. Samewerking. Toedeling.

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I INLIGTINGSBOEKIE. VRAAG 1 VERVAARDIGING (37 punte; 22 minute)

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Finansiële rekeningkunde vir maatskappye. Departement Finansiële Rekeningkunde. Ingesluit vind asseblief bykomende vrae en oplossings.

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE UP

Departement Rekeningkunde

REKENINGKUNDE Gr 12 SEPTEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDBOEK

OORGANGSVERSLAG OORGANG NA INTERNASIONALE FINANSIËLE RAPPORTERINGSTANDAARDE (IFRS)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe

PROEFBALANS. Die proefbalans is n opsomming van al die grootboekrekeninge se totale.

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Departement Rekeningkunde. Finansiële Rekeningkunde FRK 211

Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Dunne Beperk. Die finansiële jaareinde is op 28 Februarie 2018.

Departement Rekeningkunde

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE

AANTEKENINGE BY DIE gekonsolideerde finansiële jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2014

Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)

Op 1 September 2016 het J Brown sy besigheid Brown Handelaars begin. Hy het besluit dat die besigheid n wins van 25% op verkoopprys sal handhaaf.

Eerste-keer toepassing van International Financial Reporting Standards (IFRS 1)

Ouditdokumentasie GEYSER & DU PLESSIS. Geregistreerde Rekenmeesters & Ouditeure Registered Accountants & Auditors

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

STUDIEBRIEF 201 VIR FAC1502 OPLOSSING WERKOPDRAG 01/1/2011 (EERSTE SEMESTER)

SPESIFIEKE TRANSAKSIES VASTE BATES.

REKENINGKUNDE: BEGELEI JY OF ONDERRIG JY NET?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENINGKUNDE ANTWOORDEBOEK VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2008

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Departement Rekeningkunde

"ESLOTE $EBITEURE $EBITEURE $EBITEURE KREDITEURE /NTLEDING BANKVERSOENING )NLEIDING "ELASTING VOORRAADSTELSEL OP )TEMS WAARDE

GRAAD 12 REKENINGKUNDE MODEL 2008 NAAM VAN LEERDER: ANTWOORDEBOEK

INHOUDSOPGAWE. HOOFSTUK 1: Boekhouding van publieke maatskappye bl HOOFSTUK 2: Hersiening om vordering te bepaal bl.

MAATSKAPPYSTAAT VAN FINANSIËLE POSISIE OP 31 MAART 2013

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 REKENINGKUNDE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I INLIGTINGSBOEKIE

Rekeningkune November Eksamen Graad 10 MEMORANDUM. Eienaars- No.

Gekonsolideerde staat van finansiële posisie op 31 Maart 2011

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL VAK: Rekeningkunde Graad 12 DATUM: 4 Augustus 2016 NAAM EN VAN : SLEUTEL:

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

REKENINGKUNDE - GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN GRAAD 11 REKENINGKUNDE ANTWOORDBOEK

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD: 11 REKENINGKUNDE ANTWOORDBOEK

rekeningkundige beleid vir die jaar geëindig 31 maart 2008

Direktoraat: Kurrikulum VOO REKENINGKUNDE VOORBEREIDING VIR GRAAD 10. Werkboek

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN OOS-KAAPLAND FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR GEëINDIG 28 FEBRUARIE 2007

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V1

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

Die volgende inligting is uit die finansiële rekords van Menlyn Elektrisiëns vir Junie 2016 verkry.

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

GRAAD 10 REKENINGKUNDE MODELVRAESTEL ANTWOORDEBOEK. Hierdie antwoordeboek bestaan uit 18 bladsye.

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

EUROPA Trust Company 2

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Departement Rekeningkunde

2. Voorlopige kolomtotale van die Kontantjoernale op 30 September 2018:

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Transcriptie:

FINANSIËLE EKENINGKUNDE 300 JAATOETS 3 ** 2 Oktober 2014 PUNTE: 120 ** TYD: 180 minute A Smit / K B Leith / W M Badenhorst Universiteit van Pretoria (alle regte voorbehou)

1 VAAG 1 (40 punte) HIEDIE VAAG BESTAAN UIT TWEE ONAFHANKLIKE DELE. DEEL 1 (23 punte) COPPE CEEK BEPEK (CCB) is op die JSE Beperk onder die Voedselvervaardigers -sektor, genoteer. Die maatskappy vervaardig en botteleer verskeie produkreekse deur gebruikmaking van organiese gekweekte varsprodukte. Die maatskappy het n verslagdoeningsdatum van 30 Junie en het die Suid-Afrikaanse and (ZA) as sy funksionele- en aanbiedingsgeldeenheid. Bestuur het gedurende die jaar geëindig 30 Junie 20X13 besluit om die maatskappy se produklyne uit te brei, om n nuwe reeks van gegeurde olyfolies in te sluit. CCB moes as gevolg van hierdie besluit bykomende masjinerie aankoop. CCB het op 1 Maart 20X13 n nie-kanselleerbare aankoopsbestelling by n verskaffer in Kanada vir CAD650 000 geplaas, vir die aankoop van masjinerie wat in die meng en bottelering van die olyfoliereeks gebruik sal word. CCB het ook op hierdie datum n sewe-maande valutatermynkontrak (VTK) vir hierdie CAD650 000 aangegaan. Op 1 Maart 20X13 was die termynkoers CAD1 = 9,80 en die sigkoers was CAD1 = 9,76. Die Kanadese verskaffer is op 30 September 20X13 betaal, wat binne sy normale kredietvoorwaardes geval het. Die masjinerie is op 1 Augustus 20X13 vry-aan-boord vanaf Goose Bay, Kanada verskeep en het op 15 Augustus 20X13 by die hawe in Kaapstad aangeland. Op 1 Augustus 20X13 was die sigkoers CAD1 = 9,80 terwyl die termynkoers CAD1 = 9,85 (2 maande) was. Die masjinerie is by CCB se perseel in Epping, Kaapstad afgelewer waar dit geïnstalleer en getoets is voordat dit op 1 Oktober 20X13 beskikbaar was vir gebruik soos deur bestuur bedoel. CCB het gekies om skansrekeningkunde toe te pas en verskans die verandering in kontantvloeie, wat as gevolg van n verandering in buitelandsevaluta wisselkoerse kan ontstaan. CCB pas die nie-basisaansuiweringmetode (herklassifikasiemetode) per IAS 39.98(a), in die toepassing van die kontantvloeiskansmodel toe. Terugwerkende skanseffektiwiteitstoetsing word op n kumulatiewe grondslag gedoen. Die VTK is op 1 Maart 20X13 as die verskansingsinstrument aangewys en enige vaste verbintenis en buitelandsevaluta-krediteur wat uit hierdie transaksie voortspruit, is as die verskanste item aangewys. Die skans het aan al die skanskriteria per IAS 39.88, insluitend terugwerkende skanseffektiwiteitstoetsing, voldoen. Die volgende inligting is uit die finansiële rekenmeester se berekening van die kumulatiewe terugwerkende skanseffektiwiteitstoetsting ten opsigte van hierdie skansverhouding, onttrek (aanvaar dat al hierdie bedrae korrek bereken is):

2 30/06/20X13 01/08/20X13 Kumulatiewe wins op verskansingsinstrument 26 000 32 500 Kumulatiewe verlies op verskanste item 26 000 32 500 Die sigkoers was CAD1 = 9,75 op 30 September 20X13. Die volgende inligting hou verband met die bykomende kostes wat deur CCB aangegaan is om die masjinerie gereed te kry vir gebruik soos deur bestuur bedoel op 1 Oktober 20X13: Vervoerkostes aangegaan vanaf die hawe in Kaapstad na Epping 25 000 Installering- en monteringskostes aangegaan 15 000 Kostes aangegaan ten opsigte van die toetsing van die masjinerie om te verseker dat dit in n toestand is om gebruik te word soos deur bestuur bedoel 9 800 Opbrengs met die verkoop van die items wat gedurende die toetsing van die masjinerie vervaardig is (1 500) Personeelopleidingskostes aangegaan om werknemers wat met die nuwe masjinerie gaan werk, op te lei 18 500 Kostes aangegaan ten opsigte van n skemerkelkie wat vir werknemers gehou is om die nuwe vervaardigingsfasiliteit te open 10 200 Totale bykomende kostes aangegaan 77 000 Masjinerie word ingevolge die kosprysmodel verantwoord en word by wyse van die produksie-eenheidmetode, afgeskryf. Bestuur het op 1 Oktober 20X13 beraam dat die masjinerie 10 miljoen eenhede sal produseer, met geen beduidende reswaarde nie. CCB het gedurende die jaar geëindig 30 Junie 20X14, 1 518 000 eenhede verkoop en moes 2 000 eenhede vernietig aangesien dit nie die kwaliteitsbeheertoets geslaag het nie. Daar was op 30 Junie 20X14 geen onverkoopte voorraad voorhande nie. Bewyse beskikbaar aan bestuur vanuit interne verslagdoening op 30 Junie 20X14 het daarop gedui dat die ekonomiese prestasie van die masjinerie swakker sal wees as wat oorspronklik verwag is. Die finansiële rekenmeester het korrek bereken dat die masjinerie se billike waarde minus kostes om te vervreem op 30 Junie 20X14, 4,75 miljoen bedra het terwyl die gebruikswaarde 5 miljoen bedra het. VELANG: Berei die algemene joernaalinskrywings (kontanttransaksies ingesluit) vir Copper Creek Beperk in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFS), op SLEGS die volgende datums voor: 30 September 20X13; en 30 June 20X14 (Blaai om vir Let wel...)

3 Let wel: DEEL 2 ond berekende bedrae tot die naaste and af. Sluitingsjoernale word nie verlang nie. Joernaalomskrywings word nie verlang nie. U moet in die joernaalinskrywings aandui watter finansiële verslag geraak word (d.i. W/V, SFP, AOI, Ekwiteit) Joernaalinskrywings moet gedateer wees. Ignoreer alle belastingimplikasies. (17 punte) UP THE CEEK BEPEK (UTC) is op die JSE Beperk genoteer en het n verslagdoeningsdatum van 31 Desember. Die maatskappy verkoop rivierbootvakansiepakette waarvoor dit ook die rivierbote verskaf. Gedurende die jaar geëindig 31 Desember 20X14 was daar n beduidende toename in die vraag na rivierbootvakansies en UTC het as gevolg hiervan, bykomende rivierbote benodig. Aangesien die maatskappy nie voldoende kontantfondse beskikbaar gehad het nie, het bestuur besluit om die verkryging van een van hierdie bote deur die aangaan van n bruikhuurooreenkoms op 1 Januarie 20X14 (die aanvang van die huur), te finansier. Met die aanvang van die bruikhuur was daar geen redelike sekerheid dat UTC eienaarskap van die boot aan die einde van die huurtermyn sal verkry nie. UTC het kostes van 5 200 ten opsigte van die reëling en onderhandeling van die bruikhuurooreenkoms aangegaan. Die verhuurder het aanvanklike direkte kostes van 4 500 ten opsigte van hierdie bruikhuurooreenkoms aangegaan en het geraam dat dit aan die einde van die huurtermyn, die boot vir 850 000 sal kan verkoop. UTC het nie kennis gedra van die verhuurder se aanvanklike direkte kostes of die verhuurder se beraamde opbrengs met verkoop nie. Die volgende amortisasietabel is deur die finansiële rekenmeester van UTC ten opsigte van die bruikhuurooreenkoms voorberei (aanvaar dat dit korrek is): Datum van paaiement Paaiement Finansieringskoste Kapitaal Kapitaal uitstaande 2 630 000 1 Januarie 20X14 650 000-650 000 1 980 000 1 Januarie 20X15 650 000 297 014 352 986 1 627 014 1 Januarie 20X16 650 000 244 063 405 937 1 221 077 1 Januarie 20X17 650 000 183 170 466 830 754 247 1 Januarie 20X18 650 000 113 143 536 857 217 390 31 Desember 20X18 250 000 32 610 217 390-3 500 000 870 000 2 630 000 Die boot was op 1 Januarie 20X14 beskikbaar vir gebruik soos deur bestuur bedoel en is op 15 Januarie 20X14 in gebruik geneem. UTC verantwoord bote wat hulle besit, ingevolge die kosprysmodel en skryf dit ingevolge die reguitlynmetode oor hul beraamde nutsdure, af. Bote wat besit word, word geraam om n nutsduur van ses jaar elk te hê. Die reswaardes is onbeduidend.

4 Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens staan n jaarlike kapitaaltoelaag op bote teen 20% op die kosprys toe, wat nie vir n gedeelte van n jaar toegedeel word nie. Enige aanvanklike direkte kostes wat deur die huurder aangegaan word, word geag om van n kapitale aard te wees. Die wins voor belasting vir die jaar geëindig 31 Desember 20X14, nadat die bruikhuurooreenkoms in ag geneem is, was 1 806 600. Die volgende items is ook in ag geneem om by hierdie bedrag uit te kom: Dividendinkomste 18 000 entekoste aangegaan ten opsigte van die laat betaling van voorlopige belasting 12 200 Wins met verkoop van n masjien op 1 Januarie 20X14 (verwys (a) hieronder) 16 000 Salarisse en lone 920 000 Voorlopige belasting betaal 640 000 (a) Die masjien is op 1 Januarie 20X14 verkoop. Die drabedrag was 254 000 op hierdie datum terwyl die belastingbasis 230 000 was. Die oorspronklike kosprys van hierdie masjien was 260 000. Op 31 Desember 20X14 was daar bewyse van voldoende belasbare inkomste in die toekoms vir die erkenning van enige uitgesteldebelasting-bates. Aanvaar dat daar geen tydelike verskille, behalwe dié wat uit die gegewe inligting voortspruit, is nie. Die kredietsaldo op die uitgesteldebelasting-rekening was 6 720 op 1 Januarie 20X14. Die belastingkoers het onveranderd op 28% gebly. VELANG: Beantwoord hierdie deel van Vraag 1 in n aparte boek! Berei die Inkomstebelastinguitgawe -aantekening van Up The Creek Beperk vir die jaar geëindig 31 Desember 20X14, in ooreenstemming met IAS 12, Income Taxes, voor. Let wel: U lopendebelasting-berekening moet tussen nie-belasbare / nieaftrekbare items en tydelike verskille onderskei. ond berekende bedrae tot die naaste and af. Vergelykende bedrae word nie verlang nie. n Belastingkoersrekonsiliasie word nie verlang nie. Ignoreer Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW). Ignoreer Kapitaalwinsbelasting (KWB). Ignoreer Dividendterughoubelasting (DTB). n Detail uitgesteldebelasting-berekening gebaseer op al die bates en laste wat uit die gegewe inligting blyk, word verlang.

5 VAAG 2 (23 punte) GIFTS & THINGS BEPEK koop en versprei snuisterye in Suid-Afrika deur n netwerk van groothandelaars asook deur die maatskappy se eie winkels. Die maatskappy het onlangs n geleentheid geïdentifiseer om beeldjies van politieke figure te verkoop en het gedurende die afgelope paar jaar vinnige groei getoon. Die volgende bestuursinligting ten opsigte van die jaar geëindig 31 Desember 20X7 is beskikbaar: Gifts & Things Beperk Verkorte staat van finansiële posisie op 31 Desember 20X7 20X7 20X6 Bates Eiendom, aanleg en toerusting 47 700 850 12 455 300 Finansiële bates 1 691 000 420 000 Uitgestelde belasting - 155 500 Voorraad 8 622 300 2 355 450 Handelsdebiteure 5 050 400 1 414 700 Kontant en kontantekwivalente 3 297 900 1 219 800 Totale bates 66 362 450 18 020 750 Ekwiteit en laste Gewone aandelekapitaal 15 266 300 6 500 000 Behoue verdienste 4 788 371 3 387 100 Batevervangingsreserwe 267 000 153 000 Uitgestelde belasting 211 800 - Langtermynlenings en bruikhure 41 508 079 4 250 000 Handels- en ander krediteure 3 887 200 3 314 750 Lopende belasting betaalbaar 433 700 415 900 Totale ekwiteit en laste 66 362 450 18 020 750 Gifts & Things Beperk Verkorte staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste vir die jaar geëindig 31 Desember 20X7 20X7 20X6 Inkomste 170 522 013 79 115 303 Koste van verkope (151 552 001) (70 672 703) Bruto wins 18 970 012 8 442 600 Ander inkomste 55 114 41 322 Ander uitgawes (11 655 201) (7 602 305) Finansieringsinkomste 142 336 2 569 Finansieringskoste (5 413 449) (431 528) Wins voor belasting 2 098 812 452 658 Inkomstebelastinguitgawe (456 541) (130 230) Wins vir die jaar 1 642 271 322 428 Ander omvattende inkomste - - Totale omvattende inkomste vir die jaar 1 642 271 322 428

6 Bykomende inligting 1. Geen eiendom, aanleg en toerusting is gedurende die jaar geëindig 31 Desember 20X7 verkoop nie. Waardevermindering vir die jaar geëindig 31 Desember 20X7 het 5 114 200 beloop (20X6: 1 329 400). 2. Die finansiële bates het op 31 Desember 20X7 uit beleggings in gewone aandele en skuldbriewe bestaan. Die belegging in aandele is op 1 Januarie 20X2 aangekoop en word vir langtermyn strategiese doeleindes gehou. Dividendinkomste, wat in kontant ontvang is en by die lynitem Ander inkomste ingesluit is, het 29 600 vir die jaar geëindig 31 Desember 20X7 beloop (20X6: 25 100). Die belegging in skuldbriewe is op 1 Januarie 20X7 teen 1 275 000 aangekoop. Hierdie skuldbriewe het n sigwaarde van 1 250 000 en betaal rente teen n koeponkoers van 7,5% per jaar, halfjaarliks agterna op 30 Junie en 31 Desember. Die skuldbriewe sal op 31 Desember 20X16 teen n premie van 20% op sigwaarde afgelos word. Op 1 Januarie 20X7 was die markverwante rentekoers vir skuldbriewe met soortgelyke voorwaardes en risiko 9% per jaar, terwyl dit op 31 Desember 20X7 na 10% per jaar toegeneem het. Gifts & Things Beperk het slegs een besigheidsmodel ten opsigte van finansiële bates met die doel om die finansiële bates te hou ten einde kontraktuele kontantvloeie in te vorder. 3. Handelsdebiteure word na inagname van n toelaag vir kredietverliese van 512 000 (20X6: 67 200) getoon. Werklike kredietverliese van 45 000 (20X6: 32 100) is gedurende die jaar geëindig 31 Desember 20X7 direk in wins of verlies afgeskryf. 4. Geen gewone aandele is gedurende die afgelope twee finansiële jare teruggekoop nie. 5. Langtermynlenings en bruikhure bestaan uit banklenings en die saldo op n afbetalingsverkoopooreenkoms (AVO). ente op die banklenings word maandeliks agterna betaal terwyl die kapitaalbedrae in die toekoms as enkelbedrae aflosbaar is. Die AVO is op 31 Januarie 20X7 gesluit en bepaal dat Gifts & Things Beperk n paaiement van 1 miljoen maandeliks agterna vir n tydperk van vyf jaar moet betaal, beginnende op 28 Februarie 20X7. Die rentekoers implisiet in die huur is korrek as 12% per jaar bereken. 6. n Gewone dividend van 127 000 is gedurende die jaar geëindig 31 Desember 20X7 verklaar en betaal (20X6: nul).

7 VELANG: Berei slegs die Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite afdeling van die staat van kontantvloei van Gifts & Things Beperk vir die jaar geëindig 31 Desember 20X7 in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFS), voor. Let wel: Vergelykende bedrae word nie verlang nie. ond berekende bedrae tot die naaste and af. Aantekeninge tot die staat van kontantvloei word nie verlang nie. Gifts & Things Beperk gebruik die direkte metode om die staat van kontantvloei aan te bied en bied soveel items moontlik, as kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite aan.

8 VAAG 3 (37 punte) ENT-A-ACE BEPEK is n motorverhuringsmaatskappy en het n 28 Februarie verslagdoeningsdatum. Die maatskappy stel sy finansiële state ingevolge Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFS) op en het die Suid-Afrikaanse and (ZA) as sy funksionele- en aanbiedingsgeldeenheid. ent-a-acer Beperk se bedrywighede word deur n aantal takke regoor Suid-Afrika, asook verskeie takke in die buiteland, uitgevoer. Al die takke se bedrywighede word met n beduidende mate van outonomie uitgevoer. Die resultate en finansiële posisie van al die takke is reeds korrek by die proefbalans van ent-a-acer Beperk vir die jaar geëindig 28 Februarie 20X14 (hieronder) ingesluit, behalwe vir die resultate en finansiële posisie van n tak in Zanzibar (verwys punt 1). ent-a-acer Beperk het ook n aantal jare gelede n beherende belang in n mededinger genaamd Carty Beperk verkry, ten einde sy markaandeel in Suid-Afrika te vergroot (sien punt 2). Die volgende is uittreksels uit die proefbalanse van ent-a-acer Beperk en sy filiaal Carty Beperk vir die jaar geëindig 28 Februarie 20X14: ent-a- acer Beperk Carty Beperk (Dt)/Kt (Dt)/Kt Gewone aandelekapitaal 5 000 000 2 500 000 Voorkeuraandelekapitaal - 750 000 Behoue verdienste (1/3/20X13) 3 500 000 1 900 000 Herwaardasiesurplus - 346 050 Buitelandsevaluta-omrekeningsreserwe 322 500 - Merk-tot-mark reserwe 350 000 - Wins vir die jaar 1 200 000 842 800 Gewone dividende verklaar (500 000) - Voorkeurdividende verklaar - (262 500) Belegging in Carty Beperk teen billike waarde (3 695 000) - - 2 625 000 gewone aandele (3 350 000) - 200 000 voorkeuraandele (345 000) Takrekening: Zanzibar-tak (305 000) - 1. Tak in Zanzibar 1.1 Die funksionele geldeenheid van die Zanzibar-tak is die Tanzaniese Shilling (TZS). Die volgende is die proefbalans van die Zanzibar-tak vir die jaar geëindig 28 Februarie 20X14:

9 TZS TZS Dt Kt Verkope 5 000 000 Koste van verkope 2 270 000 Ander inkomste 120 000 Ander uitgawes 1 120 000 Finansieringskoste 100 000 Behoue verdienste (1/3/20X13) 5 030 000 Eiendom, aanleg en toerusting teen drabedrag 8 445 000 Hoofkantoorrekening 415 000 Langtermynlening 2 000 000 Bank 630 000 12 565 000 12 565 000 1.2 Die tak hou geen voorraad aan nie. Alle inkomste en uitgawes het gelykmatig gedurende die jaar opgeloop, behalwe waar spesifiek anders aangedui. 1.3 Ingesluit by Ander inkomste is n wins van TZS 80 000 wat op 31 Julie 20X13 uit die verkoop van kantoortoerusting ontstaan het. Die kantoortoerusting is aan n onafhanklike party buite die groep verkoop. 1.4 Die langtermynlening is op 1 Oktober 20X13 by n bank in Zanzibar aangegaan. Die rente op die lening is by Finansieringskoste in die bostaande proefbalans ingesluit. Die tak het geen ander finansieringskoste vir die jaar geëindig 28 Februarie 20X14 aangegaan nie. 1.5 Die tak het op 28 Februarie 20X14 n elektroniese fondsoorplasing van TZS 35 000 na ent-a-acer Beperk gemaak. Die oorplasing het nog nie op 28 Februarie 20X14 in die hoofkantoor se bankrekening gereflekteer nie en is dus nog nie by die saldo van die takrekening soos in ent-a-acer Beperk se proefbalans, in ag geneem nie. 1.6 Die volgende wisselkoerse is beskikbaar: 1 TZS = ZA 1 Maart 20X13 0,559 31 Julie 20X13 0,615 1 Oktober 20X13 0,629 28 Februarie 20X14 0,661 Gemiddeld vir die jaar (1/3/20X13 28/2/20X14) 0,610 1.7 Aanvaar dat die and-waarde van die tak se behoue verdienste 3,2 miljoen (krediet) op 1 Maart 20X13 bedra het. 2. Belang in Carty Beperk 2.1 ent-a-acer Beperk het die belang in Carty Beperk op 1 Maart 20X11 verkry en oefen sedert daardie datum beheer oor Carty Beperk uit. Die ekwiteit van Carty Beperk het op 1 Maart 20X11 uit die volgende bestaan:

10 (Dt)/Kt Gewone aandelekapitaal (3 500 000 aandele) 2 500 000 Voorkeuraandelekapitaal (verwys punt 2.2) 750 000 Behoue verdienste 1 400 000 Kontantvloeiskansreserwe (verwys punt 2.3) (75 000) Herwaardasiesurplus (verwys punt 2.4)??? 2.1.1 ent-a-acer Beperk verantwoord die beleggings in die filiaal teen billike waarde deur ander omvattende inkomste in sy afsonderlike finansiële state. Die billike waarde van die voorkeuraandele was sedert verkrygingsdatum gelyk aan die kosprys daarvan. ent-a-acer Beperk het nog nooit enige ander aandelebeleggings gehad nie. 2.1.2 Al die identifiseerbare bates en laste van Carty Beperk was geag billik gewaardeer te wees op 1 Maart 20X11. 2.1.3 ent-a-acer Beperk het gekies om die niebeherende belang in die gewone aandele van Carty Beperk, ingevolge die proporsionele metode te meet. 2.1.4 Die billike waarde van die niebeherende belang in die voorkeuraandele van Carty Beperk was op 1 Maart 20X11 gelyk aan die niebeherende belang se proporsionele deel van die ekwiteit toeskryfbaar aan die voorkeuraandele op daardie datum. 2.2 Die voorkeuraandelekapitaal van Carty Beperk bestaan uit 500 000 kumulatiewe voorkeuraandele met n vaste dividend van 15 sent per aandeel. Die voorkeuraandele is nie aflosbaar of omskepbaar nie en die voorkeurdividend is ten volle binne die diskresie van Carty Beperk. Die voorkeuraandele is op 1 September 20X9 uitgereik en geen voorkeurdividend is sedert uitreiking tot en met die jaar geëindig 28 Februarie 20X13 verklaar of betaal nie. (Verwys punt 2.6) 2.3 Die kontantvloeiskansreserwe op 1 Maart 20X11 het uit die verskansing van n buitelandsevaluta vaste verbintenis van Carty Beperk ontstaan. Carty Beperk gebruik nie-basisaansuiwering vir kontantvloeiskanse en die kontantvloeiskansreserwe is ten volle gedurende die jaar geëindig 28 Februarie 20X12 na wins of verlies geherklassifiseer. 2.4 Die herwaardasiesurplus van Carty Beperk het op 1 Maart 20X10 ontstaan toe Carty Beperk vir die eerste keer sy grond en administratiewe geboue na billike waarde / netto vervangingskoste geherwaardeer het. Die eiendom word elke drie jaar geherwaardeer. Die volgende is n ontleding van die saldo van die herwaardasiesurplus soos getoon in die proefbalans van Carty Beperk op 28 Februarie 20X14, wat u as korrek moet aanvaar:

11 Grond Geboue Totaal Herwaardasiesurplus 1/3/20X10 350 000 650 000 1 000 000 Belasting @ 28% - (182 000) (182 000) Saldo na belasting op 1/3/20X10 350 000 468 000 818 000 ealiseer deur gebruik (18 000 per jaar x 3 jaar) - (54 000) (54 000) Saldo op 1/3/20X13 350 000 414 000 764 000 Herwaardasietekort 1/3/20X13 (162 350) (248 400) (410 750) Bruto bedrag (162 350) (345 000) (507 350) Belasting @ 28% - 96 600 96 600 ealiseer deur gebruik - (7 200) (7 200) Saldo op 28/2/20X14 187 650 158 400 346 050 2.5 Carty Beperk het op 1 Desember 20X12 voertuie met n drabedrag van 875 000 aan ent-a-acer Beperk vir 997 500 verkoop. Die oorspronklike kosprys van die voertuie was 1 miljoen. Die voertuie het op datum van verkoop n oorblywende nutsduur van 3½ jaar gehad. Die voertuie was vir beide maatskappye deel van die vloot van voertuie wat verhuur word. 2.6 Die volgende ontleding van ekwiteit toeskryfbaar aan die voorkeuraandele van Carty Beperk soos op 28 Februarie 20X14, wat u as korrek moet aanvaar, is beskikbaar: Voorkeuraandele Totaal ent-a-acer Bpk (40%) NBB Met Sedert (60%) Met verkryging Voorkeuraandelekapitaal 750 000 Wins toeskryfbaar aan voorkeuraandele 112 500 Totale ekwiteit 862 500 345 000 517 500 Klandisiewaarde - - - Vergoeding + NBB 862 500 345 000 517 500 Sedert verkryging tot begin van huidige jaar Wins toeskryfbaar aan voorkeuraandele 150 000 60 000 90 000 607 500 Huidige jaar Wins toeskryfbaar aan voorkeuraandele 75 000 30 000 45 000 Voorkeurdividend verklaar (262 500) (105 000) (157 500) 825 000 345 000 (15 000) 495 000

12 3. Bykomende inligting 3.1 Die korporatiewe belastingkoers is 28%. 3.2 Ignoreer kapitaalwinsbelasting (KWB) en dividendterughoubelasting (DTB). VELANG: a) Bereken die saldo van die buitelandsevaluta-omrekeningsreserwe ten opsigte van die Zanzibar-tak soos op 28 Februarie 20X14, in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFS). (11½ punte) b) Bereken die openingsaldo van Niebeherende belang soos dit in die gekonsolideerde staat van veranderinge in ekwiteit van die ent-a-acer Beperk Groep vir die jaar geëindig 28 Februarie 20X14 sal verskyn. U antwoord moet aan Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFS) voldoen. Let wel: ond berekende bedrae tot die naaste and af. (13½ punte) c) Berei slegs die Ekwiteit -gedeelte van die gekonsolideerde staat van finansiële posisie van die ent-a-acer Beperk Groep soos op 28 Februarie 20X14 in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFS), voor. Let wel: Aantekeninge en vergelykende bedrae word nie verlang nie. ond berekende bedrae tot die naaste and af. (12 punte)

13 VAAG 4 (20 punte) HIEDIE VAAG BESTAAN UIT TWEE ONAFHANKLIKE DELE. DEEL 1 (15 punte) Die volgende inligting is uit die bestuurskommentaar tot die finansiële jaarstate van HUDACO INDUSTIES BEPEK (Hudaco), n maatskappy wat op die JSE Beperk genoteer is, vir die jaar geëindig 30 November 2013 onttrek: Belastingdispuut Die groep is in n dispuut met die SAID rakende die befondsingsreëlings vir die Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) struktuur wat in 2007 in plek gestel is, betrokke. In n aankondiging op 12 Februarie 2013 is belanghebbendes ingelig dat aanslae, wat met sekere aspekte wat uit die implementering van die SEB-struktuur voortvloei, vir die finansiële jare 2007 tot 2011 vanaf die SAID ontvang is. Die SAID het in diepte beskrywings uiteengesit van ander baie ingewikkelde reëlings rakende die struktuur wat deur derde partye, sonder Hudaco se medewete of vermoede aangegaan is en wat vermoedelik tot belastingverliese vir die fiskus gelei het. Die maksimum potensiële blootstelling wat as n voorwaardelike aanspreeklikheid getoon word, word geag die aanslag ingevolge algemene teenvermydingsregulasies van 1,3 miljard te wees plus n verdere skatting van 0,4 miljard vir 2012 en 2013, insluitend verdere rente en boetes. Gebaseer op advies vanaf senior regsadviseurs vertrou Hudaco steeds dat die aanslae weerlê (verkeerd bewys) sal word. Hudaco het besware teen die aanslae aangeteken en sal voortgaan om alle toepaslike regsmiddele na te streef. Die SAID moes teen middel Oktober 2013 op hierdie besware gereageer het maar het sy reg tot bykomende tyd uitgeoefen en het nou tot middel Februarie 2014. Hudaco het ook n aansoek by die Hooggeregshof ingedien om die aanslae om verskeie redes, wat grondwetlike aspekte insluit, ter syde te laat stel. Ten opsigte van die vereiste van betaal nou, argumenteer later, het Hudaco ooreengekom om n bedrag van 20 miljoen per kwartaal te betaal en die res uit te stel totdat die regsproses sy gang gegaan het, wat Hudaco beraam waarskynlik twee tot drie jaar sal wees, eerder as om n eis vir die volle bedrag in die gesig te staar. Twee kwartaallikse betalings is teen jaareinde gemaak en hierdie is as belasting vooruitbetaal verantwoord. Ons hoop dat, ten spyte van die ontvangs van hierdie betalings, die SAID die regsproses sal bespoedig. (Bron: Hudaco Industries Bpk, Geouditeerde Voorlopige Finansiële State 30 November 2013)

14 VELANG: a) Bespreek, met verwysing na IAS 37, Provisions, Contingent Liabilities and Contingent Assets, of Hudaco Industries Beperk se besluit om die belastingdispuut met die SAID as n voorwaardelike aanspreeklikheid vir die jaar geëindig 30 November 2013 te ag, korrek was. Let wel: n Bespreking van gebeure na verslagdoeningsdatum word nie verlang nie. (6 punte) b) Ongeag u antwoord in deel (a) hierbo, aanvaar dat die belastingdispuut met die SAID n voorwaardelike aanspreeklikheid vir die jaar geëindig 30 November 2013 is. Deur slegs na die Konseptuele aamwerk vir Finansiële Verslagdoening te verwys, skryf n e-pos in reaksie op n navraag van n belangrike kliënt van Hudaco Industries Beperk, waarin u verduidelik of Hudaco Industries Beperk korrek was om die kwartaallikse betalings van 20 miljoen elk as belasting vooruitbetaal ( n bate) te verantwoord. Let wel: n Bespreking van die erkenningskriteria word nie verlang nie. (9 punte) DEEL 2 (5 punte) AFICAN SYSTEMS BEPEK vervaardig chemiese beheerstelsels vir die vervaardigingsindustrie en het n 30 Junie verslagdoeningsdatum. Vanweë die uitgebreide aktiwiteite van die maatskappy, was die bestaande inligtingstegnologie stelsel nie meer voldoende nie. Die direkteure van African Systems Beperk het gevolglik op 28 Junie 20X4 n nie-kanselleerbare kontrak gesluit om n nuwe stelsel aan te koop. Die stelsel is op 12 Julie 20X4 afgelewer en geïnstalleer en die verskaffer is op 30 Julie 20X4 in kontant betaal. Hierdie kontrak was nie op enige tydstip beswarend nie. Die rekenmeester van African Systems Beperk het op 28 Junie 20X4 die bostaande gebeure as n voorsiening ingevolge IAS 37, Provisions, Contingent Liabilities and Contingent Assets, erken, met n ooreenstemmende toename in eiendom, aanleg en toerusting. Die maatskappy se bestuur het die finansiële state op 1 September 20X4 vir uitreiking gemagtig. (Die Verlang is op die volgende bladsy...)

15 VELANG: Kritiseer die rekeningkundige hantering van die gebeure deur die rekenmeester, met verwysing na Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFS). U antwoord moet ook spesifiek aandui wat die korrekte hantering vir die jaar geëindig 30 Junie 20X4 sal wees. Let wel: Bespreking van die vereistes van die Konseptuele aamwerk vir Finansiële Verslagdoening word nie verlang nie. Die definisie van n voorsiening en bespreking daarvan word nie verlang nie. Berekeninge en/of joernaalinskrywings word nie verlang nie. (5 punte)