Voeding van gras- en

Vergelijkbare documenten
Wildbyvoeding se voor- en nadele. Craig Shepstone

VLEISBEESTE & SKAPE NEW VOERBROSJURE

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

DIE KEUSE VAN DIE KORREKTE LEK AANVULLING IS BAIE BELANGRIK VIR OPTIMALE DIEREPRODUKSIE

Somer. Winter. Behoefte. Fosfaat Voorsiening. Okt. Okt

Maak die meeste van jou marges

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

Les 14: Entrepreneurskap

RIGLYNE VIR VEEPRODUKSIE TYDENS DROOGTE

VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING

Les Plan Twee. Habitats

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris)

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

GRAAD 6 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 50 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1

2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS

GROENVOER HEELJAAR OOR VOER-BOER WAT KAN VOER-BOER DOEN VIR JOU

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Belangrike voedingstappe vir die winter 2013

VOEDINGSBROSJURE WILDPRODUKTE

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

FAKTORE EN VEELVOUDE

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

RIGLYNE VIR GOEIE PRODUKSIE. HENNING VERMAAK

BEMESTINGSRIGLYNE VIR CANOLA IN DIE WINTERREëNSTREEK

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

INHOUDSOPGAWE. BLADSY Sernick Soutfos. 19 Sernick P Sernick Somerlek 10% 21 Sernick Somerlek 12 + P. 22 Sernick Produksie Lek 20%

78 THE DAIRY MAIL MAY Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie.

INHOUDSOPGAWE VOORWOORD. Christo Faasen BESTURENDE DIREKTEUR UREUM VERGIFTIGING GIDS - BLADSY 43

Foto-redigering vir sun.ac.za

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

BEVOLKINGS GEOGRAFIE

MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD Lewenswetenskappe - V 2

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

INDIVIDUELE LEKINNAME BEPAAL ALGEHELE KUDDEPRESTASIE

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Maak seker dat daar genoeg drinkplekke en voerders is vir die aantal kuikens wat jy bestel het. Sien onderstaande tabel vir riglyne.

- Die belangrikheid van n effekiewe wortelstelsel en wortelonwikkeling.

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Prysvorming deur vraag en aanbod

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

Sentraalbeplande stelsel

Statistieke met een oogopslag

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Vergelyking van 'n reguitlyn vanuit 'n grafiek *

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde?

Module 3 (Term 1): Voortplanting in Angiosperme Die volgende vraestel se tema handel oor die geslagtelike voortplanting in angiosperme.

AFDELING A: KEUSEVRAE

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Inleiding Tot Die Jagluiperd

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Wat is die waarde van strooi/oesreste?

Briewe, posseëls en elektroniese pos

DOMSIEKTE. Oorsake van domsiekte

JUNIE-EKSAMEN 2014 LANDBOUWETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

GRAAD 5 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 40 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

Vog in die Atmosfeer en Neerslae

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram VOORGRAAD 1 Deur S. J. Cloete INHOUDSOPGAWE

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

VROEGSPEEN VAN LAMMERS KAN VLEISPRODUKSIE PER HEKTAAR VERHOOG

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

Energie en verandering

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

Die klimaat van SA: Temperatuur

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

Boer vooruit met Russiese koringluis weerstandbiedende cultivars

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Hoe kies n mens n troeteldier?

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Datum: 17/07/2012 Inisieerder: GHS Voorligters Nommer:17/004 Hersiening: 4 Bladsy 1 van 5

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

HOËRSKOOL ALBERTON BESIGHEIDSTUDIES : GRAAD 12

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Sterk, sal nie maklik breek nie. Sommiges is baie hard, ander sag. Smelt teen hoë temperature. Blink. Rekbaar. Smeebaar

Nuus SIZA VISIE SIZA MISSIE SIZA PLATFORM / SEDEX INHOUD:

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 10. Junie Eksamen 2015 : Vraestel Beantwoord al die vrae op die foliopapier wat verskaf is.

Kuilvoer foelie Produk inligting

Transcriptie:

Deel 2 Voeding van gras- en Craig Shepstone Verlede maand het ons die daaglikse voedingsbehoeftes van herkouerwild bespreek, asook praktiese maniere om geskikte produkte te voer. In hierdie artikel kyk ons na rumengesondheid as die grondslag van suksesvolle wildboerdery, met verwysing na die verskillende voedingstowwe, voere en risikofaktore. Kampe moet genoeg gras- en blaarvoeding bied om aan die diere se behoeftes te voldoen. Proteïenaanvulling vir herkouers op droë weiding en ruvoer Soos wat die droë seisoen naderkruip, verplaas bome en grasse voedingstowwe van die bogrondse weefsel oor na die wortels, sodat dit in die volgende nat seisoen as groeireserwes beskikbaar kan wees. Gevolglik wissel plante se voedingstofinhoud van hoog in die groen seisoen na laag tydens die droë seisoen. Die proteïenfraksie (stikstof, N) in plantmateriaal bestaan uit ammoniak, rumen-degradeerbare proteïen (RDP), soms genoem DIP oftewel digestible intake protein (verteerbare innameproteïen), en verbyvloeiproteïen (oftewel UDP, undegradable dietary protein). Gedurende die nat groeiseisoen is n groot deel van die plantstikstof as ammoniak teenwoordig, wat na weglaatbare vlakke daal namate die plantmateriaal verdor. Tydens die groeiseisoen is die proteïeninhoud van plante voldoende om in diere se behoeftes te voorsien, maar gedurende die droë seisoen is die teenoorgestelde waar. Proteïen is dus die eerste voedingstof wat verlore gaan in verdorde plantmateriaal. Dit het n uitwerking op die weidier weens die invloed wat dit op rumenfunksie uitoefen. Laer konsentrasies verteerbare proteïen verminder die getal en doeltreffendheid van rumenmikrobes. Dit kan lei tot swakker veselvertering, en gevolglik is daar minder mikrobiese proteïen en energiegewende voedingstowwe vir absorpsie beskikbaar. Ten einde optimale diereprestasie gedurende die droë maande te verseker, moet die eienaar / bestuurder van n wildplaas sorg vir proteïenaanvullings. Ongelukkig beteken ruproteïen (N x 6.25) nie veel in herkouervoeding nie, want dit sluit ook onverteerbare stikstofverbindings in wat glad nie vir die dier van waarde is nie. Vir optimale rumenfunksie is die rumendegradeerbare proteïen (RDP of DIP) dus dié proteïenfraksie wat van uiterste belang is vir die dier se rumenmikrobepopulasie. Studies toon dat die aanvulling van rumenverteerbare proteïene die energievlakke van herkouers wat wei, verhoog. Dit lei tot ʼn rumenomgewing wat die getalle en doeltreffendheid van rumenmikrobes begunstig. As gevolg hiervan degradeer die organiese materie in droë plantmateriaal optimaal, wat dan die vrywillige inname daarvan stimuleer. Die ontsluiting van die energiegewende voedingsfraksies en groter beskikbaarstelling van mikrobiese proteïen vir vertering en absorpsie in die laer spysverteringskanaal, oorkom die inherente tekortkominge van droë plantmateriaal vir herkouers wat wei baie goed. Die algemene praktyk om proteïen saam met n klein hoeveelheid energie aan te vul, hetsy as handelsvoerkorrels of tuismengsels, is n ekonomiese manier om diere in staat te stel om die goedkoopste voerbron (weiding) ten beste te benut, terwyl liggaamskondisie en produksievlakke in stand gehou word. Energie Naas water, is energie die noodsaaklikste behoefte van n dier elke dag. Dit is dus te verstane dat die grootste deel van die totale dieet uit energiegewende voedingstowwe of -fraksies bestaan. Energie is noodsaaklik vir alle liggaamsfunksies, insluitend liggaamsonderhoud, groei, melkproduksie, horinggroei en aktiwiteit. n Energietekort is dus erg nadelig vir gesondheid, produksie en reproduksie. Die energiefraksie van plantmateriaal bestaan uit strukturele koolhidrate (selwandmateriaal soos sellulose en hemisellulose) en niestrukturele koolhidrate (selinhoud of -plasma, soos stysel, suikers en pektiene), asook 80 GAME & HUNT MARCH 2015

blaarvretende wild in Indien daar enige twyfel oor watergehalte bestaan, laat die water by n laboratorium ontleed vir chemiese of mikrobiologiese risiko s. Voer moet verkieslik afgeweeg en in n geskikte voerbak uitgesit word. lipiede (vette en olies) en proteïen. Herkouers se kou- en herkouproses maal plantmateriaal, sodat n al groter wordende plantoppervlak aan mikrobiese fermentasie in die rumen blootgestel word. Tydens dié fermentasieproses word strukturele koolhidrate in droë plantmateriaal na vlugtige vetsure (VVS) afgebreek, waarvan asynsuur die vernaamste is. Herkouerwild se energiebehoeftes word uitgedruk as metaboliseerbare energie (ME). ME is n kwantifisering van die energie wat in die weefsel beskikbaar is nadat energieverliese in die verterings- en metaboliese prosesse afgetrek is. Die energiebehoeftes van alle wildspesies volg n seisoen- en omgewingsverwante patroon. Wild wat vryloop en wei is in staat om hul basale metabolisme gedurende se droë of wintermaande te verlaag. Dié verlaagde metaboliese tempo gaan gepaard met n laer energiebehoefte. Wild pas dus aan by die natuurlike beskikbaarheid van voedingstowwe, deurdat aktiwiteite soos bronstigheid, teel en geboorte by verskillende spesies afneem tydens periodes wanneer daar n natuurlike skaarste aan voeding is. Gedurende die droëseisoen is herkouers in staat om n groot deel van hul energiebehoefte vir liggaamsonderhoud uit die weiding of ruvoer wat hulle vreet, te bekom. Wild verkry dus n aansienlike deel van hul energiebehoefte deur die vertering van veselrige voere soos gras, graanhooi (byvoorbeeld hawerhooi) en natuurlike weiding. In intensiewe bestuur, waar wild nie vrylik na beter gehalte weiding kan gaan soek nie, kan konsentrate, byvoorbeeld in die vorm van korrelaanvullings, voorsien word om die verlangde energievlak te bereik. Wanneer die energievlakke in die dieet die diere se energiebehoefte vir onderhoud en produksie oorskry, word die oormaat energie as liggaamsvet geberg. Gedurende die droë seisoen moet koeie en ooie nie n oormaat energie gevoer word nie ten einde geboorteprobleme (distokie) te vermy. Ketose (domsiekte) is voorts n metaboliese steurnis waarvoor daar n groter risiko in oorvet vroulike diere bestaan (kort vóór en ná geboorte). Voerbestanddele wat relatief ryk is aan energie, sluit grane soos mielies, hawer, gars en graanmengsels in. Mielies is die energierykste graan. Plantaardige oliekoeke wat uit sojaboon, kanola en sonneblom bestaan, is ook, benewens die hoë proteïenkonsentrasies daarvan, ryk aan energie. Om saam te vat: as die beskikbare plantegroei nie voldoende voedingstowwe kan verskaf nie, hetsy weens n ontoereikende habitat of veld wat in n swak toestand is, is die wildboer aangewese op aanvullings in die vorm van hooi, korrels en lekke. Energieaanvulling in die droë maande, bykomend tot proteïenaanvulling in die vorm van korrels of tuismengsels, se doel is om rumenmikrobes van genoegsame energie in n geredelik beskikbare vorm te voorsien. Dit lei tot mikrobiese vermenigvuldiging in die rumen, waartydens RDP omgesit word na mikrobiese proteïen. Sodoende word die droë ruvoer optimaal verteer deur mikrobes wat andersins ontoeganklike energiebronne (strukturele koolhidrate) degradeer en omsit in beskikbare energie (VVS). Mineraalbehoeftes en die onderhoud daarvan Die handhawing van normale liggaamsfunksies, soos liggaamskondisie, reproduksie, horinggroei, liggaamsgroei en melkproduksie, is afhanklik van die optimale voorsiening van proteïen. Laasgenoemde is afkomstig van stikstofverbindings in wei- WILD & JAG MAART 2015 81

Voeding van gras- en blaarvretende wild in Vervolg vanaf bladsy 81 plante of in aanvullings (met of sonder ureum). Wanneer daar n marginale of akute tekort aan n bepaalde voedingstof voorkom, veral wat minerale betref, is suboptimale produksie, reproduksie en groei gewoonlik die gevolg. Minstens 21 minerale word algemeen as noodsaaklik beskou vir normale liggaamsfunksies, insluitend gesondheid. Dié minerale kan in twee groepe verdeel word, nl makrominerale en mikrominerale (laasgenoemde word ook spoorminerale genoem). Al hierdie minerale word in betreklik klein hoeveelhede benodig, maar is nietemin noodsaaklik vir fisiologiese prosesse soos immuniteit, ensimatiese prosesse en selregulering. Subkliniese mineraaltekorte is gewoonlik moeilik diagnoseerbaar, maar word dikwels verbind met andersins onverklaarbare dalings in reproduksie, groei en kondisie. Dit is dan moeilik om die spesifieke mineraaltekort te identifiseer. Makrominerale Makrominerale word in die daaglikse dieet in konsentrasies bo 100 mg / kg (oftewel dele per miljoen, dpm) benodig. Dié groep sluit in kalsium, fosfor, magnesium, natrium, chloor, kalium en swawel. Die rol van hierdie minerale is belangrik in verskeie prosesse, onder meer die groei van horings, bene, en tande, die oordrag van senuweeimpulse en osmotiese balans binne liggaamselle. Gedurende die groeiseisoen (groenweiding) moet veral fosforaanvulling (fosfaataanvulling) aandag geniet. Boorgatwater moet gereeld getoets word. Spoorminerale Spoorminerale word in die daaglikse dieet in konsentrasies benede 100 dpm benodig, en kan verder verdeel word in noodsaaklike en nienoodsaaklike spoorminerale. Noodsaaklike spoorminerale sluit in chroom, fluoor, kobalt, koper, mangaan, molibdeen, nikkel, selenium, sink, silikon, tin en vanadium. Makro- en spoorminerale word meesal in die dunderm geabsorbeer. Sommige word egter ook deur rumenmikrobes benodig vir groei en vermenigvuldiging (fosfor, swawel) en die produksie van vitamien B 12 (kobalt). Vitamiene Vitamiene is verbindings wat in selfs kleiner hoeveelhede as minerale benodig word. Behalwe dat vitamiene op sigself lewensbelangrik is, is dit ook nodig om ander voedingstowwe doeltreffend te benut. Tydens verskillende lewensfases word vele metaboliese prosesse deur spesifieke vitamiene geïnisieer en beheer. Vitamiene wat belangrik is vir herbivore, sluit in vitamiene A, D, E en K (die vetoplosbare vitamiene), en die wateroplosbare vitamiene van die B- kompleksgroep, onder meer vitamiene B 1 (tiamien), B 12, biotien en niasien. Die B-kompleksvitamiene word deur mikrobes in die rumen gesintetiseer, wat herkouers se afhanklikheid van dieetbronne van hierdie vitamiene verminder. Sintese is egter nie altyd voldoende nie, byvoorbeeld indien daar n kobalttekort is, of as rumenfunksie versteur word (byvoorbeeld weens n ruvoertekort in die dieet). Voorsiening via aanvullende voeding is dan nodig. Risiko s wat gepaard gaan met voere en die gebruik van bepaalde voerbestanddele in wildvoeding Aanvullings Aanvullings is gewoonlik in die handel as korrels of meel beskikbaar. Dit kan van betroubare verskaffers aangekoop word, of wildboere kan self hul eie mengsels maak. Aanvullings word ontwerp om dit wat in die natuur kortkom, op n bepaalde tyd en plek vir die dier te bied: Droë veld proteïen; via korrels, Alzu Voere Aanvullings is gewoonlik in die handel as korrels of meel beskikbaar. Dit kan van betroubare verskaffers aangekoop word, of wildboere kan self hul eie mengsels maak. meel of lek Groen veld fosfaatlekaanvulling Aanvullings moet nie na goeddunke aan wild gevoer word nie. Volg die daaglikse voerriglyne van die verskaffer of wildvoedingskundige. In korrel- en meelaanvullings is die vesellengte gewoonlik te kort om n normale herkouproses te verseker. Indien sulke aanvullings dus oorvoer word, is daar die risiko van suurpens (asidose) en ander rumenversteurings. Die aanwysingskaartjie van n aanvulling gee n aanduiding van die ruproteïeninhoud daarvan. Onthou dat meer van n laer ruproteïenproduk ingeneem moet word vergeleke met ʼn ander aanvulling met ʼn hoër ruproteïenpeil, ten einde dieselfde ruproteïeninname te verseker. Volledige voere (volvoere) Volvoere of bomavoere vir groot herbivore moet nooit in korrelvorm aangebied word nie. Die vesellengte in die korrels is onvoldoende, wat lei tot ʼn versteurde herkouproses, swak vertering, en moontlik ook suurpens en loopmaag (diarree). Aankoop van aanvullings (korrels of meel) Koop die aanvullings by n betroubare verskaffer. Sulke verskaffers bied waarborge vir gehalte, veiligheid en naspeurbaarheid, geskoei op streng standaarde vir die aankoop van die bestanddele, vervaardiging en vervoer. Tegniese bystand op die plaas is ook n onderskeidende faktor. Indien renosters of wild van die perdefamilie gevoer word, verseker dat die voer ionofoor-vry is, aange- 82 GAME & HUNT MARCH 2015

sien hierdie spesies besonder vatbaar is vir ionofoor-vergiftiging. Ionofore sluit in verbindings soos monensin, salinomycin en lasalosied. Die beste waarborg is om wildvoer te koop wat uit n ionofoorvrye fabriek afkomstig is. Ruvoer Die goedkoopste ruvoerbron tydens die droë- of wintermaande is die natuurlike weiveld. Probeer dus om sover moontlik die plaas of kamp volgens die beraamde drakrag te bevolk. Indien dit nodig word om ruvoer, soos lusern, gras en hawerhooi aan te koop, let op die volgende: Koop by betroubare verskaffers. Wanneer lusern aangekoop word, dring aan op n ontledingsertifikaat wat ruproteïen, vog, ruvet, vesel (ruvesel, NDF en ADF; verkieslik ook lignien), ru-as, kalsium en fosfor kwantifiseer. n Aanduiding van die verteerbaarheid van die droë- of organiese materiaal of NDF-fraksie, is ook insiggewend. Vermy die gebruik van enige ruvoer met opsigtelike tekens van swamgroei (muf). Peulplanthooi, byvoorbeeld afkomstig van sojabone, grondbone en akkerbone, kan as ruvoerbronne benut word indien dit vry is van mikotoksiene (swamtoksiene). Fungi en mikotoksiene kom dikwels voor op die peule. Verkieslik moet n mikotoksienbinder by die voer ingesluit word wanneer ruvoerbronne met n mikotoksienrisiko gebruik word. Al lyk jou waterbron hoé vars, moet die gehalte deurlopend getoets word. Opberging van voer en voerbestanddele (kuilvoer uitgesluit) Nota: Alle voer bevat n bietjie vog. As die voer vir n lang tyd geberg word, vind vogverlies natuurlik plaas. Berg alle droë- of semidroëvoere of voerbestanddele in n goed geventileerde bergplek (kamer, skuur, silo of skeepshouer). Houers wat vir die opberg van voer gebruik word, moet verkieslik nie aan direkte sonlig blootgestel word nie. Plaas die houer onderdak en voorsien ventilasie-openinge. In n omgewing met hoë humiditeit, gebruik verkieslik n ontvogtigingstoestel as droë- of semidroëvoere opgeberg word. Indien die gebergde voer gedurende die dag aan hitte blootgestel word, veroorsaak dit vogverlies (sweet). Hierdie vog styg saam met die warm lug op en kondenseer dan aan die dakplate of die bokant van ongeventileerde silo s. Die kondensaat drup terug op die voer (gewoonlik gekonsentreer by fokuspunte), waar dit nat kolle veroorsaak wat n geskikte mikro-omgewing is vir fungusgroei en mikotoksienvorming. Korrels word dikwels op warm, sonnige dae per vragmotor afgelewer. Bedek dit met n waterdigte seil. Ook hier mag ʼn mate van kondensasie plaasvind. Plaas dus die sakke korrels so gou as moontlik ná aflewering in ʼn koel, goed geventileerde bergingsplek. Alle bergingsruimtes moet sover moontlik vry wees van knaagdiere, insekplae en voëls. Berg alle voer in stoorkamers, skeepshouers of onder oopkantafdakke op pallette of iets dergeliks, soos houtpale of ou buitebande. Die voer moet nie aan die grond, betonvloere en mure van die bergingsruimte raak nie. Dit verhoed vogtigheid, wat tot fungusgroei en mikotoksienvorming kan lei. Probeer om verkieslik nie ruvoer en sakke voer in dieselfde klein kamer of houer te berg nie. Verdere wenke met die aankoop en gebruik van voere en voerbestanddele Met die aankoop van kommersiële voere (veral dié in sakke) moet noukeurig op die vervaardigings- en vervaldatums gelet word (wat op die aanwysigingskaartjie móét verskyn). Vermy die gebruik van ou voer ná die vervaldatum. Hou n paar van die sakkaartjies (wat lotnommers bevat) saam met n behoorlik gemerkte en bewaarde monster van elke besending voer, in geval van toekomstige navrae weens byvoorbeeld onverwagte siektes of vrektes wat moontlik met die voer kan verband hou. Pas n beginsel toe van eerste in, eerste uit. Gebruik eers alle voer van die vorige besending op voordat na die nuwe voer oorgeslaan word. Voer behoort in n ordentlike, geskikte voerbak uitgesit te word. Weeg, of meet verkieslik die regte hoeveelheid aanvullende voer af. Voerbakke met kalibrasielyne vir spesifieke hoeveelhede korrels of voer is beskikbaar. Plaas voerbakke ver genoeg uit mekaar om te probeer verhoed dat sommige diere n voerbak domineer. Laat minstens 2,5 maal die lengte van die diersoort tussen voerbakke toe. Plaas die voerbakke in n blokformasie, byvoorbeeld in die patroon van n skaakbord. Plasing in lang, reguit rye lei soms tot probleme, wanneer n dominante dier ander diere al langs die ry voerbakke verjaag. Moet verkieslik nie hooi op die grond uitgooi nie. Diere is geneig om daarop te mis, te urineer en te lê. Dit lei tot die vermorsing van duur ruvoer. Plaas die ruvoer in hooirakke of in bakke bo die grond. Vervolg op bladsy 85 WILD & JAG MAART 2015 83

Voeding van gras- en blaarvretende wild in Vervolg vanaf bladsy 83 Dit is uiters belangrik om wild oor n tydperk van vyf weke aan die aanvullende voer gewoond te maak. Voer n vyfde van die hoeveelheid voer gedurende die eerste week, twee vyfdes tydens die tweede week, ensovoorts, tot die volle kwota voer gedurende die vyfde week gevoer (en gevreet) word. Wanneer die voer of aanvulling verander word, is dit ook raadsaam om dit oor n tydperk van vyf weke te doen. Gee n vyfde van die nuwe voer plus vier vyfdes van die ou voer gedurende die eerste week, twee vyfdes nuwe voer plus drie vyfdes ou voer in die tweede week, ensovoorts, tot daar ten volle na die nuwe voer oorgeskakel word tydens die vyfde week. Water en wateraanvullings Vars, skoon drinkwater moet altyd tot die wild se beskikking wees. Indien daar enige twyfel oor watergehalte bestaan, laat die bron / bronne se water by n geskikte laboratorium ontleed vir moontlike chemiese en / of mikrobiologiese risiko s. n Veekundige of veearts met die nodige kennis en ondervinding van watergehalte vir dieregebruik sal jou na geskikte laboratoriums kan verwys, en die ontledingsresultate interpreteer. Dan is dit jou besluit of jy die raad gaan volg! Voorsien water aan wild in skoon waterbakke waarvan die inhoudsmaat bekend is, sodat dit maklik is om te enige tyd waterinname te moniteer. ʼn Verskeidenheid wateroplosbare aanvullings is in die handel beskikbaar om voor wildvangoperasies in die drinkwater toe te dien. Dit kan ook gebruik word waar wild in bomas aangehou word, of selfs vir diere onder ekstensiewe bestuur waar dit blyk dat die wild min of geen van die konvensionele voeraanvullings inneem nie. Dié aanvullings moet teen n spesifieke dosis in n voorgeskrewe hoeveelheid drinkwater opgelos word. Navrae: craig.shepstone@gmail.com Wildlife Nutrition Services CC 3 VOlgENDE MAAND in The red or southern lechwe Kobus leche leche Bullet Talk Kalibers Die veelsydige.375 kalibers Verslag oor Dallas Safari Club-konferensie 2015 Risikobestuur van wild Making money from wildlife - Venison production Seebamboes WILD & JAG MAART 2015 85